About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2010
>>
[2010] ZANCHC 4
|
|
Saamwerk Soutwerke (Edms) Bpk v Minister: Mineraal en Energiesake and Anders (292/2007) [2010] ZANCHC 4 (29 January 2010)
Verslagwaardig:
Sirkuleer
Aan Regters:
Sirkuleer
aan Streeklandroste
Sirkuleer
Aan Landdroste:
JA
/ NEE
JA
/ NEE
JA
/ NEE
JA
/ NEE
IN
DIE NOORD-KAAPSE HOÃ HOF, KIMBERLEY
Saakno: /
Case number:
292
/ 2007
Datum
verhoor: / Date heard:
22
/ 09 / 2009
Datum
gelewer: / Date delivered:
29
/ 01 / 2010
In
die saak tussen:
SAAMWERK
SOUTWERKE (EDMS) BPK
Applikant
en
MINISTER:
MINERAAL- EN ENERGIESAKE
Eerste
Respondent
DIREKTEUR-GENERAAL:
MINERAAL- EN
ENERGIESAKE
Tweede
Respondent
DISTRIKSBESTUURDER:
MINERAAL- EN
ENERGIESAKE
Derde
Respondent
SA
SOUTWERKE (EDMS) BPK
Vierde
Respondent
Coram:
Lacock, R
REDES VIR BEVEL EN
UITSPRAAK OP KOSTE
Lacock,
R
Op 10 Desember 2009
het ek die volgende bevele in hierdie aangeleentheid verleen:-
â
WORD GELAS:
DAT die tussentydse aansoek wat
op 25 September 2009 voor die Regter-President gedien het, wat
uitgestel is en weer geplaas is vir
10 Desember 2009, sine die
uitgestel word. Die koste van die aansoek staan oor vir latere
beregting.
Die Hoof-aansoek
DAT verklaar word dat die
applikant geregtig is daarop dat ân mynreg vir die myn van sout op
die plaas bekend as:
Gedeelte 146 van
Gedeelte 58 (Vrysoutpan) van die plaas Kalahari-Wes nr 251, geleë in
die Administratiewe Distrik Gordonia, gehou
deur die Republiek van
Suid-Afrika kragtens Sertifikaat van Geregtistreerde Title nr 980/73
Groot: 855,9773
hektaar aan applikant uitgereik word. (âdie plaasâ);
DAT verklaar word
dat applikant se omgewingsbestuursprogram deur eerste respondent
goedgekeur is alternatiewelik dat derde respondent
gelas word om dit
goed te keur,
alternatiewelik
dat indien hy sou versuim om dit te doen binne 7 dae vanaf datum van
die bevel wat die hof in die verband mag verleen, dat die
applikant
geregtig is om ingevolge die mynreg te myn asof die
omgewingesbestuursprogram deur eerste respondent goedgekeur is
ingevolge
artikel 39(4) van die Wet;
DAT verklaar word
dat die mynpermit nr MP169/2004 wat voorgee uitgereik te wees aan
vierde respondent ingevolge Artikel 9(1) gelees
met Artikel 9(3)(d)
van die Mineraalwet 50 van 1991, nietig is.
5.
DAT verklaar word dat die
vierde respondent nie geregtig is om vir sout te myn op die plaas
nie.
DAT vierde respondent gebied
word om onmiddellik alle mynbedrywighede op die plaas te staak.
DAT vierde respondent gebied
word om binne 30 dae na verlening van hierdie bevel, die plaas te
verlaat.
DAT vierde respondent verbied
word om op ân direkte of indirekte wyse die applikant te
verhinder om okkupasie te neem van die
plaas of sy okkupasie en/of
mynbedrywighede aldaar uit te oefen na verstryking van die periode
in paragraaf 5.3 hierbo.
Die vierde Respondent se
Teenaansoek
6. DAT die vierde respondent se
versuim om hierdie teenaansoek te bring tesame met sy opponering van
die hoofaansoek, gekondoneer
word.
7. DAT die tydperk van 180 dae
vermeld in Artikel 7(1) van die Promotion of Administrative Justice
Act, Wet 3 van 2000, verleng word
tot 30 Oktober 2009.
8. Dat die vierde respondent
vrygestel word van die verpligting om te voldoen aan die bepalings
van Hofreël 35(1)(b) en dat enige
nie-nakoming van die hofreëls met
betrekking tot hersieningsaansoeke gekondoneer word.
Bedes 3 en 4 van die Teenaansoek
word afgewys.
Koste
DAT die uitspraak
op koste voorbehou word.
â
Ten tye
van die verlening van die bevel het ek aangedui dat my redes vir die
bevele soos verleen later sou volg. Hieronder volg my
redes asook my
uitspraak op koste.
Op 13 Julie 2005 het
die Applikant ingevolge die voorskrifte van Artikel 22 van die
Mineral and Petroleum Resources Development
Act, Nr. 28 van 2002
(die Wet) by die Derde Respondent, die Streekbestuurder van die
Noord-Kaapstreek van die Departement Mineraal-
en Energiesake (die
streekbestuurder), aansoek gedoen vir ân mynreg om vir sout te myn
op die eiendom bekend as Gedeelte 146
van Gedeelte 58 (Vrysoutpan)
van die plaas Kalahari-Wes nr. 251, geleë in die Gordonia Distrik,
groot 855,9773 hektare (die eiendom).
Op 27 September 2006 is
die Applikant skriftelik as volg deur die Adjunk-Direkteur Generaal:
Mynregulering in kennis gestel:-
â
1.
