About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: North Gauteng High Court, Pretoria
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: North Gauteng High Court, Pretoria
>>
2009
>>
[2009] ZAGPPHC 366
|
|
DBH Construction (Edms) Bpk v JF Perreira h/a F P Carpenters (26860/09) [2009] ZAGPPHC 366 (3 December 2009)
IN
DIE HOË HOF VAN SUID-AFRIKA
(NOORD
GAUTENG HOE HOF. PRETORIA)
Saaknommer:
29860/09
Date:
3 December 2009
Not
Reportable
In
die saak tussen:
DBH
CONSTRUCTION (EDMS) BPK
…………………………………………………
EISER
EN
JF
PERREIRA h/a F P CARPENTERS
……………………………………
.
VERWEERDER
UITSPRAAK
VAN
DER MERWE,R
Die
eiser het twee eise teen die verweerder ingestel. Die eerste
eis is vir betaling van:
1.
die bedrag van R125
738.39
2.
rente hereken teen n
koers v an 15.5% per jaar op die gevorderde bedrag vanaf datum van
dagvaarding tot datum van betaling.
Die
tweede eis is vir die lewering van BTW fakture ten opsigte
van drie standplase waarna
later meer volledig verwvs sal word.
Die
eiser vorder ook koste van die aksie teen die verweerder.
Die
eiser is n konstruksie maatskappy wat, in soverre dit hierdie saak
betref., huise gebou het. Die verweerder is ‘n skrynwerker
wat
verantwoordelik was vir die oprigting van die dakke op die betrokke
huise.
In
die besonderhede van vordering voer die eiser aan dat gedurende 2007
en 2008 ooreenkomste tussen die eiser en die verweerder
gesluit is in
terme waarvan die verweerder materiaal sou voorsien en dakke sou
oprig op woonhuise geleë te erf 346 Cornwall
Hill Estate, erf
802 Cornwall Hill Estate en erf 245 Stone Ridge Estate.
Eis
1 is beperk tot die oprigting van 'n dak op die huis geleë te
erf 245 Stone Ridge Estate. In breë trekke is die feitelike
agtergrond vir die betrokke eis die volgende:
1.
Op of ongeveer
30 Oktober 2008 het die eiser, verteenwoordig deur n sekere Neil De
Beer en M N Hattingh. en die verweerder persoonlik,
'n ooreenkoms
gesluit in terme waarvan die huis se dak op erf 245 Stone Ridge
Estate opgerig sou word teen 'n koste van R160 500-00.
2.
Ter uitvoering
van die eiser se verpligtinge in terme van die ooreenkoms was tot en
met 7 November 2008 'n totaal van R113 000-00
aan die verweerder
betaal.
3.
Sedert 7
November 2008 en tot en met 19 Februarie 2009 het die eiser ‘n
verdere R55 000-00 vir die oprigting van die dak aan
die verweerder
hetaal.
4.
Die totale
bedrag wat die eiser gevolglik aan die venveerder betaal het beloop
die bedrag van R168 000-00.
5.
Die verweerder
het nagelaat en versuim om die werk wat hy ondemeem hel om nit te
voer te voltooi en werk wat wel verrig is. nie
op 'n vakkundige
uitgevoer nie.
6.
Die waarde van
die werk wat wel verrig is beloop die bedrag van R41 221-29 terwyl
die koste van herstelwerk die bedrag van R6 549.68
beloop.
7.
Uit hoofde van
die voorgaande is die verweerder dus 'n bedrag van R125 738.39 aan
die eiser verskuldig.
Eis
2 is, soos reeds gemeld, vir die lewering van BT W sertifikate. Die
eiser benodig hierdie sertifikate om BTW insette van die
Suid-
Afrikaanse Inkomstediens terug te vorder. Die BTW' sertifikate word
gevorder ten opsigte van ai drie erwe waama reeds hierbo
verwys is.
Slegs
sekere bewerings in die verweerder se verweerskrif hoef vermeld te
word. Daardie bewerings is die volgende:
1.
