Sapphire Dawn Trading 42 BK v De Klerk and Others (693/2008) [2009] ZAFSHC 11 (12 February 2009)

60 Reportability
Land and Property Law

Brief Summary

Property Law — Transfer of property — Application for transfer of immovable property — Dispute over ownership based on prescription — Applicant sought transfer of property from deceased estate, supported by the deceased's widow; third respondent claimed ownership through prescription — Court found that the third respondent's claims did not establish a bona fide dispute of fact, as his assertions were inconsistent with prior communications regarding his rights — Application for transfer granted, confirming the applicant's right to the property.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2009
>>
[2009] ZAFSHC 11
|

|

Sapphire Dawn Trading 42 BK v De Klerk and Others (693/2008) [2009] ZAFSHC 11 (12 February 2009)

IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE
VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)
Saak Nr. : 693/2008
In
die saak tussen:-
SAPP
HIRE
DAWN TRADING 42 BK
Applikant
en
A.M. DE KLERK
Eerste
Respondent
A.M. DE KLERK N.O.
Tweede
Respondent
ADRIAAN
DE KLERK
Derde
Respondent
_____________________________________________________
UITSPRAAK
DEUR:
JORDAAN,
R
_____________________________________________________
AANGEHOOR
OP:
5
FEBRUARIE 2009
_____________________________________________________
GELEWER
OP:
12
FEBRUARIE 2009
_____________________________________________________
[1] Die applikant doen aansoek vir
bevele wat ten doel het om oordrag te verkry van ‘n onroerende
eiendom bekend as die resterende
gedeelte van die plaas Ongegun
Nr.
709, distrik Parys, Vrystaat.
Eerste respondent is die weduwee van ene Pieter Brits
de Klerk (hierna genoem die oorledene) en, blykens die stukke, die
enigste
erfgenaam in die oorledene se boedel.
Tweede Respondent is dieselfde
persoon as eerste respondent in haar hoedanigheid as eksekutrise van
die tersaaklike boedel sover
dit die eiendom in Suid-Afrika betref.
Die derde respondent is die broer van die oorledene en
is in die aansoek gevoeg weens sekere aansprake wat hy op die eiendom
maak.
Die aansoek word slegs deur die derde respondent
bestry, terwyl die eerste en tweede respondente dit klaarblyklik
ondersteun.
Agtergrond:
[
2] Volgens
die applikant, gesteun deur die eerste respondent, het applikant op
11 Julie 2006 ‘n koopooreenkoms met eerste respondent
gesluit vir
die aankoop van bogemelde eiendom deur die applikant. Na sluiting
van die ooreenkoms het dit geblyk dat die eiendom
nog geregistreer is
in die naam van die oorledene, dat die boedel van die oorledene nog
nie afgehandel is nie en daar derhalwe
eers voldoen sal moet word aan
die voorskrifte van die Boedelwet, Nr. 66 van 1965, onder andere deur
die nodige toestemming van
die Meester te verkry, oordrag aan die
eerste respondent te laat geskied en daarna oordrag aan applikant te
laat geskied.
Volgens die applikant, soos
verteenwoordig deur mnr. E. Schoeman, een van die drie lede van die
applikant, het hy van die eiendom
te hore gekom en deur bemiddeling
van ‘n eiendomsagent die eiendom besoek en besigtig saam met sy
seun Eric (junior), ook ‘n
lid van applikant. Tydens die besoek
aan die eiendom was die derde respondent, wat op die eiendom
woonagtig is en boer, teenwoordig
en het hy aan hulle die
verbeterings op die eiendom uitgewys. Mnr. Schoeman is ook deur die
eiendomsagent meegedeel dat derde
respondent reeds ‘n aanbod gemaak
het om die eiendom te koop vir ‘n bedrag van R2,2 miljoen.
Die applikant het gevolglik ‘n aanbod gemaak om die
eiendom te koop vir ‘n bedrag van R2,3 miljoen, welke aanbod
aanvaar is.
Na aanvaarding van die aanbod is die applikant in besit
gestel van ‘n skrywe deur prokureurs vir die derde respondent
waaruit
dit blyk dat die derde respondent aanspraak maak op sekere
regte met betrekking tot die eiendom en die verbeterings daarop. In

