Letshwalo v S [2009] ZAFSHC 24 (26 February 2009)

55 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Appeal — Late filing of notice of appeal — Condonation granted for late filing due to appellant's status as a layperson — Appellant convicted of housebreaking with intent to steal and theft, and escape from custody — Evidence presented included witness testimonies and identification of stolen goods — Appellant's denial of involvement contradicted by circumstantial evidence — Conviction upheld as the only reasonable inference from the evidence was that the appellant was involved in the crimes.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2009
>>
[2009] ZAFSHC 24
|

|

Letshwalo v S [2009] ZAFSHC 24 (26 February 2009)

VRYSTAAT HOË HOF,
BLOEMFONTEIN
REPUBLIEK VAN
SUID-AFRIKA
Appèl Nr. :
A178/2005
In
die appèl tussen:-
SIYABULELA
CLEMENT DLADLA LETSHWALO
Appellant
en
DIE
STAAT
Respondent
_____________________________________________________
CORAM:
VAN
ZYL, R
et
MOCUMIE,
R
____________________________________________________
UITSPRAAK
DEUR:
VAN
ZYL, R
_____________________________________________________
GELEWER
OP:
26
MAART 2009
_____________________________________________________
[1] Appellant
het in die Streekhof te Harrismith as beskuldigde een van twee
beskuldigdes tereggestaan op
vier
aanklagte, synde aanklag 1, huisbraak met die opset om te steel en
diefstal, aanklag 2, die onwettige besit van ‘n vuurwapen,
aanklag
3, die onwettige besit van ammunisie en aanklag 4, ‘n oortreding
van artikel 117(a) van Wet 111 van 1998, synde ontsnapping.

Appellant het onskuldig gepleit op al vier aanklagte en is onskuldig
bevind en ontslaan op aanklagte 3 en 4. Appellant is wel
skuldig
bevind op aanklagte 1 en 4 en is hy ten opsigte van die huisbraak met
die opset om te steel en diefstal gevonnis tot 8
(agt) jaar
gevangenisstraf en ten opsigte van die ontsnapping gevonnis tot 3
(drie) jaar gevangenisstraf. Dit is nie gelas dat
die twee vonnisse
samelopend uitgedien moet word nie, maar dit is wel gelas dat dit
saamloop met ‘n ander vonnis wat appellant
besig was om op daardie
stadium uit te dien.
[2] Appellant kom nou in
hoër beroep teen die skuldigbevindings op beide aanklagte en ook
teen die opgelegde vonnisse op beide
aanklagte.
Dit
moet ter aanvang vermeld word dat appellant se kennisgewing van appél
laat geliasseer is en het hy `n aansoek om kondonasie
daarvoor
geliasseer. Geen redes vir die laat-liassering is egter in die
aansoek om kondonasie vermeld nie. Mnr, Reyneke, namens
appellant,
het versoek dat hierdie oorsig gekondoneer word, dat die kondonasie
toegestaan word en dat die appél se meriete
bereg word. Me.
Bester, namens die staat, het geen beswaar hierteen geopper nie. Na
my mening moet in ag geneem word dat die kondonasie
aansoek en die
kennisgewing van appél deur appellant persoonlik opgestel is,
wie uiteraard `n leek op regsgebied is. `n
Hof sal nie maklik sy
deure spreekwoordelik sluit vir so `n persoon deur hom onnodig te
penaliseer vir prosedurele gebreke in
die aanbied van sy saak nie.
Hoewel dit dus geyk is dat redes vir die laat-liassering in sodanige
aansoek uiteengesit moet word,
is ek onder die omstandighede tevrede
dat dit in belang van reg en geregtigheid is om die gebrek te
kondoneer en inderdaad steeds
kondonasie te verleen vir die
laat-liassering van die kennisgewing van appél, ook sonder
werklike inagneming van die meriete
van die appél.
[3] Ten
opsigte van aanklag 1, is dit appellant ten laste gelê dat hy
op of omtrent 15 Desember 2000 in die distrik van Harrismith
die
woning van Henning Appelgryn geleë te De Villiersstraat
oopgebreek en binnegegaan het en ‘n verskeidenheid van goedere
in
die totale waarde van R25 170,00 gesteel het. Die Staat het die
getuienis van verskeie getuies aangebied ter bewys van hierdie

