Coetzee and Others v Venter NO and Another (A385/2007) [2009] ZAFSHC 4 (26 January 2009)

62 Reportability
Contract Law

Brief Summary

Contract — Lease agreement — Allegation of fraudulent intent — Applicants sought to have a lease agreement declared void on grounds of actio pauliana, claiming it was executed to shield the first respondent's assets from creditors — Court found that the lease was indeed a fraudulent maneuver intended to evade creditors, as it involved a long-term lease of significant assets shortly after the first respondent's financial difficulties became apparent — Lease declared void and of no effect.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2009
>>
[2009] ZAFSHC 4
|

|

Coetzee and Others v Venter NO and Another (A385/2007) [2009] ZAFSHC 4 (26 January 2009)

IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE
VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)
Saak
Nr. :
A385/2007
In
die saak tussen:
BAREND
BURGER (BEN) COETZEE
1ste
Appellant
JACOBUS
JOHANNES (KOBIE) COETZEE
2de
Appellant
JOHANNES
ERNST (JOHAN) COETZEE
3de Appellant
en
CHARL
JACOB VENTER N.O.
1ste
Respondent
JACOBUS
HENDRIKUS JANSE VAN
RENSBURG
N.O.
2de
Respondent
CORAM
:
CILLIé, R
et
EBRAHIM,
R
et
MOCUMIE
R
_____________________________________________________
UITSPRAAK:
CILLIé, R
_____________________________________________________
AANGEHOOR
OP:
13
OKTOBER 2008
_____________________________________________________
GELEWER
OP:
26 JANUARIE 2006
_____________________________________________________
[1]
Agtergrond:
Dit
sal doenlik wees om in hierdie uitspraak na die partye te verwys soos
hulle in die hof
a
quo
was. In die hof
a
quo
het die applikante ‘n bevel aangevra wat verklaar dat:
“
1. Die
huurkontrak gesluit tussen die respondente op 15 Desember 2001, welke
huurkontrak notarieel verly is en geregistreer is op
18 Maart 2002,
welke aangeheg is as Aanhangsel “L” tot die funderende verklaring
ab
initio
nietig en derhalwe ongeldig verklaar word;
2. Dat die Vierde Respondent gemagtig
word om die aktes-register dienooreenkomstig aan te pas ten einde
effek aan die bevel in bede
1 te gee;
3. Dat die Eerste tot Derde
Respondente, gesamentlik en afsonderlik die een betaal die ander
kwytgeskeld te word, die koste van
hierdie aansoek betaal.”
Die
aansoek spruit voort uit ‘n huurkontrak wat die eerste respondent
met die tweede en derde respondente gesluit het. In terme
van
hierdie huurkontrak is die respondente se plaas en ook vee en
toerusting vir 20 jaar aan die tweede en derde respondente as
vennote
verhuur met ‘n opsie om dit vir ‘n verdere termyn te verleng.
Die applikante se saak aan die hof
a
quo
was dat hierdie huurkontrak met bedrieglike oogmerke gesluit was ten
einde die eerste respondent se bates buite bereik van sy skuldeisers

te stel. Die applikante is ‘n skuldeiser van die eerste
respondent. Die aangevraagde regshulp is deur Kruger R toegestaan.

Die respondente se aansoek om verlof tot appèl is deur hom
afgewys met verlof op petisie verleen deur die hoogste hof van
Appèl
is hierdie aangeleentheid nou op appèl voor hierdie hof.
[2] In sy uitspraak het
Kruger R die aanloop van die gebeure volledige uiteengesit. Vir
doeleindes van hierdie uitspraak is dit
nie nodig om dit te herhaal
nie. Dit is voldoende ten einde begrip te verkry van wat op appèl
in geskil is om te meld dat:
2.1 Die drie respondente,
synde broers, ‘n boerdery as vennote bekend as Coetzee Boerdery
bedryf het sedert 1996;
2.2 Eerste respondent
mettertyd in ‘n finansiële skema wat later die naam BSM
Marketing Management (Edms) Bpk (Blueskeye)
gedra het betrokke geraak
het.
2.3 Daardie maatskappy
deur hierdie hof as ‘n piramiede skema verklaar is.
2.4 Die applikante as
likwidateurs van BSM Marketing aangestel is.
2.5 Die eerste respondent
bepaalde bedrae, onder andere voortspruitende uit koste bevele wat
een hom toegestaan was aan die applikante
as likwidateurs verskuldig
is.
2.6 Die eerste respondent
op ‘n bepaalde stadium uitgetree het uit die vennootskap.
2.7 In
opvolging daarvan die gewraakte huurkontrak tussen die eerste
respondent enersyds en die tweede en derde respondente as vennote

