Symons en Ander v Crown View Crossing (Edms) Bpk en Ander (32673/2008) [2009] ZAGPPHC 257 (25 June 2009)

70 Reportability
Contract Law

Brief Summary

Contract — Loan agreement — Specific performance — Applicants sought an order for specific performance of a clause in a loan agreement requiring the registration of a second mortgage as security — Dispute arose regarding the description of the property and the alleged failure of the first respondent to comply with repayment terms — Second respondent raised a defense of prescription, arguing that the claim was time-barred — Court held that the claim for registration of the second mortgage was not accessory to the repayment obligation and was immediately enforceable upon registration of the first mortgage, thus prescription commenced at that point — Application dismissed with costs.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: North Gauteng High Court, Pretoria
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: North Gauteng High Court, Pretoria
>>
2009
>>
[2009] ZAGPPHC 257
|

|

Symons en Ander v Crown View Crossing (Edms) Bpk en Ander (32673/2008) [2009] ZAGPPHC 257 (25 June 2009)

NOT
REPORTABLE
IN
THE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA
(NOORD
GAUTENG HOE HOF, PRETORIA)
Saak Nommer.: 32673/2008
Datum:25/06/2009
In die saak tussen
THEUNIS
GERRIT JOHANNES SYMONS
.......................................
1STE
APPLIKANT
ANNA
MARIA
SYMONS.
.......................................................................
2DE
APPLIKANT
vs
CROWN
VIEW CROSSING (EDMS) BPK
.................................
1STE
RESPONDENT
ABSA
BANK
BPK
…...................................................................
2DE
RESPONDENT
REGISTRATEUR
VAN AKTES, PRETORIA
................................
3DE
RESPONDENT
UITSPRAAK
Gelewer
op 25 Junie 2009
POTTERILL
(WR)
1.
Die applikante doen aansoek vir 'n bevel vir spesifieke nakoming van
paragraaf 3 van 'n leningsooreenkoms wat gesluit is op 13
November
2003. Paragraaf 3 van die ooreenkoms bepaal:

Die
Lener onderneem om op e/e koste 'n tweede verband oor die eiendom
bekend as
Ten
gunste van die Utlener te registreer synde as sekunteit vir die
bedrag hiermee aan die Lener dear die Uitlener geleen "
2.
Dit is gemeensaak tussen die partye dat:
2.1.
die weglating van die beskrywing van die eiendom uit klousule 3 van
die leningsooreenkoms weens n gemeenskaplike fout van die
partye was
en dat die beskrywing van die eiendom inderdaad die volgende is:
Gedeelte
7 van die Plaas De Kroon 444, Registrasie Afdeling J.Q.Noordwes
Provinsie;
2.2.
die terugbetalingsvoorwaardes van die leningsooreenkoms me stiptelik
nagekom word deur die eerste respondent nie;
2.3.
die appiikante aan die eerste respondent op 8 Januarie 2004
bogenoemde eiendom verkoop het en dat die tweede respondent die
houer
van die eerste verband geregistreer onder verbandakte B54193^2004 is
Dit is die enigste verband oor die eiendom:
2.4.
die appiikante in terme van die leningsooreenkoms saamgelees met die
gemelde koopkontrak. geregtig was op registrasie van 'n
tweede
verband oor die eiendom as sekunteit vir die terugbetaling van die
gemelde lening,
2.5.
dit ‘n term van die eerste verband is dat die verbandgewer,
eerste respondent nie die eiendom verder mag beswaar sender

skriftelike toestemming van die tweede respondent nie. Tweede
respondent is in besit van die oorspronklike transportakte.
2.6.
tot op datum tweede respondent versuim, ten spyte van verskeie
versoek daartoe, om toestemming te verleen tot registrasie van
die
tweede verband ten gunste van die appiikante. Vandaar ook die bede
dat tweede respondent beveel word om die oorspronklike transportakte

