About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2009
>>
[2009] ZAFSHC 21
|
|
Lohan Civil- Tebogo Joint Venture and Others v Mangaung Plaaslike Munisipaliteit and Others (508/2009) [2009] ZAFSHC 21 (27 February 2009)
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE-VRYSTAATSE
PROVINSIALE AFDELING)
Saakknommer : 508/2009
In
die aansoek tussen:-
LOHAN
CIVIL â TEBOGO JOINT VENTURE
Eerste
Applikant
LOHAN
CIVIL (PTY) LTD
Tweede
Applikant
LEKHOBOLO
AGNES NELLY KWAGILE N.O.
Derde
Applikant
AOBAKWE
KOA McNATLY NOKO N.O.
Vierde
Applikant
SEBUSANG
AGNES MATOASE N.O.
Vyfde
Applikant
en
MANGAUNG
PLAASLIKE MUNISIPALITEIT
1ste
Respondent
MUNISIPALE
BESTUURDER: MANGAUNG
2de
Respondent
PLAASLIKE
MUNISIPALITEIT
DIE
VOORSITTER: BOD BEOORDELINGS
3de
Respondent(1)
KOMITEE MANGAUNG
PLAASLIKE
MUNISIPALITEIT
DIE
BOD BEOORDELINGS KOMITEE
3de
Respondent(2)
MANGAUNG PLAASLIKE
MUNISIPALITEIT
MOELETSI
â PETER JV
4de
Respondent
PETER
CONTRACTORS (PTY) LTD
5de
Respondent
MOELETSI
TRADING CC
6de
Respondent
_____________________________________________________
CORAM:
VAN
ZYL, J
____________________________________________________
AANGEHOOR
OP:
19
Februarie 2009
_____________________________________________________
GELEWER
OP:
27
Februarie 2009
_____________________________________________________
[1] Hierdie
is ân aansoek vir ân tussentydse interdik hangende die liassering
van ân hersieningsaansoek waarin applikante
vorder dat tweede,
derde(1) en derde(2) respondente
(hierinlater
gesamentlik na verwys as âderde resondenteâ of âdie Bod
Beoordelings Komiteeâ) se besluit om ân tender aan
vierde
respondent toe te ken, hersien, tersyde gestel en reggestel word.
Hierdie tussentydse regshulp wat deur applikante gevorder
word in die
kennisgewing van mosie, is in die vorm van bevel
nisi
waarmee respondente opgeroep word om redes aan te voer waarom die
volgende bevele nie verleen sal word nie:
â
2.1 Dat hangende die finale
beregting van ân aansoek wat applikante voornemens is om te doen
vir die hersiening en tersydestelling
van die besluit om tendernommer
T0807 aan vierde respondent toe te ken;
word die respondente verbied om
enige uitvoering aan die toekenning van die tender te gee;
word die vierde, vyfde en sesde
respondente verbied om enige handelinge te verrig ter
implimentering of uitvoering van die
gemelde besluit;
2.2 Dat eerste en tweede respondente
gesamentlik en afsonderlik en ook gesamentlik en afsonderlik met
sodanige ander respondente
wat hierdie aansoek sou opponeer, gelas
word om die koste van hierdie aansoek te betaal.
2.3 Dat verdere en/of alternatiewe
regshulp aan applikante verleen word.
3. Dat die bevele vervat in paragrawe
2.1, 2.1.1 en 2.1.2 hierbo sal dien as ân tussentydse interdik met
onmiddellike regswerking
hangende die finale beregting van hierdie
aansoek.â
Tans
opponeer slegs e
erste,
tweede en derde respondente die aansoek, terwyl vierde, vyfde en
sesde respondente `n kennisgewing van berusting geliasseer
het op 13
Februarie 2009.
[2] Volledigheidshalwe
moet vermeld word dat die onderhawige aansoek, met uitsluiting van
die aanvullende opponerende verklarings
en aanvullende repliserende
verklarings, die eerste keer op ân dringende basis voor my gedien
het op Maandag, 9 Februarie 2009.
Daartydens het respondente die
dringendheid van die aansoek, sowel as sekere ander aspekte daarvan,
betwis. Nadat volledige argumente
voor my gedien het, het ek
uitspraak voorbehou en die oggend van Dinsdag, 10 Februarie 2009, ân
volledig gemotiveerde uitspraak
gegee, voortspruitend waaruit ek die
volgende bevele gemaak het:
â
(1) Kondonasie word aan applikante
verleen vir die nie-nakoming van die hofreëls met betrekking tot
vorm, betekening en tydperke
en word die aansoek as ân dringende
aansoek bereg.
(2) Die aansoek word uitgestel om
aangehoor te word op Donderdag, 19 Februarie 2009 om 9h30.
(3) Verlof word aan respondente
verleen om aanvullende opponerende beëdigde verklarings, indien
enige, te liasseer word of
op Vrydag, 13 Februarie 2009, om 15h00.
(4) Verlof word aan applikante verleen
om aanvullende repliserende beëdigde verklarings, indien enige,
te liasseer voor of
op Maandag, 16 Februarie 2009, om 15h00.
(5) Die partye word gemagtig en gelas
om hul betoogshoofde te liasseer voor of op Woensdag, 18 Februarie
2009, om 12h00.
(6) Paragraaf 1 van die aansoek om
skrapping word van die hand gewys.
(7) Paragrawe 2 tot 4 van die aansoek
om skrapping staan oor om bereg te word saam met die aansoek op
Donderdag, 19 Februarie 2009
om 9h30.
(8) Die koste van 9
Februarie 2009 staan oor vir latere beregting.â
â
n Getranskribeerde
kopie van die uitspraak is op 18 Februarie 2009 aan my voorgelê
vir die nasien daarvan, welke nasien deur
my gefinaliseer is en die
gekorrigeerde uitspraak deur my onderteken is op 18 Februarie 2009.
[3] Aangesien
ân skriftelike kopie van daardie uitspraak beskikbaar is, gaan ek
nie die inhoud daarvan onnodiglik hierin herhaal
nie. Ek meen egter
dit is noodsaaklik om een aspek daarvan uit te wys. In die
betoogshoofde van mnr. De Bruin, bygestaan deur
mnr. Benade, namens
applikante, is vermeld dat die vereiste van ân tussentydse interdik
dat daar geen alternatiewe remedie moet
bestaan nie, reeds deur my
beslis is op 10 Februarie 2009. Hierdie bewering of persepsie is
egter nie korrek nie. Hoewel dit
so is dat ten tyde van die
beregting van die aansoek voor my op 9 Februarie 2009, mnr. Reinders,
wie op daardie stadium namens
al die respondente veskyn het, wel die
punt geneem het dat applikante oor ân alternatiewe remedie beskik
en ek, ten spyte daarvan,
bevind het dat applikante ân
prima
facie
saak vir die gevraagde regshulp uitgemaak het, was daardie bevinding
nié ân finale beslissing nie. Ek het spesifiek
vermeld en
bevind dat daardie
prima
facie
bevinding slegs interlokutêr van aard en effek is en dat al die
aspekte wat op daardie stadium namens respondente geopper
is, steeds
weer deur en namens respondente geopper sal kan word en dus bereg sal
moet word na die liassering van aanvullende opponerende
verklarings
ten opsigte van die meriete van die aansoek. Sien uitspraak van 10
Februarie 2009, p. 16, reël 14 tot p. 18,
reël 3.
Gevolglik is die
vraagstuk met betrekking tot die bestaan, aldan nie, van ân
alternatiewe remedie in die onderhawige geval, nog
nie finaal deur my
beslis nie en is dit een van die aspekte wat in die onderhawige
uitspraak aangespreek sal moet word.
[4] Duidelikheidshalwe
word vermeld dat vanweë soortgelyke verwysings in die
aansoekstukke, ek voornemens is om na die âBid
Evaluation
Committeeâ te verwys as âdie Bod Evaluerings Komiteeâ en na die
âBid Adjudication Committeeâ as die âBod
Beoordelings Komiteeâ
of derde respondente. Dit moet dus nie geag word as dat die benamings
enigsins slaan op my indruk van die
onderskeie komitees se funksies
nie. Voorts is ek om doelmatigheidsredes voornemens om na die
onderskeie regulasies en beleid te
verwys ooreenkomstig die engelse
benamings daarvan, aangesien die engelse weergawes daarvan voor my
dien (wat klaarblyklik die
enigste bekikbare weergawes is).
Feitelike
agtergrond:
[
5] Eerste
applikant, ân sogenaamde âjoint ventureâ, waarvan die lede
tweede applikant en die Tebogo Business Trust is, ten
opsigte van
welke Trust derde, vierde en vyfde applikante die trustees is, het in
reaksie op eerste respondent se advertensie en
uitnodiging aan
belangstellendes om te tender vir die toekenning van kontrak T0807,
ân tender ingedien. Vierde respondent, ook
ân sogenaamde âjoint
ventureâ, waarvan die lede die vyfde respondent en die sesde
respondent is, het ook ân tender, sowel
as ân alternatiewe tender
met `n twee maande korter termyn, ingedien. In totaal is 17 tenders
ontvang. Die tender is vir die
konstruksie van ân verbreding van
Nelson Mandelarylaan tussen Melvillerylaan (by Brandwagsentrum) en
Jan Spiesrylaan (by Langenhovenpark)
deur ân ekstra inkomende- en
uitgaande baan tot die bestaande bane toe te voeg.
[6] Dit
is gemeensaak en blyk dit uit die tenderdokument, aangeheg as
aanhangsel âFâ tot die funderende verklarings, dat alle
tenders
wat ontvang is, gevalueer moes word ooreenkomstig die 90/10
puntesisteem waarna verwys word in artikel 2(1)(b)(i) van die
Wet op
die Raamwerk vir Voorkeurverkrygingsbeleid, Nr. 5 van 2000
(hierinlater na verwys as âdie Wetâ). (Daar word ook in
die
Preferential Procurement Regulations, uitgevaardig in terme van die
Wet en gepubliseer in Gowermentskennisgewing Nr. R725
in
Staatskoerant 22549 van 10 Augustus 2001, en welke regulasies
aangeheg is as aanhangsel âBâ tot eerste tot derde respondente
se
aanvullende opponerende verklarings, vir sodanige puntesisteem
voorsiening gemaak.) Ten opsigte van die prys van elke tender,
sou
dus ân maksimum van 90 punte toegeken kon word. Wat betref die
oorblywende 10 punte, blyk dit uit paragraaf 3.11 op p. T1.2-8
van
die tenderdata van die tender, saamgelees met paragraaf 3.11 van die
standaardvoorwaardes van die tender (p. T1.3-11 van die
tender) en
verdermeer saamgelees met paragraaf 3.1.2 van die Preferential
Procurement Regulations van eerste respondent, aangeheg
as aanhangsel
âAâ tot die tenderdokument (p. T1.2-17 van die tender), dat dit
toegeken moes word met betrekking tot die bevordering
van bepaalde
doelwitte en wel tot dien effekte dat `n maksimum van 6 punte
toegeken kon word ten opsigte van kontraktering met
persone of
katergorieë persone wat in die verlede deur onbillike
diskriminsasie benadeel is op grond van ras, geslag of gestremdheid
ingesluit (hierinlater na verwys as âHDIâ) en ân maksimum van 4
punte ten opsigte van gelokaliseerdheid in die Vrystaat (hierinlater
na verwys as âlocated in FSâ).
[7] Al
die tenders wat ontvang is, is gevalueer deur VELA/VKE Raadgewende
Ingenieurs, wie se verslag aangeheg is aanhangsel âGâ
tot die
funderende verklaring. Uit die verslag blyk dit en is dit gemeensaak
dat van die 17 tenders ontvang, sekeres gediskwalifiseer
is as synde
sogenaamde ânon-responsive tendersâ, dus tenderaars of tenders
wat nie voldoen het aan die tendervereistes nie.
Gevolglik is 6
oorblywende tenders ge-evalueer, waaronder eerste applikant en vierde
respondent se tenders. Eerste applikant
se tender het die bedrag van
R31 949 796,73 beloop, terwyl vierde respondent se tender die bedrag
van R33 994 294,46 beloop het.
Nadat die oorblywende 6 tenderaars
ge-evalueer is ten opsigte van tegniese ondervinding en kapasiteit,
het die ingenieurs aanbeveel
dat slegs eerste applikant, vierde
respondent en ân derde tenderaar, Tau Pele, oor die kapasiteit en
ondervinding beskik om die
projek te voltooi en wie ân lae risiko
vir eerste respondent inhou. Hierdie drie tenders is toe ge-evalueer
by wyse van voormelde
puntesisteem, waarop eerste applikant die
meeste punte toegeken is, synde 95.2 (90 ten opsigte van prys, 1.2
ten opsigte âHDIâ
en 4 ten opsigte van Vystaat
gelokaliseerdheid), terwyl vierde respondent 90.6 punte toegeken is
(84.6 ten opsigte van prys, 2
ten opsigte van âHDIâen 4 ten
opsigte van Vrystaat gelokaliseerdheid. Die derde tenderaar is 86.5
punte toegeken, die samestelling
waarvan nie relevant is vir
doeleindes van hierdie uitspraak nie. Gevolglik is beide eerste
applikant en vierde respondent, sowel
as die derde tenderaar,
aanbeveel as synde die ondervinding, âtrack recordâ en kapasiteit
te hê om die projek suksesvol
te voltooi.
[
8] Die
Bod Evaluerings Komitee is daargestel ooreenkomstig die
Municipal
Supply Chain Management Regulations, welke
regulasies uitgevaardig is
in terme van artikel 168 van die
Wet
op Plaaslike Regering: Munisipale Finansiële Bestuur, Wet 56 van
2003 (hierinlater na verwys as âdie Munisipale Bestuur
Wetâ)
,afgekondig
in Gowermentskennisgewing Nr. 868 in Staatskoerant 27636 van 30 Mei
2005, ân kopie waarvan aangeheg is as aanhangsel
âAâ tot die
aanvullende opponerende verklarings, saamgelees met eerste respondent
se Supply Chain Management Policy, aangeheg
as aanhangsel âCâ tot
die aanvullende opponerende verklarings. Die Bod Evaluerings Komitee
het klaarblyklik voor 24 November
2008 ân vergadering gehad ten
einde die tenders te evalueer, ook in die lig van die
ingenieursverslag, aanhangsel âGâ. Die
rede waarom ek die
afleiding maak dat sodanige vergadering plaasgevind het voor 24
November 2008, is omdat ân verslag deur die
voorsitter van die Bod
Evaluerings Komitee gerig aan die Bod Beoordelings Komitee, gedateer
is 24 November 2008, ân kopie van
welke verslag aangeheg is tot die
funderende verklaring as aanhangsel âHâ. In hierdie verslag is
aanbeveel dat die tender
aan eerste applikant toegewys word.
Daaropvolgend het daar klaarblyklik ân vergadering plaasgevind van
die Bod Beoordelings
Komitee op 12 Desember 2008, waartydens, soos
blyk uit die notule (p. 432 van die aansoekstukke), die
aangeleentheid terugverwys
is na die Bod Evaluerings Komitee met die
versoek dat die tenders geher-evalueer word. Daaropvolgend en wel
tydens ân spesiale
vergadering van die Bod Evaluerings Komitee wat
plaasgevind het op 17 Desember 2008, die notule waarvan aangeheg is
aanhangsel
âIâ tot die funderende verklaring, is opnuut besluit
dat aanbeveel word dat die tender aan eerste applikant toegewys word.
