Cronje v Lid van die Uitvoerende Raad Vervoer Verweerder Paaie en Instandhouding Gauteng Regering (21736/06) [2009] ZAGPPHC 80 (28 May 2009)

55 Reportability

Brief Summary

Delict — Negligence — Road traffic accident — Claim for damages arising from collision at an intersection — Plaintiff driving without stopping at a stop sign — Defendant responsible for road maintenance and signage — Plaintiff alleging negligence due to improper placement and maintenance of stop sign — Defendant denying negligence and attributing fault to plaintiff — Court to determine whether defendant was negligent and if plaintiff contributed to the accident — Evidence presented regarding visibility of stop sign and adequacy of warning signs prior to the intersection — Court finding that the defendant's failure to maintain proper signage contributed to the accident, establishing negligence on the part of the defendant.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: North Gauteng High Court, Pretoria
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: North Gauteng High Court, Pretoria
>>
2009
>>
[2009] ZAGPPHC 80
|

|

Cronje v Lid van die Uitvoerende Raad Vervoer Verweerder Paaie en Instandhouding Gauteng Regering (21736/06) [2009] ZAGPPHC 80 (28 May 2009)

21736.
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA
(NOORD
GAUTENG, PRETORIA)
Saaknommer:
21736/06
Datum
aangehoor: 21/05/2009
Datum
van uitspraak: 28/05/2009
ONRAPORTEERBAAR
In
die saak tussen
:
CHRIS
CRONJÉ
EISER
en
DIE LID VAN DIE
UITVOERENDE RAAD, VERVOER, VERWEERDER
PAAIE
EN INSTANDHOUDING: GAUTENG REGERING
_______________________________________________________
UITSPRAAK
DU
PLESSIS R:
Op
Sondagoggend 4 Junie 2004 het die eiser
,
sy oorlede eggenote, sy twee kinders en sy vader met laasgenoemde se
nuwe Corsa motor ʼn entjie gaan ry. Die eiser het bestuur.
In
die kruising van die Carletonville-Potchefstroom-pad en die
Welverdiend-Deelkraal-pad was die gesin in ʼn botsing met ʼn

ander motor betrokke. Die eiser, sy eggenote en sy twee kinders is
in die botsing beseer. Die eiser se eggenote is as gevolg
van haar
beserings oorlede. Hy het nou in sy persoonlike hoedanigheid en
namens sy kinders teen die verweerder aksie ingestel
vir
skadevergoeding voortspruitend uit sy en die kinders se beserings.
Dit is gemeensaak dat die eiser die nodige statutêre

