About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: North Gauteng High Court, Pretoria
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: North Gauteng High Court, Pretoria
>>
2009
>>
[2009] ZAGPPHC 262
|
|
Boezaart NO en Ander v Madelief Beleggings BK (21104/2009) [2009] ZAGPPHC 262 (13 August 2009)
IN
DIE HOOEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(NOORD
GAUTENG AFDELING)
Datum:
2009-08-13
Saaknommer:
21104/2009
In die saak tussen:
NICO
HENDRIK BOEZAART
N.O.
…..............................................................................
Eerste
Eiser
MONICA
MAGRIETHA POTGIETER
N.O.
...................................................................
Tweede
Eiser
En
MADELIEF
BELEGGINGS
BK
........................................................................................
Verweerder
(REG
NO.: 1989/036066/23)
UITSPRAAK
SOUTHWOOD R
[1]
Die eisers, die trustees van die AA Potgieter Trust ('die Trust’),
doen aansoek vir summiere vonnis teen die verweerder
vir betaiing van
die bedrag van R300 000, rente op die bedrag van R300 000 bereken
teen 18 % per jaar vanaf 30 Januarie 2009 tot
datum van betaling en
gedingskoste. Die eisers se eis is gebaseer op die bepalings van ‘n
verbandakte wat op 30 Januarie
1990 geregistreer is en op 7 Februarie
2002 gewysig is. Die verweerder opponeer die aansoek en opper die
verweer dat die geeisde
bedrag en rente nog nie in terme van die
gewysigde verbandakte betaalbaar is nie. Die verweerder voer aan dat
as gevolg van die
ysiging van die verbandakte betaling van die
hoofsom en rente na 31 Januarie 2010 uitgestei is. Die verweerder
plaas nie die feitelike
bewerings in die eiser se gewysigde
dagvaarding in dispuut nie.
[2]
Dit is gemeensaak dat –
(1)
Die Trust die verbandhouer is van verbandakte B6903/1990 wat 30
Januarie 1990 geregistreer is en ingevoige waarvan –
(i)
die verweerder erken net dat hy die bedrag van R300 000 (‘die
Hoofsom’) aan die Trust verskuldig was vir die baians
van die
koopprys verskuldig ten opsigte van die eiendom verbind kragtens die
verbandakte;
(ii)
die verweerder beioof en onderneem het om die verbandhouer –
'te
betaal of te laat betaal die Hoofsom, tesame met die rente daarop,
betaalbaar binne ‘n tydperk van 10 (TIEN) jaar, gereken
vanaf
registrasie van transport van die eiendom op naam van die
VERBANDNEMER, welke bedrag rente sal dra bereken teen 18 %. Die
rente
sal maandeliks vooruit bereken word en is ook maandeliks vooruit
betaalbaar. Die eerste rentebetaiing moet gemaak word op
datum van
registrasie van Transport van die eiendom op naam van die
VERBANDNEMER en daarna maandeliks op dieselfde dag van elke
en iedere
daaropvolgende Maand tot tyd en wyl die kapitale bedrag plus rente
betaal is. Alle betaiing sal eerstens aangewend word
ter betaiing van
rente en daarna ter betaling van kapitaal.’
(iii)
indien die verweerder in gebreke sou bly of sou versuim om enige som
of somme verskuldig en betaalbaar in terme van die verband
stiptelik
te betaal op die respektiewe vervaidae sou die Hoofsom met rente en
alie ander bedrae verskuidig in terme van die verband
onmiddellik
verskuldig en betaalbaar word sonder enige kennisgewing
(nieteenstaande enige teenstrydige voorwaarde in die verband
vervat):
(2)
Die Trust en die verweerder op 12 November 2001 ‘n ooreenkoms
aangegaan het om die voorwaardes van die verband ingevolge
artikel
3(1 )(s) van die Registrasie van Aktes Wet No 43 van 1937 te wysig en
dat die voorwaardes soos volg gewysig is -
'Dat
die Hoofsom, tesame met die rente daarop betaalbaar is binne ‘n
tydperk van tien (10) jaar, gereken vanaf 31 Januarie
2000’;
(3)
Die Trust se prokureur, Haasbroek & Boezaart, op 18 Maart 2009
die verweerder aangemaan het om die voile Hoofsom van R300
000 tesame
met rente teen 18 % per jaar vanaf 1 Februarie 2009 te betaal weens
die verweerder se versuim om die rente stiptelik
te betaal;
(4)
Die aanmaningsskrywe aangedui het dat die agterstallige bedrag R9 000
beloop het;
(5)
Die verweerder se prokureur, Vorster Le Roux en Louw, op 13 Maart
2009, Haasbroek & Boezaart meegedeel het dat as gevolg
van die
wysiging die Hoofsom en rente nie betaalbaar was nie;
(6)
Haasbroek & Boezaart op 18 Maart 2009 Vorster Le Roux en Louw se
interpretasie van die gewysigde verbandakte in dispuut
geplaas het en
uitgewys het dat die wysiging beperk was en slaan slegs op die datum
waarvandaan die periode van 10 jaar gereken
moet word en dat die
oorblywende voorwaardes nie gewysig is nie.
