About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: North Gauteng High Court, Pretoria
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: North Gauteng High Court, Pretoria
>>
2009
>>
[2009] ZAGPPHC 309
|
|
Unicorn Security Bk v Iyanga Trading (Pty) Ltd (Ebersohn J) [2009] ZAGPPHC 309; 20479/09 (25 September 2009)
SAFLII
Note:
Certain
personal/private details of parties or witnesses have been
redacted from this document in compliance with the law
and
SAFLII
Policy
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(NOORD
GAUTENG HOGGEREGSHOF. PRETORIA)
SAAK
NO: 20479/09
2009-07-08
10
In die saak
tussen
UNICORN
SECURITY BK
………………………………………………………
.
Applikant
en
IYANGATRADING
[PTY] LTD
…………………………………………
..
1ste
Respondent
J
P NEL
………………………………………………………………………
2de
Respondent
UITSPRAAK
EBERSOHN,
R: Omdat die hof net ‘n tussentydse bevel gaan verleen
20 is dit nie
betaamlik dat die hof hom uitspreek oor enige van die punte in geskil
nie, behalwe net om te bevind dat op die balans
van gerief en in die
lig van die getuie, mnr Nel, se erkenning dat daar wel so ‘n
sender is op die berg dat ‘n tussentydse
bevel verleen moet
word in die belang van die gerief van die gebruikers van die alarm
sisteem in die dorp. Hierdie bevinding van
my moet nie beskou word as
enige vooruitloping van enige bevel wat ‘n latere hof op die
keerdatum sal maak nie. Dit moet
ook so verstaan word.
Ek het na
oorweging besluit om die volgende tussentydse bevel te maak wat ons
vinnig laat tik het en wat aan die partye beskikbaar
gestel sal word.
1.
Dat die applikant se versuim om te voldoen aan die vorms en
betekening soos voorgeskryf deur reel 6 gekondoneer word en dat
hierdie aansoek ingevoige die bepalings van reel 6(12) as 'n
dringende aansoek aangehoor word.
10
2. Dat ‘n tussentydse bevel hiermee uitgereik word waarkragtens
die eerste en/of tweede respondente beveel word om die
applikant
en/of sy verteenwoordigers of werknemers in onmiddellike herbesit te
plaas van en/of aan die applikant se verteenwoordigers
of werknemers
onmiddellike en ongestoorde toegang te verleen tot die sekuriteit
radiosender [repeater] wat deur die applikant bedryf
word op Gedeelte
94 van die plaas B[...] 4[...], distrik B[...], Limpopo Provinsie ten
einde die applikant sodoende in staat te
stel om die batterye van die
sender te vervang en/of onmiddellike noodreparasies daaraan te verrig
en/of enige ander noodsaaklike
20handelinge met
betrekking tot die bedryf daarvan te verrig.
3.
Dat indien die
respondente sou versuim om stiptelik te voldoen aan die bepalings van
paragraaf 2 hiervan, die balju hiermee gemagtig
word om die eiendom
waarop die gemelde radio sender geleë is en bedryf word te
betree en enige slotte of ander hindernisse
tot die radio sender te
verwyder en/of die radio sender onder sy beheer te neem en/of die
applikant se verteenwoordigers en/of
werknemers ongestoorde toegang
daartoe en/of die beheer daaroor te verleen vir die doel om die
batterye van die sender te vervang
en/of onmiddellike noodreparasies
daaraan te verrig en/of enige ander noodsaaklike handeling met
betrekking tot die bedryf daarvan
te verrig.
4.
Dat die
bepalings van paragrawe 2 tot 3 van hierdie bevel as ‘n
tussentydse bevel sal dien.
5.
Dat die eerste
en die tweede respondente hiermee opgeroep word
10
om op Dinsdag 4 Augustus 2009 om 10:00 of so spoedig doenlik
daarna as wat die saak
aangehoor kan word om redes, indien enige, voor hierdie hof aan te
voer:
5.1
Waarom
paragrawe 2 tot 3 van hierdie bevel nie bekragtig moet word nie.
5.2
Waarom hulle
nie beveel moet word om die koste van hierdie aansoek te betaal nie.
5.3
Of waarom
alternatiewe regshulp nie aan die applikant toegestaan moet word nie.
6.
Dat die
bepalings van hierdie bevel telefonies deur die griffier aan
20 die balju
voorgelees en/of per telefaks aan die balju versend mag word vir
dringende uitvoering.
Ek handig die
bevel af.