I
refer to the above mentioned matter and confirm that your application
for a mining right on the above mentioned property has been
granted
in terms of the section 23(1) of the Mineral and Petroleum
Development Resources Act, 2002 (Act 28 of).
A copy of the
proposed mining right to be signed is attached hereto for your
information (Annexure C)
Take note that the
Regional Manager will sign the relevant environmental plan and the
right on or before 22
nd
November 2006. In terms of section 23(5) the granted mining right
becomes effective upon the signing of the environmental management
plan. In terms of section 25(2) mining activities must commence
within one year from the effective date (21
st
November 2007).
Please note that this right has
been granted on the following conditions:
To
submit a revised social and labour plan (you can contact our Ms
Faith Mazabane)
In the light of the afore-going
you are requested to:
Ensure that all outstanding
matters regarding your application are finalised and that relevant
documents are submitted to this
office at least one week before the
abovementioned date; and
Make arrangements for the
authorised representative(s) of your company to attend the approval
of the above mentioned documents.
Note that failure
to comply may result in the suspension or cancellation of the
right.
â
Ten tye van die
ondertekening van hierdie skrywe was die streekbestuurder reeds in
besit van die omgewingsbestuursplan waarna in paragraaf
2 van die
skrywe verwys word.
Op 15 Desember 2006 het
die Applikant ân hersiene sosiale en arbeidsplan (âsocial and
labour planâ) en soos vereis in paragraaf
3 van die skrywe van 27
September 2006, by die streeksbestuurder ingedien.
Nieteenstaande
die nakoming van die vereistes soos gestel in die voormelde skrywe
van 27 September 2006 het die Eerste tot Derde
Respondente versuim
om die omgewingsbestuursplan aldus deur die Applikant ingedien of
die mynreg op 22 November 2006 te onderteken,
is dit steeds nie
onderteken nie, en doen die Applikant nou, onder andere, aansoek vir
die volgende regshulp:-
â
1. Dat verklaar
word dat applikant geregtig is daarop dat ân mynreg vir die myn van
sout op die plaas bekend as:
Gedeelte 146 van Gedeelte 58
(Vrysoutpan) van die plaas Kalahari-Wes nr 251, geleë in die
Administratiewe Distrik Gordonia, gehou
deur die Republiek van
Suid-Afrika kragtens Sertifikaat van Geregistreerde Titel nr 980/73
Groot: 855,9773 hektaar
aan applikant uitgereik word.
(âdie plaasâ)
2. Dat verklaar word dat
applikant se omgewingsbestuursprogram deur eerste respondent
goedgekeur is alternatiewelik dat derde respondent
gelas word om dit
goed te keur, alternatiewelik dat indien hy sou versuim om dit te
doen binne 7 dae vanaf datum van die bevel wat
die hof in die verband
mag verleen, dat die applikant geregtig is om ingevolge die mynreg te
myn asof die omgewingsbestuursprogram
deur eerste respondent
goedgekeur is ingevolge artikel 39(4) van die Wet.
3. Dat die eerste
respondent gelas word om self of deur middel van sy gevolmagtigde te
verskyn voor ân behoorlik toegelate notaris
en om die mynreg
waarvan ân afskrif aangeheg is as bylaag âCâ tot die funderende
beëdigde verklaring te onderteken voor sodanige
notaris, terwyl
applikant se verteenwoordiger ook teenwoordig is.
4. Dat indien die
respondente waarna verwys word in smeekbedes 3 sou versuim om te
handel soos daarin vervat binne sewe dae vanaf
datum van hierdie
bevel, die Griffier van hierdie Hof gemagtig en gelas word om dit
namens sodanige Respondent te doen.
â
Namens
die eerste drie respondente (die Departement) het die destydse
streeksbestuurder, ene mnr. Mndaweni, ân opponerende
eedsverklaring
geliasseer. Hoewel in hierdie eedsverklaring
sydelings verwys word na enkele statutêre voorskrifte wat die
applikant sou versuim
het om na te kom, is dit gemeensaak dat die
wese van die versuim deur die streeksbestuurder om die
omgewingsbestuursplan en die
mynreg te onderteken en uit te reik,
daarin geleë is dat mnr. Mndaweni beweer dat die aansoek vir ân
mynreg deur die applikant
verkeerdelik en weens ân
bona
fide
fout aan die kant van sy kantoor, goedgekeur is. In hierdie verband
verklaar mnr. Mndaweni as volg:-
â
13. I, however,
wish to state that in accepting the Applicantâs afore referred to
application, I erroneously overlooked the fact
that there was, at
that time, an existing holder of a mining permit for the same mineral
and land and that, in view thereof, the
acceptance in terms of
section 22(2) was incompetent, under the MPRDA. The mining permit
holder concerned is the Fourth Respondent.
My decision to accept the
application referred to above was, in the circumstances, not
authorised by the terms of the MPRDA.
14. The reason for the above
error is that the system that was in use within the DME at the time
did not reflect, as it had not captured
as yet, the old order rights.
This led to the officials in my region, when checking for any
existing mining rights in respect of
the farm, not being able to pick
those up. I respectfully submit that that led to the bona fide error
being committed, firstly,
in the form of the acceptance of the
application and, secondly, in the form of the granting of the mining
right as well as the in-principle-approval
of the EMP.
15. The old order right at issue
in these proceedings was issued in terms of the old Mining Act which
was repealed on 30 April 2004,
with the coming into effect of the
MPRDA, on 1 May 2004.