die betrokke skrywe gedateer 17 Julie 2006 en gerig aan die betrokke
eiendomsagent word, namens derde respondent, sekere bewerings
gemaak
wat van belang is, naamlik onder andere:
1. Dat die plaas deur die oorledene
aangekoop is in 1961 en die derde respondent die transportkoste ten
opsigte daarvan betaal het
en onmiddellik daarna begin het om
verbeterings op die eiendom aan te bring.
2.
Dat
die oorledene en derde respondent se ouers daar woonagtig was tot
ongeveer 1970, gedurende welke tyd die derde respondent voortgegaan

het om verbeterings op die eiendom aan te bring ten einde hul vader
in staat te stel om ‘n melkboerdery daar te bedryf.
3. Vanaf 1970 tot 1976 het niemand op die plaas gewoon
nie, maar het die derde respondent voortgegaan met die melkboerdery.
4. Vanaf 1976 woon die derde respondent permanent op die
plaas en boer daarop.
5. Die oorledene, wat in Zimbabwe woonagtig was en
geboer het, het gereelde besoeke aan die plaas gebring en ‘n
ooreenkoms met
derde respondent aangegaan in terme waarvan derde
respondent ‘n lewenslange en permanente verblyfreg op die plaas
verleen is.
6.
Ek
haal aan:
“In
terme van voormelde ooreenkoms het ons kliënt derhalwe vrye en
ongestoorde besit van die eiendom gehad sedert 1976 tot
op hede en is
ons kliënt van voorneme om sy regte soos verkry uit die
ooreenkoms tussen skrywer se kliënt en mnr. Pieter
Brits de
Klerk ook verder uit te oefen en te alle koste te beskerm. Tot op
hede was ons kliënt se gemelde regte hierin gerespekteer.
Dit
blyk egter nou dat daar ‘n dreigende inbreukmaking op hierdie regte
is.”
7. Weens die verkoping aan applikant word derde
respondent se regte en die oorledene se “wense en ooreenkoms” met
derde respondent
“nie geëer” nie.
8. Derde respondent het vanaf 1961 tot datum
onbelemmerde besit gebruik en genot van die plaas gehad “in terme
van die ooreenkoms”
en verskeie verbeterings daarop aangebring.
9. Derde respondent het, bo en behalwe die regte verkry
“uit die ooreenkoms” ook ‘n verbeteringsretensiereg op die
eiendom.
Op ‘n later stadium word ‘n brief gedateer 20
November 2007 deur derde respondent se prokureurs geskryf en waarin
vermeld word
dat die derde respondent nie vir die verbeterings op die
eiendom eis nie, maar wel dat die derde respondent eienaar van die
eiendom
geword het vanweë die werking van verkrygende verjaring.
Op 15 Januarie 2008 word die derde respondent se
prokureur meegedeel deur die aangewese transportprokureurs dat, tensy
derde respondent
voor of op 15 Februarie 2008 stappe neem om sy
aansprake te bevestig, daar voortgegaan sal word met die nodige
stappe om transport
aan die applikant te bewerkstellig.
Die tafel was gedek vir litigasie.
Die
prosedurele
verloop:
[
3] Die
onderhawige aansoek is beteken op 18 Februarie 2008. Die derde
respondent het aksie uitgereik vir ‘n verklaringsbevel
tot die
effek dat hy die eienaar van die eiendom geword het deur middel van
verkrygende verjaring, welke aksie uitgereik is op
27 Februarie 2008.
In die onderhawige aansoek het die derde respondent ‘n opponerende
verklaring liasseer waarin hy verskeie
verwere opper, onder andere:
1. Dat daar ‘n feite
dispuut
was wat deur die applikant voorsien moes word; en
2. Dat hy deur verkrygende verjaring eienaar van die
eiendom geword het.
Na aanleiding van die opponerende
verklaring liasseer die applikant ‘n repliserende verklaring waarin
hy, onder andere, ‘n verklaring
van eerste respondent aanheg wat in
heelwat meer detail handel met die geskiedenis van die aangeleentheid
en bevattende heelwat
nuwe bewerings daaromtrent. Die derde
respondent word ook daarin uitgenooi om ‘n dupliserende verklaring
te liasseer ten einde
met die nuwe bewerings te handel. Derde
respondent het nie hiervan gebruik gemaak nie.
Die feitedispuut:
[
4] Tydens
die bring van die aansoek was die applikant bewus daarvan dat derde
respondent aanspraak maak op verkrygende verjaring,
soos vermeld in
die skrywe van 20 November 2007. Die applikant was egter ook in
besit van die vorige skrywe van 17 Julie 2006
waarin, namens die
derde respondent, verskeie kere verwys word na sy regte, soos verkry
uit ‘n ooreenkoms met die oorledene,
ten opsigte van die betrokke
eiendom.
Eers in die opponerende verklaring
vermeld die derde respondent dat die gewraakte skrywe van 17 Julie
2006 foutief is in soverre
dit verwys na enige ooreenkomste, dat die
verwysing na ooreenkomste daarin geskied het na ‘n vinnige
konsultasie met ‘n advokaat
en welke konsultasie gereël was
ten einde derde respondent se regte en aansprake te bespreek en
oorweeg. Derde respondent
beweer dat die verwysing na ooreenkomste,
as bron van sy regte, in die brief klaarblyklik ‘n afleiding is wat
die advokaat self
gemaak en aanvaar het.
Alhoewel nie uitdruklik nie, skyn
dit asof derde respondent beweer dat die betrokke brief deur die
advokaat in konsep opgestel
is, alhoewel dit op die briefhoof en
onder die handtekening van sy prokureur versend is. Ek kom later
terug na hierdie aspek.
Myns insiens was die applikant
derhalwe by die uitreiking van die aansoek geregtig om te aanvaar dat
derde respondent se aanspraak
op verkrygende verjaring, in die lig
van voormelde brief, gedoem is tot mislukking en derhalwe nie ‘n
wesenlike en
bona
fide
feitedispuut
daarstel nie.
In die lig van my bevinding,
hierinlater uiteengesit, is ek oortuig dat die beweerde feitedispuut
in elk geval nie ‘n wesenlike
en
bona
fide
dispuut
daarstel nie en eerder ‘n regsdispuut as ‘n feitedispuut behels.
Die bewerings in die stukke:
[
5] In
kort beweer die applikant, gesteun deur eerste respondent, dat:
1. Die derde respondent die eiendom
bewoon en bewerk het uit hoofde van ‘n ooreenkoms en vergunning
deur die oorledene aan
derde respondent verleen, in ruil waarvoor derde respondent die
nodige verbeterings op die eiendom moes aanbring
op eie koste en dan
vrygestel sou word van betaling van enige huur of okkupasie
vergoeding.
2. Dat die verstandhouding deurgaans
was dat die oorledene en eerste respondent te eniger tyd, indien
omstandighede in Zimbabwe
waar hulle woonagtig was dit sou noodsaak, besit van die eiendom kon
neem en dit benut vir eie rekening.
3. Dat die oorledene en eerste respondent gereeld die
eiendom en vir derde respondent besoek het en tevrede was met die
wyse waarop
hy die eiendom verbeter en gebruik het.
4. Dat derde respondent na die dood van die oorledene op
verskeie geleenthede aangebied het om die eiendom te koop en selfs so
ver
gegaan het om ‘n waardasie van die eiendom te verkry ten einde
‘n koopprys te bepaal. ‘n Afskrif van die betrokke waardasie,