Die verweerder
ontken dat tot en met 7 November 2008 'n toiaal van R113 000-00 aan
hom betaal is en voer aan dat slegs 'n bedrag
van R63 000-00 aan hom
hetaal is.
2.
Die verweerder
ontken dat sedert 7 November 2008 en lot en met
19
Februarie
2009 enige bedrag aan hom betaal is.
3.
Die verweerder
ontken ook enige kontrakbreuk aan sy kant en voer aan dat die eiser
die ooreenkoms gerepudieer het deur nie die nodige
betaling aan hom
te maak nie.
4.
Eis 2
is ook
ontken en het die verweerder aangevoer dat alle BTW fakture aan nmr.
De Beer namens die eiser oorhandig was.
Tydens
die voorverhoor samespreking wat op 16 November 2009 tussen die
regsverteenwoordigers gehou is. is 19 geskilpunte geidentifiseer
vir
beregting. Soos binnekort sal blyk is die geskilpunte drasties
ingekort by die aanvang van die verhoor.
Dit
is nodig om na die verweerder se blootleggingsverklaring te verwys.
Al dokumente wat die verweerder blootgelê het was
die
pleitstukke en aanhangsels daartoe asook kennisgewings in terme van
die betrokke saak. Al addisionele dokumente was die verweerder
se
bankstate.
Die
eiser het die verweerder aangesê om beter blootlegging te
verskaf en in besonder gevra vir alle BTW fakture, afskrifte
van alle
kwotasies wat die verweerder vir die eiser gedoen het en, ten opsigte
van erf 245 Stone Ridge, afskrifte van alle fakture
wat die
verweerder aan die eiser gestuur het.
.
Dit
is gemeensaak dat die verweerder verplig moes word om hierdie
dokumente bloot te lê en as gevolg daarvan was dokumente
wat
voorkom in bewysstuk "A33" tut "A43” addisioneel
blootgelê.
'n
Verdere poging om dokumente van die verweerder te hekom tydens die
verhoor was onsuksesvol.
By
die aanvang van die verhoor was ek meegedeel dat verdere geskilpunte
tussen die partye uitgeskakel is maar aangesien dit vir
my onduidelik
was wat die oorblywende geskilpunte was het die advokate 'n tweede
voorverhoor samespreking gehou en bewysstuk “B”
is die
notule van daardie samespreking. Die geskilpunte is dan soos volg
uiteengesit in hierdie notule:
1.
Die geskil
handel slegs met betrekking tot perseel 245.
Stone
Ridge.
2.
Wat betref die
deskundige verslag word die deskundige se
bevindinge
nie betwis is nie. In geskil is die volgende:
(i)
die waarde van
die voltooide werke deur die verw eerder:
(ii)
die koste van
remedierende werk;
(iii)
die betalings
gemaak aan die verweerder in besonder die beweerde betalings van R50
000-00 (12 9 2008) en R13 000-00 wat na bewering
in kontant aan die
verweerder betaal is.
(iv)
of die
handelinge van die verweerder die eiser se skade tot gevolg gehad
het.
(v)
die vraag of
die verweerder BTW fakture aan die eiser oorhandig het bly in geskil.
Die
deskundige verslag sal later na verw ys word.
Soos
uit die notule van die tweede voorverhoor blyk is die geskilpunte
aansienlik beperk en gaan dit gevolglik ook die bespreking
van enige
getuienis verkort.
Die
eerste getuie namens die eiser was mnr. M N Hattingh. Hy is op
hierdie stadium die direkteur en alleen aandeelhouer van die
eiser
maatskappy. Hy bevestig dat die enigste geskil handel oor erf 245 van
Stone Ridge. Hattingh getuig dat hewysstuk "A1"
die
kwotasie is wat die verweerder aan die eiser gegee het vir die
oprigting van die dak op die woonhuis te erf 245. Dit is vir
‘n
totale bedrag van R160 500-00. Op die kwotasie verskyn die item
"deposit paid" vir 'n bedrag van R50 000-00.