aanklag.
[4] Gysbert
Jacobus du Plessis het getuig dat hy ten tyde van die insident op 15
Desember 2000 die klaer, wie met verlof was, se
woning opgepas het.
Hy het die woning om ongeveer 16h15 verlaat, op welke stadium die
woning gesluit was en alles in orde was.
Toe hy terugkeer om
ongeveer 18h00, het hy opgemerk dat die huis deurmekaar was en dat
daar goed op die grond lê. Die groot
venster in die
hoofslaapkamer, waar daar nie diefwering was nie, was heeltemal
uitgegooi met `n klip. Hy het onder andere gemerk
dat die
hoëtroustel en die videomasjien weg was. Nadat hy die polisie
gekontak het, is daar vier CD houers gevind onder die
hoofslaapkamer
se venster aan die buitekant, vanaf welke CD houers die volgende dag
vingerafdrukke gelig is.
[5] David
Henning Appelgryn het getuig dat hy die eienaar van die woning is en
dus die klaer in die saak is. Hy is die aand van
die voorval om
ongeveer 18h00 deur die getuie Du Plessis gekontak en in kennis
gestel dat daar ingebreek is by sy woning. Hy is
om ongeveer 20h00
dieselfde aand in kennis gestel en meegedeel dat verdagtes
gearresteer is. Nadat hy van verlof teruggekeer het,
het hy ‘n
inventaris, bewysstuk “A”, opgestel van die gesteelde eiendom.
Hy het ook op 4 Januiarie 2001 teruggevonde goedere
in die totale
bedrag van R9 140,00 by die Polisie Stasie identifiseer as sy eiendom
en ‘n lys, bewysstuk “B”, opgestel as
synde die lys van
teruggevonde goedere.
[6] Inspekteur
Kabedi Mokgatla het getuig dat hy verbonde is aan die plaaslike
kriminele rekord sentrum, gestasioneer te Bethlehem,
en het hy 19
jaar diens in die Suid-Afrikaanse Polisie Diens en is hy reeds ses
jaar ‘n vingerafdrukdeskundige. Hy het op 16
Desember 2000 die
woning hierin ter sprake besoek en het hy vingerafdrukke gelig vanaf
‘n CD houer, welke aan die klaer behoort
het. Hy het hierdie
vingerafdrukke vergelyk met beide die van appellant en beskuldigde
twee en was dit ooreenstemmend met die
van beskuldigde twee. Hy kon
geen vingerafdrukke van appellant vind nie.
[7] Johannes
Hendrik Beyers het getuig dat hy ‘n Inspekteur in die
Suid-Afrikaanse Polisie Diens is met 11 jaar ondervinding.
Op 15
Desember 2000 teen ongeveer 21h20 was hy nie aan diens nie. Hy was
op pad na sy woning toe hy twee mans in De Villiersstraat
sien loop
het van boom na boom. Dit was in dieselfde straat as waarin die
woning hierin ter sprake geleë is. Die persone
het nie gemaklik
voorgekom nie. Die getuie het in sy privaat voertuig in die straat
ingedraai en die persone probeer volg, maar
toe hy om ‘n sekere
hoek kom, was die twee persone nie meer sigbaar nie. Hy het ‘n
entjie daarvandaan sy motor geparkeer,
uit sy motor geklim en die
omgewing dopgehou. Na ongeveer 10 minute het hy een van die mans
sien terugkom vanuit die straat in
die rigting van die parkeerterrein
van ‘n Spar winkel in die omgewing en kort daarna het hy gemerk dat
die tweede man die eerste
man volg in dieselfde rigting. Hy het ook
opgemerk dat beide die mans iets by hulle dra, hoewel hy nie kon
uitmaak wat dit was
nie. Hy het daarop in die oop veld langs die
Spar parkeerterrein gaan kyk of hy die twee mans kon sien, aangesien
hulle in die
donker verdwyn het. Onder ‘n Wilgerboom het hy in sy
voertuig se ligte ‘n groot wit plastieksak sien lê. Toe hy
nader
stap, het hy gemerk dat die twee mans onder die boom by die
plastieksak sit. Hy het die twee mans genader en hulle om ‘n
verduideliking
gevra waar hulle vandaan kom en wat hulle daar doen.
Die twee mans het verskillende items by hulle gehad, onder andere ‘n
hoëtroustel,
videomasjiene, ‘n horlosie, wekkers, knipmesse,
‘n selfoon en ook ‘n vuurwapen. Hy het daarop die polisie stasie
te Harrismith
gekontak en gevra of daar enige huisbrake in daardie
onmiddellike omgewing gerapporteer was, waarop bevestigend geantwoord
is.
Hierna het hy beide die verdagtes se regte verduidelik en hulle
arresteer. Die twee verdagtes was appellant en beskuldigde twee.
Al
die goedere wat by hulle gevind is, is ingehandig by die Harrismith
Polisie Stasie vir veilige bewaring.
Tussen
die artikels wat hy by die verdagtes gekry het, was ook ‘n
veiligheidsheksleutel. Hy het met hierdie sleutel na die woning

