S v Twaza (265/84) [1984] ZASCA 147 (28 November 1984)

82 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Murder — Conviction and sentencing — Appellant convicted of two counts of murder and sentenced to death — Appellant's alibi defense rejected — Evidence of involvement in gang-related violence — Court's assessment of appellant's age and its implications for sentencing — Appellant's claim of being underage at the time of the offenses not adequately considered — Court found that statutory discretion for lesser sentence could have applied if appellant was under 18 — Conviction upheld, but sentencing deemed improper due to failure to consider age-related factors.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1984
>>
[1984] ZASCA 147
|

|

S v Twaza (265/84) [1984] ZASCA 147 (28 November 1984)

Saaknommer: 265/84
WHN
MICHAEL TWAZA Appellant
en
DIESTAAT Respondent
JOUBERT, AR.
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
APPÉLAFDELING
In die saak tussen:
MICHAEL TWAZA Appellant
en
DIE STAAT
Respondent
CORAM: JOUBERT, CILLIÉ, BOTHA, VAN HEERDEN ARR.
et GALGUT Wn. AR.
Verhoor: 23 November 1984
Gelewer: 28 November 1984
UITSPRAAK
JOUBERT, AR.
/Die ............
2
Die appellant, 'n jong Swartman, is as
beskuldigde 7 saam met ses Kleurlingmans in die Kaap
die Goeie Hoop Provinsiale Afdeling voor 'n hof be=
staande uit WILLIAMSON R. en twee assessore aangekla
van twee moorde. Die eerste aanklag is dat hulle
op Saterdag 28 Augustus 1982 die oorledene Willem Jacobs
op die plaas Tierstel, Rawsonville in die distrik
Worcester, vermoor het. Die tweede aanklag is dat
hulle op dieselfde datum die oorledene Jan Davids op
die plaas Groot Eiland, Rawsonville in die distrik
Worcester, vermoor het. Die twee oorledenes is twee
baie jong Kleurlingmans. Aanklagte 3 en 4 het nie
op die appellant betrekking nie. Al die beskuldigdes
/het .........
3
het op die twee aanklagte van moord onskuldig
gepleit.
Hulle is verhoor. Al die beskuldigdes is op beide
aanklagte van moord skuldig bevind, aan moord sonder
versagtende omstandighede en gevolglik is die verpligte
doodvonnis ten opsigte van beide aanklagte opgelê.
Die verhoorregter het die appellant se aansoek om
verlof om te appelleer teen die doodvonnisse afgewys.
Met die nodige verlof kom die appellant tans in hoër
beroep na hierdie Hof teen die opgelegde doodvonnisse.
Dit was gemene saak dat al die beskuldigdes
lede van 'n bende bekend as die Cape Town Scorpions is
terwyl die twee oorledenes lede van die Born Free Kids -
bende was. Hierdie twee bendes was vyandig gesind
/teenoor ............
4
teenoor mekaar. Van tyd tot tyd baklei hul
lede
met mekaar. Saterdagmiddag 28 Augustus 1982 het
daar op die plaas Tierstel 'n botsing plaasgevind tussen
lede van hierdie twee bendes wat mekaar gej.aag het.
Sommige van die beskuldigdes en die twee oorledenes was
daarby betrokke. Daardie aand is die oorledene
Willem Jacobs op die plaas Tierstel vermoor. Volgens
die mediese getuienis was die oorsaak van dood hoof=
beserings wat hy opgedoen het. Daarna is die oorle=
dene Jan Davids op die aangrensende plaas Groot Eiland
in die aanwesigheid van sy houvrou Theresa Pietersen
in 'n kamer aangeval deur beskuldígdes 1, 2 en 3 terwyl
die elektriese lig gebrand het. Beskuldigde 1 het 'n
/kierie ........
4a
kierie gehad terwyl beskuldigde 2 'n graaf en
be=
skuldigde 3 'n skaapskêr gehad het. Daar het ook
ander aanvallers die vertrek binneCgekom maar Theresa
Pietersen het hulle nie geken nie. Die oorledene
het na buite gevlug. Sy lyk is later daardie nag in
die veld gevind. Volgens die mediese getuienis was
die oorsaak van dood hoofbeserings wat hy opgedoen het
Die grondslag van die appellant se verweer
was 'n alibi. Hy het getuig dat hy die betrokke aand
gedans het, dat hy die ander beskuldigdes nie ken nie
en dat hy geen kennis dra van die twee moorde nie.
