Van Heerden NNO v De Wet NNO en Andere (56054/08) [2009] ZAGPPHC 20 (3 April 2009)

48 Reportability
Trusts and Estates

Brief Summary

Trusts — Ownership dispute — Bezuidenhout Trust claiming ownership of property following unauthorized transfer — Property originally purchased and registered in the name of the Bezuidenhout Trust in 1990 — Second Bezuidenhout Trust, established in 1995, sold the property without the knowledge of the original trustees — Legal issue concerning the validity of the 2008 transfer and bond registration — Court held that the Bezuidenhout Trust remains the rightful owner of the property, declaring the 2008 transfer and bond null and void.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: North Gauteng High Court, Pretoria
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: North Gauteng High Court, Pretoria
>>
2009
>>
[2009] ZAGPPHC 20
|

|

Van Heerden NNO v De Wet NNO en Andere (56054/08) [2009] ZAGPPHC 20 (3 April 2009)

IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
NOORD GAUTENG, PRETORIA
Datum
van verhoor : 31 Maart 2009
NIE
RAPPORTEERBAAR
DATUM
GELEWER: 3/4/2009
Saaknommer:
56054/08
In die saak tussen:
NOLA VAN HEERDEN
N.O
Eerste Applikant
HENNING
BEZUIDENHOUT
N.O Tweede Applikant
LARA
BEZUIDENHOUT N.O Derde Applikant
HERMANUS
LINTVELT KLOPPER N.O Vierde Applikant
e
n
CHRISTIAAN
FREDERIK DE WET
N.O Eerste Respondent
JEFFREY SIPHIWE
HLATSHWAYO
N.O Tweede Respondent
MARTHA MARIA DIENER Derde
Respondent
KEVIN GARTH EVANS Vierde
Respondent
PETRUS STEFANUS BEKKER
Vyfde Respondent
ERASMUS ROETS PROKUREURS
Sesde Respondent
ABSA BANK BEPERK Sewende
Respondent
DIE REGISTRATEUR VAN AKTES,
PRETORIA Agtste Respondent
DIE MEESTER VAN DIE HOOGGEREGSHOF
Negende Respondent
UITSPRAAK
LOUW R
[1] Die
eerste
tot vierde applikante is die trustees van die Bezuidenhout Trust (IT
1238/89). Soos blyk uit die registrasienommer, ‘n

registrasienommer toegeken deur die Meester van die Hooggeregshof,
die negende respondent, is hierdie trust opgerig in 1989. Daar
sal
verder na hierdie trust in die uitspraak verwys word as “die
Bezuidenhout Trust”
[2] Gedur
ende
1990 het die Bezuidenhout Trust ‘n gedeelte van die plaas
Rietfontein 485 geleë in Noordwes Provinsie aangekoop
vir ‘n
koopprys van R 50 000,00. Daar sal voorts hierna verwys word as
“die eiendom”. Die eiendom is kontant
aangekoop dit wil
sê sonder finansiering deur ‘n bank of enige ander
instelling en geen verband is oor die eiendom
geregistreer nie. Die
eiendom is op 23 Maart 1990 aan die Bezuidenhout Trust getransporteer
kragtens transportakte T 18888/90.
[3] In 1995 is ‘n
tweede Bezuidenhout trust met registrasienommer IT 3948/95 opgerig.
Hierdie “tweede Bezuidenhout
Trust” is in 2006
gesekwestreer en die eerste en tweede respondente is deur die negende
respondent aangestel as die kurators
van die gesekwestreerde trust.
Dit blyk uit ‘n aanstellingsbrief van die negende respondent
gedateer 28 Julie 2007 waarin
die registrasienommer vir sekwestrasie
doeleindes T 709/06 aan die tweede Bezuidenhout Trust in sekwestrasie
toegeken is.
[4] Hierdie dispuut
spruit
daaruit dat die eerste en tweede respondente toe die eiendom aan die
derde respondent verkoop het, welke respondent dit weer op
haar beurt
aan die vierde en vyfde respondente verkoop het. Die vierde en vyfde
respondente het finansiering by die sewende respondent,
ABSA BANK
BEPERK, verkry in terme van ‘n verband ooreenkoms gedateer 9
November 2007. As versekering vir hierdie lening
is ‘n
verbandakte B 8552/08 deur vierde en vyfde respondente ten gunste van
ABSA geregistreer. Laasgemelde twee dokumente
is by die sewende
respondent (hierna verwys as “ABSA”) se beantwoordende
eedsverklaring hierin aangeheg.
[5]
Die
sesde respondent as prokureurs het toegesien tot die registrasie van
die 2008 Transportakte en verband, dit wil sê die
oordrag van
die eiendom aan die vierde en vyfde respondente asook die registrasie
van die verband ten gunste van ABSA.
[6] Hierdie
handelinge het plaa
sgevind
sonder die medewete van die applikante, dit wil sê die
Bezuidenhout Trust se eiendom is oorgedra en met ‘n verband