[
9] Daaropvolgend
tydens ân vergadering van die Bod Beoordelings Komitee op 9
Januarie 2009, die notule waarvan aangeheg is tot
die funderende
verklaring as aanhangsel âKâ, blyk dit dat daar besluit is om ten
spyte van die aanbeveling van die Bod Evaluerings
Komitee, aan te
beveel dat die tender aan vierde respondent toegeken word.
[10] Daarna,
en wel op 19 Januarie 2009, is laasgenoemde aanbeveling/besluit
goedgekeur of bekragtig deur tweede respondent met
die woorde
âapprovedâ, soos blyk uit p. 444 van die aansoekstukke.
[11] Dit
is teen voormelde aanbeveling en/of besluit van derde respondente en
daaropvolgend van tweede respondent, wat die voorgenome
hersieningsaansoek gerig is.
Aansoek om
skrapping:
[1
2] Eerste
tot derde respondente het die oggend voordat die aansoek voorheen
voor my gedien het op 9 Februarie 2009, ân kennisgewing
van aansoek
om skrapping geliasseer. Soos blyk uit die bevel hierin vroeër
na verwys wat ek op 10 Februarie 2009 gelewer
het, het ek reeds
paragraaf 1 van die aansoek om skrapping van die hand gewys, terwyl
ek gelas het dat paragrawe 2 tot 4 van die
aansoek om skrapping
oorstaan om saam met die meriete van die onderhawige aansoek bereg te
word. Na my mening is dit dus doelmatig
en wenslik dat ek die
aansoek om skrapping beslis alvorens voortgegaan word met die
beregting van die ander aspekte wat in die
onderhawige aangeleentheid
ter sprake is.
[13] Die
aansoek om skrapping is gerig op sekere bewerings gemaak in
applikante se aanvanklike repliserende verklaring, welke bewerings,
aldus die aansoek om skrapping, in die funderende verklaring
uiteengesit moes gewees het. Paragraaf 2 van die aansoek om
skrapping
vra vir deurhaling van paragrawe 10.2 tot 10.4 van die
aanvanklike repliserende verklaring, paragraaf 3 versoek deurhaling
van
paragrawe 13.2, 13.2.1, 13.2.2 en ân gedeelte van 13.4 van die
aanvanklike repliserende verklaring en paragraaf 4 vorder skrapping
van paragrawe 19.2, 19.3 en 19.4 van die aanvanklike repliserende
verklaring.
[14] Ek
is nie voornemens om die gedeeltes van die aanvanklike repliserende
verklaring wat eerste tot derde respondente versoek
word geskrap moet
word, verbatim hierin te herhaal nie. By nalees van die aanvanklike
opponerende verklaring namens eerste tot
derde respondente, blyk dit
dat daardie aanvanklike opponerende verklaring, klaarblyklik vanweë
die tydsbeperkings wat reeds
aangespreek is in my uitspraak van 10
Februarie 2009, nie paragraaf vir paragraaf handel met die funderende
verklaring nie. Die
aanvanklike opponerende verklaring namens eerste
tot derde respondente was opgestel in die aard en vorm dat sekere
punte
in
limine
teen applikante se aansoek geopper is. Wanneer dit dan saamgelees
word met die bewerings in die aanvanklike repliserende verklaring
wat
eerste tot derde respondente versoek geskrap moet word, blyk die
volgende:
Paragrawe
10.2 tot 10.4 van die aanvanklike repliserende verklaring is gemaak
in antwoord op ân punt
in
limine
deur eerste tot derde respondente tot dien effekte dat die
tenderkontrak ân interne remedie bevat wat nie deur applikante
uitgeput is alvorens die onderhawige aansoek geloods is nie.
Die
bewerings gemaak in paragrawe 13.2, 13.2.1, 13.2.2 en 13.4 van die
aanvanklike repliserende verklaring is gemaak in antwoord
op ân
bewering wat deur eerste tot derde respondente gemaak is tot dien
effekte dat respondente onder geweldige tydsbeperkings
en druk is
om voorbereidings vir die sokker wêreldbeker af te handel en
dat die aard van die regshulp wat deur applikante
gevorder word,
eerste tot derde respondente se gereedheid om die sokker
wêreldbeker in Bloemfontein aan te bied, ernstig
sal
benadeel.
Die bewerings gemaak in
paragrawe 19.2, 19.3 en 19.4 van die aanvanklike repliserende
verklaring is gemaak in antwoord op bewerings
deur eerste tot derde
respondente tot dien effekte dat applikante oor ân alternatiewe
remedie beskik, deurdat hulle kan voortgaan
met die
hersieningsaansoek en indien hulle daarmee suksesvol sou wees,
hulle geregtig sal wees om ân skadevergoedingsaksie
in te stel.
[15] Voormelde
aspekte blyk na my mening klaarblyklik geopper te gewees het onder
die volgende omstandighede:
15.1 Applikante
het duidelik die hof genader in terme van die bepalings van die
Promotion of Administrative Justice Act, Nr. 3
van 2000 (hierinlater
na verwys as âPAJAâ), en wel sonder om enige bewerings ten
opsigte van die uitputting van interne remedies
te maak. Dit moet na
my mening gevolglik aanvaar word dat applikante die hof genader het
op die basis dat daar geen sodanige interne
remedies bestaan nie.
Hierdie âstilswyende of implisieteâ bewering deur applikante is
deur eerste tot derde respondente in
hulle aanvanklike opponerende
verklaring betwis deur die bewering dat daar inderdaad ân interne
remedie in die tenderdokument
voorkom. Dit is in antwoord hierop wat
die bewerings in paragrawe 10.2 tot 10.4 in die aanvanklike
repliserende verklaring gemaak
is.
15.2 Applikante
het in paragraaf 11.4 van hul funderende verklaring vermeld dat tyd
van wesenlike belang is, aangesien die bouwerk
voltooi moet wees met
die aanvang van die sokker wêreldbeker gedurende Junie/Julie
2010. Daar is voorts in hierdie paragraaf
vermeld dat indien die
projek teen middel Maart 2009 ân aanvang neem, dit steeds betyds
voltooi sal wees vir die wêreldbeker
van Junie 2010. Hierop
het eerste tot derde respondente in paragraaf 13 van hulle
opponerende verklaring die bewering gemaak dat
die regshulp wat
applikante vorder, eerste tot derde respondente se gereedheid om die
wêreldbeker in Bloemfontein te akkommodeer,
ernstig sal
benadeel. Dit is in antwoord op hierdie bewering wat applikante in
paragrawe 13.2, 13.2.1, 13.2.2 en 13.4 van hul
aanvanklike
repliserende verklaring die verdere bewerings met betrekking tot
tydsbeperkings gemaak het.
15.3 Applikante
het in paragraaf 14 van hul funderende verklaring die bewering gemaak
dat hul oor geen ander remedie beskik as
dit wat in die kennisgewing
van mosie versoek word nie. In antwoord hierop het eerste tot derde
respondente die bewering in paragraaf
19 gemaak tot dien effekte dat
applikante kan voortgaan met die voorgenome hersiening en indien
hulle suksesvol sou wees, ân
skadevergoedingsaksie kan instel. Dit
is in antwoord op laasgenoemde bewering wat applikante in paragrawe
19.2, 19.3 en 19.4 van
hulle aanvanklike repliserende verklaring
verdere bewerings gemaak het met betrekking tot die afwesigheid van
ân alternatiewe
remedie.
[16] In
die vooropstelling blyk dit dat in die eerste van bogenoemde gevalle,
applikante wel nie ân tersaaklike bewering met betrekking
tot
interne remedies in hulle funderende verklaring gemaak het nie, maar
moet dit implisiet ingelees word vanweë die rede
reeds vermeld.
Wat gevalle twee en drie betref, blyk dit dat applikante wel die
tersaaklike nodige bewerings in die funderende
verklaring gemaak het.
Eerste tot derde respondente het in al drie gevalle hierop gereageer
deur dit te betwis en substantiewe
bewerings te maak oor waarom dit
betwis word. Dit is in antwoord op hierdie bewerings deur eerste tot
derde respondente gemaak,
wat applikante die tersaaklike bewerings in
die aanvanklike repliserende verklaring gemaak het. Na my mening is
dit gevolglik
ân geval waar die bewerings in repliek nie ân
poging was om ân saak die eerste keer in repliek uit te maak nie,
maar bloot
ân reaksie daarstel op die besware en bewerings
daaromtrent gemaak deur eerste tot derde respondente in hulle
aanvanklike opponerende
verklaring. Sien
RENS
v GUTMAN NO AND OTHERS
2003 (1) SA 93
(CPD) op 99E â I.
[17] Gevolglik
is ek van mening dat paragrawe 2, 3 en 4 van eerste tot derde
respondente se kennisgewing om skrapping nie gehandhaaf
kan word nie.
In
limin
é
:
Interne Remedies:
[1
8] Dit
is gemeensaak tussen die partye dat die hersiening hierin beoog,
geloods word uit hoofde van die bepalings van PAJA. In
dié
verband het eerste tot derde respondente ân punt
in
liminé
geopper met verwysing na die bepalings van artikel 7(2)(a) van PAJA,
in terme waarvan sodanige hersiening nie kan geskied tensy
die hof
oortuig is dat ân applikant sy interne remedies uitgeput het. Mnr.
Reinders het hiervoor gesteun op
NICHOL
AND ANOTHER v REGISTRAR OF PENSION FUNDS AND OTHERS
2008 (1) SA 383
(SCA) op 390A waar dit as volg gestel is:
âHowever,
as is pointed out by Iain Currie and Jonathan Klaaren, 'by imposing a
strict duty to exhaust domestic remedies, [PAJA]
has considerably
reformed the common law'. It is now compulsory for the aggrieved
party in all cases to exhaust the relevant internal
remedies unless
exempted from doing so by way of a successful application under s
7(2)(c). Moreover, the person seeking exemption
must satisfy the
court of two matters: first, that there are exceptional
circumstances, and second, that it is in the interest
of justice that
the exemption be given.â
[1
9] Volgens
eerste tot derde respondente se saak is daar ten minste twee
moontlike interne remedies wat applikante moes uitput alvorens
hulle
die hof in terme van die bepalings van PAJA kon nader.
19.1 Die
eerste hiervan is ân appèlprosedure waarvoor voorsiening
gemaak word in artikel 62 van die Wet op Plaaslike Regering:
Munisipale Stelsels, Nr. 32 van 2000 (hierinlater na verwys as die
âMunisipale Stelsels Wetâ); en
19.2 Die
tweede is die prosedure vervat in paragraaf 3.12 van die
tenderdokument aangeheg tot applikante se funderende verklaring
en
wat as volg lees (aansoekstukke, p. 72):
â
Objections
and Complaints:
Persons
aggrieved by decisions or actions taken by the Municipality in the
implementation of its chain management system, may lodge
within 14
days of the decision or action a written objection or complaint to
the City Manager against the decision or action.â
Hierdie gedeelte kom
voor in aanhangsel âAâ tot die tenderdokument, synde die
Preferential Procurement Regulations van eerste
respondent.
[20] Hoewel nie spesifiek
daarop gesteun is of ek daarna verwys is namens eerste tot derde
respondente nie, meen ek dit is nodig
om ook daarop te wys dat
Regulasie 50 van die
Municipal Supply Chain Management Regulations,
waarna
ek reeds verwys het en wat aangeheg is as aanhangel âAâ
tot die aanvullende opponerende verklaring, daarvoor voorsiening maak
dat die Supply Chain Management Policy van ân munisipaliteit
voorsiening moet maak vir ân prosedure om dispute en besware te
besleg. Wanneer daar dan gelet word op eerste respondent se Supply
Chain Management Policy, aangeheg as aanhangsel âCâ tot
die
aanvullende opponerende verklaring, blyk dit dat klousules 5 en 6 in
hoofstuk 4 daarvan, (p. 631 â 632 van die aansoekstukke)
wel
voorsiening maak vir sodanige geskilbeslegtings-prosedure. Ek sal
hieronder na die detail van hierdie klousules verwys.
[21] Dit is inderdaad so
dat artikel 7(2)(a) van PAJA voorsiening maak vir die uitputting van
interne remedies en wel by wyse van
die volgende bewoording:
â7 (2)
(a) Subject to paragraph (c), no court or tribunal shall review an
administrative action in terms of this Act unless any
internal remedy
provided for in any other law has first been exhausted.
(b) Subject to paragraph (c), a
court or tribunal must, if it is not satisfied that any internal
remedy referred to in paragraph
(a) has been exhausted, direct that
the person concerned must first exhaust such remedy before
instituting proceedings in a court
or tribunal for judicial review in
terms of this Act.
` (c) A court or tribunal may, in
exceptional circumstances and on application by the person concerned,
exempt such person from
the obligation to exhaust any internal remedy
if the court or tribunal deems it in the interest of justice.â
[22] Op blote
interpretasie van die bewoording van artikel 7(2), meen ek dat die
beletsel daarin vermeld, nie in hierdie geval op
hierdie stadium van
toepassing is nie, aangesien ek slegs die tussentydse interdik bereg
en nie die voorgenome hersiening as sulks
nie en derhalwe nie deur
van die bepalings van artikel 7(2)(a) getref word nie. Na my mening
blyk dit die bedoeling van die Wetgewer
te wees dat ân hersiening
as sulks nie mag geskied alvorens die beskikbare interne remedies
uitgeput is nie en tref hierdie
beletsel nie die verlening van ân
tussentydse interdik nie.
[23] Indien en insoverre
ek verkeerd mag wees met betrekking tot my interpretasie van
voormelde artikel, en in ieder geval ten einde
finaliteit en dus
regsekerheid te bereik met betrekking tot die vraagstuk rondom
interne remedies in die onderhawige geval, is
ek in ieder geval
voornemens om die onderskeie beweerde interne remedies van naderby te
beskou.
[24] Wat artikel 62 van
die Munisipale Stelsels Wet betref, lees die tersaaklike gedeeltes
daarvan as volg:
â62
Appèlle
(1) 'n Persoon wie se regte geraak
word deur 'n besluit wat deur 'n politieke struktuur, politieke
ampsbekleër, raadslid
of personeellid geneem is ingevolge
'n
bevoegdheid of plig wat deur 'n delegerende owerheid gedelegeer of
gesubdelegeer is
aan die
politieke struktuur, politieke ampsbekleër, raadslid of
personeellid, kan teen daardie besluit appelleer deur binne
21 dae na
die datum van verwittiging van die besluit, skriftelike kennis van
die appèl en redes aan die munisipale bestuurder
te gee.
(2) Die munisipale bestuurder moet
die appèl spoedig aan die tersaaklike appèl owerheid
bedoel in subartikel (4)
voorlê.
(3) Die appèl owerheid moet
die appèl oorweeg, en die besluit bevestig, verander of
herroep, maar geen sodanige
verandering of herroeping van 'n besluit
mag afbreuk doen aan enige regte wat as gevolg van die besluit
ontstaan het nie.