kennisgewings van sy voorneme om die aksie in te stel gegee het.
Dit
is ook gemeensaak dat die verweerder ten tye van die botsing
verantwoordelik was vir die onderhoud van die betrokke paaie,
vir die
oprig van toepaslike padtekens en vir die onderhoud daarvan. Die
eiser beweer dat die botsing veroorsaak is deur die nalatigheid
van
die verweerder se amptenare deurdat hulle versuim het om behoorlike
waarskuwingstekens wat die kruising en die stopstraat aandui,
op te
rig en te onderhou.
Die
verweerder ontken dat hy nalatig was en voer aan dat die botsing
uitsluitlik aan die eiser se nalatigheid te wyte
was
of, in die alternatief, dat die botsing deur die gesamentlike
nalatigheid van die partye veroorsaak is.
By
ooreenkoms tussen die partye is gelas dat die verhoor slegs sou
voortgaan vir beslissing van die vraag of die verweerder nalatig
was
en dus aanspreeklik is en indien wel, of die eiser bydraend nalatig
was. Die omvang van die eiser en die kinders se skade
staan oor vir
latere beregting.
In
die omgewing van die kruising loop die Welverdiend-Deelkraalpad (die
“Welverdiendpad”) van noord na suid. Die ander
pad (‘die
Careltonville-pad”) loop van oos na wes. Die eiser het die
kruising van noord na suid genader. Dit is gemeensaak
dat die
kruising deur ʼn stopteken vir verkeer in die Welverdiendpad
beheer word. Dit is ook gemeensaak dat die eiser nie,
soos hy moes,
by die stopteken stilgehou het nie. Hy het in die kruising ingery en
met ʼn motor wat van oos na wes in die
Carletonville-pad gery
het, gebots. Die bestuurder van daardie motor kon nie opgespoor word
om te getuig nie.
Dit
is gemeensaak dat, soos die eiser die kruising van uit die noorde
genader het, loop die Welverdiendpad teen ʼn bult op.
ʼn
Motoris wat die kruising uit die noorde nader kan dus die kruising
self nie sien voordat hy oor die bult is nie. Die partye
is dit eens
dat ʼn motoris vanuit die noorde die kruising self, en meer in
besonder die stoplyn op die teeroppervlak by die
kruising eers kan
sien as hy sowat 80 meter daarvandaan is. As die stopteken aan die
linkerkant van die pad vir verkeer uit die
noorde behoorlik in
posisie is, kan ʼn motoris dit sien as hy sowat 225 meter van die
kruising af is. Suidoos van die kruising
is daar ʼn groot groen
aanwysingsbord. Noordwes van die kruising is daar ʼn soortgelyke
aanwysingsbord vir verkeer wat
die kruising uit die suide nader. Die
agterkant van die bord, wat grys is, kyk na verkeer wat van die
noorde af kom. Daardie
agterkant is sigbaar vir ʼn motoris wat
omtrent 295m van die kruising af is.
Die
eiser het getuig dat hy die omgewing goed ken maar dat hy daardie dag
vir die eerste keer met die Welverdiendpad gery het.
Hy het geweet
van die kruising; hy was trouens van plan om links te draai met die
Carletonville-pad. Hy het ook geweet dat hy
by die kruising moes
stop; hy was van plan om net voor die kruising te stop sodat sy
eggenote die nuwe motor kon bestuur. Wat
hy nie geweet het nie, het
die eiser getuig, was presies waar die kruising is. As gevolg van
die bult kon hy die kruising nie
sien voor hy by hom was nie. As
gevolg van lang gras kon hy ook nie die Carletonville-pad sien nie.
Volgens
die eiser het hy die kruising teen sowat 100 kph genader maar dit is
moontlik dat hy bietjie spoed verminder het. Soos
hy die kruising
genader het, het hy geen waarskuwingstekens gesien nie en ook geen
stopteken nie. Hy het wel die groen aanwysingsbord
aan sy linkerkant
gesien, maar hy was onder die indruk dit was noordoos van die
kruising, d.w.s noord van die Carletonville-pad.
Hy het dus die
indruk gehad dat hy eers die bord en dan die kruising sou bereik.
Eers toe hy oor die bult kom en “basies
op die kruising”
was, het hy die strepe op die pad geverf gesien. Op daardie stadium
kon hy vir die eerste keer die aankomende
voertuig sien. Hy het ʼn
botsing probeer vermy maar het in die suidelike helfte van die
Carletonville-pad met die ander motor
gebots. Dit beteken dat die
eiser in die kruising ingery en die noordelike helfte van die
Carletonville-pad oor is sonder om stil
te hou alhoewel hy remme
aangeslaan het toe hy die voertuig vir die eerste keer gesien het.
Die
eiser was seker dat hy op geen stadium voor die botsing die stopteken
op die noordoostelike hoek van die kruising
,
die een aan sy linkerkant van die pad, gesien het nie. Hy het getuig
dat hy nie kon verstaan hoe hy oor die stopstraat kon gery
het nie,
en hy is ʼn paar maande later terug na die toneel om te gaan kyk