deur ene Charles van Niekerk en gedateer 4 Mei 2004, is dan ook by
die repliserende verklaring aangeheg, vergesel van ‘n
eedsverklaring
van die gesegde Van Niekerk tot die effek dat die
derde respondent hom versoek het om die waardasie te doen en hom
voorts versoek
het om dit so laag as moontlik te hou.
5. Dat derde respondent gedurende die
jaar 2000 aansoek gedoen het vir registrasie van waterregte op die
eiendom
, in welke
aansoek (deur hom onderteken) hy vermeld dat die eienaar van die
eiendom mnr. P.B. de Klerk (die oorledene) is en die
eiendom besit.
6. Dat applikant deur derde respondent toegelaat is om
die eiendom te besigtig as potensiële koper en selfs sekere
verbeterings
daarop aan die applikant uitgewys het.
Die derde respondent beweer:
1. Dat hy sedert 1961 op die plaas geboer het, kort
nadat dit deur die oorledene aangekoop is en verskeie verbeterings
daarop aangebring
het.
2. Dat hy sedert 1976 ook permanent op die plaas
woonagtig is deurdat hy sonder enige toestemming of ooreenkoms sy
intrek daarop
geneem het.
3. Dat hy deurentyd die plaas
nec
vi, nec clam, nec precario besit het en daarmee gehandel het asof hy
eienaar daarvan is en dit ook aan die algemene publiek
duidelik moes
wees dat hy asof eienaar daarmee handel.
4. Dat hy voor Mei/Junie 2006 ‘n
aanbod gemaak het
om
die plaas te koop vir R1 miljoen en daarna, nadat applikant ‘n
eerste aanbod gemaak het, ‘n verhoogde aanbod van R2,2 miljoen

