Du Toit en 'n Ander v Barclays Nasionale Bank Bpk. (53/1983) [1984] ZASCA 148; [1985] 3 All SA 326 (AD) (28 November 1984)

65 Reportability
Banking and Finance

Brief Summary

Suretyship — Liability of sureties — Appellants, Du Toit and Roux, appealed against judgments ordering them to pay amounts due to Barclays National Bank based on suretyship agreements for Hugo du Toit’s overdrawn bank account — Appellants contended that certain claims had prescribed under the Prescription Act — Court held that the surety agreements covered not only existing debts but also future debts, and that the fluctuating nature of the principal debtor's account precluded the defense of prescription — Appellants' liability upheld.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1984
>>
[1984] ZASCA 148
|

|

Du Toit en 'n Ander v Barclays Nasionale Bank Bpk. (53/1983) [1984] ZASCA 148; [1985] 3 All SA 326 (AD) (28 November 1984)

LL
Saak No. 53/1983
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
APPèLDELING
In die appèl van:
CAROLINA MARIA DU TOIT
Eerste Appellant
DANIëL GERHARDUS
ROUX
Tweede Appellant
en
BARCLAYS NASIONALE BANK BEPERK Respondent
CORAM
: RABIE HR, BOTHA, HEFER ARR, WESSELS
et SMALBERGER WN ARR
VERHOORDATUM
: 15 NOVEMBER 1984
LEWERINGSDATUM
: 28 NOVEMBER
1984
UITSPRAAK
/BOTHA AR .....
2.
BOTHA AR
:-
Die appellante kom in hoër beroep teen von-
nisse vir die betaling
van sekere geldbedrae, rente
en koste wat ten gunste van die respondent teen
hulle
verleen is in die Provinsiale Afdeling Kaap die Goeie
Hoop. Ek sal
na die appellante afsonderlik verwys
as "mev Du Toit" en "Roux", en na die
respondent as.
"die Bank". Die Bank het aanvanklik aparte aksies
teen mev
Du Toit en Roux ingestel. Nadat die pleit-
stukke in elke aksie gesluit is,
is die aksies by oor-
eenkoms gekonsolideer, met die gevolg dat hulle
tesame
verhoor is.
Die Bank se aksies teen die appellante was
gegrond op skriftelike
borgkontrakte wat elk van hulle
ten gunste van die Bank onderteken het. In
die
geval van Roux is daar net een borgkontrak betrokke:
/dié . . .
3.
dié het hy op 21 Mei 1977 onderteken, en
daarin het
hy homself teenoor die Bank verbind vir die betaling
van 'n
maksimum bedrag
van
R40 000
,
afgesien van rente
en koste. In
mev Du Toit se geval gaan dit oor
4 borgkontrakte wat sy onderteken het. Die
datums
daarvan en die bedrae by elkeen betrokke is soos volg:
18 Augustus
1973 - R15 000; 19 Desember 1975 - R20 000;
9 November 1977 - R40 000; en 26
April 1978 - R45 000.
Die kapitale bedrae van die vonnisse wat teen
die
appellante toegestaan is na die afloop van die gekon-
solideerde
verhoor, en wat nou op appêl in die gedrang
is, was in die geval van
Roux, R40 000, en in die
geval van mev Du Toit, R120 000 (die totaal van
die
bedrae betrokke by haar 4 borgkontrakte).
Die borgstellings van die appellante teenoor
die Bank het hulle ontstaan
te danke gehad aan 'n oor-
trokke bankrekening van Hugo Amos du Toit. Hy
is
/die ...
4.
die seun van mev Du Toit. Ek sal na hom verwys
as
Hugo du Toit. Hy het sy bankrekenlng gehad by die
Bank se tak op
Villiersdorp. Die bestuurder van
daardie tak van die Bank was Johannes
Tielman du Toit.
Na hom sal ek verwys (soos in die getuienis voor
die
verhoorhof gedoen is) as Johan du Toit.
Hugo du Toit het gedurende 1972 naby Villiers-
dorp begin boer op 'n plaas
met die naam Goedemoed - 'n
tragies-ironiese naam in díe lig van die
geskiedenis
wat gevolg het. Die plaas het bestaan uit grond
wat ten dele
behoort het aan Roux alleen en ten dele
aan Roux en 'n broer van hom in
mede-eiendomsreg. Hugo
du Toit het die grond van hulle gehuur. Kort
nadat
hy sy intrek op die plaas geneem het, het sy weduwee-
moeder
ímev Du Toit) by hom gaan inwoon en die huis-
houding waargeneem (Hugo
du Toit was toe 'n geskeie
man) . Later het Roux ('n betreklik jonger man)
vir
/Hugo ...
5.
Hugo du Toit begin werk in die boerdery op die plaas,
teen 'n
salaris. Nog later was daar sprake van die
aangaan van 'n vennootskap tussen
Hugo du Toit en Roux,
Hierop kom ek weldra weer terug.
Toe Hugo du Toit na Villiersdorp verhuis
het in 1 972 en sy bankrekening
van die Stellenbosch-
tak na die Villiersdorp-tak van die Bank
oorgeplaas
is, was die rekening in 'n geringe bedrag oortrokke.
Hy wou 'n
groenteboerdery aan die gang sit en daarvoor
het hy kapitaal nodig gehad.
Johan du Toit was
bereid om aan hom verdere oortrokke fasiliteite toe
te
staan, maar natuurlik kon hy nie die bedrag daar-
van te hoog laat gaan
sonder om ter beskerming van
die Bank se belange sekuriteit vir die
terugbetaling
daarvan te verkry nie. Hugo du Toit het nie self
oor
voldoende bates beskik om die Eank se belange
te beveilig nie, maar mev Du
Toit was die eienares
/van ...
