About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1984
>>
[1984] ZASCA 138
|
|
Smit v Senator Verseringsmaatskappy Bpk (78/83) [1984] ZASCA 138 (23 November 1984)
Saaknommer: 78/83 WHN
EDWARD JOHN RANDAL SMIT
Appellant
en
SENATOR VERSEKERINGSMAATSKAPPY BPK
. .. Respondent
JOUBERT
AR,:
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
APPèLAFDELING
In die saak tussen:
EDWARD JOHN RANDAL SMIT
Appellant
en
SENATOR VERSEKERINGSMAATSKAPPY BPK
. ... Respondent
CORAM
: JOUBERT, HEFER ARR. et SMALBERGER Wn. AR.
Verhoor
: 1 November 1984 Gelewer: 23 November 1984
UITSPRAAK
JOUBERT
AR. :
/Die
2
Die appellant is blykbaar Afrikaanssprekend want hy het in die hof a quo in
Afrikaans getuig. Gelet op die slotsom waartoe ek in hierdie
appèl
geraak het, ag ek dit derhalwe raadsaam om hierdie uitspraak in Afrikaans te
gee.
Die appellant het as eiser 'n aksie vir skadevergoeding in die Transvaalse
Provinsiale Afdeling teen die respondent as verweerder
ingestel weens die
beserings wat hy opgedoen het tydens 'n botsing wat plaasgevind het toe hy die
aand van 12 Mei 1978 as 'n voetganger
in Voortrekkerweg, Pretoria,raakgery is
deur 'n motorvoertuig wat deur Mej. Wólhuter bestuur
/is
3
is en wat deur die respondent as versekeraar kragtens
Wet 56 van 1972
verseker is. By die aanvang van die
verhoor op 22 Februarie 1983 voor NESTADT
R. het die
partye aangekondig dat hulle die
quantum
van
die
skadevergoeding by ooreenkoms vasgestel het. Volgens
die pleitstukke
het die bewyslas op die appellant gerus
om op 'n oorwig van waarskynlikhede
te bewys dat die
botsing deur die nalatigheid van Mej. Wolhuter
veroorsaak
is. Op 24 Februarie 1983 het die hof a
quo
die
appellant se eis met koste afgewys. Die appellant
kom nou in hoër beroep na hierdie Hof teen die uitspraak
van die hof a
quo
.
/Dit
4
Dit blyk uit die onbetwiste getuienis van konstabel Sezuidenhout wat vir die
appellant getuig het dat Voortrekkerweg van noord na
suid loop met 'n sperstreep
as middellyn sodat dit verkeer in beide rigtings kan dra. Dit was trouens gemene
saak dat Voortrekkerweg
twee rybane het wat verkeer van noord na suid neem asook
twee rybane wat verkeer van suid na noord neem. Volgens konstabel Bezuidenhout
is die totale breedte van Voortrekkerweg se ryoppervlakte 12,9 m. By die toneel
van botsing maak Jacobsstraat wat van oos na wes
loop 'n T-aansluiting met die
oostekant van Voortrekkerweg wat deur verkeersligte beheer word.
/Aan
5
Aan die noordelike kant van hierdie T-aansluiting is daar 'n
voetgangerskruising oor Voortrekkerweg wat deur twee strepe begrens word.
Hy het
op sy sketsplan wat nie volgens skaal is nie voorsiening gemaak vir 'n
„moontlike punt van botsing" wat hy in hierdie
voetgangerskruising geplaas
het. Hy het egter geen onafhanklike herinnering van wat hy by die toneel van die
botsing waargeneem het
nie sodat hy nie kon ver= duidelik waarom hy sy punt van
botsing as 'n „moontlike punt van botsing" beskou het nie. Hy kon
ook nie
verduidelik aan die hand waarvan hy sy punt van botsing as 'n „moontlike
punt van botsing" vasgestel het nie.
