About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2010
>>
[2010] ZAFSHC 145
|
|
Welman v Gouws and Another (32183/2008) [2010] ZAFSHC 145 (18 November 2010)
VRYSTAAT
HOë HOF, BLOEMFONTEIN
REPUBLIEK
VAN SUID-AFRIKA
Appél nr. :
A8/2010
Saak
nr.: 32183/2008
In
die appél tussen:
ANTON FRANCOIS
WELMAN
….............................................
Appellant
en
FRANCOIS RAYMOND
GOUWS
…..............................
1ste Respondent
HENRI
ANDREW BOTHA
…..........................................
2de
Respondent
AANGEHOOR
OP:
11 OKTOBER 2010
_____________________________________________________
CORAM:
JORDAAN, R & MURRAY, Wnd R
UITSPRAAK
DEUR:
MURRAY, Wnd R
_____________________________________________________
DATUM VAN
UITSPRAAK:
18 NOVEMBER 2010
Die Appellant appélleer
teen die geheel van die uitspraak en vonnis van Landdros
A M van
der Walt
op 19 November 2009 toe die Appellant se aansoek om
kondonasie en tersydestelling van ‘n verstekvonnis van die
hand gewys
is.
Die Appellant het
naamlik op 16 Oktober 2009 in die hof
a quo
in terme van
Landdroshofreël 49(1) aansoek gedoen vir die tersydestelling
van ‘n vonnis wat by verstek teen hom verleen
is op 31 Maart
2009 en het in dieselfde aansoek kondonasie versoek vir die laat
liassering van die gemelde aansoek.
Hoewel die aansoek
geopponeer is, het die Appellant nie ‘n repliserende beëdigde
verklaring geliasseer nie.
Die aansoek om
kondonasie is van die hand gewys en die Landdros het op 10 Desember
2009 haar redes verskaf. Op 23 Desember 2009
is ‘n aansoek om
verlof tot appél geliasseer.
Die Appélrekord
is egter om verskeie redes eers op 21 Junie 2010 geliasseer tesame
met ‘n kondonasie-aansoek vir
die laat-liassering daarvan.
Laasgenoemde aansoek is nie deur die Respondente geopponeer nie, en
is voor aanhoring van die Appél
toegestaan.
Die agtergrond tot die
afwysing van die Appellant se kondonasie-aansoek in die Hof
a quo
en die gevolglike appél is as volg:
Die Appellant en die
Respondente het op 12 Februarie 2007 ‘n skriftelike
koopkontrak gesluit ingevolge waarvan die Appellant
die Respondente
se ledebelang en leningsrekening in Milnex 454 Bk gekoop het.
Die tersaaklike
bepalings van die kontrak was die volgende:
8.1 Die Appellant sal die
koopsom van R110 000.00 betaal met ‘n deposito van R60 000.00
en die balans van R50 000.00 in vyf
paaiemente van R10 000.00 elk.
8.2 Die Appellant neem
die paaiemente op die Hyundai voertuig oor en die Appellant sal binne
30 dae by Stannic borg teken sodat
die Respondente as borge vir die
afbetaling van die gemelde voertuig vrygestel word. Indien Stannic
die Respondente nie vrystel
as borge nie, sal die voertuig verkoop
word sodat hulle vrygestel word.
8.3 Die Appellant neem
alle debiteure en krediteure van die BK oor.
Op grond van die
volgende het die Respondente op 3 Junie 2008 dagvaarding uitgereik
teen die Appellant:
9.1 Die Appellant het
versuim om die laaste paaiement van R10 000.00 op die koopsom te
betaal.
9.2 Stannic het geweier
om die Appellant as borg vir betaling van die Hyundai te aanvaar en
die Respondente as borge vry te stel,
sodat hulle die Hyundai moes
verkoop om vrygestel te word.
9.3 Die Appellant het
versuim om die BK se tjekrekening waaruit die paaiemente vir die
Hyundai voertuig betaal moes word, te diens
sodat die gemelde
rekening oortrokke geraak het in die bedrag van R16 523.00. Die
Respondente moes dit betaal.