6.
van waardevolle grond in Constantia. So het
dit
dan gekom dat sy teenoor die Bank borg gestaan het
vir die nakoming
van Hugo du Toit se verpligtinge
ingevolge sy oortrokke rekening. Toe sy haar
eerste
borgkontrak op 18 Augustus 1973 onderteken het, was
die bedrag van
die oortrokke rekening nagenoeg R1 3 000.
Ten tyde van die tweede borgakte,
op 19 Desember 1975,
het die oortrokke bedrag alreeds gestyg tot
bykans
R33 000.
In elk van die eerste twee borgkontrakte
het mev Du Toit haar teenoor die
Bank verbind as borg
en medehoofskuldenaar van "Hugo Amos du Toit",
vir
die terugbetaling van enige bedrae wat hy nou of "van
tyd tot tyd
hierna" aan die Bank mog skuld, maar beperk
(wat kapitaal betref) in die
eerste kontrak tot die
bedrag van R15 000 en in die tweede tot die
bedrag
van R20 000, soos reeds aangedui is. Elkeen van die
/kontrakte ...
7.
kontrakte bepaal dat die borgstelling
"sal as deurlopende sekuriteit geld vir
die volle bedrag wat nou deur die
genoemde
Skuldenaar aan u verskuldig is of wat te
eniger tyd hierna deur
hom aan u verskuldig
mag word, nieteenstaande enige
tussentydse
vereffening van rekening ..."
Hugo du
Toit het baie teenspoed met sy boer-
derybedrywighede ondervind. Telkens as
daar 'n
vooruitsig op 'n goeie groente-oes was, is die hoop
om 'n goeie
inkomste te behaal, verydel deur ongunstige
weeromstandighede of ander rampe.
Die gevolg was
dat sy oortrokke rekening al groter en groter geword
het.
Johan du Toit, wat intussen baie goed bevriend
geraak het met Hugo du Toit
(en ook met mev Du Toit),
was bereid om hom verder tot hulp te kom, maar
onder
druk van sy hoofkantoor in Kaapstad was hy verplig
om van tyd tot
tyd verdere borgstellings te verkry
ter versekering van die skuld.
/So ...
8
So het dit toe gebeur dat Roux sy borgkon-
trak op 21 Mei 1977
onderteken het. Kort voor daar-
die datum het Johan du Toit 'n onderhoud
gehad met
Hugo du Toit en Roux, waartydens dit geblyk het dat
Hugo du Toit
en Roux van voorneme was om in vennoot-
skap te gaan met betrekking tot die
boerdery. Ek
sal later verwys na die getuienis wat Johan du
Toit
afgelê het oor hierdie gesprek. Vir die huidige
is dit genoeg
om te verwys na 'n skriftelike vennoot-
skapsooreenkoms wat by die verhoor
ingelewer is as
'n bewysstuk. Dit gee voor om deur Hugo du Toit
en Roux
onderteken te gewees het op 23 April 1977.
Daarvolgens sou die twee van hulle
in vennootskap
boer op die plaas Goedemoed onder die naam
"Goedemoed
Boerderye". Klousule 4 van die ooreenkoms bepaal
onder andere
dat die vennootskap verantwoordelikheid
aanvaar "vir alle uitstaande skulde
aangegaan ten
opsigte van" Hugo du Toit se boerderybedrywighede.
/In ...
9.
In Roux se borgakte het hy homself teenoor
die
Bank verbind as borg
in solidum
vir en medehoof-
skuldenaar met
HUGO AMOS DU TOIT en/of GOEDEMOED BOERDERYE
(hierna die genoemde
Skuldenaar genoem) vir die
behoorlike betaling deur die genoemde
Skuldenaar
van alle of enige gelde wat die genoemde Skulde-
naar nou of
van tyd tot tyd hierna aan u mag
skuld . . ." ,
maar beperk tbt R40 000 wat kapitaal betref.
Toe Roux sy borgkontrak onderteken het, was Hugo
du Toit se oortrokke
rekening in die omgewing van R80 000
Daarna het dit verder en vinnig die
hoogte ingeskiet. Op
9 November 1977, toe mev Du Toit haar derde
borgkontrak
onderteken het, was die oortrokke bedrag al oor R100 000.
In
hierdie derde borgkontrak het mev Du Toit haar ook
teenoor die Bank verbind
(tot 'n kapitale bedrag van
R40 000) vir die skuld van "Hugo Amos du Toit
en/of
Goedemoed Boerdery"; in hierdie verband lui die borg-
/kontrak ...
10.
kontrak net soos dié van Roux wat ek
hierbo aangehaal
het. (Die enigste verskil is "Boerdery" in plaas
van
"Boerderye". Dit is egter van geen betekenis
nie, en om onnodige herhaling te
voorkom in die be-
spreking wat later volg, sal ek veronderstel dat
daar
in hierdie kontrak ook verwys word na "Goedemoed Boer-
derye".)
In haar vierde en laaste borgkontrak, onder-
teken op 26 April 1978, het
mev Du Toit borg gestaan
(tot 'n kapitale bedrag van R45 000) slegs vir
die
skuld van "Hugo Amos du Toit". Hierin is daar nie
weer verwys na
"Goedemoed Boerderye" nie. Origens
lui die kontrak soos die vorige een. Op
hierdie
stadium het Hugo du Toit die Bank nagenoeg R138 500
geskuld. Sy
posisie was toe uiters benard, en
daarvandaan het dit nog net slegter gegaan.
In
September 1978 het dxe Bank die appellante aangemaan
/om ...