(4) ...
(5) ...
(6) ...â
(Eie beklemtoning)
[2
5] Ten
eerste moet daarop gelet word dat artikel 62 voorkom in Deel 3 van
voormelde Wet, welke deel handel met âStelsel van Delegeringâ.
Dit blyk dan ook duidelik uit die bewoording van artikel 62(1) dat
sodanige appèl staan gerig te word teen ân bevoegdheid
wat
op gedelegeerde basis uitgeoefen is.
[26] In
Regulasie 29(1)(b)(i) van die
Municipal Supply Chain Management
Regulations, word
daar wel met betrekking tot die Bod Beoordelings
Komitee ân verwysing gemaak na sodanige komitee se delegasies.
Indien en insoverre
die bepalings van artikel 62 derhalwe as interne
remedie van toepassing sou wees op die aanbeveling/besluit van die
Bod Beoordelings
Komitee (wat ek nie bevind so te wees nie vanweë
die redes hieronder vermeld), is dit egter feitelik so dat in die
onderhawige
geval die bekragtiging of goedkeuring van die
aanbeveling/besluit deur tweede respondent reeds geskied het op die
stadium wat die
aansoek geloods is. Die toets met betrekking tot die
vraag of daar ân interne remedie bestaan, aldan nie, moet toegepas
word
met verwysing na die tydstip waarop die aansoek geloods word.
Soos blyk uit paragrawe 8.4 tot 8.8 van applikante se aanvanklike
repliserende verklaring, het applikante eers rondom die naweek van 17
Januarie 2009 onbevestigde gerugte gehoor dat die besluit
om die
tender aan vierde respondent toe te wys, geneem is. Applikante se
eerste navraag skrywe in die verband, aanhangsel âR1â
tot die
aanvanklike repliserende verklaring, is gedateer 20 Januarie 2009.
Op daardie stadium was die goedkeuring of bekragtiging
van die
aanbeveling/besluit van die Bod Beoordelings Komitee dus reeds deur
tweede respondent geneem. Op daardie stadium, en des
te meer op die
stadium wat die onderhawige aansoek geloods is, kon dit derhalwe geen
doel gedien het om enige moontlike appèlprosedure
aanhangig te
maak teen die Bod Beoordelings Komitee se besluit nie, aangesien
tweede respondent se goedkeuring/bekragtiging daarvan
dan steeds sou
gestaan het.
[27] Wat
tweede respondent se goedkeuring/bekragtiging van die besluit betref,
blyk hierdie bevoegdheid wat deur hom uitgeoefen
is, ân bevoegdheid
te wees in terme van Regulasie 29(5)(b)(i) van die
Municipal Supply
Chain Management Regulations, wat
as volg lees:
â(b) The
accounting officer may â
after due consideration of the
reasons for the deviation, ratify or reject the decision of the bid
adjudication committee referred
to in paragraph (a); ...â
As dit dan saamgelees
word met die Munisipale Finansiële Bestuur Wet, blyk dit dat in
terme van artikel 60 van hierdie Wet,
die munisipale bestuurder, dit
wil sê tweede respondent, die rekenpligtige beampte of dan
âaccounting officerâ is. Gevolglik
is die besluit of
bekragtiging van die besluit wat deur tweede respondent geneem is, na
my mening nie ân gedelegeerde bevoegdheid
nie, maar inderdaad ân
oorspronklike bevoegdheid. Vir hierdie rede kan die bepalings van
artikel 62 van die Munisipale Stelsels
Wet derhalwe na my mening nie
van toepassing wees op die besluit geneem deur tweede respondent nie.
[28] Addisioneel tot
voormelde redes, meen ek dat daar ân verdere rede is waarom die
prosedure voor voorsiening gemaak in artikel
62 van die Munisipale
Stelsels Wet nie geag kan word ân interne remedie in die
onderhawige geval te wees nie. Hoewel hierdie
aspek wat ek nou gaan
hanteer nie namens applikante teenoor my geopper of op gesteun is
nie, is daar geen beletsel dat dit, as
regsvraag, deur myself geopper
word nie. Artikel 62(3) bepaal spesifiek dat:
âGeen
sodanige verandering of herroeping van ân besluit mag afbreuk doen
aan enige regte wat as gevolg van die besluit ontstaan
het nie.â
In die onderhawige geval
het die aanbeveling/besluit van die Bod Beoordelings Komitee, soos
goedgekeur of bekragtig deur tweede
respondent, tot gevolg gehad dat
die tender aan vierde respondent toegewys is en ân kontrak
inderdaad voortspruitend daaruit
gesluit is. Vierde respondent het
dus regte verkry wat as gevolg van die besluit ontstaan het. Die
vraag ontstaan dus of, in
die onderhawige geval, sodanige appèl
enigsins as ân moontlike remedie vir applikante geag kan word,
gegewe dat dit klaarblyklik
nie tot gevolg kan hê of mag hê
dat die regte wat vierde respondent verkry het, van hom weggeneem
word nie. Hierdie
aspek is behoorlik oorweeg en beredeneer in die
aangeleentheid van
READER
AND ANOTHER v IKIN AND ANOTHER
2008 (2) SA 582
(CPD) op 587D â 590G, ten opsigte waarvan ek om
doelmatigheidsredes slegs na ân gedeelte op 588I en 590F â G
verwys:
âThere
appears to be no compelling interpretation of the effect of
s 62(3)
save for that contended for by appellants; that is once a right
accrues as a result of a decision, that decision cannot be reversed
on an appeal if the reversal takes away the right initially grantedâ¦.
For these reasons,
s 62(1)
read with s
62(3) of the Systems Act does not appear to provide any viable
internal remedy to an aggrieved party such as appellant
in the
present dispute. The mechanism created by ss 62(1) and 62(3) of the
Systems Act provides an appeal for a party aggrieved
by the initial
decision but does not extend to third parties who contend that their
rights or legitimate expectations have been
adversely affected by the
decision. The latter group, however, has a right of access to a court
to set aside such a decision. In
my view, Veldhuizen J erred in
holding that appellants were required to exhaust an internal remedy
in terms of s 62 before approaching
a court, as the section did not
provide appellants an internal remedy, as envisaged in terms of s
7(2) of PAJA.â
(Bogenoemde was ân
volbank appèl.)
[29] Ek stem met eerbied
met bogemelde siening saam. Waar vierde respondent regte uit die
kontrak voortspruitend uit tweede en/of
derde respondente se besluit
verkry het, welke regte applikante wens van vierde respondent weg te
neem en ten gunste van eerste
applikant te verkry, is artikel 62 van
die Munisipale Stelsels Wet nie as ân interne remedie soos voorsien
in artikel 72 van
PAJA, tot applikante se beskikking nie.
[30] Wat betref die
beweerde interne remedie vervat in paragraaf 3.12 van die
tenderdokument, op p. T1.2-20 daarvan, blyk dit, in
isolasie gelees,
voorsiening te maak vir ân beswaar wat gerig kan word aan die âCity
Managerâ, wat, indien die definisie
van âCity Managerâ op p.
T1.2-11 van die tenderdokument gelees word, weereens tweede
respondent is. Hierdie prosedure behels
dus ân beswaar teen eerste
respondent se besluit wat gerig word aan eerste respondent. Nie net
is dit ân absurditeit nie,
maar dikteer logika dat dit geensins ân
effektiewe remedie daar kan stel nie, ook vanweë die redes in
paragrawe 32 en 33,
infra
,
vermeld.
[31] Wanneer klousules 5
en 6 van eerste respondent se Supply Chain Management Policy gelees
word, soos reeds hierbo na verwys en
soos dit voorkom op p. 631 en
632 van die aansoekstukke, blyk dit weereens voorsiening te maak vir
ân beswaar wat gerig kan word
aan eerste respondent, maar blyk dit
dat eerste respondent dan ân onafhanklike persoon kan aanstel om
die dispuut te probeer
besleg. Hierdie tersaaklike klousules lees as
volg:
â5.
OBJECTIONS
AND COMPLAINTS
Persons aggrieved by decisions or
actions taken by the Municipality in the implementation of its Supply
Chain Management System,
may lodge within 14 days of the decision or
action a written objection or complaint to the City Manager against
the decision or
action.
6.
RESOLUTION
OF DISPUTES, OBJECTIONS, COMPLAINTS AND QUERIES
6.1 The City Manager may appoint an
independent and impartial person not directly involved in the Supply
Chain Management processes
of the municipality:
6.1.1 To assist in the resolution of
disputes between the municipality and other persons regarding:
6.1.1.1 any decisions or actions
taken by the municipality or municipal entity in the implementation
of its Supply Chain Management
System;
6.1.1.2 any matter arising from a
contract awarded in the cause of its Supply Chain Management System;
or
6.1.1.3 to deal with objections,
complaints or queries regarding any such decisions or actions or any
matters arising from such
contract.
6.2 A parent municipality and the
municipal entity under its soul or shared control may for this
purposes appoint the same person.
6.3 The City Manager, or another
official designated by him, is responsible for assisting the
appointed person to perform his or
her functions effectively.
6.4 The person so appointed must:
6.4.1 strive to resolve promptly all
disputes, objections, complaints or queries received; and
6.4.2 submit monthly reports to the
City Manager on all disputes, objections, complaints or queries
received, attended to or resolved.
6.5 A dispute, objection, complaint
or query may be referred to the Free State Provincial Treasury if:
6.5.1 the dispute, objection,
complaint or query is not resolved within 60 days; or
6.5.2 no response is received from
the municipality within 60 days.
6.6 If the Free State Provincial
Treasury does not or cannot resolve the matter, the dispute,
objection, complaint or query may
be referred to the National
Treasury for resolution.â
[32] Dit blyk dus uit
bogenoemde dat dit ân prosedure is wat voorsiening maak vir
geskilbeslegting, in die sin dat geskille gepoog
moet word om
daardeur opgelos te word, maar dat die tersaaklike persoon of
entiteit wat enige beswaar sal hanteer, nie oor enige
bevoegdhede
beskik om ân effektiewe remedie te kan afdwing nie. In dié
verband wens ek na die volgende bevindings te
verwys gemaak deur
Plasket, R in
REED
AND OTHERS v MASTER OF THE HIGH COURT OF SA AND OTHERS
[2005] 2 ALL SA 429
(E) op 436A â F alwaar daar spesifiek met die
verwysing na interne remedies in terme van artikel 7(2) van PAJA
gehandel word:
â[20] The
section applies to internal remedies, and not simply to any form of
potential extra-curial redress. A remedy, in this
context, is
defined in the
New Shorter
Oxford English Dictionary
as a âmeans of counteracting or removing something undesirable,
redress, relief; legal redressâ. Inherent in this concept,
as it
is used in its legal context is the idea that a remedy, in order to
qualify to be regarded as such, must be capable, as a
matter of law,
of providing what the Constitution terms appropriate relief: it must
be an effective remedy. Section 7(2) does
not, in other words, place
an obligation on a person aggrieved by a decision to exhaust all
possible avenues of redress provided
for in the political or
administrative system â such as approaching a parliamentary
committee or a Member of Parliament, or writing
to complain to the
superiors of the decision-maker. Similarly, it is not required of an
aggrieved person that he or she approach
one or more of the Chapter 9
institutions â such as the Public Protector or the Human Rights
Commission â prior to resorting
to judicial review.
[21] There are two reasons for this:
the first is that resort to Parliament, or one of its committees, or
a senior person in the
bureaucracy, or a Chapter 9 institution, does
not amount to utilising a remedy as that term is understood in public
law. (I shall
elaborate on this below.)
Secondly,
these bodies do not have jurisdiction, as a matter of law, to remedy
the complaint by issuing binding orders, in the way
that courts do,
or to determine issues involving rights through the application of
the law.
They may be able
to make political decisions that have the effect of remedying the
problem, or of conducting investigations and
making recommendations,
which, if acted upon, will remedy the problem,
but
they do not award remedies
:
they make political or policy choices, rather than determine the
merits of an appeal to them or the lawfulness, reasonableness
or
procedural fairness of the administrative action that is the subject
matter of complaint.â
(Eie beklemtoning)
Daar is voorts as volg
op 437H tot 438B beslis:
â[25] The
dictionary definitions of the words âinternalâ and âremedyâ
that I have cited are in harmony with the way the
composite term
âinternal remedyâ is understood in the more specialised context
with which this matter is concerned: when the
term is used in
administrative law, it is used to connote an administrative appeal â
an appeal, usually on the merits, to an
official or tribunal within
the same administrative hierarchy as the initial decision-maker â
or, less common, an internal review.
Often the appellate body will
be more senior than the initial decision-maker, either
administratively or politically, or possess
greater expertise.
Inevitably, the appellate
body is given the power to confirm, substitute or vary the decision
of the initial decision-maker on the
merits
.
In South Africa there is no system of administrative appeals.
Instead internal appeal tribunals are created by statute on an
ad
hoc
basis.â
(Eie
beklemtoning)
Voortspruitend uit
voormelde bevindings, het Plasket R tot die gevolgtrekking gekom dat
die beweerde interne remedie wat in daardie
geval ter sprake was, nie
as ân interne remedie kwalifiseer vir doeleindes van PAJA nie en
dat artikel 7(2) van die Wet gevolglik
nié van toepassing is
nie.
[33] Ek vereenselwig my
met eerbied met bogemelde siening en gevolgtrekkings. Alvorens ân
sogenaamde interne remedie kan kwalifiseer
as sodanig vir doeleindes
van die bepalings van PAJA, moet dit ân effektiewe remedie daarstel
wat gepaste regshulp aan ân benadeelde
kan verskaf. Na my mening
is dit duidelik dat bogemelde bepalings van eerste respondent se
Supply Chain Management Policy nie
aan daardie vereistes voldoen nie
en derhalwe nie as ân interme remedie vir doeleindes van PAJA
kwalifiseer nie.
[34] Vanweë
bogemelde redes is ek gevolglik van oordeel dat applikante in die
onderhawige geval glad nie getref word deur die
bepalings van artikel
7(2) van PAJA nie, deurdat daar geen interne remedie tot applikante
se beskikking is wat applikante veronderstel
was om uit te geput het
alvorens die hof genader is nie. Die punt
in
liminé
kan
dus nie gehandhaaf word nie.
Basis van
hersiening:
[35] Die basis en wese
van applikante se voorgenome aansoek om hiersiening is in paragraaf 5
van hul funderende verklaring uiteengesit
en behels die volgende:
35.1 Dat tweede
respondent nie Regulasie 29(5)(d)(i) van die
Municipal Supply Chain
Management Regulations nagekom
het nie, aangesien hy nie behoorlike
en gepaste oorweging (âdue considerationâ) verleen het of kon
verleen aan die redes waarom
die Bod Beoordelings Komitee nie die Bod
Evaluasie Komitee se aanbeveling, synde dat die tender aan eerste
applikant toegeken word,
gevolg het nie, aangesien die Bod
Beoordelings Komitee geen sodanige redes aan hom verskaf het nie; en
35.2 Dat tweede en derde
respondente nie artikel 2(1)(f) van die Wet, gelees met Regulasie
3.1.4 van eerste respondent se Preferential
Procurement Regulations
en Regulasie 9 van die Preferential Procurement Regulations nagekom
het nie, deurdat ân tender toegeken
moet word aan die tenderaar met
die hoogste punte (naamlik eerste applikant) en daar nie objektiewe
kriteria of maatstawwe bestaan
het om die tender aan ân ander
tenderaar (vierde respondent) toe te ken nie.
