Leyds NO v Noordwestelike Kooperatiewe Landboumaatskaapy Bpk en Andere [1985] ZASCA 148 (8 March 1985)

82 Reportability

Brief Summary

Co-operative Societies — Liability of members — Appeal against a decision regarding the interpretation of "unpaid liabilities" under section 77(1) of the Co-operative Societies Act 29 of 1939 — Appellant contended that unpaid capital calls constituted assets, not liabilities, and that members remained liable for the co-operative's debts — Court held that the statutory obligation of members to contribute to unpaid debts remains, and that the right to call for unpaid capital is retained by the liquidator, notwithstanding any cession of rights to creditors.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1985
>>
[1985] ZASCA 148
|

|

Leyds NO v Noordwestelike Kooperatiewe Landboumaatskaapy Bpk en Andere [1985] ZASCA 148 (8 March 1985)

SAFLII
Note:
This
case was originally published by Juta and Company (Pty) Ltd. Juta
retains copyright as far as it subsists.
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA
(APPèLAFDELING)
In
die saak tussen:
LEYDS
NO
APPELLANT
V
NOORD-WESTELIKE
KOÖPERATIEWE
LANDBOUMAATSKAPPY
BPK EN
ANDERE
RESPONDENT
Parallel
citation:
1985 (2) SA 769
(A)
Coram:
Miller AR, Joubert AR, Cillié AR, Nicholas AR en Hefer AR
Heard:
February 15, 1985
Judgment:
March 8, 1985
UITSPRAAK
Case
Information
Appèl
teen 'n beslissing van 'n Volbank van die Transvaalse Provinsiale
Afdeling (F S STEYN R, KIRK-COHEN R en SPOELSTRA
R). Feite wat nie
van belang is nie is uit die uitspraak van HEFER AR weggelaat.
E
Morris SC (bygestaan deur A P Kruger ) namens die appellant: In die
uitspraak van die Volbank word bevind dat die onopbetaalde
bedrae nie
"onvoldane laste of verpligtings" van die gelikwideerde
maatskappy ingevolge art 77 (1) van Wet 29 van 1939
was nie. Die
"onvoldane laste of verpligtings" waarna art 77 (1) verwys,
is egter die laste of verpligtings van Sentramark
teenoor krediteure,
en dié frase in art 77 (1) verwys glad nie na die reg om
onopbetaalde kapitaal op te roep nie - wat
in elk geval 'n bate (en
nie 'n las nie) van die maatskappy is. Die bevinding dat die
respondente nie langer skuldenare van Sentramark
is nie lei glad nie
tot die gevolgtrekking dat hul nie vir Sentramark se onvoldane laste
aanspreeklik is nie. Die redes in die
uitspraak verstrek, lei dan tot
die oor die hoof sien van die juiste uitleg van art 77 (1) van die
Wet. Die artikel het betrekking
op die verdeling van skulde onder
diegene wat "vir betaling daarvan " aanspreeklik is, en het
niks te doen met die te
gelde making van bates of die oproep van
aandelekapitaal nie. Die artikel impliseer dan
1985
(2) SA p771
ook
dat lede 'n verpligting het om die skulde van die koöperatiewe
vereniging teenoor derdes te betaal, en wel ooreenkomstig
die
bepalings van art 20 (1) of (2), na gelang van die geval. Artikel 20
(1) spel dan ook die verpligting uit. Artikel 20 (2) verwys
wel nie
in soveel woorde na die aanspreeklikheid van lede teenoor derdes nie,
maar dit is duidelik dat dié subartikel ook
op
aanspreeklikheid teenoor derdes betrekking het, anders sou dié
subartikel oorbodig wees, aangesien die aanspreeklikheid
van 'n lid
teenoor die maatskappy kontraktueel kan ontstaan en omskryf word. Wat
die likwidateur dus ingevolge art 77 (1) doen,
is om 'n kontribusie
te hef op lede vir hul aanspreeklikheid vir onvoldane skulde en
verpligtings. Hierdie statutêre mag
het niks te doen met die
oproep van onopbetaalde aandelekapitaal nie (wat die te gelde making
van 'n bate is), en word dus glad
nie geraak deur enige sessie van
die reg om onopbetaalde aandelekapitaal op te roep nie of deur die
aspek oor waar die reg om sodanige
oproep te maak vestig of berus
nie. Wat art 77 (1) van die Wet wel bepaal, is dat in 'n geval soos
die huidige (waar daar 'n koöperatiewe
landboumaatskappy met
beperkte aanspreeklikheid is) die aanspreeklikheid van elke lid
ingevolge die kontribusierekening beperk
is tot die bedrag van die
nominale waarde van die aandele deur hom besit. Maar hierdie
beperking op die bedrag wat by wyse van
kontribusie deur die
likwidateur op 'n lid gehef mag word, omskep nog nie die aard van die
statutêre vordering nie.
Daar
is twee basisse waarop die bevinding dat die reg om onopbetaalde
kapitaal op te roep na die sessie aan die Landbank nie meer
in
Sentramark, en derhalwe nie in die appellant vestig nie, aanvegbaar
is. (i) 'n Sessie in securitatem debiti kan op twee wyses
daargestel
word. Alexander and Another NNO v Standard Merchant Bank Ltd 1978 (4)
SA op 739H - 740H; Holzman NO and Another v Knights
Engineering &
Precision Works (Pty) Ltd 1979 (2) SA op 792B - D. Op die feite het
ons hier te doen met die verpanding van 'n
onliggaamlike saak wat, by
insolvensie, 'n bate in die boedel van die gesekwestreerde sedent sal
wees, onderhewig aan die voorkeur
van die sessionaris. De Hart NO v
Virginia Land and Estate Co Ltd 1957 (4) SA op 505A - G; Kotsopoulos
v Bilardi 1970 (2) SA op
398G; Sandilands v Sandilands' Trustee and
Paul 1913 CPD op 635; Susan Scott The Law of Cession op 140; Joubert
The Law of South
Africa band 2 para 369 op 223. National Bank of
South Africa Ltd v Cohen's Trustee
1911 AD 235
is nog nooit deur die
Appèlhof omvergewerp nie. Inteendeel is die begrip van
verpanding van 'n onliggaamlike saak (soos
'n vorderingsreg) wat die
sedent nie sy volle dominium ontneem nie - in teenstelling met 'n
oordrag van die hele dominium, gekoppel
met slegs 'n persoonlike reg
om teruglewering te eis as die skuld, deur die sessie verseker,
uitgewis is - nog weer erken in Trust
Bank of Africa Ltd v Standard
Bank of South Africa 1968 (3) SA op 186F - 187C, en dit ten spyte van
uitdruklike verwysing na Lief
NO v Dettman
1964 (2) SA 252.
Volgens
die National Bank of South Africa- saak supra vestig die dominium van
die eis op onopgeroepte kapitaal nog in die sedent,
Sentramark. Dat
die eis, of die opbrengs daarvan, onderhewig mag wees aan voorkeur
van die Landbank as versekerde skuldeiser, is
'n aspek wat in die
huidige verrigtinge nie ter sake is nie. In die alternatief word die
volgende aan die hand gegee. 'n Sessie
is 'n bi-laterale juristiese
hande-
1985
(2) SA p772
ling
(ooreenkoms), waarvolgens die sedent sy vorderingsreg aan die
sessionaris oordra. LTA Engineering Co Ltd v Seacat Investments
1974
(1) SA op 762A. Die sedent moet die bedoeling hê om die
vorderingsreg oor te dra, en die sessionaris om dit te aanvaar.

