About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2009
>>
[2009] ZAFSHC 18
|
|
Letsema Plaaslike Munisipaliteit and Another v Masekoane and Others [2009] ZAFSHC 18 (26 February 2009)
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE
VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)
Saak
n
ommer.
: 7388/2008
In
die aansoek tussen:
DIE
LETSEMENG PLAASLIKE
1ste Applikant
MUNISIPALITEIT
MUFI
JERRY MOLUSI
2de Applikant
en
KADIMO
MASEKOANE
1ste Respondent
DIE
XHARIEP DISTRIKS MUNI
SIPALITEIT
2de
Respondent
DIE
HOOF VERKIESINGSBEAMPTE
3de Respondent
VRYSTAAT
PROVINSIE
_____________________________________________________
UITSPRAAK:
HANCKE,
R
AANGEHOOR
OP:
19
FEBRUARIE 2009
GELEWER
OP:
26
FEBRUARIE 2009
[1]
Hierdie
is ân aansoek om ân verklarende bevel dat die tweede applikant
regtens deur die eerste applikant aangestel is om hom
in die raad van
die tweede respondent te verteenwoordig en dat tweede applikant
toegelaat word om sy statutêre regte en verpligtinge
as lid van
die raad uit te oefen en na te kom, tesame met ân kostebevel.
[2] Die
eerste applikant is een van die plaaslike munisipaliteite in die
regsgebied van die tweede respondent, synde die Xhariep
Distriksmunisipaliteit. Dit is gemene saak dat mnr. Vayisile Mona ân
lid van die eerste applikant was en dat hy ingevolge artikel
23(3)
van die Wet op Plaaslike Regering: Munisipale Strukture, Nr. 117 van
1998 (soos gewysig), die eerste applikant in die tweede
respondent se
raad verteenwoordig het.
[3] Op
16 Julie 2008 het eerste applikant se raad vir Mona as sy
verteenwoordiger in die raad van die tweede respondent herroep.
Op
18 Julie 2008 het die Burgermeester/Speaker van die eerste applikant
die uitvoerende Burgermeester van die tweede respondent
skriftelik
van die voormelde besluit verwittig. Op dieselfde datum het eerste
applikant se Munisipale Bestuurder ân skrywe aan
mnr. Anthony
Reachable gerig, waarop hy op 21 Oktober 2008 reageer het, waarin hy
verwys het na sekere voorskrifte van Wet Nr.
117 van 1998. Gemelde
Reachable is eerste applikant se Munisipale Verkiesingsbeampte sowel
as ân werknemer van die Onafhanklike
Verkiesingskommissie.
[4] Op
30 Julie 2008 het die waarnemende Munisipale Bestuurder van die
tweede respondent aan die eerste applikant se Speaker ân
brief
gerig, waarin hy bevestig dat tweede applikant die eerste applikant
se nuwe verteenwoordiger in die raad is en dat hy vir
Mona as sodanig
vervang. Die brief getik op die briefhoof van Xhariep District
Municipality, lui onder andere soos volg:
â
2. The
legislative authority to nominate a councillor to represent
(Letsemeng)
L. M. is vested in Council and is this nomination thus valid.
3. I therefore confirm that Cllr M. J.
Molusi is the newly seconded representative as per Council resolution
of 16/07/2008 with
effect from the date of receipt of the attached
confirmation.
4. Cllr V. Mona is therefore
accordingly replaced.â
[5] Op
1 Augustus 2008 het die Uitvoerende Burgermeester van die tweede
respondent ân kantoor aan die tweede applikant toegeken
wat hy
daarna betrek, en op ân deurlopende basis gebruik het. Die tweede
respondent se bywoningsregisters dui daarna aan dat
die tweede
applikant een van die eerste applikant se verteenwoordigers was, en
het hy ook die vergadering van 27 Augustus 2008
in daardie
hoedanigheid bygewoon.
[
6] Voorafgaande
hierdie gebeure, en wel op 5 Junie 2008, is die eerste respondent
ingevolge die bepalings van artikel 139(1)(b)
van die Grondwet van
die Republiek van Suid-Afrika, Wet Nr. 108 van 1996, aangestel met
sekere funksies ten opsigte van Xhariep.
Dit is ook die eerste
respondent se houding dat die tweede applikant se aanstelling
onregmatig was en dat hy besluit het om hom
nie toe te laat om eerste
applikant in die raad van die tweede respondent te verteenwoordig, of
aan die raad se verrigtinge deel
te neem nie.
[
7] By
die aanvang van die aansoek het Mnr. Edeling, namens eerste en tweede
respondente te kenne gegee dat hy in besit is van ân
brief tot die
effek dat tweede applikant se lidmaatskap van ân sekere politieke
party onlangs beeïndig is. Aangesien die
Hof aangedui het dat
geen waarde aan so ân brief wat onbeëdig is geheg kan word
nie, het Mnr. Edeling tekenne gegee dat
hy nie voornemens is om die
stukke aan te vul nie, en dat hy nie die aspek verder neem nie.
