About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: North Gauteng High Court, Pretoria
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: North Gauteng High Court, Pretoria
>>
2009
>>
[2009] ZAGPPHC 302
|
|
I v I (55873A/08) [2009] ZAGPPHC 302 (9 April 2009)
SAFLII
Note:
Certain
personal/private details of parties or witnesses have been
redacted from this document in compliance with the law
and
SAFLII
Policy
IN
DIE HOË HOF VAN SUID-AFRIKA
(NOORD
GAUTENG HOË HOF. PRETORIA)
SAAKNR
:
55873A/08
DATUM
:
2009-04-09
NOT
REPORTABLE
NOT
OF INTEREST TO OTHER JUDGES
10
In die saak
tussen
R
I[...]
………………………………………………………
.
Applikant
en
D
I[...]
………………………………………………………
Respondent
U
ITS P R A A K
20
VAN DER
MERWE. R
:
Hierdie is 'n Reel 43 aansoek wat reeds op 'n vorige geleentheid
aangehoor is en uitgestel is met verlof van die partye om verdere
verklarings te liasseer.
Dit het
ongelukkig aanleiding gegee dat hierdie aansoek reeds aangegroei het
tot 112 bladsye wat ongehoord is vir Reel 43 aansoeke.
As dit nie was
dat 'n hof die partye gemagtig het om verdere verklarings te liasseer
nie het ek geweier om hierdie aansoek aan
te hoor en sou ek hom van
die hand gewys het. Dit is egter 'n hof wat die verlof gegee het en
alhoewel ek hoe teensinnig daarteen
mag wees moes ek die
aangeleentheid lees en moet ek daaroor besluit.
Die posisie is
egter dat die helfte van my rol vandag opgemaak is deur sake wat deur
ander howe uitgestel is en wat meebring dat
die omvang van die rol
dubbel is as wat die griffier normaalweg per hof toeken. Dit bring
mee dat tyd ontbreek om volledige redes
te verskaf vir aangeleenthede
soos hierdie. Dit is in 'n mate voordelig omdat ek in
10
hierdie besondere feitestel so min moontlik oor die gedrag van die
partye wil sê as wat vir my toelaatbaar is aangesien
die
aangeleentheid waarskynlik nog op verhoor sal gaan.
Die huidige
posisie is dat die twee seuns wat gebore is uit die huwelik tussen
die partye in 'n.roetine is en dit is dat hulle een
helfte van die
maand by die applikante woon en een helfte van die maand by die
respondent. Dit moet onthou word dat dit twee seuns
is wat gebore is
onderskeidelik op 2[...] en 1[...]. Hulle is nie meer babas nie.
Die
gesinsadvokaat het 'n verslag uitgebring wat ek op hierdie
20
stadium nie kan ondersteun nie. Redes daarvoor gaan ek ook nie nou
gee nie. Behoudens dat die verslag wemel van wanbegrippe oor
wie die
onderskeie partye is word daar aanbeveel dat die kinders nou uit
hulle milieu geneem moet word en in 'n milieu geplaas
word wat vir my
onaanvaarbaar is. Inteendeel die partye het ten spyte van die
aanbeveling van die gesinsadvokaat voortgegaan met
die situasie wat
bestaan het en dit gaan ek in stand hou.
Laat ek eerstens
handel met die onderhoud wat gevra word vir die applikante. Dit is so
dat die bewering gemaak word dat sy vir etlike
jare reeds 'n
verhouding het met haar huidige vriend en dit is gemeensaak dat sy
tot baie onlangs by horn ingewoon het. Dit is
gemeensaak dat hulle
albei verbonde is aan die lugdiens en word die bewering gemaak dat
hulle toesien dat hulle programme sodanig
is dat hulle saam oorsee
kan vertrek om ook daar bymekaarte wees.
10
Wat egter vasstaan is dat daar voldoende gronde is om te weier
om aan die applikante enige
tussentydse onderhoud te gee en ek gaan ook aan haar geen tussentydse
onderhoud toestaan nie.
Insgelyks gaan ek
ook nie aan haar 'n bydrae tot die koste van die hangende
egskeidingsgeding toestaan op hierdie stadium nie. Die
feite mag
verander en dan kan weer daarna gekyk word. Dit gaan vir my oor die
kinders.
Dit is so dat die
respondent volgens die stukke die skoolfonds vir die kinders betaal,
die mediesefonds, buitemuurse aktiwiteite
en ander bydraes maak.
Hierdie bevel wat ek nou gaan maak is gebaseer
20
daarop dat hy voortgaan om die betalings te maak wat hy tot datum
gemaak het. Ek is egter van mening dat daar sekere dag tot
dag
uitgawes is wat die kinders ook benodig wanneer hulle by 'n ander
ouer bly. Ek het met die nagaan van die stukke die indruk
gekry, en
dit is steeds my indruk, dat 'n betaling van R750 per maand per kind
bo en behalwe dit wat hy huidiglik betaal sal voorsien
in die
kontantbehoeftes van die kinders.
Die
gesinsadvokaat moet weer na hierdie aangeleentheid kyk. Ek stem ook
saam met beide advokate dat weens die omvang wat die stukke
reeds
bereik het dit onsinnig sal wees om hulle in 'n posisie te plaas dat
hulle in terme van Reel 43(6) veranderde omstandighede
moet kom
aantoon. Dit sou wenslik wees om, nadat die verslag uitgekom het, de
novo met 'n aansoek te kom wat op pertinente relevante
feite gebaseer
kan word. Ek is verder ook van mening dat die
10 bepalings van
Reel 43(7) en 43(8), soos die advokate versoek het, nie toepaslik is
nie.
Ek
maak op hierdie stadium dus geen verdere bevel oor die primêre
plek van verblyf van" die kinders nie of oor die kontak
met
hulle nie. Die huidige toedrag van sake sal bly voortbestaan soos
bekend aan die partye.
Die respondent
word gelas om onderhoud vir die twee minderjarige kinders te betaal
in die bedrag van R750 per maand per kind, welke
betaling moet
plaasvind voor of op 7 Mei hierdie jaar en daarna voor of op die 7de
van elke maand daarna.
20Ek
gelas dat die bepalings van Reel 43(7) en 43(8) nie van
toepassing is nie.
Koste van hierdie
aansoek sal koste in die geding wees.