Hattingh
verduidelik dat hv en. soos hy horn genoem het. sy vennoot, mnr. De
Beer, 'n eiendom te Bronkhorstspruit gehad hel. Daar
is ook 'n woning
opgerig. Gedurende Augustus 2008 was die verweerder gevra vir 'n
kwotasie vir die oprigting van die dak op daardie
woonhuis. 'n
Kwotasie ten bedrae van R112 593-24 soos blyk uit hewysstuk A38 was
verskaf. Kon nadat hierdie kwotasie onlvang is
se Hattingh het die
verweerder hom meegedeel dat die prys van hout binnekort sou opgaan
en gesê dat die hout vir die Bronkhorstspruit
eiendom solank
aangekoop moot word. Vir daardie doel was ‘n bedrag van R50
000-00 benodig. Hattingh het self die elektroniese
oorplasing vir
hierdie R50 000-00 gedoen op 12 September 2008.
Hattingh
se dat hy die kwotasie vir die Bronkhorstspruit eiendom met De Beer
bespreek het en hy is meegedeel dat die kwotasie buitensporig
hoog
is. Volgens Hattingh het beide hy en De Beer met die verweerder
gepraat en gese dat die kwotasie vir die Bronkhorstspruit
eiendom te
hoog is en dat daar nie met daardie kwotasie voortgegaan sou word
nie. Hattingh het gevra dat die R50 000-00 terug betaal
moes word.
Die verweerder het geweier en gese dat hy reeds die hout bestel het.
Soos dit blyk uit die verweerder se getuienis sou
die balke vir die
dak op terrein vervaardig word. Uiteindelik. volgens Hattingh en ook
De Beer, was met die verweerder ooreengekom
dat die deposito van R50
000-00 vir die Bronkhorstspruit eiendom oorgedra sou word na erf 245
Stone Ridge. Die verweerder was volgens
Hattingh bereid om dit te
doen omdat die hout wat vir Bronkhorstspruit benodig is ook gebruik
kon word by erf 245 Stone Ridge,
\adat tot hierdie verstandhouding
gekom is. is bewysstuk "A1" vanaf die verweerder ontvang.
Soos
reeds aangedui word op bewysstuk “Al" gese dat n deposito
in die hedrag van R50 000-00 reeds betaal is. Soos later
sal blyk
betwis die verweerder hierdie bewering.
Op
bewysstuk “A1” het die verweerder aanvanklik ‘n
bedrag van R12 390-00 tot die debiet van die eiser aangetoon
omdat
dit nog ‘n uitstaande bedrag was op erf 802 Cornwall Hill.
Sowel
Hattingh as De Beer geiuig dat bewysstuk "A1” in Hattingh
se kantoor bespreek is met die verweerder. Die bedrag
van R12 390-00
as uitstaande hedrag ten opsigte van erf 802 was aanvanklik
deurgehaal maar later weer ingevoeg as ‘n bedrag
van R12
300-00. Dit is gedoen in die handskrif van De Beer en het hy ook
daarby geparafeer. Hattingh het die kwotasie skriftelik
onder sy
handtekening aanvaar.
Hattingh
getuig dat 'n verdere bedrag van R50 000-00 ten opsigte van erf 245
Stone Ridge betaal is op 7 November 2008 asook die
volgende bedrae:
R16 000-00
op 2 Februarie 2009
R10 000-00
op 6 Februarie 2009
R20 000-00
op 18 Februarie 2009
R
9 000-00 op 19 Februarie 2009
Die
verweerder het ontken dat die betaling ten opsigte van die
Bronkhorstspruit eiendom hoegenaamd oorgedra is of in verrekening
gebring is met die kwotasie bedrag vir erf 245 Stone Ridge. Daarom
ontken die verweerder dat die betaling van R50 000-00 op 12
September
2008 soos per bewysstuk "A2" in verrekening gebring moet
word. Die verweerder kon egter nie verduidelik waarom,
indien die R50
000-00 waama verwys word op bewysstuk "A1" sou slaan op die
R50 000-00 wat op 7 November 2008 per bewysstuk
"A3" aan
horn belaal is dit reeds op die kwotasie van 30 Oktober 2008 sou
voorkom nie. Insiggewend is ook dat die kwotasie
vir die
Bronkhorstspruit eiendom gedateer is 29 Augustus 2008 en die R50
000-00 betaling op 12 September 2008 plaasgevind het.