[
8] Wat
dringendheid betref, is ek van mening dat Van Zyl, R korrek opgetree
het deur op 11 Desember 2008 dit as ân dringende aansoek
ingevolge
die bepalings van Hofreël 6(12)(a) te hanteer. Na my mening is
daar ân behoorlike saak uitgemaak in die lig van
die potensiële
skade wat applikante kon ly indien besluite waarby hulle ân belang
het, op die raad geneem sou word, sonder
dat hulle behoorlik in die
raad verteenwoordig was.
[9] Mnr.
Knoetze het namens die applikante gevra vir ân wysiging van die
Kennisgewing van Mosie deur die invoeging van twee nuwe
paragrawe tot
die effek dat verklaar word dat die eerste respondent se aanstelling
ingevolge artikel 139(1)(b) van die Grondwet
onregmatig en nietig is,
met ân verdere bevel dat eerste respondent se besluit dat tweede
applikant nie behoorlik as lid van
die raad aangestel is nie dus
gevolglik onwettig is.
[10] Dit
blyk volgens die stukke dat die Uitvoerende Raad (Executive Council)
van die Vrystaat tydens ân kabinet vergadering die
volgende besluit
geneem het:
â
1.1 To intervene
in terms of section 139(1)(b) of the Constitution at the district
municipality of Xhariep by assuming the following
functions to ensure
that the established minimum standards of service rendering are met,
to prevent the council from taking unreasonable
action by failing to
have council meetings and taking resolutions on all municipal
matters:-
The full administration of the
municipality inclusive of staff, financial and technical functions,
and
The functions of the council to take
decisions on a variety of issues until such time as the Provincial
Executive is satisfied
that the council is in a position to resume
its functions.
1.2 This intervention will not impede
on the councilâs obligation to pass legislation, approval of a
budget, the imposition of
rates and other taxes, and the raising of
loans.
1.3 That the Head of the Department of
Local Government and Housing on behalf of the Provincial Executive
Council appoint a person
or persons to manage these functions on
behalf of the Provincial Executive Council.â
[
11] Mnr.
Knoetze het betoog dat hier ân delegasie plaasgevind het soos
bedoel in artikel 238 van die Grondwet, welke artikels
slegs
voorsiening maak vir ân delegasie âto any other executive organ
of the stateâ. Aangesien eerste respondent, synde
âHead of the
Departmentâ nie ân an âExecutive Organ of the Stateâ is nie,
kon daar nie ân regmatige delegasie aan hom
geskied nie.
[12] Hierdie
betoog kan egter nie opgaan nie. Net soos ân maatskappy nie self
kan handel nie en dus deur middel van sy direkteure
en werknemers
handel, kan die uitvoerende raad van die Vrystaat Provinsie ook nie
self handel en optree nie maar slegs deur middel
van sy amptenare en
werknemers, of persone deur hulle aangestel. Dit is duidelik dat
volgens voormelde resolusie magtiging verleen
was aan die hoof van
die betrokke departement om namens die provinsie ân persoon aan te
stel, om die funksies namens die Provinsiale
Uitvoerende Raad te
hanteer. Hier is dus nie ân geval van ân delegasie soos bedoel
in artikel 238 nie.
[13] Gevolglik
kan die applikante se aansoek om wysiging dus nie slaag nie. Vir
doeleindes van taksasie word dit op rekord geplaas
dat die argumente
oor hierdie aspek sowat 20% van die tyd van die totale argument in
beslag geneem het.
[14] Die
volgende vraag is of die tweede applikant regsgeldig in sy huidige
posisie aangestel is. Mnr. Edeling namens die eerste
twee
respondente het in hierdie verband betoog dat die nodige prosedures
nie gevolg is met die verkiesing van die tweede applikant
nie. In
hierdie verband het hy gesteun op die inhoud van twee skrywes gerig
deur die derde respondent. Dit moet gemeld word dat
die derde
respondent geen eedsverklaring geliasseer het ter ondersteuning van
hierdie skrywes nie en dat dit ook nie die huidige
aansoek opponeer
nie. In elk geval is dit die Hof se funksie om self te beslis welke
statutêre bepalings van toepassing
is en in hoe ân mate dit
die tweede appellant se aanstelling affekteer.
[15] Vervolgens
is dit nodig om te kyk na sekere bepalings op die Wet van die
Plaaslike Regering: Munisipale Strukture, Nr. 117
van 1998 (soos
gewysig).
Artikel
23 van gemelde Wet handel met die
Verkiesing
en die aanstelling van distriksrade
.
