Presbiteriaanse Kerk Randburg v Bakker (38157/2009) [2009] ZAGPPHC 387 (20 November 2009)

52 Reportability
Legal Practice

Brief Summary

Legal Practice — Retention of files — Applicant sought an order compelling the respondent, a former attorney, to hand over files related to a previous action after the termination of their mandate — Respondent refused to release the files, claiming entitlement to retain them until outstanding fees were settled — Court held that the respondent's right to retain the files was extinguished upon payment of the fees, and that no contractual basis existed for withholding the files — Applicant entitled to the return of the files.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: North Gauteng High Court, Pretoria
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: North Gauteng High Court, Pretoria
>>
2009
>>
[2009] ZAGPPHC 387
|

|

Presbiteriaanse Kerk Randburg v Bakker (38157/2009) [2009] ZAGPPHC 387 (20 November 2009)

IN
DIE HOË HOF VAN SUID-AFRIKA
[NOORD
GAUTENG HOË HOF, PRETORIA]
SAAKNR
: 38157/2009
In die saak tussen :
PRESBITERIAANSE
KERK
RANDBURG
.............................................................................
APPLIKANT
en
ANTON BAKKER
INGELYF
................................................................................................
RESPONDENT
UITSPRAAK
LOUW, WR
20 NOVEMBER 2009
[1] Die Applikant
doen aansoek om ’n bevel dat die Respondent gelas word om alle
lêers met betrekking tot saaknommer
24109/2007 aan die
Applikant of sy huidige prokureurs van rekord in daardie aksie te
oorhandig en vir ’n kostebevel op prokureur
en eie kliënt
skaal.
[2]Die
Applikant se
locus
standi
was
in die opponerende beëdigde verklaring betwis maar is daardie
twis nie verder gevoer in of argument óf in die Hoofde
van
Betoog nie en is daar in ieder geval ’n besluit van die
gemeente geliasseer waaruit dit duidelik blyk dat die aansoek

inderdaad behoorlik gemagtig is deur die Applikant. Ek handel
gevolglik nie verder met daardie geskilpunt nie.
[3] Die Applikant is
in litigasie gewikkel in die aksie onder saaknommer 24109/2007
(waarna ek hierin bloot verder verwys as ‘die
aksie”).
[4] Dit is
gemeensaak dat die Respondent as prokureur van die Applikant opgetree
het in die aksie vanaf ongeveer Oktober 2006 totdat
die mandaat van
die Applikant aan die Respondent gedurende Mei 2009 beëindig is
en as gevolg waarvan die Respondent ook formeel
as prokureur in die
aksie onttrek het op 26 Mei 2009.
[5]Die huidige
prokureur van rekord van die Applikant, wat ook in hierdie aansoek
namens die Applikant optree, het die gehele lêer
van die aksie
aangevra by die Applikant in ’n skrywe gedateer 2 Junie 2009.
[6] Die Respondent
het gedurende die loop van die voer van die aksie deurlopend
maandeliks rekenings gelewer waarvoor die Respondent
deurlopend
vergoed is en was daar rekeninge vir April 2009 en Mei 2009
uitstaande ten tye van die beëindiging van die Respondent
se
mandaat om namens die Applikant in die aksie op te tree.
[7] Die Respondent
het onderneem om die lêer aan die huidige prokureurs van rekord
van die Applikant beskikbaar te maak teen
betaling van die uitstaande
rekeninge van April en Mei 2009. Ten einde gevolglik die lêers
te ontvang het die huidige prokureurs
van rekord van Applikant 'n
trusttjek aan die Respondent gelewer op 8 Junie 2009 vir die bedrag
van R21 671.00 synde die somtotaal
van die rekeninge.
[8] Die Respondent
het die bedrag in sy trustrekening inbetaal.
[9]
Die betaling is uitdruklik onder protes gedoen ten einde die lêer
onmiddellik te verkry soos wat ook bevestig word in
die skrywe vanaf
die Applikant se huidige prokureurs van rekord gedateer 8 Junie 2009
en wat aangeheg is as
Aanhangsel
“AS7”
tot
die funderende beëdigde verklaring.
[10] Die betaling is
onder protes gedoen aangesien die Applikant verlang het dat die
Respondent sy hele rekening moet laat takseer.
[11] Sedertdien is
die lêers nie aan die Applikant oorhandig nie en betwis die
Respondent die verpligting om die lêer
(of ’n afskrif
daarvan) aan die Applikant te lewer. Die basis van hierdie opposisie
word uiteengesit in onder andere paragrawe
2.4 tot 2.7, paragraaf
18.2, 18.3, 19.3, 19.4 en 19.5 van die opponerende beëdigde
verklaring. Opgesom kom die weergawe van
die Respondent op die
volgende neer:
[11.1] Die
Respondent erken dat hy weier om die leers van die aksie aan die
Applikant of sy prokureurs te oorhandig.
[11.2] Die
Respondent meen dat dit onredelik van die Applikant is om aan die een
kant te verwag dat 'n kosterekening opgestel word
op ’n spoedig
moontlike basis (wat afgelei word uit die term “nou”) in
die aanvraag van taksasie maar dat daar
aan die anderkant dan ook
verlang word dat die lêers onmiddellik aan die Applikant
oorhandig word. Die Respondent beskou
dit as wedersyds uitsluitende
opdragte. Inteendeel in argument was daar daarna verwys dat hierdie
’n opdrag, soos in ’n
kontraktuele ooreenkoms sou wees.
Ek handel daarmee hierin later weer.
[11.3] Die
Respondent het al die kantoorlêers of ten minste ’n
afskrif daarvan vir doeleindes van opstel van die kosterekening
en
taksasie daarvan nodig. Hierdie getuienis van die Respondent word
ondersteun deur die beëdigde verklaring van die kostekonsultant