V'erder
insiggewend is bewysstuk "A41" ‘n sogenaamde faktuur
wat die verweerder aan die eiser gerig het ten opsigte
van die
Bronkhorstspruit eiendom en waarin gevra word vir betaling van ‘n
bedrag van R50 000-00 as deposito en wel op 11
November 2008. Indien
die R50 000-00 betaling op 12 September
2008
per bewysstuk “A2"
vir die Bronkhorstspruit eiendom was dan maak bewysstuk "A41"
geen sin nie. Daardie probleem
kon die verweerder ook nie verduidelik
nie. Ek sal egter later weer terug keer na bewysstukke “A33”
- “A43“.
Dit
is verder insiggewend dat die verweerder die gesprek met hom oor die
moontlike kansellasie van die Bronkhorstspruit kontrak
en die
terugbetaling van die deposito erken. Sy getuienis is egter dat hy op
geen stadium ooreengekom het om daardie deposito aan
te wend ten
opsigte van erf 245 Stone Ridge nie.
Wat
betref die R13 000-00 wat in geskil is volgens die notule van die
tweede voorverhoor samespreking is die getuienis baie eenvoudig.
De
Beer het getuig dat hy R13 000-00 koniant van die eienaar van erf 245
Stone Ridge ontvang het Op duardie stadium was die verweerder
hesig
om sekere werke aan De Beer se eie woonhuis aan te bring. De Beer hel
hierdie R13 000-00 volgens hom. aan die verweerder
oorhandig en het
die verweerder onmiddellik weer ’n bedrag van R5 000-00 aan De
Beer oorhandig.
Die
verweerder se weergawe is dat dit korrek is dat De Beer kontant
ontvang het maar dat hy slegs R8 000-00 aan die verweerder oorhandig
het.
Dit
is nodig om op hierdie stadium daarna te verwys dat uit die getuienis
dit duidelik is dat die verweerder en De Beer op n korrupte
manier
geld van hand laat verwissel het. De Beer sê dat die verweerder
per geleentheid geld aan hom gegee het. Hy het aanvaar
dit is omdat
die verweerder sy dankbaarheid wil betoon weens die hoeveelheid werk
wat De Beer namens die eiser aan die verweerder
gegee het. Net so se
die verweerder dat hy uit dankbaarheid klein bedraggies geld van R1
000-00 R2 000-00 per keer aan De Beer
gegee het.
Hierdie
korrupte verhouding en optrede van De Beer en die verweerder het
klaarblyklik aanleiding gegee tot probleme tussen Hattingh
en De
Beer. Dit is gemeensaak dat daar in Hattingh se kantoor samesprekings
plaasgevind het in verband met onder andere die R13
000-00. Die
verweerder gee toe dat hy daar teenoor Hattingh erken het dat hy R13
000-00 ontvang het. Dit blyk ook uit die verweerder
se verweerskrifen
wel onder andere in paragraaf 7 van die verweerskrifop p28 van die
pleitstuk bundel. Daar word beweer dal 'n
totale bedrag van R63
000-00 deur die verweerder ontvang is. Hierdie R63 000-00 sou dan
bestaan uit die betaling van R50 000-00
op 7 November 2008 per
bewysstuk "A3" en die betrokke R13 000-00. Ten spyte van
die verweerder se erkenning teenoor Hattingh
en De Beer dat die R13
000- 00 wel ontvang is en die erkenning deur die verweerder in sy
verweerskrif se hy dal hy slegs R8 000-00
ontvang het ten opsigte van
erf 245 Stone Ridge.
Ek
het geen twyfel dat die verweerder R13 000-00 ontvang het ten opsigte
van erf 245 Stone Ridge nie.
Die
verweerder hel reeds by die aanvang van die verhoor asook tydens die
verhoor erken dat hy ‘n verdere totale bedrag van
R55 000- 00
gedurende Februarie 2009 van die eiser ontvang het ten opsigte van
erf 245 Stone Ridge. Die eiser se bewering in die
besonderhede van
vordering dat ‘n totale bedrag van R168 000-00 aan die
verweerder betaal is ten opsigte van die kwotasie
van RI60 500-00 ten
opsigte van erf 245 Stone Ridge is dus korrek.
