About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: North Gauteng High Court, Pretoria
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: North Gauteng High Court, Pretoria
>>
2009
>>
[2009] ZAGPPHC 268
|
|
Concrete Factory BK en Anders v Ehlers en Anders (13814/09) [2009] ZAGPPHC 268 (7 August 2009)
IN
DIE HOE HOF VAN SUID-AFRIKA
NOORD
GAUTENG HOE HOF. PRETORIA
SAAK
NO: 13814/09
2009-03-18
DATUM:07/09/2009
In
die saak tussen
CONCRETE
FACTORY
BK
......................................................................
1ste
Applikant
PAUL
PHILLIPUS
BEYL
..............................................................................
2deApplikant
HERMANUS
STEPHANUS ANNANDALE
..............................................
3de
Applikant
en
FRIK
EHLERS
.........................................................................................
1ste
Respondent
ADRIAAN
MARAIS
..................................................................................
2de
Respondent
DIE
BALJU
WONDERBOOM
.................................................................
3de
Respondent
U
ITS P RAAK
PRINSLOO.
R: Hierdie saak dien voor my in die dringende hot. Me Strauss verskyn
vir die applikante en mnr Wagener SC, bygestaan
deur mnr Van Zyl vir
die 1ste respondent. Daar word geen regshulp gevra teen die 2de en
3de respondente nie. Hierdie bewering word
uitdruklik gemaak in die
funderende verkiaring.
Die
aansoek, breedweg gesproke, is in die aard van regshulp wat aangevra
word vanwee beweerde spoliasie wat gepleeg sou gewees het
tussen die
1ste en die 2de respondente. .Die saak het ‘n redelike lang
geskiedenis en hierdie Hof het ook al by twee geleenthede
bevele
gegee wat in ‘n sin verband hou met die geskil wat nou voor my
dien. Ek meen dit is korrek om opsommenderwys te se
dat die
applikante, wat saam in besigheid is, te alle wesenlike tye ‘n
huurperseel by die 2de respondent gehuur het.en dit
is gemeensaak dat
die applikante met ‘n aansienlike bedrag agterstallig is met
hierdie huurgeld. In die funderende stukke
voor my, sover ek kon
uitmaak, word daar nie byvoorbeeld aangebied om hierdie agterstallige
huurgeld aan te suiwer nie.
Die
hofbevele wat deur my broer Jordaan gegee is was daarop gemik om
ongestoorde besit van die huurperseel aan die applikante te
herstel
asook sekere goedere wat na bewering verwyder was. Daar is wesenlike
feite geskille oor hierdie bewerings.
By
die aanvang van die verrigtinge het mnr Wagener my, op my
uitnodiging, eerste toegespreek oor die kwessie van dringendheid. Die
posisie is dat hierdie ‘n kommersiele geskil is met ‘n
redelike lang aanloop soos ek kortliks beskryf het. Die kennisgewing
van mosie bevat ‘n verhoordatum van 16 Maart wat verlede
Maandag is, twee dae gelede. In hierdie sin wyk dit af van die
voorskrif van die Regter
President
wat alom bekend is en wat gedateer is Februarie 2007 en wat streng
riglyne vervat oor hoe dringende aansoeke in hierdie
afdeling hanteer
en geloods behoort te word. Dit is bekend dat die gebruik is, en die
voorskrifte dui daarop, dat die applikant
moet toesien, indien
moontlik, dat die eedsverklarings uitgeruil en gereed is en
gepagineer en geindeks is teen 12-uur die Donderdag
sodat die saak
dan geplaas kan word vir die roep van die rol die volgende Dinsdag.
Sake word dan as ‘n reel geplaas vir die
Dinsdag. In hierdie
geval is dit geplaas vir die Maandag. Verder is daar nie gepoog om
eedsverklarings gereed te kry in die voorafgaande
week en byvoorbeeld
betyds vir die roep van die rol op Donderdag, 12 Maart nie, want
betekening het eers geskied om t.6:00, eintlik
16:10 of 16:20 op die
Donderdag, dit is nadat die rol gesluit het, en in ‘n saak van
hierdie omvang met uiteenlopende feite
bewerings en geskille is die
respondente net tyd gegee tot die volgende dag, Vrydag die 13de, om
hulle eedsverklaring in opposisie
te beteken. Daar is geen
voorsiening gemaak vir ‘n repliserende verklaring in die
kennisgewing van mosie nie. Die praktyksvoorskrifte
waarna ek verwys
het lui dat dit telkens op die weg le van die Regter wat die
dringende aansoeke moet aanhoor om te besluit of
daar ‘n
redelike tyd aan die teenparty gegun is om sy eedsverklarings voor te
berei. Ek verwys na paragraaf 8 van die betrokke
voorskrif van die
Regter President. Myns insiens is dit baie duidelik dat daar nie
voldoen is aan hierdie voorskrif nie en dat
daar nie voldoende tyd
aan die respondent verskaf is om sy eedsverklaring voor te berei nie
en in daardie sin, soos gemeld in die
praktyksvoorskrif, is die reel
misbruik en slegs vir daardie rede behoort die aansoek, myns insiens,
van die rol geskrap te word.