wat kon gebeur het. Hy het gesien dat die plaatgedeelte
van die
stopteken nie behoorlik aan die paal vas was nie, dat dit gebuig was
en heen en weer kon beweeg. Die teken was só
gedraai dat dit
wes, in plaas van noord, gekyk het. Daar het op die dag van die
botsing ʼn sterk wind gewaai, en die eiser
het tot die
gevolgtrekking gekom dat die wind die stopteken só gewaai het
dat hy slegs die swart randjie daarvan sou kon
sien. Die eiser het
bevestig dat daar wel ʼn ent voor die kruising ʼn gewone
teken wat ʼn kruispad aandui was. Dit
is gemeensaak dat daardie
teken 324 meter voor die kruising was. Foto’s wat kort voor
die verhoor geneem is, toon dat die
woord “stop” en die
afstand op die padoppervlak geverf is 1000 meter, 500 meter en 200
meter van die kruising af.
Daar was volgens die eiser geen sulke
tekens op die pad nie. Langs die pad is daar volgens die onlangse
foto’s ook gevaartekens
wat aantoon dat die stop onderskeidelik
500 en 200 meter weg is. Daardie tekens was volgens die eiser ook
nie daar nie. Daar
is voorts nou ʼn gevaarteken met die woorde
“high risk area” op wat, dit is gemeensaak, ook nie
destyds daar was
nie.
In
kruisverhoor het dit geblyk dat daar, soos die eiser die kruising
genader het, toenemend aanduidings is dat die kruising nader
kom. Ek
verwys na die groen aanwysingsborde, die aanwysingsbord aan die eiser
se regterkant van die pad, die stopteken vir verkeer
wat van suid na
noord ry en selfs hier en daar blikke op verkeer wat van die weste af
op die Carletonville-pad aankom. Die eiser
het dit toegegee maar
daarop gewys dat ʼn mens se aandag, wanneer jy bestuur nie op al
daardie tekens gevestig is nie: ʼn
bestuurder konsentreer, het hy
gesê, op wat voor hom aangaan en meer in besonder op tekens aan
sy kant van die pad.
Ek
het daarop gewys dat dit uit die foto’s blyk dat die w
oord
“stop” en die afstand nou op verskeie plekke op die teer
geverf is. Dit is gemeensaak dat dit nie destyds daar
was nie. Dit
blyk egter ook uit die onlangse foto’s dat die woord “stop”
op ten minste twee ander plekke op
die teer geverf was, maar dat dit
nou met swart verf doodgeverf is. Die eiser het toegegee dat daardie
geskrif op die pad moontlik
destyds daar kon gewees het.
Die
eiser se prokureur, mnr James Moodie, het getuig dat hy van die
botsing gehoor het en uit sy eie die toneel die dag na die
botsing
besoek het. Hy het foto’s van die toneel geneem. Iets het hom
gepla, en hy is die volgende dag terug na die toneel
toe. Hy het toe
pertinent gesien dat die stopteken half na wes geswaai is. Hy het
ook gesien dat die boute wat die teken self
aan die paal moet vashou
losgekarring is sodat die bord heen en weer kan beweeg. Mnr Moodie
het foto’s daarvan ook geneem
en dit is voor die hof geplaas.
Daar is in getuienis en kruisverhoor gewag gemaak daarvan dat die
boute geroes lyk, dat die gate
groter is as die boute, dat die boute
blinkgeskuur is en so meer. Die kort en die lank van Moodie se
getuienis en die foto’s
is egter dat die stopteken los was,
skeef gestaan het en heen en weer kon beweeg.
ʼn
Paar dae na die botsing het mej. Anne-Mari Smit (nou mev Bergh) vir
mnr Moodie gebel en vir hom vertel van ʼn ervaring
waaroor sy
later getuig het. Mev Bergh het getuig dat sy en ʼn vriendin in
omtrent Februarie 2004 ook met die Welverdiendpad
van noord na suid
na die kruising toe gery het. Mev Bergh het bestuur. Sy wou, net
soos die eiser, links draai op die Carletonville-pad.
Sy het getuig
dat sy daardie dag reg oor die kruising gery het sonder om vooraf te
besef sy is reeds by die kruising. Aan die
suidekant van die
kruising het sy ʼn u-draai gemaak en toe gesien dat die stopteken
na wes gedraai was sodat sy dit nie kon
sien toe sy na die kruising
aangekom het nie.
Mev
Bergh het bevestig dat dit weens die bult voor die kruising
onmoontlik is om die kruising self te sien voor ʼn mens op
hom
is. Sy het verder bevestig dat die aanwysingsborde die indruk skep
dat die kruising verder na suid is as wat dit werklik is.
Sy het
verder getuig dat daar geen padtekens was wat die aankomende
stopstraat aangedui het nie, ook nie die woord “stop”
op
die padoppervlak nie. In kruisverhoor het sy toegegee dat die
kruispad-teken waaroor die eiser getuig het moontlik daar was.
Sy
het na haar ervaring weer met die pad gery en bevestig dat geen een
van die tekens wat die aankomende stopstraat aandui destyds
daar was
nie.
Mnr
PJ Beukes is tans ʼn senior paaiesuperintendent in diens van die
verweerder. Die kruising is in die gebied waarvoor hy

