About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2009
>>
[2009] ZAFSHC 43
|
|
S v Tshabalala (112/2009) [2009] ZAFSHC 43 (5 March 2009)
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE
VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)
Hersieningsnommer
.
: 112/2009
In
die saak tussen:
DIE
STAAT
en
OUPA
PETER TSHABALALA
_____________________________________________________
CORAM:
HANCKE,
R
et
VAN ZYL, R
_____________________________________________________
UITSPRAAK:
HANCKE,
R
GELEWER
OP:
5
MARCH 2009
[1] Hierdie
is ân spesiale hersiening ingevolge Artikel 304
A
van Wet nr. 51 van 1977. Die beskuldigde het in die distrikshof te
Bethlehem tereggestaan op twee aanklagte van oortreding van
Artikel
117(a) van Wet 111 van 1998 (ontsnapping). Nadat hy skuldig gepleit
het en die landdros tevrede was dat hy al die elemente
van die
betrokke misdrywe erken het, is hy aldus skuldig bevind op beide
aanklagte.
[2] Toe die landdros die
betrokke Wet nagaan met oog op strafoplegging, het sy vasgestel dat
die betrokke Wet nog nie in werking
was op datum van die pleging van
die misdryf vermeld in aanklag een nie, naamlik op 9 Junie 1998,
aangesien die betrokke Wet eers
op 19 Februarie 1999 in werking
getree het.
[3] Artikel 270 van Wet
51 van 1977, soos gewysig, lui soos volg:
â
Indien die
getuienis op ân aanklag weens ân misdryf wat nie in die
voorafgaande artikels van hierdie Hoofstuk vermeld word nie,
nie die
pleging van die aldus ten las
te
gelegde misdryf bewys nie, maar die pleging van ân misdryf bewys
wat uit hoofde van die wesenlike bestandele van daardie misdryf
by
die aldus ten laste gelegde misdryf inbegrepe is, kan die beskuldigde
aan die aldus bewese misdryf skuldig bevind word.â
Vergelyk
ook aantekeninge in
Hiemstra:
SUID-AFRIKAANSE
STRAFPROSES
,
6de Uitgawe
deur Johann Kriegler en Albert Kruger, p. 676 tot 677.
[4] Uit
hoofde van die voormelde bepalings, vra die landdros dat die
skuldigbevinding ten opsigte van aanklagte een ter syde gestel
moet
word en vervang word met ân skuldigbevinding aan oortreding van
Artikel 48(1)(a) van Wet nr. 8 van 1959, wat destyds van
krag was.
Ten opsigte van aanklag twee was die betrokke Wet reeds van krag
gewees. Na my mening kan daar geen benadeling wees
nie, en behoort
aan die landdros se versoek voldoen te word.
[5] Bygevolg word die
volgende bevele verleen:
1. Wat aanklag een betref
word die skuldigbevinding tersyde gestel en vervang met ân
skuldigbevinding aan oortreding van Artikel
48(1)(a) van Wet nr. 8
van 1959.
2. Die skuldigbevinding
ten opsigte van aanklag 2 word bekragtig.
3. Die saak word na die
landdroshof terugverwys vir die oplegging van ân gepaste vonnis.
______
___________
S.
P. B. HANCKE, R
Ek stem saam.
_______________
C. VAN ZYL, R
/EM