Die Respondente het die
gemelde dagvaarding op 13 November 2008 op die Appellant beteken.
Namens die Appellant is op 17 November
2008 kennisgegee van voorneme
om te verdedig.
Die dagvaarding het drie
eise bevat:
11.1
Eis
1:
Vir R10
000,00, synde die
Appellant se onbetaalde laaste paaiement op die koopsom van R110
000,00.
11.2
Eis 2:
Vir ‘n bedrag van
R48 433.00, as volg saamgestel:
11.2.1 R45 532.87 deur
die Respondente aan Stannic betaal op 26 and 27 Oktober 2007 om die
Hyundai motorvoertuig af te los;
11.2.2 R2 040.85 vir ‘n
diens van die betrokke Hyundai motorvoertuig wat Respondente laat
doen het vir verkoop van die voertuig;
11.2.3 R850.00 vir die
advertensie- en verkoopskostes van die Hyundai motorvoertuig wat deur
Respondente aangegaan is.
11.3
Eis
3:
Vir R16
523.00, synde die
bedrag wat Respondente moes betaal op die oortrokke rekening van die
BK.
Die Appellant is op 9
Februarie 2010 onder belet geplaas vir die liassering van sy
verweerskrif. Dit is egter nooit geliasseer
nie.
Op 31 Maart 2009 het die
Klerk van die Hof by verstek vonnis teen die Appellant toegestaan op
al drie die eise in ‘n totale
bedrag van R74 956.85 plus rente
en koste.
Op 7 April 2009 het die
Respondente ‘n lasbrief tot uitwinning bekom. Dit is op 16
April 2009 beteken en is daar op roerende
bates beslaggelê.
Na onsuksesvolle
samesprekings op 26 Mei 2010 en geslaagde tussenpleit-verrigtinge
ten aansien van die roerende bates op 4 September
2010 het die
Appellant eers op 17 September 2009 die Reël 49(1) aansoek om
tersydestelling van die verstekvonnis geliasseer.
Dit was vyf maande
nadat hy op sy eie weergawe op 16 April 2009 van die vonnis bewus
geraak het.
Landdroshofreël
49(1) bepaal dat aansoek gedoen mag word vir tersydestelling van ‘n
verstekvonnis binne
20 dae
na kennis van die vonnis geneem
is. Die Reël bepaal verder dat die Hof sodanige vonnis mag
tersydestel indien “
good cause”,
dit wil sê
grondige redes, vir tersydestelling verskaf is, of indien die Hof
oortuig is dat daar ‘n goeie rede is
waarom sodanige vonnis
tersydegestel moet word.
Die Hof het dus ‘n
diskresie wat uitgeoefen moet word na oorweging van al die feite en
omstandighede van die betrokke saak.
(
WRIGHT v WESTERN PROVINCE
KELDERS BEPERK,
2001 (4) SA 1165
(C)
te
1180F – 1181F
.)
“
Good
cause”
bestaan meesal uit die Appellant se redes vir sy afwesigheid en die
gronde vir sy verweer. In
OZEN
WHOLESALERS (PRY) LTD 1954(2) SA 345 (A)
te
352G
het die Appélhof beslis dat “good cause” die
bestaan van ‘n substansiële verweer insluit en dat
voldoende redes vir die applikant se versuim verskaf moet word dat
die Hof kan verstaan hoe dit gebeur het en daarop die applikant
se
optrede en motiewe kan beoordeel.
Die Hof kan egter nie ‘n
laat aansoek vir tersydestelling oorweeg tensy dit reeds verlof
verleen het dat die 20-dae tydperk
voorgeskryf in Reël 49(1)
verleng mag word nie. (Sien:
VLEISSENTRAAL v DITTMAR 1980(1) SA
918(O)
te
921F.
