S v Pholeli (314/2008) [2009] ZAFSHC 10 (12 February 2009)

55 Reportability
Criminal Procedure

Brief Summary

Criminal Procedure — Automatic review — Incomplete record of proceedings — Accused convicted of dealing in dagga and sentenced to a fine or imprisonment — Record missing essential parts, including questioning and conviction — Inability to reconstruct missing portions — Accused entitled to benefit of review; conviction and sentence set aside due to incomplete record.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2009
>>
[2009] ZAFSHC 10
|

|

S v Pholeli (314/2008) [2009] ZAFSHC 10 (12 February 2009)

IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE
VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)
Hersiening
Nr. : 314/2008
In
die
saak
tussen:
DIE
STAAT
en
TSHEDISO
PHOLELI
______________________________________________________
CORAM
:
CILLIé,
R
et
VAN DER MERWE, R
UITSPRAAK:
VAN
DER MERWE, R
______________________________________________________
GELEWER
OP:
12
FEBRUARIE 2009
[1]
Die
beskuldigde is op grond van sy pleit van skuldig daaraan skuldig
bevind dat hy handel gedryf het in dagga ter oortreding van
die
bepalings van artikel 5(b) van Wet No. 140 van 1992. Hy is gevolglik
gevonnis tot ‘n boete van R3 000.00 of agtien maande

gevangenisstraf by wanbetaling van daardie boete, asook ‘n verdere
twaalf maande gevangenisstraf wat in geheel voorwaardelik
opgeskort
is.
[2] Die voormelde vonnis
is ingevolge die bepalings van artikel 302 van die Strafproseswet,
No. 51 van 1977 onderworpe aan outomatiese
hersiening. Die oorkonde
van die verrigtinge wat vir doeleindes hiervan na hierdie Hof gestuur
is, is egter onvolledig, daar die
gehele ondervraging ingevolge van
artikel 112(1)(b) van die Strafproseswet sowel as die
skuldigbevinding ontbreek. Dit blyk dan
ook nou dat dit nie moontlik
is om die vermiste gedeelte van die oorkonde te rekonstrueer nie.
[3] Die
beskuldigde is geregtig op die voordeel van hersiening van die
verrigtinge ten einde te bepaal of dit ooreenkomstig die
reg is.
Omdat ‘n wesenlike gedeelte van die oorkonde ontbreek en nie
reggestel kan word nie, is dit in die onderhawige geval
nie moontlik
om so te doen nie. Hieraan het die beskuldigde geen skuld nie. In
so ‘n geval moet die skuldigbevinding en vonnis
myns insiens ter
syde gestel word.
[4] Gevolglik word die
skuldigbevinding en vonnis ter syde gestel.
________________________
C.H.G. VAN DER MERWE,
R
Ek stem saam.
______________________
C. B. CILLIé, R
/em