11.
om hulle borgstellings gestand te doen. In
Februarie
1979 het Hugo du Toit kennisgewing van boedeloorgawe
gegee. In
sy vermoëstaat het hy die Bank aangegee
as 'n skuldeiser ten bedrae van
R146 053,36. Op 28
April 1979 is die dagvaardings van die Bank in
die
aksies teen die appellante op elkeen van hulle bestel.
Volgens die
besonderhede van eis was Hugo du Toit
se skuld aan die Bank toe R147
321,17.
In hulle verweerskrifte soos dit van tyd
tot tyd gewysig is (tot selfs
nadat uitspraak voorbe-
hou is en voordat dit gelewer is), het die
appellante
'n groot getal verwere van verskillende aard geopper
teen die
Bank se vorderings. Met heelwat van hulle
is daar nie in die betoog namens
die appellante voor
hierdie Hof volhard nie. Dié wat weggeval
het,
hoef nie genoem te word nie. Vyf het oorgebly.
Ek sal hulle nou
agtereenvolgens behandel, in dieselfde
/volgorde ...
12.
volgorde as waarin die appellante se advokaat
hulle
in sy betoog geopper het.
Die eerste verweer is verjaring. Dit het
net betrekking op mev Du Toit se
eerste twee borgkon-
trakte, dié van 18 Augustus 1973 (R15 000) en 19
Desem-
ber 1975 (R20 000). Afskrifte daarvan was by die
Bank se
besonderhede van vordering aangeheg as aan-
hangsels "A" en "B", en met
verwysing daarna is die
verweer van verjaring in 'n wysiging van mev Du
Toit
se verweerskrif soos volg geopper:
"In any event Defendant states that
(i) Any debt that she may owe to Plaintiff
in terms of annexures 'A' and
'B' to
Plaintiff's Particulars of Claim have
prescribed by virtue of the
provisions
of the Prescription Act (Act 68 of
1969) .
(ii) Summons in this action was served on 28th April, 1979.
(iii) Defendant has knowledge of the
/amount .....
13.
amount owed by the principal debtor
as at
27th April, 1976 (i.e. three
years immediately prior to the issue
of
sunimons) .
iv) Whatever such principal indebtedness
may have been as at the
aforesaid
date (i.e. 27th April, 1976) has pre-
scribed by virtue of the
provisions
of the Prescription Act (Act 68 of
1969)."
Hierdie verweer kan nie slaag nie, om redes
wat voor die hand lê.
Soos dit gepleit is, verloor
die beroep op verjaring twee dinge uit die oog.
Die
eerste is dat mev Du Toit haar in die betrokke borgaktes
verbind het
nie alleen vir die toe bestaande skuld
van Hugo du Toit aan die Bank nie,
maar ook vir skulde
wat in die toekoms sou ontstaan. Dit blyk uit
die
bepalings van die kontrakte wat ek vroeër aangehaal
het. Die
tweede is dat Hugo du Toit se oortrokke
rekening nie ná die
ondertekening van die betrokke
borgstellings staties gebly het nie: die
balans
/daarvan ...
14.
daarvan het voortdurend geskommel.
Hierbo is reeds daarop gewys hoe Hugo du
Toit se oortrokke rekening van
tyd tot tyd gestyg
het. Op 28 April 1976 was die oortrokke balans,
in 'n
ronde som, ongeveer R45 000. Dit blyk uit
die getuienis wat Johan du Toit
afgelê het met ver-
wysing na afskrifte van die bankstate ten
opsigte
van die rekening wat by die verhoor as 'n bewysstuk
ingelewer is.
Dit blyk ook dat toe die dagvaarding
op mev Du Toit bestel is die oortrokke
bedrag meer
as R147 000 beloop het. Vanweë hierdie syfers en
die
bepalings van die borgkontrakte waarna ek verwys
het, spreek dit alreeds
vanself dat daar geen ruimte
is vir die verweer van verjaring nie, want sodra
dit
blyk dat die Bank meer as R35 000 (die totaal van
die maksimum bedrae
genoem in die betrokke kontrakte)
aan Hugo du Toit voorgeskiet het te eniger
tyd gedurende
/die ...
15.
die tydperk van 3 jaar voordat die dagvaarding
bestel
is, kan die Bank daardie bedrag van mev Du Toit ver-
haal ingevolge
haar eerste twee borgstellings, sonder
dat verjaring hoegenaamd ter sprake
kan kom.
Bowendien blyk dit verder uit Johan du Toit
se getuienis dat daar
ná 28 April 1976 van tyd tot
tyd inbetalings op Hugo du Toit se
rekening gemaak
is wat in totaal minstens R53 000 beloop het. Dit
was meer
as genoeg om die skuld wat op die genoemde
datum bestaan het te delg. Johan
du Toit het getuig
dat volgens bankpraktyk inbetalings op 'n
oortrokke
rekening aangewend word om die oudste gedeelte van
die skuld
eerste te delg. Hierdie getuienis is
nie aangeval nie, en in ieder geval is
dit in ooreen-
stemining met die welbekende reëls van ons reg
insake
die toerekening van 'n betaling deur 'n skuldenaar van
'n bedrag
wat minder is as sy totale skuld aan die
/skuldeiser ...
16.
skuldeiser (kyk bv Voet 46.3.16; Wessels, Law
of
Contract, Vol II, par 2306-8, op 639-640; en De
Wet en Yeats,
Kontraktereg en Handelsreg, 4de uitg,
op 236-7). Die enigste ander reël
wat denkbaar
in hierdie verband ter sprake kan kom, is dat rente
voor
kapitaal gedelg word, maar dit kan volgens die
feite van die huidige saak
geen praktiese aanwending
vind nie, omdat dit blyk uit Hugo du Toit se
bankstate
dat rente wat op sy oortrokke rekening gehef is, maande-
liks
gekapitaliseer is deur dit bloot tot sy lopende
rekening toe te voeg.