National Bank of South Africa Ltd v Cohen's Trustee (supra op 258).
Ten tye van die aangaan van die "sessies" het geen

vorderingsreg in Sentramark gesetel nie, omdat geen oproep van
onbetaalde kapitaal gemaak is nie. Dit was derhalwe 'n sessie van
'n
spes, of 'n toekomstige reg, wat alleen sy ontstaan sou kry nadat
sodanige oproep deur Sentramark gemaak is (wat nooit gebeur
het nie).
Die gemelde "sessies" kan ook as voorwaardelike sessies
gesien word, opgeskort tot tyd en wyl Sentramark die
onbetaalde
kapitaal sou oproep. Die sessies was dus òf onvoltooid òf
die voorwaarde waaraan hulle onderhewig was,
is nooit nagekom nie. 'n
Behoorlike uitleg van die sessies regverdig die afleiding dat
Sentramark en die Landbank alleenlik bedoel
het dat die Landbank
aanspraak sou kon maak op die bedrag van die oproepe, nadat dit
gemaak is. Die oorkonde reflekteer ook geen
optrede of bedoeling wat
hiermee teenstrydig is nie. Die grondslag van die bevinding van die
Hof a quo moet dus omvergewerp word.
(ii) Die sessie van 'n reg om
onopbetaalde kapitaal te vorder aan 'n bepaalde skuldeiser, kom neer
op 'n vermindering van uitgereikte
kapitaal wat tot nadeel van ander
skuldeisers strek. Daarom mag 'n maatskappy onder die Maatskappywet
ingelyf byvoorbeeld nie sy
eie aandele koop nie, of dividende uit
kapitaal betaal nie, en (met enkele uitsonderings waar skuldeisers
nie benadeel kan word
nie) moet enige kapitaalverminderings deur die
Hof bekragtig word, nadat skuldeisers geleentheid gegee is om
daarteen beswaar te
maak. Sodanige sessie sou normaalweg in stryd
wees met die hele basis van die bestaan van 'n korporatiewe
regspersoon met beperkte
aanspreeklikheid, maar die geldigheid van
sodanige sessie is wel in die maatskappyreg erken, waar die
maatskappy se statute dit
magtig. Sien Newton v Debenture Holders and
Liquidators of the Anglo-Australian Investment Finance and Land Co
1895 AC 244.
In die onderhawige geval bevat die statute van
Sentramark geen sodanige bevoegdheid nie en daar is geen gesag dat,
in 'n geval
soos die onderhawige, regte wat geskep is spesifiek ten
voordele van skuldeisers, vryelik sedeerbaar is ten nadele van
sodanige
skuldeisers nie. Enige geldigheid van sodanige sessie moet
statutêr ontleen word, en (1) die geldigheid van die sessie;
(2)
die omvang van die regte wat die sessionaris daaruit verkry; (3)
die beperkings op die regte van die sessionaris en (4) die effek
van
sessie, met die statutêre omvang en beperkings daarvan, op die
regte van 'n likwidateur van 'n koöperatiewe maatskappy

ingevolge Wet 29 van 1939 moet streng binne die bestek van die
statutêre bepalings gevind word. Dit sal hieronder aangedui

