About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: North Gauteng High Court, Pretoria
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: North Gauteng High Court, Pretoria
>>
2009
>>
[2009] ZAGPPHC 130
|
|
Mokoena v Kraamwinkel NO (24220/2002) [2009] ZAGPPHC 130 (3 November 2009)
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(NOORD
GAUTENG HOË HOF, PRETORIA)
DATUM: 03 NOVEMBER 2009
SAAK NO: 24220/2002
ONRAPORTEERBAAR
In
die saak tussen
:
MATHABO
LINAH MOKOENA EISERES
vs.
MARTHA
LOUISA KRAAMWINKEL N.O VERWEERDER
_____________________________________________________
UITSPRAAK
_____________________________________________________
BOTHA
R:
In
hierdie aksie eis die eiseres lewering van `n staat van rekening en
die debattering daarvan.
Haar eis is teen die
eksekutrise van die boedel van haar voormalige prokureur, mnr J.C
Kraamwinkel.
Die eiseres het `n
sogenaamde derde party eis namens haarself en haar minderjarige
kinders ingestel as gevolg van die dood van
haar eggenoot in `n
motorbotsing op 23 Maart 1991.
Sy
beweer dat
sy eers die prokureursfirma H.W Smith & Marais opdrag gegee het
om die aksie in te stel. Later is sy meegedeel dat mnr Kraamwinkel
besig was om namens haar op te tree. Sy beweer voorts dat sy in
Maart 2002 deur haar huidige prokureurs, mnre Bothma, Nothnagel
&
Röntgen, ontdek het dat haar eis geskik is vir `n bedrag van R51
500.00 en dat `n bedrag van R46 350.00 oorbetaal is
aan
Zenovia
Claims Consultants
.
Sy beweer dat sy nie `n
party tot die skikking was nie en voer aan dat sy geregtig is op `n
staat van rekening en die debattering
daarvan.
Die verweerder het `n
spesiale pleit van verjaring ge-opper. Op versoek van die partye het
ek ingevolge Reël 33(4) gelas
dat dit eerste en afsonderlik
bereg word.
Die pleit van verjaring
is op die volgende gegrond:
dat die dagvaarding op
10 September 2002 beteken is en
dat die eiser geag word
kennis te gedra het van haar eis gedurende die tydperk van 19
November 1996 tot 19 November 1996, alternatiewelik
op 23 Desember
1996.
Die
veronderstelde kennis moet volgens die verweerder van die volgende
afgelei word:
`n
brief gedateer 23 Julie 1996 waarin H.W Smith & Marais in opdrag
van die eiseres besonderhede van mnr Kraamwinkel gevra
het van die
bedrag ontvang en die persoon aan wie die betaling gemaak is;
`n
brief gedateer 8 November 1996 waarin mnr Kraamwinkel H.W Smith &
Marais meegedeel het dat betaling gemaak is aan `n eise
konsultant,
ene Stopforth, en dat hy betaling aan die eiseres moes laat geskied;
Dat Stopforth opgetree
het ingevolge `n mandaat deur die eiseres aan hom verleen en
`n
brief gedateer 20 Desember
1996 waarin mnr Kraamwinkel H.W Smith & Marais besonderhede
gegee het van waar mnr Stopforth hom bevind.
Die verweerder het
aanvaar dat die bewyslas op haar rus en mnr A.S Marais as getuie
geroep. Hy het `n eenman praktyk in Vereeniging
bedryf onder die
naam W.H Smith & Marais.
Hy
het getuig dat hy in opdrag van die eiseres `n derde party eis namens
haar ingestel het maar opgehou het om haar te verteenwoordig
toe dit
geblyk het dat mnr Kraamwinkel ook `n eis namens haar ingestel het.
Op 11 November 1994 het mnr Kraamwinkel hom `n tjek
van R2 500.00 ter
betaling van sy fooie gestuur (sien bewysstuk A116). Hy het sy lêer
toe gesluit.
In Junie 1996 het die
eiseres hom weer genader en gesê dat sy nog geen betaling
ontvang het nie.
Op 23 Julie 1996 het hy
`n brief aan mnr Kraamwinkel geskryf waarin hy hom ingelig het oor
die eiseres se mededeling en hom gevra
het wat aangaan. Sien
bewysstuk A119(a).