Die enigste wyse hoe die Staat die appellant
met die pleging van die twee moorde verbind het, was
/deur ...........
5
deur middel van 'n pleitverduideliking. Op 14
September
1982 het al die beskuldigdes voor 'n landdros verskyn om
in terme van artikel 119 van die Strafproseswet 51 van
1977 (
"
die Wet" ) te pleit op twee hoofklagtes van
moord ten aansien van die oorledenes Willem Jacobs en
Jan Davids asook twee alternatiewe klagtes van strafbare
manslag. Die appellant het onskuldig gepleit op die
twee hoofklagtes en hom op sy swygreg beroep. Op die
twee alternatiewe klagtes van strafbare manslag het die
appellant skuldig gepleit. Ingevolge artikel 121(1)
van die Wet het die landdros die appellant toe in terme
van artikel 112(1)(b) ondervra met behulp van 'n tolk
aangesien die appellant Xhosa gepraat het. Volgens
/Bewysstuk ........
6
Bewysstuk "L" het die ondervraging soos volg geskied:
"
Ten opsigte van
besk. 7
:
V. Verstaan jy die twee alt. aanklagtes
teen jou ?
A. Ja.
V. Erken jy die bewerings daarin vervat ?
A. Ja. Ek was saam met die ander
toe ons
na Willem Jacobs gaan. Hy het weggehard-
loop. Ons vang hom toe en begin
hom
aanrand. Ek het hom met 'n kierie twee
keer geslaan by sy maag. Die
ander het
hom met ander wapens aangerand.
V. Het jy ook vir Jan Davids aangerand ?
A. Ja. Toe ons klaar is met Willem Jacobs,
toe gaan ons na Jan Davids se
huis. Hy
het weggehardloop en ons het hom gevang.
Ons het hom ook begin
aanrand. Ek het
hom met 'n mes gesteek, een keer in sy
arm. Die ander het
hom ook aangerand.
V. Was dit vir jou nodig om enige van hierdie
twee persone aan te rand
?
A. Nee. Hulle het ons vroeër gejaag. Ons
kom toe bymekaar en gaan na
hulle. Ons
het wapens saamgeneem.
/V. ...
7
V. Erken jy dat die twee persone dood is
as gevolg van die aanrandings ?
A. Ja.
V. Het jy besef dat jy verkeerd doen.
A. Ja, ek het geweet ons doen
verkeerd. "
Die verhoorhof het op 26 Augustus 1983 bevind
dat al die beskuldigdes
leuenaars was, dat die beskuldig=
des die betrokke aand opgetree het soos
"
a
war party
or assassination squad which was out to
hunt down the
two victims", dat hulle met 'n gemeeskaplike doel as
sulks
opgetree het, dat hulle die twee vermelde oorlede=
nes met
dolus
directus
gedood het en dat hulle almal
skuldig was aan die twee moorde vermeld in aanklagte 1
se verslae
en 2. Daar is toe besluit om proefbeamptes se verslae te
bekom
ten aansien van beskuldigdes 1,2, 4 en 7 wat redelik
/ jonk ...........
8
jonk was ten tyde van die pleging van die twee moorde.
Ek mag hier meld dat die klagstaat voor die verhoorhof
geen vermelding van die beskuldigdes se ouderdomme
gemaak het nie. Die klagstaat wat egter gebruik is
vir doeleindes van die pleitverrigtinge voor die land=
dros het die appellant se ouderdom as 19 jaar vermeld
(Band 4 bl.456). Ten tyde van die verhoor in die
verhoorhof het die appellant in sy hoofgetuienis beweer
dat hy 21 jaar oud is (Band 3 bl. 376). Op 'n vraag
van 'n assessorlid wanneer hy 21 jaar oud geword het,
het die appellant geantwoord:
"
Desember verlede jaar",
d.w.s. Desember 1982. Die ondervraging het verder
soos volg verloop:
/"Desember ........
9
Desember, watter dag in Desember ? - - - Die
21ste.
Toe was hy 21, dit wil sê hy is in
1961 gebore ? - - - Ek is in 1959 gebore.
In 1959 gebore op die 21ste Desember ? - - - Ja."