word dat die statutêre bepalings in die geval van Sentramark
nie alleenlik nie die reg om die onopbetaalde kapitaal op te
roep in
die Landbank vestig nie, maar ook tot gevolg het dat die reg om die
onopbetaalde kapitaal by wyse van kontribusie te hef
in die
likwidateur bly vestig. Artikel 38 (1) van die Landbankwet 13 van
1944 bepaal dat 'n maatskappy (wat Sentramark insluit)
aan wie 'n
voorskot verstrek is, as sekuriteit vir daardie voorskot aan die
Landbank al sy regte en aanspraak kan sedeer op die
bedrag van
ingeskrewe maar onopbetaalde kapitaal en die bedrag van enige
voorwaardelike
1985
(2) SA p773
aanspreeklikheid
wat aan sy aandele verbonde is. Artikel 38 (2) (a) bepaal dat die
raad van die Landbank kan gelas dat so 'n sessie
vergesel gaan van 'n
lys van onder andere die name van die aandeelhouers en die bedrag van
aanspreeklikheid aan elke aandeel verbonde.
Artikel 38 (3) bepaal dat
die raad van die Landbank "betaling van die aanspreeklikheid kan
afdwing asof dit 'n in subart (2)
van art 63 bedoelde
aanspreeklikheid was". 'n Sessie aan die Landbank word beheer
deur die Landbankwet, en die sessies in
die onderhawige saak was
inderdaad sessies ingevolge art 38 van die Landbankwet uitgevoer. Die
remedies wat aan dié sessie
ontleen is, is slegs dié
wat deur art 63 voorgeskryf is. Artikel 63 (1) bepaal dat, na sekere
voorskrifte nagekom is, "die
raad van die Landbank een of meer
van die bevoegdhede uit kragte van die in subart (1) van art 38
bedoelde sessie aan hom verleen,
uitoefen". Die sessie kan egter
nie meer regte oordra as wat die sedent gehad het nie, en ook nie die
verpligtings van die
lede verander of beswaar nie. Die reg om
onopbetaalde kapitaal op te roep, en die verpligting van die lede om
aan so 'n oproep
te voldoen, word gevind in die statute van
Sentramark. Sodanige oproep van onopbetaalde aandelekapitaal kan net
gemaak word op
die tye en in die bedrae as wat die raad (dws die raad
van direkteure van Sentramark) bepaal. Juis omdat art 63 (1) se
werking
slegs is soos hierbo aangedui, meld art 63 (2) die
bevoegdhede van die raad van die Landbank om sekere stappe te doen
"indien
iemand deur wie 'n bedrag ten opsigte van
aanspreeklikheid weens ingeskrewe maar onbetaalde kapitaal of
voorwaardelike aanspreeklikheid
verbonde aan aandele, ingevolge die
memorandum (as daar is) en akte van oprigting of regulasies van die
maatskappy betaalbaar geword
het..." Die lede van Sentramark kan
dus nie ingevolge 'n oproep van onopbetaalde aandelekapitaal vir
betaling aangespreek
word nie, en daar is geen reg om so 'n oproep te
maak nie, tensy dit geskied deur bepaling van die raad van direkteure
van Sentramark.
Die direkteure van Sentramark se magte en bevoegdhede
is egter by likwidasie beëindig, en die raad van direkteure het
functus
officio geword by likwidasie. Attorney-General v Blumenthal
1961 (4) SA op 315F - H. Geen oproep van onopbetaalde
aandelekapitaal,
in ooreenstemming met die oproepvoorskrifte van die
statute van Sentramark, was dus meer moontlik na likwidasie nie. Die
effek
van die voorgaande kan op verskeie regsbasisse geskoei word: (a
) Of die sessie was voorwaardelik (die voorwaarde synde die nodige

bepaling deur die raad van direkteure van Sentramark), en by gebrek
aan vervulling van die voorwaarde het die sessie-ooreenkoms
nie
oordrag van die daarinvermelde regte tot gevolg gehad nie; (b) of die
sessie was onvoltooid, omdat verdere medewerking van
die sedent nodig
was om die afdwingbaarheid van die daarinvermelde regte te weeg te
bring, en daarom het die sessie-ooreenkoms
nog geen regte oorgedra
nie. Guman v Latib 1965 (4) SA op 722 in fine; (c) of die reg om
onopbetaalde kapitaal op te roep was,
weens art 7 van Sentramark se
statute, onoordraagbaar. Die vermoë om die onopbetaalde kapitaal
op te roep ingevolge die statute
van Sentramark, moet egter nie
verwar word met die bestaan van die verpligting om die onopbetaalde
aandelekapitaal te betaal nie,
en sluit nie uit nie die statutêre
roete van opvordering van die onopbetaalde kapitaal by wyse van'n
kontribusieheffing teen
"diegene
1985
(2) SA p774
wat
vir die betaling aanspreeklik is". Sien art 77 (1) van Wet 29
van 1939; Fowler v Broad's Patent Night Light Co
[1893] 1 Ch 724.
Vir
voormelde redes was appellant wel geregtig was om 'n kontribusie teen
die respondente te hef.
J
P Roux SC (bygestaan deur B R du Plessis ) namens die respondente:
Die regte van Sentramark op onopbetaalde kapitaal, ingeslote
die reg
om sodanige onopbetaalde kapitaal op te roep, is aan die Landbank
gesedeer, en appellant het dus nie die reg om dit te
vorder nie.
Alhoewel dit in geeneen van die Howe waar hierdie aangeleentheid
aangehoor is betoog is nie, voer die appellant nou
aan dat die
kontribusierekening wat die likwidateur in terme van art 77 (1) van
Wet 29 van 1939 opgestel het, niks te make het
met die tegeldemaking
van bates of die oproep van onopbetaalde aandelekapitaal nie. Aldus
die appellant se betoog word die magte
van die likwidateur in terme
van art 77 (1) dus nie geraak deur enige sessie van die reg om
onopbetaalde aandelekapitaal op te
roep nie en ook nie deur enige
ooreenkoms om nie onopbetaalde aandelekapitaal op te vorder nie. Voer
'n mens die argument tot sy
logiese uiteinde, dan beteken dit ook dat
die feit dat 'n aandeelhouer sy aandele reeds opbetaal het, nie ter
sake is by die opstel
van die lys van kontribuante nie. Die betoog
namens die appellante verloor die duidelike verskil tussen die
bepalings van art 20
(1) en art 20 (2) van die Wet uit die oog.
Artikel 20 (1) bepaal duidelik dat die lede van 'n onbeperkte
koöperatiewe landbouvereniging
aanspreeklik is vir die betaling
van die skulde en verpligtinge van die vereniging. Artikel 20 (2)
bepaal aan die ander kant uitdruklik
dat die aanspreeklikheid van 'n
lid beperk is tot betaling van die nominale waarde van die aandeel of
aandele deur hom besit. Dit
is opmerklik dat art 20 (2) nie bepaal
dat die lid aanspreeklik is vir die skulde en verpligtinge van die
maatskappy tot 'n bedrag
gelykstaande aan die waarde van die nominale
waarde van die aandeel of aandele deur hom besit nie, maar bepaal dat
die lid slegs
die nominale waarde moet betaal. As hy dit een maal
betaal het, beteken dit gevolglik dat hy nie weer opgeroep kan word
om dit
te betaal nie. Die verpligting om die nominale waarde van die
aandele te betaal, soos wat dit in art 20 (2) gestel word, is 'n
verpligting wat lede teenoor die maatskappy het en nie 'n verpligting
wat hulle, soos in die geval van 'n onbeperkte landbouvereniging,