)
Netsoos met ‘n
aansoek om tersydestelling, is die verlening van kondonasie ook ‘n
diskresie en nie ‘n reg waarop
die applikant vanselfsprekend
kan aanspraak maak nie. Dit is geykte reg dat ‘n aansoek om
kondonasie gebring moet word
sodra dit duidelik is dat kondonasie
nodig sal wees omdat die hoofaansoek buitenstyds is.
Wanneer kondonasie gevra
word, rus die onus eweneens op die applikant om die Hof te oortuig
dat hy inderdaad grondige redes (“good
cause”) het vir
die laat liassering van sy aansoek om tersydestelling (Sien:
SHAIK
v PiLLAY 2008(3) SA 59 (N)
te
61H
). In
DE VOS v COOPER
& FERREIRA 1999(4) SA 1290 (SCA)
te
1304H
het die
Appélhof beslis dat die applikant dit nie net moet beweer
nie, maar dit inderdaad moet bewys.
Die applikant in so ‘n
kondonasie-aansoek moet die Hof ook oortuig dat hy nie
mala fides
is en die aansoek byvoorbeeld net bring om nakoming van die
vonnis teen hom te probeer vertraag nie. Ook in sy
kondonasie-aansoek
sal die applikant derhalwe moet toon dat hy wel
‘n
bona fide prima facie
verweer het. Hy hoef wel nie
die meriete volledig aan te spreek en te bewys dat die
waarskynlikhede wel in sy guns is nie, maar
moet darem toon dat daar
‘n moontlikheid is dat die verweer kan slaag. (Sien:
OCCUPIERS, SHULAWA COURT, 11 HENDON ROAD, YEOVILLE, JOHANNESBURG
v STEELE
[2010] 4 ALL SA 54
(SCA)
te
p. 57, Par. [4].
)
In
VAN WYK v UNITAS
HOSPITAAL (Open Democratic Advice Centre as Amicus Curiae) 2008(2)
SA 472 (CC)
te
477E
het die Konstitusionele Hof beslis
dat ‘n party wat kondonasie vra, ‘n volledige
redelike
verduideliking moet verskaf wat rekenskap gee van die
hele
tydperk van die vertraging.
[24] In die onderhawige
geval moes die Appellant dus ooreenkomstig die hofreëls reeds
binne 20 dae na 16 April 2009 ‘n
aansoek om tersydestelling van
die vonnis geliasseer het waarin hy volledig die redes vir sy versuim
moes uiteensit.
[25] Toe dit duidelik was
dat nie by die bepalings van Reël 49(1) gehou gaan word nie,
moes ‘n kondonasie-aansoek onverwyld
opgestel wees waarin die
redes vir sodanige nie-nakoming volledig uiteengesit word. (Sien:
HARMS: Burgerlike Prosesreg in die Landdroshowe, Deel II - 390.
)
[26] Die
kondonasie-aansoek is egter eers vyf maande later, op 17 September
2009, geliasseer tesame met die vyf maande laat aansoek
om
tersydestelling.
[27] Instede van ‘n
volledige verduideliking vir die laat liassering van die aansoek het
die Appellant bloot beweer dat die
prokureursfirma ontbind het en dat
hy nie “
vroeëre reaksie kon kry nie”
. Die
Respondente se opponerende verklaring het egter daarop gewys het dat
die Appellant wel deurentyd vanaf 23 April 2009 tot 4
September 2009
deur dieselfde prokureur van die ‘ontbinde firma’
verteenwoordig is. Die Appellant het dit nie in ‘n
repliserende
verklaring ontken nie.
[28] Daar is ook geen
redelike verduideliking gegee vir die Appellant se eie optrede of
enige pogings van hom om die tersydestellingsaansoek
te bespoedig nie
behalwe om te sê hy het “
dadelik sy Prokureurs opdrag
gegee”
sonder om te sê waarvoor. Hy het dus geen
redes verskaf waaraan die Hof
a quo
sý optrede of
motiewe kon beoordeel nie.