/Dit
6
Dit is gemene saak dat daar in die onmiddellike
omgewing van die toneel
van die botsing besigheidspersele
aan beide kante van Voortrekkerweg is, dat
Voórtrekker=
weg 'n reguit pad is en dat 'n motorvoertuig se bestuur
wat van noord
na suid in Voortrekkerweg ry 'n onbelemmerde uitsig het
van
minstens 100 meter na die toneel van die botsing.
Die appellant het getuig dat hy niks van die botsing kan onthou nie
vanweë breinbeserings wat hy ten tyde van die botsing opgedoen
het. Hy het
in Trouwstraat gewoon wat van wes na oos loop en 'n T-aansluiting met die
westekant van Voortrekkerweg maak.
/Dit
7
Dit is gemene saak dat hierdie T-aansluiting byna teenoor (dog nie direk
teenoor nie) die T-aansluiting van Jácobsstraat met
Voortrekkerweg is.
Dit is ietwat meer na die suidekant van Voortrekkerweg gelee as die
T-aansluiting van Jacobsstraat. Die appellant
het die gewoonte gehad om saans
Voortrekkerweg oor te steek van wes na oos om 'n drankie te gaan drink in 'n
hotel wat ten ooste
van Voortrekkerweg gelee is.
Mej. Wolhuter wat die versekerde motorvoertuig ten tyde van die botsing
bestuur het, het vir die appellant getuig. Sy was die enigste
ooggetuie wat ten
aansien yan die plaasvind van die botsing getuig het.
/Dit
8
Dit blyk uit die oorkonde dat die oggend voordat die verhoor in die hof a
quo
'n aanvang geneem het beide partye se advokate met haar gekonsulteer
het. Die advokate wat voor hierdie Hof verskyn het, het ook
in-die hof a
quo
opgetree. Tydens die konsultasies is haar aandag gevestig op die
inhoud van 'n skriftelike verklaring wat sy op 27 Julie 1978 vir
die respondent
oor die plaasvind van die botsing gemaak het. In haar hoofgetuienis het sy erken
dat haar skriftelike verklaring haar
geheue in sommige opsigte verfris het:
"And this had in certain respects refreshed your memory - -Yes."
/Dit
9
Dit is dan ook opvallend dat sy in haar hoofgetuienis
verskeie kere uit
eie beweging na haar skriftelike
verklaring verwys het. Dit blyk uit haar
getuienis
as 'n geheel dat sy nie in staat was na 'n tydsverloop
van
bykans vyf jaar na die plaasvind van die botsing om
belangrike aspekte daarvan te onthou nie. Tereg het
die verhoorregter in sy uitspraak die volgende evaluasie
van haar as 'n getuie gemaak:
"She was not able to recollect with any degree of detail exactly what
happened."
In kruisondervraging is die skriftelike verklaring nie aangewend om haar
geloofwaardigheid as 'n getuie te toets nie maar dit is ingehandig
as Bewysstuk
"A" en
/sy
10
sy is gevra om die inhoud daarvan as die waairheid te bevestig. Sy het dit
dan ook gedoen. Die rede waarom die respondent se advokaat
dit gedoen het, was
klaarblyklik omdat sy in haar skriftelike verklaring die volgende bewering
gemaak het:
"I noticed a man about a metre away from
me, I slowed down. The robot was
in
my favour, green, I thought
the man had stopped for me to go my right of way, when all of a sudden he
jumped in front of me."
Die feit dat Mej. Wolhuter die inhoud van haar skrif=
telike verklaring (Bewysstuk "A") as die waarheid
bevestig het, maak dit nie toelaatbare getuienis in
die hof a
quo
nie. Geen basis is gelê om dit as
/getuienis ....
11
getuienis in die hof a quo toelaatbaar te maak nie.
Dit is immers 'n
erkende beginsel van ons bewysreg dat
'n getuie se ooreenstemmende verklaring
ontoelaatbaar
as getuienis in 'n hof is behalwe in sekere
uitsonderings=
gevalle. Schmidt, Bewysreg, 2e uitgawe, bl 363 e.v.
In die
onderhawige geval is daar nie 'n grondslag gelê
om dit binne een van
die erkende uitsonderingsgevalle
te bring nie.
