About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2009
>>
[2009] ZAFSHC 100
|
|
Booysen h/a NVM Beleggings en Versekeringsadviseur v Maree (A134/2008) [2009] ZAFSHC 100 (5 February 2009)
IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE VRYSTAATSE
PROVINSIALE AFDELING)
Appèl
Nr.
: A134/2008
In die
appèl
tussen:
CHRIS BOOYSEN h/a
NVM BELEGGINGS
EN
VERSEKERINGSADVISEURS
Appellant
en
P
P MAREE
Respondent
_______________________________________________
_______
CORAM:
KRUGER,
R
et
MOCUMIE, R
UITSPRAAK:
KRUGER,
R
______________________________________________________
AANGEHOOR
OP:
26
JANUARIE 2009
______________________________________________________
GELEWER
OP:
5
FEBRUARIE 2009
[1]
Hierdie
is ân appèl vanaf die landdroshof Kroonstad. Die landdros
het appellant se eis afgewys en respondent se teeneis
toegestaan.
Appellant het vir nagenoeg 20 jaar versekerings- en beleggingsadvies
aan respondent gelewer. Gedurende Julie 2006
het appellant aanbeveel
dat respondent ân Sanlam annuïteitspolis opbetaal maak en dat
hy in die plek daarvan ân nuwe annuïteitspolis
by Momentum
uitneem. Appellant en respondent het op drie verskillende
geleenthede oor die opbetaal-making van die Sanlam polis
en die
uitneem van die Momentum polis gepraat. Respondent het eers in die
laaste afspraak besluit watter kant toe hy wou gaan,
en hy het toe
die appellant se voorstelle aanvaar. Respondent het die Momentum
polis uitgeneem, en dit kort daarna gekanselleer,
met die gevolg dat
appellant sy kommissie by Momentum verbeur het.
[2] Appellant het ân
eis teen respondent ingestel vir kommissie in die bedrag van R47
638,27 op grond van ân ooreenkoms ingevolge
waarvan appellant aan
respondent advies gelewer het, welke advies deur respondent aanvaar
is. Dit is gemeensaak dat die gebeure
wat aanleiding tot die eis
gegee het, die volgende was:
(i) Respondent
het sy Sanlam polis opbetaal gemaak.
(ii) Respondent
het ân annuïteit by Momentum uitgeneem in die plek van die
Sanlam Polis.
R
espondent
het egter, kort nadat hy die polis by Momentum uitgeneem het, en
voordat hy die eerste premie betaal het, die momentum
polis
gekanselleer, soos wat hy ingevolge die Wet op Langtermynversekering
geregtig was om te doen.
As gevolg van die
kansellasie van die Momentum polis het appellant sy kommissie
verbeur.
Appellant
se kommissie op die Momentum polis was R2.612,50 per maand gedurende
die eerste jaar en R870,83 per maand gedurende
die tweede jaar. Die
totale kommissie vir die eerste twee jare was R47 638,27, synde die
eisbedrag.
[3] Appellant
het aanvaar dat hy nie geregtig is op kommissie van die
versekeringsmaatskappy nie omdat die respondent die polis
binne 30
dae gekanselle
er
het, soos wat hy geregtig was om te doen ingevolge regulasie 6.1 van
die âPolicyholder Protection Rules (Long-term lnsurance)â
30
September 2004 uitgereik ingevolge artikel 72 van die
Langtermynversekeringswet, No. 52 van 1998 (die âWetâ):
â
6.1 A policyholder may-
in any case where no benefit has yet
been paid or claimed or an event insured against has not yet
occurred; and
within a period of 30 days of receipt
of the summary contemplated in section 48 of the Act, or from a
reasonable date on which
it can be deemed that the policyholder
received the summary referred to above,
cancel an insurance
transaction, excluding any
policy
or variation which only lasts for 30 days or less, by written
cancellation notice sent to the insurer. All premiums or monies
paid
by the policyholder to the insurer up to the date of receipt of the
cancellation notice received at any date thereafter in
respect of the
cancelled or varied policy, shall be refunded to the policyholder,
subject to the deduction of the costs of any
risk cover actually
enjoyed and any market loss where the market value of the investments
made has decreased in the intervening
period due to prevailing market
conditions.â
[4] Appellant
steun
op die ooreenkoms in Afdeling 5 van Bewysstuk âEâ, in terme
waarvan beding word dat indien die transaksie, waarop die kommissie
ooreenkoms gebaseer is, skipbreuk sou ly as gevolg van die toedoen
van respondent,
en
appellant
dus nie kan steun op die kommissie ooreenkoms nie, respondent
teenoor appellant aanspreeklik sou wees vir die skade wat
teweeggebring is deur respondent se optrede.