wat by die opponerende beëdigde verklaring aangeheg is.
[11.4] Die
Respondent was bereid om van die lêers afstand te doen indien
die Applikant die koste om 'n duplikaat van die stel
iêers te
maak, sou inbetaal. Die Respondent het onderneem om sodanige gedeelte
van die inbetaalde bedrag terug te betaal,
sou dit te veel blyk te
wees. In hierdie verband het die Respondent die koste geskat op R4
500.00 (sien paragraaf 4 van die e-pos
gedateer 22 Junie 2009 op
bladsy 42 van die rekord).
[11.4] Dit is die
Respondent se uitdruklike weergawe dat hy nie steun op n retensiereg
nie. (Sien paragrawe 2.4 en 2.5 van die opponerende
beëdigde
verklaring op bladsy 59 van die rekord). Hy herhaal hierdie standpunt
ook in paragraaf 16 van die opponerende beëdigde
verklaring.
(Sien bladsy 68 van die rekord).
[12]
Die Respondent voer aan dat hierdie aangeleentheid op die beginseis
van die
rei
vindicatio
bereg
moet word en in hierdie verband het mnr Fourie SC, namens die
Respondent, verwys na die beslissing van
Chettv
v Naidoo
1974
(3)
SA
13
(A).
[13] Die argument,
soos wat ek verstaan loop op die volgende basis :
Die
Applikant is die eienaar van die lêers van die aksie en die
Respondent is in besit daarvan. In beginsel maak dit Applikant

geregtig om die lêers as eienaar in ontvangs te neem. Sien
Chettv v
Naidoo-supra
op
20C-D.
Dit
word egter aangevoer dat die Applikant die Respondent se reg om in
besit van die lêers te wees erken en gevolglik is dit
die
Applikant se verpligting om te bewys dat daardie reg van die
Respondent om in besit van die lêers van die aksie te wees,