beswaar sonder dat hulle enige kennis hoegenaamd daarvan gedra het.
In die funderende eedsverklaring word dit gestel dat so iets
moontlik
was in die kantoor van die agtste respondent aangesien die praktyk
nie was dat die registrasienommer van ‘n Trust
op die aktes
aangetoon word nie. Hierdie praktyk is sedertien verander.
[7] Die doel van
hierdie aansoek is dus om te verklaar dat die Bezuidenhout Trust die
eienaar is van die eiendom asoo
k
om die 2008 Transportakte en Verbandakte nietig te verklaar. Hierdie
regshulp word volledig uiteengesit in bedes 1 en 2, met
verskeie
subparagrawe, van die kennisgewing van mosie.
[8] Vir huidige
doeleindes is bede 3 van belang naamlik dat die applikante vra dat
die eerste en tweede respondente die koste
de
bonis propriis
moet
betaal op ‘n spesiale kosteskaal. Verder word in bede 3 gevra
vir koste teen enige ander respondent wat die aansoek
mag opponeer.
[9] ABSA het op 12
Desember 2008 ‘n kennisgewing van voorneme om te opponeer
afgelewer en die eerste en tweede respondente
het dit ook gedoen op
15 Desember 2008. Dit het tot gevolg gehad dat hierdie aansoek by
wyse van kennisgewing verwyder is van
die onbestrede rol waar dit
geplaas was vir aanhoring op 20 Januarie 2009.
[10] Dit is egter
slegs ABSA wat ‘n aanwoordende eedsverklaring op die applikante
se aansoek afgelewer het. Dit is op die
applikante se prokureurs
beteken op 18 Februarie 2009. Op daardie stadium was hierdie aansoek
reeds, volgens aanwysi
ngs
van die Adjunk Regter President, geplaas vir aanhoring in die
spesiale mosiehof, dit wil sê die derde hof, vir aanhoring
op
31 Maart 2009.
[11] Wat die eerste
en tweede respondente betref is dit so dat hulle nie geantwoord het
nie maar by wyse van ‘n kennisgewing
op 9 Maart 2009 hul
opponering teen die aansoek teruggetrek het. By die aanhoor van die
aansoek is ek meegedeel dat ‘n skikking
tussen die applikante
en die eerste en tweede respondente bereik is wat insluit dat hierdie
respondente die koste van die aansoek
betaal tot in met die datum van
terugtrekking, dit wil sê 9 Maart 2009. Die enigste relevansie
daarvan vir huidige doeleindes
is dat indien ‘n kostebevel teen
ABSA gemaak word, soos applikante versoek, dit gesamentlik en
afsonderlik moet wees met
die verpligting van die eerste en tweede
respondente om kostes te betaal. By die aanhoring hiervan het die
argument voor my uitsluitlik
gegaan oor die applikante se aandrang
dat ABSA, omdat ABSA die aansoek geopponeer het, gelas moet word om
die koste van die aansoek
te betaal.
[12] Alvorens ek
met die applikante se koste
– argument handel is dit ook nodig om te vermeld dat daar,
alhoewel vierde en vyfde respondente nie verskyning aangeteken
het
nie, ‘n advokaat namens hulle verskyn het om ‘n skikking
te notuleer wat tussen hierdie respondente en ABSA bereik
is. Mnr. J
Vorster het namens die vierde en vyfde respondente verskyn en Mnr.
Meyer namens ABSA. Hulle het die skikkingsooreenkoms
gedateer 31
Maart 2009 bevestig en dit is by wyse van ooreenkoms ‘n bevel
van die hof gemaak en gemerk “X”.
Hierdie skikking
handel met ABSA se teenaansoek, waarmee ek aanstons sal handel, en sê
in die aanhef van die skikking dat
die partye begerig is om die
teenaansoek te skik. Die skikking notuleer dan dat die vierde en
vyfde respondente die bedrag van
R 826 214, 43 aan ABSA sal betaal op
sekere terme. Die skikking notuleer dan voorts dat die vierde en
vyfde respondente ook “costs
to be paid upon taxation”
sal betaal. In die konteks van die skikking kan dit slegs verwys na
die koste van die teenaansoek.
[13] ABSA se
teenaansoek is dat indien die applikante suksesvol is in hulle
aansoek, moet die derde, vierde, vyfde en sesde respondente