16. The Record of Decision upon
which the above acceptance and subsequent decision were made, was
based on the National Mining Promotion
System (the system), same
being a computer system in which is entered the co-ordinates and all
the information regarding existing
on the farm to establish its exact
status regarding the existence or otherwise of permits.
17. The system at
the time stated that there was no existing mining right relating to
the farm.
That
data had not been captured in the system at the time.
18. It is clear from the terms of
Annexure âAB6â to the Fourth Respondentâs answering affidavit
that the First Respondent âapprovedâ
the Fourth Respondentâs
application for a mining authorisation for a five-year period, on 15
January 2003, in respect of the same
land and mineral. Annexure
âAB8â thereto, has annexed to it a mining permit issued in favour
of the Fourth Respondent, on 28
April 2004.
19. In terms
of section 1 of Schedule 2 of the MPRDA, provision is made for
certain transitional arrangements. In terms thereof,
an old order
mineral right is defined to include a mining authorisation in force
immediately before the date on which the MPRDA took
effect and in
respect of which mining operations are being conducted. The MPRDA
took effect on 1 May 2004. Accordingly, the Fourth
Respondents
mining authorisation having taken effect prior to the coming into
effect of the MPRDA, same constitutes an old order
right and as such,
was to continue in force for a period not exceeding five (5) years
from 28 April 2004, in terms of the provisions
of section 7 of
Schedule 2 to the MPRDA.
20. The above having been said,
it follows, in my submission that, at the time of the acceptance of
the Applicantâs application
in terms of section 22 of the MPRDA,
the Fourth Respondent was the holder of a mining right in respect of
the same mineral and land.
Accordingly, in my submission, the
acceptance of the Applicantâs application, as stated above, was
legally incompetent, regard
being had, inter alia, to the provisions
of section 22(2)(b) of the MPRDA. That decision, as stated above,
was actuated by a bona
fide error.
21. It
follows, furthermore, in my respectful submission, that the
subsequent procedural steps as stipulated in Annexure âAâ to
the
founding affidavit, namely, the granting of the mining right in terms
of the provisions of section 23(1) of the MPRDA and the
purported
approval of the EMP were, similarly, legally incompetent and fall,
respectfully, to be set aside by this Honourable Court.
These were
also a result of the bona fide error referred to above.
â
Die Vierde Respondent,
synde die beweerde houer van die ou orde mynreg waarna mnr. Mndaweni
hierbo verwys, steun hierdie siening
van die Departement en beweer
dat hy die houer is van ân mynpermit nr. MP169/2004 aan hom
uitgereik op 28 April 2004 en wat geldig
sou wees vir ân periode
van 5 jaar vanaf datum van uitreiking. Dit is gemeensaak dat die
oorspronklike van hierdie permit wat
in besit van die Vierde
Respondent is, nie ân vervaldatum bevat nie. Die Vierde
Respondent steun egter op korrespondensie van
die Departement waarin
voorgehou is dat die permit vir ân periode van 5 jaar goedgekeur
is.
Die
Applikant beweer egter dat die permit nr. MP169/2004 waarop die
Vierde Respondent steun, ân vervalsing is en dat dit nooit
regsgeldig deur die Departement aan die Vierde Respondent uitgereik
was nie. Die Applikant beweer verder dat die enigste mynpermit
wat
aan die Vierde Respondent uitgereik was om vir sout op die eiendom
te myn, ân permit met nr. MP169/2003 was en wat ân vervaldatum
van 27 April 2005 bevat. Trouens, ene mnr. Mfetoane, en wat ten tye
van die uitreik van die mynpermit aan die Vierde Respondent
die
Adjunk-Direkteur: Mineraalwetgewing in die Kimberley kantoor van die
Departement was en die pligte van die Derde Respondent
uitgevoer
het, het bevestig, met verwysing na verskeie registers en
dokumentasie in die kantoor van die Departement, dat die enigste
permit wat regsgeldig aan die Vierde Respondent uitgereik was,
permit nr. M169/2003 was. Hierdie permit is deur homself uitgereik.
Na aanleiding van die
voorgaande vorder die Applikant die volgende verdere regshulp,
naamlik:-
â
5. Dat verklaar
word dat die mynpermit nr MP169/2004 wat voorgee uitgereik te wees
aan Vier Respondent ingevolge Artikel 9(1) gelees
met Artikel 9(3)(d)
van die Mineraalwet 50 van 1991, vervals is en gevolglik nietig is,
alternatiewelik
nie van krag was onmiddellik voor 1 Mei 2004 nie
alternatiewelik
verval het.
6.
Dat verklaar word dat Vierde
Respondent nie geregtig is om vir sout te myn op die plaas nie;
Dat Vierde Respondent gebied
word om onmiddellik alle mynbedrywighede op die plaas te staak;
Dat Vierde Respondent gebied
word om binne 48 uur na verlening van hierdie bevel, die plaas te
verlaat;
Dat Vierde
Respondent verbied word om op ân direkte of indirekte wyse die
Applikant te verhinder om okkupasie te neem van die
plaas of sy
okkupasie en/of mynbedrywighede aldaar uit te oefen.