Dit lui onder andere soos volg:
â
(1) Die
raad
van ân distriks munisipaliteit bestaan uit â
r
aadslede
wat ooreenkomstig Deel 1 van Bylae 2 verkies is deur kiesers
geregistreer op daardie munisipaliteit se segment van die
nasionale
gemeenskaplike kieserslys om die partye wat die verkiesing in
daardie distriksmunisipaliteit bestry proposioneel te
verteenwoordig;
r
aadslede
wat ooreenkomstig Bylae 2 aangestel is deur die rade van die
onderskeie plaaslike munisipaliteite binne daardie
distriksmunisipaliteit
om daardie plaaslike munisipaliteit direk te
verteenwoordig. ...â
Dit
blyk dus dat daar onderskei
d
getref word tussen raadslede wat verkies word om die betrokke
distriks munisipaliteit proporsioneel te verteenwoordig en raadslede
wat deur die betrokke plaaslike munisipaliteit aangestel word om die
plaaslike munisipaliteit direk te verteenwoordig. In die
huidige
aansoek is laasgenoemde van toepassing.
[1
6] Wat
ampstermyn
betref, lui artikel 26 soos volg:
(1) ân Persoon â
(a) word as ân lid van ân
munisipale raad verkies vir ân tydperk eindigende wanneer die
volgende raad as verkies verklaar
word; of
(b) word aangestel
as ân verteenwoordiger van ân plaaslike raad of ân
distriksraad, vir ân tydperk wat eindig wanneer die
volgende
plaaslike raad as verkies verklaar word, behalwe dat waar so ân
persoon vervang word as gevolg van die bepalings item
6(a) van Bylae
6(B) van die Grondwet, die nuut aangestelde verteenwoordiger
aangestel word vir die oorblywende gedeelte van die
vervangde
verteenwoordiger se termyn.
(2) Die persoon aanvaar die amp as
raadslid wanneer daardie persoon verkies of aangestel word, na gelang
van die geval.â
[1
6] Uit
die voorgaande is dit duidelik dat daar ân onderskeid getref word
tussen ân persoon wat enersyds verkies en andersyds
aangestel word.
[17] Die
tweede applikant se voorganger het sy pos ontruim uit hoofde van die
bepalings van artikel 27(e) van gemelde Wet, wat soos
volg lui:
ââ
n Raadslid ontruim die amp
gedurende ân ampstermyn indien daardie Raadslid â
(e) ân
verteenwoordiger van ân plaaslike raad op ân distriksraad is het
nie meer lid van die plaaslike raad is wat daardie
raadslid op die
distriksraad aangestel het nie, of deur die plaaslike raad vervang
word as sy verteenwoordiger op die distriksraad.
...â
[1
8] Volgens
die bewerings in die stukke is die tweede applikant
aangestel
en nie
verkies
nie. Skynbaar het dit ook eenparig geskied. Daar was dus geen
verkiesing nodig nie; gevolglik het die derde respondent geen funksie
gehad om te vervul en het die voorskrifte in bylae 2 van gemelde Wet
dus geen toepassing gehad nie. Dit is ook skynbaar so deur
die
tweede respondent verstaan, blykens die skrywe verwys na in paragraaf
[4] hierbo. Dit volg dus dat die applikante ân behoorlike
saak
uitgemaak het vir verlening van die aangevraagde regshulp.
[19] Wat
koste betref het Mnr. Edeling ook aan die hand gedoen dat die
applikante, met verwysing na artikel 41(1)(vi) van Wet Nr.
13 van
2005 ander remedies gehad wat dit eers kon uitgeput het alvorens dit
die huidige aansoek gerig het. Alhoewel elke saak
volgens sy eie
meriete beoordeel moet word, en ek aanvaar dat daar in sekere
omstandighede selfs ân bestraffende kostebevel verleen
kan word
indien daar nie effek gegee word aan voormelde bepalings nie, is ek
van mening dat, in die lig van die omstandighede van
die huidige
saak, die feit dat die tweede applikant ân natuurlike persoon is
wie se regte hom ontneem was het hy dus geen ander
remedie gehad om
die Hof te nader vir die aanvra van die huidige regshulp nie;
gevolglik bestaan daar geen rede om nie af te wyk
van die gewone
kostebevel nie. Laasgenoemde is ook van toepassing op eerste
respondent: hy het, alhoewel hy fouteer het, as amptenaar
opgetree,
en is daar nie gronde aangevoer waarom hy persoonlik met ân
kostebevel belas moet word nie. Dit is in elk geval jammer
dat geld
verkwis word op regskoste, terwyl dit eerder aangewend kan word ten
opsigte van die verbetering van noodsaaklike dienste.
[20] Bygevolg
word die volgende bevele verleen:
1. Die applikante se
aansoek om wysiging van die Kennisgewing van Mosie word afgewys met
koste.
2. Die
bevel
nisi
word bekragtig.
3. Tweede Respondente
word gelas om die koste van die aansoek te betaal.
______
___________
S.
P. B. HANCKE, R
Namens
die applikante: Adv. B. Knoetze SC
In opdrag van:
Bezuidenhouts
Ingelyf
BLOEMFONTEIN
Namens
die eerste en
tweede
respondente: Adv. W. J. Edeling
In opdrag van:
Majola
Prokureurs
BLOEMFONTEIN
Namens die derede
respondent: Geen
verskyning.
/EM