About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: North Gauteng High Court, Pretoria
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: North Gauteng High Court, Pretoria
>>
2009
>>
[2009] ZAGPPHC 311
|
|
S v Mokwena (A728/09) [2009] ZAGPPHC 311 (11 August 2009)
IN DIE
HOé HOF VAN SUID-AFRIKA
(NOORD
GAUTENG HOê HOF, PRETORIA)
A728/09
LANDDROS: BRITS
HOe HOF VERW NO: 916
HERSIENING SAAK NO: C542/08
NOT REPORTABLE
NOT OF INTEREST TO OTHER JUDGES
DATE: 11 AUGUST 2009
IN DIE SAAK TUSSEN:
DIE STAAT
TEEN
JOHANNES SAMUEL
MOKWENA
………………………………………
..
BESKULDIGDE
HERSIENINGSUITSPRAAK
VAN DER MERWE. R
Die beskuldigde, 'n 43-jarige man, het in die landdroshof te
Brits, tereg gestaar. op twee aanklagte naamlik 'n aanklag van
oortreding
van artikel 67(1) van Wet 68 van 1995 deurdat hy na
bewering ingemeng het met die polisie in uitvoering van hulle pligte
en tweedens
op 'n aanklag van regsverydeling.
Op 20 Januarie 2009 het
die beskuldigde onskuldig gepleit op die ten laste gelegde misdrywe.
Die getuienis van een getuie is aangebied
waarna die verhoor
uitgestel is tot 30 Januarie 2009 vir die voortsetting daarvan. Op 30
Januarie 2009 is die saak verder uitgestel
na 13 Februarie 2009 vir
die regsverteenwoordiger van die beskuldigde. Die voorsittende
beampte se aanstelling op 'n kontrak bas:s
het egter rot ' n einde
aekom op
31
Januarie
2009. Sedert 13 Februarie 2009 is die saak op verskeie geleenthede
uitgestel na onder andere 19 Maart 2009, 30 Maart 2009
en 29 April
2009 ten einde die teenwoordigheid van die voorsittende beampte te
verseker. Die voorsittende beampte kon egter nie
opgespoor word nie
en is die saak op 29 April 2009 uitgestel vir spesiale hersiening.
Die aangeleentheid dien tans voor my op spesiale hersiening. Toe
die saak aanvanklik voor my geplaas is het ek dit na die Direkteur
van Openbare Vervolgings verwys met die volgende twee vrae:
”
1.Waarom
moet die beskuldigde
benadeel
word met 'n verdere verhoor?
2.
Die landdros is seker nie dood
nie
en kar. gekontrakteer word {indien nodig) om die verhoor te voltooi."
'n Baie behulpsame memorandum is van advokate H M Meintjes SC en J
Cronje van die personeel van die Direkteur van Openbare Vervolgings
ontvang waarvoor ek hulle bedank.
Die advokate wys
tereg daarop dat Wet
51 van l977 nie voorsiening maak vir
'
n geval soos die
onderhawige nie. Dit is egter so dat 'n beskuldigde geregtig is op ‘n
spoedige verhoor en dat dit in sy belang
is om ‘n verhoor so
spoedig moontlik af te handel en nie onbepaald oor sy kop te laat
hang nie. Die beskuldigde was regsverteenwoordig
en voor die verhoor
‘n aanvang geneem het was
daar reeds 'n veeltal
van uitstelle waar sy regsverteenwoordiger teenwoordig was. Indien al
die verrigtinge nou tersyde gestel moet
word sal die beskuldigde ook
finansieel benadeel word indien 'n verhoor weer
de
novo moet begin.
Die verteenwoordigers van
die Direkteur van Openbare Vervolgings is van mening dat, omdat die
verhoor landdros nie opgespoor kan
word nie, die verrigtinge tersyde
gestel moet word. Alhoewel adv. Cronje aangedui het dat die Direkteur
van Openbare Vervolgings
kan besluit om
de
novo
te
begin al dan nie, het adv. Meintjes reeds die standpunt ingeneem dat
daar nie
'n
verhoor
de
novo sal
plaasvind
nie en is die aanklaer ook dien ooreenkomstig ingelig.
Die verrigtinge in die deels verhoorde verhoor voor die hof
a
quo
word tersyde gestel.
W J VAN DER MERWE
Ek stem saam,
E.M. MAKGOBA