â
Die
beweringe van mnr. Mfetoane is later ontken deur van sy opvolgers in
titel sonder dat sodanige ontkennings behoorlik of selfs
enigsins
gestaaf is óf deur ander dokumentasie óf andersins. As gevolg van
die veeltal feitelike dispute wat ontstaan het rondom
die vraag
naamlik watter permit is regsgeldig aan die Vierde Respondent
uitgereik en wanneer dit sou verval het, het ek op 5 Junie
2009 die
volgende geskilpunte vir verhoor verwys, naamlik:-
1.1 Of enige regsgeldige
magtiging om vir sout te myn op Gedeelte 146 & 148 van Gedeelte
58 (Vrysoutpan) van die plaas Kalahari-Wes
Nr. 251, Administratiewe
Distrik Gordonia (âdie eiendomâ), kragtens ân permit of
permitte soortgelyk aan die afskrifte geheg
as Bylaes âEâ (p.
76), âAB8â (p. 154), âAâ (p. 439) of âBâ (p.441) tot die
aansoekstukke, of soos uiteengesit in
die verklaring van Mnr P F
Swart gedateer 1 Junie 2009 aan die Vierde Respondent uitgereik is
deur die Eerste, Tweede of Derde Respondente.
Indien die antwoord op die
voorgaande bevestigend is, wat die geldigheidsduur van sodanige
magtiging was.
Of die Vierde
Respondent enige regsgeldige magtiging gehad het om vir sout te myn
op die eiendom op die stadium waarop die Eerste,
Tweede en Derde
Respondente die aansoek van die Applikant vir die myn van sout
aanvaar het kragtens die voorskrifte van Artikel
22(2) van Wet 28
van 2002 op
5
September 2005
.
â
(Die bylaes waarna
verwys word in paragraaf 1.1. verwys na óf permit no. MP169/2003 óf
permit no. MP169/2004.)
Die
verhoor vir die beregting van die voormelde geskilpunte het in
aanvang geneem op 12 Oktober 2009 en geduur tot 16 Oktober 2009.
Aan die einde van die verhoor, en nadat ân groot aantal getuies
namens al die partye getuig het en letterlik honderde dokumente
voor
my geplaas en na verwys is, het al die respondente toegegee en
aanvaar dat:-
mynpermit no.
MP169/2004 nie regsgeldig deur die Departement uitgereik was nie;
die
enigste mynpermit wat (in soverre toepaslik op hierdie saak) deur
die Departement aan die Vierde Respondent uitgereik permit
nr.
MP169/2004 was;
die geldigheidsduur
van die permit no. MP169/2003 verstryk het op 27 April 2005; en
die Vierde Respondent
nie enige regsgeldige magtiging gehad het om vir sout op die
eiendom te myn op die datum waarop die Derde
Respondent die
tersaaklike aansoek van die Applikant aanvaar het op 5 September
2005 nie.
Voor die
aanvang van die verhoor, het die Eerste Drie Respondente hul
opponering van die aansoek teruggetrek en toegestem tot die
verlening van die regshulp soos deur die Applikant versoek. By die
aanvang van die verhoor is hierdie Respondente met toestemming
van
die ander partye egter toegelaat om toe te tree tot die verrigtinge
ten einde getuienis vir die gerief van die Hof en die beslegting
van
die geskilpunte aan te bied. Daar draai egter niks om hierdie
handelinge nie.
Adv. Van Niekerk het
dan ook, tereg so na my mening, toegegee dat, indien die teenaansoek
(en waarmee ek hieronder handel) nie sou
slaag nie, die applikant,
op een voorbehoud na, geregtig sou wees op die regshulp soos versoek
in die hoofaansoek.
Die âvoorbehoudâ
waarna adv. Van Niekerk verwys en sy argument daaraangaande kan as
volg saamgevat word:
In paragraaf 3 van die
kennisgewing van mosie versoek die applikant dat
â
die eerste
respondent gelas word om self of deur middel van sy gevolgmagtigde te
verskyn voor ân behoorlik toegelate notaris en
om die mynreg
waarvan ân afskrif aangeheg is as bylaag â
C
â
tot die funderende beëdigde verklaring te onderteken voor sodanige
notaris, terwyl applikant se verteenwoordiger ook teenwoordig
is
.
â
Bylaag
âCâ waarna hierin verwys word, bevat geen verwysing na die
geldigheidsduur van die beoogde mynreg nie. Slegs die Minister
of sy
gedelegeerde (die Tweede Respondent) is bevoeg om die terme en
voorwaardes van ân mynreg te bepaal (artikel 23 van die Wet).
Aangesien hierdie essensiële voorwaarde in gemelde bylaag âCâ
ontbreek, is die terme en voorwaardes van die mynreg nog nie
volledig
bepaal nie, en is die applikant nie geregtig op die regshulp soos
versoek in bedes 1 tot 4 van die kennisgewing van mosie
nie.
11.2 My
eerste probleem met hierdie argument is dat die vierde respondent se
locus
standi
om dit te opper afhanklik is van die sukses van sy teenaansoek.
Aangesien die teenaansoek myns insiens nie kan slaag nie, was dit
ook
die einde van die vierde respondent se
locus
standi
in die hoof aansoek. Daarteenoor het die Departement nie verder die
verlening van die regshulp opponeer nie.
11.3 In die tweede plek
blyk dit uit die skrywe waarkragtens bylae âCâ aan die applikant
versend was, dat die tersaaklike dokument
ân afskrif van die
âproposed mining rightâ was en dus nie bedoel was om die finale
dokument te wees nie. Daar word ook na
hierdie dokument hierin
verwys as ân âdraft rightâ wat bedoel was vir die applikant se
âinformation and verificationâ.