Ten einde die
proefbeampteverslae te bekom, is die
verhoor na 18 Oktober 1983
uitgestel.
Op 1 Desember 1983 is die verhoor hervat in
die verhoorhof. 'n
Proefbeampteverslag (Bewysstuk "W")
ten aansien van die appellant is
ingehandig. In die
proefbeampteverslag word die geboortedatum van
die
appellant o.a. as 21.10.1967 aangegee. Daar was
geen
geboortesertifikaat voorhande om dit te staaf nie.
Die aanklaer wou
hierdie geboortedatum nie aanvaar nie.
Op versoek van die aanklaer (Mnr
Gerber) en die
/appellant
10
appellant se advokaat (Mnr McKenzie) het die verhoor=
regter 'n bevel uitgereik dat die appellant deur 'n
distriksgeneësheer ondersoek moes word. (Band 4 bl
397 ) . Die verhoorhof het toe die tweede fase van
die verhoor met betrekking tot die aangeleentheid van
versagtende omstandighede voortgesit. Die verhoor=
regter het dit op 'n stadium onderbreek om te verneem
wanneer die distriksgeneesheer die appellant sou
ondersoek. Hy het daarop gewys dat dit 'n deeglike
en versigtige ondersoek moes wees. Hierop het die
aanklaer gevra of die distriksgeneesheer X-straalplate
moes neem. Die antwoord van die verhoorregter was
daarop soos volg:
/„Wel
11
"Wel as hy dit nodig ag moet hy dit doen,
maar sê vir hom dit is belangrik, hy moet
baie versigtig wees. Ek
sal verdaag tot
half-twaalf toe."
Kort na die verdaging het die aanklaer die volgende
aankondiging
gemaak:
"U Edele, Dr Coetzee het reeds beskuldigde
no 7 ondersoek en na sy mening is dit nie
nodig om X-straalplate te neem
nie. Hy is
nou reeds in staat om te kan getuig oor sy
ouderdom."
Die aanklaer het toe die distriksgeneesheer, dr Coetzee,
geroep om te
getuig. Die distriksgeneesheer het getuig
dat dit uit sy ondersoek blyk dat
al vier verstandtande
van die appellant ten volle geruptuur het d.w.s.
bokant
die tandvleis ten volle uitgekom het. Die vier verstand=
tande
ruptuur nie gelyk nie. Dit neem 'n paar maande
/voordat ...
12
voordat hulle ten volle geruptuur het. Volgens hom
begin verstandtande gewoonlik te ruptuur vanaf die
ouderdom van 1H jaar en ouer. Onder kruisondervraging
het hy toegegee dat die laaste ruptuur van verstand=
tande soms op 30, 40 jarige leeftyd kan plaasvind of
selfs glad nie. Hy het die ouderdom van die appellant
volgens verstandtande wat reeds geruptuur het asook
volgens díe ontwikkeling van sy genitalieë, sy hare en
sy algemene voorkoms op plus-minus 19, 20 jaar geskat
Op 'n vraag van die verhoorregter het hy gesê dat die
appellant nie ouer as 20 jaar is nie. Op vrae van
die verhoorregter oor X-straalplate het hy soos volg
getuig:
"Sal
13
„Sal X-straalplate nie help eintlik nie ? - - -
Edelagbare,
X-straalplate, daar is geen
Suid-Afrikaanse standaarde wat jy volgens
die
X-straalplate kan gaan nie, alleen
Amerikaanse standaarde. 'n Mens kan
X-strale
neem van die polsgewrig om die (onduidelik)
van die langbene of
die handbene se vorming
te bestudeer, maar ek dink in hierdie
geval
volgens die tande is dit nie nodig nie,
maar 'n mens kan dit doen om
U sien geen voordeel daarin nie ? - - - Ek sien
geen noodsaaklikheid dat
dit gedoen moet word
nie. "
Die hele strekking van die distriksgeneesheer
se getuienis dui daarop dat
hy geroep was om te getuig
wat na sy skatting die ouderdom van die appellant
was
toe hy hom die oggend van 1 Desember 1983 ondersoek het.
Dit blyk nie
dat hy daarvan bewus was dat die verhoor-
hof se taak was om die appellant se ouderdom op 28
/Augustus
14
Augustus 1982 te bepaal nie en. in besonder of die
appellant toe onder of bo 18 jarige leeftyd was. Dit
verklaar na my mening waarom hy ten aansien van die
verkryging van X-straalplate getuig het ,"maar ek dink
nie in hierdie geval volgens die tande is dit nodig
nie". Dit is waarom hy geen noodsaaklikheid gesien
het om X-straalplate van die appellant te verkry nie.