gemaak het om die plaas te koop.
5. Dat hy voormelde aanbiedings gemaak het terwyl hy
onbewus was van die feit dat hy deur middel van verkrygende verjaring
reeds
eienaar van die plaas geword het.
6. Dat die oorledene en eerste
respondent hom deurgaans op die plaas aanvaar en
geduld
het.
Beoordeling van getuienis:
[
6] Namens
derde respondent is aangevoer dat die nuwe getuienis vervat in die
repliserende verklaring ontoelaatbaar is en ignoreer
behoort te word,
aangesien dit geykte reg is dat ‘n applikant sy saak in die
funderende stukke moet uitmaak. Dis is natuurlik
korrek, maar nie ‘n
onbuigsame reël nie. (Sien
SHEPHERD
v MITCHELL COTTS SEAFREIGHT (SA) (PTY) LTD
1984 (3) SA 202
(NPA) te 205E – G.)
Myns insiens bestaan daar in die huidige geval wel
besondere omstandighede wat ‘n verslapping van die reël
regverdig, naamlik:
In die voorafgaande korrespondensie steun die derde
respondent uitdruklik op ‘n ooreenkoms en vergunning om die eiendom
te besit
en te bewerk. Dit alleen is fataal vir ‘n beroep op
verkrygende verjaring en was dit derhalwe nie vir die applikant nodig
om
in besonderhede uit te brei oor die agtergrondsomstandighede nie.
Dit het eers nodig geword nadat die derde respondent, in sy
opponerende verklaring, die betrokke bewerings in die gewraakte brief
repudieer het.
Die applikant het, in die besef dat
die repliserende verklarings nuwe bewerings bevat, tereg die derde
respondent uitgenooi om
daarop te antwoord deur middel van
dupliserende verklarings, maar het die derde respondent nie van
daardie uitnodiging gebruik
gemaak nie.
Van die nuwe bewerings in die repliserende verklaring
word gesteun deur dokumentêre objektiewe getuienis, soos
byvoorbeeld
die aansoek om registrasie van waterregte en die
waardasie deur die gesegde Van Niekerk. Laasgenoemde objektiewe
dokumentêre
getuienis ondersteun die betroubaarheid van die
bewerings in die repliserende verklaring.
In die lig van bogenoemde en die derde respondent se
versuim om die uitnodiging tot ‘n dupliserende verklaring te
gebruik, is
ek oortuig dat ek wel ag kan slaan op die inhoud van die
repliserende verklarings. Selfs al sou ek in hierdie opsig fouteer,
sou
my bevinding in elk geval nie daardeur verander word nie.
Derde respondent se verduideliking
van die inhoud van die brief van 17 Julie 2006 en sy ontkenning van
die ooreenkomste waarna
verwys word in sodanige brief, val swaar op
die oor. Die konsultasie met die advokaat was gereël om ‘n
gewigtigde saak
van groot belang vir die derde respondent te bespreek
en te beoordeel. Die inhoud van die brief self wat uit vyf bladsye
bestaan,
dui op ‘n gedetailleerde uiteensetting van die derde
respondent se weergawe en standpunte. Om dit af te maak as die
resultaat
van ‘n vinnige oorsigtelike konsultasie, is totaal
onaanvaarbaar. Wat meer is, indien die brief in konsep deur die
advokaat
opgestel is, het die prokureur dit onder sy handtekening
herhaal en sou mens verwag dat hy, wat uit die aard van die saak ‘n
langer en groter betrokkenheid by die derde respondent het, die fout
sou agterkom en regstel. Geen verklaring van
ó
f
die advokaat
ó
f
die prokureur word aangeheg om die derde respondent se bewerings in
die verband te steun nie. Die waarskynlikhede is oorweldigend
dat
die derde respondent besef en/of geadviseer was dat die inhoud van
die brief fataal was vir ‘n suksesvolle beroep op verkrygende

