About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: North Gauteng High Court, Pretoria
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: North Gauteng High Court, Pretoria
>>
2009
>>
[2009] ZAGPPHC 382
|
|
Schoeman and Another v Bouwer and Another (44314/07) [2009] ZAGPPHC 382 (20 November 2009)
IN
DIE HOË HOF VAN SUID-AFRIKA
[NOORD
GAUTENG HOË HOF, PRETORIA]
SAAKNR : 44314/07
In die saak tussen :
TJ SCHOEMAN &
ANDER
.................................................................................................................
EISER
en
PJ BOUWER
& ANDER
......................................................................................................
VERWEERDER
UITSPRAAK
LOUW, WR
20 NOVEMBER 2009
[1] Sesde Respondent
is voorlopig gelikwideer op 18 Junie 2009 by bevel van Hartzenberg,
R.
[2] In die
voorlopige bevel is ’n baie lang keerdag gegee, naamlik 17
November 2008 ten einde die partye die geleentheid te
gee om hulle
geskille te probeer bylê. Daarna is die voorlopige bevel by
twee geleenthede verleng. Op 17 November 2008 het
Sy Edele Sapire, R.
die keerdag verleng na 8 Junie 2009 en sekere bevele uitgereik wat
ten doel gehad het dat daar ondermeer 'n
algemene
aandeelhouersvergadering gehou word en gestem word oor die vraag of
Sesde Respondent gelikwideer moet word. Daarna is
die keerdag op 8
Junie 2009 deur Rabie, R verleng na 16 November 2009.
[3] Dit dien gemeld
te word dat die bevel van Saphire, R nie volledig uitgevoer is nie.
Daar is egter wel ’n stemming gehou
op 4 Maart 2009 en word die
resultate daarvan vervat in die voorlopige likwidateursverslag.
Daarvolgens het ’n oorweldigende
meerderheid van aandeelhouers
gestem teen die finale likwidasie van die Sesde Respondent. Die
totaal van die stemme was 37 teen
die finale likwidasie en 6 vir die
finale likwidasie van die Sesde Respondent.
[4] Soos wat die
voorlopige bevel toegelaat het, is daar ook 'n verdere beëdigde
verklaring afgelê waarby ’n hele
aantal ondersteunende
beëdigde verklarings aangeheg word en waarin aandeelhouers van
die Sesde Respondent asook lede van die
Christian Fellowship (hierna
bloot genoem “die Fellowship”) hulle uitspreek teen die
finale likwidasie van die Sesde
Respondent.
[5] Dit dien hier
uitgewys te word dat die Sesde Respondent hoogstens 50 lede mag hê
en dat nie alle lede van die Fellowship
ook lede van die Sesde
Respondent is nie. Die lede van die Fellowship is versprei in
huisgemeentes oor ’n groot gebied in
die Republiek van
Suid-Afrika sowel as in van die buurlande.
[6] Die Sesde
Respondent is die eienaar van ’n plaas bekend as Gedeelte 71
van die Plaas Tweefontein 463, Registrasie Afdeling
K.R., Transvaal,
gehou kragtens Akte van Transport T3765/1982 (“die onroerende
eiendom”).
[7] Die doel van die
aankoop van die onroerende eiendom was dat die Fellowship die plaas
kon gebruik vir sy Godsdienstige aktiwiteite.
Daar het ’n
persoonlike geskil tussen die Eerste Applikant en die Eerste
Respondent ontstaan wat die hoofoorsaak vir die
bring van die aansoek
deur die Applikante was en wat ook tot op hede nie opgelos is nie.
Die meerderheid van die lede van die Fellowship
en die aandeelhouers
het die Eerste Respondent vergewe vir sy optrede en sekere stappe is
volgens die beëdigde verklarings
geneem ingevolge waarvan die
Eerste Respondent nie ’n verdere direkteur van die Sesde
Respondent mag wees nie, hoewel dit
nog nie by wyse van deurgee van
die inligting aan die Maatskappyekantoor tot uitvoering gebring is
nie.
[8] Die uiteindelike
gevolg van die likwidasie van die Sesde Respondent sal wees dat die
onroerende eiendom in die likwidasie te
gelde gemaak sal moet word en
wat gevolglik hopelik 'n likwidasiedividend vir die lede van die
Respondent sou meebring. Daar is
’n waardasie van die
onroerende eiendom met die verbeterings wat daarop aangebring is in
die stukke beskikbaar en daarvolgens
word die onroerende eiendom
gewaardeer om in die omgewing van R3.3 miljoen teen 7 September 2007
werd te gewees het. (Sien die
rekord bladsy 155 tot 156).