[3]
Die eisers se advokaat voer aan dat die bewoording van die gewysigde
verbandakte duidelik en ondubbeisinnig is en dat slegs
die datum vir
berekening van die 10 jaar tydperk gewysig is: dat rente intussen
betaalbaar was en dat die Hoofsom en rente betaalbaar
geword het
weens die verweerder se versuim om die rente paaiemente stiptellk te
betaal. Die verweerder se advokaat voer aan dat
die gewysigde
verbandakte dubbelsinnig is en dat omringende getuienis die hof in
staat sal stel om die verbandakte behoorlik te
interpreteer. Hy kon
egter nie na enige moontiike omringende omstandighede verwys ter
ondersteuning van sy argument nie. Dit is
opvallend dat die
verweerder se opponerende eedsverklaring deur die verweerder se
prokureur afgeie is en dat daar geensins na enige
omringende
omstandighede verwys is nie. Die prokureur se siening is duidelik op
die bewoording van die gewysigde verbandakte gebaseer.
[4]
Volgens die gewone en grammatikale betekenis van die gewysigde
verbandakte is die 10 jaar tydperk vir betaiing van die Hoofsom
en
rente nou gereken vanaf 31 Januarie 2000. Die wysiging was duidelik
beperk tot hierdie verandering en het nie betrekking op
enige ander
voorwaardes nie. Dit blyk uit die bewoording van die wysiging wat
ooreenstem met die oorspronklike bewoording in die
verbandakte - sien
Coopers & Lybrand v Bryant
[1995] ZASCA 64
;
1995 (3) SA 761
(A) te 767E- 768E. Die
voorwaardes ten aansien van die betaiing van rente het dus bly
voortbestaan.
[5]
Vir sover as wat die gewysigde verbandakte dubbeisinnig mag wees is
dit opvallend dat die verweerder nie beweer dat geen rente
paaiemente
sedert 7 Februarie 2000 deur die verweerder betaal is nie en nie in
geskii plaas dat slegs R9 000 verskuldig was op
18 Maart 2009: d.w.s.
‘n bedrag gelykstaande aan twee paaiemente van R4 500. Die
afleiding is onvermydelik dat die verweerder
vir 9 jaar rente betaal
het soos die verbandakte bepaai. Indien die verweerder na die
wysiging rente betaal het soos bepaal deur
die verbandakte en die
Trust die rente ontvang het beteken dit dat die partye die
verbandakte interpreteer het soos die eisers
nou aanvoer. Sien
Shack!ock v Shacklock
194S (1) SA 91
(A) te 101: MTK Saagmeuie (Ptyj
Ltd ¥ Killyman Estates (Pty) Ltd
1980 (3) SA 1
(A) te 12F-H.
[6]
Die wysiging het dus nie die verpiigting om rente te betaal geraak
nie en die verweerder was in gebreke om rente te betaal.
Die Trust is
gevolglik geregtig om die Hoofsom en rente nou te vorder.
Bevel
[7]
Summiere vonnis word teen die verweerder toegestaan vir:
1.
Betaling van die bedrag van R300 000;
2.
Rente op die bedrag van R300 000 bereken teen 18 % per jaar vanaf 30
Januarie 2009 tot datum van betaling;
3.
Koste van die geding.
B.R.
SOUTHWOOD
REGTER
VAN DIE HOOGGEREGSHOF
SAAK
NR: 21104/2009
DATUM
VAN VERHOOR: 11 Augustus 2009
NAMENS
DIE 1ste en 2de EISER: ADV. A. ELS
IN
OPDRAG VAN: Haasbroek & Boezaart Ing.
NAMENS
DIE VERWEERDER: ADV. B. MEYER IN OPDRAG VAN: Vorster Thirion &
Adlam Ing
DATUM
VAN UITSPRAAK: 13 Augustus 2009