verjaring en hy daarom in sy opponerende verklaring sodanige inhoud
probeer repudieer. Die verwysing na ooreenkomste in die brief
pas
toevallig ook in by die weergawe van die eerste respondent.
Uit die objektiewe dokumentêre
getuienis hierbo vermeld en derde respondent se eie weergawe, blyk
die volgende:
1. In die jaar 2000 doen die derde respondent aansoek
vir waterregte, in welke aansoek hy beweer dat die eienaar en
besitter van
die grond die oorledene is.
2. Die oorledene het hom deurgaans op die plaas geduld.
3. In 2004 verkry hy ‘n waardasie van die plaas met
die oog daarop om dit te koop.
4. Voorafgaande sy aanbod om te koop gedurende Mei/Junie
2006 vir ‘n bedrag van R2,2 miljoen het hy ook aangebied om die
plaas
te koop vir ‘n bedrag van R1 miljoen.
Verkrygende verjaring:
[
7] Die
vereistes vir verkrygende verjaring is reeds in verskeie gewysdes
oorweeg en ontleed.
Sien onder andere
BISCHOP
v STAFFORD
1974
(3) SA 1
(AD);
GLASTON
HOUSE (PTY) LTD v CAPE TOWN MUNICIPALITY
1973 (4) SA 276
(C);
BARKER
N.O. v CHADNICH AND OTHERS
1974 (1) SA 461
(D);
KRUGER
v GUNTER
1995
(1) SA 344
(NPA);
MINNAAR
v RAUTENBACH
1999 (1) ALLSA 571
(NCD);
PLOUGHMANN
N.O. v PAUW AND ANOTHER
2006 (6) SA 334
(CPD);
MINISTER
VAN LANDBOU v SONNENDECKER
1979 (2) SA 499
(AD).
Opsommenderwys bestaan daar twee hoofvereistes vir ‘n
suksesvolle beroep op verkrygende verjaring, naamlik:
1. ‘n Ononderbroke besit van die eiendom vir ‘n
tydperk van minstens 30 jaar; en
2. Openlike besit en gebruik van die eiendom asof die
aanspraakmaker eienaar daarvan is.
Besit:
[
8] Wat
betref die tydperk van die beweerde besit, is daar ‘n dispuut
tussen applikant en eerste respondent aan die een kant die
derde
respondent aan die ander kant. Applikant beweer naamlik, dat die
derde respondent eers die eiendom ononderbroke begin besit
en bewoon
het sedert 1976, terwyl die derde respondent beweer dat hy die
eiendom reeds benut en daarop boer sedert 1961. Die derde
respondent
betwis egter nie dat die oorledene gedurende ongeveer die eerste drie
jaar nadat hy die eiendom aangekoop het ‘n woning
daarop laat oprig
het nie en betwis ook nie dat die oorledene sy en die derde
respondent se ouers vergun het om op die eiendom
te woon en hul vader
toegelaat het om ‘n melkboerdery daar te bedryf nie. Derde
respondent beweer egter dat hy deurentyd die
res van die plaas bewerk
en geboer het asof dit sy eie was.
In die lig van my bevinding ten
opsigte van die tweede vereiste, naamlik die vereiste van
animus
domini
, is dit nie
vir my nodig om te beslis oor presies welke tydperk die derde
respondent sy besit uitgeoefen het nie.
Die
animus
domini
:
[
9] Die
nodige bedoeling om as eienaar te besit, het reeds in verskeie
gewysdes oorweging geniet. In wese is daar, wat hierdie vereisde