Mnr
Kraamwinkel het hom in `n skrywe gedateer 23 September 1996 meegedeel
dat die saak in Oktober 1994 afgehandel is op die basis
dat R51
500.00 aan sy kantoor uitbetaal is, R4 517.51 vir sy fooie en R632.46
vir BTW afgetrek is, en die balans van R46 350.00
oorbetaal is aan
Zenovia Claim Consultants (Zenovia) wat hom opdrag gegee het. Sien
A122. Hy het onderneem om verdere navraag
te doen by mnr Stopforth
van Zenovia. By `n later skrywe het mnr Kraamwinkel die deposito
strokie gedateer 1 November 1994 aangeheg.
Sien A125 en A113. Die
deposito strokie wys dat `n tjek deur C Kraamwinkel Trust in die
rekening van Zenovia gedeponeer is.
Hy
het toe verskeie navrae oor die adres van mnr Stopforth gedoen en
verskillende pogings aangewend om hom op te spoor. Hy het
die
eiseres ook aangeraai om `n klagte teen mnr Stopforth by die Suid
Afrikaanse Polisie aanhangig te maak. Hy het dit as sy plig
beskou
om haar behulpsaam te wees. Hy het haar as sy kliënt beskou.
Die eiseres het hom by
sy kantoor kom sien. Hy het ook op 19 November 1996 `n brief aan
haar gestuur waarby hy `n afskrif van
die deposito strokie wat hy van
mnr Kraamwinkel ontvang het, aangeheg het. Sien B42.
B41
is `n afskrif van sy brief gedateer 19 November 1996. Daarop het
iemand geskryf: “Ek het niks gekry. Gaan haal my geld
by mnr
Stopforth asseblief. Lina Mokoena”. Dit lyk na die eiseres se
handtekening. Sy moes die brief aan hom gebring het
of dit aan hom
gepos het.
Die eiseres het nooit
vir hom gesê dat mnr Stopforth of Zenovia nie geregtig was om
betaling te ontvang nie. As die eiseres
gesê het dat mnr
Kraamwinkel nie geregtig was om betaling te ontvang nie sou hy haar
aangeraai het om aksie teen hom in te
stel.
Hy het verwys na `n
brief wat hy op 15 Desember 1997 aan die Suid Afrikaanse Polisie te
Fochville geskryf het. Hy het `n verklaring
van die eiseres aangeheg
en hulle versoek om aandag aan die klagte te skenk. Sien B38. Die
verklaring is gedateer 13 Desember
1996 en verwys na die brief van
mnr Kraamwinkel gedateer 6 November 1996. Sien B39.
In kruisverhoor het hy
gesê dat die eiseres hom in sy kantoor besoek het. Sy het ook
briewe geskryf.
Hy was bewus van
wetgewing wat werwing en betaling aan werwers verbied.
Mnr Kraamwinkel het vir
hom gesê dat hy die eis hanteer. Hy het eers na die inbetaling
van Zenovia gehoor.
Hy
het geweet dat daar `n prokureur Stopforth was. Hy het nie geweet
dat hy van die rol geskrap was nie. Hy kan nie onthou of
hy Hortors
geraadpleeg het of by die Prokureurs Orde navraag gedoen het nie. Hy
het aanvaar dat mnr Stopforth nie `n prokureur
was nie. Ten tyde van
sy navrae het hy dit agtergekom.
Dit
is aan hom gestel dat die eiseres nie aan hom gesê het dat sy
mnr Stopforth opdrag gegee het nie. Hy het saamgestem
en bygevoeg
dat as hy dit geweet het, sou hy haar `n vorm vir die beëindiging
van Stopforth se mandaat laat teken het.
Hy was nie in staat om
te bevestig dat dit nie die eiseres se handtekening was wat op A8 en
A9 voorkom nie (die eisvorm en die
volmag aan mnr Kraamwinkel).
Hy het bevestig dat ene
Muko die eiseres na hom verwys het. Hy het ontken dat hy haar daarna
nooit weer gesien het nie.
Dit
is aan hom gestel dat daar nêrens in sy lêer `n beëdigde
verklaring van die eiseres was nie. Hy het geantwoord
dat dit op
aanvraag later verskaf kon word.
Hy is
verwys na `n dokument in sy lêer waarvolgens ene M.S Mofokeng
as agent aangestel sou word. Hy is daarop gewys dat
Mofokeng nie `n
prokureur was nie. Hy is gevra of hy uitvoering aan die dokument sou
gee. Hy het nee geantwoord en bygevoeg dat
hy mnr Mofokeng weggejaag
het.
Hy
het bevestig dat die eiseres se voornaam gespel word LINAH (en nie
LINA) nie.
Dit
is aan hom gestel dat daar geen aantekening in sy lêer is dat
die eiseres toestem dat mnr Kraamwinkel haar mag verteenwoordig
nie.
