S v Tlaka (A277/09) [2009] ZAGPPHC 247 (31 March 2009)

40 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Theft — Accused charged with burglary and theft — Accused pleads not guilty but admits possession and sale of stolen items — Court finds accused guilty and imposes suspended sentence — Issue regarding the validity of the firearm prohibition order due to incorrect application of legislation — Court corrects the order to reflect the appropriate legislation.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: North Gauteng High Court, Pretoria
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: North Gauteng High Court, Pretoria
>>
2009
>>
[2009] ZAGPPHC 247
|

|

S v Tlaka (A277/09) [2009] ZAGPPHC 247 (31 March 2009)

IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(GAUTENG
NOORD, PRETORIA)
NOT
REPORTABLE
DATUM
: 31/3/2009
Landdros:
BELFAST
Saak
Nr.: M136/2008
Hooggeregshof
Nr. : 118/2009
DATUM:31/03/2009
CASE
NO:A277/09
IN
DIE SAAK TUSSEN
Die
STAAT
Teen
JAMES
JIMMY TLAKA
HERSIENINGS
UITSPRAAK
R.
D. CLAASSEN, R
In
hierdie saak is die beskuldigde daarvan aangekla dat hy op of omtrent
die 21 ste September 2008 te Machadodorp, in die distrik
van Belfast,
by die woning van die klaer, mnr Lucas Malibe, ingebreek het en die
volgende items wat aan die klaer behoort het of
dat die klaer in
regmatige besit van die items was, daar gesteel het, te wete - een
wit verwarmer, drie Sony luidspreukers, een
swart en gruis asblik,
een wit afstandbeheerder, een Sony musieksentrum, ses bruin gordyne,
vier wit gordyne, twee groen en wit
gordyne, twee groen handdoeke en
een elektriese ketel.
Die
beskuldigde was onverteenwoordig en het onskuldig gepleit en die
volgende pleitverduideliking gegee : “Ek kry van die
eiendom by
die klaer om te verkoop en ek het dit wel verkoop. Die probleem is ek
kom nie terug met die geld nie.”
Na
verdere ondervraging het die hof toe, met die toestemming van die
beskulkdigde, as formele erkening aanvaar en genotuleer dat
die
beskuldigde erken dat hy gedurende September 2008 in besit was van
twee verwarmers, ‘n musieksentrum met die luidsprekers
en
afstandbeheerder, ‘n asblik en gordyne en dat die beskuldigde
die items verkoop het, welke items die eiendom of in regmatige
besit
van die klaer was.
Nadat
die Staat sy saak gesluit het het die beskuldigde geweier om self te
getuig of enige getuies te roep en het die beskuldigde
sy saak
gesluit. Die beskuldigde is toe tereg skuldig bevind en gevonnis tot


Drie (03) jaar
gevangenisstraf opgeskort vir ‘n periode van vyf (5) jaar op
voorwaarde dat die beskuldigde nie skuldigbevind
word aan huisbraak
met die opset om enige misdryf onbekend aan die Staat te pleeg of
diefstal te pleeg of poging tot enige van
die misdrywe te pleeg
tydens die opskortingstermyn nie ”
Die
beskuldigde is toe ook onbevoeg verklaar om ‘n vuurwapen vir ‘n
periode van tien (10) jaar te besit. By nadere ondersoek
blyk dit dat
die agbare landdros die beskuldigde in terme van die Wysigingswet op
Beheer van Vuurwapens, 2006 (Wet No. 28 van 2006)
onbevoeg verklaar
het.
Toe
hierdie problem op navraag aan die agbare landdros genoem is, het hy
beaam dat dit nie korrek is nie aangesien die Wysigingswet
op Beheer
van Vuurwapens, 2006 (Wet No. 28 van 2006) nog nie ten tyde van die
onbevoegverklaring in werking getree het nie (en
steeds nie in
werking getree het nie).
Die
korrekte bevel in terme van die huidige Wet, die Wysigingswet op
Beheer van Vuurwapens, Wet No. 43 van 2003, is eenvoudig dat
die
beskuldigde onbevoeg verklaar word om ‘n vuurwapen te besit.
Die
volgende bevel word dus geraaak :
1. Die skuldigbevinding word
bekragtig.
2. Die vonnis word bekragtig.
3. Die verklaring dat die
beskuldigde onbevoeg verklaar word om ‘n vuurwapen vir ‘n
periode van tien (10) jaar te besit,
word tersyde gestel en vervang
met die volgende — “Die beskuldigde word onbevoeg
verklaar om ‘n vuurwapen te
besit”.
R.D.
CLAASSEN
REGTER
VAN DIE HOOGGEREGSHOF
EK
STEM SAAM.
D.A.
BASSON
REGTER
VAN DIE HOOGGEREGSHOF