[9] Toe die geskil
aanvanklik op die spits gedryf is het Eerste Applikant juis
aangedring daarop dat die onroerende eiendom aan
Eerste Respondent en
sy groep verkoop word by gebreke waarvan aansoek gedoen sal word vir
die likwidasie van die Sesde Respondent.
Eerste Applikant was van
mening dat die doel om hulle Godsdienstige belewinge uit te leef op
die onroerende eiendom deur die optrede
van Eerste Respondent en die
beweerde kondonering daarvan deur die meerderheid onmoontlik gemaak
word. Sien bladsy 603 tot 604.
[10] Die gevolg van
bogenoemde is dat daar twee groepe teen mekaar te staan gekom het.
Die minderheidsgroep soos vervat in die Applikante
en die meerderheid
soos vervat in die Eerste tot Sesde Respondente.
[11] Ten einde die
finale likwidasie van die Sesde Respondent te regverdig opper die
Applikante dat daar nie behoorlik kennis gegee
word van algemene
jaarvergaderings nie; dat die aandeleregister nie behoorlik en korrek
op datum is nie en dat dit weerhou was
vanaf die Applikante; dat daar
’n hele aantal dispute met betrekking tot die direksie bestaan
waarvan ’n belangrike
beswaar is dat die Vyfde Respondent
onbehoorlik aangedui is as 'n direkteur van die Sesde Respondent;
vervolgens word ook uitgewys
dat daar geen bateregister van die Sesde
Respondent bestaan nie en dat daar waarskynlik ’n aansienlike
belastingaanspreeklikheid
teenoordie Ontvanger van Inkomste bestaan.
[12]
Voortspruitend uit voorgaande maak die Applikante daarop aanspraak
dat dit reg en billik sal wees om die Sesde Respondent te
likwideer
op grond daarvan dat die maatskappy se
substratum
verdwyn
het aangesien die dispute veroorsaak dat die Godsdienstige
oortuiginge nie meer op die onroerende eiendom uitgeleef kan
word
deur die Applikante nie. Verdermeer word gesteun op die sogenaamde
“deadlock" beginsel en op grond daarvan dat
die likwidasie
moet geskied op dieselfde gronde as waarop ’n vennootskap
ontbind sou wees as gevolg van wesenlike vertrouensbreuk.
Laastens
word gesteun daarop dat die meerderheid die minderheid onderdruk.
[13] Die beweerde
onderdrukking spruit uiteraard voort daaruit dat, ingevolge die
aandeelhouersooreenkoms, die Applikante, waarvan
ten minste sommiges
verbeterings op die onroerende eiendom aangebring het in die vorm van
woonhuise, die waarde van daardie verbeterings
sal verbeur indien
hulle bloot as aandeelhouers bedank.
[14] Hartzenberg, R
het op 18 Junie 2008 geoordeel dat die Sesde Respondent voorlopig
gelikwideer moet word. Gemelde bevel is uiteraard
uitgereik voordat
die aanvullende beëdigde verkiaring van die Respondente
geliasseer is waarin die probleme wat deur die Applikante
geopper
word, aangespreek word. Daarvolgens word ’n aandeleregister
beskikbaar gemaak, die korrektheid waarvan steeds bevraagteken
word
deur die Applikante. Tweedens word die direkteurskap van Vyfde
Respondent aangespreek en is dit ook duidelik uit die
direksie-vergadering
van Sesde Respondent dat Vyfde Respondent
alreeds vanaf ongeveer 15 April 2001 dit bywoon as ’n direkteur
en dat daar gevolglik
gronde bestaan vir sy verduideliking in die
aanvullende beëdigde verkiaring dat daar 'n fout ingesluip het
ten opsigte van
die aanmelding van sy direkteurskap (sien rekord op
onder andere bladsy 584).en dat sy direkteurskap met kennis en wete
en die
klaarblyklike goedkeuring van Eerste Applikant geskied het.
[15] Daar word
verskoning aangebied dat die aandeleregister nie vroeër aan die
Applikante beskikbaar gemaak is nie. Die bateregister
word
verduidelik as synde dat daar geen roerende bates van
noemens-waardige aard is nie en gevolglik is daar nie ’n
bateregister
nie. Hierdie verduideliking word eweneens ondersteun
deur die ouditeur Me Haasbroek se beëdigde verkiaring.