hierin ter sprake gegaan en het dit die sekuriteitshek by die
agterdeur oopgesluit.
Gedurende kruisverhoor
het appellant dit aan Inspekteur Beyers gestel dat op die stadium wat
Inspekteur Beyers by hom en beskuldigde
twee gestop het, hy reeds die
tersaaklike goedere op sy voertuig gehad het. Hierdie stelling is
deur Inspekteur Beyers ontken
en het hy opnuut bevestig dat hy
appellant en beskuldigde twee onder die boom aangetref het, waar
hulle op hulle hurke gesit het
tussen al die artikels waarna hy
verwys het.
[8] Masilo
Ben Tomglang het getuig dat hy ‘n Speurder Inspekteur in diens van
die Suid-Afrikaanse Polisie is, gestasioneer te
Harrismith Misdaad
Ondersoek en dat hy reeds 24 jaar diens in die Suid-Afrikaanse
Polisie Diens het. Op 4 Januarie 2001 was hy
aan diens toe die
klaer, mnr. Appelgryn, na die aanklagkantoor te Harrismith gekom het.
Die goedere waarna hierna vroeër
in getuienis verwys is, is aan
mnr. Appelgryn getoon, waarop hy dit geïdentifiseer het as sy
eiendom en `n inventaris daarvan
opgestel het.
[9] Wat
die aanklag van ontsnapping betref, het Dans Moekoena getuig dat hy
‘n Inspekteur is in die Suid-Afrikaanse Polisie Diens
die afgelope
29 jaar en gestasioneer is te Harrismith Polisie Stasie. Op 29
Desember 2000 was hy aan diens by die selle waar appellant,

beskuldigde twee en ander gevangenes aangehou is. Hiertydens het ‘n
groep van die gevangenes op die getuie afgestorm, hom uit
die pad
gestamp en ontsnap. Beskuldigde twee en drie ander wat aldus ontsnap
het, is later weer deur die getuie en sy kollegas
gearresteer.
Appellant is egter na ‘n verloop van vyf maande eers opgespoor en
gearresteer.
Gedurende
kruisverhoor het appellant ontken dat hy deel was van die groep wat
die getuie sou bestorm en gestamp het en het hy beweer
dat hy eers
later op die toneel opgedaag het, waarop hy bloot die selle verlaat
het, aangesien alles oop was op daardie stadium
en daar geen
polisiebeamptes op die toneel was nie.
[10] Dit het die
staatsaak voltooi.
[11] Appellant
het in sy eie verdediging getuig. Ten opsigte van die aanklag van
huisbraak met die opset om te steel en diefstal,
het hy enige
betrokkenheid daarby ontken. Hy het getuig dat gegewe die feit dat
sy vingerafdrukke nie daar gevind is nie, ook
aanduidend is daarvan
dat hy nie betrokke was by die pleging van die misdryf nie. Hy het
voorts getuig dat op die stadium wat
hy deur Inspekteur Beyers
gearresteer was, die beweerde gesteelde goedere reeds agterop die
bakkie van Inspekteur Beyers was.
Wat
die aanklag van ontsnapping betref, het hy in sy getuienis in hoof
erken dat hy ontsnap het, maar het beweer dat hy deur sy