Bewysstukke
"A33" tot "A43" is die dokumente wat ongeveer
twee weke voor verhoor deur die verweerder blootgele
is nadat hy
daartoe verplig is. Die verweerder se getuienis is dat hierdie
gerekonstrueerde dokumente is. Dit is namens die eiser
aangevoer dat
hierdie dokumente geskep is ten einde die verweerder se saak te
probeer pas. Ongelukkig vir hom was bewysstuk ”A41"
verdoemend teen hom omdat die bedrag van R50 000-00 op 11
November 2008 as deposito geëis is ten opsigte van die
Bronkhorstspruit
eiendom. Daar is ook namens die eiser aangevoer dat
bewysstuk ”42“ wat die beweerde betalings van die eiser
aan die
verweerder aandui ’n deursigtige poging is om die
verweerder se saak te steun omdat. indien die dokumente in 2009
voorberei
is nadat die verweerder verpiig is om dit te doen. dit alle
betalings wat reeds deur die verweerder ontvang was moes aangedui
het.
In ieder geval is dit voorberei soos per die dokument self blyk
op
19
Februarie
2009 en moes dit ook meerdere betalings aangetoon het. Dit is egter
nie nodig dal ek op daardie besondere aspek ‘n
bevinding hoef
te maak nie.
Mnr.
Louwrens van Schalkwyk is namens die eiser geroep om die waarde van
die werk wat deur die verweerder verrig is te bewys asook
wat dil sal
kos om defekte werk te herstel. Mnr van Schalkwyk se deskundigheid
was nie in geskil geplaas nie. Die feitelike bevindings
van sy
verslag ook nie. Volgens die tweede voorverhoor notule is die waarde
van die voltooide werke egler in geskil geplaas asook
die koste van
die herstelwerk. Geen deskundige getuie het namens die verweerder
getuig nie Die verweerder het bloot aangevoer.
deur middel van
kruisverhoor van mnr. Van Schalkwyk. asook in sv eie getuienis. dat
die waarde van die werk meer moet wees aangesien
die materiaal meer
sou kos. Van Schalkwyk se getuienis hieroor was duidelik. Ek het geen
rede om te twyfel oor die korrektheid
van Van Schalkwyk se getuienis
nie en is daarom tevrede dat die waarde van die werk wat wel deur die
verweerder verrig is die bedrag
v an R4I 221-29 beloop on die koste
vir die herstel van defekte werk die bedrag van R6 549-6R. Ek is dus
tevrede dat die totale
vordering van die eiser in eis 1 die bedrag
van R125 738-39 beloop.
Wat
eis 2 betref het die verweerder erken dal nie een faktuur wat hy aan
die verweerder gelewer het voldoen aan die vereistes van
'n BTW
faktuur nie. Sy getuienis kom in werklikheid neer op 'n erkenning van
eise 2. Ek vind dit nie nodig om verder tyd daaraan
te bestee nie.
Namens
die eiser was gevra dat die verweerder gelas moet word om die koste
van die aksie te betaal op die skaal soos tussen prokureur
en kliënt.
Die versoek is hoofsaaklik daarop gebaseer dat die verweerder
geskilpunte op die pleitstukke geskep het wat hy
moes geweet het nie
geskilpunte is nie, sommige waarvan uit die weggeruim is by die
aanvang van die verhoor, asook dat met ander
geskilpunte volhard is
terwyl die verweerder geweet het dat dit nie geskilpunte is nie. In
hierdie verband is verwys na die betaling
van die bedrag van R13
000-00 en die oorplasing van die deposito van R50 000-00 vanaf die
Bronkhorstspruit projek na erf 245 Stone
Ridge Verder is daarop
gevvys dat die verweerder en De Beer 'n korrupte verhouding met
mekaar gehad het. Die verweerder het ook
nagelaat om dokumente wat hy
moes blootle wel hloot te 1e en toe hv verplig is om verdere
blootlegging te doen dokumente geskep
om sy saak te pas. Die
verweerder het ook versuim om dokumente waaroor hy behoort te beskik
tydens die verhoor na vore te bring
Die
verweerder was 'n besondere swak getuie. Soos reeds hierbo aangedui
kon hy nie inskrywings op sy eie dokumente verduidelik nie.