teenoor krediteure van die maatskappy het nie. Die bewoording van art
77 (1) van die Wet verander hoegenaamd nie hierdie beginsel
nie. Die
bewoording van laasgenoemde artikel kan nie só uitgelê
word dat dit in effek beteken dat lede se verpligtinge
om
aandelekapitaal op te betaal, ná likwidasie verander in 'n
vorm van statutêre borgstelling teenoor krediteure nie.
Die
artikel moet verder uitgelê word in die lig van die algemene
regsbeginsels betrokke by die verskil tussen beperkte en
onbeperkte
maatskappye. Die vordering van onopbetaalde aandelekapitaal deur die
likwidateur na likwidasie in die geval van 'n maatskappy
met beperkte
aanspreeklikheid, bly in sy wese 'n oproep om onbetaalde
aandelekapitaal op te betaal aan die maatskappy. Aan hierdie
beginsel
doen art 77 (1) geen afbreuk nie, omdat dit duidelik is dat, soos die
betrokke subartikel bepaal, die aandeelhouers van
onopbetaalde
aandelekapitaal wel in 'n sin vir die skulde en verpligtinge van die
maatskappy
1985
(2) SA p775
aanspreeklik
is, alhoewel nie teenoor die krediteure nie, maar teenoor die
maatskappy self. Hulle verpligtinge is daartoe beperk
om 'n fonds
daar te stel waaruit krediteure betaal kan word, teenoor die geval
van lede van 'n onbeperkte vereniging wat direk
teenoor die
krediteure gesamentlik en afsonderlik aanspreeklik is. Waar die reg
om onopbetaalde aandelekapitaal te vorder, sedeer
is, of waar die
maatskappy kontraktueel gebonde is om nie onopbetaalde
aandelekapitaal te vorder nie, kan die likwidateur dit ook
nie ná
likwidasie doen nie. Die sessie in die onderhawige geval is gedoen
kragtens, en is gemagtig deur, die bepalings van
art 38 (1) van die
Landbankwet 13 van 1944, soos gewysig. In die lig van die statutêre
magtiging vir die sessie, is dit nie
ter sake of die statute van
Sentramark die sessie magtig nie. Uit art 38 (2) en (3) van die
Landbankwet blyk dit dat die bedoeling
van die Wetgewer was dat die
Landbank as gevolg van 'n sessie van onopbetaalde aandelekapitaal
volledig in die skoene van die direksie
(en dus ook die likwidateur
ná likwidasie) moet stap, en ook die reg moet hê om die
onopbetaalde aandelekapitaal op
te roep. Die feit dat art 63 (2)
bepaal dat die Landbank die onopbetaalde aandelekapitaal kan vorder
van iemand deur wie 'n bedrag
"ten opsigte van aanspreeklikheid
weens ingeskrewe maar onbetaalde kapitaal ingevolge die memorandum
(as daar is) en akte
van oprigting of regulasies van die maatskappy
betaalbaar geword het", doen nie afbreuk aan die feit dat die
Landbank self
die oproep kan maak nie. Dit bevestig slegs maar dat
die Landbank, soos die direksie, gebonde is daaraan om die oproep te
maak
ooreenkomstig die "memorandum en akte van oprigting of
regulasies". Selfs al sou dit so wees dat nie die Landbank nie,

maar die direksie (of die likwidateur ná likwidasie) die
oproep moet maak na die sessie, doen dit nie aan die geldigheid
van
die sessie afbreuk nie en is die direksie (of die likwidateur)
gebonde om die oproep te maak slegs ten voordele van die Landbank,

aangesien alle regte op die opbrengs van só 'n oproep kennelik
by die Landbank berus. Om art 38 (1) en art 63 (2) van die

Landbankwet uit te lê asof dit 'n voorwaardelike sessie of 'n
sessie van 'n spes alleen magtig, sou beteken dat die magtiging
deur
die artikels verleen as sekuriteit by likwidasie nutteloos is, wat 'n
absurde resultaat sou wees. Daar bestaan gesag dat die
resultaat van
'n sessie is dat die sessionaris na die sessie volledig in die skoene
van die sedent stap. Na die sessie is dit die
sessionaris en die
sessionaris alleen wat die vorderingsreg wat sedeer is kan afdwing.
Pizani and Another v First Consolidated
Holdings 1979 (1) SA op 77B -
C; Joubert The Law of South Africa band 2 paras 360, 362; Scott The
Law of Cession op 75, 76. Die
onderhawige sessie aan die Landbank is
gegee in securitatem debiti. Dit maak egter geen verskil aan die
beginsel uiteengesit nie,
want die effek van 'n sessie in securitatem
debiti is steeds dat die sedent van alle regte ontdoen word en dat
alle regte op die
sessionaris oorgaan. Lief NO v Dettman 1964 (2) SA
op 271E - G; Trust Bank of Africa Ltd v Standard Bank of South Africa
Ltd 1968
(3) SA op 189A - C, 173D - 174 bo-aan; Holzman NO and
Another v Knights Engineering 1979 (2) SA op 791H; Mercatrust v
Keepers Hosiery
Suid-Afrika
1980 (3) SA 411.
Verder, al sou dit so
wees dat 'n sessie in securitatem debiti soms ook die vorm van 'n
pandgewing van 'n onroerende saak kan aanneem,
soos deur die
appellant betoog, is daar dan in die onderhawige
1985
(2) SA p776
geval
geen aanduiding dat dit die partye se bedoeling was nie. 'n Uitleg
van die dokument waarin die sessie beliggaam is, maak dit
duidelik
dat die partye in iedere geval bedoel het dat die sedent van al sy
regte ontdoen moet wees na die sessie. Vergelyk Holzman
NO and
Another v Knights Engineering (supra op 792B - F). In die lig van die
bovermelde is die posisie dat die respondente op datum
van die
likwidasie niks aan Sentramark verskuldig was nie, maar die volle
bedrag van die onopbetaalde aandelekapitaal aan die Landbank