andersyds gesluit is.
2.8 Die eerste
respondente geen ander bates het waarteen die applikante hul eise kan
uitvoer nie.
[3] Die
applikant se aansoek is gebasseer op die beginsels
actio
pauliana.
Die applikante voer aan dat die huurkontrak ‘n vervreemding en
in
fraudem creditorium
is gesluit met die uitsluitlike oogmerk om die eerste respondent se
bates teen sy skuldeisers te beskerm. Alhoewel die bates wat
die
onderwerp van die huurkontrak vorm nie as sodanig gevorder word deur
die applikante nie, soos by die
actio
pauliana
gebruiklik is, word gevra dat die vervreemding daarvan ter syde
gestel word. Die effek daarvan is dieselfde as wat dit sou wees
met
die konvensionele
actio
pauliana
.
[4]
Geskilpunt:
Die geskil tussen die
partye is gestroop van alle bykomstighede bloot of die huurkontrak ‘n
bedrieglike maneuver was ten einde
die applikante se aansprake te
onduik.
[5]
Die
applikante se saak:
Die volgende feite is as
deel van die applikante se saak nie werklik in geskil nie.
Daar het sedert 3 Julie
1996 ‘n skriftelike vennootskapsooreenkoms met ‘n boerdery as
aktiwiteit tussen die drie respondente
bestaan.
Klousule
1 daarvan bepaal dat dit vir ‘n onbepaalde tyd van krag is maar
“kan
deur skriftelike kennisgewing van ses maande deur enige van die
vennote aan die ander vennote beëindig word”.
‘
n Handgeskrewe
dokument wat voorgee die notule te wees van ‘n vergadering van
die vennote gedateer 15 April 1999 meld onder
andere as volg:
“
B.B. Coetzee sê dat hy
belangstel om ‘n nuwe besigheid te begin in Call and Put Options
waarin hy mense se geld wil belê
teen ‘n kommissie verdienste
op die geld. Hy beplan om net as versamelaar van fondse optree en
die geld aan Mnr Herman Pretorius
te stuur in die Kaap. Hy sal dan
kommissie verdien op die winste soos met die kliënte ooreengekom
word.
‘
n Gesamentlike besluit word geneem
dat die boerdery homself distansieer van die nuwe besigheid van B.B.
Coetzee en dat daar geen
verbindtenis moet wees tussen Coetzee
Boerdery en die nuwe beleggingsbesigheid nie.”
Vergelyk bl. 68 van
die stukke.
Per skrywe gedateer 16
Oktober 2001 rig die Registrateur van Bank ‘n skrywe aan die
maatskappy Blueskeye wat daarop dui dat
vermoed word dat die
maatskappy onwettig die besigheid van ‘n bank bedryf. ‘n Groot
hoeveelheid inligting ondersteun deur
dokumente word aangevra.
Vergelyk bl. 56, aanhangsel “E”.
Op 13 November 2001
stel die Registrateur van Banke ‘n ouditeursfirma aan om as
inspekteurs die sake van Blueskeye te ondersoek.
Vergelyk bl. 58,
aanhangsel “F”.
Op 14 November 2001
neem die ondersoek ‘n aanvang.
Op advies besluit
eerste respondent en sy mede direkteur om die besigheid van
Blueskeye te staak.
Op 15 Desember 2001
onderteken die eerste respondent die gemelde notariële
huurkontrak in terme waarvan hy feitlik al sy
bates aan tweede en