Wat
onteenseglik duidelik is uit hierdie skrywe en âdraft rightâ,
is dat ân mynreg in beginsel deur die Departement aan
die
applikant verleen is, en dat hy geregtig is op die finalisering van
die proses waarkragtens ân mynreg vir die myn van sout
op die
eiendom aan hom uitgereik word. Die termyn van die reg kan steeds
vasgestel word deur die Minister of sy gemagtigde.
Vervolgens was ek van
mening dat die applikant geregtig is op die regshulp soos versoek
in bede 1 van die kennisgewing van mosie.
Mnr. Tredoux namens die
applikant het dan ook toegegee dat bedes 3 en 4 van die
kennisgewing van mosie oorbodig sou wees, en
is dit nie toegestaan
nie.
Dit bring my by die
teenaansoek van die vierde respondent, en wat eers geliasseer was na
afloop van die verhoor. In sy teenaansoek
vorder die vierde
respondent die volgende substantiewe regshulp:-
â
1. Dat die
vierde respondent se versuim om hierdie aansoek te bring tesame met
sy opponering van die hoofaansoek, gekondoneer word.
2. Dat die tydperk van 180 dae
vermeld in Artikel 7(1) van die Promotion of Administrative Justice
Act, Wet 3 van 2000, verleng word
tot 30 Oktober 2009.
3. Dat dit verklaar word dat die
vierde respondent se aansoek om ân ontginningsmagtiging, in terme
van Artikel 9(1) van Wet 50 van
1991, om sout te myn op Gedeelte 146
en Gedeelte 148 van Gedeelte 58 (Vrysoutpan) van die plaas
Kalahari-Wes Nr 251, sedert 1 Mei
2004 geag moet word ân hangende
aansoek te wees vir ân mynreg in terme van Artikel 22 van Wet 28
van 2002, en deurgaans sedert
daardie datium tot op hede aldus
hangend geag moet word.
4. Dat die besluit
van die eerste respondent soos genotuleer in Aanhangsel âAâ tot
die applikant se funderende verklaring, naamlik
om ân mynreg vir
die applikant goed te keur op Gedeelte 146 van Gedeelte 58
(Vrysoutpan) van die plaas Kalahari Wes Nr 251, hersien
en tersyde
gestel word.
â
Aangesien geeneen van
die ander partye beswaar gehad het teen die verlening van die
regshulp versoek in paragrawe 1 en 2 in die
vorige paragraaf
aangehaal nie, is daardie regshulp toegestaan.
Die vierde respondent
grond die aansoek vir die verlening van die regshulp versoek in
bedes 3 en 4 van die teenaansoek, op die volgende
beweringe vervat
in die stawende eedsverklaring:-
â
28.
Ek word nou geadviseer en doen
respekvol aan die hand dat dit uit die getuienis voor die Hof
duidelik is dat:
Die destydse waarnemende
Streekdirekteur van die Departement van Minerale en Energie, Mnr.
Mfetoane, ân volmag van die tweede
respondent gekry het om ân
kontrak te sluit in terme van die bepalings van Artikel 9(2) van
Wet 50 van 1991 (hierin na verwys
as Artikel 9(2)) vir ân tydperk
van 5 jaar (of dan ten minste vir 2 jaar as gevolg gegee word aan
die ooglopende fout in klousule
2 van die konsep van daardie
ooreenkoms);
hierdie volmag die enigste bron
van magtiging vir die Streekdirekteur was met betrekking tot die
aangaan van sodanige ooreenkoms;
die
Streekdirekteur gevolglik nie gemagtig was om ân kontrak te sluit
op ander terme as die voormelde nie;
die
Streekdirekteur, waaras hy wel eensydiglik gepoog het om ân
kontrak te sluit op ander terme as dié gemagtig, buite sy
bevoegdhede opgetree het en daar gevolglik geen kontrak tot stand
gekom het nie;
waaras die Artikel 9(2)-kontrak
bedoel was om die toestemming in terme van Artikel 9(2) daar te
stel, daar eweneens geen regsgeldige
toestemming was nie;
aangesien daar geen regsgeldige
toestemming uit hoofde van Artikel 9(2) was nie, terwyl dit ân
noodsaaklike voorvereiste is
vir die regsgeldige verlening van ân
ontginningsmagtiging, daar derhalwe geen regsgeldige mynpermit
verleen is nie;
aangesien daar geen regsgeldige
mynpermit verleen is na aanleiding van die vierde respondent se
aansoek in terme van Artikel 9
nie, en die aansoek ook nie afgekeur
is nie, en dit deurgaans tot op hede die geval is, die aansoek
beskou moet word as ân
hangende aansoek vir ân mynreg in terme
van Artikel 22 van Wet 28 van 2002 â sien Item 3 van Bylae 3 tot
gemelde Wet;
die applikant se aansoek vir ân
mynreg nie oorweeg kon word nie, as gevolg van die bepalings van
Artikel 9 van Wet 28 van 2002,
totdat die vierde respondent se
aansoek afgekeur is nie, aangesien die vierde respondent se aansoek
reeds op 1 Mei 2004, lank
voor die ontvangs van die applikant se
aansoek, as ân hangende aansoek beskou moes word;
die applikant
gevolglik nie geregtig was op ân mynreg nie en die eerste
respondent nie by magte was om sodanige aansoek goed
te keur
alvorens die vierde respondent se hangende aansoek afgekeur is
nie.
â
Na my mening is daar
geen meriete in die teenaansoek nie, en wel op grond van wat
hieronder volg.
Eerstens.
