About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2009
>>
[2009] ZAFSHC 15
|
|
Jacobs v Maritz and Others; Maritz and Others v Jacobs (4525/2008) [2009] ZAFSHC 15 (12 February 2009)
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE
VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)
Saak Nr. : 4525/2008
In
die saak tussen:-
MARIUS
JACOBS
Applikant
en
JOHAN FREDERICK MARITZ
1ste
Respondent
MARIA SUSANNA MARITZ
2de
Respondent
ANNA
HENDRINA MYBURGH
3de
Respondent
In
Re:
JOHAN FREDERICK MARITZ
1ste
Eiser
MARIA SUSANNA MARITZ
2de
Eiser
ANNA
HENDRINA MYBURGH
3de
Eiser
en
MARIUS
JACOBS
Verweerder
_____________________________________________________
UITSPRAAK
DEUR:
KRUGER,
R
_____________________________________________________
AANGEHOOR
OP:
5
FEBRUARIE 2009
_____________________________________________________
GELEWER
OP:
12
FEBRUARIE 2009
_____________________________________________________
[1] Hierdie is ân aansoek om
tersydestelling van ân vonnis wat
op 6 November 2008 in applikant se afwesigheid toegestaan is. Die
agtergrond is soos volg:
(1)
Op
30 September 2008 het die respondente ân kennisgewing van belet op
die applikant beteken.
(2)
Die
laaste dag van die
dies
induciae
van die
kennisgewing van belet was 7 Oktober 2008.
(3)
Op
die laaste dag van die
dies
induciae
van die
kennisgewing van belet (
7/10/2008
)
het die applikant se Pretoria prokureur 2 keer ân skrywe met ân
afskrif van die applikant se pleit aan die respondente se
prokureur
van rekord te Bloemfontein gefaks.
(4)
Afgesien
van hierdie gefaksde afskrifte van applikant se pleit, is applikant
se pleit op 7Oktober 2008 op die respondent se prokureur
van rekord
se kantore beteken.
(5) Die pleit is die volgende dag, 8
Oktober 2008, d.w.s. een dag laat, by die griffier geliasseer.
[2] Respondent se prokureur het nie
besef dat die pleit inderdaad beteken is nie, en het gemeen dat dit
net nog ân gefaksde afskrif
van die pleit is. Hy skryf op 17
Oktober 2008 ân brief aan respondent se prokureur waarin die
volgende vermeld word:
â1.3 Op 7 Oktober 2008 het ons ân faksimilee ontvang van u
korrespondent waarby aangeheg was ân afskrif van u kliënt
se
pleit wat deur korrespondent onderteken is.
In die omstandighede is u kliënt in verstek en onder belet.
Ons opdrag is om aansoek te doen vir vonnis by verstek teen u kliënt
op Donderdag, 6 November 2008.â
Hierdie brief is beteken op applikant
se prokureur op 20 Oktober 2008. Op
daardie
selfde dag beteken respondent se prokureur ân kennisgewing van
terrolleplasing op applikant se Bloemfontein prokureur.
Op 30
Oktober 2008 beteken respondent se prokureur ân indeks van die
stukke op applikant se Bloemfontein prokureur.
[3] Daar was belangrike oorsigte by
sowel applikant se prokureur as respondent sân. Respondent se
prokureur het nie, tot nadat
verstekvonnis geneem is, besef dat
applikant se pleit behoorlik en betyds op respondent se kantore
beteken is nie. Aan die ander
kant het applikant se Bloemfontein
prokureur nie besef dat ân kennisgewing van terrolleplasing op
hulle beteken is nie. Die
pleit wat op 8 Oktober 2008 by die
griffier afgelewer is, was op 6 November 2008, die dag toe
verstekvonnis toegestaan is, nie
in die hoflêer nie, skynbaar
omdat dit êrens in die griffier se kantore was. Hierdie
omstandighede het daartoe gelei
dat verstekvonnis aangevra en
toegestaan is.
[4] Mnr. Potgieter, vir applikant,
voer aan dat hierdie aansoek onder reël 42(1)(a) ressorteer
aangesien die vonnis foutiewelik
aangevra is in die afwesigheid van
die applikant. Hy maak hierdie submissie omdat, toe verstekvonnis
aangevra is, respondent se
prokureur onbewus was daarvan dat die
pleit op respondent se kantoor beteken was. Ingevolge reël
42(1)(a) hoef applikant
nie goeie redes te bewys nie.
[5] Die omstandighede waaronder vonnis by verstek
aangevra is, was die volgende:
â
n Pleit is op respondent se
prokureur se kantore beteken op die dag toe die periode vir belet
verstryk het.
â
n Pleit is een dag nadat
die
periode vir belet verstryk het, by die griffier geliasseer, dus
buite tyd.
Die aanhangsels tot die pleit was nie by enige van die
pleite wat beteken of geliasseer is nie.