Hy het geantwoord dat dit stilswyend aanvaar is. Hy het aanvaar dat
dit beter sou gewees het as daar so `n aantekening was.
Dit is aan hom gestel
dat al wat hy gedoen het om die eiseres te help, was om haar te
adviseer om `n aanklag by die polisie te
lê. Hy het dit
ontken. Hy was tevrede dat mnr Kraamwinkel die eiseres nie verneuk
het nie.
Die eiseres het by hom
die indruk geskep dat betaling aan mnr Stopforth moes geskied.
Hy is
verwys na die spesiale prokurasie ten gunste van mnr Kraamwinkel.
Sien A63. Hy het saamgestem dat dit nie vir mnr Kraamwinkel
die reg
gegee het om die geld aan iemand anders te betaal nie.
Hy is gevra hoekom hy
stappe teen mnr Stopforth aan die gang gesit het terwyl daar `n
verhaalsreg teen mnr Kraamwinkel was. Hy
het geantwoord dat hy seker
is dat hy dit met die eiseres sou bespreek het.
Hy is gevra of hy vir
die eiseres gesê het dat haar eis na drie jaar sou verjaar. Hy
het geantwoord dat hy dit in konsultasie
sou gesê het.
Dit
is aan hom gestel dat sy diagnose verkeerd was en dat hy `n eis by
die Getrouheidswaarborgfonds moes aanbeveel het. Hy het
geantwoord
dat hy nie kan onthou dat hy so iets gesê het nie.
Hy is
gevra of die eiseres ooit gesê het dat sy mnr Stopforth ken.
Hy het geantwoord dat sover as wat hy kan onthou, het
die eiseres mnr
Stopforth aanvanklik nie gemeld nie.
In
herondervraging het hy gesê dat die eiseres se instruksie aan
hom was om teen mnr Stopforth voort te gaan. Sy het nie
gedink dat
mnr Stopforth nie geregtig was om die geld van mnr Kraamwinkel te
ontvang nie. Hy het nie geweet of mnr Stopforth `n
prokureur was
nie.
Die verweerder se tweede
en laaste getuie was sy prokureur, mnr Shevelile. Hy het verduidelik
waar hy die verweerder se dokumentasie
vandaan gekry het. Hy het ook
die vernaamste dokumente in bewysstuk A bevestig. Hy het verduidelik
dat hy probeer het om `n verklaring
van mnr Kraamwinkel te kry maar
dat hy vanweë sy siekte en uiteindelike oorlye nie daarin kon
slaag nie.
`n Weergawe van hom is
te vinde in `n brief aan die Suid Afrikaanse Polisie gedateer 15
Desember 1997. Sien A143 en 143(a).
Hy
het saamgestem dat mnr Kraamwinkel geen geheim daarvan gemaak het dat
hy sy opdrag van
Pinnacle
Claims
Consultants
gekry het nie.
Hy het saamgestem dat
daar in die dokumentasie geen regverdiging was vir `n oorbetaling aan
Zenovia nie.
Hy
het aanvaar dat mnr Kraamwinkel `n vertrouensverhouding teenoor die
eiseres gehad het en aan haar rekenskap moes lewer. Volgens
die
korrespondensie was daar rekenskap gegee ofskoon die uiteensetting
van die dienste gelewer te kort skiet.
Die
eiseres het haar ID dokument, A1, bevestig. Daarvolgens is haar naam
Mathabo Linah Mokoena. Sy ken nie Engels of Afrikaans
nie. Sy praat
Sesotho maar kan dit nie lees of skryf nie. Sy kan haar naam teken
en het dit in die hof op bewysstuk D geteken.
Sy het ontken dat enige
dokument in die hofbundels wat voorgee deur haar geteken is, haar
handtekening bevat.
Sy het ontken dat sy
ooit op Brits was.
Sy is
na Vereeniging met ene Moku na mnr Marais. Moku het gesê dat
mnr Marais sy prokureur is en dat hy haar sou help.
Sy het nooit mnr
Stopforth of mnr Kraamwinkel gesien nie. Sy is nooit gesê dat
mnr Kraamwinkel haar prokureur sou wees nie.
Sy is nooit betaal nie.
Sy het geen rekeningstaat ontvang nie.
Sy
het ontken dat sy weer by mnr Marais was en dat hy ges
ê
het sy `n klagte by die polisie moes aanhangig maak. Sy was nooit by
die polisie nie.
Sy het ontken dat sy die verklaring
gedateer 13 Desember 1996 (B39) afgelê het.
Sy is nooit vertel dat haar geld
aan mnr Kraamwinkel betaal is nie. Sy is nooit vertel dat mnr
Kraamwinkel mnr Stopforth betaal
het nie.