verskuldig was. Dit beteken verder dat die likwidateur nie geregtig
was om onopbetaalde aandelekapitaal van die respondente te
vorder
nie, en dat hierdie reg slegs aan die Landbank en aan niemand anders
nie, toekom.
Die
respondente beweer almal dat hulle tydens die vergadering van 8 Maart
1979 met Sentramark 'n ooreenkoms aangegaan het om geld
aan
Sentramark voor te skiet onderhewig aan die volgende bepalings: (a)
Die voorskot sou geag word as 'n vooruitbetaling van onopbetaalde

aandelekapitaal; (b) Sentramark sou nie geregtig wees om dáárdie
gedeelte van die onopgeroepte aandelekapitaal op
te roep wat só
voorgeskiet is nie. Die ooreenkoms tussen die respondente en
Sentramark is eenvoudig 'n voorbeeld van 'n
pactum de non petendo. Só
'n ooreenkoms wis nie die vorderingsreg uit nie, maar het die gevolg
dat die vorderingsreg onafdwingbaar
word. (In casu is dit nie in die
hande van Landbank onafdwingbaar nie.) Só 'n pactum de non
petendo is reeds by herhaling
in ons reg erken. Zuurbekom v Union
Corporation 1947 (1) SA op 535; Filleries (Pty) Ltd and Others v
Shell Co of South Africa Ltd
1950 (3) SA op 84E - F; Dreyer v Sacks &
Goldstein
1913 CPD 694.
Die pactum de non petendo is sonder twyfel
bona fide aangegaan en Sentramark (en dié se krediteure) het
inderdaad 'n belangrike
voordeel in ruil daarvoor ontvang. Die bedrag
van nagenoeg R2-miljoen is in die maatskappy inbetaal deur die
respondente wat daarbenewens
nog steeds vir die skuld aan die
Landbank aanspreeklik bly. Daar bestaan regtens geen rede waarom die
likwidateur hierdie ooreenkoms
kan ignoreer nie. Hy is nie by magte
om vorderings af te dwing wat die insolvent self nie kon afdwing nie.
Nelson Ltd (in Liquidation
) v Wienand
1906 TH 195.
Die pactum is ook
nie strydig met die statute van Sentramark nie. Slegs die Landbank
kan dus die respondente se onopgeroepte aandelekapitaal
vorder, en
slegs tot die maksimum van die Landbank se eis teen Sentramark. In
die omstandighede vra die respondente dat die appèl
van die
hand gewys word met koste, insluitende die koste van twee advokate.
Selfs al sou bevind word dat die respondente in terme
van art 77 (1)
gelees met art 20 (2) van die Wet, verplig is om aan die likwidateur
'n bedrag te betaal gelykstaande aan die nominale
waarde van hulle
aandeelhouding, dan beteken dit steeds dat die kontribusielys deur
die appellant opgestel nie korrek is nie, en
moet die respondente se
beswaar steeds gehandhaaf word. Insgelyks, al sou dit bevind word dat
die appellant geregtig is om die
kontribusie teen die respondente te
hef ten spyte van die sessie aan die Landbank, dan voer die
respondente aan dat die appellant
steeds deur die pactum de non
petendo verbied word om meer van die respondente te vorder as die
bedrag wat aan die Landbank verskuldig
is. Dit blyk nie uit die
appellant
1985
(2) SA p777
HEFER
AR
se
beëdigde verklarings presies wat hierdie bedrag is nie en ook in
só 'n geval moet die beswaar van die respondente
dus
gehandhaaf word en moet die appèl steeds afgewys word.
Morris
SC in repliek.
Cur
adv vult.
Postea
(Maart 8).
Judgment
HEFER
AR: Appellant is die likwidateur en die respondente is aandeelhouers
van Sentramark (Koöperatief) Bpk ("Sentramark"),
'n
sentrale koöperatiewe landboumaatskappy met beperkte
aanspreeklikheid wat aanvanklik opgerig en later in likwidasie
geplaas
is ooreenkomstig die Wet op Koöperatiewe Verenigings 29
van 1939. Die respondente het beswaar gemaak teen 'n
kontribusierekening
wat die appellant ingevolge art 77 (1) van die
bedoelde Wet opgestel het en waarin hulle name as kontribuante
verskyn. Die Registrateur
van Koöperatiewe Verenigings het hulle
beswaar verwerp. Vervolgens het hulle 'n aansoek ingevolge art 80 (3)
tot die Transvaalse
Provinsiale Afdeling gerig. VAN REENEN R het die
aansoek van die hand gewys maar 'n appèl na die Volbank van
die Afdeling
het geslaag. Appellant kom nou in hoër beroep teen
die handhawing van die appèl (en daarmee van respondente se
beswaar
teen die rekening).
Die
feite waarop respondente hulle beswaar baseer is kortliks soos volg.
Gedurende
Januarie 1977 en weer gedurende Mei 1978 het Sentramark se
gemagtigdes skriftelike sessies onderteken waarin al die maatskappy