Volgens die aanvaarbare getuienis van Mej. Wolhuter het sy die betrokke aand
alleen in haar motorvoertuig van noord na suid in Voortrekkerweg
gery met die
doel om 'n kennis te gaan besoek. Sy was nie haastig nie. Dit was reeds donker.
Haar
/motorvoertuig
12
motorvoertuig se ligte was gedomp en die straatligte
het gebrand. Haar uitsig was goed. Haar motor= ,
voertuig het 'n
regterhandse stuur. Sy het in die
regterkantse rybaan aan haar korrekte kant van die
pad gery sodat sy langs
die sperstreep wat in die
middel van Voortrekkerweg is, gery het.
Die
verkeersligte by die T-aansluiting van Jacobsstraat
was groen in haar
guns. Toe sy die verkeersligte
nader,het sy iets aan haar regterkant opgemerk
maar
sy kon nie onthou hoe ver dit van haar af was nie.
In haar hoofgetuienis het sy dit soos volg gestel:
/"I
13
"I do remember seeing something, but I cannot really say now for sure what
distance there was."
Vermoedelik was sy so te sê op die iets want skielik
het sy met die appellant gebots:
"I was proceeding along and all of a sudden I collided with this person who -
it felt at the time that he had actually come from above
me instead of the side
of me and landed in the centre of my bonnet, and coming through the
windscreen."
Haar onmiddellike reaksie was om te rem en na links
te swaai. Sy het haar motorvoertuig feitlik onmiddellik
tot stilstand gebring en uitgeklim. Die voorste
stamper van haar motorvoertuig, die regterkant van haar
voorruit en die middel van haar masjienkap asook die
/middel
14
middel van haar dak was beskadig. Die botsing met die appellant het in die
voetgangerskruising plaas= gevind. Mej. Wolhuter was nie
in staat om te ver=
duidelik waarom sy die appellant nie eerder gesien het nie. Sy het erken dat sy
nie die appellant Voortrekkerweg
sien oorsteek het nie.
Geen getuienis is ten behoewe van die respon= dent aangebied nie.
Die vraag is of Mej. Wolhuter in die omstandig= hede verwyt kan word dat sy
redelikerwyse versuim het om 'n behoorlike uitkyk te hou,
m.a.w. of sy die
appellant redelikerwyse op 'n vroeër stadium kon of moes gesien het sodat
sy betyds stappe kon geneem het
/om
15
om 'n botsing met hom te vermy. Na my mening
is die antwoord op hierdie
vraag ontkennend weens
die volgende redes:
1.
Daar is geen getuienis om
aan tetoon of die appellant besig was om Voortrekkerweg in die
voetgangerskruising of skuins oor te steek
nie. Die appellant het vermeld dat hy
geneig was om Voortrekkerweg skuins oor te steek en nie by 'n verkeerslig in die
voetgangerskruising
nie.
2.
Daar is geen
getuienis om aan te toon of die appellant gestap of gehardloop het terwyl hy
besig was om Voortrekkerweg oor te steek
nie.
/3.
Daar
16
3.
Daar is geen getuienis oor
die aard of kleure van die appellant se kleredrag ten tyde van die botsing
nie.
4.
Daar is geen getuienis oor die aard
van Voortrekker= weg se beligting by die voetgangerskruising waar die botsing
plaasgevind het
nie.
5.
Daar is geen getuienis
om aan te dui wat die gesigsafstand van die ligte van Mej. Wolhuter se
motorvoertuig was nie.
Dit geld ook vir die aard van
haar gesigsveld met betrekking tot haar motorvoertuig se ligte en die beligting
van Voortrekkerweg se
straatligte in die omgewing van die toneel van die
botsing.
/Dit
17
Dit volg derhalwe dat die appellant na my oordeel nie daarin geslaag het om
op 'n oorwig ván waarskynlikhede te bewys dat die
plaasvind van die
botsing aan die nalatigheid van Mej. Wolhuter toe te skryf is nie.
In die resultaat word die appèl afgewys met koste.
C.P. JOUBERT, AR.
HEFER, AR. )
SMALBERGER, Wn. AR. ) Stem saam.