About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: North Gauteng High Court, Pretoria
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: North Gauteng High Court, Pretoria
>>
2009
>>
[2009] ZAGPPHC 195
|
|
Absa Bank Ltd v Sibanzi Construction CC (13045/2009) [2009] ZAGPPHC 195 (29 May 2009)
NOT REPORTABLE
IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(NORTH GAUTENG HOE
HOF, PRETORIA)
SAAKNOMMER:
13045/2009
DATUM: 29/05/2009
In die saak tussen:
ABSA BANK LTD
…......................................................
EISER
EN
SIBANZI
CONSTRUCTION CC
....................................
VERWEERDER
UITSPRAAK
BOTHA R:
Dit is 'n aansoek
om summiere vonnis.
Die verweerder se
beantwoordende verklaring is laat afgelewer. Daar is
bona
fide
verweer in die vorm van 'n bewering
dat artikels 129 en 130 van Wet 34 van 2005 nie nagekom is nie.
Ofskoon daar betoog is dat Wet
34 van 2005 nie van toepassing is nie,
is daar nie genoeg feite voor my om so'n bevinding te maak nie.
Die applikant het
aangedring op 'n substantiewe aansoek orr kondonasie van die laat
aflewering van die beatwoordende verklaring.
Die verklaring is een
dag laat afgelewer. Daar was 'n vakansie dag tussen in. Dit is
ondenkbaar dat enige verduideliking van die
versuim so ellendig kan
wees dat dit nie aanwesigheid van 'n bona fide verweer sal oortroef.
Derhalwe sol dit onsinnig wees, en
'n verkwisting van koste, om op 'n
formele aansoek orr kondonasie aan te dring. Ek is bereid om
kondonasie sonder meer te verleer
en die beantwoordende verklaring te
ontvang.
Die volgende bevel
word verleen:
1.
Die laat aflewering van die beantwoordende
verklaring wore gekondoneer.
2.
Verlof om te verdedig word verleen.
3.
Koste sal koste in die geding wees.
C. BOTHA
REGTER VAN DIE
HOOGGEREGSHOF.