verantwoordelik is. Ten tye van die botsing het hy egter nie in
daardie gebied gewerk nie. Mnr Beukes het getuig dat die gebied

waarin die kruising val wel in 2004 binne die Gautengse
paaie-departement se jurisdiksie geval het. In 2005 het die
Noord-Wes
provinsie die verantwoordelikheid oorgeneem. Dit val tans
weer in Gauteng.
Mnr
Beukes het getuig dat wanneer ʼn kruising gebou word, word die
nodige padtekens opgesit. Na verloop van tyd word die kruising

herevalueer en indien nodig, word verdere tekens opgesit. Vir
doeleindes van die onderhoud van die ongeveer 15 00 padtekens in
die
gebied, wat 1500km paaie behels, is die gebied in twee gedeel. Twee
spanne met 14 werkers elk onder ʼn voorman is vir
die onderskeie
twee dele van die gebied verantwoordelik. Die voorman sowel as sy
span ry daagliks deur die gebied met ʼn aantal
spaar-padtekens.
As hulle een sien waarmee daar fout is, vervang hulle dit of reël
hulle dat dit vervang word. Padtekens
word ook reëlmatig na
verloop van vasgestelde tye vervang of hernu. Elke voorman, het
Beukes getuig, kan sy gebied in sowat
twee weke deurry.
Mnr
Beukes het getuig dat die vervaardigingsdatum van padtekens op die
agterkant daarvan aangebring word. Dit is gemeensaak dat
die “stop
200m”-teken in Maart 2004 vervaardig is en die “stop
500m”-teken in Julie 2004. Daar is egter
geen rekord van
wanneer die tekens opgesit is nie.
Volgens
mnr Beukes is dit die Noord-Wes owerheid wat die woord “stop”
met die afstand op die pad geverf het: Gauteng
gebruik nie daardie
metode nie. Hulle verf slegs die woord “stop” op die pad
en plaas die afstand op ʼn teken
langs die pad. Dit is van
belang om daarop te let dat Gauteng volgens mnr Beukes sulke borde by
500 en 250 meter afstande plaas.
Die waarskuwingsteken met die
woorde “high risk area” is beslis deur Noord-Wes opgesit.
Oor die woord “stop”
wat op die oppervlak was maar
doodgeverf is, kon mnr Beukes geen verdere inligting gee nie.
Mnr
DW Hoffmann was ten tye van die botsing in diens van die Gautengse
owerheid as senior paaiesuperintendent en hy was verantwoordelik
vir
die gebied waarin die kruising val. Hy het mnr Beukes se getuienis
oor die metode wat gevolg word om tekens te inspekteer
en te onderhou
bevestig. Mnr Hoffmann het getuig dat hy self al die paaie in gebied
twee weekliks deurgery het. Hy sou dus die
kruising elke twee weke
besoek het.
Mnr
Hofmann het getuig dat die kruising baie oud is en dat by sulke
kruisings word die stopteken en dan die kruispadteken omtrent
300
meter voor die kruising aangebring. By groter kruisings word die
“stop 500m”-teken en die “stop 250m”-tekens

aangebring en by kleineer kruisings slegs laasgenoemde. Later het
die getuie te kenne gegee dat die 500m-teken by hierdie kruising
was
omdat daar ʼn blinde hoogte is. Dit was egter baie duidelik dat
hy bloot geraai het. Hy het geen rekord gehad van wanneer
watter
tekens opgerig is nie. In elk geval het hy Beukes se getuienis
bevestig dat die “stop 200m”-teken nie deur
Gauteng
gebruik word nie en dat die een wat tans by die kruising is, en wat
in Maart 2004 vervaardig is dus nie deur Gauteng opgesit
is nie.
In
die tyd wat hy daar werksaam was, het mnr Hoffmann geen verslae van
botsings in die kruising ontvang nie, ook nie van die betrokke

botsing nie.
Ook
oor die betrokke stopteken het hulle geen klagtes gekry nie en geen
fout is tydens gereelde inspeksies daarmee gevind nie.
Die getuie
het gesê dat die owerhede probleme ondervind met vandale wat
die borde beskadig en ook met diewe wat die boute
steel of probeer
steel.
Daar
is in die loop van die verhoor heelwat tyd en aandag bestee aan die
toestand van die stopteken self. Dit moet egter in gedagte
gehou
word dat die eiser geweet het dat hy by die kruising moet stop. Vir
hom moes die stopteken dus primêr die funksie
vervul om aan te
dui presies waar hy moet stop, of ander
s
gestel, presies waar die kruising is. Dit is in wese die eiser se
saak dat die verweerder nalatig was omdat daar nie voldoende