Afdeling 5 van die
Adviesrekord, deur respondent onderteken op 6 Julie 2006, lees soos
volg:
â
AFDELING
5: VERKLARING DEUR KLIëNT:
Ek het die Advies Rekord gelees en
verstaan en ek verklaar dat dit akkuraat is en ten volle aan my
verduidelik is:
Ek begryp en
aanvaar dat enige versekeringsbesigheid namens my, deur my
tussenganger geplaas, voorsiening maak dat my tussenganger
deur die
betrokke versekeraar vergoed sal word volgens die aard van die produk
deur my aanvaar, en soos op die kwotasie van die
versekeraar/s aan my
voorgelê, aangedui word. Ek en my tussenganger kom ooreen dat
sodanige vergoeding deur ons beide aanvaar
sal word as vergoeding vir
die dienste aan my gelewer. Indien my tussenganger se vergoeding
teruggevorder word deur die versekeraar
as gevolg van my eie (die
polishouer) se optrede tot nadeel van die tussenganger, aanvaar ek,
die ondergetekende dat ek steeds
verantwoordelik sal wees vir
genoemde, ooreengekome vergoeding.â
[5] Die
landdros het die aangeleentheid beslis op die basis dat die kontrak
waarop appellant steun in Afdeling 5, ân onwettige
kontrak is omdat
dit in stryd is met die
beskerming
wat die Wet aan die respondent bied, en neerkom op ân
afstanddoening van regte deur respondent, wat respondent nie
kan doen
nie.
[6] Mnr
Cronje, vir appellant, se betoog is dat die kontrak waarop appellant
steun, ân afsonderlike kontrak is wat onder die gemene
reg
afdwingbaar is. Die wetgewer herroep of wysig die gemene reg net
sover as wat hy dit uitdruklik doen. Die Wet en regulasies
meld niks
van die kontrak tussen die versekerde en die tussenganger nie, dus
word die kontrak tussen die appellant en respondent
soos vervat in
Afdeling 5 nie daardeur onafdwingbaar gemaak nie.
[7] Mnr
Knoetze, namens respondent, doen aan die hand dat die oogmerke van
regulasie 6.1 is om ân persoon wat ân langtermynpolis
uitgeneem
het en nog geen voordele daarkragtens geëis of ontvang het nie,
die reg te verleen om binne die voorgeskrewe afkoelperiode
van 30 dae
die langtermynversekeringstransaksie wat hy of sy aangegaan het, te
kanselleer sonder dat hy of sy as gevolg van die
kansellasie vir
kontrakbreuk aanspreeklik gehou kan word. Hy betoog dat in die geval
waar die versekerde die betrokke langtermynversekeringspolis
ooreenkomstig die bepalings van Regulasie 6 kanselleer, die
versekeraar te verplig om al die premies wat die versekerde tot op
die stadium van die kansellasie betaal het, aan die versekerde terug
te betaal met die voorbehoud dat sekere kostes daarvan afgetrek
mag
word. Hy wys uit dat dit gemeensaak is dat die polis ân
langtermynpolis is en dat die respondent dit regsgeldiglik binne
die
voormelde afkoelperiode kansellasie het sonder dat hy enige voordeel
daaruit ontvang het. Hy betoog dat indien die appellant
toegelaat
sou word om die respondent ingevolge Afdeling 5 te penaliseer vir die
feit dat hy die polis gekanselleer het, dit strydig
sou wees met die
bedoeling van artikel 62 van die Wet en Regulasie 6.1. Hy meen daar
is ook geen rede waarom ân tussenganger
toegelaat behoort te word
om ân versekerde te penaliseer as die versekerde sy of haar
statutêre reg om ân polis binne
die voorgeskrewe
afkoelperiode te kanselleer, uitoefen nie. Soveel te meer aangesien
die tussenganger se prinsipaal, naamlik die
versekeraar, dit nie eens
mag doen nie.