Weliswaar was daar nie getuie-
nis voor die verhoorhof dat die kapitalisering
van
die rente geskied het ingevolge enige ooreenkoms tus-
sen die Bank en
Hugo du Toit nie, maar daaruit kan
mev Du Toit geen voordeel trek nie: dit is
sy wat
die bewyslas gedra het ten opsigte van die verweer
van verjaring
(Gericke v Sack
1978 (1) SA 821
(A)).
/Van ...
17.
Van daardie bewyslas het sy haar vanweë die voorgaande
oorwegings
klaarblyklik nie gekwyt nie.
Vermoedelik in 'n poging tot vermyding van
die voorgaande oorwegings het
mev Du Toit se advokaat
voor hierdie Hof met 'n betoog vorendag gekom wat
af-
gewyk het van die verweer
van
verjaring soos dit ge-
pleit was
en wat, soos ek dit verstaan het, neergekom
het op die volgende: toe mev Du
Toit elk van die
eerste twee borgaktes onderteken het, het daar daar-
deur
'n verbintenis tussen haar en die Bank tot stand
gekom; ten aansien van elk
van die verbintenisse
het verjaring begin loop vandat die kontrakte
onder-
teken is; die verjaring is in elke geval voltooi
3 jaar na datum
van ondertekening; en die loop van
verjaring is geensins geaffekteer deur die
tussen-
komende skommelings in Hugo du Toit se bankrekening
nie. Die
betoog is so klaarblyklik ondeugdelik dat
/ek ...
18
ek dit onnodig vind om te noem wat ter ondersteuning
daarvan
aangevoer is. Dit is genoeg om te sê dat
die betoog in sy wese berus op
'n volslae misvatting
van
dle
grondbegrippe verbintenis, skuld en
verjaring,
in so 'n mate dat dit voor die voet verwerp kan word.
Die tweede verweer het betrekking op mev
Du Toit se derde borgstelling,
gedateer 9 November
1977, en ook op Roux s'n van 21 Mei 1977.
Hierdie
verweer is gegrond op die beskrywing in die betrokke
twee
borgkontrakte van die hoofskuldenaar as "Hugo
Amos du To.lt en/of Goedemoed
Boerderye" . In 'n wysiging
van raev Du Toit se verweerskrif word hierdie
verweer
soos volg uiteengesit:
"In any event, the suretyship dated the
9th November, 1977 is invalid,
inasmuch
as
(aa) the identity of the principal
debtor
is unable to be ascertained from the
written instrument, and in the
premises
/the ...
19.
the said suretyship does not comply
with the provisions of
section 6 of
the General Law Amendment Act (Act
50 of 1956),
Alternatively
, ....
(bb) the aforesaid suretyship fails to
comply with section 6 of Act 50
of
1956 inasmuch as the terms of the
suretyship orally concluded
between
the parties are not reflected in the
written instrument, inasmuch
as the
said written instrument fails to re-
cord that should a partnership
account
styled 'GOEDEMOED BOERDERYE' be opened
and the liability of the
farming opera-
tion (conducted by HUGO AMOS DU TOIT
and G. ROUX) be
transferred thereto,
all Defendant's liability as surety
for the said HUGO
AMOS would cease,
and Defendant's liability would only
then arise in
respect of the account
of GOEDEMOED BOERDERYE."
Hierdie wysiging is ten dele aan die einde van die
verhoor aangevra en ten
dele nadat uitspraak reeds
voorbehou is. Geen beswaar is daarteen
geopper
nie. 'n Gelykluidende wysiging is blykbaar aangevra
/van ...
20.
van Roux se verweerskrif. In sy geval blyk
die
wysiging nie uit die oorkonde nie, maar die advokaat
van die
respondent het aangedui dat hy bereid was
om sy betoog te lewer in die
veronderstelling dat
so 'n wysiging ook wel toegestaan is.
Die beginsels wat toepaslik is op 'n verweer
soos die onderhawige is
duidelik: die bepalings van
die borgkontrak moet in die skriftelike dokument
be-
liggaam wees; die bepalings sluit in die identiteit
van die
hoofskuldenaar; getuienis ter identifikasie
van die hoofskuldenaar is nie
toelaatbaar as daardie
getuienis betrekking het op die onderhandelinge
of
mondelinge
consensus
tussen die skuldeiser en die
borg nie;
ander getuienis ter identifikasie van
die hoofskuldenaar is wel toelaatbaar;
en bepalend
van die vraag of sekere getuienis ten opsigte
van
identifikasie toelaatbaar is al dan nie, is die inhoud
/van ...
21.
van die getuienis en nie deur wie dit
afgelê word
nie (kyk bv
Fourlamel (Pty) Ltd v Maddison
1977(1)
SA 333 (A) op 344 G - 345 D;
Sapirstein and Others
v
Anglo African Shipping Co (SA) Ltd
1978 (4) SA 1
(A) op 12 B - D; en
Gene
ral Accident Insurance Co
SA Ltd v Dancor Holdings (Pty) Ltd
and Others
1981
(4) SA 968
(A) op 977 E - 978 F).
Die hoofbetoog van die appellante se advokaat
ter ondersteuning van
hierdie verweer was daarop toe-
gespits om aan te toon dat die identiteit van
die
hoofskuldenaar of hoofskuldenare nie aan die hand
van die betrokke
borgaktes alleen bepaalbaar is nie.