alternatiewelik die vierde en vyfde re
spondente
die bedrag van R 802 801,75 aan ABSA betaal. Volgens ‘n
sertifikaat van balans, aangeheg by ABSA se eedsverklaring
as
aanhangsel “X3”, verteenwoordig dit die uitstaande
verbandskuld op daardie stadium.
[14] Die kennis van
die teenaansoek is eers afgelewer op 10 Februarie 2009 sonder enige
stawende eedsverklaring. Daarna is dieselfde
kennisgewing van
teenaansoek weer op 18 Februarie 2009 op applikante beteken gestaaf
met ‘n eedsverklaring van Theresa Bosch.
Ek sal hieronder in
meer detail na die eedsverklaring van Bosch verwys.
[15]
Op
die eedsverklaring van Bosch het die applikante ‘n repliek
afgelewer op 26 Februarie 2009. Verder het die sesde respondent
vir
die doeleindes van die teenaansoek ook daarop geantwoord. Die geskil
tussen die sesde respondent en ABSA is bygelê en
die hof het
dit genotuleer sonder om enige bevel in die verband te maak.
[16] Ek handel
vervolgens
met
die argument dat ABSA die koste van die aansoek moet betaal aangesien
ABSA geopponeer het. Mnr. Du Preez het namens applikante
vir die
koste van die aansoek geargumenteer, alternatiewelik dat, op die
slegste vir die applikante, die koste veroorsaak deur
ABSA se
opponering betaal moet word. Mnr. Meyer het ABSA by die verhoor
verteenwoordig.
[17] Die applikante
het
‘n baie volledige funderende eedsverklaring beteken. Die
kennisgewing van mosie tesame met die funderende eedsverklaring

beloop ongeveer 80 bladsye terwyl die bewerings daarin uitvoeriglik
gestaaf word deur ‘n verdere ongeveer 200 bladsye dokumentasie.

Op hierdie stukke alleen is dit klaarblyklik dat daar geen antwoord
is of kan wees op die applikante se saak nie. Sonder om alle
detail
te vermeld noem ek slegs die volgende:
(1) Die Bezuidenhout Trust besit die
eiendom in terme van ‘n 1990 Transportakte. Dit is dus
onmoontlik dat die tweede Bezuidenhout
Trust, wat eers in 1995
opgerig is, die eiendom so kon verkry.
(2) Dit blyk uit
paragraaf 42 van die funderende eedsverklaring dat die eerste, tweede
en derde applikante op die eiendom woon.
Toe ‘n waardeerder,
Mnr. Muller, in 2005 by die eiendom opgedaag het om dit te waardeer
vir die doeleindes van die sekwestrasie
van die tweede Bezuidenhout
Trust, is hy ondubbelsinnig deur hierdie applikante meegedeel dat
hulle geen kennis dra van ene Kestell
Bezuidenhout wat ‘n
trustee van die tweede Bezuidenhout Trust is nie. Mnr. Muller het
dit inderdaad in sy waardasieverslag
gedateer 12 April 2005 vermeld.
Hierdie waardasieverslag vorm deel van die sekwestrasie –
aansoek van die tweede Bezuidenhout
Trust. Hierdie aansoek se stukke
is aangeheg by die funderende eedsverklaring hierin
(3) Kestell en
Benita Bezuidenhout, trustees van die tweede Bezuidenhout Trust het
ter opponering van die aansoek onder eed vermeld
dat daardie Trust op
geen stadium die eiendom besit het nie. Dit is per brief aan die
applikante in die sekwestrasie aansoek gekommunikeer
en ook
persoonlik aan hierdie applikante se prokureur, Mnr.
Röntgen,
gekommunikeer op die stadium wat die aansoekstukke op hulle beteken
is te die Paleis van Justisie, Pretoria
(4) Die applikante is en was te alle
relevante tye in besit van die Transportakte T 18888/90
[18] In die lig van
die uitvoerige getuienis van die applikante was ABSA se re
aksie,
om die minste te sê, ambivalent. ABSA se argument was dat ABSA
nie aanspreeklik moet wees vir enige koste van die
applikante nie
aangesien, alhoewel ABSA die aansoek opponeer het, dit inderwaarheid
nie ‘n opposisie teen die applikante
se saak was nie maar slegs
‘n optrede van ABSA ter beskeming van sy belange teen veral die
vierde en vyfde respondente.
[19] Ter stawing
van sy argument het Mnr. Meyer veral na die volgende paragrawe van
Bosch se eedsverklaring verwys:

1.3. I am
duly authorised to depose to this affidavit and to oppose the
Applicants’ application, albeit to a limited degree,
in that
the 7
th
Respondent has an interest in the outcome of this application in that
a mortgage bond had been registered against the property
in favour of
the 7
th
Respondent
and a substantial amount of money is owing to the 7
th
Respondent
in respect thereof.”

5.1. In the
event of the Applicants being successful and the above Honourable
Court grants an Order as prayed for by the Applicants,
then and in
that event the 7
th
Respondent will suffer severe prejudice in that the 4
th
and 5
th
Respondents
are placed in a position where they are unable to comply with the
terms of the agreement concluded namely to ensure
that a bond is
registered as against the property as security for the repayment of
the amounts owing by them to the 7
th
Respondent.”

8. For the
aforesaid reasons, the 7th Respondent prays that should the above
Honourable Court grant an Order in favour of the Applicants,
the
above Honourable Court simultaneously grants an Order in terms of the
Notice of Counter Application to which this affadavit
is annexed.”
[20] Op geen stadium is daar egter ’n
erkenning van die applikante se regte nie. Bosch gaan dan voort en
stel dan die volgende
in par 7.2 van haar eedsverklaring:

The
Applicants lose sight thereof that the 7
th
Respondent, at all times, acted
bona
fide
and in the normal course of business without any negligence on its
part, in granting finance to the 4
th
and
5
th
Respondents.”
Wat die relevansie van hierdie
stelling ten opsigte van die applikante se saak is verstaan ek nie.
[21] Voorts beweer
ABSA dat ABSA inderdaad mislei is deur die derde, vierde, vyfde en
sesde respondente en dit vorm dan die basis
van ABSA se teenaansoek.
Die antwoordende eedsverklaring ten opsigte van die applikante se
eedsverklaring het terselfdertyd die
basis gevorm van ABSA se
teenaansoek teen gemelde respondente.
[22] Daar is voorts
namens ABSA betoog dat die kennisgewing van mosie nie voorsiening
maak daarvoor dat teen kansellasie
van
ABSA se verband die verbandskuld aan ABSA betaal moet word nie.
Hierdie stelling word ook in par 2.3 van Bosch se verklaring
gemaak.
In betoog het Mnr. Meyer namens ABSA egter tereg toegegee dat dit nie
nodig was dat die kennisgewing van mosie, in die
omstandighede van
hierdie geval, daarvoor voorsiening moes maak nie. Die regshulp wat
ABSA benodig kon natuurlik in enige aparte
verrigtinge teen gemelde
respondente gevorder gewees het of by wyse van die teenaansoek soos
ABSA wel gedoen het. Ek sê
laasgemelde sonder om te bevind dat
die prosedure wat ABSA gevolg het vir die teensoek noodwendig korrek
is aangesien ABSA ‘n
sogenaamde kort kennisgewing van mosie
gevolg het ten einde die teenaansoek in te stel en onder andere nie
aan reël 6(7)(b)
voldoen het nie. Ek laat my egter nie hieroor
uit nie aangesien dit nie voor my argumenteer is nie en aangesien
ABSA met gemelde
respondente geskik het, en hierdie speel dus geen
rol in my bevinding hieronder nie.
[23] Dit was egter
in ABSA se belang om sy sekuriteit oor die eiendom dit wil sê B
8552/08 te bes
kerm
en die applikante het, na my mening, korrek verstaan dat ABSA nie
applikante se saak toegee nie. Dit is so alhoewel ABSA nie
pertinent
enige feitebewerings in geskil geplaas het nie. Die applikante het
dit nodig gevind om ‘n repliek aftelewer.
Daarbenewens was die
applikante genoodsaak om, soos per aanwysing van die Adjunk Regter
President aan die begin van Maart, volledige
skriftelike betoog af te
lewer waarin veral met die reg aangaande die tipe regshulp wat
versoek is, gehandel is.
[24] Volgens applikante het dit die
eerste keer duidelik geword dat ABSA nie applikante se regshulp
opponeer nie toe ABSA se skriftelike
betoog op of ongeveer 11 Maart
2009 afgelewer is. Dit is gemene saak, soos ek ook tydens betoog
uitgeklaar het, dat daar nie enige
ander vorm van erkenning van die
meriete van die applikante se saak was by wyse van kommunikasie
tussen die onderskeie regsverteenwoordigers
nie.
[25] Toe ABSA se
hoofde geliasseer is, is die meeste koste ter voorbereiding vir ‘n
geopponeerde aansoek reeds aangegaan
en kon die applikante en ABSA
nie tot ‘n ooreenkoms kom oor die koste van die aansoek nie.
Gevolglik is dit die enigste
aspek wat daartoe gelei het dat hierdie
saak
steeds
as ‘n bestrede aansoek argumenteer moes word.
[26] Mnr. du Preez
het namens die applikante geargumenteer dat dit steeds vir ABSA oop
was om in argument enige beswaar wat regtens
mag bestaan teen
die
toestaan van die regshulp, te opper. Mnr. Meyer het hierop
geantwoord deur te sê dat daar geen kennisgewing van regspunte