mede-gevangenes geforseer was om dit te doen, deurdat hulle hom op sy
bors geslaan het. Gedurende kruisverhoor het appellant toegegee
dat
hy nie toestemming gehad het om die selle te verlaat nie. Hy het
egter steeds volgehou dat die ontsnapping geforseerd was,
hoewel hy
getuig het dat hy laaste uit die sel gestap het,
[12] Die verhoorhof het
in sy uitspraak tot die gevolgtrekking gekom dat wat die aanklag van
huisbraak met die opset om te steel
en diefstal betref, dit die
enigste redelike afleiding uit die getuienis is dat appellant en
beskuldigde twee die persone was wat
by die woning ingebreek het en
die goedere soos per bewysstuk “A” gesteel het.
[13] Mnr.
Reyneke het reeds in sy betoogshoofde toegegee dat hy geen sinvolle
submissies kan maak dat daar ‘n ander gevolgtrekking
gemaak kan
word as om te bevind dat appellant betrokke was by die huisbraak en
diefstal nie. Hierdie toegewing het hy ook in die
ope hof herhaal.
Dit is ‘n toegewing wat na my mening op baie verantwoordelike wyse
en heeltemal tereg deur hom gemaak is.
Die getuienis is duidelik tot
dien effekte dat appellant en beskuldigde twee enkele ure na die
inbraak in dieselfde straat gevind
is waar die inbraak plaasgevind
het, waartydens hulle vreemde gedrag openbaar het. Wanneer
Inspekteur Beyers hulle dan later nader,
vind hy, op sy weergawe,
juis die goedere in hulle besit wat kort vantevore by die woning
gesteel is. Volgens appellant (en beskuldigde
twee) se getuienis was
hulle beide van ‘n ander plek as Harrismith, het hulle mekaar
toevallig in Harrismith raakgeloop, het
hulle toevallig saamgeloop en
is hulle toevallig gekry in die straat waar by die eiendom ingebreek
en gesteel is en dan, op hulle
weergawe, was Inspekteur Beyers reeds
in besit van die goedere wat gesteel is. Wanneer die vraag dus
oorweeg moet word of appellant
(en beskuldigde twee) se weergawes
redelik moontlik waar is, is ek van mening dat appellant (en
beskuldigde twee) se weergawes
nie klop met die waarskynlikhede nie.
In die verband het die verhoorlanddros ook verwys na die leerstuk van
onlangse besit, op
grond waarvan hy ook heeltemal tereg tot die
gevolgtrekking gekom het dat appellant se weergawe nie met die
waarskynklikhede strook
nie. (Sien uitspraak, p. 115, reël 14 –
p. 116, reël 20.)
[1
4] Na
my mening het die verhoorhof dus heeltemal tereg bevind dat appellant
se weergawe hieromtrent nie redelik moontlik waar kan
wees nie en dat
dit inderdaad die enigste afleiding is dat appellant (en beskuldigde
twee) die persone is wat die inbraak en diefstal
gepleeg het. Daar
is gevolglik geen basis waarop met hierdie skuldigbevinding ingemeng
kan word nie.
[15] Wat
die skuldigbevinding ten opsigte van die ontsnapping betref, het mnr.
Reyneke na my mening weereens tereg toegegee dat
daar nie enige
meriete in die appèl bestaan nie. In die verband het die
verhoorhof tereg bevind dat op appellant se eie
weergawe, hy in
bewaking was en uit daardie bewaking ontsnap het, synde dat hy die
bewaking verlaat het sonder dat hy enige toestemming
daartoe gehad
het. Sy weergawe dat hy daartoe geforseer was deur sy
mede-gevangenes, is ook nie redelik moontlik waar gegewe sy
verdere
eie weergawe dat hy die laaste persoon was wat die selle verlaat het