aanduidings was presies waar die kruising is nie. Gevolglik meen ek
dat die fokus wyer moet wees as die toestand van die stopteken.
Die
vraag is eintlik watter padtekens daar was om die presiese posisie
van die kruising aan te dui.
Die eiser en mev Bergh
het getuig dat, behalwe vir die gewone kruispadteken en moontlik die
woord stop op die teer, hulle geen sulke
tekens op die toneel gesien
het nie en dat daar geen sulke tekens was nie. Daarteenoor staan die
getuienis van Beukes en Hoffmann
wat nie uit eie waarneming getuig
het nie maar in wese getuig het dat die Gautengse owerheid altyd
sulke tekens aanbring en dat
daar dus sulke tekens op die toneel moes
gewees het.
Dit
is eerstens nodig om te bepaal watter lig die foto’s wat die
toneel soos dit tans is aantoon, op die posisie ten tye van
die
botsing werp. Wat padtekens betref, staan dit vas dat die “stop
200m”-bord en die “high risk area”
bord na die
botsing deur Noord-Wes aangebring is. Dit staan voorts vas dat die
woord “stop” met die afstand op die
teeroppervlak ook na
die botsing deur Noord-Wes aangebring is. Die enigste oorblywende
padteken wat tans daar is, is die “stop
500m”-bord.
Alhoewel hy aanvanklik te kenne gegee het dat, weens die grootte van
die kruising, die Gautengse owerheid slegs
by 250 meter ʼn bord
sou aangebring het, het Hoffmann later te kenne gegee dat daar by 500
meter ook so ʼn bord sou gewees
het vanweë die blinde
hoogte. Daardie getuienis van Hoffmann is klaarblyklik bespiegeling
en ek meen bowendien dat dit klaarblyklik
ʼn nagedagte was. In
die lig daarvan dat Noord-Wes kennelik twee van die borde opgerig
het, die woorde op die pad geverf het
en, indien daar by 250 meter ʼn
bord was, dit verwyder het, meen ek dat aanvaar kan word dat
Noord-Wes al die bestaande borde
en geskrif op die pad aangebring
het. (Ek verwys nie nou na die stopteken self en die kruising-teken
nie want dit was kennelik
daar.) Opgesom meen ek dat daar geen
getuienis is wat objektief toon dat daar destyds tekens langs die pad
was wat die afstand
na die kruising aantoon nie.
Die
vraag is dus of die ooggetuienis van die eiser en mev Bergh bewys dat
daar inderdaad geen sulke borde was nie. Daarteen staan
die
getuienis van Beukes en Hoffmann dat daar sulke borde moes gewees het
omdat Gauteng altyd sulke borde, ten minste die een by
250 meter,
oprig. Ek meen nie dat daar gronde is om die ooggetuienis te
betwyfel nie. Beukes en Hoffmann se getuienis kom daarop
neer dat
daar borde was omdat daar borde behoort te gewees het. Dit is nie
voldoende om die direkte getuienis van die eiser se
getuies af te
kraak nie. Ek voeg daarby die feit dat sowel die eiser as mev Bergh
getuig het dat die kruising skielik opdoem.
Dit is onwaarskynlik dat
albei van hulle herhaalde afstand-borde sou gemis het. Ek moet
byvoeg dat dit nie betoog is dat enige
van die twee getuies nie geglo
moet word nie en dat ek self ook nie meen dat hulle optrede as
getuies gekritiseer kan word nie.
Ek meen nie dat daar
enige twyfel bestaan dat die stopteken los en skeef was nie en ek
meen dat dit waarskynlik na wes gedraai wes.
Dit toon Moodie se
foto’s en sy getuienis onomwonde aan. In die omstandighede kon
die stopteken nie die funksie vervul
om die presiese plek van die
kruising aan te dui nie.
Ek meen dat aanvaar moet
word dat die woord “stop” wat op die pad was en
doodgeverf is, waarskynlik ten tye van die
botsing daar was. Die
eiser het dit trouens toegegee. Dit dui egter nie die afstand na die
kruising aan nie en sou nie help om
aan te toon presies waar die
kruising is nie.
Die inligtingsborde toon
wel in breë trekke die posisie van die kruising aan, maar sowel
die eiser as mev Bergh het getuig
dat hulle eintlik misleidend is.
Opgesom
word dus bevind dat die eiser die kruising genader het terwyl daar by
wyse van padtekens geen aanduiding vir hom was preseis
waar die
kruising is nie. Eers toe hy oor die bult kom teen 100
kph of ʼn bietjie stadiger, kon hy die stopstreep en die woord
stop op die pad by die kruising sien. As reaksietyd in ag geneem