Ek is meegedeel dat daar toe ‘n
reeling getref is onderling tussen die prokureurs dat daar meer tyd
aan die respondent gegun
sou word om sy antwoord te verskaf, maar
hierdie Hof is nie gebind deur so ‘n onderneming of so ‘n
afspraak nie. Mnr
Wagener het my volledig meegedeel van die pogings
wat aangewend is om ‘n opponerende verklaring betyds die lig te
laat sien.
Tydens hierdie verrigtinge voor my is die opponerende
verklaring nog nie gereed nie. Daar word ook gewag op stawende
verklarings
van drie ander wesenlike getuies.
Hierdie
feit, naamlik dat die opponerende verklaring nog nie gereed is nie,
ondersteun myns insiens die gevolgtrekking dat daar
van meet af nie
voldoen is aan die voorskrif en nie voldoende tyd gegee is om die
opponerende verklaring te liasseer nie.
Dan
is die duidelike voorskrif dat elke applikant wat wil afwyk van die
geykte riglyne, soos onder andere uiteengesit word in die
bekende
saak van Luna Meubel Vervaardigers (Eiendoms) Beperk v Makin en ‘n
ander
1977 4 SA 135
(W), duidelik in sy funderende verklaring die
redes daarvoor uiteen moet sit. Daar word gese dat daar nie net
lippetaal betoon
moet word aan hierdie vereiste nie maar dat dit na
behore nagekom moet word. In hierdie geval is dit nie gedoen nie.
Daar is geen
motivering in die funderende stukke, wat al stukke is
wat ek voor my het, vir die besluit om die saak reeds op Maandag ter
rolle
te plaas nie en daar is ook geen motivering vir die besluit om
af te wyk van die voorskrifte, naamlik om die eedsverklarings
uitgeruil
te kry teen Donderdag vir verhoor die volgende Dinsdag nie.
Soos
ek gese het, hierdie is ‘n kommersiele geskil. Ek is meegedeel
deur mnr Wagener dat die bewerings wat gemaak word ernstig
betwis
word. Ek is ook meegedeel dat daar ‘n huurinterdik dagvaarding
in die Landdroshof uitgereik is in terme van artikel
31 van die Wet
op Landdroshowe lank voor die insident van 11 Maart waarop die
applikante hulie nou vir dringendheid beroep. Die
huurinterdik is
reeds op 20 Februarie 2009 uitgereik en in repliek is ek meegedeel
dat die applikante as verweerders reeds op dieselfde
dag ‘n
verskyning aangeteken het om daardie saak te verdedig. Ek is
meegedeel dat daar nie ‘n botsing is tussen die
huurinterdik en
die bevele van my broer Jordaan waarna ek kortliks verwys het nie. Ek
is ook meegedeel dat die applikante,-op die
respondente se weergawe,
nie verbied word om die perseel te betree nie en dat daar nie sprake
was van spoliasie aan die kant van
die 1ste respondent, wat die
enigste party is teen wie regshulp gevorder word nie.
Dit
is so dat ek mnr Wagener as ‘n senior praktisyn aangehoor het
en dat hy aan my van die Balie af sekere mededelings op
my
uitnodiging gemaak het en dat dit nog nie op rekord as
eedsverklarings voor my is nie.
Vir
die redes wat ek genoem het kan ek nie sien hoe hierdie Hof die
optrede van die applikante, deur die praktyksvoorskrif in verskeie
opsigte te minag, kan kondoneer nie. Dit sou ‘n baie gevaarlike
presedent skep. Dit is nie ‘n saak wat onmiddellike
aandag
behoef nie. Daar is geen sprake van lewensgevaar of dergelike
oorwegings wat ‘n Hof normaalweg sou in ag neem om van
die
voorskrifte af te sien nie.
Ek
meen dus nie dat ek kan toelaat dat die saak voortgaan op n dringende
basis nie.
Wat
koste betref het die 1ste respondent dit goedgedink om die dienste
van twee advokate aan te wend om hom te help met hierdie
saak. Die
feit is dat die 1ste respondent ‘n senior en ‘n gesiene
prokureur in hierdie stad is met baie jare in die
praktyk. Daar word
ernstige aantygings teen hom gemaak, onder andere dat hy die
applikante sou spolieer deur die reg in eie hande
te neem en ‘n
hofbevel van hierdie Hof te minag en dat hy kennelik onprofessioneel
sou opgetree het. Dit is die tipe gedrag
wat hierdie 1ste respondent
kan blootstel aan dissiplinere stappe deur die Prokureursorde en ek
meen dat, soos die geykte beginsels
dit wou he, die 1ste respondent
redelik opgetree het en nie verkwalik kan word daarvoor dat hy die
moeite gedoen het om die dienste
van twee advokate in te roep om hom
hier te help waar sy reputasie, wat oor baie jare gevestig is, in die
gedrang kan kom nie.
Me
Strauss het betoog dat die saak nie ‘n kostebevel vir twee
advokate regverdig nie. Vir die redes wat ek genoem het kan
ek nie
met haar saamstem nie. Ek maak die volgende bevel:
1.
Die aansoek word van die rol geskrap. .
2.
Die applikante word gesamentlik en afsonderlik gelas om die 1ste
respondent se koste