Ek is nie oortuig daarvan dat dit werklik
is waarom
dit hier gaan nie. Per slot van sake staan die
identiteit van
sowel Hugo Amos du Toit as Goedemoed
Boerderye vas bo twyfel. Waarom dit
gaan, is die
uitdrukkingkie "en/of" tussen die name van die hoof-
/skuldenare ...
22.
skuldenare. Dit kom my voor asof die
moontlike
probleem wat daaruit kan voortspruit eerder betrekking
het op
die uitleg van die kontrak as op die identiteit
van die hoofskuldenare. Maar
aangesien dit nie
'n verskil sal maak aan die beantwoording van die
vraag
geopper deur die verweer nie, sal ek nie verder daaroor
uitwei
nie.
Die beweerde onbepaalbaarheid van die hoof-
skuldenaar in elk van die
betrokke kontrakte berus
dan op die aanwesigheid van "en/of" tussen die
twee
name. Die Engelse eweknie van daardie uitdrukking,
"and/or", is al
wyd en syd aan kwaai kritiek onderwerp.
Enkele voorbeelde van sulke kritiek
word aangehaal
in
Berman v Teiman
1975 (1) SA 756
(W) op 757 D -
G.
Dit sou egter geen nut hê om hier na te gaan watter
probleme die
uitdrukking in ander sake opgelewer het
en hoe hulle daar opgelos is nie. In
die samehang
/waarin ...
23.
waarin die uitdrukking in die onderhawige
borgaktes
verskyn, is ek van oordeel dat die kritiek wat elders
daarteen
uitgespreek is, grootliks onverdiend is,
soos ek nou sal probeer aantoon.
Wanneer iemand as borg teenoor 'n bank instaan
vir die skuld, en
bepaaldelik die toekomstige skuld,
van iemand anders teenoor die bank, is
daar natuurlik
inherent in die situasie die vooruitsig dat die bank
op
enige gegewe tydstip in die toekoms die borg kan
oproep om 'n dan bestaande
skuld van die hoofskuldenaar
te betaal wat laasgenoemde versuim om te doen.
Kry
'n mens nou 'n borgstelling waarin die borg hom teenoor
die bank
verbind vir die betaling van die toekomstige
skuld van "A en/of B"
,
dan skyn dit my redelik duidelik
te wees wat deur die uitdrukking "en/of"
beoog word.
Met die vermelding van twee hoofskuldenare is daar
die
inherente vooruitsig dat op 'n gegewe tydstip òf
/A ...
24.
A alleen, òf B alleen, òf beide A en B geld aan die bank
kan
skuld wat die bank van die borg sal wil verhaal.
Om net op die bewoording van
die dokument af te gaan,
lyk dit vir my redelik duidelik dat daar deur
middel
van die uitdrukking "en/of" beoog word om voorsienirig
te maak vir
al drie die moontlikhede wat ek genoem
het. As op enige gegewe tydstip slegs
A, maar
nie B nie, geld aan die bank skuld, kan die borg vir
A se skuld
aangespreek word; as slegs B skuld,
en nie A nie, kan hy vir B se skuld
aangespreek word;
en as beide A èn B geld skuld, kan hy vir albei
se
skuld aangespreek word. In so 'n samehang is ek van
mening dat dit 'n
heel natuurlike, en selfs voor-die-
hand-liggende, uitleg van die uitdrukking
"en/of"
is, om al drie die moontlike gevalle te dek soos ek
aangedui het.
Ek stem ook saam met die submissie
wat deur die respondent se advokaat gemaak
is, dat
so 'n geval soos hierbo genoem wesenlik analoog is
/aan ...
25.
aan die geval waar 'n aantal persone oor en weer
vir
raekaar se skulde teenoor 'n skuldeiser borg staan,
soos wat bespreek
is in
Sapirstein
se saak
supra
op
10 A - 13 D.
As die voorgaande oorwegings toegepas word
op die borgkontrakte van die
appellante wat tans onder
bespreking is, dan is die gevolgtrekking dat,
bloot
aan die hand van die bewoording daarvan, die appellante
ingestaan
het vir die betaling van die skuld van óf
"Hugo Amos du Toit" 6f
"Goedemoed Boerderye", indien
slegs die een of die ander van hulle geld aan
die
Bank sou skuld, en vir die betaling van albei se skuld
indien beide
van hulle geld aan die Bank sou skuld.
Op hierdie grondslag staan die
identiteit van die
hoofskuldenaar of hoofskuldenare vas en kan daar
nie
bevind word dat die kontrakte ongeldig is nie. Ek
dink nie dat daar
aan hierdie gevolgtrekking afbreuk
/gedoen ...
26.
gedoen word deur die feit dat die kontrakte, soos
blyk uit die woorde
daarvan wat ek vroeër aangehaal
het, ná die verwysing na "Hugo
Amos du Toit en/of
Goedemoed Boerderye", gebruik maak van die woorde
"die
genoemde Skuldenaar" nie, Dié woorde is slegs
'n uitdruklik aangewese
verwysingsvorm na die vooraf-
gaande begrip as 'n geheel, en gevolglik sluit
die
gebruik van die enkelvoud, as 'n saak van uitleg, nie
die gedagte van
'n meervoudige aanspreeklikheid uit
nie.
Namens die appellante is daar egter betoog
dat die woorde "Hugo Amos du
Toit en/of Goedemoed
Boerderye" 'n onoplosbare dubbelsinnigheid inhou.
Ek
stem nie hiermee saam nie, soos volg uit wat hierbo
gesê is.
Hoogstens kan daar gesê word dat daar in
die genoemde woorde 'n raate
van onsekerheid skuil aan-
gaande die werklike bedoeling van die partye
(die
/appellante ...