[8] Artikel 49 van die
Wet lees soos volg:
â
49. Beperking op vergoeding aan
tussengangers
Geen vergoeding
word deur ân langtermynversekeraar of ân persoon namens die
langtermynversekeraar aangebied of verskaf of deur ân onafhanklike
tussenganger aanvaar vir dienste as tussenganger gelewer, soos in die
regulasies bedoel, behalwe kommissie in die regulasies beoog
en
andersins as ooreenkomstig die regulasies nie.â
Mnr
Knoetze voer aan dat die woorde âof deur ân onafhanklike
tussenganger aanvaarâ dui op ân beletsel direk teen die
tussenganger
.
As net die versekeraar belet was om die geld te neem, sou daardie
woorde oorbodig gewees het.
Peter
Havenga,
The
Law of Insurance Intermediaries
op 91 sê dat artikel 49 bepaal dat ân tussenganger slegs
vergoeding by wyse van kommissie mag ontvang. Mnr Cronje antwoord
hierop dat die appellant slegs kommissie soek, nie enigiets in stryd
met artikel 49 nie.
[9]
Mnr
Knoetze betoog dat die wetgewer deur artikel 49 bedoel het om:
â
45.1. ân langtermynversekeraar te
belet om aan ân persoon wat aan hom tussengangerdienste lewer enige
vergoeding te betaal of
aan te bied, behalwe die kommissie wat in die
regulasies beoog word;
â
n langtermynversekeraar te
belet om aan ân persoon wat aan hom tussengangerdienste lewer
kommissie te betaal op ân ander
skaal as die skaal wat in die
regulasies, vasgestel is;
â
n persoon wat
tussengangerdienste lewer te belet om enige vergoeding vir
tussengangerdienste te aanvaar, behalwe die kommissie
wat in die
regulasies beoog word; en om
â
n persoon wat tussengangerdienste
lewer te belet om enige kommissie vir sodanige dienste te aanvaar
wat op ân ander skaal
as die skaal in die regulasies bedoel,
vasgestel is.â
Volgens
Mnr Knoetze is
Afdeling 5 ân ooreenkoms, skema of reëling is wat voorsiening
maak vir die betaling van vergoeding aan die appellant vir
tussengangerdienste wat hy ten opsigte van die polis gelewer het,
welke vergoeding nie in ooreenstemming met die bepalings van
Deel 3
van die Regulasies is nie.
[10]
Die
respondent steun ook op regulasie 3.8 van die
Langtermynversekeringsregulasies:
â
Voidness of
certain agreements
3
.8 Any
agreement, scheme or arrangement to provide consideration for the
rendering of services as intermediary otherwise than in
accordance
with this Part shall be void.â
Mnr
Conje wys daarop dat hierdie regulasie verwys na Deel 3 van die
regulasies, wat eintlik met berekeninge handel. Dit lyk korrek.
[1
1] Afstanddoening
is ook nie moontlik nie uit hoofde van die bepalings van artikel
56(d) van die Wet en regulasie 19.1:
â
56.
Nietigheid
van sekere bepalings van ooreenkomste met betrekking tot
langtermynpolisse
ân Bepaling van ân ooreenkoms,
waarvan die strekking is dat- ...
(d) ân persoon wat ân
langtermynpolis afgesluit het, of die versekerde lewe kragtens ân
langtermynpolis, afstand doen van
enige reg waarop hy of sy by of
kragtens hierdie Wet geregtig is,
Is nietig.â
Regulasie
19.1
van die âPolicyholder Protection Rules (Long-term Insurance)â
2004 lees:
â
19.1 No insurer or intermediary
may request or induce in any manner a policyholder to waive any right
or benefit conferred on the
policyholder by or in terms of a
provision of these Rules, or recognise, accept or act on any such
waiver, and any such waiver
is null and void.â
Mnr
Knoetze betoog ook dat, in versekering, as die premie nie betaalbaar
is nie is die kommissie ook nie betaalbaar nie,
(met
verwysing na
LAWSA
,
volume 12, (First Reissue) paragraaf 492 onder die opskrif âRight
to Commissionâ).
[
12] Die
vraag wat in hierdie saak ontstaan, is of, indien die hof regte
ingevolge Afdeling 5 van die ooreenkoms tussen die partye
sou
afdwing, dit juridiese goedkeuring sou verleen aan die presiese
situasie wat die wetgewer wil vermy.
POTTIE
V KOTZE
1954 (3) SA 719
(A) te 726 â 727. Die doel van die
Langtermynversekeringswet is (onder meer) om die publiek te beskerm.