In
gevalle waar daar ooglopende verduidelikings was het hy geweier om
toegew ings te maak. In hierdie verband hoel bloot verwys
te word na
die datum van bewysstuk "Al”. die datum van betaling soos
voorkom op bewysstuk ”A3‘' en die datum
van betaling soos
per hewysstuk "A2' Bewysstuk “A41” kon en wou die
verweerder ook nie verduidelik nie.
Namens
die verweerder is aangevoer dat die eiser nie sy skade beperk het
nie. Ek kan met hierdie betoog nie saamstem nie. Dit was
Hattingh se
getuienis dat hy dikwels. amper op 'n daaglikse basis, oproepe na die
verweerder gemaak het ten einde hom te oorreed
om die werk te
voltooi. Hattingh getuig dat hy die bedrae wat in Februarie
2009
betaal
is aan die verweerder hetaal het omdai die verweerder gevra het vir
verdere betaling. Soos blyk uit die dokumente was hierdie
bedrae nie
groot bedrae nie en hei gewissel van R20 000-00 lot R9 000-
00.
Hattingh se die eiser
kon nie groter bedrae bekoslig nie Dit blyk ook uit die uitdruk van
Hattingh se selfoon oproepe na die venveerder
dal daar talle oproepe
oor 'n periode van ten minsle twee maande na die verweerder gemaak
is. Dit is nie ontken dat die oproepe
ontvang is nie en dit is nie
ontken dal dil was ten einde die verweerder so ver te kry om die werk
le voltooi nie.
De
Beer wat deel was van die korrupte verhouding het ten minste eerlik
sy aandeel erken soos onder andere die ontvangs van R5 000-00
uit die
totaal van R18 000.00 en ‘n verdere R10 000-00
wat op 'n
onbehoorlike manier vanaf die verweerder bekom is.
Dit
is duidelik dat die verweerder met leuens probeer het om ‘n
verweer op te werp en sy optrede te verduidelik. Hy het van
meet al
geen verweer gehad nie en was sv optrede in eftek kwelsugtig. Kk is
tevrede dat onder hierdie omstandighede die verweerder
gelas behoort
te word om koste te betaal op die skaal soos tussen prokureur en
klient.
Namens
die eiser is gevra dat die deskundige Louwrens Van Schalkwyk as ‘n
noodsaaklike geluie verklaar moet word en dat gelas
moet word dat sv
kwalifiserende fooie betaal moet word.
Vonnis
word ten gunste van die eiser teen die verweerder toegestaan en wel
soos voig:
Ten
opsigte van eis 1:
1.
betaling van
die hedrag van R125 738.39.
2.
rente op die
bedrag van R125 738. 39 teen die koers van 15.5% per jaar vanaf 11
Mei 2009. synde die datum van betokening van die
dagvaarding. tot
datum van betaling.
Ten
opsigte van eis 2:
3.
lewering van
BTW sertifikale ten opsigte van die volgende eiendomme:
3.1
erf 346
Cornwall Hill Estate. Irene. Centurion.
3.2
erf 802
Cornwall Hill Estate. Irene. Centurion.
3.3
erf 245 Stone
Ridge Fstate. Monavoni.
4.
koste soos op
die skaal soos tussen prokureur en klient wat insluil die
kwalifiserende fooie van die deskundige Louwrens van Schalkwyk.
5.
die deskundige
Louwrens van Schalkwyk word 'n noodsaaklike getuie verklaar.
6.
die koste na
verwys in 4. hierbo sluil in die koste veroorsaak weens die feit dat
die verhoor nie op die bestemde daium van 20 November
2009 'n aanvang
kon neem nie.
W
J VAN DER MERWE
REGTER
VAN DIE HOË HOF