beëindig is. Hierdie submissies word gemaak met verwysing na
Chetty -supra
,
bladsy 20E-G.
[14] Die argument
word gevoer op die basis, verder dat, hoewel Respondent se mandaat
beëindig is, hy nietemin opdrag gegee
is om sy rekeninge te laat
takseer deur die Takseermeester en dit impliseer dat die Respondent
geregtig is om in besit van die
lêers te bly. Dit is gevolglik
betoog dat die Applikant geen saak uitmaak teen die Respondent nie.
[15] Die vraag is of
die Respondent se siening in hierdie verband korrek is en gaan ek
voort om dit te behandel.
[16]
Uit die regspraak kom dit my voor dat daar 'n verskil van mening blyk
te wees of ’n prokureur slegs ten opsigte van daardie
dokumente
wat hy self opgestel het en aan gewerk het ’n retensiereg het
en of hy ook ’n retensiereg sou hê vir
dokumente wat hy
nie self opgestel het nie maar wat hy byvoorbeeld moes nagaan en
oorweeg vir doeleindes van die litigasie. Vir
doeleindes van
uitspraak word aanvaar dat ’n prokureur soos die Respondent 'n
retensiereg het op alle dokumente waaraan die
Respondent tyd spandeer
het vir doeleindes van die litigasie. Sien in hierdie verband
Botha
N.O. v EN Mchunu & Company
1992
(2) SA 740
(MPD)
en
Peter Cooper
& Company (previously Cooper & Ferreira) v
De Vos
[1998]
2 All SA 237
(E).
[17]
Die reg om ’n retensiereg uit te oefen verval egter wanneer
betaling van die beweerde skuld geskied of waar daar in gepaste

gevalle sekuriteit gestel word. Sien
Peter
Cooper-supra
asook
Wille’s
Principles of
South
African Law
9de
Uitgawe op 665.
[18] In hierdie
geval is dit egter die Respondent se uitdruklike saak dat hy nie
aanspraak maak op enige retensiereg nie maar dat
sy reg sou
voortvloei uit ’n op die oogaf kontraktuele reg om die
oorspronklike lêers in sy besit te hou hangende die
taksasie.
[19]
Ek is egter van mening dat selfs al sou geargumenteer word dat hier
wel 'n retensiereg bestaan het, die rekeninge waarop die
Respondent
aanspraak gemaak het vir sy retensiereg, inderdaad betaal is en dat
daar gevolglik uit die gewone beginsels van waar
die skuld betaal is
sou volg dat die retensiereg verval. Die enigste vraag wat gevolglik
steeds beantwoord moet word is of die
kontraktuele of ander vorm van
reg, soos gebaseer op die argument voortspruitend uit die
Chetty
-beslissinq
'n goeie verweer daarstel.
[20] Per definisie
kan daar nie sprake wees van 'n nuwe ooreenkoms wat tussen Applikant
en Respondent tot stand gekom het nie. Die
kontraktuele verhouding is
juis deur die Applikant beëindig.
[21] Na my mening
kan slegs die fooie-ooreenkoms tussen die Applikant en die Respondent
as basis dien vir so ’n beweerde ooreenkoms
en dan slegs op die
basis dat daar terme is wat voortbestaan ten spyte van die
beëindiging van die Respondent se mandaat.
Die fooie-ooreenkoms
tussen die Applikant en die Respondent is aangeheg tot die funderende
beëdigde verklaring as bladsye
33 tot 35. Daarvolgens bepaal
klousule 5 dat die Applikant aanspreeklik is vir alle redelike
uitgawes wat insluit fotostate. Klousule
10 bepaal dat betaling van
rekeninge 30 dae na lewering van die rekening moet geskied. Klousule
13 daarvan bepaal dat die Applikant
aanspreeklik is vir die koste van
enige rekening wat getakseer moet word.
[22] Dit moet
duidelik gestel word dat by beëindiging van die Respondent se
mandaat, het die Applikant inderdaad geregtig geword
op teruggawe van
die leers met betrekking tot die aksie aan die Applikant of sy nuwe
prokureur van rekord. Insoverre as wat ’n
retensiereg hangende
betaling tot beskikking van die Respondent mog gewees het, maak hy
nie aanspraak op sodanige retensiereg nie
of is hy in elk geval vir
daardie werk op grond waarvan hy ’n retensiereg sou kon
uitoefen, betaal. In hierdie verband was
dit sy eie weergawe dat
indien die ongeveer R21 000.00 betaal word, die lêers afgehaal
kan word by die Respondent.
[23] Die vraag is
dus of daar voortspruitend uit enige regsbeginsel van die gemenereg
of uit hoofde van die fooie-ooreenkoms ’n
reg of aanspraak vir
die Applikant bestaan om die oorspronklike lêer terug te hou in
hierdie omstandighede.
[24] In my
respekvolle siening is daar geen sodanige reg wat nog voortbestaan
nie. Insoverre as wat die Respondent op ’n kontraktuele
term
sou steun, is daar nêrens so ’n kontraktuele term in of
die fooie-ooreenkoms of op grand van enige nuwe ooreeenkoms
óf
voortspruitend uit die verpligting om te takseer. Insoverre as wat
die Respondent 'n weergawe van die lêers tot
sy beskikking wil
hê ter voorbereiding vir die taksasie of omdat die Respondent
die Applikant nie vertrou nie, staan dit
hom vry om ’n afskrif
te maak van die oorspronklike lêers en daarna aanspraak te maak
op betaling daarvan op sterkte
van klousule 13 van die
fooie-ooreenkoms. Hy het egter geen reg of aanspraak op behoud van
besit van die oorspronklike lêers
nie.
[25] Op die
Respondent se eie weergawe is die oorspronklike lêer nie
noodsaaklik vir doeleindes van die taksasie nie; inteendeel
’n
afskrif daarvan sou genoegsaam wees. Die Applikant het getender dat
die oorspronklike lêer beskikbaar gemaak sal
word vir die
taksasie.
[26]
In elk geval is die optrede van die Respondent om in die
omstandighede aan te dring op besit van die oorspronklike lêers