27.
appellante en die Bank). Ek sal trouens
aanvaar
dat daar 'n voldoende mate van onsekerheid bestaan
om die
gevolgtrekking te regverdig dat die kontrakte
nie bloot aan die hand van
hulle bewoording uitgelê
behoort te word nie (anders as wat ek tot
dusver ge-
doen het ter bespreking van die bogenoemde hoofbetoog
namens
die appellante). In beginsel is getuienis
van omringende omstandighede dan
toelaatbaar om die
onsekerheid op te los, onderhewig aan die beperking
op
die aard van sodanige getuienis wat in die huidige
geval van toepassing is,
soos ek hierbo aangedui het.
Soos vroeër vermeld, het Johan du Toit getuig
oor 'n onderhoud wat hy
gevoer het met Hugo du Toit
en Roux voordat laasgenoemde sy borgstelling
onderteken
het. Sy getuienis in hierdie verband is nie in
enige wesenlike
opsig betwis nie. Daarvolgens het
Hugo du Toit en Roux aan Johan du Toit
meegedeel dat
/hulle ...
28.
hulle van voorneme was om die vennootskap tussen
hulle
twee die oortrokke rekening van Hugo du Toit by die
Bank te laat
oorneem. 'n Afskrif van die vennootskaps-
ooreenkoms waarna ek hierbo verwys
het, is ook aan
Johan du Toit gewys. Hy het aan Hugo du Toit en
Roux
verduidelik dat dit dan nodig sou wees om 'n nuwe
rekening in die naam van
die vennootskap te open en
dat die Bank vir dié doel sou vereis dat
sekere voor-
geskrewe vorms ingevul en onderteken moes word. Daar
is toe
aan hom meegedeel dat Roux op die punt gestaan
het om te vertrek om
grensdiens te gaan verrig vir
'n tydperk. Hugo du Toit en Roux het toe
besluit
om die ondertekening van die nodige dokumente en die
opening van
'n vennootskapsrekening uit te stel. In-
derdaad is daar toe met die verloop
van tyd nooit
die nodige dokumente onderteken nie en is 'n
vennoot-
skapsrekening ook nooit geopen nie. Hugo du Toit
se rekening het
onveranderd op sy eie naam bly staan.
/Namens ...
29.
Namens die appellante is aangevoer dat
die
voorgaande getuienis ontoelaatbaar is omdat dit be-
trekking sou
hê op onderhandelinge en mondelinge
con
-
sensus
tussen
"die partye". Die betoog is ongegrond.
Die getuienis het betrekking slegs op
wat Hugo du
Toit en Roux se voornemens was, op onderhandelinge
en
consensus tussen hulle twee, wat toe aan Johan
du Toit bekend geraaak is. Dit
het nie betrekking
op onderhandelinge en
consensus
waartoe Johan du
Toit,
as verteenwoordiger van die Bank, die skuldeiser,
'n deelnemende
"party" was teenoor Roux as borg nie
(en mev Du Toit was natuurlik glad nie
eers daarby
betrokke nie). Die inhoud van die borgkontrak
wat Roux later
onderteken het, was ook glad nie ter
sprake nie. Die objektiewe feite wat
blyk uit
die getuienis is dat Johan du Toit en Roux beoog het
om in die
toekoms 'n rekening op naam van die vennootskap
/Goedemoed ...
30.
Goedemoed Boerderye te open en dan Hugo du Toit
se
oortrokke rekening deur die vennootskapsrekening te
laat oorneem.
Getuienis dienaangaande druis nie
in teen die toepaslike beginsels waarna ek
hierbo
verwys het nie en is gevolglik toelaatbaar as hulpmiddel
by die
vertolking van die kontrak (en by die bepaling
van die identiteit van die
hoofskuldenaar of hoofskulde-
nare, as 'n mens dit so wil beskou) .
Vertolk teen die agtergrond van die feite
wat ek genoem het, is die
onsekerheid in die betrokke
borgkontrakte heeltemal opgeklaar:
klaarblyklik
was die bedoeling dat die appellante borg gestaan
het vir
Hugo du Toit se skuld aan die Bank, solank
as wat sy rekening sou
voortbestaan op sy naam, en
vir die skuld van Goederaoed Boerderye, wanneer
en
indien 'n vennootskapsrekening op daardie naam geopen
sou word en Hugo
du Toit se rekening daarin oorgeneem
/sou ...
31.
sou word.
Namens die appellante is daar betoog dat
'n benadering soos diê
hierbo uiteengesit daarop sou
neerkom dat uitwerking gegee word aan 'n
bepaling van
die ooreenkomste tussen die appellante en die Bank
wat nie in
die skriftelike kontrakte beliggaam is
nie. Ook hierdie betoog is ongegrond.
Om die
betekenis van die kontrakte te bepaal, verg alleenlik
'n proses van
vertolking, en dit behels geensins dat
krag verleen word aan enige mondelinge
ooreenkoms
tussen die partye daartoe nie.
Ten slotte, wat hierdie verweer betref,
het die appellante se advokaat
betoog dat daar nie
kennis geneem kon word van die omringende
omstandig-
hede of agtergrondsfeite wat blyk uit Johan du Toit
se
getuienis nie, omdat dit nie in die respondent
/se ...
32.
se pleitstukke geopper is nie. Die appellante
kan
egter nie toegelaat word om hulle op hierdie punt
te beroep nie,
omdat, soos reeds aangedui is, hier-
die verweer eers te berde gebring is
deur 'n wysiging
van hulle eie pleitstukke heel aan die einde van
die
verhoor. In dié omstandighede was die respondent
geregtig om
die verweer die hoof te bied met behulp
van al die getuienis wat reeds voor
die verhoorhof
was, sonder die nodigheid om in daardie stadium
sy
pleitstukke te wysig. Dit is gevolglik onnodig
om enige mening uit te
spreek oor die vraag of die
genoemde betoog namens die appellante in ieder
geval,
in ander omstandighede, gegrond of ongegrond sou gewees
het.