nie. Die verhoorhof het gevolglik na my mening appellant
se weergawe
hieromtrent tereg verwerp en tereg bevind dat die Staat sy saak bo
redelike twyfel bewys het. Ook ten opsigte van
hierdie
skuldigbevinding kan die appèl derhalwe nie slaag nie.
[16] Wat
die opgelegde vonnisse betref, blyk dit dat appellant se persoonlike
omstandighede tot dien effekte is dat hy 23 jaar oud
was ten tyde van
vonnisoplegging, ongetroud en met geen kinders nie. Hy het
skolasties gevorder tot en met standerd 7. Ter strafversagting
het
appellant aangevoer dat hy ten tyde van vonnisoplegging besig was om
‘n ander vonnis uit te dien en het hy versoek dat welke
vonnis ook
al opgelê word, dit gelas moet word dat dit samelopend
uitgedien word met die vonnis wat hy toe reeds besig was
om uit te
dien.
[17] Met
inagneming van die feit dat appellant ongeveer vyf maande op vrye
voet was na sy ontvlugting, blyk dit dat appellant vir
‘n tydperk
van ongeveer 18 maande verhoorafwagtend in aanhouding was. Hierdie
feit is wel deur die verhoorhof ten tyde van vonnisoplegging
in
aanmerking geneem. (Sien uitspraak, p.121. reëls 17 – 18.)
[18]
Teenoor die persoonlike omstandighede van appellant en laasgenoemde
faktore wat ten gunste van hom in aanmerking geneem moes
word en wel
in aanmerking geneem is, is daar egter sekere strafverswarende
faktore wat ook deur die hof in aanmerking geneem is.
Appellant is
nie ‘n eerste oortreder nie. Appellant het relevante vorige
veroordelings van diefstal en ook huisbraak met die
opset om te steel
en diefstal wat strek vanaf 1995 tot 2001. Hierdie vorige
veroordelings is, soos tereg deur die verhoorhof uitgewys,
aanduidend
daarvan dat alhoewel appellant jonk is, hy hom nie aan die gereg
steur nie. Hy toon geen respek vir ander persone se
goedere nie.
Verdermeer is dit ook so dat vanweë die aard en erns van die
misdryf, die gemeenskapsbelang ook na vore tree
by vonnisoplegging.
[19] Hoewel
appellant in sy kennisgewing van appèl daarop steun dat die
opgelegde vonnisse skokkend swaar en onvanpas is,
meen ek, soos ook
deur me Bester betoog, dat dit inderdaad nie die geval is nie. Die
versagtende faktore waarna appellant in sy
kennisgewing van appèl
verwys en welke hy beweer die verhoorhof dit nie in ag geneem het
nie, synde die tydperk wat hy in
aanhouding was en die feit dat hy
reeds besig was om ander vonnisse uit te dien, is, soos reeds hierbo
vermeld, inderdaad deur
die verhoorhof in aanmerking geneem. Dit
blyk dan ook in besonder uit die feit dat die verhoorhof gelas het
dat die opgelegde
vonnisse samelopend uitgedien moet word met die
ander vonnisse wat appellant besig was om uit te dien, juis ten einde
sodanig appellant
se opgelegde vonnis te temper.
[20] Derhalwe
kan die appèl teen die opgelegde vonnisse ook nie slaag nie.
[21] Gevolglik
word die appèl teen beide die skuldigbevindings en beide die
opgelegde vonnisse, van die hand gewys.
____________
C. VAN ZYL, R
Ek
stem saam.
_______________
B.C.
MOCUMIE
,
R
Namens
die appellant: Mnr. Mnr. J.D. Reyneke
In
opdrag van:
Bloemfontein
Regsentrum
BLOEMFONTEIN
Namens
die respondent: Adv. A. Bester
In
opdrag van:
Direkteur
van Openbare Vervolgings
BLOEMFONTEIN
/sp