About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: North Gauteng High Court, Pretoria
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: North Gauteng High Court, Pretoria
>>
2009
>>
[2009] ZAGPPHC 199
|
|
Calitz NO v Van Heerden Maritz (28578/2008) [2009] ZAGPPHC 199 (9 June 2009)
NOT
REPORTABLE
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA
[NOORD
GAUTENG HOOGGEREGSHOF]
Saak nommer: 28578/2008
Datum: 9 Junie 2009
In
die saak tussen
LOUIS
CALITZ
N.O.
...............................................................................
Applikant
/ Eiser
en
JOHANNES
VAN HEERDEN
MARITZ
...............................................
Respondent/Verweerder
UITSPRAAK
PRETORIUS
R.
Gedurende
OKtober 2002 het die Herman Bruwer Trust dagvaardiging teen die
verweerder/respondent uitgereik
Ter
aanvang het mnr Els, namens die eiser/applikant twee verklarings van
die trustees opgehandig, waarin beide bevestig dat hulle
die enigste
trustees van die trust is. Mnr Guldenpfenmg het ten slerkste beswaar
gemaak en argumenteer dat dit by die aansoek aangeheg
moes gewees
het. Die hof het dit egter toegelaat aangesien dit reeds onder eed
deur die deponent, die opdraggewende prokureur van
die
eiser/applikant beweer is. Die verduideliking was ook dat die
eiser/applikant nie tydig n aanstellingsbrief van die Meester
kon
bekom om dit te bevestig nie.
Op
29 Januarie 2003 liasseer die verweerderrespondent sy pleit en pleit
dat die medetrustee, Gert Willem Calitz, nie as trustee
gevoeg is in
die aksie nie.
Die
aanvanklike verhoordatum was 17 Maart 2005, maar is daar by
ooreenkoms uitgestel en het die trust die verweerder/respondent
se
koste getender en betaal.
Op
5 Mei 2005 het die trust kemisgewing van voorneme om te wysig in
terme van reel 28 liasseer. Gert Willem Calitz word in die voorgenome
wysigmg as medetrustee van die trust as tweede eiser, nomine officio
gesiteer Die gewysigde besonderhede van vordering moes op
of voor 2
Junie 2005 afgelewer word - dit word eers op 21 Julie 2005 gedoen,
nadat die verweerder/respondent geen beswaar teen
die voorgenome
wysigmg geopper het nie.
Op
17 April 2007 is die saak weer vir verhoor op die rol en sine die
uitgestel en is die bedrag van R10 000.00 deur die eiser/applikant
getender aan die verweerder/respondent vir verspilde Koste.
Die
saak is weer voor die hof op 5 Junie 2009 vir verhoor. Op 3 Junie
word 'n voorverhoor gehou en neem die verweerder/respondent
die
standpunt in dat die wysiging nie behooriik gedoen is me en dus 'n
nulliteit is. Die verweerder/respondent het reeds op 29
Maart 2007 sy
standpunt aan die eiser/applikant gestel in ‘n skrywe:"
Ons wens op rekord te plaas dat ons khent u khent
se gepoogde
wysiging gedateer 26 April 2005 as ~n nietigheid beskou"
In
van Heerden v van Heerden
1977 (3) SA 455
(W) bevind Coetzee R op
p.457 G - H:
By
verdere nadenke dink ek dat hierdie die korrekte vertotking van Reel
28 is Die kennisgewtng is siegs een "van sy voomeme
om te wysig"
- in die taai van sub-reel (1). Dit is nie 'n substantiewe wysiging
nie. Ook in sub-reel (2) word die ‘'voorgestelde
wysiging"
vermeld. Dit skyn of dit die bedoeling is om, anders as in die geval
van 'n bevei nadat 'n aansoek aan d:e Hof gerig
is, die feit van
wysiging van die iewering daarvan binne ‘n gestelde tyd
afhanklik te maak. Met ander woorde, slegs nadat
geer beswaar
ingedien is nie, ontstaan die rag om sonder meer te wysig soos in die
kennisgewing in die vooruitsig gestel. en hierdie
gedingvoerende
party kan gedurende hierdie periode selfs besluit om glad nie sy
voomeme uit te voer me. ”
In
Moolman v Estate Moolman
1927 CPD 27
bevind Watermeyer R op p 29:
"...