Dit is gemeensaak dat die aansoek van die vierde respondent vir ân
magtiging om vir sout te myn op die eiendom kragtens
die toepaslike
voorskrifte van die (nou herroepe) Mineraalwet, nr. 50 van 1991
ontvang, goedgekeur en toegestaan is. Selfs al
sou gesê kon word
dat die destydse streekdirekteur
ultra
vires
die magtiging uitgereik het, word daardie handeling geag regsgevolge
te hê en bly dit regsgeldiglik voortbestaan totdat dit deur
ân
Hof ter syde gestel word. Sien
Oudekraal
Estates (Pty) Ltd v City of Cape Town and Others
2004
(6) SA 222
te 241 G tot 242 C:-
â
For those
reasons it is clear, in our view, that the Administratorâs
permission was unlawful and invalid at the outset. Whether
he
thereafter also exceeded his powers in granting extensions for the
lodgement of the general plan thus takes the matter no further.
But
the question that arises is what consequences follow from the
conclusion that the Administrator acted unlawfully. Is the
permission
that was granted by the Administrator simply to be
disregarded as if it had never existed? In other words, was the Cape
Metropolitan
Council entitled to disregard the Administratorâs
approval and all its consequences merely because it believed that
they were invalid
provided that its belief was correct? In our view,
it was not. Until the Administratorâs approval (and thus also the
consequences
of the approval) is set aside by a court in proceedings
for judicial review it exists in fact and it has legal consequences
that
cannot simply be overlooked. The proper functioning of a modern
State would be considerably compromised if all administrative acts
could be given effect to or ignored depending upon the view the
subject takes of the validity of the act in question. No doubt it
is
for this reason that our law has always recognised that even an
unlawful administrative act is capable of producing legally valid
consequences for so long as the unlawful act is not set aside.
â
Daar is
geen aansoek voor my vir die tersydestelling van die besluit en/of
handeling van die streekbestuurder om die tersaaklike permit
uit te
reik soos wat hy gedoen het nie. Daarsonder sal die regshulp versoek
in bede 3 van die teenaansoek nie verleen kan word nie.
Adv.
Van Niekerk se betoog naamlik dat hierdie handeling van die
streekdirekteur resorteer onder wat in
Oudekraal
(supra)
na verwys word as ân âcollatoral challenge to the validity of
the administrative actâ, is na my mening sonder enige substansie.
Afgesien daarvan dat die beweerde ongemagtigde (feitelike)
handeling van die streekdirekteur, naamlik die uitreik van die
tersaaklike permit, geldige regsgevolge tot gevolg gehad het,
naamlik die regsgeldige myn van sout op die eiendom deur die vierde
respondent vir die geldigheidsduur van die permit, was hierdie
handeling nie een waarkragtens die vierde respondent deur ân
owerheidsinstansie verplig was om iets te doen of nie te doen nie,
en kon dit nie (en was dit ook nie) deur die vierde respondent
ignoreer (word) weens ân dreigement van owerheidsweë tot
afdwinging van die verbod nie. Sien
Oudekraal
(supra)
te
244 B tot 248 A.
Tweedens.
Selfs al sou gesê kan word dat die regshulp versoek in bede 3 van
die aansoek ân implisiete bede bevat vir die tersydestelling
van
die besluit van die streekdirekteur om die magtiging uit te reik,
blyk dit dat die regsgevolge van daardie handeling reeds
uitgeloop
het: die geldigheidsduur van die permit het reeds verval. Maar
indien tog gesê kan word dat daardie besluit van die
streekdirekteur ter syde gestel kan word, sou dit myns insiens ook
reggestel moes word tot die effek dat hy gelas moes word om
die
geldigheidsperiode daarvan te wysig van een jaar na vyf jaar. So
gesien sou die geldigheidsduur van die permit gestrek het
vanaf 28
April 2004 tot 27 April 2009; in welke geval die geldigheidsduur
van die permit ook sou uitgeloop het voordat die teenaansoek
op 23
Oktober 2009 geliasseer is. Die hersiening en regstelling van die
besluit van die streekdirekteur sal dus nou bloot van
akademiese
belang wees.
Namens
die vierde respondent kan moontlik geargumenteer word dat die
hersiening en regstelling van hierdie besluit nie bloot van
akademiese belang sal wees nie, daar hy voor 27 April 2009 kragtens
die voorskrifte van Artikel 7 van die Tweede Skedule tot
die Wet
aansoek gedoen het vir die omskepping van sy âou ordeâ permit
na ân permit onder die Wet. Dit sou dan aangevoer
kon word dat,
indien die besluit van die streeksbestuurder hersien en reggestel
word, hy sy omskeppingsaansoek gedoen het voordat
die
geldigheidsduur van sy permit verval het.
Hierdie
sodanige argument word egter deur die vierde respondent self
afgeskiet daar hy in bede 3 van die teenaansoek versoek dat
sy
aanvanklike aansoek steeds as ân hangende, dit wil sê
onafgehandelde aansoek, geag moet word. Daar kan tog nie aansoek
gedoen word vir die omskepping van ân permit wat geag moet word
nog nooit uitgereik te gewees het nie.