Dit is baie jammer dat die verhoorregter deur die stel
van 'n vraag sy getuienis oor die verkrygíng van X-straal=
plate onderbreek het.
Die verhoorhof het vir 'n onverklaarbare rede besluit am die .
appellant te roep ani oor sy ouderdom te getuig. Die appellant
het sy ouers in die Transkei agtergelaat ora in die
/Kaap ........
15
Kaap as arbeider te kom werk. Hy kon nie enige lig
op sy ouderdom werp
nie. Tydens die ondervraging
van die appellant deur die verhoorregter is
die
volgende aan hom gestel:
"En jy het so baie leuens in hierdie saak
vertel, jy weet dit self ? - - -
Dit onthou
ek nie u Edele. Dit onthou ek nie."
Dit was nie alleen uiters ongewens nie maar ook volkome
misplaas om op daardie stadium van die verrigtinge die
appellant te verwyt dat hy 'n leuenaar is. Want op
daardie stadium van die verrigtinge het die verhoorhof
nog nie eens 'n spesifieke bevinding gemaak of die
appellant onder 18 jarige leeftyd was of reeds 18
jarige leeftyd bereik het toe die twee moorde op
/28 Augustus ........
16
28 Augustus 1982 gepleeg is nie. Indien die appellant
toe onder 18 jarige leeftyd was, sou die verhoorhof 'n
statutêre diskresie hê ingevolge artikel 277 {2) van
die Wet om 'n ander vonnis as die doodstraf op te lê
Die appellant sou ter strafversagting kon getuig.
indien die appellant toe 18 jaar oud was, sou die
vraag ten aansien van versagtende omstandighede
ontstaan en sou die appellant ten opsigte daarvan
kon getuig. Blykbaar het die verhoorregter nie
hiermee rekening gehou toe hy die appellant verwyt
het dat hy 'n leuenaar is nie.
Dit was eers op 2 Desember 1983 in sy uit=
spraak oor versagtende omstandighede dat die
/verhoorregter ........
17
verhoorregter self 'n skatting van die appellant se
ouderdom gemaak het
nadat hy na die getuienis van die
distriksgeneesheer verwys het:
„I have looked at the accused very carefully,
and he is certainly a
strapping, well built
young man. He seems to me very much more a
young man
than a big and well developed boy.
It is of course extremely difficult to
assess
age with any degree of accuracy and it is true
that some people
develop sooner than others,
I have considered all the information
laid
before me and have myself tried my best to
assess the accused's age.
He is by no means
a boy and I arn sure that he is at least 20 years
of
age. By virtue of the powers conferred
upon me by
Section 337
of the
Criminal
Procedure
Act No 51 of 1977
, I estimate the accused's
age at this point of
time to be 20 years.
This means that at the time of the crimes
he was 18
years and 9 months."
/Die ..........
18
Die verhoorregter het artikel 337 van die
Wet aangewend om op 2
Desember 1983 die ouderdom van
die appellant op 20 jaar te skat. Hierdie
artikel kan
in elk geval alleen aangewend word wanneer daar geen
of
onvoldoende getuienis omtrent ouderdom beskikbaar
is. In die onderhawige
geval het die verhooregter
nie die distriksgeneesheer se getuienis oor die
ouder=
dom as onvoldoende bevind nie. Die verhoorregter
kon net sowel die distriksgeneesheer se minimum van 19
jaar geneem het in welke geval die appellant 17 jaar
en 9 maande oud sou
gewees het ten tyde van die pleging
van die twee moorde. In die onderhawige
geval is dit
duidelik dat die appellant 'n grensgeval is en waar
/sy
19
sy lewe by skuldigbevinding aan die twee moorde op die
spel is, was dit regtens die plig van die verhoorhof
om by afwesigheid van 'n geboortesertifikaat of ander
bevredigende getuienis oor sy ouderdom laasgenoemde
noukeurig vas te stel aan die hand van 'n behoorlike
mediese ondersoek wat uit 'n kombinasie van die verstand=
tande-toets sowel as die X-straleplate-toets bestaan
Sien
S v. Ngoma
[1984] ZASCA 59
;
1984 (3) SA 666
(A) op bl. 672 F-G
Die verhoorhof het egter versuim om die X-straalplate-
toets te laat toepas en dit het derhalwe onreëlmatig
opgetree. Dit volg dat die oplegging van die twee
doodvonnisse tersyde gestel moet word.