. the practical rule adopted seems to be that amendments will always
be allowed unless the application to amend is mala
fide, unless such
amendment would cause an injustice to the other side which cannot be
compensated by cost. In other words, unless
the parties cannot be put
back for the purpose of justice in the same position as they were
when the pleadings which it is sought
to amend were filed."
Hierdie
dictum is steeds vandag van toepassing.
Derhalwe
het Mnr Els, namens die applikant/eiser 'n substantiewe kondonasie
aansoek gebring vir die laat liassering van die gewysigde
bladsye.
Die
hof het 'n wye diskresie om ‘n wysigmg toe te staan en is meer
geneig om dit toe te staan as om dit af te wys.
In
hierdie geval hel die wysiging slegs belrekkmg op die voeging van die
medetrustee as tweede eiser nomine officii. Die eisoorsaak
bly
dieselfde. In Desai Chilwan NO v Ross and Another
2003 (2) SA 644
(C)
op 647 E bevind Ngwenya R:
"It
is now trite law that a trust lacks legal personality It can only act
through its trustees nomine officii. It has no legal
standing in
litigation and can only sue or be sued through its trustees. It is a
legal institution sui generis. The trustees are
the owners of the
trust property for purposes of its administration but as trustees
they have no beneficial interest therein"
en
op 653 B - C:
Applicant
had already established her locus standi in her founding affidavit It
is not in dispute that she is a trustee. Although
respondents contend
that applicant's locus standi was cured in her replying affidavit,
which is wrong, the contention is clearly
misguided Respondents, in
this matter, have confused locus standi with non-joinder. Locus
standi in the legal sense has two connotations.
In one sense it
connotes a person's nght to bring legal proceedings to court.
Secondly, locus standi means a party bnnging the
proceedings in Court
must have a direct and substantial interest in the matter ’’
Die
trust het dus in hierdie geval van meet af aan locus standi gehad en
die voeging van die tweede eiser kan dit sekerlik nie verander
me.
Ek
is van mening, dat as al die gesag in ag geneem word, die eiser wel
‘n kondonasie aansoek moes bring om die gewysigde bladsye
van
die besondertiede van vordering te liasseer.
Daar
is nie nadeel vir die verweerder nie, aangesien dit steeds die trust
is wat die eiser is en locus standi het Dit is in belang
van
geregtigheid dat hierdie wysiging toegestaan word Dit ontneem die
verweerder van geen regte ten opsigte van 'n verweer van
verjaring
nie en sal dit steeds in die hoofsaak geopper kan word.
Die
koste moet deur die eiser betaal word, aangesien dil n vergunmng is
wat aan die eiser verleen word. Ek kan ook nie bevmd dal
dil onbillik
van die verweerder was om die aansoek teen te staan nie.
Derhalwe
word die volgende bevel gemaak:
Die
laat liasserng van die applikant/eiser se gewysigde besonderhede van
vordenng, wat voor of op 2 Junie 2005 geliasseer moes wees,
maar eers
op 21 Julie, 2005 geliasseer is, gekondoneer word.
Die
applikant/eiser word gelas om die koste van die aansoek te betaal.
C
Pretorius
Regter
van die Hooggeregshof
Saak
nommer: 28578/2002
Gerhoor
op: 7 June 2009
Vir
die Applikant: APJ Els
Opdrag
deur: Stopforth Swanepoel & Brewis
Vir
die Respondente: S Guldenpfennig
Opdrag
deur: RNB Prokureurs
Datum
van Uitspraak: 12 Desember 2008