About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2009
>>
[2009] ZAFSHC 14
|
|
Firstrand Bank Beperk v Smith (4752/2008) [2009] ZAFSHC 14 (12 February 2009)
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE
VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)
Saak
Nr. : 4752/2008
In
die
saak
tussen:
FIRSTRAND
BANK BEPERK
Eiser
en
JOHANNES
HENDRIK SMITH
Verweerder
_______________________________________________
_______
UITSPRAAK
:
KRUGER,
R
AANGEHOOR
OP:
6 FEBRUARIE 2009
______________________________________________________
GELEWER
OP:
12
FEBRUARIE 2009
[1] Eiser
het dagvaarding laat uitreik teen verweerder gebaseer op ân
verband. Verweerder het twee spesiale pleite geneem saam
met sy
gewone pleit. Die spesiale pleite handel met die vereistes van die
Nasionale Kredietwet, No. 34 van 2005 en spesifiek artikel
129(1) en
artikel 85 van gemelde Wet. Die eiser het die spesiale pleite ter
rolle geplaas vir verhoor op Vrydag, 6 Februarie 2009.
Op 2
Februarie 2009 het die verweerder ân kennisgewing van terugtrekking
geliasseer wat soos volg lees:
â
GELIEWE kennis
te neem dat die verweerder sy spesiale pleite soos uiteengesit in
paragrawe 1 en 2 van sy verweerskrif gedateer 29
Oktober 2008
terugtrek en eiser se getakseer
de
party en party koste tot datum hiervan tender.â
[2]
By
ontvangs van hierdie kennisgewing het ek die lêer teruggestuur
na die Griffier. Op die oggend van 6 Februarie 2009 is
ek egter hof
toe geroep en was albei partye teenwoordig. Eiser se advokaat het ân
brief aan my gegee wat soos volg lees:
â
FIRSTRAND
BANK BEPERK / J H SMITH
Ons erken ontvangs van u skrywe van 2
deser.
Ons opdragte is om aan te dring daarop
dat daar op 6 deser by ooreenkoms gevra word vir ân bevel met die
volgende bepalings:
Verweerder se spesiale pleite soos
vervat in sy verweerskrif word van die hand gewys;
Verweerder betaal die eiser se
getakseerde party en party koste verbonde aan die spesiale pleite.
Ons ontvang graag
dringend u bevestiging dat ons die Griffier in kennis kan stel dat ân
bevel soos hierbo by ooreenkoms aangevra
sal word op 6 deser.â
[3]
Op
hierdie brief het verweerder se prokureur gereageer op 5 Februarie
2009:
â
FIRSTRAND
BANK BPK / J H SMITH
Ons verwys na bostaande aangeleentheid
en meer in die besonder na vorige korrespondensie in die verband.
Ons bevestig dat u ons meegedeel het
dat u van voorneme is om die hof te versoek op 6 deser om die
spesiale pleit af te wys.
Ons plaas op rekord dat ons kliënt
die spesiale pleit teruggetrek het en dat daar derhalwe niks voor die
hof dien wat kan afgewys
word nie.
Ons is van mening dat u optrede
onnodige koste veroorsaak en sal ons dit so aan die Agbare Hof
meedeel.
Ons plaas weer op rekord dat ons
kliënt die getakseerde verspilde koste hierin tender.
Ons verneem graag dringend van u in
die verband.â
[4]
Mnr.
De Wet, namens eiser, betoog dat daar nie ân prosedure bestaan dat
ân verweerder sy pleit kan terugtrek nie. Hy moet
dit abondonneer.
Vir hierdie submissie steun hy op reël 41(1)(a) van die
Eenvormige Hofreëls. Reël 41 lees soos
volg:
â
TERUGTREKKING, SKIKKING, STAKING,
UITSTEL EN ABANDONNEMENT
41 (1) (a) Iemand
wat ân geding ingestel het, kan dit voor terrolleplasing te eniger
tyd en daarna met die toestemming van die
partye of verlof van die
hof, terugtrek. In elke geval moet hy ân kennisgewing van
terugtrekking aflewer, en hy kan daarin
inwillig om koste te betaal.
Die takseermeester takseer die koste op versoek van die ander party.
...
(2) ân Party in
wie se guns ân beslissing of vonnis gegee is, kan dit geheel of
gedeeltelik abandonneer deur ân kennisgewing
dienooreenkomstig af
te lewer, en waar gedeeltelik afstand gedoen is, geld net die
oorblywende gedeelte van die vonnis, die bepalings
van die subreël
(1) betreffende koste is
mutatis
mutandis
van toepassing in die geval van ân kennisgewing kragtens hierdie
subreël afgelewer.â
Met
verwysing na hierdie reël sê Mnr. De Wet dat ân eis
teruggetrek
word
maar ân pleit moet geabandonneer word. Mnr. De Wet sê dit is
die prosedure van abandonnement wat bestaan in die gemenereg.
Hy
kon egter nie na enige gesag verwys nie.
[
5] In
die burgerlike proses was dit nog altyd so dat ân party ân eis en
teeneis en pleit terugtrek. Dit is duidelik uit die
konteks dat die
woord abandonnement in die opskrif tot Reël 41 slaan op
subartikel (2) wat handel met ân beslissing of vonnis
wat in party
se guns gegee is. Dit beteken dat mens iets terugtrek wat jyself
gedoen het en jy kan iets abandonneer wat iemand
anders vir jou
gedoen het. Vonnis word deur ân hof gegee en dit kan ân mens dan
abandoneer, sê jy wil dit nie hê
nie. Eis en teeneis en
pleit val in die kategorie van goed wat ân party gedoen het en die
party kan dit dan terugtrek. Pleite
en teeneise word weekliks in die
egskeidingshof teruggetrek by wyse van kennisgewing van
terugtrekking. Ek het nog nooit ân
kennisgewing gesien wat lees
âabandonnement van pleitâ nie. Die woord abandonnement word
gebruik in verband met ân vonnis
wat toegestaan is soos wat
duidelik blyk uit Reël 41.
[6] Die
eiser het onnodiglik hof toe gekom om hierdie punt te debateer. Die
eiser moet aanspreeklik gehou word vir die koste van
die verskyning
van vandag.
[7] Die
volgende bevel word gemaak:
Die eiser word gelas om
die koste van die verskyning op 6 Februarie 2009 te betaal.
___________
__
A.
KRUGER,
R
Namens
die
eiser: Adv.
P. J. T. de Wet
In opdrag van:
Symington
& De Kok
BLOEMFONTEIN
Namens
die verweerder: Adv. N. Snellenburg
In opdrag van:
Naudes
BLOEMFONTEIN
/em