betref, nie ‘n verskil tussen die vorige Verjaringswet en die
huidige Wet nie.
Sien
MINNAAR
v RAUTENBACH
,
(
supra
)
te 574h – 575a.
‘n Aanspraakmaker op verkrygende verjaring voldoen
aan bogenoemde vereiste indien hy die besit uitoefen asof hy eienaar
is en
sonder om ‘n erkenning van die regte van die ware eienaar op
een of ander wyse te manifesteer. Sy gebruik moet derhalwe wees

teenstrydig met die regte van die ware eienaar.
Sien
PLOUGHMANN
N.O. v PAUW AND ANOTHER
,
(
supra
)
te 355B – I;
KRUGER
v GUNTER
,
(
supra
)
te 347F – 350B.
Die vraag of ‘n aanspraakmaker op
verkrygende verjaring die nodige
animus
domini
gehad, moet
natuurlik beoordeel word aan die hand van al die
omstandigheidsgetuienis. In die onderhawige geval beweer derde
respondent,
onder andere, dat die oorledene hom op die eiendom
“aanvaar en geduld” het. Ook het die oorledene sy eiendomsreg
uitgeoefen
deur die woonhuis op die plaas op te rig en sy ouers daar
te huisves.
Die sterkste aanduiding van die
derde respondent se besitsgesindheid is natuurlik die verskeie
aanbiedings wat hy gemaak het om
die plaas te koop en, onder andere,
die erkenning van die oorledene se eiendomsreg in die aansoek vir
registrasie van waterrregte.
Voormelde optrede is natuurlik direk
teenstrydig met ‘n gesindheid van eienaar wees.
Derde respondent voer aan dat sy
aanbiedings, om die plaas te koop, geskied het terwyl hy onbewus was
van die feit dat hy reeds
eienaar van die plaas geword het deur
middel van verkrygende verjaring en is dit ook namens hom betoog dat,
aangesien die aanbiedings
geskied het na verloop van dertig jaar, dit
nie ‘n effek op die feit het dat hy reeds eienaar geword het deur
middel van verkrygende
verjaring nie. Die probleem hiermee is egter
dat die derde respondent se optrede n
á
verloop van die termyn onteenseglik dui op die gesindheid waarmee hy
tot dan toe sy besit op daardie stadium uitgeoefen het. Sy
optrede
strook bloot eenvoudig net met ‘n erkenning van die oorledene se
eiendomsreg op die eiendom en dit alleen is fataal vir
sy aanspraak
op verkrygende verjaring.
Voormelde bevinding is natuurlik
gebaseer op die derde respondent se eie getuienis. Indien die skrywe
van 17 Julie 2006 ook in
ag geneem word, is dit n
ó
g
duideliker dat die derde respondent besit uitgeoefen het uit hoofde
van ‘n vergunning en ni
é
asof hy eienaar daarvan was nie. Soos reeds gemeld, is daar geen
oortuigende rede hoekom die inhoud van daardie brief nie aanvaar
kan
word nie.
Die hangende aksie:
[1
0] Die
vraag wat ontstaan is of hierdie hof nou reeds ‘n bevinding omtrent
derde respondent se aanspraak op verkrygende verjaring
behoort te
maak, siende dat dieselfde vraag in die betrokke aksie besleg moet
word. Indien daar slegs ‘n geringe moontlikheid
bestaan dat derde
respondent in die aksie suksesvol mag wees, sou dit hoogs onwenslik
wees om nou reeds daaroor te beslis.
Soos reeds gemeld, is my bevinding gebaseer op derde
respondent se eie getuienis en is ek oortuig dat daar geen vooruitsig
op sukses
in die aksie is nie en bestaan daar derhalwe geen dwingende
rede hoekom die aangeleentheid verder vertraag moet word nie.
Die aangevraagde regshulp:
[1
1] Die
applikant vra vir bevele wat die eerste en tweede respondente gelas
om alle handelinge te verrig en dokumente te onderteken
wat nodig is
om transport van die eiendom, eers in naam van eerste respondent en
daarna in naam van die applikant te bewerkstellig.
Applikant vra
voorts dat, indien die betrokke respondente versuim om aan daardie
bevel te voldoen binne sewe dae na verlening
daarvan, die balju