Die tweede verweer faal dus ook.
Die derde verweer
het net betrekking op
mev Du Toit se laaste borgakte, dié van 26 April
1978.
/Hierdie ...
33.
Hierdie verweer is ook eers geopper deur 'n
wysiging
van die verweerskrif ná afloop van die verhoor. Dit
lui
soos volg:
"Defendant states that at the time she signed
the suretyship dated the 26th
April, 1978,
Plaintiff was aware, and duty bound to dis-
close to her the
following:
(1) That the farming operation
carried
out by HUGO AMOS DU TOIT and GERHARD
ROUX, styled GOEDEMOED
BOERDERYE,
had no reasonable prospect of success
of paying its creditors
with finance
derived from further farming opera-
tions or in the ordinary
course of
business;(2) The said farming operation was insolvent;
(3)
That Plaintiff would not
advance to
the said partnership any further cre-
dit within which to carry on further
farming operations;
(4)
Plaintiff had
decided to call up its
overdraft with the said partnership
(or HUGO AMOS DU TOIT) unless a pur-
chaser could be obtained to purchase
the said farming undertaking within
a short time, and in an amount
in
/excess ...
34.
excess or equal to the then
existxng
overdraft;
(5) The suretyship that Defendant was
requested to sign was to protect Plain-
tiff's interest, and not that of
the
principal debtor or Defendant.
Had Defendant been aware of the above-mentioned
facts, she would not have
signed the aforesaid
suretyship.
In the premises, Defendant, as she is entitled
to do, cancels the suretyship
dated the 26th
April, 1978."
Alvorens ek hierdie
verweer bespreek, sal
dit gerieflik wees om eers in die algemeen te
verwys
na sekere aspekte van die getuienis wat afgelê is
deur mev Du
Toit en Hugo du Toit, en daarteenoor Johan
du Toit. Die hele trant van mev Du
Toit se getuienis
was dat sy op geen enkele tydstip bewus was van die
feit
dat sy enige borgkontrak onderteken het nie.
By elkeen van die vier
geleenthede toe sy haar hand-
tekening op die betrokke borgaktes geplaas het,
is sy
/deur ...
35.
deur Johan du Toit in die waan gebring dat sy
slegs
as 'n getuie teken op "dokumente in verband met die
plaas". Hugo du
Toit het getuig dat hy en Johan
du Toit saamgesweer het om telkens mev Du
Toit op
hierdie wyse om die bos te lei. Johan du Toit
het hierdie
getuienis van raev Du Toit en Hugo du Toit
ontken en getuig dat hy by elke
geleentheid dit aan
Hugo du Toit oorgelaat het om eers met mev Du Toit
te
praat oor die Bank se vereiste om haar borgstelling
te verkry en dan daarna
die betrokke borgkontrak aan
haar voorgelê het vir ondertekening, en
dat sy ook
ten volle op hoogte was van wat sy onderteken het.
Die
verhoorregter (VAN DEN HEEVER R) het mev Du Toit
en Hugo du Toit nie geglo
nie en hulle getuienis as
ongeloofwaardig verwerp. Sy het Johan du Toit
se
getuienis aanvaar. By die nalees van al die ge-
tuienis in die oorkonde
blyk dit ten duidelikste dat
die verhoorregter se beoordeling van die getuies
ten
/volle ...
36.
volle geregverdig was en dat daar geen ruimte
kan
bestaan om daarvan te verskil nie.
Teen hierdie agtergrond kan daar korte mette
gemaak word met die derde
verweer, sonder om in te
gaan op die feite wat ter ondersteuning daarvan
geop-
per is of om die regsbeginsels te bespreek wat daarop
van toepassing
mag wees. Wat die feite betref,
het die verhoorregter bevind, op goeie
gronde, dat
diê genoem in paragrawe (3), (4) en (5) van die
ver-
weer, hierbo aangehaal, nie bewys is nie. Ek sal
egter ten gunste van
mev Du Toit aanvaar dat dit wel
bewys is. Wat die regsposisie betref, sal ek
bloot
veronderstel (sonder om dit te beslis of om enige
mening daaroor uit
te spreek) dat die verweer soos
gepleit, met betrekking tot die verhouding
tussen
'n borg en 'n skuldeiser, regtens aanvaarbaar is. Op
grondslag van
hierdie veronderstelling moet raev Du
/Toit ...
37.
Toit minstens kan bewys: (a) dat Johan du Toit onder
'n verpligting was om
die genoemde feite aan haar te
openbaar, omdat hy geweet het, of rede gehad
het om
te vermoed, dat sy onbewus was daarvan; (b) dat sy
inderdaad
onbewus was daarvan; en (c) dat sy nie
die borgkontrak sou onderteken het as
sy wel bewus
was daarvan nie.
Uit die getuienis en die verhoorregter se
geloofwaardigheidsbevindings,
soos hierbo vermeld,
is die gevolgtrekking onvermydelik dat nie een
van
die punte genoem onder (a), (b) en (c) hierbo bewys
is nie. Volgens
Johan du Toit se getuienis het
hy nog geweet nog enige rede gehad om te dink
dat
mev Du Toit nie op hoogte was van die stand van Hugo
du Toit se
rekening, die vooruitsigte om sy boerdery
te laat slaag, die Bank se houding
in verband met
die rekening, en so meer nie. Mev Du Toit se
/getuienis ...