Vereistes vir ân
tussentydse interdik:
[36] Die vereistes vir ân
tussentydse interdik is welbekend en kan as volg saamgevat word:
â(a) A
prima facie
right;
(b) A well-grounded apprehension of
irreparable harm if the interim relief is not granted and the
ultimate relief is eventually
granted;
(c) That the balance of convenience
favours the granting of an interim interdict; and
(d) That the applicant has no other
satisfactory remedy.â
Sien
LAWSA
,
Vol. 11, 2de Uitgawe, op p. 419, par. 403.
Prima Facie
Reg:
[37] Met betrekking tot
die vereiste van ân
prima
facie
reg, word
prima
facie
bewys van feite vereis wat die bestaan van ân reg in terme van die
substantiewe reg daarstel. Na my mening het mnr. Reinders
heeltemal
tereg betoog dat die toets wat soos volg vasgelê is deur die
Hoogste Hof van Appèl in
SIMON
NO v AIR OPERATIONS OF EUROPE AB AND OTHERS
[1998] ZASCA 79
;
1999 (1) SA 217
(SCA) op 228G â H, toegepas moet word:
âInsofar
as the appellant also sought an interim interdict
pendente
lite
it was incumbent upon
him to establish, as one of the requirements for the relief sought, a
prima facie
right, even though open to some doubt (
Webster
v Mitchell
1948
(1) SA 1186
(W)
at 1189).
The accepted test for a
prima
facie
right in the context
of an interim interdict is to take the facts averred by the
applicant, together with such facts set out by
the respondent that
are not or cannot be disputed and to consider whether, having regard
to the inherent probabilities, the applicant
should on those facts
obtain final relief at the trial. The facts set up in contradiction
by the respondent should then be considered
and, if serious doubt is
thrown upon the case of the applicant, he cannot succeed. (
Gool
v Minister of Justice and Another
1955 (2) SA 682
(C)
at 688B-F and the numerous cases that have followed it.)â
Sien ook
SPUR
STEAK RANCHES LTD AND OTHERS v SADDLES STEAK RANCH, CLAREMONT, AND
ANOTHER
1996 (3) SA 706
(CPD) op 714G â H.
[38] Applikante is
voornemens om in die hoofaansoek te vorder dat derde respondente se
aanbeveling/besluit en tweede respondent
se besluit of goedkeuring
van die besluit om die tender aan vierde respondent toe te wys,
hersien en tersyde te stel. Dit is gemeensaak
dat hierdie
besluit/besluite administratiewe handelinge daarstel in terme van die
bepalings van PAJA. Voorts is artikel 217 van
die Grondwet van die
Republiek van Suid-Afrika, 1996, van toepassing, wat as volg lees:
â
217 Verkryging
(1) Wanneer 'n staatsorgaan in die
nasionale, provinsiale of plaaslike regeringsfeer of enige ander
instelling in nasionale wetgewing
geïdentifiseer, vir goedere of
dienste kontrakteer, moet hy dit doen ooreenkomstig 'n stelsel wat
regverdig, bilik, deursigtig,
mededingend en kostedoeltreffend is.
(2) Subartikel (1) belet nie die
staatsorgane of instellings in daardie subartikel genoem om 'n
verkrygingsbeleid toe te pas wat
voorsiening maak vir-
(a) voorkeurkategorieë by die
toekenning van kontrakte nie; en
(b) die beskerming of vooruitgang
van persone, of kategorieë persone, wat deur onbillike
diskriminasie benadeel is nie.
(3) Nasionale wetgewing moet 'n
raamwerk voorskryf waarbinne die beleid bedoel in subartikel (2)
toegepas moet word.â
Sodanige
wetgewing is inderdaad ingevoer by wyse van die Wet (Wet op die
Raamwerk vir Voorkeurverkrygingsbeleid, Nr. 5 van 2000).
Verdermeer
is die tersaaklike regulasies en beleid waarna ek alreeds verwys het,
ook uitgevaardig en gedeeltelik ook vervat in
die tender voorwaardes.
[39] Dit is teen die
agtergrond van voormelde wetgewing, regulasies, beleid en tender
voorwaardes wat vasgestel moet word of die
applikante tans
prima
facie
,
âeven though open to some doubtâ, aantoon dat hulle suksesvol sal
wees met die uiteindelike hersiening, op die basis uiteengesit
in die
aansoek.
[40] Ek handel vervolgens
met die inhoud van die tersaaklike wetgewing, regulasies, beleid en
tender voorwaardes wat toepassing
vind.
[41] Die tersaaklike
gedeeltes van artikel 2 van die Wet bepaal as volg:
â
2 Raamwerk
vir toepassing van voorkeurverkrygingsbeleid
(1) 'n Staatsorgaan moet sy
voorkeurverkrygingsbeleid bepaal en dit binne die volgende raamwerk
toepas:
(a) 'n Voorkeurpuntestelsel moet
gevolg word;
(b) (i) vir kontrakte met 'n
Randwaarde hoër as 'n voorgeskrewe bedrag kan 10 punte toegeken
word vir bepaalde doelwitte
soos beoog in paragraaf (d) mits 90 punte
vir prys aan die laagste aanvaarbare tender toegeken word;
(ii) ...
(c) enige ander aanvaarbare tenders
waarvan die prys hoër is, tel op 'n pro rata-grondslag minder
punte, bereken op hulle
tenderpryse in verhouding tot die laagste
aanvaarbare tender, in ooreenstemming met 'n voorgeskrewe formule;
(d) die bepaalde doelwitte kan-
(i) kontraktering met persone, of
kategorieë persone, wat in die verlede deur onbillike
diskriminasie benadeel is op grond
van ras, geslag of gestremdheid
insluit;
(ii) toepassing van die programme
van die Heropbou- en Ontwikkelingsprogram soos gepubliseer in
Staatskoerant 16085 gedateer
23 November 1994 insluit;
(e) die uitnodiging om te tender
moet enige bepaalde doelwit waarvoor 'n punt toegeken kan word
duidelik vermeld;
(f) die kontrak moet toegeken word
aan die tenderaar wat die hoogste punte behaal, tensy objektiewe
maatstawwe bykomend tot dié
in paragrawe (d) en (e) beoog die
toekenning aan 'n ander tenderaar regverdig; en
(g) ...
(2) ...â
Uit voormelde blyk dit
dus dat:
Die kontrak
moet
toegeken word aan die tenderaar wat die hoogste punte behaal, tensy
objektiewe maatstawwe die toekenning aan ân ander tenderaar
regverdig;
Sodanige objektiewe
maatstawwe moet maatstawwe wees bykomend tot die in paragrawe (d)
en (e) beoog.
[42] In aansluiting by
en/of ter aanvulling of uitbreiding van die bepalings van die Wet,
bepaal Regulasies 3(4), 4(4), 5(4), 6(4)
en 8(8) van die Preferential
Procurement Regulations dat slegs die tender met die hoogste punte
gekies kan word. Regulasie 9 bepaal
dan egter as volg:
â
Despite Regulations 3(4), 4(4),
5(4), 6(4) and 8(8), a contract may, on reasonable and justifiable
grounds, be awarded to a tender
that did not score the highest number
of points.â
Sien aansoekstukke, p.
578.
Ook bepaal Regulasie
3.1.4 van eerste respondent se Preferential Procurement Regulations
dat:
â
Unless there are reasonable and
justifiable reasons, which reasons must be fully set out in the
minutes of the meeting concerned,
only the offer with the highest
number of points scored may be selected.â
Sien aansoekstukke, p.
69.
Verdermeer bepaal
klousule 3.11.1 van die tenderdata, p. T1.2-8 van die tenderdokument,
dat metode 2 soos uiteengesit in die standaardvoorwaardes
van die
tender, as evaluasiemetode in die geval sou geld. Indien metode 2
dan nagegaan word, blyk dit dat klousule 3.11.3(e) van
die
standaardvoorwaardes van die tender, p. T1.3-12 van die
tenderdokument , bepaal dat:
â
Recommend a tenderer with the
highest number of tender valuation points for award of the contract,
unless there are
compelling
and justifiable reasons
not
to do so.â
Sien aansoekstukke, p.
84.
Voormelde beginsels in
die Wet vervat, het verdermeer ook beslag gekry in eerste respondent
se Supply Chain Management Policy en
wel in klousule 8.6.7 daarvan,
saamgelees met 8.7.3, wat onderskeidelik met die verpligtinge van die
Bod Evaluerings Komitee en
die Bod Beoordelings Komitee as volg
handel:
â8.6.7 It
must be emphasized that bids may only be evaluated in accordance with
the criteria specified in the bid specifications.
According to the
prescripts of the Preferential Procurement Legislation, bids must be
evaluated in accordance with a preference
point system. Any specific
goal for which a point may be awarded must be clearly specified in
the invitation to submit a bid.â
en
â8.7.3 The bid adjudication
committee must consider reports and recommendations made by the bid
evaluation committees, and must
thereafter make a final
recommendation to the City Manager for approval.â
Sien
aansoekstukke, p. 619 â 620.
[43] In samehang met
voormelde en in besonder wat betref tweede respondent se besluit,
moet die bepalings van Regulasie 29(5)(b)
van die
Municipal Supply
Chain Management Regulations oorweeg
word, wat as volg lees:
âThe
accounting officer may â
after due consideration of the
reasons for the deviation, ratify or reject the decision of the bid
adjudication committee referred
to in paragraph (a); and
if the decision of the bid
adjudication committee is rejected, refer the decision of the
adjudication committee back to that committee
for reconsideration.â
Sien
aansoekstukke, p. 556.
Laasgenoemde bepalings
verskyn in ân soortgelyke, hoewel meer uitgebreide wyse, ook in
eerste respondent se Supply Chain Management
Policy, en wel in
klousules 8.7.5 â 8.7.7 daarvan, welke as volg lees:
â8.7.5 If
a bid adjudication committee decides to recommend approval of a bid
other than the one recommended by the bid evaluation
committee, the
reasons for the deviation must be clearly stated.
The City Manager may after due
consideration of the reasons given by the bid adjudication
committee for the deviation, ratify
the recommendation of the bid
adjudication committee or refer the matter back to that committee
for reconsideration.
The City Manager may at any stage
of a bidding process, refer any recommendation made by the bid
evaluation committee or the
bid adjudication committee back to
that committee for reconsideration of the recommendation.â
Sien
aansoekstukke, p. 620.
[44] In die onderhawige
geval is dit gemeensaak dat applikante se tender die meeste punte
verwerf het. Gegewe die bogemelde wetgewing,
regulasies, beleid en
tendervoorwaardes het dit dus tot gevolg dat die tender aan eerste
applikant toegeken moes word, tensy daar
âobjektiewe maatstawweâ
of dan âreasonable and justifiable groundsâ (âredelike en
regverdigbare grondeâ) of dan selfs
âcompelling and justifiable
reasonsâ (âdwingende en regverdigbare redesâ) bestaan het om
daarvan af te wyk en die tender
aan vierde respondent toe te wys.
Hierdie objektiewe maatstawwe wat geag kan word sodanige redelike en
regverdigbare gronde daar
te stel, moet, soos reeds vermeld,
ooreenkomstig die bepalings van artikel 2(1)(f) van die Wet ander
maatstawwe wees as die doelwitte
waarvoor punte toegeken is soos
bepaal in sub-artikels 2(1)(d) en (e) van die Wet.
[45] Die bepaalde
doelwitte soos beoog in artikel 2(1)(d) en (e) van die Wet was in die
onderhawige geval, soos reeds vroeër
hierin vermeld, eerstens
âequity ownership by an HDIâ (waarvoor ân maksimum van 6 punte
toegeken kon word) en tweedens Vrystaatse
gelokaliseerdheid (waarvoor
ân maksimim van 4 punte toegeken kon word). Dus moet die redelike
en regverdigbare (objektiewe)
gronde (maatstawwe) geleë gewees
het in iets addisioneel tot voormelde twee gronde.
[46] Na my mening is
sodanige objektiewe maatstawwe, soos bedoel in artikel 2(1)(f) van
die Wet, wel in klousule 2.14 van die tenderdata
vervat gewees, soos
dit voorkom op p. T1.2-6 van die tenderdokument, waar dit as volg
lees:
âAccept
that
the employer shall in
the evaluation of tender offers take due account of the tendererâs
past performance in the execution of
similar engineering works of
comparable magnitude
, and
the degree to which he possess the necessary technical, financial and
other resources to enable him to complete the works
successfully
within the contract period. Satisfy the employer and the engineer as
to his ability to perform and complete the work
timeously, safely and
with satisfactory quality, and furnish details in section T2.2.2 of
contracts of a similar nature and magnitude
which they have
successfully executed in the past.â
Sien aansoekstukke, p.
58.
Die feit dat dit
klaarblyklik bedoel was as a objektiewe maatstaf soos bedoel in
artikel 2(1)(f) van die Wet, word bevestig op p.
4 van die Bod
Evaluerings Komitee se verslag gerig aan die Bod Beoordelings
Komitee, aanhangsel H tot die funderende verklaring:
âIt
is an objective criterium of this tender, in accordance with
section
2(1)(f)
of Act No. 5 of 2000, that the tenderers must have the
necessary skills,
experience, good financial standing and capacity
to
perform the required work. Tenderers must provide at least 3 (three)
references of similar work done previously.â
Sien
aansoekstukke, p.366
[47] Wanneer daar
vervolgens gelet word op die feite en gebeure wat aanleiding gegee
het tot die aanbeveling/besluit van die Bod
Beoordelings Komitee en
die goedkeuring daarvan of die besluit van tweede respondent, blyk
die volgende uit die kontemporêre
dokumente aangeheg tot die
funderende verklaring, die inhoud waarvan uiteraard nie deur
respondente betwis word nie en dus geag
kan word gemeensaak te wees.
[48] In die
ingenieursverslag, aanhangsel âGâ tot die funderende verklaring,
is die tariewe van die onderskeie tenderaars wat
andersins
kwalifiseer vir die tender, evalueer en is daar op p. 351 van die
aansoekstukke tot die gevolgtrekking gekom dat die
eerste applikant
se tariewe geag word aanvaarbaar te wees en van lae risiko te wees
vir eerste respondent. Op p. 353 van die oorkonde
is daar dan in die
tersaaklike verslag voortgegaan met ân evaluering van die tegniese
ondervinding en kapasiteit van die onderskeie
tenderaars en is daar
op p. 355 tot die gevolgtrekking gekom dat âthe risk with regard to
capacity and experience of awarding
the tender to Lohan/Tebogo Joint
Venture is considered to be low to the councilâ. Daarop het die
punte toekenning geskied, waarop
die meeste punte aan eerste
applikant toegeken is (p. 359 van die oorkonde). In ân
gevolgtrekking op p. 360 van die aansoekstukke,
is tot die
gevolgtrekking gekom dat drie van die tenderaars âhave the
experience and capacity to complete this project with the
minimum
risk and requirements of the councilâ, waarvan eerste applikant en
vierde respondent twee van die drie tenderaars was.