gemagtig moet word om die nodige te doen en die nodige dokumente te
teken.
Die probleem is egter dat die
eiendom tans nog setel in die oorledene se boedel en die boedel nog
nie afgehandel is nie. Alvorens
transport kan geskied, soos
aangevra, moet daar eers voldoen word aan die tersaaklike bepalings
van die Boedelwet, Nr. 66 van 1965,
om transport in die naam van die
eerste respondent, as erfgenaam, en daarna aan applikant te
bewerkstellig.
Daar is dan ook, namens derde respondent, aangevoer dat
die aangevraagde regshulp om daardie rede nie toegestaan kan word
nie.
Om die probleem te ondervang, het applikant by die
aanhoor van die aansoek gevra vir ‘n verdere smeekbede tot die
effek dat verklaar
word dat die applikant geregtig is op registrasie
van transport van die eiendom, onderhewig aan die bepalings van die
Boedelwet.
Ek is van mening dat die aanvanklike smeekbedes wyd
genoeg is om in elk geval voldoening aan die bepalings van die
Boedelwet te
omvat, as synde deel van die nodige stappe wat geneem
moet word ten einde registrasie van transport in die naam van
applikant,
te bewerkstellig. Vir regsekerheidsdoeleindes is dit
waarskynlik beter om uitdruklik daarvoor voorsiening te maak.
Die probleem met die huidige posisie
is egter dat dit redelik duidelik is dat al die nodige stappe ten
einde transport sodanig
te bewerkstellig en ten einde die Boedelwet
na te kom, nie in ‘n kort tydsbestek afgehandel sal kan word nie.
Om die balju na
verloop van sewe dae te magtig om die stappe te neem,
sou nie tred hou met die realiteite van hierdie situasie nie. Dit is
boonop
duidelik dat die eerste en tweede respondente die aansoek
ondersteun en gewillig is om gevolg te gee aan die ooreenkoms en is
daar
geen rede om te vermoed dat hulle nie gevolg sal gee aan enige
bevel wat gemaak word nie.
Koste:
[1
2] Die
applikant vra, indien hy suksesvol is in die aansoek, die koste van
die aansoek, insluitende die koste verbonde aan die gebruikmaking
van
die dienste van twee advokate. Dit blyk, onder andere, dat die derde
respondent op ‘n stadium self van die dienste van ‘n
senior en
junior advokaat gebruik gemaak het. Die saak is ook klaarblyklik van
groot belang vir die partye en weens die situasie
met betrekking tot
die boedel, van voldoende omvang en ingewikkeldheid om die dienste
van twee advokate te regverdig.
Eerste en tweede respondente het nie die aansoek
opponeer nie, maar wel ondersteun en meen ek derhalwe nie dat hulle
met ‘n kostebevel
gepenaliseer behoort te word nie. Die engiste
opposisie kom van die derde respondent en is ek derhalwe van mening
dat die koste
van die aansoek deur derde respondent betaal behoort te
word.
[13]
Ek
maak die volgende bevele:
1. Dit word verklaar dat die applikant geregtig is op
registrasie van transport ten aansien van die resterende gedeelte van
die
plaas Ongegun Nr. 709, distrik Parys, Vrystaat.
2. Die eerste en tweede respondente word gelas om
onmiddellik alle dokumente te onderteken en alles te doen wat nodig
is om transport
van die voormelde eiendom in die naam van eerste
respondent en dan dadelik daarna in die naam van die applikant te
registreer.
3. Paragrawe 1 en 2 hierbo word verleen onderworpe aan
die bepalings van die Boedelwet, Nr. 66 van 1965.
4. Die derde respondent word gelas om die koste van die
aansoek te betaal, welke koste sal insluit die koste van twee
advokate.
__________
_____
A.F. JORDAAN
,
R
Namens
die applikant: Adv. P. Zietsman
Bygestaan deur:
Adv. H.J. Cilliers
Rossouws Prokureurs
BLOEMFONTEIN
Namens
die
derde
respondent: Adv. S. Grobler
In
opdrag van:
Wessels
& Smith
BLOEMFONTEIN
/sp