derde respondente verhuur vir ‘n termyn van 20 jaar met ‘n
opsie om dit te verleng. Die effektiewe
datum van die huurkontrak
word in klousule 4.1 daarvan terugdateer na 1 Maart 2001. Vergelyk
bl. 74, aanhangsel “I”.
Hierdie huurkontrak
word notarieël verly en geregistreer op 18 Maart 2002.
Op 3 Oktober 2002 word
Blueskeye gelikwideer.
In Julie 2004 word
Blueskeye deur die hof verklaar ‘n onwettige en bedrieglike
piramiede skema te wees met skulde van meer
as R50 miljoen.
[6]
Die
Respondente se saak:
Die respondente se
weergawe word by monde van derde respondent weergegee. Die kern
elemente daarvan is as volg:
Hy bevestig die bestaan
van die skriftelike vennootskapsooreenkoms sedert Julie 1996.
Met verwysing na die
vergadering tussen die vennote op 15 April 1999 (Bylae J)
verduidelik hy dat die twee ander vennote nie
betrokke wou wees by
eerste respondent se Blueskeye aktiwiteite nie. Die vennootskap
het egter nie ontbind nie.
Op 15 Januarie 2001 het
die eerste respondent op ‘n vergadering uitgetree as ‘n
vennoot. Die handgeskrewe notule van daardie
vergadering word as
Bylae O2 (Bl. 168) aangeheg.
Die effektiewe datum
van eerste respondent se uittrede sou wees 28 Februarie 2001.
Daar is ooreengekom
dat:
6.5.1. Die oorblywende
twee vennote eerste respondent se bates by hom sal huur;
6.5.2 Die vennootskap se
prokureur, ene Joe Schoeman, opdrag gegee sou word om die huurkontrak
op te stel.
6.6 Op 30 Januarie 2001
is gesegde Joe Schoeman oor die aangeleentheid gespreek. Schoeman
adviseur dat ‘n notariële huurkontrak
gesluit moet word.
6.7 Gedurende die tweede
helfte van 2001 is Schoeman weer gespreek oor finansiële state.
Dit blyk toe dat die skriftelike
huurkontrak nog nie opgestel is nie.
6.8 Op 15 Desember 2001
is die respondente deur Schoeman ingelig dat die kontrak gereed is
vir ondertekening.
[7] In ‘n
ondersteunende eedsverklaring van gesegde Joe Schoeman meld hy dat:
7.1 Die vennote hom
gespreek het op 30 Januarie 2001;
7.2 Hy meegedeel is dat
eerste respondent uittree uit die vennootskap met ingang van 28
Februarie 2001;
7.3 Die tweede en derde
respondente die bates van eerste respondent huur;
7.4 Hy
“nie enige spesifieke opdrag ontvang het dat ek onmiddellik moet
voortgaan met die opstel van die skriftelike dokument
nie.”
7.5 Gedurende die tweede
helfte van die jaar het die drie respondente hom weer gespreek het
oor finansiële state.
7.6 Hy toe opdrag gegee
is tot die opstel en notariële verlyding van die huurkontrak
“met die bepalings van die mondelinge
huurkontrak wat toe reeds
bestaan het.”.
7.7 Hy “te gelegener
tyd die dokument opgestel het” en dit notariëel verly en laat
registreer het.
[8] Namens
die applikante is in die hof
a
quo
aangevoer dat die beweerde mondelinge huurkontrak ‘n versinsel is
wat deur die respondente voorgehou word ten einde die skriftelike