word, was dit waarskynlik toe te laat vir hom om te stop.
Ek
meen dat die getuienis wel toon dat die eiser nalatig was en dat sy
nalatigheid tot die botsing bygedra het. Na my mening moet
die
redelike bestuurder wat weet dat hy ʼn kruising nader en nie weet
presies waar dit is nie, sy spoed sodanig verminder dat
hy vinnig kan
stilhou. In hierdie saak het die eiser bewustelik teen ʼn blinde
hoogte opgery wat hom meer versigtig moes gemaak
het. Ek hou in
gedagte dat mev Bergh dieselfde ervaring as die eiser gehad het, maar
dit is nie voldoende om my tot die gevolgtrekking
te bring dat hy nie
nalatig was nie.
Die
eiser en mev Bergh se getuienis toon dat die kruising besonder
gevaarlik is omdat die aankomende motoris nie kan sien presies
waar
dit is nie. Hulle getuienis word bevestig deur die blote feit dat
die Noord-Wes owerheid dit nodig geag het om van 1000 meter
voor die
kruising af al motoriste van die afstand na die kruising in te lig en
deur daardie owerheid se besluit om die gevaarteken
op te rig wat
motoriste waarsku dat die ʼn hoë risiko omgewing is. Mnr
Hoffmann se mening dat die hoë risiko bord
dalk daarna verwys
dat daar nie drade langs die pad is nie of dat daar grypdiewe by die
kruising is, is na my oordeel niks ander
as bewys daarvan dat hy nie
objektief was nie.
In
die omstandighede meen ek dat die verweerder nie redelikerwys by wyse
van padtekens voorsorg getref het om motoriste, en die
eiser in
besonder, in te lig presies waar die kruising is nie. Ek meen verder
dat die toestand van die stopteken, wat sou kon
bydra om die posisie
van die kruising aan te dui, te wyte is aan die versuim van die
verweerder om redelike onderhoud daarop toe
te pas. As die maatreëls
waaroor Beukes en Hoffmann getuig het behoorlik toegepas is, sou die
verweerder se werknemers sekerlik
tussen Februarie, toe mev Bergh se
voorval plaasgevind het, en die datum van die botsing die toestand
van die stopteken waargeneem
en dit herstel het. Die feit dat dit
nie gebeur het nie toon dat die verweerder se eie maatreëls nie
behoorlik toegepas is
nie.
Dit
volg dat die botsing die gevolg was van die bydraende nalatigheid van
sowel die eiser as die verweerder se werknemers of amptenare.
Die
vraag is wat hulle relatiewe nalatigheid was. Albei partye se
afwyking van die redelikheidsnorm was wesenlik. Wat die verweerder

betref sê ek dit veral in die lig van die omvangryke maatreëls
wat later by die kruising getref is en in die lig van
mev Bergh se
getuienis oor hoe gevaarlik die kruising was. Ek meen nie dat dit
paslik is om meer blaam op die een party as op
die ander te plaas
nie.
Die eiser is dus wesenlik
suksesvol en koste moet die uitslag volg.
Die volgende bevel word
gemaak:
Dit
word verklaar dat die botsing te wyte is 50% aan die eiser se
nalatigheid en 50% aan die nalatigheid van die verweerder se

werknemers en/of sy verteenwoordigers.
Die
verweerder word gelas om die koste van die geding tot dusver te
betaal.
B.R. du Plessis
Judge of the High
Court
Namens die eiser: Thys
Cronjé ingelyf
The Works
258 Brooklyn Road
Menlo Park, Pretoria
Ref: H.
Hertzog/HY/HC0041
Adv: D.J. Venter
Namens die
verweerder: Die Staats Prokereur
Old Mutual Centre,
8th Floor
167 Andries Street
Pretoria
Ref: Mr. S. Botes
Adv: P. Kemp (SC)