About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: North Gauteng High Court, Pretoria
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: North Gauteng High Court, Pretoria
>>
2009
>>
[2009] ZAGPPHC 77
|
|
J V R v J V R (31134/2008) [2009] ZAGPPHC 77 (29 May 2009)
SAFLII
Note:
Certain
personal/private details of parties or witnesses have been
redacted from this document in compliance with the law
and
SAFLII
Policy
/EVDM
IN THE HOOGGEREGSHOF VAN SUID
AFRIKA
(NOORD GAUTENG HOË HOF,
PRETORIA)
Saak
Nommer:: 31134/2008
In die saak tussen:
J. J. J.v R.
APPLIKANT
vs
S. W. J. v
R.
RESPONDENT
UITSPRAAK
Gelewer op: 29 May 2009
POTTERILL AJ
1 Voor my is ‘n aansoek om stuiting van die
aksie onder saaknommer 31134/08 tot die respondent die getakseerde
rekening onder
saaknommer 12162/05 betaal het. Dit is gemeensaak dat
saaknommer 1262/05 slaan op ‘n bestrede egskeidingsaksie tussen
die
applikant en respondent wat na 3 jaar op 15 Mei 2008 geskik is.
In die skikkingsakte paragraaf 3 stem die partye toe dat:
“
Die verweerder vir die eiseres kan
dagvaar vir die ontbinding van die beweerde universele vennootskap,
indien die verweerder so
sou verkies.”
In
die skikking is verder ooreengekom dat verweerder (respondent in
hierdie aansoek) sy teeneis terugtrek. Hierdie teeneis was
gefaks
aan die eiser twee ure voor die voorverhoorsamesprekings. Die
teeneis was ook geskoei op vorderings voortvloeiend uit die
universele vennootskap. Die aksie wat nou versoek gestuit te word is
die aksie om die beweerde vennootskap tussen die partye te
ontbind.
Die kosterekening van die egskeidingsgeding
(Saaknommer 12162/05) was ten tye van die opstel van die stukke nog
nie getakseer
nie en is ook nie aangeheg by die stukke voor my nie.
Daar is wel die getakseerde rekening van ‘n reël 43
aansoek
in die bedrag van R28 553.71 wat op 19 Mei 2008
getakseer is en wat ten spyte van aanmaning nog onbetaald is.
Die applikant voer aan dat die respondent met die
egskeidingsgeding deurentyd vertragingstegnieke toegepas het
waaronder, onttrekkings
van prokureurs, twee reël 43 aansoeke
wat van die hand gewys is waarvan in een selfs ‘n spesiale
kostebevel teen die
respondent gegee is en op laat stadiums wysiging
van pleitstukke. Die kwelsugtige en
mala
fide
optrede van die respondent/
verweerder regverdig die staking van die aksie om ontbinding van die
verrigtinge aangesien die teruggetrekte
teeneis en die aksie vir die
ontbinding van die vennootskap voortvloei uit die egskeiding en die
koste nog nie betaal is nie.
4 Die
respondent voer aan dat die beweerde kwelsugtige optrede van die
respondent slaan op die egskeidingsaksie en dat daar in die
skikking
geen bevel of ooreenkoms met betrekking tot kostes gemaak is nie.
Daar word ook aangevoer dat die aansoek versoek dat
die kostes onder
saaknommer 12162/05 betaal word, maar die kostes is nog nie getakseer
nie en word die re
ë
l
43 se getakseerde kostes verkeerdelik aangeheg, wat nie deel uit maak
van die bedes nie. Gevolglik word daar aangevoer dat ‘n
reël
43 aansoek en die ontbinding van die universele vennootskap nie
wesentlik dieselfde skuldoorsaak daarstel nie.
Die respondent is korrek; die aansoek versoek die
stuiting van die aksie tot die reël 43, nie die
egskeidingsaksie, se kostes
betaal is. Dit is nie in repliek
aangespreek of versoek dat alternatiewe regshulp verleen word nie.
Dit is ook so dat ‘n
reël 43-aansoek en ‘n aksie om
ontbinding van ‘n vennootskap nie op dieselde skuldoorsaak
baseer word, of rondom
dieselfde geskilpunte draai nie. Ek kan
gevolglik nie bevind dat substantief soortgelyke vorige verrigtinge
se kostes nog nie
betaal is nie.
Die verdere argument was dat die egskeidingsaksie
kwelsugtig hanteer is. Die egskeidingsaksie is afgehandel,
insluitend kostes,
en kan ek nie mosterd na die maal beslis dat die
saak kwelsugtig gevoer is nie. By ooreenkoms tussen die partye is
die respondent
se teeneis terugtrek, maar toestemming verleen dat
daarvoor gedagvaar word. Die applikant kan haar nie nou daaroor kom
bekla
nie. Die ontbinding van die vennootskap is nog nooit
aangehoor nie en is daar nie kostes voortvloeiend daaruit nog
onbetaalbaar
nie.
Die vraag is of die beweerde kwelsugtige en
mala
fide
optrede van die respondent die
hof kan noop om nogtans my diskresie ten gunste van die applikant
uit te oefen. Dit is so dat
die hof ‘n inherente diskresie
het om die misbruik van hofprosesse hok te slaan. Die diskresie
moet egter met groot omsigtigheid
uitgeoefen word, omdat soos bevind
is in
Fisheries Development Corporatin
v AWJ Investments
1979(3)SA 1331 [WLD]
op 1338F “
The reason is that the
Courts of law are open to all, and it is only in very exceptional
circumstances that the doors will be
closed upon anyone who desires
to prosecute an action
.”
In die lig van die bepalings in die
skikkingsooreenkoms kan ek nie bevind dat die instel van die aksie ,
mala fide
,
onbehoorlik of met bedekte beweegredes om die applikant onnodig te
kwel, ingestel word nie.
Die applikant se werklike probleem is dat die
respondent op sy eie weergawe ‘n “man of straw” is
en dat met
die voortsetting van die aksie hul kans om vir kostes
vergoed te word uiters skraal is. Die applikant kan egter nie
hierdie aansoek
voor die hof gebruik as ‘n bedekte aansoek vir
sekuriteit vir kostes nie.
Gevolglik maak ek die volgende bevel:
Die applikant se aansoek word van die hand gewys
met kostes.
Die respondent moet die kostes vir die
kondonasie en laat liassering van die hoofde betaal.
________________________________
S Potterill Waarnemende Regter van die
Hooggeregshof
Prokureur vir die Applikant:
RONEL COETZEE PROKUREURS
P/A
RNB PROKUREURS
(Verwysing: R COETZEE/rm/vv0341)
DUNCAN STRAAT 935
BROOKLYN
PRETORIA.
Tel: 012 345 4303/4310
Prokureur vir die Respondent:
NVR
ING PROKUREURS.
P/A CHRISTELL KOTZE
(Verwysing: NICO VAN RENSBURG/AM)
KANTOOR 5, RIETFONTEIN SENTRUM
HERTZOG
STRAAT 910
VILLIERIA
PRETORIA.