deur ABSA geopper is ingevolge reël 6(5)(d)(iii) nie. Hierdie
argument gaan nie op nie aangesien gemelde reël slegs
van
toepassing is indien ‘n respondent
slegs
‘n regspunt wil opper. Dit wil sê sonder om ‘n
eedsverklaring aftelewer. Verder is dit geykte reg dat ‘n

eedsverklaring nie regsargumente hoef uiteen te sit nie maar slegs
die relevante feitebewerings moet maak of ontken op grond waarvan

enige argument gevoer kan word.
[27] By die
uitoefening van ‘n hof se diskresie aangaande ‘n
kostebevel speel billikheidsoorwegings ‘n oorheersende
rol.
ABSA moes by die nagaan van die applikante se aansoek tot die
konklusie gekom het dat die applikante ‘n onbeantwoordbare
saak
het en ABSA moes dit ondubbelsinnig aan applikante gekommunikeer het.
Soos reeds hierbo vermeld is hierdie getuienis vervat
in ongeveer
300 bladsye se stukke. Hierdie is die optrede wat van ‘n
verantwoordelike finansiële instelling in die omstandighede

verwag word. Deurdat ABSA dit nie gedoen het nie was die applikante
redelikerwys onder die indruk dat die aansoek opponeer word
en moes
op daardie basis voorberei vir die verhoor.
[28]
Wat
die substantiewe regshulp betref wat in bedes 1 en 2 versoek is het
Mnr Meyer ook tydens betoog bevestig dat daar regtens geen
beswaar
teen die toestaan daarvan kan wees nie. Hierdie aansoek is ook op
die Registrateur van Aktes en Die Meester van die Hooggeregshof

beteken en daar was geen kommentaar van hulle kant tot die teendeel
nie.
[29] Wat die koste van die aansoek
betref meen ek nie dit is billik dat ABSA gelas word om al die koste
te betaal nie maar slegs
die koste veroorsaak deur ABSA se opponering
van die aansoek.
Ek maak dus die volgende bevel:

n Bevel
in terme van Bede
1 (insluitende subparagrawe 1.1 – 1.8.3 daarvan) en Bede 2
(insluitende paragrawe 2.1 – 2.5 daarvan) van die kennisgewing

van mosie.
Die sewende respondent word gelas
om die koste veroorsaak deur die sewende respondent se opponering
van die aansoek te betaal.
Die koste
bevel
in 2 hierbo is gesamentlik en afsonderlik met enige koste deur die
eerste en tweede respondente betaal te word.
____________________
A.A LOUW
REGTER VAN DIE HOOGGEREGSHOF