Adv. Van
Niekerk betoog egter dat die hersiening en tersydestelling van die
handelinge van die streekdirekteur, naamlik die uitreik
van die
permit, nie bloot van akademiese waarde sal wees nie. In hierdie
verband argumenteer hy as volg:-
Die tweede respondent,
as gedelegeerde van die Minister, het die destydse streekdirekteur
gemagtig om namens hom ân toestemming
soos bedoel in Artikel 9(2)
van die Mineraalwet van 1991, te onderteken; die terme en
voorwaardes van die toestemming was toe reeds
deur die tweede
respondent bepaal; voordat die streekdirekteur egter die 9(2)
toestemming onderteken het, gaan verander hy sonder
dat hy daartoe
gemagtig of bevoeg was, die terme daarvan soos deur die tweede
respondent vasgestel, en teken hy ân âtoestemmingâ
wat nie deur
die tweede respondent verleen was nie; gevolglik is geen 9(2)
toestemming aan die vierde respondent verleen soos vereis
kragtens
Artikel 9(1) van die Mineraalwet nie; kon die mynreg dus nie
ingevolge hierdie wet aan die vierde respondent uitgereik
gewees het
nie; was die aansoek van die vierde respondent gevolglik steeds ân
hangende aansoek, op die stadium waarop die applikant
sy aansoek vir
ân mynreg by die derde respondent ingedien het; en kon die
Departement nie die aansoek van die applikant oorweeg
het alvorens
die hangende aansoek van die vierde respondent nie afgehandel was
nie. Artikels 9(1) en (2) van die (nou herroepe)
Mineraalwet van
1991 het as volg gelees:-
â
9. Order
of processing of applications.
(1) If
a Regional Manager receives more than one application for a
prospecting right, a mining right or a mining permit,
as the case may
be, in respect of the same mineral and land, applications received
onâ
(
a
) the
same day must be regarded as having been received at the same time
and must be dealt with in accordance with
subsection
(2)
;
(
b
) different
dates must be dealt with in order of receipt.
(2) When
the Minister considers applications received on the same date he or
she must give preference to applications
from historically
disadvantaged persons.
â
Selfs al sou die
tersaaklike handelinge van die streekdirekteur en die permit wat aan
die vierde respondent uitgereik was bloot
ter syde gestel kon word
sonder dat dit reggestel word ooreenkomstig die 9(2) toestemming
soos verleen deur die tweede respondent,
sal die uitoefening van my
diskresie soos versoek deur die vierde respondent myns insiens
regtens onverantwoordbaar wees op grond
van die volgende oorwegings.
Die
permit wat die vierde respondent nou versoek ter syde gestel moet
word, is reeds so lank terug soos April 2004 uitgereik.
In soverre
die vierde respondent nou aanvoer dat die tweede respondent bedoel
en bepaal het dat hy vir ân periode van vyf
jaar op die eiendom
kon myn, het daardie tydperk in iedere geval reeds verstryk voordat
die teenaansoek geloods was. Dit is
gemeensaak dat die vierde
respondent sedert die uitreik van die permit op die eiendom gemyn
het vir ân periode van meer as
vyf jaar sedert die datum van
uitreiking daarvan. Die vierde respondent het gevolglik reeds meer
as die volle voordeel geniet
as wat hy sou geniet het indien die
permit vir vyf jaar uitgereik sou gewees het.
Om nou
die vierde respondent terug te plaas in die posisie waarin dit was
voordat die permit in April 2004 uitgereik was, sal
daarop neerkom
dat die Hof nie alleen die vierde respondent toelaat om die
toekenning van die mynreg aan die applikant te kelder
nie, maar ook
die wederregtelike myn van sout op die eiendom sedert April 2005
(dit wil sê nadat die geldigheidsduur van die
permit verval het)
te kondoneer. Sodanige optrede deur hierdie Hof sal myns insiens
uiters onbillik wees teenoor die applikant
wat te alle tye binne sy
regte gehandel het, en sal ook nie bevorderlik wees vir regverdige
en gesonde regspleging nie.
Die
vierde respondent het tot en met die loods van die teenaansoek op
23 Oktober 2009, gesteun op die permit nr. MP169/2004 as
synde sy
owerheidsmagtiging om op die eiendom te myn. Hy is minstens sedert
die loods van die hoof aansoek in Maart 2007 daarvan
bewus dat
hierdie permit onder verdenking was. Trouens, in dieselfde skrywe
vanaf die derde respondent waarkragtens sy permit
aan hom gestuur
was in Mei 2004 is verwys na permit nr. 169/2003. Ook in latere
korrespondensie was daar verwys na die 2003
permit, en tydens
samesprekinge gedurende 2006 gevoer in die kantore van die derde
respondent was die geldigheid van die 2004
permit pertinent ter
sprake. Ten spyte hiervan, en ten spyte daarvan dat geen rekord of
ander aanduiding in die leêrs van die
Departement bestaan dat die
2004 permit regsgeldig deur die Departement uitgereik was nie,
volhard die vierde respondent in sy
houding dat daardie permit
regsgeldig aan hom uitgereik was, en wag hy tot ná die verhoor in
Oktober 2009 alvorens die teenaansoek
geloods word. Indien die
vierde respondent, soos die applikant, behoorlike navraag gedoen en
ondersoek ingestel het, sou hy
op ân baie vroeër stadium
vasgestel het dat die 2004 permit nietig was en sou hy van meet af
die teenaansoek geloods het.
Hierdie ongeërgdheid aan die kant
van die vierde respondent is onverskoonbaar.