Die aanbeveling
is dan as volg op p. 362 van die aansoekstukke verwoord:
â
The below listed tenders all have
the past experience, track record and capacity to complete this
project successfully:
â
Lohan/Tebogo Joint Venture
â
Moletsi/Peter Joint Venture
â
Tau Pele Construction
The lower tender amount and slightly
less experience of Lohan/Tebogo Joint Venture must be compared with
the slightly higher tender
amount and extensive experience of
Moletsi/Peter Joint Venture, who also offered a shorter construction
period.â
[49] Uit die verslag van
die Bod Evaluerings Komitee gerig aan die Bod Beoordelings Komitee,
aanhangsel âHâ tot die funderende
verklaring, is daar `n
klaarblyklike herberekening van die tenderbedrae gedoen deur sekere
gebeurlikhede in berekening te bring,
wat tot gevolg gehad het dat
die tenderaar bekend as Q Civils, die goedkoopste tender gehad het en
die meeste punte verwerf het,
synde 91.9. Eerste applikant se
tenderbedrag het daarvolgens R31 949 796,73 beloop en het hy ân
totaal van 76 punte ontvang.
Vierde respondent se tender het
daarvolgens die bedrag van R33 994 294,46 beloop en hy het 71.2 punte
verwerf. Dit dien vermeld
te word dat die kontraktermyn wat ten
opsigte van al drie hierdie tenderaars aangetoon word, 12,5 maande is
en nie die verkorte
10,5 maande soos wat vierde respondent se
alternatiewe tender behels het nie. Sien oorkonde, p. 366, tabel
2.4. Dit is net na
hierdie tabel wat die objektiewe kriterium of
maatstaf soos bedoel in artikel 2(1)(f) van die Wet vermeld word,
waarna ek reeds
hierbo verwys het. In die volgende tabel 3.1, op p.
367 van die aansoekstukke, word âverbeterdeâ tender bedrae
reflekteer,
met uitsluiting van gebeurlikhede, BTW en âCPAâ,
waarvolgens Q-Civils se tender dan R 24 088 873,00 beloop het, eerste
applikant
se tender die bedrag van R 25 950 127,00 en dié van
vierde respondent R 27 610 701.00.
Die opmerkings met
betrekking tot eerste applikant is vervat op p. 8 van die verslag, p.
369 van die aansoekstukke, wat as volg
lees:
â
The tenderer provided many
reference projects of which a number were for water and sanitation
projects. A number of road construction
projects were also provided
as references. Some of these references were contacted to obtain
information about the previous performance
of this contractor.
The Joint Venture has a 70/30 split
with 70% in favour of Lohan and 30% to Tebogo. With the smaller
partner having only one CEPE,
we feel that this project is very
URGENT with limited time frames and complex, and it really is not the
type of a project that
will facilitate development towards the
smaller JV partner.â
Die opmerkings wat dan
gemaak word met betrekking tot verwysings wat geskakel is, bevestig
dat die tersaaklike vorige kontrakte
bevredigend afgehandel is, dat
dit betyds afgehandel is en dat eerste applikant aanbeveel word
toekomstige projekte.
Wat betref die
opmerkings met betrekking tot vierde respondent, soos dit voorkom op
p. 370 van die aansoekstukke, is die volgende
opmerkings gemaak:
âMoeletsi/Peter
Joint Venture offered an alternative with a two months shorter
construction period, together with a saving of
R150 000,00. This
offer is very attractive, especially if the punctual completion of
this project before the World Cup is taken
into consideration. The
contractor also has the most experience with these types of projects
and is well equipped with regard
to plant and management capacity.
The risk with regard to capacity and experience of awarding the
tender to Moeletsi/Peter Joint
Venture is considered to be low to the
Council.
The tenderer clarify in his tender
that the percentage limit for material on site (MOS) be changed from
the specified 80% to 90%.
This proposed change is not an advantage
to council. The contractor also clarify that although he gave
reduction in time, CPA
still be paid to due price fluctuations. It is
thus recommended that this proposed deviation in terms of MOS to the
tender shall
not be accepted, but that CPA be paid if the tender is
awarded to him.â
Die opmerkings met
betrekking tot vorige verwysings wat geskakel is, behels ook dat die
vorige projekte van ân hoë standaard
voltooi is, binne die
projektermyn en dat die tenderaar aanbeveel word vir toekomstige
projekte. Daar word dan voorts die volgende
opmerking ten opsigte
van vierde respondent gemaak:
âThe
risk with regard to capacity and experience of awarding the tender to
Moeletsi/Peter Joint Venture is considered to be low
to the Council.â
Dit dien vermeld te word
dat dit blyk uit hierdie verslag dat daar sodanige opmerking soos
laasgenoemde met betrekking tot risiko
ten opsigte van al die
tenderaars gemaak is, hoewel die inhoud van die opmerking verskil,
maar blyk daar geen sodanige opmerking
van enige aard met betrekking
tot eerste applikant gemaak te gewees het nie.
Die verslag sluit dan af
met ân aanbeveling op p. 371 van die aansoekstukke en weer op p.
372 van die aansoekstukke wat aanbeveel
dat die tender toegeken word
aan eerste applikant.
[50] Dit is belangrik om
te vermeld dat tussen voormelde twee aanbevelings, en met verwysing
na eerste applikant se tender, verskyn
die volgende opmerking op p.
371 van die aansoekstukke:
âIt
is important to note that the tender amount is R 3 000 248 (9%) lower
than the engineer`s estimate. The engineer also confirmed
that the
contractor is fully competent to execute work.â
[51] Soos voorheen hierin
gemeld, blyk dit dat die aangeleentheid toe voor die Bod Beoordelings
Komitee gedien het, waarna dit terugverwys
is vir her-evaluering na
die Bod Evaluerings Komitee. Uit die notule van die Bod Evaluerings
Komitee, aangeheg as aanhangsel âIâ
tot die funderende
verklaring, blyk dit op p. 428 van die aansoekstukke dat vanweë
die negatiewe opmerkings en risiko faktore
met betrekking tot die
tender met die hoogste punte, synde Q Civils, die komitee eenparig
saamgestem het dat die tenderaar met
die tweede hoogste punte, synde
eerste applikant, se tender aanvaar word. Dit dien vermeld te word
dat die redes waarom die Bod
Evaluerings Komitee nie aanbeveel het
dat die tender toegeken word aan die tenderaar met die hoogste punte
nie, volledig genotuleer
is in die notule soos dit voorkom op p. 427
â 428 van die aansoekstukke.
[52] Volgens die agenda
vir die vergadering van die Bod Beoordelings Komitee wat plaasgevind
het op 9 Januarie 2009, aanhangsel
âJâ tot die funderende
verklaring, blyk dit op p. 437 van die aansoekstukke, dat wat voor
die Bod Beoordelings Komitee gedien
het, is voormelde verslag van die
Bod Evaluerings Komitee, die notule van die Bod Evaluerings Komitee
se vergadering gehou op 17
Desember 2008 en die notule van die
vergadering van Bod Beoordelings Komitee gehou op 12 Desember 2008.
[53] Wat betref die
notule van die vergadering van die Bod Beoordelings Komitee gehou op
9 Januarie 2009, aangeheg as aanhangsel
K tot die funderende
verklaring, blyk dit daaruit dat die volgende genotuleer is, soos dit
voorkom op p. 442 â 443 van die aansoekstukke
âThe
Adjudication Committee raised the following, namely:
that the Evaluation Committee had
failed to comment on the risks council may encounter should Messrs
Lohan/Tebogo JV or Messrs
Tau Pele Construction be appointed;
that it was critical to take note of
the fact that the split of Messrs Lohan/Tebogo JV was set at 70/30
with the smaller partner
having virtually minimal experience. The
time factor was also critical.
that most of the projects that Messrs
Lohan/Tebogo JV had undertaken were mainly on projects related to
water and sanitation and
that the risk with regard to the
capacity and experience of awarding the tender to Messrs
Moeletsi/Peter JV were considered to
be lower for the Council as
such.
As the Committee members had different
views on the recommendation as submitted by the Bid Evaluation
Committee: Infrastructural
Services, it was then agreed that each
member should vote for the company to be recommended among Messrs
Lohan/Tebogo JV and Messrs
Moeletsi/Peter JV. Six (6) Committee
members voted in favour of Messrs Moeletsi/Peter JV and only one (1)
voted in favour of Messrs
Lohan/Tebogo JV.â
Dit word dan genotuleer
dat:
âResolved
(a) that under tender contract:
T0807: widening of Nelson Mandela Drive: Bloemfontein, the tender of
Messrs Moeletsi and Peter
Joint Venture, P O Box 2243, Bloemfontein,
9300, at an amount of R27 610 701,00 (14% VAT excluded), under vote
number 6071035115100,
of the Councilâs budget, over a period of
twelve and a half months (12½) months to be accepted...â
Op die volgende bladsy
van die verslag, soos dit voorkom op p. 444 van die aansoekstukke, is
voorsiening gemaak vir â
comments
by the municipal manager
â,
waaronder die woord âapprovedâ geskryf is, dit onderteken is deur
eerste respondent en dit gedateer is 19 Januarie 2009.
[54] Soos reeds vermeld,
word die inhoudelike van die dokumentasie aangeheg tot die funderende
verklarings waarna hierbo verwys
is, nie deur eerste tot derde
respondente betwis nie. Die wese van eerste tot derde respondente se
opponering van die bewerings
gemaak deur applikante in hul funderende
verklaring met betrekking tot applikante se beweerde
prima
facie
reg, is in paragraaf 13 van eerste tot derde respondente se
aanvullende opponerende verklaring uiteengesit. Daarin word daar
verwys na die feit dat die vergadering van die Bod Beoordelings
Komitee net oor ân uur geduur het en dat aanhangsel âHâ tot
die
funderende verklarings, dit wil sê die verslag van die Bod
Evaluerings Komitee, reeds ten minste ân dag vantevore onder
die
komitee-lede van die Bod Beoordelings Komitee versprei is. Eerste
respondent vermeld dan voorts as volg op p. 530 van die
aansoekstukke:
âThe
committee was chaired by Mr. Boitumelo Raymond Taye, the Chief
Financial Officer of the municipality. I refer to his sworn
affidavit annexed hereto as annexure âDâ. The importance of this
project was known to all as is evident from annexure âHâ.
This
project will impact directly on the ability of the Mangaung Local
Municipality to provide acceptable level of services for
his
residents and foreign visitors during 2010 and is expected to leave a
legacy that will remind the people of Mangaung of the
improvement
that have resulted from the Soccer World Cup event for decades to
come. Mr. Ntoyi, the Executive Director, infrastructural
services,
took the committee through the report. As is evident from the
minutes, the Adjudication Committee in writing recorded
the
following:â
Daar word dan voortgegaan
om in die verklaring te vermeld wat genotuleer is in die notule,
aanhangsel âKâ, en dan gaan tweede
respondent voort in paragrawe
13.6 tot 13.10 van sy opponerende verklaring, op p. 532 van die
aansoekstukke, as volg:
â
13.6 The minutes of the meeting
served before myself on 19 January 2009 and I was in my view
satisfied that same constituted reasonable
and justifiable reasons to
approve the Resolution, as I did.
13.7 I approved the decision with the
full knowledge of the importance of this specific project. As
mentioned, this project impacts
directly on the ability of the
Municipality to provide acceptable levels of service during the very
important 2010 World Cup.
13.8 I wish to reiterate that the
respondents are under severe time constraints and pressure to
complete its preparation for the
said World Cup.
13.9 This is not the kind of project
that can stand over and be done at a later stage. Time is of the
essence.
13.10 I have in the circumstances
duly considered the reason for the deviation before ratifying and/or
approving the decision of
the Bid Adjudication Committee.â
[55] Na behoorlike
evaluering van al bogenoemde bewerings, gelees teen die agtergrond
van die tersaaklike wetgewing, regulasies,
beleid en tender
voorwaardes, blyk die volgende.
[56] Insoverre applikante
poog om in die laaste sin van paragraaf 8.9 van hulle funderende
verklaring, p. 22 van die aansoekstukke,
te beweer dat die tender
uitnodiging die objektiewe maatstawwe na verwys in artikel 2(1)(f)
van die Wet moes vervat, stem ek nie
daarmee saam nie. Artikel
2(1)(f) verwys juis na objektiewe maatstawwe bykomend tot die in
paragrawe (d) en (e) beoog. Die bepalings
van artikel 2(1)(e) met
betrekking tot wat in die tender uitnodiging vermeld moet word, sluit
dus nie die objektiewe maatstawwe
vermeld in artikel 2(1)(f) in nie.
Hierdie punt kan na my mening dus nie enige basis vir ân hersiening
daarstel nie.
[57] Met verwysing na
klousule 8.6.7 van eerste respondent se Supply Chain Management
Policy, is applikante korrek om te beweer
dat indien en insoverre
eerste tot derde respondente wou of wil steun op objektiewe
maatstawwe wat die toekenning aan ân ander
tenderaar as die
tenderaar met die hoogste punte regverdig, sodanige maatstawwe in die
tenderspesifikasies uiteengesit moes gewees
het. Applikante is egter
nie korrek waar hulle in paragraaf 8.9 van hul funderende verklaring
beweer dat daar geen sodanige objektiewe
maatstawwe in die
tenderspesifikasies voorkom nie. In dié verband het ek reeds
verwys na klousule 2.14 van die tenderdata,
soos dit voorkom op p.
T1.2-6 van die tenderdokument, p. 59 van die aansoekstukke, waarin
spesifiek vermeld word dat:
â
Accept that the
Employer
shall in the evaluation of tender offers take due account of the
tendererâs past performance in the execution of similar
engineering
works of comparable magnitude
,
and the degree to which he possess the necessary technical, financial
and other resources to enable him to complete the works
successfully
within the contract period. Satisfy the Employer and the Engineer as
to his ability to perform and complete the works
timeously, safely
and with satisfactory quality, and furnish details in section T2.2.2
of contracts of a similar nature and magnitude
which they have
successfully executed in the past.â
Na my mening stel
bogemelde wel objektiewe maatstawwe daar soos bedoel in artikel
2(1)(f) van die Wet. Hierdie mening van my word,
soos reeds vroeër
vermeld, bevestig deur die feit dat hierdie aspekte spesifiek op p. 4
van die verslag deur die Bod Evaluerings
Komitee gerig aan die Bod
Beoordelings Komitee, aanhangsel âHâ tot die funderende
verklaring, vermeld word as synde ân objektiewe
kriterium
ooreenkomstig die bepalings van artikel 2(1)(f) van die Wet en wel
tot die effek dat die tenderaars die ânecessary
skills, experience,
good financial standing and capacity to perform the required workâ
moet hê en dat tenderaars âmust
provide at least three (3)
references of similar work done previouslyâ.
