Absa Bank Beperk h/a Bankfin v Ntt Toyota (14684/2004) [2009] ZAGPPHC 263 (24 August 2009)

65 Reportability
Contract Law

Brief Summary

Contract — Sale of goods — Warranty against eviction — Absa Bank purchased a Mitsubishi Pajero from NTT Toyota for resale to a client, Mr. Jordaan, who later had the vehicle seized by the South African Revenue Service (SARS) due to alleged illegal importation. The bank sought to reclaim the purchase price from the dealer, asserting a breach of the warranty against eviction. The key issue was whether eviction had occurred at the time of the summons issuance. The court held that eviction had indeed taken place when the vehicle was seized by SARS, entitling the bank to reclaim the purchase price from the dealer.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: North Gauteng High Court, Pretoria
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: North Gauteng High Court, Pretoria
>>
2009
>>
[2009] ZAGPPHC 263
|

|

Absa Bank Beperk h/a Bankfin v Ntt Toyota (14684/2004) [2009] ZAGPPHC 263 (24 August 2009)

IN
DIE NOORD GAUTENG HOOGGEREGSHOF, PRETORIA
(REPUBLIEK
VAN SUID-AFRIKA)
SAAKNR.:
14684/2004
DATUM:14/08/2009
In
die saak tussen:
ABSA
BANK BEPERK h/a
BANKFIN
...............................................
Eiser
en
NTT
TOYOTA
…...................................................................................
Verweerder
UITSPRAAK
[1]
Die eiser, Absa Bank Beperk handeldrywend as Bankfin (hierna die
“Bank" genoem), het op 20 Julie 2002 ‘n tweedehandse

Mitsibushi Pajero voertuig (hierna die “voertuig”genoem)
aangekoop van die verweerder, ‘n motorhandelaar, vir
die
uitsluitlike doel om dit aan ‘n sekere Mnr Jordaan, ‘n
klient van die bank, te verkoop in terme van ‘n
afbetalingsverkoopooreenkoms.
Mnr Jordaan het die voertuig in
ontvangs geneem nadat hy 'n deposito van R27 000.00 aan die
verweerder betaal het. Die eiser het
die balans van die koopprys
(R108 585.14) aan die verweerder betaal en het ingevolge die
bepalings van die destydse Wet op Kredietooreenkomste,
Wet 75 van
1980, bereken dat rente in die bedrag van R53 273.26 oor die duur van
die ooreenkoms deur Mnr Jordaan betaai sou word.
[2]
Op of ongeveer 15 September 2003 is die voertuig deur die Suid-
Afrikaanse Polisiediens (hierna die “SAPD” genoem),
in
beslag geneem op sterkte van ‘n verdenking dat dit gesteel is
aangesien daar na bewering met die enjin- en onderstelnommers

gepeuter was.
[3]
Op 15 Oktober 2003 het die eiser ‘n amptenaar na die SAPD op
Nylstroom gestuur om die aangeleentheid te ondersoek. Die
ondersoeker
het nie getuienis afgele nie en dit is nie bekend wat sy ondersoek
opgelewer het nie.
[4]
Op 12 November 2003 het die Suid-Afrikaanse Inkomstediens, (hierna
“SAID" genoem), wat intussen betrokke geraak het,
die SAPD
en Mnr Jordaan per brief in kennis gestel dat die voertuig aangehou
word ingevolge artikel 88(1 )(a) saamgelees met artikel
87 van die
Doeane en Aksyns Wet, Wet 91 van 1964.
[5]
Op 12 Januarie 2004 het Mnr Jordaan se prokureurs die bank in kennis
gestel van die aanhouding van die voertuig deur die SAID,
waarna hy
kwytgeskeld is van verdere betaling.
[6]
Op 29 April 2004 het die eiser se prokureur die verweerder in kennis
gestel dat die voertuig aangehou word en onder andere in
die skrywe
die volgende gese:

4.
On or about November 2003 the South African Revenue Services (SARS)
took possession of the vehicle and retained it in terms of
section 68
(moetlees 88) read with section 87 of the Customs and Exiles (sic)
Act (91 of 1964).
5.
A copy of the letter from SARS is annexed hereto for your ease of
reference.
6.
With reference to the common law warranty against eviction our client
is entitled to reclaim the full purchase price from yourselves
being
the amount of R108 505.14.
7.
Taken into account the fact that our client is a financial
institution and that your company is a well-known motor dealer, it
is
also within the contemplation of the parties that our client would
re-sell the vehicle in terms of the instalment sale transaction
and
that our client would have made a profit on the finance charges.
8.
The finance charges as indicated in the instalment sale agreement
amounted to R53 373.208.
In
the circumstances we confirm that our client has no bona fide defence
of whatever nature against the repossession and detention
of the
vehicle by SARS ... If your company, alternatively your attorneys
would like to discuss the matter, please feel free to
contact writer
hereof...."
[7]
Ten spyte van ‘n verdere skrywe van die eiser se prokureur op
10 Mei 2004 het die verweerder nie op die brief geantwoord
nie.
[8]
Op 15 Julie 2006 het die SAPD op Modimolle ‘n skrywe gerig aan
die Hoof Lisensiebeampte op Mokopane, die inhoud waarvan
soos volg
lees:

1.
The following vehicle was seized on 2003-09-15 by members of this
unit due to the fact that the vehicle ivas illegally imported.
1.1.
Make : Mitsibushi Pajero
1.2.
Model: 1994
1.3.
Reg nr. DXX821N
2.
The said vehicle will be handed to SARS Poiokwane.
3.
Please assist Mr Jordaan in de-registering the vehicle from the time
it was impounded as it never went back to him.
4.
Your co-operation in this regard is highly appreciated. ”
[9]
Op 10 Augustus 2007 het die eiser se prokureurs soos volg berig aan
die prokureurs van die verweerder:
"We
refer to the above matter and we confirm that we have been informed
by SARS that the vehicle in question herein is of Japanese
origin and
was therefore imported into this country for local use. Kindly
confirm with our offices if your client is in possession
of the
following documentation:
1.
Proof of importation of the vehicle.
2.
Letter of authority from SABS for the vehicle.
3.
Import permit for the vehicle... ”
[10]
Hierdie brief is na 3 aanmanings soos volg beantwoord deur die
verweerder se prokureur:

Ons
klient was nie betrokke by die invoer van die voertuig nie en kan ons
derhalwe nie enige inligting aan u voorsien in die verband
nie. ”
[11]
Op 5 September 2007 het die SAID die volgende skrywe uitgereik aan
die eiser se prokureurs:

The
team has noted that the vehicle in question is of Japanese origin and
therefore it was imported into the country for local use.
We
requested the proof of importation, letter of authority from SABS and
the import permit for the vehicle without success. It
is against this
background that this team has decided to issue you with this seizure
notice. If you have any objection regarding
this notification or
would like to take legal proceedings against the seizure, you are
kindly advised to respond within ninety
days of receipt of this
letter. Note : Failure to respond to this notice within the specified
time frame as mentioned above will
result in the vehicle being
forfeited to the state in terms of section 88(1 )(c) of the Customs
and Excise Act, 91 of 1964.”
[12]
Hierdie skrywe is onderdekking van ‘n brief gedateer 14
September 2007 aan die verweerder se prokureur gestuur, maar
het weer
eens geen reaksie uitgelok nie.
[13]
Op 13 Desember 2007 het SAID die voertuig formeel ingevolge die
bepalings van artikel 88(1 )(c) in beslag geneem en aan die
Staat
verbeurd verklaar.
[14]
Die enigste geskilpunt in die saak is die vraag of uitwinning reeds
plaasgevind het toe die dagvaarding uitgereik is.
[15]
Die eiser het die getuienis aangebied van Mnr WHE Gertenbach, ‘n
bankamptenaar wat homself as ‘n spanlid beskryf
het, in beheer
van die leer. Hy het getuienis afgele met betrekking tot die
dokumente wat vervat is in die bewysstuk-bundel A,
waarna ek reeds
hierbo verwys het. Die dokumente is nie in geskil geplaas nie, en sy
getuienis is nie in kruisondervraging wesenlik
aangeval nie..
[16]
Die eiser het ook die getuienis van Mnr Edgard Mboweni, ‘n
“senior anti­smuggling officer” in diens van
die
SAID, gelei. Mnr Mboweni het die voormelde feite bevestig. Uit sy
getuienis het dit geblyk dat die somtotaal van die ondersoek
wat SAID
in die geval onderneem het, die skrywes was waarna ek reeds hierbo
verwys het. Mnr Mboweni het nie self die voertuig ge'fnspekteer
of by
die SABS navraag gedoen of die voertuig na behore gedokumenteer is by
die invoer daarvan nie. Hy het die standpunt ingeneem
dat die onus op
die eienaar, synde die eiser, is om die behoorlike invoer van die
voertuig te bewys.
[17]
In kruisverhoor met Mnr Mboweni toegegee dat, op die datum toe
dagvaarding uitgereik is, sy ondersoek nog nie afgehandel was
nie en
dit nog onsekerwas of die voertuig uiteindelikin beslag geneem
enverbeurd verklaar sal word, aldan nie.
[18]
Mnr Roos, wat namens die verweerder verskyn het, het aangevoer dat,
omdat daarten tye van die uitreiking van die dagvaarding
nog
niefinaliteit bereik is deur die SAID met betrekking tot die lot van
die voertuig nie, uitwinning nog nie plaasgevind het nie.
Hy het
aangevoer dat uitwinning eers plaasgevind het op 13 Desember 2007 toe
daar op die voertuig beslag gele is ingevolge artikel
88(1 )(c) van
die Wet, dit wil se na uitreiking van die dagvaarding.
[19]
Zulman en Kairinos, Normans Law of Purchase and Sale in South Africa
(5th Edition), p145 beskryf die aard van uitwinning soos
volg:

Eviction
has been defined as any lawful interference with vacua possessio by
the vendor himself or another or any lawful menace
to such vacua
possession (Voet 21.2.1 - Games Translation, Volume 3, p661 - 662)
owing to a flaw in the title of the seller (Van
Staden v Pretorius,
1965 (1) SA 582
(T)). ... It thus includes a demand on the part of
the third person to hand over the property sold to him if the
purchaser is unable
to resist such a claim; the refusal of the person
in possession of the property to relinquish it to the purchaser; the
demand for
payment of a sum of money by the purchaser in order to
retain the whole or portion of the res vendita; and conceivably the
existence
of a concealed servitude over the property which interferes
with the use and possession of the property. In short anything which

weakens the purchaser's right to the whole or portion of the thing
sold or which constitutes a menace to his right of having free
and
undisturbed possession.’’
[20]
Met betrekking tot die in beslagneming van goedere deur die doeane
owerhede se Mfalila R in Mojo v Jani
1985 (3) SA 362
(ZHC) op 366 I -
J:

If
a purchaser is physically dispossessed of his purchase there can in
my view be no clearer case of eviction. The Act of so dispossessing

the purchaser fits in very well with the definitions of eviction
quoted above as it amounts to a ‘serious and successful
threat
against his (the purchaser’s) possession’."
[19]
In Sirius Motor Corporation (Ptv) Ltd v Kaiee & Others f19971
2
All SA 159
(T) op 1641- j beslis Magid R soos volg:

This
passage demonstrates in my view that it is not necessary, in order to
found an action based upon the implied warranty against
eviction,
that the eviction must take place at the instance of someone with
some clear right in the merx itself. In my view if
the third party
has an unassailable right to possess the merx adverse to the
purchaser, the dispossession of the purchaser constitutes
an eviction
for the purpose of an action based on the breach of warranty. ”
[20]
In Lavers v Hein & Far BK1998 (3) SA 195 (HHA) op 99 C beslis
Hefer AR :

Dit
volg dus dat die betoog namens die appellant dat verjaring in die
onderhawige geval reeds by die beslaglegging begin loop het,
verwerp
moet word. Op daardie stadium was daarinderdaad geen skuld waarop
artikel 12 in die Verjaringswet van toepassing kon wees
nie. Wat
oorbly is die vraag wanneer dit vir die eerste maal tot die
respondent se kennis gekom het dat die voertuig nie aan hom

terugbesorg sal word nie."
[21]
Ten einde die datum te bepaal wanneer dit tot die eiser se kennis
gekom het dat die voertuig nie aan Mnr Jordaan teruggegee
sal word
nie, is dit nodig om die statutere agtergrond waarteen sodanige
kennis oorweeg moet word, na te gaan. Artikel 87(1) van
die Wet
bepaal soos volg:

Enige
goedere wat strydig met die bepalings van hierdie Wet ingevoer,
uitgevoer, vervaardig, opgeslaan, verwyder, ofandersins mee
gehandel
is, of ten opsigte waarvan enige misdryf kragtens hierdie Wet gepleeg
is (met inbegrip van die houers van enige sodanige
goedere) of enige
instailasie wat strydig met die bepalings van die Wet by die
vervaardiging van enige goedere gebruik is, is aan
verbeuring
onderhewig, waar en in wie se besit dit ookal gevind word: met dien
verstande dat verbeuring nie strafbaarheid met enige
ander pene of
straf wat ingevolge hierdie of enige ander Wet opgeloop is of
aanspreeklikheid vir enige onbetaalde reg of vordering
ten opsigte
van sodanige goedere, raak nie.
[22]
Artikel 88(1) van die Wet bepaal soos volg:

(a)
‘n beampte, landdros, of lid van die polisiemag kan enige skip,
voertuig, installasie, stof of goedere op enige plek aanhou
met die
doe! om i/as te stel of daardie skip, voertuig, installasie, stof of
goedere kragtens hierdie Wet aan verbeuring onderhewig
is.
(b)
...
(bA)
...
(c)
Indien sodanige skip, voertuig, installasie, stof of goedere kragtens
hierdie Wet aan verbeuring onderhewig is, kan die kommissaris
op
daardie skip, voertuig, installasie, stof of goedere beslag le.
[23]
Artikel 102(1) van die Wet bepaal soos volg:

Any
person selling, offering for sale, or dealing in imported or
excisable goods or fuel levy goods or any person removing same
or any
person having such goods entered in his books or mention in any
documents referred to in section 75(4A) or 101 shall when
requested
by an officer produce proof as to the person from whom the goods were
obtained and if he is the importer or manufacturer
or owner, as to
the place where the duty due thereon was paid, the date of payment,
the particulars of the entry for home consumption
and the marks and
numbers of the cases, packages, bales and other articles concerned
which marks and numbers shall correspond to
the documents produced in
proof of the payment of the duty. ”
[24]
Dit volg uit voormelde statutere bepalings dat die eiser as eienaar
van die voertuig, geroepe was, ten einde die aanspraak
van SAID te
ontkom, om teenoor SAID bewys te lewer, van die datum, tyd en plek en
ander besonderhede van die invoer van en betaling
van die
invoerbelasting op die voertuig.
[25]
Ek is van mening dat uitwining plaasvind het toe die eiser tot die
gevolgtrekking gekom het dat hy as eienaar nie in die vermoe
is om
die SAID tevrede te stel dat die voertuig inderdaad behoorlik
ingevoer is en dat die invoerbelasting na behore betaal is
nie.
[26]
In die kennisgewing uitgereikdeurSAIDop 12 November 2003, ingevolge
waarvan kennis gegee is van die aanhouding van die voertuig
en welke
kennisgewing op 12 Januarie 2004, aan die eiser versend is word die
volgende gese:

You
are requested to comply with the provisions of section 102 on or
before 12:00 on 12 December 2003 failing which steps will be
taken as
deemed necessary and appropriate in the circumstances including the
enforcement of the provisions of the Act.”
[27]
Dit moes dus reeds op 12 Januarie 2004 by ontvangs van gemelde
kennisgewing aan die eiser duidelik gewees het dat die bank
nie aan
die bepalings van artikel 102 kon voldoen nie en dat die aanspraak
van SAID onaanvegbaar is. Daardie datum is voor uitreiking
van die
dagvaarding. Die feit dat SAID jare daarna nog geweifel het en eers
op 13 Desember 2007, vier jaar later, oorgegaan het
tot beslaglegging
ingevolge artikel 88(1 )(c), is na my mening irrelevant vir
doeleindes van die bepaling van die datum waarop
die uitwinning
plaasgevind het.
[28]
In die lig daarvan die ander feite met betrekking tot die eiser se
eis onbetwis is, meen ek dat die eiser se eis behoort te
slaag.
[29]
Bygevolg maak ek die volgende bevel:

Vonnis
word toegestaan teen die verweerder ten gunste van die eiser
vir:
1.1.
Betaling van die bed rag van R161 778.40;
1.2.
Rente op die bed rag van R161 778.40 bereken teen ‘n koers van
15.5% per jaar vanaf 29 April 2004 tot datum van betaling;
1.3.
Koste van die geding.”
P.
ELLIS
WAARNEMENDE
REGTER