/Die .............
20
Die vraag wat nou ontstaan, is of die saak na
die verhoorhof terugverwys moet word om die appellant
se ouderdom vas te stel en dan opnuut vonnis op te lê.
In die onderhawige geval is die probleem dat daar
nou reeds bykans 'n jaar verloop het sedert 2 Desember
1983. Teen die tyd wanneer die saak voor die verhoor=
hof gedurende 1985 kan dien, bestaan die moontlikheid
dat dit dan futiel mag wees om die verstandtande-toets
en die X-straalplate-toets aan te wend - veral in die
lig van die waarskynlikheid dat die appellant dan nie
meer 'n adolessent is nie. Met inagneming van al
hierdie oorwegings kom dit vir my in die omstandighede van
hierdie geval gerade voor om nie die saak na die
/verhoorhof ......
21
verhoorhof terug te verwys nie sodat hierdie Hof
die saak moet benader op die basis dat die appellant
ten tyde van die pleging van die twee moorde onder
18 jarige leeftyd was. Hierdie Hof moet derhalwe
die statutêre diskresie uitoefen om die doodvonnisse
of ander vonnisse optelê. Al die relevante feite
is voor hierdie Hof vir die uitoefening van die statu=
têre diskresie sowel as vir strafoplegging. Mnr
Gerber het namens die Staat tereg, na my mening,
toegegee dat indien hierdie Hof die oplegging van die
twee doodvonnisse tersyde stel weens die onreëlmatig=
heid van die verhoorhof by die vasstelling van die
appellant se ouderdom die saak nie na die verhoorhof
/terugverwys .......
22
terugverwys moet word nie maar dat hierdie Hof dit self
moet afhandel op die basis dat die appellant onder
18 jarige leeftyd was ten tyde van die pleging van die
twee moorde.
In die onderhawige geval het 'n mens te doen
met twee afskuwelike en grusame moorde waarby twee
mededingende jeugbendes betrokke was. Die motief was
wraakneming deur die beskuldigdes as n groep van 'n
bende. Daar is egter geen getuienis dat die appellant
se aandeel in die aanrandings op die twee oorledenes
fisies meer was as wat hy in sy pleitverduideliking
vermeld het nie. Sodanige aandeel het 'n sekondêre
rol gespeel wat geensins bygedra het tot die oorsaak
/van .........
23
van die dood van die twee oorledenes nie. Dit
is ook 'n aanduiding dat die
appellant nie uít inherente
boosheid opgetree het nie. Die appellant
was nie
alleen 'n jeugdige nie maar hy was ook die jongste onder
die
beskuldigdes. Daar is geen getuienis dat hy
'n leidende rol onder hulle
gespeel het nie. Hy is 'n
ongesofistikeerde plaasarbeider. Daar is
geen
getuienis of hy 'n skoolopleiding gehad het nie. Hy
het een vorige
veroordeling vir die besit van 4 gram
dagga waarvoor hy op 21 Julie 1982 7
houe met 'n ligte
rottang opgelê is. Die appellant is vir
rehabilitasie
vatbaar. Daar moet ook rekening gehou word met die
belange
van die gemeenskap en die wenslikheid om
bendebedrywighede te bekamp of te ontmoedig.
/In ....
24
In die lig van al hierdie omstandighede is ek van mening
dat die doodvonnisse nie opgelê behoort te word nie en
dat 12 jaar gevangenisstraf op beide aanklagte 1 en 2
saamgeneem vir doeleindes van vonnis - soos hierdie
Hof bevoeg is om te doen - 'n gepaste vonnis is.
Die appèl word gehandhaaf, die aan die appellant
opgelegde twee doodvonnisse word tersyde gestel en
vervang met 12 jaar gevangenisstraf - beide aanklagte
1 en 2 saamgeneem vir doeleindes van vonnis
C. P. JOUBERT AR.
CILLIÉ, AR. )
BOTHA, AR. )
Stem saam.
VAN HEERDEN, AR. )
GALGUT, Wn. AR. )