[58] Die vraag wat egter
nou oorweeg moet word, is of derde respondente se aanbeveling/besluit
en tweede respondent se goedkeuring
daarvan om nie die tender aan
eerste applikant, synde die tenderaar hierin ter sprake met die
hoogste punte, toe te ken nie, gebaseer
is op redelike en
regverdigbare gronde wat gekoppel is aan bogemelde maatstawwe
uiteengesit in die tenderdokument en herhaal in
die verslag van die
Bod Evaluerings Komitee.
[59] Mnr. Reinders het in
sy betoog bogemelde objektiewe maatstawwe vervat in die
tenderdokument, soos saamgelees met die verslag
van die Bod
Evaluerings Komitee, uitgewys. Met dit as basis, het hy betoog dat
die vierde opmerking wat genotuleer is in die notule
van die Bod
Beoordelings Komitee, synde dat die risiko met betrekking tot
kapasiteit en ervaring indien die tender aan vierde respondent
toegewys sou word, geag word laer te wees vir eerste respondent,
beklemtoon as die belangrike aspek wat, gemeet aan die objektiewe
maatstawwe, redelike en regverdigbare gronde daarstel vir die besluit
om die tender aan vierde respondent toe te wys. Hierdie
klink op die
oog af in en isolasie gesien, na ân goeie argument. Wanneer dit
egter van naderby beskou word, verander die prentjie,
en wel vanweë
die volgende redes:
1. Eerste tot derde
respondente maak nie self in hul opponerende verklarings enige
melding daarvan dat voormelde punt 4 op die notule
en/of enige van
die ander drie van die vier punte wat op die notule aangeteken is, in
verband staan met die objektiewe maatstawwe
wat in die tenderdokument
uiteengesit was nie, hetsy as motivering vir derde respondente se
aanbeveling, hetsy as motivering vir
tweede respondent se besluit
nie. Daar word dus geen enkele bewering deur eerste tot derde
respondente gemaak dat hulle behoorlik
in oorweging geneem het dat
eerste applikant die meeste punte verwerf het, maar dat in terme van
artikel 2(1)(f) van die Wet en
die tersaaklike regulasies, beleid en
tender voorwaardes, tweede en derde respondente oortuig was dat
vanweë die objektiewe
maatstawwe, daar redelike en regverdigbare
gronde bestaan het om die tender aan vierde respondent toe te ken
nie.
2. Wanneer die
dokumentasie as sulks, waarna reeds volledig hierbo na verwys is,
oorweeg word, meen ek insgelyks dat daarin ook
geen aanduiding is dat
derde respondent in hul besluit om vierde respondent aan te beveel as
synde aan wie die tender toegeken
moet word, enigsins;
alternatiewelik behoorlik die objektiewe maatstawwe in gedagte gehad
het en/of behoorlik oorweeg het toe hulle
tot hulle
aanbeveling/besluit gekom het nie.
[60] Wat betref voormelde
punt 2 met betrekking tot die dokumentasie as sulks, blyk die
volgende:
60.1 Wat betref die
eerste opmerking in die notule dat die Bod Evaluerings Komitee
versuim het om kommentaar te lewer ten aansien
van die risiko vir
eerste respondent indien die tender aan eerste applikant of Tau Pele
Konstruksie aangewys sou word, is ek dit
eens met applikante dat dit
nie ân grondige rede daar kon stel vir derde respondent om vierde
respondent aan te beveel nie, vanweë
die volgende redes:
60.1.2 Gegewe dat `n
bevinding met betrekking tot risiko, aldan nie, wel deur die Bod
Evaluerings Komitee vervat is in hulle verslag
met betrekking tot die
ander tenderaars, moes dit duidelik gewees het dat dit bloot ân
oorsig was om dit nie te notuleer met
betrekking tot eerste applikant
nie en indien derde respondente onsekerheid daaromtrent gehad het,
sou die aangewese weg gewees
het om die aangeleentheid, soos hulle
reeds voorheen gedoen het, na die evaluasiekomitee terug te verwys.
60.1.2 Uit die notule van
die Bod Evaluerings Komitee, aanhangel âIâ, wat wel voor derde
respondente gedien het, is dit duidelik
dat die Bod Evaluerings
Komitee juis risiko-faktore in aanmerking geneem het in hul eenparige
besluit om eerste applikant aan te
beveel. Sien aansoekstukke, p.
428.
60.1.3 Die verslag van
die Bod evaluerings Komitee, aanhangsel âHâ, wat voor derde
respondente gedien het, het pertinent verwys
na die objektiewe
maatstawwe ten opsigte van die bepaalde tender met betrekking tot die
vereiste dat die bepaalde tenderaar die
ânecessary skills,
experience, good financial standing and capacityâ moet hê om
die werk te voltooi. Dit kon en moes
dus deur derde respondente
aanvaar gewees het dat daardie objektiewe maatstawwe deur die Bod
Evaluerings Komitee in ag geneem was
toe hulle eerste applikant
aanbeveel het en dus duidelik tot die gevolgtrekking moes gekom het
dat die risiko ten opsigte van eerste
applikant laag is.
60.1.4 Dat die Bod
Evaluerings Komitee die risiko wel in ag geneem het, moes dan ook vir
derde respondente duidelik gewees het uit
die opmerking wat op p. 10
van die Bod Evaluerings Komitee se verslag voorkom, aanhangsel âHâ,
p. 371 van die aansoekstukke
, waar daar spesifiek, nadat die
voorstel gemaak is dat die tender aan eerste applikant toegewys word,
opgemerk is dat:
â
The engineer also confirmed that
the contractor is fully competent to execute work.â
60.1.5 Gevolglik meen ek
dat hierdie opmerking geensins `n objektiewe maatstaf daar kon stel
op grond waarvan aanbeveel kon word
dat die tender aan vierde
respondent toegewys word nie; inteendeel, dit blyk uit die
voorafgaande dat eerste applikant juis voldoen
het aan die objektiewe
maatstawwe van hierdie bepaalde tender.
60.2 Wat betref die
tweede opmerking in die notule, aanhangsel âKâ, synde dat die
eerste applikant se kleiner vennoot âvirtually
minimal experienceâ
sou hê en dat die tydsfaktor krities is, meen ek dat dit ook
nie objektiewe maatstawwe daarstel soos
bedoel in artikel 2(1)(f) van
die Wet en/of ân nie-nakoming van die objektiewe maatstawwe van
hierdie tender daarstel nie, deurdat:
60.2.1 Nêrens
in die tersaaklike wetgewing, tendervoorwaardes, regulasies en/of
beleid was dit as â n vereiste
gestel dat die kleiner vennoot oor
besonderse ondervinding moet beskik nie. Die vereistes waaraan die
onderskeie vennote moes
aan voldoen, is wel deur die kleiner vennoot
van eerste applikant aan voldoen.
60.2.2 Gegewe
die bevindings reeds in paragrawe 60.1.1 tot 60.1.5 hierbo gemaak, is
daar ook geen objektiewe basis waarop
derde respondente kon meen,
soos wat hulle klaarblyklik gedoen het, dat vanweë die âkleinâ
aard van die vennoot en die
beweerde âvirtually minimal experienceâ
van die klein vennoot, dit tot gevolg sou hê dat dit ân
risiko vir eerste respondent
inhou nie. Wat relevant was, is die
vermoë en kapasiteit van die âJoint Ventureâ as ân
eenheid, welke, soos reeds hierbo
bevind, volgens alle aanduidings ân
lae risiko vir eerste respondent ingehou het.
60.2.3 Die
verwysing wat op p. 8 van aanhangsel âHâ voorkom wat betref die
70/30 verdeling van eerste applikant,
kon ook nie derde respondente
se gevolgtrekking van ân risiko regverdig het nie. Soos daardie
opmerking deur my geïnterpreteer
word, het dit bloot vermeld dat
aldus die verslag, die projek nie die kleiner aandeelhouer sal
fasiliteer om te ontwikkel wat homself
betref nie, gegewe die
dringende aard van die projek en die beperkte tydperk. Dit het
geensins daarop gesinspeel dat vanweë
die kleiner aard van die
klein vennoot, dit ân effek sal hê op die risiko of eerste
applikant in staat sal wees om die
projek tydig te voltooi, aldan
nie.
60.3 Wat betref die
derde opmerking wat deur derde respondente in die notule vermeld is,
synde dat die meeste van die projekte
wat deur eerste applikant
onderneem is, water- en sanitasie projekte was, blyk die volgende:
60.3.1 Hierdie
opmerking is gewoon nie korrek nie en stel ân fundamentele
foutering deur derde respondente daar. Uit
die lys van 39 voltooide
projekte en/of projekte waarmee eerste applikant tans besig is, is 19
uit die 39 projekte padbouprojekte
en slegs 18 uit die 39 projekte
wat verband hou met water en sanitasie. Hierdie aspek word tans ook
nie deur eerste tot derde
respondente ontken nie. In die verslag van
die Bod Evaluerings Komitee, aanhangsel âHâ, word wel vermeld dat
âthe tenderer
provided many reference projects of which a number
were for water and sanitation projects, maar dan word ook vermeld dat
âa number
of road construction projects were also provided as
referencesâ. Dit kon objektief gesien, egter nie gebruik word om
tot die
foutiewe gevolgtrekking te kom waartoe derde respondente
geraak het nie, veral inaggenome dat die lys van voltooide projekte
juis
aangeheg was tot die verslag en dus ter insae was vir derde
respondente, soos blyk uit p. 389 van die aansoekstukke.
60.4 Wat betref die
vierde opmerking wat in die notule geopper word, synde dat die risiko
met betrekking tot kapasiteit en ondervinding
geag word kleiner te
wees vir eerste respondent indien die tender aan vierde respondent
toegewys word, meen ek dat dit ook nie
ân geregverdigde afleiding
was nie, vanweë die volgende:
60.4.1 Vanweë
die feite en redes reeds vermeld in paragrawe 60.1.1 tot 60.1.5
hierbo, meen ek dat indien derde respondente
dus die dokumentasie wat
voor hul gedien het, behoorlik oorweeg het, hulle uit die totaliteit
van die dokumentasie voor hulle tot
die gegronde en korrekte
gevolgtrekking moes gekom het dat die risiko ten opsigte van eerste
applikant, ook laag is.
[61] Derhalwe kom ek tot
die gevolgtrekking dat die vier aspekte wat deur derde respondente in
die notule genotuleer is, nie redelike
en regverdigbare gronde
daargestel het of objektiewe maatstawwe daargestel het op grond
waarvan afgewyk kon word daarvan om die
toekenning van die tender aan
die tenderaar met die hoogste punte aan te beveel het nie.
Verdermeer is daar geen aanduiding dat
die vier punte wat deur derde
respondente genotuleer is, voortspruit uit of gekoppel is aan die
objektiewe maatstawwe wat in die
tenderdokument vervat was nie. In
ieder geval, indien daar op die objektiewe maatstawwe gelet word, is
ek van mening dat vanweë
die redes reeds vermeld, eerste
applikante juis aan daardie objektiewe maatstawwe voldoen het.
Gegewe dat eerste applikante addisioneel
daartoe ook die meeste punte
verwerf het, moes die kontrak aan applikante toegewys gewees het in
terme van artikel 2(1)(f) van
die Wet.
[62] Dit het na my mening
tot gevolg dat, soos deur mnr. De Bruin betoog, hierdie
aanbeveling/besluit tot gevolge het dat artikel
6(2)(b), (e)(i) en
(e)(iii) van PAJA toepassing vind, welke as volg bepaal:
â(2) A
Court or tribunal has the power to judicially review an
administrative action if -
â¦
a mandatory and material procedure or
condition prescribed by an empowering provision was not complied
with;
â¦
â¦
.
the action was taken -
for a reason not authorised by the
empowering provision;
â¦
because irrelevant considerations
were taken into account or relevant considerations were not
considered;â
[63] Ek kom derhalwe tot
die gevolgtrekking dat die applikante
prima
facie
aangetoon het dat hulle sal (âshouldâ) slaag met die voorgenome
hersiening van derde respondente se aanbeveling/besluit.
[64] Aanvullend tot
bogemelde, stem ek ook met applikante saam dat gegewe dat Regulasie
3.1.4 van eerste respondent se âPreferential
Procurement
Regulationsâ spesifiek bepaal dat enige redelike en regverdigbare
gronde waarop ân ander tender aanvaar word as
die een met die
hoogste punte, volledig in die notule uiteengesit moet word, dit nie
gedoen is nie. In dié verband wys
ek op die volgende:
In die eerste plek word
daar slegs vermeld dat die komitee die aspekte geopper (âraisedâ)
het. Die daaropvolgende bespreking
het derhalwe na aanleiding van
daardie geopperde vraagstukke ontstaan, waarna ân stemming
plaasgevind het en die aanbeveling
toe gemaak is. Die geopperde
vraagstukke kan dus na my mening nie noodwendig geag word die
uiteindelike redes of gronde vir
die onderskeie komiteelede se stem
ten gunste van vierde respondent, te gewees nie. Dit blyk nie wat
uit die bespreking voortgespruit
het nie en derhalwe is dit nie
duidelik wat die ses komiteelede beweeg het om ten gunste van
vierde respondent te stem nie.
64.2 Selfs nadat tweede
respondent, saamgelees met die bevestigende beëdigde verklarings
daartoe, die geleentheid gehad het
om in die opponerende verklarings
te vermeld wat bespreek is tydens daardie bespreking op grond waarvan
ses van die komiteelede
ten gunste van vierde respondent te stem,
word dit steeds nie vermeld nie.
[65] Gevolglik is ek van
mening dat daar ook nie aan die vereiste van bogemelde Regulasie
3.1.4 voldoen is nie, wat insgelyks tot
gevolg het dat artikel
6(2)(b) van PAJA toepassing vind.
[66] Ook vanweë
laasgenoemde redes kom ek tot die gevolgtrekking dat applikante
prima
facie
aangetoon het dat hulle suksesvol sal wees met die voorgenome
hersiening teen derde respondente se aanbeveling/besluit.
[66] Wat tweede
respondent se besluit betref, beweer tweede respondent in eerste tot
derde respondente se aanvullende opponerende
verklarings, soos reeds
hierbo na verwys, dat hy volgens sy oordeel tevrede was dat die vier
aspekte wat deur die Bod Beoordelings
Komitee genotuleer was,
redelike en regverdigbare gronde daarstel om nie die tender met die
hoogste punte goed te keur nie en derhalwe
die Bod Beoordelings
Komitee se aanbeveling ten opsigte van vierde respondent, goed te
keur. Na my mening kan daar net geen werklike
waarde aan hierdie
ipse
dixit
van
tweede respondent geheg word nie deurdat:
Soos reeds hierbo
bevind, kan die vier aspekte wat deur die Bod Beoordelings Komitee
genotuleer is, geensins geag word ân
uiteensetting te wees en/of
ân behoorlike uiteensetting te wees van die redes vir derde
respondent se afwyking van die aanbeveling
van die Bod Evalerings
Komitee nie â dit kan dus nie geag word sodanige redelike en
regverdigbare gronde daar te gestel het
soos beweer deur derde
respondent nie.
