About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2009
>>
[2009] ZAFSHC 9
|
|
Vorster v Van Niekerk and Others (6723/2008) [2009] ZAFSHC 9 (5 February 2009)
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE
VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)
Saak Nr. : 6723/2008
In
die saak tussen:-
HENDRIK
ADRIAAN VORSTER
Applikant
en
JACOBUS GUSTAVUS VAN
NIEKERK
1ste
Respondent
MEV VAN NIEKERK
2de
Respondent
ENIGE ANDER ONREGMATIGE
OKKUPEERDERS WELKE GEVIND MAG
WORD OP DIE EIENDOM BEKEND AS
SAFFIERSTRAAT 6, JORDANIA,
BETHLEHEM, VRYSTAAT
PROVINSIE
3de
en Verdere
Respondente
_____________________________________________________
UITSPRAAK
DEUR:
KRUGER
R
_____________________________________________________
AANGEHOOR
OP:
29
JANUARIE 2009
_____________________________________________________
GELEWER
OP:
5
FEBRUARIE 2009
_____________________________________________________
[
1] Applikant
versoek ân bevel wat verklaar dat eerste en tweede respondente
onregmatige okkupeerders is van Saffierstraat 6, Jordania,
Bethlehem
(âdie eiendomâ). Applikant vra ook ân bevel dat respondente
die eiendom ontruim, en, indien hulle dit nie ontruim
nie, dat die
balju hulle uitsit.
[
2] In
die funderende eedsverklaring sê applikant dat die eerste
respondent sy grootvader aan moederskant is, en die tweede
respondent
is eerste respondent se gade, synde ân tweede of latere eggenote
van eerste respondent, dus nie verwant aan applikant
nie. In die
laat tagtiger jare het applikant se ouers saam met eerste respondent
uit Natal na die Oos-Vrystaat verhuis. Eerste
respondent het hom te
Clarens gevestig en vir hom ân standplaas daar gekoop bekend as erf
723, Clarens, geleë te Van Rensburgstraat
en ân woonhuis
daarop gebou. In die negentiger jare het eerste respondent
finansiële probleme ontwikkel, en het moeite
ondervind om die
verband op sy eiendom te betaal. Applikant het toe eerste respondent
se woning op Clarens aangekoop, en hy sê:
â
7.3 Deur die
pasvermelde woning van eerste respondent aan te koop en daarmee
saam, in soverre prakties moontlik en uitvoerbaar,
gratis verblyf in
sodanige woning aan eerste respondent te verskaf, was eerste
respondent in staat om finansieel met groter gemak
te oorleef.â
[
3] In
die laat negentiger jare het applikant en sy familie besluit dat dit
gewens sou wees dat die eerste respondent en tweede respondent
na
Bethlehem verhuis, en dat die huis te Clarens verkoop word. Dan sê
applikant:
â
9.2 Daar is in oorleg met eerste res
pondent
besluit dat eerste- en tweede respondent tydelik hul intrek in my
vroeër familiewoning geleë te Saffierstraat
6, Jordania,
Bethlehem sou neem ten einde eerste- en tweede respondent in staat te
stel om gemaklik en op hul eie tyd, meer geskikte
en alternatiewe
verblyf te Bethlehem te bekom.â
Nadat hulle ingetrek het, het
eerste
en tweede respondente geweier om die woning te verlaat en te poog om
alternatiewe behuising in Bethlehem te bekom. Die verblyf
van
respondente in die woning behels groot koste vir applikant, nagenoeg
R6 000.00 per maand op die verband. Eerste respondent
is egter
bereid om R7 500.00 per maand onderhoud aan applikant te betaal.
[
4] Gedurende
2007 het eerste respondent ân aksie in die landdroshof Bethlehem
ingestel vir betaling van agterstallige onderhoud.
Applikant sê
dat die aksie mondelings geskik is op 21 Augustus 2007. Eerste
respondent ontken egter in die opponerende
beëdigde verklaring
dat daar enige skikking tussen die partye was. Eerste respondent het
ân afsonderlike onderhoudseis
teen applikant en sy ouers in die
landdroshof ingestel, en applikant is gelas om onderhoud van R2
750.00 per maand aan eerste respondent
te betaal.
[
5] Uit
die opponerende beëdigde verklaring blyk dat eerste respondent
se saak is dat die respondente lewensreg gekry het op
die eiendom te
Bethlehem. Hy wys ook daarop dat hierdie aansoek uitgereik is langer
dan een jaar nadat eerste respondent die aanvanklike
dagvaarding in
die landdroshof uitgereik het. Dit is ook in omstandighede waar
eerste en tweede respondente sedert 2006 die eiendom
in Bethlehem
okkupeer. Eerste respondent sê ook dat die landdroshof
Bethlehem die regte tussen die party sal beslis.
[
6] Eerste
respondent sê dat daar slegs oor sekere aspekte ooreengekom is
tydens die skikking van die saak te Bethlehem, nie
oor alles nie,
veral ook nie oor die lewenslange verblyfreg nie.
[
7] In
die repliserende eedsverklaring sê applikant dat nie een van
die twee ooreenkomste betreffende lewenslange verblyfreg
wat eerste
respondent beweer tot stand gekom het, bestaan nie, en voer gronde
aan vir die bewering:
(i)
Dit
is nie skriftelik nie.