[29] Die enigste redes
wat die Appellant in die tersydestellings-aansoek self verskaf het,
was dat hy sy prokureur opdrag gegee
het om die saak te verdedig,
maar dat laasgenoemde nagelaat het om dit te doen. Dit handel egter
slegs met die omstandighede vóór
die vonnis en
verduidelik geensins waarom sy kondonasie-aansoek toegestaan moet
word nie.
[30] Daar kan dus nie
bevind word dat die Hof
a quo
gefouteer het deur te bevind dat
die Appellant se vae bewering “
Die firma
het egter ontbind en ek kon nie vroeëre reaksie kry nie“
onvoldoende verduideliking vir die toestaan van
kondonasie en boonop onwaar en dus
mala
fides
is nie.
[31] Dit is wel so dat
die howe al dikwels kondonasie verleen het in gevalle waar die
vertraging of versuim te wyte was aan die
prokureur se nalatigheid,
maar dan was die grondslag vir sodanige uitoefening van die hof se
diskresie die een of ander bewys dat
die versuim op geen manier
toegeskryf kon word aan die optrede van die applikant nie (Sien:
SALOOJEE AND ANOTHER, NN.O. v MINISTER OF COMMUNITY DEVELOPMENT,
1965 (2) SA 135
(A)
te
141H.
)
[32] In
Saloojee
(
te
141B-H)
is beslis:
“
That
it has not at any time been held that condonation will not in any
circumstances be withheld if the blame lies with the attorney.
There
is a limit beyond which a litigant cannot escape the results of his
attorney’s lack of diligence or the insufficiency
of the
explanation tendered. To hold otherwise might have a disastrous
effect upon the observance of the rules of this court. ……
If, as here, the stage is reached where it must become obvious also
to a layman that there is a protracted delay, he cannot sit
passively
by, without so much as directing any reminder or enquiry to his
attorney and expect to be exonerated of all blame. And
if, as here,
the explanation offered to this Court is patently insufficient, he
cannot be heard to claim that the insufficiency
should be overlooked
merely because he has left the matter entirely in the hands of his
attorney. If he relies upon ineptitude
or remissness of his own
attorney, he should at least explain that none of it is to be imputed
to himself. That has not been done
in this case. In these
circumstances I would find it difficult to justify condonation unless
there are strong prospects of success.”
[33] Soos uit die
bostaande blyk, hoewel ‘n hof dus nie ligtelik ‘n party
vir sy prokureur se nalatigheid sal straf
nie, is daar egter perke en
rus die onus op die applikant om die Hof te oortuig dat hy nie skuld
aan die versuim het nie en nog
meer, dat hy self wel iets gedoen het
wat kondonasie regverdig. Om dit te doen, moet die applikant
genoegsame inligting verskaf
wat die Hof kan beoordeel en sy
diskresie behoorlik kan uitoefen. (Sien:
HARMS:
supra,
Deel II – 390
.)
[34] Waar die versuim te
wyte is aan die nalatigheid van ‘n prokureur, behoort minstens
‘n beëdigde verklaring
van sodanige prokureur aangeheg te
word. (Sien:
RASHAVA v VAN RENSBURG, 2004(2) SA 421 (HHA)
).
Niks daarvan is
in casu
gedoen nie.
[35] Indien daar duidelik
geen of ‘n baie geringe kans van sukses op die meriete is, is
daar vanselfsprekend geen punt daarin
om kondonasie te verleen nie.
In
PIENAAR v G NORTH & SON (PTY) LTD 1979(4) SA 522 (O)
te
523F-H
is dan ook beslis dat kondonasie in so ‘n geval
geweier sal word selfs al is daar ‘n aanvaarbare rede vir die
Appellant
se versuim.