Applikant se prokureur is in kennis
gestel van die verhoordatum van 6 November 2008 by wyse van ân
brief wat op sy Bloemfontein
prokureur beteken is, sowel as by wyse
van ân kennisgewing van terrolleplasing wat op 30 Oktober 2008 op
sy Bloemfontein prokureur
beteken is.
In hierdie omstandighede waar behoorlik kennis aan
appikant gegee is, en waar daar nie ân geldige pleit bestaan het
nie, kan
nie gesê word dat respondent verkeerdelik aansoek om
vonnis gedoen het nie. Die aansoek moet onder reël 31(2)(b)
beoordeel
word.
[6] Reël 6 van die Eenvormige
Hofreëls bepaal dat as ân party nie ân pleitstuk aflewer
(aan die griffier) binne die
toegelate tydperk (hier: voor of op 7
Oktober 2008) nie, is hy in verstek en
ipso
facto
onder belet.
Reël 27(1) bepaal dat, as goeie redes aangevoer word, kan die
hof enige tydperk verleng (m.a.w. die belet ophef).
[7] Dit sou weinig sin hê om die vonnis tersyde te
stel sonder om die belet om te hef. Dan sal applikant ân
afsonderlike
aansoek moet rig vir kondonasie van die laat-liassering
van die pleit en opheffing van die belet. Dit sou meer sinvol wees
om
te oordeel of die applikant in die huidige verrigtinge goeie redes
aangevoer het, dus, of daar ân verweer is.
[8] Mnr. Van Rooyen betoog, met
verwysing na
GALP
v TANSLEY, N.O. AND ANOTHER
1966 (4) SA 555
(K) op 560A â C dat daar getuienis moet wees van ân
substansiële verweer, en ân huidige begeerte by die applikant
om
daardie verweer te opper indien die vonnis tersyde gestel word.
In die funderende eedsverklaring sê die applikant dat sy
pleit
geag moet word ingelyf te wees by sy eedsverklaring. Mnr. Van Rooyen
betoog dat die inlywing van die pleit toon nie die
applikant se
verweer nie, aangesien die bylaes nie aangeheg is nie en openbaar
applikant ook nie wat die inhoud van die bylaes
is nie. Hy opper ân
groot aantal punte van kritiek teen applikant op grond waarvan hy
betoog dat die applikant nie ân verweer
openbaar nie.
[9]
Mnr.
Potgieter, vir applikant, voer aan dat die stukke toon dat applikant
se verweer is dat die respondente hul eie besluite geneem
het.
[10] Dit is nie gerade of moontlik om
op hierdie stadium, sonder getuienis, die verweer krities te
beoordeel nie. Die stukke toon
ân
bona
fide
verweer. ân
Verdere belangrike punt, wat nie in geskil is nie, is dat daar geen
vinger gewys kan word na die applikant nie.
Dis duidelik dat hy die
saak wil verdedig. Die howe se benadering is dat ân applikant nie
ligtelik ontneem moet word van die
geleentheid om die eis te verdedig
nie â
SANTAM
LTD & OTHERS v BAMBER
2005 (5) SA 209
(W) te 211J â 212A; 213G â H.
[11] ân Aspek wat in betoog geopper
is, en wat moontlik rede tot kommer is of die vonnis wat toegestaan
is, korrek is, is die
kwessie dat dit ân skadevergoedingseis is,
volgens mnr. Potgieter een vir kontrakbreuk en positiewe
interesse
.
In die besonderhede van eis is daar ân bewering dat al die eisers
rente ontvang het, en dit lyk nie of sulke rente-bedrae afgetrek
is
van die eise nie, soos wat moontlik moes gebeur. Ook om hierdie rede
moet die vonnis tersyde gestel word.
[
12] Wat
koste betref, was daar foute aan beide kante. Geen kostebevel
behoort gemaak te word nie.
[13] Bevel:
13.1 Die vonnis wat by verstek op 6
November 2008 teen applikant toegestaan is, word tersyde gestel.
13.2 Die applikant se verweerskrif
wat op 7 Oktober 2008 op respondente se prokureur van rekord beteken
is, en op 8 Oktober 2008
by die griffier geliasseer is, word geag
betyds geliasseer te gewees het, en die belet ten opsigte daarvan
word opgehef.
13
.3 Die
tydperke vir die liassering van verdere pleitstukke, of die neem van
verdere stappe in die Hofreëls beoog, geld vanaf
die datum van
hierdie hofbevel, en moet geag word die datum te wees waarop die
applikant se pleit geliasseer is.
13.4 Geen kostebevel word gemaak nie.
____________
A
.
KRUGER, R
Namens die applikant: Adv. T.A.L.L.
Potgieter
In
opdrag van:
EG Cooper Majiedt Ing.
BLOEMFONTEIN
Namens die respondente:
Adv.
P.C.F. van Rooyen SC
In
opdrag van:
Naudes
BLOEMFONTEIN
/sp