Gegewe dat derde
respondent slegs die notule van die Bod Beoordelings Komitee tot sy
beskikking gehad het toe hy die besluit
geneem het en gegewe die
tekortkominge daarin, soos reeds uitgewys, in besonder die feit dat
daar geen verwysing na die objektiewe
maatstawwe van toepassing op
hierdie tender daarin vervat is nie, het na my mening tot gevolg
dat derde respondent geensins
die bestaan van beweerde redelike en
regverdigbare gronde daarvolgens kon beoordeel nie.
[67] Gevolglik kan daar
na my mening nie sprake wees dat tweede respondent enigsins in `n
posisie was om te kon voldoen aan die
vereiste van âdue
consideration of the reasons for the deviationâ, soos vereis deur
Regulasie 29(5)(b)(i) van die
Municipal Supply Chain Management
Regulations, nie
. Insgelyks kon hy ook nie voldoen aan die vereiste
van âdue consideration of the reasons given by the bid adjudication
committee
for the deviationâ, soos bedoel in klousule 8.7.6 van
eerste respondent se Supply Chain Management Policy, nie.
[68] Laasgenoemde
bevinding het na my oordeel weereens tot gevolg dat artikel 6(2)(b)
van PAJA toepassing vind wat insgelyks tot
gevolg het dat ek oortuig
is dat applikante
prima
facie
aangetoon het dat hulle suksesvol sal wees met die voorgenome
hersiening van tweede respondent se besluit.
[69] In die
vooropstelling en vanweë die redes vermeld, is ek derhalwe
oortuig dat applikante die bestaan van ân
prima
facie
reg aangetoon het. Soos ook aangetoon, het geen van die bewerings
deur respondente ter opponering geopper, ernstige twyfel of âserious
doubtâ gewerp op applikante se saak nie. Inteendeel, ek is van
mening dat applikante `n sterk
prima
facie
saak
uitgemaak het.
Redelike Vrees vir
Onherstelbare Benadeling:
[70] Wat die betref die
vereiste van ân redelike vrees vir onherstelbare benadeling indien
die interdik nie verleen word nie,
is applikante se saak in die
funderende verklaring hieromtrent uiteengesit in paragraaf 12 op p.
34 van die aansoekstukke, wat
as volg lees:
âIndien
die aansoek nie toegestaan sou word nie, sal die applikant
onherstelbare nadeel ly, aangesien dit tot gevolg kan hê
dat
die hof kan oordeel tydens die aanhoor van die hersieningsaansoek,
dat die projek al te ver gevorder het en dat die hof dan
sy diskresie
nie in die guns van die applikante sal uitoefen nie, maar teen die
applikante. Die hersieningsaansoek kan om daardie
rede onsuksesvol
wees en sal applikant geen remedie hê nie.â
[71] Ter opponering van
hierdie bewering in eerste tot derde respondente se aanvullende
opponerende verklaring, word daar slegs
verwys na die opponerende
verklaring wat vroeër reeds geliasseer is en voorts aan die hand
gedoen dat die hof nog steeds sy
diskresie behoort uit te oefen en
nie die interdik te verleen nie, selfs al is aan al hierdie vereistes
voldoen. By ân nalees
van die aanvanklike opponerende verklaring
van eerste tot derde respondente, word daar ook nie pertinent
bewerings ter opponering
van die bewerings gemaak deur applikante,
gemaak nie. Daar word meer in die algemeen bewerings gemaak met
betrekking tot die beperkte
tydsfaktor, die balans van gerief en die
feit dat applikante kan voortgaan met ân hersieningsaansoek en
indien dit suksesvol
sou wees, dan ân aksie vir skadevergoeding sou
kon instel. Hierdie bewerings deur eerste tot derde respondente werp
na my mening
nie âserious doubtâ op die bewerings gemaak deur
applikante nie.
[72] Na my mening moet
applikante gelyk gegee word in hulle bewerings ten opsigte van ân
redelike vrees vir onherstelbare benadeling.
Ten spyte van mnr.
Reinders se betoog tot die teendeel, meen ek dat dit wat deur die
applikante uiteengesit is, voldoen aan die
vereiste hieromtrent soos
vervat in
STERN
AND RUSKIN, NO v APPLESON
1951 (3) SA 800
(W) te 813B, synde die gesag waarop mnr. Reinders
gesteun het. Die rede waarom ek tot hierdie gevolgtrekking kom, is
omdat dit
objektief gesien gronde daarstel vir sodanige redelike
vrees, gegewe dat dit uit die nalees van die gesag duidelik blyk dat
die
howe al by veelvuldige geleenthede hersienings van die hand gewys
het, juis vanweë hierdie rede deur applikante geopper. Een
voorbeeld daarvan is die aangeleentheid van
CHAIRPERSON,
STANDING TENDER COMMITTEE AND OTHERS v JFE SAPELA ELECTRONICS (PTY)
LTD AND OTHERS
2008 (2) SA 638
(SCA) waarin, onder andere, as volg deur die Hoogste
Hof van Appèl bevind is op 647F:
âHowever,
that is not the end of the matter. Had the application in the court
below been adjudicated when proceedings were launched
Sapela and
Reticulation (the respondents) would no doubt have been entitled to
the relief they sought. But given the inevitable
effluxion of time
and the extent of the work performed by Nolitha between the launching
of proceedings and the granting of judgment,
the question that arises
is whether the relief sought, and granted, was capable of practical
implementation.â
en op 649I:
âHowever,
the appellants' stance on the impracticability of attempting to start
the tender process over again for the completion
of the remaining
work strikes me as correct. As observed by Erasmus J, the repair and
maintenance components of the contracts are
interrelated. The order
of the court a quo, if implemented, is likely not only to be
disruptive but also to give rise to a host
of problems not only in
relation to a new tender process but also in relation to the work to
be performed.â
en op 650E â F:
â
In my view the circumstances of the
present case as outlined above, are such that it falls within the
category of those cases where
by reason of the effluxion of time (and
intervening events) an invalid administrative act must be permitted
to stand.â
Dit is ook vanweë
hierdie rede dat die Hoogste Hof van Appèl in
MILLENNIUM
WASTE MANAGEMENT (PTY) LTD v CHAIRPERSON, TENDER BOARD: LIMPOPO
PROVINCE AND OTHERS
2008 (2) SA 481
(SCA) op 493D die volgende opmerking gemaak het:
â
In conclusion there is one further
matter that needs to be mentioned. It appears that in some cases
applicants for review approach
the High Court promptly for relief but
their cases are not expeditiously heard and as a result by the time
the matter is finally
determined, practical problems militating
against the setting-aside of the challenged decision would have
arisen. Consequently
the scope of granting an effective relief to
vindicate the infringed rights becomes drastically reduced. It may
help if the High
Court, to the extent possible, gives priority to
these matters.â
[73] Gevolglik is ek van
oordeel dat, veral waar applikante na my mening ân sterk
prima
facie
saak uitgemaak het, hulle ook ân behoorlike saak ten opsigte van
hierdie element van ân tussentydse interdik uitgemaak het.
Balans van Gerief:
[74] Met betrekking tot
hierdie vereiste, moet die volgende beginsel soos uiteengesit in
OLYMPIC
PASSENGER SERVICE (PTY) LTD v RAMLAGAN
1957 (2) SA 382
(N) in ag geneem word:
âUsually
this (judicial discretion) to grant an interdict will resolve itself
into a nice consideration of the prospects of success
and the balance
of convenience - the stronger the prospects of success, the less need
for such balance to favour the applicant:
the weaker the prospects of
success, the greater the need for the balance of convenience to
favour him. I need hardly add that
by balance of convenience is meant
the prejudice to the applicant if the interdict be refused, weighed
against the prejudice to
the respondent if it be granted.â
Hierdie toets is ook
toegepas in die aangeleentheid van
DORBYL
VEHICLE TRADING & FINANCE CO (PTY) LTD v KLOPPER
1996 (2) SA 237
(NPD) op 243H â J, waarna mnr. Reinders my verwys
het.
[75] Soos reeds hierbo
vermeld, meen ek inderdaad dat applikante se kanse op sukses met die
voorgenome hersiening goed is en daarom
het dit tot gevolg dat die
balans van gerief nie dermate die applikante hoef te bevoordeel ten
einde aan hierdie element te voldoen
nie.
[76] Ek het myself
deeglik vergewis van eerste tot derde respondente se bewerings in hul
aanvanklike opponerende verklaring met
betrekking tot die impak wat
die uitslag van hierdie aansoek op die aanbied van die sokker
wêreldbeker kan hê. Ek het
my ook deeglik vergewis van
vierde tot sesde respondente se bewerings met betrekking tot die aard
en omvang van die werksaamhede
ter uitvoering van die tenderkontrak
wat reeds deur hulle aangegaan is. Daarmee saam, wanneer die balans
van gerief oorweeg word,
neem ek in ag dat indien die interdik
toegestaan sou word, dit tot gevolg sal hê dat vierde
respondent se uitvoering van
die tenderkontrak slegs âgevriesâ
sal word hangende die finalisering van die hersieningsaansoek.
Indien die hersieningsaansoek
nie suksesvol sou wees nie, sal vierde
respondent steeds in staat wees om voort te gaan met die uitvoering
van die tenderkontrak
en gegewe die spoedige wyse waarop die
hersiening in hierdie aangeleentheid afgehandel kan word, sal dit
steeds voldoende geleentheid
aan vierde respondent verleen om die
tender te voltooi teen die sperdatum. Die feit dat vierde respondent
steeds in staat sal
wees om die kontrak tydig te voltooi, word
bevestig deur die feit dat vierde respondent aanvanklik ook ân
alternatiewe tender
van slegs 10½ maande kontraktermyn
ingedien het.
Teenoor voormelde en
indien die interdik nie verleen word nie, sal applikante waarskynlik
die onherstelbare benadeling ly waarna
reeds hierbo verwys is, veral
gegewe ook my bevinding hieronder met betrekking tot ân
alternatiewe remedie.
[77] Gevolglik is ek
oortuig dat die balans van gerief applikante begunstig.
Geen Alternatiewe
Remedie:
[78] Die vierde vereiste
vir die verlening van ân tussentydse interdik, is die afwesigheid
van ân alternatiewe remedie. In
die verband is dit noodsaaklik om
daarop te let dat dit ook ân faktor is wat ân hof in aanmerking
neem in sy algemene diskresie
om ân interdik te verleen of te
weier. Sien
BEECHAM
GROUP LTD v B-M GROUP (PTY) LTD
1977 (1) SA 50
(T) op 57H.
[79] Sodanige
alternatiewe remedie moet ook aan die volgende vereistes voldoen ten
einde as ân alternatiewe remedie geag te kan
word:
âThe
alternative remedy must:
be adequate in the circumstances;
be ordinary and reasonable;
be a legal remedy; and
grant similar protection.â
Sien
LAWSA
,
Vol. 11, 2de Uitgawe, op p. 416, par. 399 saamgelees met p. 423, par.
407, voetnoot 1.
[80] Mnr. Reinders het
betoog en aan die hand gedoen dat applikante wel oor ân
alternatiewe remedie beskik, deurdat hulle ân
aksie kan instel op
deliktuele basis vir verlies aan wins. In dié verband het hy
gesteun op
TRANSNET
LTD v SECHABA PHOTOSCAN (PTY) LTD
2005 (1) SA 299
(HHA). By nalees van daardie beslissing, is dit
egter duidelik dat dit ân geval was waar ân deliktuele aksie vir
die verlies
aan wins toegestaan is onder omstandighede waar bedrog
beweer is as die rede waarom die tender nie toegestaan is nie en wat
derhalwe
die onsuksesvolle tenderaar se verlies aan wins tot gevolg
gehad het.
Soos reeds deur mnr.
Danzfuss in die aanvanklike verrigtinge voor my tereg betoog, is
bogemelde saak in die verband derhalwe in
totaliteit onderskeibaar
van die feite in die onderhawige geval waar daar geensins sprake van
bedrog is nie, maar slegs die nalatige
nie-nakoming van bepalings van
wetgewing en regulasies. Mnr. Danzfuss, en in die onderhawige
verrigtinge ook mnr. De Bruin, het
my in die verband verwys na die
uitspraak in
TIRHANI
AUCTIONEERS (GAUTENG) (PTY) LTD v TRANSNET LTD AND ANOTHER
[2007] 3 ALL SA 70
(W) waarin die volgende bevinding, met verwysing
na gesag van die Hoogste Hof van Appèl, gemaak is op 85D â
86A:
âMr.
Kennedy could not refer me to any reported cases where damages were
awarded to an unsuccessful tenderer. I am not surprised,
as there is
now authority from the Supreme Court of Appeal that a delictual claim
by an unsuccessful tenderer against a government
department for
losses suffered during the course of a tender process, is limited to
cases where a court is convinced that the negligent
conduct causing
pure economic loss is wrongful. Wrongfulness, in these
circumstances, depends on the existence of a âlegal dutyâ
and
such duty is determined judicially with reference to considerations
of public and legal policy. In the absence of factors
such as fraud
or dishonesty, the courts will not impose a legal duty and therefore
will not make a finding of wrongfulness against
the government
department which negligently (but in good faith) âbunglesâ a
tender process with the result that, despite the
existence of
blameworthy conduct on behalf of the government department concerned,
the government department concerned effectively
receives immunity
against liability for damages resulting from its blameworthy conduct.
In view of the fact that the applicantâs
case for judicial review
in this matter is not premised upon dishonesty or fraud, it will, on
the basis of the authority cited,
have difficulty establishing
wrongfulness for the purposes of a delictual claim. I am,
accordingly persuaded that the applicant
in this matter does not have
an adequate alternative remedy for damages, even if the applicant
somehow manages to quantify its
damages for pure economic losses.â
Sien ook
OLITZKI
PROPERTY HOLDINGS v STATE TENDER BOARD AND ANOTHER
2001 (3) SA 1247
(SCA);
STEENKAMP
NO v PROVINCIAL TENDER BOARD, EASTERN CAPE
2006 (3) SA 151
(SCA);
MINISTER
OF FINANCE AND OTHERS v GORE NO
2007 (1) SA 111
(SCA).
Voormelde
STEENKAMP
NO v PROVINCIAL TENDER BOARD, EASTERN CAPE
-beslissing
is bekragtig in
STEENKAMP
NO v PROVINCIAL TENDER BOARD, EASTERN CAPE
2007 (3) SA 121
(CC).
[81] Gevolglik is ek van
mening dat applikante aangetoon het dat hulle nie ân alternatiewe
remedie in die vorm van ân deliktuele
aksie vir verlies van wins
sal hê nie.