Daarom word ân 30
dae afkoelperiode toegelaat: indien die
versekerde binne 30 dae besluit dat die polis nie ân goeie idee was
nie, kan hy dit
kanselleer sonder dat hy enige aanspreeklikheid
teenoor die versekeraar oploop. Die kernvraag is of die beskerming
ook teen die
tussenganger geld. Die tussenganger het werk gedoen en
kry nou, as gevolg van die versekerde se optrede, geen vergoeding van
die
versekeraar nie. In hierdie geval is nie bewys (of bevind) dat
die tussenganger nie sy werk gedoen het nie. Die Sanlam polis
bestaan steeds â daar sal mettertyd ân uitbetaling wees.
Appellant se getuienis dat hy drie keer met die respondent
gekonsulteer
het, en hom behoorlik ingelig het oor die gevolge van
die staaking van betalings by Sanlam en die opneem van die Momentum
polis,
staan onaangeveg. Artikel 49 van die Wet verwys nie
uitdruklik na regulasie 6.1 nie, en regulasie 6.1 verwys nie
uitdruklik na
ân tussenganger nie. Daar is geen uitdruklike
bepalings in die Wet dat die tussenganger nie kan beding vir sy fooie
van sy kliënt
nie. Mens sou so ân beletsel in die Wet moet
inlees. Mnr Knoetze se betoog dat die woorde in artikel 49 van die
Wet âof deur
ân onafhanlike tussenganger aanvaarâ versterk net
die plig wat op die versekeraar lê, deur dubbel seker te maak
dat die
versekeraar nie uitbetaal nie. Dit slegs nie ân
afsonderlike plig vir die tussenganger nie. Daar is nie aanduidings
dat die
Wet se doel is om die publiek teen versekeringsmakelaars te
beskerm, tot die mate om hulle te ontneem van hul kommissie verhaal
direk van hul kliënt nie. Die Wet neem uitdruklik geen regte
van die tussenganger weg nie, in die besonder nie die reg om
afsonderlik met die versekerde vir ân fooi gelyk aan verbeurde
kommissie te beding nie.
[1
3] Die
appellant het ân behoorlike saak uitgemaak vir sy eis, en dit
behoort toegestaan te word.
[1
4] Die
teeneis is een vir die verskaffing en debattering van appellant se
rekening vir alle transaksies wat appellant namens respondent
gedoen
het. Selfs al word aanvaar dat respondent geregtig was om
debattering van ân rekening te eis, wat ek nie aanvaar nie,
het die
respondent nie daarin geslaag om die vereistes daarvan te bewys nie.
Die vereistes vir so ân eis word soos volg saamgevat
in
DOYLE
AND ANOTHER v FLEET MOTORS P E (PTY) LTD
1971 (3) SA 760
(A) te 762 F â G:
â
The plaintiff
should aver â
his right to
receive an account, and the basis of such right, whether by contract
or by fiduciary relationship or otherwise;
any contractual terms or
circumstances having a bearing on the account sought;
the defendantâs failure to render
an account.â
Volgens
appellant se on
betwiste
getuienis het hy ân plig gehad om rekeninge te lewer, wat hy gedoen
het. Die respondent se weergawe is nie meer waarskynlik
as appellant
sân nie. Appellant dra die bewyslas. Die landdros het geen redes
gegee waarom die teeneis toegestaan is nie.
Geen motivering word
verskaf nie. Die uitspraak is as volg:
â
Teeneis toegestaan soos versoek.â
Geen motivering word
verskaf nie. Die teeneis moes afgewys gewees het.
[1
5]
BEVEL
1. Die appèl
slaag met koste.
2. Die volgende bevel
word in die plek van die landdros se bevel geplaas:
â
1. Verweerder
word gelas om eiser R47 738,27 te betaal plus rente ten 15,5% per
jaar vanaf 4 April 2006 tot op datum van finale
vereffening.
2. Verweerder se
teeneis word met koste van die hand gewys.â
___________________
KRUGER, R
Ek stem saam.
___________________
C. MOCUMIE, R
Namens
die appellant:
Adv.
P. R. Cronje
In opdrag van:
Naudes
BLOEMFONTEIN
Namens
die respondent: Adv. B. Knoetze SC
In opdrag van:
Honey
Prokureurs
BLOEMFONTEIN
/EM