38.
getuienis dat sy nie eers geweet het sy
onderteken
'n
borgstelling nie is as leuenagtig verwerp. In
haar
getuienis bly daar dus geen feitelike grondslag
oor vir 'n bevinding dat sy
onbewus was van die ge-
noemde feite nie. Nog minder is daar op grond
van
haar getuienis enige ruimte vir 'n bevinding dat sy
nie die borgakte
sou onderteken het as sy bewus was
van die genoemde feite nie. Uit die
getuienis
as 'n geheel is dit duidelik dat die verhouding tussen
moeder en
seun van so 'n aard was dat sy bereid sou
wees om enigiets te onderteken wat
Hugo du Toit aan
haar voorgelê het (selfs sy doodsertifikaat,
soos
hy getuig het). Dit word gestaaf deur die feit
dat sy behalwe haar
vier borgaktes ook talle ander
dokumente onderteken het om geld vir Hugo du
Toit
in die hande te kry, soos byvoorbeeld in verband met
die verkoop van
gedeeltes van haar grond ín Constantia,
die registrasie van 'n verband
oor ander gedeeltes van
/daardie ...
39.
daardie grond, en so meer.
Op die voorgaande grondslag kan die derde
verweer dus ook nie slaag
nie.
Die vierde verweer het net betrekking op
Roux se borgkontrak. Die verweer
is dat die kontrak
regtens ongeldig is op grond daarvan dat Roux
daarin
voorgee om borg te staan vir sy eie skuld. Die
feite wat in Roux se
gewysigde verweerskrif aangevoer
word ter ondersteuning van die verweer, kan
saamgevat
word soos volg: Roux en Hugo du Toit het op 23 April
1977 'n
vennootskapsooreenkoms aangegaan, waarvolgens
die skulde van Hugo du Toit
deur die vennootskap oor-
geneem sou word; daar is mondeling ooreengekom
dat
die bankrekening van Hugo du Toit die rekening van
die vennootskap sou
wees en dat Hugo du Toit die rekening
as "agent" van die vennootskap sou
beheer; Johan du
Toit was van hierdie feite bewus; en Roux het gevolglik
/as ...
40.
as selfskuldenaar teenoor die Bank aanspreeklik
geword,
gesamentlik en afsonderlik met Hugo du Toit, vir die
betaling van
die skuld voortspruitend uit die rekening.
Behoudens die feit dat Roux en Hugo du Toit
oenskynlik wel op 23 April
1977 die skriftelike ven- nootskapsooreenkoms onderteken het waarna ek
vroeër
verwys het, is die feite soos gepleit in stryd met
die
getuienis wat voor die verhoorhof geplaas is.
Om mee te begin, was daar geen
getuienis dat daar
ooit op enige wyse uitvoering gegee is aan die
ooreen-
koms nie. Inteendeel is alle aanduidings dat die
ooreenkoms nooit
in werking getree het nie. Roux
het getuig dat hy steeds voortgegaan het om
'n salaris
van Hugo du Toit te ontvang. 'n Vennootskapsrekening
wat, soos
Johan du Toit getuig het, beoog was, is
inderdaad nooit geopen nie. Ten
slotte, om alles
te bekroon, blyk dit duidelik uit Roux se eie getuienis
/onder ...
41 .
onder kruisondervraging dat Hugo du Toit se
bankreken-
ing sy eie gebly het, dat dit nie die vennootskap
se rekening
was nie, en dat nog Roux nog die beweerde
vennootskap iets met daardie
rekening te doen gehad
het. Roux het gevolglik in der waarheid nooit
die
selfskuldenaar van die Bank geword nie.
Afgesien daarvan dat die feitelike grondslag
van die verweer ontbreek,
raoet ek, om moontlike mis-
verstand te voorkom, iets verder daaroor
sê. In
Standard Bank of SA Ltd v Lombard and Another
1977 (2) SA
808
(W) op 813 E - 814 A het ek die mening
uitgespreek dat 'n kontrak
waarvolgens 'n vennoot homself
teenoor 'n skuldeiser van die vennootskap
verbind as borg
en medehoofskuldenaar
in solidum
vir die
betaling
van die vennootskapskuld, 'n regsgeldige en afdwingbare
kontrak
is. Na heroorweging huldig ek nog steeds
daardie mening (kyk ook De Wet en
Yeats
op cit
op 405,
/voetnota ...
42.
voetnota 217
i
f
) . Die
onderhawige verweer van
Roux is dus in ieder geval regtens ongegrond, en
moet
om daardie rede ook verwerp word.
Die vyfde en laaste verweer is dié van mev
Du Toit, dat sy in die
geval van elkeen van haar 4
borgkontrakte dit onderteken het omdat sy deur
Johan
du Toit mislei is om te glo dat sy iets anders onder-
teken. Met die
oog op wat ek alreeds gesê het
oor die getuienis en die verhoorregter
se geloofwaar-
digheidsbevindings is dit voldoende om van hierdie
verweer
te sê dat dit ook gedoem is tot mislukking.
Ten opsigte van die koste van die appèl
het die respondent se
advokaat gevra dat mev Du Toit
en Roux gelas moet word om die koste
gesamentlik en
afsonderlik te betaal. In die besondere omstandighede
van
hierdie saak is ek van mening dat daar nie aan
hierdie versoek voldoen
behoort te word nie. Na my
/oordeel ...
43.
oordeel sou dit billik wees om elkeen van hulle aan-
spreeklik te hou vir
'n helfte van die koste.
Die appèl word afgewys. Daar word gelas
dat elk van die appellante
een helfte van die koste
van die appèl moet betaal.
A.S. BOTHA AR
RABIE HR
HEFER AR
STEM SAAM
WESSELS WN AR
SMALBERGER WN ARR