J v J (17705/05) [2009] ZAGPPHC 303 (11 August 2009)

30 Reportability

Brief Summary

Maintenance — Variation of maintenance order — Applicant seeking variation of maintenance order due to changed circumstances — Applicant's income significantly reduced following illness and surgery — Court finding that changed circumstances exist, warranting reconsideration of maintenance obligations — Existing maintenance order suspended pending divorce proceedings — Costs of application to be borne by the divorce proceedings.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: North Gauteng High Court, Pretoria
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: North Gauteng High Court, Pretoria
>>
2009
>>
[2009] ZAGPPHC 303
|

|

J v J (17705/05) [2009] ZAGPPHC 303 (11 August 2009)

SAFLII
Note:
Certain
personal/private details of parties or witnesses have been
redacted from this document in compliance with the law
and
SAFLII
Policy
IN
DIE HOË HOF VAN SU1D-AFRIKA
(NOORD
GAUTENG HOË HOF. PRETORIA)
SAAK
NR: 17705/05
DATUM:
2009-07-14
11
August 2009
Not
Reportable
Not
of interest to other judges
10 In die saak
tussen
J
P J[….]
……………………………………………………………………
Applikant
en
E
G J[…]
…………………………………………………………………
Respondent
UITSPRAAK
HARTZENBERG.
R: Hierdie is die soveelste aansoek tussen hierdie partye wat in die
vroeë tagtigerjare getroud is en wat sedert
2005 nie
20
meer saam woon nie. Dit blyk dat nadat die partye uitmekaar uit is
die applikant, die man, baie siek geword het en in die intensiewe

eenheid van die hospitaal was en dat hy vir 'n ruk deur die
respondente verpleeg is. Daar was skynbaar vooruitsigte dat daar 'n

versoening kon wees wat toe nie gerealiseer het nie. Dit is baie
duidelik dat die moeilikheid tussen die partye eenvoudig is dat
die
partye nie eens is oor hoe die partye se
uitgawes
befonds moet word nie.
Hierdie
aansoek word gebring as 'n aansoek ingevolge Reel 43(6) van die
hofreëls en die respondente argumenteer dat die applikant

hoegenaamd geen saak uitgemaak het dat daar veranderde omstandighede
bestaan nie. Ek kan nie akkoord gaan met daardie argument
nie.
Die applikant sit
uiteen dat toe die vorige bevel gemaak is hy 'n inkomste uit 'n
makelaarsbesigheid gehad het van R10 000 per maand.
Hy toon aan dat
daardie inkomste weggeval het. Nou as dit nie 'n
10
veranderde omstandigheid is nie dan weet ek nie wat is 'n veranderde
omstandigheid nie.
Maar
meer nog, dit blyk dat die applikant intussen 'n nekoperasie
ondergaan het en dat dit 'n ernstige inpak op sy verdienstevermoë

moet hê. Ek is tevrede dat daar wel veranderde omstandighede is
en dat die hof moet kyk of daar 'n verandering van die bevel
moet
wees.
Die
respondente beweer dat die applikant moet iewers geld hê, maar
daar is nie bewys daarvan dat hy wel geld het nie. Sy sê
'n
mens moet kyk na die eiendomme wat hy gehad het en wat verkoop is en
wat die verkoopprys was en dan moet die afleiding wees
dat hy groot
20 hoeveelhede
geld gehad het wat hy op een of ander manier iewers wegsteek.
Daar word nie
deur haar uiteengesit van watse skulde hy gehad het en hoe dit gekom
het dat hy die eiendomme moes verkoop nie. Op
die stukke soos dit
tans voor my is, is ek tevrede:
1.
Dat daar
veranderde omstandighede is, en
2.
Dat die
applikant se verdienstevermoë nie sodanig is dat hy in
staat is om 'n
bydrae te maak tot die onderhoud van die respondente nie.
In die gevolg
maak ek die volgende bevel:
1.
Die bestaande
bevel ingevolge Reel 43 word opgeskort hangende die egskeiding in
hierdie saak.
2.
Die koste van
hierdie aansoek sal koste in die egskeidingsgeding wees.
10
ME
VAN NIEKERK