huurkontrak wat bykans ‘n jaar later eers gesluit is
geloofwaardigheid te gee. Dit was aangevoer dat die skriftelike
huurkontrak
tot stand gekom het nie in uitvoering van ‘n beweerde
vroeëre mondelinge huurkontrak nie maar teweeggebring was deur
die
Registrateur van Banke se bemoeienis met eerste respondent se
sakebedrywighede.
[9] In sy uitspraak het
Kruger R as volg met hierdie aspek gehandel:
“
54.
Die
volgende is belangrik om respondente se instelling te bepaal:
Respondente is broers.
Die eerste respondent was op die
stadium toe die huurkontrak geteken is reeds vir meer as ‘n jaar
nie by die boerdery betrokke
nie.
Daar is ‘n ondersoek van die
Registrateur van Banke aan die gang, en daarna word notariële
verlyding en registrasie van
die huurkontrak gedoen ten einde
beskerming teen derdes (insluitende eerste respondent se
skuldeisers) te bewerkstellig.
Die eerste
respondent het skuldeisers van nagenoeg R50 miljoen.
Die
balju kon nie daarin slaag om die nagenoeg R500 000,00 waarvoor
applikante vonnis het, uit eerste respondent te kry nie.
Alle plase en vee waaroor die eerste
respondent beskik het, is aan die tweede en derde respondente
verhuur. Die waarde van die
verhuurde items word op aanhangsel “K”
as nagenoeg R2 miljoen aangedui.
Die buitengewoon lang huurtermyn
sowel as die opsie aan die tweede en derde respondente verleen om
die huurtermyn te verleng,
bring effektief mee dat die bates luidens
die notariële huurkontrak aan die tweede en derde respondente
verhuur, wat betref
skuldeisers, nie meer bates van die eerste
respondent is nie.
Die blote feit dat die eerste
respondent enersyds en tweede en derde respondente andersyds, en op
advies van ‘n prokureur, die
huurkontrak notarieel laat registreer
het terwyl dit vir die geldigheid daarvan nie nodig was nie,
demonstreer die respondente
se bedrieglike oogmerk.”
Vergelyk bl. 313, par 10.
Daar
is duidelik ‘n feitegeskil op die stukke. Nie soseer oor tot die
totstandkoming van hierdie Notariële Huurkontrak
nie maar die
oogmerke daarmee. Die geskil gaan eerder oor welke afleidings
geregverdiglik uit die feite en gebeure soos
supra
uiteengesit gemaak kan word. Ek aanvaar dat die korrekte benadering
in sulke omstandighede die is soos uiteengesit in
PLASCON-EVANS
PAINTS v VAN RIEBEECK PAINTS
[1984] ZASCA 51
;
1984 (3) SA 623
(A) op 634 E en verder. Ek is ook gedagtig aan die
opmerkings van Price RP in
SOFFIANTINI
v MOULD
1956 (4) SA 150
(OK) op 154 H as volg:
“
It is necessary
to make a robust, commonsense approach to a dispute on motion as
otherwise the effective functioning of the Court
can be hamstrung and
circumvented by the most simple and blatant stratagem. The Court
must not hesitate to decide an issue of
fact on affidavit merely
because it may be difficult to do so. Justice can be defeated or
seriously impeded and delayed by an
over fastidious approach to a
dispute raise in the affidavits.”
[11] Die
respondente (appellante in hierdie hof) dra die las om ons op appèl
te oortuig dat die gevolgtrekking wat die hof
a
quo
bereik het foutief was. Na oorweging van die betoog Mnr Danzfuss,
namens die respondente, bly ek egter onoortuig daarvan. Benewens
die
oorwegings deur die hof
a
quo
vermeld
en hierbo uiteengesit is die volgende ook nie sonder betekenis nie.
11.1 Daar
is onsekerheid wanneer presies die beweerde mondelinge huurkontrak
gesluit sou gewees het. Die deponent namens die respondente
(derde
respondente) se weergawe oor die sluiting van die mondelinge
huurkontrak is weifelend en onseker. In paragraaf 11.8 van
sy
opponerende eedsverklaring verklaar hy dat daar “reeds op 15