teenstrydig met die verpligtinge van ’n prokureur soos
uiteengesit in die riglyne of reels van die Prokureursorde wat op

bladsy 38 tot 39 van die rekord voorkom en ook teenstrydig met die
benadering soos uiteengesit in die beslissing van
Rubico
(Pty) Ltd v Pavwell (Pty) Ltd
2001
(2) All SA 671(B)
op 672-3.
Ek
baseer egter nie die beslissing op gemelde reels of die beslissing
nie.
[27] In die
omstandighede moet die Applikant slaag met sy aansoek.
[28]
Mnr Pelser SC namens die Applikant het ’n sterk betoog gelewer
dat daar ’n spesiale en bestraffende kostebevel
teen die
Respondent gemaak moet word. Dit is nie ’n aangename saak vir
enige prokureur dat sy mandaat beëindig word
nie. Die Respondent
het op die oogaf ’n
bona
fide,
dog
verkeerde siening van sy regte gehandhaaf en het op sterkte daarvan
in hierdie litigasie met die Applikant betrokke geraak.
[29] Ek is nie van
mening dat daar in hierdie geval ’n ander bevel as 'n gewone
kostebevel voortspruitend daaruit dat die
suksesvolle party geregtig
is op sy koste. gemaak behoort te word nie.
[30] Ek is egter wel
van mening dat insoverre as wat die liassering van die verdere
beëdigde verklarings deur die Respondent
en die antwoord daarop
deur die Applikant of die bring van die aansoek as ’n dringende
aansoek bykomende koste veroorsaak,
dat dit ook deur die Respondent
betaalbaar is.
[31] Waar beide
partye gebruik gemaak het van senior advokate en die geskille wat in
hierdie saak ter sprake kom ook nie van ’n
eenvoudige aard is
nie, meen ek dat die aanvraag dat gespesifiseer word dat die koste
van ’n senior advokaat geregverdig
is, billik in die
omstandighede is.
[32] Ek maak
gevolglik die volgende bevel :
[1] Die Respondent
word gelas om voor of op sluiting van besigheid op 24 November 2009
alle leers (omslae asook gehele inhoude)
met betrekking tot
saaknommer 24109/07 in hierdie hof aan die Applikant of sy huidige
prokureurs van rekord in daardie aksie, te
oorhandig.
[2] Die Respondent
word gelas om die koste van hierdie aansoek op party en party skaal
te betaal. welke koste die volgende insluit:
[2.1] Die koste van
’n senior advokaat:
[2.2] Die voorbehoue
koste met betrekking tot vooraf dringende plasing van hierdie
aansoek; en
[2.3] Die koste
verbonde aan die Respondent se aanvullende eedsverkiaring gedateer 23
Oktober 2009 insluitend die Applikant se repliek
daarop gedateer 27
Oktober 2009.
AJ LOOW WR