T67484/2004 aan die applikante se prokureurs van rekord beskikbaar te
stel om die tweed e verband te registreer.
2.7.
Die vordering is n '‘skuld'1 in terms van die definisie van die
verjaringswet, Wet 68 van 1969
3.
Die enigste verweer wat die tweede respondent opper teen die aansoek,
is die van verjaring. Die applikante se vordering is kontraktueei
van
aard. Die termyn van die lening is vir n tydperk van 60 maande vanaf
datum van registrasie van die koopooreenkoms. Registrasie
van die
eiendom in die eerste respondent se naam het piaasgevind op 20 Mei
2004. Verjaring het begin loop toe die skuld opeisbaar
was en dit is
met sluiting van die koopkontrak, alternatiewelik op 20 Mei 2004 met
die registrasie van die eiendom in die eerste
respondent se naam.
Tweede respondent se versuim om toestemming te verieen tot registasie
is nie ;n "legal bar’ tot
hul vordering nie en, al sou dit
wees, het hul tweede respondent eers aangemaan nadat verjaring reeds
begin loop het.
4.
Die appellante daarteenoor argumenteer dat daar twee verpligtinge,nl
betaling en registrasie uit een hoofskuld vloei. Die applikante
het
dus ‘n vordering vir die verbandregistrasie aksessories tot hul
eis vir die vordering van die lening het. Klousule 2a
van die
leningsooreenkoms bepaal dad die lening terugbetaalbaar is van die
dag van registrasie van die koopooreenkoms. Registrasie
het
piaasgevind op 20 Mei 2004 en betaling moet binne 5 jaar daarvan
geskied. Die wanbetaiing skep dus n "continuous wrong.”

Verjaring geskied dus eers op 20 Mei 2009. Die eerste respondent
onderskei verkeerdelik nie tusen ontstaan van n skuld en
opeisbaartieid
van n skuld nie Die weiering van die tweede respondent
om toestemming te verieen tot 'n tweede verband is n legal bar' wat
verjaring
stuit.
5. Die vordering vir die registrasie
van n tweede verband is, tereg ooreengekom n skuld i t v die
Verjaringswet. Die tydperk van
verjaring is 3 jaar in terme van
artikel 11(d). In terme van artikel 12 begin verjaring loop ''as soon
as the debt is due,”
Die applikante beweer dat registrasie van
n tweede verband hand aan hand gaan met opeisbaarheid en aangesien
terugbetaling van
die leningsooreenkoms oor 'n 5 jaar termyn is die
vordering nog nie verjaar het nie. Dit is gewoon net nie korrek nie.
In
Deloitte Haskins & Sells v Bowthorpe Hellerman Deutsch Pty Ltd
[1990] ZASCA 136
;
1991 (1) SA 525
AD op p535 IG-I bevind die hof dat die skuld
verskuldjg/opeisbaar is wanneer:
"there
had to be a debt immediately claimable by the debtor or, stated
another way. that there had to be a debt in respect
of which the
debtor was under obligation to perform immediately: prescription
could not begin to run against a creditor before
his cause if action
was fully accrued, i.e. before he is able to pursue his claim."
In
The Master v I L Back & Co Ltd and Others 1983(1) SA 996 (A) op
1004 F bevind die AppeShof die volgende:

A
debt being due in this context involves two things, namely that the
creditor is in a position to claim payment forthwith and that
the
debtor does not have a defence to a claim for immediate payment In
other words, that the creditor's cause of action is complete."
In
casu, is dit gemeensaak dat wanneer die twee ooreenkomste saamgelees
word die vordering vir die registrasie van die tweede verband
met
registrasie van die eerste verband ontstaan. In hierdie geval is dit
so dat ontstaan en opeisbaarheid van die vordering op
dieselfde dag
val Registrasie in die naam van die eerste respondent het geskied op
20 Mei 2004 en begin verjaring van die datum
loop Op die datum het
die applikante 'n volledige skuldoorsaak gehad om die vordering af te
dwing Die vordering het gevolglik binne
3 jaar na 20 Mei 2004
verjaar.
6.
Meneer Griessel het geargumenteer dat die skuld ontstaan het op 20
Mei 2004; registrasie op eerste respondent se naam. Die lening
is
egter verskuldig deur belaling in paaiemente vir die verloop van 5
jaar en dat aksessories die sekuriteit vir die skuld ook
eers na die
verstryking van die 5 jaar kan verjaar Registrasie van 'n tweede
verband word onomwonde uitgestip as sekuriteit vir
die geleende
bedrag. Die 5 jaar betalingstermyn van die lenmgsooreenkams stel
egter nie die opeisbaarheid van die sekuriteit uit
nie. Die
opeisbaarheid is onmiddellik met registrasie van die eerste verband
en is die vordering van die sekuriteit nie aksessories
tot die
betalingstermyn nie; of daar kontrakbreuk al dan nie van die
leningsooreenkoms is nie, die vordering vir registrasie van
n tweede
verband het ontstaan en is onmiddellik opeisbaar Die betalingstermyn
het geen invloed op die opeisbaarheid van die sekuntiet
nie, die
opeisbaarheid het onmiddellik met die registrasie van die eerste
verband ontstaan.
7.
Die verdere argument dat die leningsooreenkoms se betalingstermyn van
5 jaar met betrekking tot die sekuriteit n continuous wrong"