Sy het Smith & Marais as haar
prokureur beskou.
Die persoon wat
haar vertel het dat haar geld aan mnr Stopforth betaal is, was haar
huidige prokureur, mnr Röntgen.
Sy is verwys na bewysstuk E, `n
dokument gedateer November 1992 wat voorgee `n volmag aan H.W Smith &
Marais is en geteken
te wees deur Lina Mokwena. Sy het ontken dat sy
dit geteken het.
Sy het Moku nooit weer gesien na
haar besoek aan mnr Marais nie.
Sy is verwys na
verskillende dokumente wat voorgee om deur haar onderteken te wees.
Sien A8, A9, A14 (`n beëdigde verklaring),
A63, A76 (`n beëdigde
verklaring). Sy het ontken dat sy hulle onderteken het.
Sy het ontken dat die handskrif op
B41, gedateer 24 November 1996, hare was.
Sy het ontken dat sy mnr
Kraamwinkel opdrag gegee het. Sy het ontken dat sy mnr Marais
gemagtig het om mnr Kraamwinkel toe te
laat om haar saak waar te
neem.
Sy het ontken
dat sy op B41 geskryf het dat mnr Marais haar geld van mnr Stopforth
kon vorder.
Sy het bevestig dat daar afskrifte
van haar en haar man se ID dokumente en hulle kinders as doop
sertifikate in die dokumentasie
was. Sy het die dokumente aan Moku
gegee. Sy weet nie hoe mnr Stopforth dit in die hande gekry het nie.
Sy het ontken dat sy kennis dra van
die navrae waarna mnr Marais verwys het in sy brief van 23 Julie
1996. Sien A119(a). Mnr
Marais het sy navrae gerig sonder enige
opdrag van haar.
Sy is verwys na mnr Marais se brief
gedateer 19 November 1996. sien B42. Sy het bevestig dat haar
posbus posbus 13476, Witsieshoek
was.
Sy weet niks van die afskrif van
die brief wat mnr Marais teruggebring het met `n inskripsie in haar
naam nie. Sien B41.
Sy het ontken dat sy mnr Marais
weer gesien het.
Sy weet niks van die pogings om mnr
Stopforth op te spoor nie.
Sy weet ook niks van die brief
gedateer 18 Maart 1993, waarin mnr Marais in haar naam vir sy werk
bedank word. Sien C33 en 34.
Sy is nooit gevra om enige
dokumente te teken nie.
Die rede hoekom sy nie teruggegaan
het na mnr Marais om uit te vind wat met haar saak aangaan was dat sy
nie geld gehad het nie.
Sy het ook nie geweet waar mnr Marais was
nie.
Sy het ontken dat sy enige
korrespondensie ontvang het.
Dit, in breë
trekke, som die getuienis op.
Daar is geen
dispuut daaroor dat die verweerder verjaring moet bewys nie. Dit
sluit in dat die verweerder moet bewys wanneer die
eiseres kennis van
die identiteit van die verweerder opgedoen het en van die feite
waaruit die skuld ontstaan of van wanneer die
eiseres sulke kennis
kon opgedoen het deur die uitoefening van redelike sorg.
In wese was daar
twee getuies van belang: Mnr Marais en die eiseres. Mnr Shevelile
was `n uitstekende getuie maar sy getuienis
affekteer nie eintlik die
kwessie van verjaring nie.
Mnr Marais het
as getuie die voordeel dat sy getuienis grootliks gestaaf word deur
dokumentasie wat deur sy hande gegaan het.
Ek het voorbehoude oor
hom tot die mate waarby hy moontlik betrokke was by die wyse waarop
daar met derde party eise gesmous word.
So byvoorbeeld aanvaar hy
goedsmoeds mnr Kraamwinkel se stelling dat sy opdraggewer
Pinnicle
Claims
Consultants
of
mnr Stopforth was. Met daardie ingesteldheid stuur hy dan `n groot
soektog na mnr Stopforth van stapel sonder om ooit aandag
te gee aan
die vraag of daar nie `n meer onmiddellike en trefbare teiken was in
die persoon van mnr Kraamwinkel nie.
Ek betwyfel dan
sy getuienis dat hy die kwessie van verjaring teen mnr Kraamwinkel
met die eiseres bespreek het. Dit was `n nagedagte
wat nooit as deel
van sy hoofgetuienis aangewend is nie. Dit was ook eers in
kruisverhoor dat hy te voorskyn gekom het met die
getuienis dat die
eiseres by hom die indruk gewek het dat betaling aan Zenovia of
Stopforth kon geskied.