Dit is
gemeensaak dat die 2004 permit nie alleen nietig is nie, maar ook
dat dit vervals was (die eerste bladsy daarvan). Dit
is nie bewys
wie verantwoordelik was vir die vervalsing nie. Nietemin het
hierdie vervalste permit in die hande van die vierde
respondent
beland. Ek vind dit onwaarskynlik dat niemand in die diens of
bestuur van die vierde respondent nie geweet het dat
die permit
vervals was nie. Eweneens vind ek dit onwaarskynlik dat geeneen in
die diens of bestuur van die vierde respondent
nie besef het dat
daar ân vraagteken gehang het oor die geldigheid of egtheid van
die 2004 permit nie, gesien die verwysing
in die korrespondensie
van die Departement na die 2003 permit, en die afwesigheid van ân
vervaldatum op die 2004 permit.
Vervolgens was ek nie
bereid om, in soverre ek sou kon, binne my diskresie die tersaaklike
handelinge van die derde respondent te
hersien en ter syde te stel
nie, en het ek die regshulp soos versoek in bedes 3 en 4 van die
teenaansoek onder andere op grond
hiervan van die hand gewys.
Wat
koste aanbetref het Adv. Van Niekerk gevra dat, indien die hoof
aansoek slaag, en die teenaansoek afgewys word, ek sal gelas
dat die
eerste drie respondente die koste van die applikant en die vierde
respondent moet betaal. Sy motivering hiervoor is naamlik
dat die
eerste drie respondente verantwoordelik is vir die verwarring en
onsekerhede wat die onderskeie aansoeke genoodsaak het.
Mnr.
Coetzee, namens die eerste drie respondente, gee toe dat hierdie
respondente verantwoordelik was vir die noodsaak van die
hoof
aansoek geloods deur die applikant, maar betoog dat daar geen
regverdiging is vir die versoek dat hierdie respondente ook
die
koste van die vierde respondent moet betaal nie. In iedere geval,
so betoog Adv. Coetzee, behoort die eerste drie respondente
slegs
verantwoordelik gehou te word tesame met die vierde respondent vir
die kostes van die applikant in die hoof aansoek tot en
met 22
September 2009 synde die dag waarop die eerste drie respondente hul
opponering van die hoof aansoek teruggetrek het. Daarna
behoort die
vierde respondent alleen aanspreeklik gehou te word vir die koste
van die applikant. Wat die teenaansoek aanbetref,
wys Adv. Coetzee
daarop dat die eerste drie respondente nie hierdie aansoek opponeer
het nie en dat daar geen regverdiging is vir
ân kostebevel teen
hulle nie.
Na my
mening behoort adv. Coetzee gelyk gegee te word. Dat die
teenstrydige en dikwels ongegronde verklarings afgelê deur of
namens die Departement grootliks bygedra het tot die wending wat
die hoof aansoek geneem het, kan nie betwis word nie. Daarteenoor
egter het niks die vierde respondent verhinder om self behoorlik
ondersoek in te stel na die ware toedrag van sake nie, en was
hy
myns insiens nie geregverdig om bloot op die rug van die
departementele amptenare te ry nie. Dit dien ook vermeld te word
dat nie bewys is dat enige amptenaar bedrog gepleeg het of die 2004
permit vervals het nie.
Wat die
hoof aansoek betref, is ek dus van mening dat die respondente
gesamentlik en afsonderlik aanspreeklik gestel moet word
vir die
koste van die applikant tot en met 22 September 2009. Daarna
behoort die vierde respondent alleen aanspreeklik te wees
vir die
koste van die applikant.
Ek meen nie dat die
aansoek ân bestraffende kostebevel regverdig nie.
Wat die teenaansoek
betref, is daar myns insiens geen rede waarom die koste nie die
resultaat behoort te volg nie. Vir dieselfde
redes hierbo genoem
is daar geen rede waarom die eerste drie respondente
verantwoordelik gehou kan word vir die koste van óf
die vierde
respondent óf die applikant nie.
Mnr.
Tredoux het versoek dat die kwalifiserende koste van die applikant
se handskrifdeskundige, mnr. J.F. Hattingh toegelaat sal
word. Ek
meen hierdie versoek is gegrond.
Vervolgens
word, benewens die bevel reeds hierin verleen, as volg gelas:-
PARAGRAAF 10 VAN DIE
BEVEL WORD DEURGEHAAL EN VERVANG MET DIE VOLGENDE:
DIE RESPONDENTE
WORD GELAS OM GESAMENTLIK EN AFSONDERLIK â DIE EEN BETAAL DIE
ANDER KWYTGESKELD TE WORD â DIE APPLIKANT SE
KOSTE VAN DIE
AANSOEK, EN WAT INSLUIT DIE KWALIFISERENDE KOSTE VAN MNR. J.F.
HATTINGH, TOT EN MET 22 SEPTEMBER 2009 TE BETAAL.
DIE VIERDE
RESPONDENT WORD GELAS OM DIE APPLIKANT SE VERDERE KOSTE VAN DIE
AANSOEK VANAF 23 SEPTEMBER 2009 TE BETAAL, EN WELKE
KOSTE DIE
KWALIFISERENDE KOSTE VAN MNR. J.F. HATTINGH VANAF 23 SEPTEMBER 2009
INSLUIT.
DIE VIERDE
RESPONDENT WORD GELAS OM DIE APPLIKANT SE KOSTE VIR DIE OPPONERING
VAN DIE TEENAANSOEK TE BETAAL.
_____________
Lacock,
R
REGTER
Namens
Applikant:
Adv.
Tredoux i.o.v Haarhoffs Ing.
Namens
1e tot 3e Resp:
Adv.
Coetzee i.o.v. die Staatsprokureur
Namens
4de Respondent:
Adv.
J.G. van Niekerk SC i.o.v Duncan & Rothman