Januarie 2001 besluit is om ‘n huurkontrak te sluit en aan
te
gaan”. Dit veronderstel dat in die vooruitsig gestel word dat die
huurkontrak aangegaan sou word. Dit word bevestig in paragraaf
11.9
waar die deponent verklaar dat deur uitvoering van die besluit
gesegde Schoeman toe gespreek is. Die notule van die vergadering
van
15 Januarie 2001 (bl. 168) laat hieroor geen twyfel nie waar dit
meld:
“
Daar word
ooreengekom dat ‘n huurkontrak opgestel
sal
word deur Mnr Joe Schoeman en dat die voorwaardes met hom bespreek
sal
word.”
My
onderstreping.
Hierteenoor gee gesegde
Joe Schoeman in sy eedsverklaring te kenne dat hy meegedeel is dat
die partye reeds “ooreengekom het dat...”.
11.2 Volgens derde
respondent gaan spreek hulle juis vir Schoeman “ter nakoming van
die besluit geneem op 15 Januarie 2001”
dat ‘n skriftelike
huurkontrak opgestel sou word. (Bl. 119, par 11.9) Volgens Schoeman
egter ontvang hy nie spesifieke opdragte
dat hy onmiddellik moet
voortgaan met die opstel van die skriftelike dokumente nie.
(Vergelyk bl. 172, par 6.)
11.3 Schoeman meld in
paragraaf 7 op bladsy 173 van sy eedsverklaring dat in die tweede
helfte van 2001 hy opdrag gegee is tot die
opstel van die Notariële
Huurkontrak in ooreenstemming met die bepalings van “die mondelinge
ooreenkoms wat toe reeds bestaan
het”.
11.4 Die
buitengewoon lang termyn van die huurkontrak met ‘n opsie aan die
tweede en derde respondente om dit verder te verleng
is ‘n term wat
nêrens figureer as deel van die beweerde mondelinge huurkontrak
nie. Die respondente openbaar nêrens
hoe en wanneer daar op
hierdie termyn mondeling ooreengekom sou gewees het nie. Dit laat
slegs een afleiding en dit is dat op
die termyn van die huurkontrak
eers besluit is toe die skriftelike huurkontrak aangegaan is. Dit
was nadat die Registrateur van
Banke se inspekteur reeds hul
ondersoek begin het tot kennis van ten minste eerste respondent. Die
afleiding is onafwendbaar dat
die termyn van die huurkontrak daarop
gerig was om die eerste respondent se bates buite bereik van
skuldeisers te plaas omdat probleme
voorsien was.
11.5 Die bepaling in die
huurkontrak (klousule 16) dat op versoek van die verhuurder die
huurder die huurgelde direk aan die verbandhouer
moet betaal is erg
ongewoon. Waarom mag met reg gevra word sou eerste respondent so ‘n
reëling in die huurkontrak wou hê?
Die antwoord is voor
die hand liggend. Eerste respondent wou die huurgelde buite om
homself na die verbandhouer kanaliseer sodat
skuldeisers nie in sy
hande daarop beslag kan lê nie maar die verband steeds betaal
bly. Daar is ook nêrens in die
respondente se stukke enige
aanduiding dat so ‘n bepaling deel was van die beweerde vroeëre
huurkontrak nie.
[12] Die ongewone lang
vertraging in die opstel van die skriftelike huurkontrak is ook nie
bevredigend verduidelik nie.
[13] Die
oorwegings bo vermeld maak die respondente se weergawe so
onwaarskynlik dat die hof
a
quo
dit na my mening tereg as vergesog en onhoudbaar op die stukke bevind
het.
[14]
Koste:
Mnr. Danzfuss, namens
die respondent het toegegee dat die omvang van die appèl
sodanig is dat dit die gebruik van twee advokate
namens die
applikante regverdig het.
Bygevolg word die appèl
afgewys met koste, sodanige koste om in te sluit die koste van twee
advokate.
____________
C.B.
CILLIé,
R
Ek stem saam.
_______________
S. EBRAHIM, R
Ek stem saam.
________________
B.
C. MOC
UMIE,
R
Namens
die app
ellante: Adv.
P. Zietsman
Bygestaan
deur:
Adv J G Gilliland
In opdrag van:
Naudes
BLOEMFONTEIN
Namens
die respondente: Adv. F.W.A. Danzfuss SC
In
opdrag van:
Schoeman
Maree Ing.
BLOEMFONTEIN
/EM