Andersins word
sy getuienis dat die eiseres hom weer in 1996 besoek oorvloedig
gestaaf deur sy korrespondensie met mnr Kraamwinkel
en met die
eiseres, asook sy pogings om mnr Stopforth op te spoor.
Daar kan geen
rede gewees het vir hom om uit die bloute so op te tree nie. Die
waarskynlikheid is dat `n besoek en `n navraag
van die eiseres die
oorsaak van dit alles was.
Die beste stawing vir sy weergawe
is die brief, B42, wat hy op 19 November 1996 gestuur het na `n adres
wat die eiseres erken het
haar posadres was. Aangeheg aan die brief
was die deposito strokie wat wys wat dat mnr Kraamwinkel gedoen het
met die geld wat
hy ontvang het. `n Afskrif van daardie brief het hy
terug ontvang met `n aantekening gedateer 24 November 1996, wat
oënskynlik
deur of namens die eiseres daarop aangebring is.
Mnr Marais het teenoor mnr
Kraamwinkel aangedui dat hy opdrag van sy kliënt wou ontvang.
Op die afskrif van `n brief gedateer
25 Junie 1997 aan die eiseres,
het hy `n aantekening gemaak dat hy dit met haar bespreek het.
Die eiseres is `n eenvoudige en
ongesofistikeerde persoon. Sy is ongeletterd en ongelukkig `n ideale
slagoffer vir gewetenlose
mense wat met eise smous. Op die ou end is
dat nie verbasend dat drie mense haar eis hanteer het nie.
Sy het al die
handtekeninge wat voorgee hare is, betwis. Nie een van hulle stem
ooreen met die handtekening wat sy baie tydsaam
in die hof verskaf
het nie. Sien bewysstuk D. Die betwiste handtekeninge is nie
konsekwent nie. Sommige is in drukskrif, sommige
in vloeiende skrif.
Sommige spel haar naam as Lina Mokwena en ander as Linah Mokwena.
Daar is nog variasies soos die spelling
van haar eerste naam met of
sonder `n hoofletter aan die begin. Daar is soveel verwarring en
verskille dat die eiseres se ontkenning
van haar beweerde
handtekening nie verwerp kan word nie. Dit bly egter steeds
eienaardig dat waar sy teenwoordig was by die aanvanklike
besoek aan
mnr Marais, en in staat was om `n handtekening uit te voer, sy nie
gevra is om dit te doen nie.
Die eiseres se ontkenning dat sy
mnr Marais weer in 1996 besoek het kan op die waarskynlikhede nie
aanvaar word nie.
Die saak moet dus benader word op
die grondslag dat sy wel in 1996 meegedeel is dat haar eis uitbetaal
is en dat mnr Stopforth
die betaling ontvang het.
Dit is al kennis wat na my mening
aan die eiseres toegedig kan word. Al het sy die deposito strokie
ontvang, en al was daar vermelding
van die naam van mnr Kraamwinkel,
is mnr Kraamwinkel nooit geïdentifiseer as die persoon wat
teenoor haar moes verreken nie.
Daar is geen bewys dat sy mnr
Kraamwinkel opdrag gegee het om namens haar op te tree nie.
By die
beoordeling van of die eiseres redelikerwys kon of moes geweet het
dat mnr Kraamwinkel die persoon was teen wie sy `n eis
kon instel,
moet daar rekening gehou word met haar eienskappe. Sien
Loubser,
Extinctive
Prescription
1996 op 105
en
106
en
Brand v Williams 1988(2) SA 908 (K)
daar aangehaal. Dan moet ook in ag geneem word dat die persoon wat
sy geraadpleeg het, mnr Marais, haar op die verkeerde spoor
gelei het
deur die indruk te skep dat mnr Stopforth die persoon was van wie die
geld verhaal moes word.
Onder die
omstandighede is ek nie bereid om te aanvaar dat die verweerder bewys
het dat die eiseres in 1996 kennis opgedoen het
dat mnr Kraamwinkel
die persoon was wat teenoor haar moes rekenskap gee nie.
Daar is geen getuienis dat die
eiseres dit vroeër kon ontdek het as toe sy haar huidige
prokureur gaan raadpleeg het nie.
Onder die omstandighede het die
verweerder haar nie van haar bewyslas gekwyt nie.
Die
volgende bevel word gemaak:
Die spesiale pleit van
verjaring word met koste van die hand gewys.
Die verhoor
word sine die uitgestel.
_________________________
C.
BOTHA
REGTER
VAN DIE HOOGGEREGSHOF