[82] Mnr. Reinders het
egter voorts ook betoog dat daar ân moontlike verdere alternatiewe
remedie vir applikante sal bestaan in
die vorm van artikel
8(1)(c)(ii)(bb) van PAJA waarvolgens kompensasie in âexceptional
casesâ gelas kan word. Wat hierdie remedie
betref, blyk dit nie
net uit die Wet dat dit slegs in uitsonderlike omstandighede
toegestaan sal word nie, maar dat dit in ieder
geval nie geredelik
toegestaan sal word nie. In
DARSON
CONSTRUCTION (PTY) LTD v CITY OF CAPE TOWN AND ANOTHER
2007 (4) SA 488
(CPD) is daar, na ân behoorlike oorweging van die
howe se sienings met betrekking tot ân deliktuele aksie vir
skadevergoeding,
as volg beslis op 509E â F:
âMindful
of the fact that the award of constitutional damages is not to be
confused with delictual liability, I am nevertheless
of the view that
the practical considerations behind the policy which has led courts
to decline to recognise the delictual claims
of unsuccessful
tenderers (and successful tenderers who are subsequently ousted) for
loss of profits carry considerable weight
when deciding, on the facts
of this case, whether an award of applicant's loss of profit is 'just
and equitable' and an appropriate
remedy.â
Die hof het
daaropvolgend beslis dat dit nie ââjust and equitableââ is om
aan die applikant kompensasie vir sy verlies
aan wins toe te staan
nie en is daar slegs aan hom ân bedrag toegestaan as sy sogenaamde
âout of pocketâ uitgawes met betrekking
tot die voorbereiding van
sy onsuksesvolle tender.
[83] Gevolglik is ek van
mening dat die voorsiening wat daar in PAJA gemaak word vir die
moontlike betaling van kompensasie, ook
nie in die onderhawige geval
ân behoorlike alternatiewe remedie vir applikante daarstel nie.
[84] Na my mening het
applikante derhalwe ook ân behoorlike saak uitgemaak ten opsigte
van hierdie element van ân tussentydse
interdik.
Diskresie om
Tussentydse Interdik toe te staan, al dan nie:
[85] Inaggenome dat ek
bevind het dat applikante hulle gekwyt het van hulle bewyslas met
betrekking tot die bestaan van al vier
elemente vir doeleindes van ân
tussentydse interdik, is die laaste aspek wat ek in die verband moet
oorweeg die vraag of ek,
ten spyte daarvan, my diskresie teen
applikante behoort uit te oefen, soos deur mnr. Reinders betoog en
deur eerste tot derde respondente
versoek.
[86] Ek het my deeglik
vergewis van al die bewerings met betrekking tot die rol wat die
tydige uitvoering en voltooiing van hierdie
tender speel met
betrekking tot eerste respondent en Bloemfontein se vermoë en
gereedheid om die sokker wêreldbeker
in April 2010 te
akkommodeer. Uit die totaliteit van die aansoekstukke blyk dit egter
dat selfs indien die interdik verleen sou
word, daar waarskynlik
steeds voldoende tyd sal wees om die kontrak tydig te voltooi, ongeag
aan wie die tender toegewys word.
Hierdie feit, tesame met my
bevindings wat betref die applikante se sterk
prima
facie
saak en die feit dat daar geen voldoende alternatiewe remedie vir
applikante beskikbaar is nie, het tot gevolg dat ek meen hierdie
nie
ân geval is waar ek my diskresie teen applikante kan of behoort uit
te oefen nie. In ieder geval en ten einde te poog om
enige moontlike
benadeling vir enige van die partye te beperk en ook ten einde te
poog om in openbare belang te verseker dat, ongeag
die verlening van
die interdik, die tender steeds teen die sperdatum voltooi sal wees,
is ek voornemens om in die uitoefening van
my diskresie ook verdere
bevele te verleen met betrekking tot die wyse van voortsetting en
afhandeling van die voorgenome hersiening.
Ek is geregtig om
sodanige terme of voorwaardes op te lê, mits dit redelik en
regverdigbaar is, wat ek meen dit in die onderhawige
omstandighede
wel is. Sien
LAWSA
,
Vol. 11, 2de Uitgawe, op p. 423, par. 408.
Is Tussentydse
Interdik toelaatbare Remedie in hierdie geval?
[87] Mnr. Reinders het
namens respondente betoog dat alwaar die kennisgewing van mosie nie
regshulp vorder tot die effek dat die
besluit wat geneem is,
opgeskort moet word hangende die hersiening nie, maar slegs vorder
dat daar nie uitvoering gegee word aan
daardie besluit hangende die
hersiening nie, die regshulp soos tans gevorder, regtens onhoudbaar
is. Aldus die betoog kan die
respondente nie verhoed word om
uitvoering te gee aan ân besluit, terwyl die besluit self nog nie
opgeskort is nie. In die verband
het hy verwys na en gesteun op die
beslissing in
OUDEKRAAL
ESTATES (PTY) LTD v CITY OF CAPE TOWN AND OTHERS
2004 (6) SA 222
(SCA), besonder op p. 241H â 242B.
By ân behoorlike
nalees van voormelde beslissing, meen ek dat dit in totaliteit ân
ander vraagstuk is wat in daardie aangeleentheid
geopper en bereg is.
Die kern van dit wat daarin bereg is, het gehandel oor opeenvolgende
administratiewe handelinge en die vraag
of ân tweede en verdere
administratiewe handelinge se voortbestaan en geldigheid afhanklik
van die feit dat die eerste administratiewe
besluit geneem is of van
die vraag of die eerste administratiewe handeling geldig was, aldan
nie. Daar is toe beslis dat die tweede
administratiewe handeling
geldig en bindend bly ongeag die ongeldigheid van die eerste
administratiewe handeling, totdat die eerste
administratiewe
handeling (en gevolglik ook die tweede en daaropvolgende
administratiewe handelinge) tersyde gestel word.
[88] Voormelde het na my
mening nie tot gevolg dat waar daar aan die vereistes van ân
tussentydse interdik voldoen word, die gevolge
of uitvoering van ân
beweerde ongeldige administratiewe handeling of besluit nie opgeskort
kan word hangende die aansoek om hersiening
en tersydestelling van
sodanige besluit nie. Inteendeel, sodanige bevele word daagliks in
ons howe verleen. Enkele voorbeelde
daarvan waarna mnr. De Bruin my
verwys het, is onder andere te vind in
CORIUM
(PTY) LTD AND OTHERS v MYBURGH PARK LANGEBAAN (PTY) LTD AND OTHERS
1993 (1) SA 853
(CPD);
LADYCHIN
INVESTMENTS (PTY) LTD v SOUTH AFRICAN NATIONAL ROADS AGENCY LTD AND
OTHERS
2001 (3) SA 344
(NPD) en
TIRHANI
AUCTIONEERS (GAUTENG) (PTY) LTD v TRANSNET LTD AND ANOTHER
,
supra
.
Verdere opmerkings:
[89] Volledigheidshalwe
moet vermeld word dat mnr. De Bruin betoog het dat ân bevel
nisi
prosedure ook by hersieningsprosedure gebruik kan word, in besonder
in die geval van ân dringende hersiening. Hy het gevolglik
aan die
hand gedoen, met verwysing na
SAFCOR
FORWARDING (JOHANNESBURG) (PTY) LTD v NATIONAL TRANSPORT COMMISSION
1982 (3) SA 654
(AD), dat indien ek dit gerade ag, ek in die
onderhawige geval eerder ân bevel
nisi
met betrekking tot die hersiening moet uitreik, welke bevel
nisi
dan tussentydse werking moet hê, as alternatief tot die
tussentydse interdik wat tans gevorder word.
[90] Na my mening is
sodanige prosedure egter nie nodig of aangewese in die onderhawige
geval nie, veral gegewe my bevinding dat
hier wel ân behoorlike
saak uitgemaak is vir doeleindes van ân tussentydse interdik
hangende die hersieningsaansoek. In ieder
geval is ek van mening dat
ek dit nie behoort te verleen nie, aangesien die hersiening
per
se
nog
nie voor die hof dien nie en voorts, indien applikante sodanige
regshulp wou gehad het, dit aldus in die kennisgewing van mosie
gevorder moes word.
[91] Laastens wens ek
daarop te wys dat gegewe die agtergrond tot die onderhawige aansoek,
die kennisgewing van mosie uiteraard
ingekleur is om voorsiening te
maak vir die verlening van ân bevel
nisi
(weliswaar met onmiddellike tussentydse werking). Gegewe egter die
verloop van die aansoek tot op datum en die feit dat die aansoek
nou
volledig op die meriete daarvan voor my geargumenteer is, is dit
uiteraard nie meer gepas om ân bevel
nisi
te verleen nie, maar eerder bloot die effektiewe tussentydse regshulp
hangende die finalisering van die voorgenome hersieningsaansoek.
Koste:
[92] Soos reeds ter
aanvang hierin vermeld is, het ek die koste van die aanvanklike
beregting van die aansoek op 9 Februarie 2009,
laat oorstaan vir
latere beregting. Op daardie stadium het al die respondente nog die
gevorderde regshulp geopponeer, dit wil
sê ingesluit vierde tot
sesde respondente, wie egter intussen ân kennisgewing van berusting
geliasseer het. Soos blyk
uit my uitspraak gelewer op 10 Februarie
2009, was applikante wesenlik suksesvol met betrekking tot die
aspekte wat vir beregting
voor die hof gedien het op 9 Februarie
2009. Na my mening is daar geen rede waarom daardie koste verder
moet oorstaan nie en gaan
die hof wat die hersiening behartig, nie in
ân beter posisie wees om ân gepaste kostebevel te oorweeg nie.
Ek is gevolglik
van mening dat applikante ten opsigte van die
oorgestane koste van 9 Februarie 2009, ân kostebevel in hulle guns
behoort te verkry.
In die uitoefening van my diskresie, is ek egter
insgelyks van oordeel dat gegewe dat vierde tot sesde respondente
sogenaamde
âonskuldigeâ partye tot die onderhawige gedingvoering
is, hulle nie met enige koste gepenaliseer behoort te word nie.
Hoewel
hulle wel aanvanklik die aansoek opponeer het, het hulle op
sinvolle wyse besluit (waarskynlik aan die hand van sodanige
regsadvies)
om eerder `n kennisgewing van berusting te liasseer. Ek
meen dit is gepas onder die omstandighede dat eerste tot derde
respondente
ook hulle koste moet betaal ten opsigte van 9 Februarie
2009.
Dit moet voorts vermeld
word dat op 9 Februarie 2009 mnr. Reinders spesifiek toegegee het dat
indien ân kostebevel ten gunste
van applikante verleen word, dit
die koste van twee advokate behoort in te sluit. Ek meen dat hierdie
toegewing korrek gemaak
was.
[93] Wat betref die
verdere koste van die aansoek tot op datum, meen ek insgelyks dat
inaggenome dat applikante suksesvol is, daar
geen rede is waarom ek
nie reeds op hierdie stadium ân effektiewe kostebevel behoort te
maak nie. Mnr. Reinders se betoog dat
selfs indien applikante
suksesvol is, eerste tot derde respondente nie gelas behoort te word
om die koste te betaal nie, aangesien
hulle opponering van die
aansoek geregverdigd was, kan ongelukkig ie opgaan gegewe my
bevindings hierin gemaak nie. Verdermeer
meen ek dat daar geen rede
of basis is waarom die hof wat die hersiening aanhoor, in ân beter
posisie as ekself sal wees om oorweging
te skenk aan ân gepaste
kostebevel nie. Duidelikheidshalwe moet vermeld word dat die
kennisgewing van mosie koste teen eerste
en tweede respondente
gevorder het, sowel as teen sodanige ander respondente as wat die
aansoek mag opponeer. Ek is derhalwe van
mening dat eerste tot derde
respondente gelas behoort te word om ook die verdere koste van die
aansoek tot op datum, te betaal.
Wat die koste van twee
advokate betref, het mnr. Reinders aangedui dat dit sy instruksies is
om aan die hand te doen dat die koste
van twee advokate nie
geregverdigd is nie. Ek stem egter nie hiermee saam nie. Die
totaliteit van die aansoekstukke tot op datum
beloop 648 bladsye, wat
dokumentasie insluit wat gedetaileerde bestudering en analisering
geverg het ten einde die aansoek behoorlik
voor die hof te laat dien
en behoorlik te argumenteer. Dit, tesame met die relatief komplekse
aard van sekere van die vraagstukke
wat hierin ter sprake gekom het,
meen ek regverdig beslis die koste van twee advokate.
[94] Wat die koste van
die onsuksesvolle aansoek om deurhaling betref, is ek van mening dat
inaggenome dat eerste tot derde respondente
ook daarmee onsuksesvol
was en daardie koste in ieder geval so ineengevleg is met die res van
die koste in die aansoek, dit onprakties
is om te poog om ân aparte
kostebevel daaromtrent te maak. Wat die koste daarvan dus betref,
moet dit bloot geag word deel van
die aansoek te wees.
[95] Derhalwe word die
volgende bevele verleen:
1. Paragrawe 2 tot 4 van
die aansoek om skrapping word van die hand gewys.
2. Hangende die finale
beregting van applikante se aansoek vir die hersiening en
tersydestelling van die besluit om tendernommer
T0807 aan vierde
respondent toe te ken:
2.1 word die
respondente verbied om enige uitvoering aan die toekenning van die
tender te gee;
2.2 word die vierde,
vyfde en sesde respondente verbied om enige handelinge te verrig ter
implimentering of uitvoering van die
gemelde besluit.
3 Eerste, tweede,
derde(1) en derde(2) respondente word gelas om die koste van die
aansoek tot op datum te betaal, gesamentlik
en afsonderlik, betaling
deur die een die ander kwytgeskeld te word, wat insluit die
oorgestane koste van 9 Februarie 2009, ook
ten opsigte van vyfde tot
sewende respondente se koste daarvan, en wat voorts ten opsigte van
applikante se koste, die koste van
twee advokate insluit.
4 Wat die voortsetting
van die voorgenome hersiening betref, word die volgende beveel:
4.1 Tweede, derde(1) en
derde(2) respondente word gelas om, indien en insoverre hulle nog nie
aan Afdeling B, (a) en (b) van die
Kennisgewing van Mosie voldoen het
nie, daaraan te voldoen voor of op Woensdag, 4 Maart 2009, om 16h00.
4.2 Applikante word
gelas om hul gewysigde Kennisgewing van Mosie en/of aanvullende
funderende beëdigde verklarings, soos
bedoel in Hofreël
53(4), te liasseer voor of op Maandag, 9 Maart 2009, om 15h00.
4.3 Respondente word
gelas om hulle verdere aanvullende opponerende beëdigde
verklarings in antwoord op bogemelde, indien
enige, te liasseer voor
of op Maandag, 16 Maart 2009, om 13h00.
4.4 Applikante word
gelas om hulle verdere repliserende verklarings, indien enige, te
liasseer voor of op Donderdag, 19 Maart
2009, om 15h00.
4.5 Applikante word
gelas om die hersieningsaansoek ter rolle te plaas om aangehoor te
word op Donderdag, 26 Maart 2009, om 9h30
(indien nodig geag deur die
partye, in oorleg met die Regter-President met betrekking tot die
aanhoor daarvan deur `n enkele of
twee Regters), tensy die partye
ooreenkom op `n latere datum vir die aanhoor van die
hersieningsaansoek, in welke geval applikante
gemagtig word om dit
ooreenkomstig sodanige ooreenkoms ter rolle te plaas.
____________
C. VAN ZYL, R
Namens die
applikante: Adv. J.P. de Bruin
Bygestaan deur:
Adv. H.J. Benade
In opdrag van:
Azar & Havenga
Ing.
BLOEMFONTEIN
Namens 1ste tot 3de
respondente: Adv. S.J Reinders
In opdrag van:
EG Cooper Majiedt
Ing.
BLOEMFONTEIN
/sp