se "regte en aanspraak op en belang by" onder andere
"die bedrag van
ingeskrewe maar onbetaalde kapitaal en die bedrag van enige
voorwaardelike aanspreeklikheid verbonde aan die
aandele deur die
koöperasie uitgereik aan en geregistreer in die name van die
lede van die koöperasie... (en) aan alle
verdere aandele wat
deur die koöperasie uitgereik mag word"
in
securitatem debiti aan die Landbank gesedeer is. Benewens die skuld
aan die Landbank het Sentramark ander verpligtings ten bedrae
van
etlike miljoene rand gehad. Teen die begin van 1979 was daar boonop
'n kontantvloei-probleem met die gevolg dat bedryfskulde
nie betaal
is nie en sommige skuldeisers met likwidasie begin dreig het. Op
daardie stadium was die ingeskrewe aandelekapitaal
van die maatskappy
grotendeels onopbetaal. Elke lid was buitendien kragtens Sentramark
se statute verplig tot die opname van 'n
minimum aantal aandele.
Klaarblyklik hieraan gedagtig, het die direksie op 2 Maart 1979
besluit om aan lede "voor te stel"
dat
"R miljoen... so gou
moontlik benodig (word) ten einde 'n likwidasie te voorkom".
Presies
hoe die fondse volgens die "voorstel" bekom sou word, blyk
nie uit die notule van die direksievergadering nie
behalwe dat
aangeteken is dat "die situasie van kapitaal wat opgeroep gaan
word" aan skuldeisers verduidelik moes word.
Die direksie het
blykbaar uit die oog verloor dat die sessie aan die Landbank in die
weg kon staan van die oproep van kapitaal
met die doel om ander
skuldeisers te betaal. Daardie probleem het pertinent na vore gekom
op 'n ledevergadering wat op 8 Maart
1979
1985
(2) SA p778
HEFER
AR
plaasgevind
het toe 'n verteenwoordiger van die bank te kenne gegee het (volgens
die beëdigde verklaring van ene Burger wat
ter ondersteuning van
die aansoek deur eerste respondent voorgelê is) dat
"indien die gemelde
bedrag 'n oproep op onopbetaalde aandelekapitaal sou wees, die
Landbank op oorbetaling daarvan geregtig
sou wees ingevolge die
sessie wat die Landbank van Sentramark hou ten opsigte van
onopbetaalde aandelekapitaal van Sentramark".
Ana
die ander kant, so verklaar Burger,
"was die lede nie
bereid om die geld aan Sentramark voor te skiet sonder om dit op een
of ander wyse te koppel aan die verpligting
van lede om onopbetaalde
aandelekapitaal op te betaal nie".
In
die lig hiervan verklaar hy verder:
"5.4 Dit is by
gemelde vergadering mondeling ooreengekom tussen Sentramark en die
lede daar teenwoordig dat die lede van Sentramark
gemelde bedrag van
R2 000 000 aan Sentramark sou voorskiet in verhouding tot elke lid se
onderskeie verpligte aandeelhouding in
Sentramark, en onderhewig
onder andere aan die volgende bepalings:
(a) dat gemelde voorskot
geag word as 'n vooruitbetaling van die lede se verpligting teenoor
Sentramark ten aansien van onopbetaalde
aandelekapitaal wat nog
opgeroep kon word;
(b) dat sodra as wat die
gemelde sessie van Sentramark aan Landbank geheel of gedeeltelik
gekanselleer word of verval, die gemelde
bedrag onmiddellik
gekrediteer sou word teen elke lid se verpligting ten aansien van
onopbetaalde aandelekapitaal; en
(c) dat Sentramark nie
geregtig sou wees om daardie gedeelte van die onopgeroepte
aandelekapitaal op te roep wat in terme van hierdie
ooreenkoms deur
lede van Sentramark aan laasgenoemde voorgeskiet is nie.
Die bogemelde ooreenkoms
is met die medewete van die beamptes van die Landbank wat op die
vergadering teenwoordig is, aangegaan."
Sedert
die vergadering het die respondente in uitvoering van die ooreenkoms
waarna Burger verwys, sekere betalings aan Sentramark
gemaak wat die
onderwerp van die huidige geskil vorm. Appellant beweer dat dit nie
betaling was van aandelekapitaal nie en daarom
verskyn respondente se
name in die kontribusierekening ten opsigte van bedrae wat ooreenstem
met die betalings. Respondente het
in die stukke aanvaar - en al die
beskikbare getuienis dui daarop - dat hulle inderdaad nie
aandelekapitaal betaal het nie maar
nogtans aangevoer dat hulle nie
kontribusiepligtig is nie, enersyds, vanweë die pactum de non
petendo wat in para 5.4 (c)
van Burger se verklaring beweer word en,
andersyds, weens die sessie aan die Landbank. Die Volbank het hulle
op beide punte gelyk
gegee.
In
hierdie Hof het respondente se advokaat egter toegegee dat hy nouliks
op die beweerde pactum de non petendo kan staatmaak. Hoewel
VAN
REENEN R nie bereid was om so 'n pactum as bewese te aanvaar nie het
die Volbank, sonder opgaaf van redes, bevind dat dit wel
bewys is en
dat dit afdwingbaar is. Blykbaar het die Volbank uit die oog verloor
dat appellant die beweerde beding in sy opponerende
verklaring betwis
het. Hoewel hy nie persoonlik kennis dra van wat op die vergadering
van 8 Maart 1979 gebeur het of besluit is
nie, was sy ontkenning
gebaseer op 'n reeks notules van lede-en direksievergaderings van
Sentramark wat na 8 Maart gehou is, en
ander dokumente wat hy aan die
Hof voorgelê het, in geeneen waarvan enige steun vir die
beweerde pactum te vinde was nie.
Onder daardie omstandighede behoort
die Volbank gedagtig te gewees
1985
(2) SA p779
HEFER
AR
het
aan opmerking (c) van MURRAY WN RP in Room Hire Co (Pty) Ltd v Jeppe
Street Mansions (Pty) Ltd
1949 (3) SA 1155
(T) op 1163 en dergelike
opmerkings in talle latere beslissings en moes Burger se ipse dixit
nie blindelings aanvaar gewees het
nie.
[Na
ontleding van die getuienis aangaande die beweerde pactum, het die
geleerde Appèlregter voortgegaan soos volg.]
Volgens
my oordeel is die pactum de non petendo waarop die respondente steun,
derhalwe nie bewys nie. In die lig van hierdie bevinding
is dit
onnodig om te handel met die vraag of so 'n pactum na Sentramark se
likwidasie in elk geval afdwingbaar sou wees.
Ek handel
vervolgens met die sessie aan die Landbank.
Artikel
77 (1) van die Wet op Koöperatiewe Verenigings vereis van 'n
likwidateur om, indien daar nadat alle bates te gelde
gemaak is nog
onvoldane skulde bestaan, 'n kontribusierekening op te stel
"waarby die skulde
en verpligtings verdeel word onder diegene wat vir die betaling
daarvan aanspreeklik is, ooreenkomstig die
bepalings van subart (1)
van art 20, in die geval van 'n vereniging met onbeperkte
aanspreeklikheid, of, in die geval van 'n vereniging
of maatskappy
met beperkte aanspreeklikheid, ooreenkomstig die bepalings van subart
(2) van daardie artikel".
Die
toepaslike gedeelte van art 20 (2) bepaal bloot dat dit 'n voorwaarde
is van lidmaatskap van 'n koöperatiewe maatskappy
met beperkte
aanspreeklikheid dat die aanspreeklikheid van 'n lid beperk is tot
die betaling van die nominale waarde van die aandeel
of aandele deur
hom besit. Anders as wat die geval ooreenkomstig art 20 (1) is met
lede van 'n vereniging met onbeperkte aanspreeklikheid,
bepaal art 20
(2) nie dat lede van 'n maatskappy met beperkte aanspreeklikheid
aanspreeklik is vir betaling van die maatskappy
se skulde nie.
Stricto sensu is hulle slegs aanspreeklik vir betaling van onbetaalde
aandelekapitaal maar dit is daardie kapitaal
wat, ingeval van 'n
tekort, by likwidasie aangewend word om die tekort aan te suiwer en
in daardie sin dra hulle in so 'n geval
tog by tot die skulde van die
maatskappy. Dat hulle dan in 'n kontribusierekening as kontribuante
getoon moet word, is gewis. In
die onderhawige geval is daar 'n
tekort en is die respondente se aandele inderdaad nie ten volle
betaal nie en dit volg dat 'n
kontribusie teen hulle gehef moet word
tensy die posisie verander in die lig van die feit dat Sentramark sy
reg op betaling van
onbetaalde kapitaal gesedeer het.
'n
Sessie soos dié wat gegee word as sekuriteit vir 'n lening
deur die Landbank aan 'n koöperatiewe maatskappy word
uitdruklik
gemagtig deur art 38 (1) van die Landbankwet 13 van 1944. Dat
Sentramark dus bevoeg was om sy onbetaalde aandelekapitaal
aan die
bank te sedeer en dat die sessie andersins geldig is, is buite
twyfel.
Op
gesag van beslissings soos dié in Lief NO v Dettmann
1964 (2)
SA 252
(A) op 271 en Trust Bank of Africa Ltd v Standard Bank of
South Africa Ltd
1968 (3) SA 166
(A) op 173 en 189 het respondente se
advokaat aangevoer dat Sentramark deur die sessie (vir solank dit
bestaan) volkome ontdaan
is van die reg om onbetaalde kapitaal van sy
lede te eis; dat die bank in Sentramark se plek die skuldeiser geword
het sodat lede
aanspreeklik is nie langer teenoor Sentramark nie maar
teenoor die bank, en, omdat hulle geen verpligting teenoor Sentramark
het
nie, dat hulle nie kontribusiepligtig is nie.
1985
(2) SA p780
HEFER
AR
Die
Volbank het die respondente op hierdie punt gelyk gegee. In die
uitspraak word egter nie verwys na die beslissing van hierdie
Hof in
National Bank of South Africa Ltd v Cohen's Trustee
1911 AD 235
nie
waarin beslis is dat die kurator in die insolvente boedel van die
sedent van 'n vordering in securitatem debiti geregtig was
om dit in
te vorder en as 'n bate van die boedel te administreer op die basis
dat die dominium van die reg in die sedent bly vestig
het.
Of
dit die korrekte basis is waarop so 'n sessie gesien moet word, is
sedertdien in verskeie gewysdes en deur sommige skrywers betwyfel.