daarstel word verwerp. In hierdie omstandighede is die datum van
opeisbaarheid in terme van artikel 12 die datum van registrasie
van
die eerste verband Wanbetaling van die paaiemente in terme van die
leningsooreenkoms stal kontrakbreuk daar en nie n 'continuous
wrong”
nie. Vir kontrakbreuk om plaas te vind is slegs een wanbetaling nodig
en die appiikante het in terme van die leningsooreenkoms
'n
skuldoorsaak. Die vordering vir die registrasie van die verband is
nie aksessories tot die lenigsooreenkoms nie; al was daar
nie
wanbetaling. kontrakbreuk nie, het die appiikante vanaf registrasie
van die eerste verband n opeisbare vordering
8.
In Munnikhuis v Melamed NO 1998(3)SA 873(W) op 887(E) word die
volgende bevind:

a
right to claim performance under a contract ordinarily becomes due
according to its terms or, if nothing is said, within a reasonable

time, which in appropriate circumstances can be immediately."
In
hierdie omstandighede waar daar geen datum vir die registrasie van
die tweede verband is nie, het die applikant onmiddelik met

registrasie van die koopooreenkoms op die eerste respondent se naam
die reg om prestasie te eis verkry. Al sou ek verkeerd wees,
in
ooreenstemming met Phasha v Southern Metropolitan Council of
Johannesburg 2000(2J SA 455 WLD is bevind dat waar daar nie ‘n

datum vir prestasie in die kontrak bepaai word nie, moes prestasie
binne 'n redelike tyd geskied. In die lig van die tydsverloop
tussen
die registrasie van die eerste verband in Mei 2004 en die eerste
brief wat geskryf word aan tweede respondent in n poging
om die
tweede verband te registreer in Augustus 2007 nie binne ‘n
redelike tyd nie
9.
Die applikante se laaste argument was dat die tweede respondent se
weiering om toestemming te gee om die tweede verband te registreer
n
beletsel daarstei wat verjaring stuil. Hiermee saam loop die eerste
respondent se optrede dat hy nie aansoek gedoen het vir ;n
tweede
verband nie en kan hy me nou agter sy onregmatige optrede skuil nie.
Die tweede respondent se optrede stei kontrakbreuk
daar maar dit
stuit nie verjaring van die applikante se vordering nie. Wanneer n
skuldenaar kontrakbreuk pleeg, moet die skuldeiser
binne die
voorgeskrewe tyd hul eis instel of verjaring sal hul vordering tref.
Die tweede respondent se weerhouding van toestemming
tot n tweede
verband is nie n beletsel wat verjaring stuit nie Die applikante was
in staat om hul reg af te dwing, hetsy aansoek
hetsy dagvaarding,
maar het dit nie gedoen nie en in die woorde van Kotze v
Ongeskikthiedsfonds van die Universiteit van Stellenbosch
[1996] ALL
SA CPD op 653a

is
daar geen rede om horn teen die gevoige van verjaring te beskerm
nie.”
10.
Ek maak gevolglik die voigende bevel:
Die
aansoek word van die hand gewys met koste.
S.
Potteril
Waarnemende
Regter can die Hooggeregshof
Prokureur vir die Applikant:
POTGIETER
MARAIS PROKUREURS
(Verwysing:
Pierre Marais.Liezel Peach. K184)
Schoemgn
Straat 1019
Hatfield
PRETORIA
Tel:
012-432 0342
Prokureur
vir die 1Respondent:
OLIVIER
CRONJe & STIGLIIMGH PROKUREURS P/A GERHARD DE BEER PROKUREURS
(Verwysing: GdB/tl/GO 0254)
IsteVloer,
Kamer102: Olivetti-Huis Pretoruis Straat 100 PRETORIA
Tel
012 - 325 7066
Prokureur vir die Applikant:
POTGIETER
MARAIS PROKUREURS
(Verwysing:
Pierre Marais.Liezel Peach. K184)
Schoemgn
Straat 1019
Hatfield
PRETORIA
Tel:
012-432 0342
Prokureur
vir die 1Respondent:
OLIVIER
CRONJe & STIGLIIMGH PROKUREURS P/A GERHARD DE BEER PROKUREURS
(Verwysing: GdB/tl/GO 0254)
IsteVloer,
Kamer102: Olivetti-Huis Pretoruis Straat 100 PRETORIA
Tel
012 - 325 7066