[16] Vervolgens is
daar finansiële state voorgelê en word ’n gesonde
finansiële toestand aangedui. Haasbroek
en Vyfde Respondent voer
aan
dat die uitstaande
belastingaanspreeklikheid van die Sesde Respondent R3 025.24 beloop.
[17] Vyfde
Respondent verduidelik dat Eerste Applikant nie as direkteur afgedank
is nie. Nadat die geskille ontstaan het en nadat
Eerste Applikant
beweer hefdat hy ’n eis van R2,5 miljoen teen die Sesde
Respondent het (sien rekord bladsy 543) het hy en
die ander
Applikante hulleself van die ander aandeelhouers en lede van die
huiskerke afgesonder en hulle eenkant begin hou. Die
Eerste Applikant
is gevolglik as gevolg van sy eie optrede, so beweer Vyfde
Respondent, nie weer as direkteur van Sesde Respondent
herkies op 27
Oktober 2007 nie. As gevolg van die geskil is hierdie wysiging nie
deurgevoer deur registrasie daarvan by die Maatskappyekantoor
nie.
[18] In paragraaf 26
tot 28 van die aanvullende beëdigde verklaring (bladsye 549 tot
550) en met ondersteuning van die meerderheid
aandeelhouers en ook
lede van die huisgemeentes word aangevoer dat die aandeelhouers
huisies op die Sesde Respondent se onroerende
eiendom aangebring het
en verskeie ander verbeterings oor die jare daar opgerig is. Dit word
aangevoer dat die onroerende eiendom
ideaal geskik is vir die
geestelike aktiwiteite van die Fellowship en dat indien die Sesde
Respondent gelikwideer word, dit sou
beteken dat almal weer van
vooraf moet begin waar hulle in 1988 was.
[19] Vir al die
besware wat die Applikante opper is dat daar uiteraard ander remedies
beskikbaar soos byvoorbeeld 'n aksie of 'n
aansoek om die
aandeelhouersregister reg te stel om maar en te noem.
[20] Van wesenlike
belang hierin is die mening van die aandeelhouers. ’n
Oorweldigende meerderheid van aandeelhouers is ten
gunste van
voortbestaan van die Sesde Respondent. Daarby ingeslote moet ook
gesien word die lede van die Fellowship wat volgens
die getuienis tot
die beskikking van die hof gestel eweneens van mening is dat die
Sesde Respondent nie finaal gelikwideer moet
word nie.
[21]
In hierdie verband gevolglik ook, anders as die Applikante, is die
meerderheid van die aandeelhouers van mening dat die substratum
van
die Sesde Respondent nie weggeval het nie en dat dit wel moontlik is
vir die lede van die Fellowship om hulle Godsdienstige
oortuigings op
die onroerende eiendom van Sesde Respondent uit te leef. Hierdie is
'n belangrike oorweging en behoort nie deur
’n hof omvêr
gewerp te word deur die betrokke maatskappy te likwideer tensy die
betrokke hof en die omstandighede van
mening is dat niemand
redelikerwys hierdie siening kon handhaaf nie. Sien
Meskin,
Henochsberq on the Companies Act
volume
1, bladsy 706.
[22]
Die Applikante is duidelik ’n baie klein minderheid wat tans
ontevrede is
met
die
wyse waarop
die
Sesde Respondent
bestuur en bedryf word.
Hulle is in besonder
ontevrede met die teenwoordigheid van Eerste Respondent in die Sesde
Respondent hetsy as direkteur of aandeelhouer.
Die beginsel dat ’n
persoon ’n lid van ’n maatskappy word onderhewig aan die
beginsel dat ’n maatskappystruktuur
funksioneer deur
meerderheidsbesluite, moet hier toegepas word. Hier is inderwaarheid
’n baie groot meerderheid ten gunste
van voortbestaan van die
Sesde Respondent. Die die hof nie sondermeer teen daardie siening van
die meerderheid te handel nie. Per
slot van rekening is die lede van
die maatskappy in die beste posisie om te besiuit wat goed is vir
hulle maatskappy.
[23]
In hierdie verband is die beslissing van
Mouw
v Imanu-Shalom
Congregation
& Another
1994
(2) SA 240
(WLD)
wel
tersaaklik. In daardie geval het ’n Joodse Gemeente in ’n
twis verval in omstandighede waar die likwidasie daarvan
ingevolge
die bepalings van die Maatskappyewet aangevra is. In daardie geval
het die betrokke kerkgenootskap waardevolle grond
in die noordelike
voorstede van Johannesburg besit.