Die beslissings (waaronder minstens een van hierdie Hof, nl dié
in Trust Bank of Africa Ltd v Standard Bank of South Africa
Ltd
(supra ) en vgl ook Lief NO v Dettmann (supra )) is nagegaan in
Holzman NO and Another v Knights Engineering and Precision
Works
(Pty) Ltd
1979 (2) SA 784
(W) en het NESTADT R tot die gevolgtrekking
genoop (op 792 - 3)
"that it is now
established that the effect of a cession in securitatem debiti is the
same as far as the debtor is concerned
as an out-and-out cession. If
reference is still to be made to the cedent still retaining dominium
it must be confined to the personal
right that he has against the
cessionary arising from the contract between them, inter alia, that,
on payment of the secured debt,
the ceded right will be returned to
the cedent."
(Kyk
ook De Wet en Yeats Kontraktereg en Handelsreg 4de uitg op 370 ev; J
R Harker "Cession in Securitatem Debiti" (1981)
98 SALJ op
56.)
Selfs
al sou aanvaar word dat daardie basis nie korrek is nie (ek spreek
geen mening daaroor uit nie) meen ek nie dat dit rede bied
vir
hierdie Hof om van die beslissing in die Cohen- saak af te wyk nie.
Die reël daarin neergelê, is 'n handige een
wat, sover ek
kan nagaan, konsekwent vir meer as 70 jaar toegepas is. (Die reeks
beslissings verskyn in Susan Scott se The Law
of Cession op 137 - 8
en ek herhaal dit nie.) Dit kom nie voor dat dit aanleiding gegee het
tot enige onreg of tot praktiese probleme
nie aangesien die
sessionaris sy voorkeurreg behou op betaling uit die opbrengs van die
gesedeerde vordering en terselfdertyd voorsiening
gemaak word vir die
belange van die boedel en van ander skuldeisers ten opsigte veral van
enige oorskot wat daar mag wees na betaling
van die sessionaris se
eis. Myns insiens is dit by uitstek 'n geval waarin hierdie Hof die
stare decisis- beginsel behoort toe
te pas en te weier om sy vorige
beslissing in heroorweging te neem.
Miskien
moet ek meld dat daardie beslissing nie gekompliseer is deur allerlei
statutêre bepalings nie; dit is op gemeenregtelike
beginsels
gebaseer. Ek noem dit, omdat, hoewel die Wet waaroor dit in die
onderhawige geval gaan 'n aantal voorskrifte bevat betreffende
die
likwidasie van koöperatiewe maatskappye en verenigings, dit
belangrike aspekte van die likwidasieproses nie dek nie. Dit
is te
betwyfel of enige likwidasie van so 'n maatskappy of vereniging
prakties afgehandel sal kan word aan die hand van die Wet
self.
Aangeleenthede soos die bewys en toelating van eise, preferensie, die
wyse waarop versekerde eise behandel moet word, aanvegbare