(ii) Dit is nie geregistreer nie.
(
iii) Aanhangsel
âCâ, wat eerste respondent se uitgawes uiteensit, wat voorsiening
maak vir âHuurâ bewys daar is nie lewenslange
verblyfreg nie.
(iv) Eerste respondent het erken die
skikking was dat, as hy R7 500.00 sou kry, sou hy uittrek.
[
8] In
die repliserende eedsverklaring erken applikant dat die applikant en
respondente slaags is met mekaar oor die beweerde terme
van die
ooreenkomste waarop die eerste respondent se aksie in die landdroshof
vir Bethlehem berus. Dan sê die applikant
dat sodanige
ooreenkomste irrelevant is omdat hulle deur novasie vervang is deur
die skikkingsooreenkoms wat bereik is op 21 Augustus
2007. Hierdie
bewering in repliek laat buite rekening die eerste respondent se
siening dat daar ân geweldige feitedispuut tussen
die partye is.
Die eerste respondent ontken dat daar enige skikking was.
[
9] Dit
is gemeensaak dat hierdie aansoek in terme van artikel 4 van die Wet
op die Voorkoming van Onwettige Uitsetting en Onregmatige
Besetting
van Grond 19 van 1998 (die sogenaamde âPIEâ wet) gebring word.
Art 4(7) lees soos volg:
â(7) Indien ân
onregmatige okkupeerder die betrokke grond vir meer as ses maande
beset het op die tydstip wanneeer die verrigtinge
ingestel word, kan
ân hof ân bevel vir uitsetting verleen as dit van mening is dat
dit regverdig en billik is na oorweging
van alle tersaaklike
omstandighede, ... en met inbegrip van die regte en behoeftes van
bejaardes, kinders, gestremde persone en
huishoudings waarvan ân
vrou die hoof is.â
Hierdie is ân saak van âHolding
overâ waar PIE van toepassing is â
NDLOVU
v NGCOBO; BEKKER AND ANOTHER v JIKA
2003 (1) SA 113
(HHA) par [21] â [23].
[
10] Die
applikant sê hy is eienaar van die perseel, en dat hy en die
eerste respondent op 21 Augustus 2007 na afloop van
die
landdroshofverrigtinge te Bethlehem ân mondelinge ooreenkoms
aangegaan het ingevolge waarvan eerste respondent ooreengekom
het om
die eiendom te ontruim. Met verwysing na
DE
VILLIERS v POTGIETER AND OTHERS
2007 (2) SA 311
(HHA) par [12] voer Mnr Snyman, vir applikant, aan
dat al wat applikant in hierdie verrigtinge hoef te bewys, is dat hy
eienaar
is, en dat die respondent dan ân rede moet aanvoer waarom
hy geregtig is om die eiendom te okkupeer. Daardie uitspraak handel
nie met die PIE wet nie. Die bewyslas om die ooreenkoms waarop hy
steun te bewys, rus op die applikant. (
AGRICO
MASJINERIE (EDMS) BPK v SWIERS
2007 (5) SA 305
(HHA) par [26]).
[
11] Namens
applikant voer Mnr Snyman aan dat die eerste respondent se ontkenning
van die feit dat hy mondeling ooreengekom het om
die eiendom te
ontruim, net ân poging deur eerste respondent is om ân
feitegeskil te skep. Net soos in die
AGRICO
-saak,
kon mens hier sê:
âwhether
the respondentsâ version depends only on an unexpressed mental
reservation or whether the agreement was as unequivocal
as the
appellant [hier: applicant] will have it cannot be determined
without the aid of oral evidence. The respondentsâ version
was not
without inherent probability as I have earlier suggested. It cannot
be robustly dismissed as not raising a genuine dispute
of factâ
(te
317B-C, par [26]).
Soos Mnr Nel, vir respondente,
betoog, die waarskynlikhede dat mense van 92 en 83 jaar oud sal
ooreenkom om tydelik (vanaf Clarens
na Bethlehem) te skuif, is nie
groot nie. Die saak moet op die eerste respondent se weergawe beslis
word.
[
12] Selfs
as mens die applikant se weergawe aanvaar, staan die hof slegs ân
uitsettingsbevel onder artikel 4(7) van PIE toe as
die hof meen dat
dit reg en billik is na oorweging van alle tersaaklike omstandighede.
Die eerste tersaaklike omstandigheid wat
uitdruklik in artikel 4(7)
genoem word, is âdie regte en behoeftes van bejaardesâ. Selfs
indien applikant in hierdie verrigtinge
bewys het dat respondente
ooreengekom het om die eiendom te ontruim, sou dit ingevolge artikel
4(7) van PIE nie regverdig en billik
wees om ân uitsettingsbevel
toe te staan nie.
[
13] Die
aansoek word met koste afgewys.
____________
A KRUGER
,
R
Namens die applikant: Adv. C Snyman
In opdrag van:
Naudes
BLOEMFONTEIN
Namens die 1ste en 2de
respondente: Mnr. PW Nel
In opdrag van:
Bloemfontein Regsentrum
BLOEMFONTEIN
/
wm