[24]
Onder andere is in daardie geval ook geargumenteer dat die substratum
van die gemeente geheel en al weggeval het. In die kerklike
konteks
het Schutz, R (soos hy toe was) op 243G bevind dat dit beteken dat
die Applikant moet aantoon
“
that
the synagogue is so changed that he is prevented from practising his
Progressive Reform Judaism at the synagogue and through
the
congregation.”
Dit
word bevind dat ander remedies vir die ontevrede minderheid
beskikbaar is soos byvoorbeeld die aanvra van 'n interdik en by
die
vraag of dit reg en billik sou wees om ’n kerklike instansie te
likwideer is likwidasie nie ’n gepaste remedie
waar daar ander
effektiewe remedies teen individuele wandaders beskikbaar is nie.
Sien
Mouw
op 244G-H.
[25]
Die vraag is verder of die meerderheid hulle groter stemkrag
onregverdiglik en met die doel om die minderheidsaandeelhouers
te
benadeel, gebruik. Verder moet gevra word of daar bedrieglike optrede
teenoor die minderheid plaasvind. Die vraag in hierdie
verband is of
daar ’n gebrek aan eerlikheid is aan die kant van die
meerderheidsdirekteure en aandeelhouers met betrekking
tot die
maatskappy se sake en of die minderheidsaandeelhouers se vertroue in
hulle geregverdiglik ondermyn is. In sodanige geval
mag daar wel
goeie gronde wees vir die likwidasie van ’n solvente maatskappy
teen die wense van die meederheidsaandeelhouers.
Sien
Moosa
N.O. v Maviee Bhawan (Pty)
Ltd
& Another
1967
(3) 131 (T) at 148A-H.
[26] Weereens moet
die meerderheid se siening in hierdie verband nie uit die oog verloor
word nie. Hierdie is nie ’n klein
maatskappy wat soos 'n
vennootskap bedryf word nie maar bestaan dit uit ongeveer 50
aandeelhouers en is daar ook nog ’n groot
aantal verdere
belanghebbendes in die persoon van die lede van die Fellowship.
[27] Insoverre as
wat die probleme waarop die Applikante nou staatmaak in die verlede
bestaan het (uitgeslote moontlik vir die onsedelike
optrede van die
Eerste Respondent), het daardie probleme ook maar bestaan in die tyd
wat byvoorbeeld die Eerste Applikant volledig
aan die Sesde
Respondent se sake deelgeneem het en sonder dat daar besware hierteen
was. As voorbeeld hiervan dien die teenwoordigheid
van Vyfde
Respondent as lid van die direksie; die gebrek aan ’n
bateregister; die onderwaardasie van die waarde van die onroerende
eiendom.
[28]
Weereens, vir al hierdie moontlike gebreke, is daar remedies
beskikbaar en kom dit my gevolglik in die omstandighede van hierdie
geval voor, net soos in die
Mouw
-beslissinq.
dat hierdie nie ’n gepaste geval is waar die finale likwidasie
van die Sesde Respondent die antwoord vir hierdie
geskille is nie.
Sonder twyfel is daar in enige gemeenskap van mense van tyd tot tyd
geskille en probleme. Op die oogaf het die
meerderheid van die lede
van die Sesde Respondent die probleem wat ontstaan het met betrekking
tot Eerste Respondent aangespreek
en op 'n wyse hanteer en afgehandel
wat bevredigend vir hulle is. Vir die minderheid is die wyse waarop
dit hanteer is nie aanvaarbaar
nie en is dit die hoof aanleidende
oorsaak vir die bring van hierdie likwidasieverrigtinge. Dit sal na
my mening nie reg en billik
wees om aan hierdie ontevredenheid gehoor
te gee deur ’n finale likwidasiebevel van die Sesde Respondent
nie. In die omstandighede
moet die finale likwidasiebevel geweier
word.
[29] Daar is geen
rede waarom die suksesvolle partye nie op hul koste geregtig is in
hierdie saak nie.
[30] Gevolglik maak
ek die volgende bevel:
Die voorlopige
likwidasiebevel word opgehef en die Eerste, Tweede, Derde, ^ierde,
Vyfde, Sesde, Sewende, Agtste en Negende Applilente
word gesamentlik
en afsonderlik, die een betaal die ander kwytgeskeld te word, gelas
om die koste van die aansoek te betaal, ingeslote
die koste van die
voorlopige likwidateur.
A J LOUW, WR