transaksies, die tegeldemaak van bates en die betaling van eise, is
slegs 'n paar van die wat nie gemeld word nie. Die Wet bevat
ook nie
'n bepaling soos dié in art 339 van die Maatskappywet 61 van
1973, betreffende die toepassing van die Insolvensiewet
nie en die
gevolg is dat gemeenregtelike beginsels meermale aangewend moet word.
1985
(2) SA p781
HEFER
AR
Die
finale vraag is hoe dit alles by art 77 (1) inpas en of die
respondente beskou kon word as sommige van "diegene wat vir
die
betaling daarvan (dit is, van Sentramark se onvoldane skulde)
aanspreeklik is" ooreenkomstig die bepalings van art 20
(2).
Soos reeds opgemerk, is dit slegs die sessie wat moontlik in die weg
kan staan van die insluiting van hulle name by die lys
van
kontribuante, en om die redes voormeld, meen ek dat appellant gelyk
het en dat hulle name inderdaad ingesluit moes gewees het.
'n Ietwat
ander benadering lei tot dieselfde gevolgtrekking. Word die probleem
naamlik gesien bloot as 'n kwessie van die vertolking
van art 77 (1),
word die Wetgewer geag op hoogte te wees met die stand van die
toepaslike regspraak en daar is geen aanduiding
dat 'n ander
resultaat beoog is in die situasie waarin die bepaling geld, as dié
waartoe die beslissing in die Cohen- saak
lei nie.
Ten
slotte moet verwys word na art 110 van die Wet wat lui dat die
bepalings daarvan
"raak hoegenaamd nie
die regte, regsmiddels en bevoegdhede wat aan die Landen Landboubank
van Suid-Afrika verleen is, en ook
nie die verpligtings wat teenoor
daardie bank aan 'n koöperatiewe vereniging of maatskappy of aan
die lede daarvan opgelê
word nie, deur of ingevolge enige wet
betreffende bedoelde bank".
Respondente
se advokate het ons verwys na die omvattende regte en buitengewone
bevoegdhede wat die bank ooreenkomstig die Landbankwet
het vir die
verhaal van 'n voorskot wat aan 'n koöperatiewe maatskappy
gemaak is en van onbetaalde aandelekapitaal wat as
sekuriteit vir so
'n voorskot aan die bank gesedeer is. Soos ek dit verstaan het, het
hierdie verwysing nie geskied as selfstandige
grond vir die
uitsluiting van respondente se name uit die kontribusierekening nie,
maar bloot om as versterking te dien vir die
betoog aangaande die
effek van die sessie. Hoewel die bank ongetwyfeld 'n besonder
bevoorregte posisie beklee en oor regte en bevoegdhede
beskik waaroor
ander sessionarisse slegs kan droom, kan ek egter niks in die
bepalings van die Wet vind wat my tot 'n ander gevolgtrekking
noop as
dié waartoe ek reeds geraak het nie. Volledigheidshalwe dien
vermeld te word dat appellant tot dusver deurgaans
die belange van
die bank en in besonder sy aanspraak op die onbetaalde kapitaal
gerespekteer het. Bedrae wat hy van die respondente
en andere
gevorder het voordat die kontribusierekening opgestel het, is reeds
aan die bank betaal en laasgenoemde se eis is met
meer as R6 miljoen
verminder. Die kontribusies wat teen die respondente gehef is, is ook
bestem vir die bank sodat die eis ten
volle betaal sal word.
Die
resultaat is dat die appèl slaag met koste, insluitende die
koste verbonde aan die dienste van twee advokate. Die bevel
van die
Volbank word gewysig om te lees
"Die appèl
word van die hand gewys met koste, insluitende die koste van twee
advokate."
MILLER
AR, JOUBERT AR, CILLIÉ AR en NICHOLAS AR het saamgestem.
Appellant
se Prokureurs: Hofmeyr & Van der Merwe, Pretoria; Naudes,
Bloemfontein. Respondente se Prokureurs: Dyason, Odendaal
& Van
Eeden, Pretoria; Symington & De Kok, Bloemfontein.
SAFLII
Note:
This
case was originally published by Juta and Company (Pty) Ltd. Juta
retains copyright as far as it subsists.