[36] In die onderhawige
geval is die Appellant se aansoek so gebrekkig en sonder enige
geloofwaardige of voldoende verduideliking
vir hetsy die versuim van
die Appellant hetsy dié van die prokureur, dat die Hof
a
quo
geen ander opsie sou hê as om, soos uiteengesit in
Saloojee,
die meriete van sy verweer te oorweeg om te bepaal
of sy nogtans kondonasie behoort te verleen het nie. Dit het sy dan
inderdaad
gedoen.
[37] Die Hof
a quo
het
dus ‘n diskresie uitgeoefen toe sy besluit het om die aansoek
om kondonasie van die hand te wys.
[38] Dit is geykte reg
dat ‘n hof van appél nie sal inmeng met die uitoefen van
sodanige diskresie as dit judisieel
uitgeoefen is nie (Sien:
EX
PARTE: NEETHLING AND OTHERS,
1951 (4) SA 331
(A)
te
335D –
E),
met ander woorde as die Hof
a quo
nie ondeurdag, met
vooroordeel of op grond van verkeerde beginsels die aansoek van die
hand gewys het nie. (Sien:
CLIPSAL AUSTRALIA (PTY) LTD AND OTHERS
v GAB DISTRIBUTORS AND OTHERS, 2010(2) SA 289 (SCA)
te
298.
)
[39] Die Hof
a quo
het
tereg in haar oorweging van die meriete bevind dat al drie die eise
waarop vonnis verleen is, voortspruit uit kontrakbreuk deur
die
Appellant.
[40] Die Appellant se
hoofaanval op die dagvaarding was dat die Respondente se eise
ongelikwideerd is.
[41] Hy het beweer dat hy
‘n teeneis het en dus “
geen bedrag aan die Respondente
verskuldig is nie”
. Om dit te staaf het hy ten aansien van
Eis 1 beweer dat hy geregtig was om betaling van die R10 000.00
paaiement te weerhou omdat
die Respondente nie registrasiepapiere, 2
blaarblasers en ‘n trekstang aan hom gelewer het nie. Hy beweer
bloot “
die waarde deur Respondente daarop geplaas is R 13
500.00”.
[42] Die Appellant
verskaf geen verduideliking vir die berekening van die beweerde
waarde nie en is dit uiteraard nie gelikwideerd
nie.
[43] Die Appellant laat
voorts die Respondente se bewerings dat hy nooit die twee stukkende
blaarblasers wou hê nie en dat
die trekstang vas was aan die
Hyundai voertuig wat hy vir vyf maande gebruik het voor dit verkoop
is, en dat hy maar bloot die
lys “
A”
versoek het
om BTW en waardevermindering op die items daarop te kon eis,
onbetwis.
[44] Hy verskaf dus ook
geen gronde waarop bevind kan word dat sodanige bedrag inderdaad
opeisbaar en betaalbaar is en vatbaar is
vir verrekening (“set-off”)
teen die Respondente se eise nie (Sien:
CHRISTIE: The Law of
Contract in South Africa, 5
th
Ed, p.
475).
[45] Ten aansien van Eis
1 was die Appellant kontraktueel aanspreeklik vir betaling die
koopprys van R110 000,00, maar het nie die
laaste paaiement van R10
000,00 betaal nie. Die eisbedrag is bepaald en Eis 1 is dus ‘n
gelikwideerde vordering.
[46] Die Respondente het
versoek dat die kontrak gerektifiseer moet word om te toon dat die BK
die paaiemente van die Hyundai oorneem.
Die Appellant het
rektifikasie van die kontrak geopponeer. In terme van die
ongerektifiseerde kontrak is hy egter persoonlik aanspreeklik
om die
Respondente vry te stel van hul borgverpligtinge ten aansien van die
Hyundai motorvoertuig.
[47] Die bedoeling van
die kontrak was duidelik dat hy as koper persoonlik sou toesien tot
die Respondente se vrystelling as borge.
Hy het dit nie gedoen nie,
dus hy moet hy die Respondente vergoed vir dit wat hulle moes betaal
om vrystelling te verkry. Die bedrag
van R45 523.87 wat die
Respondente aan Stannic moes betaal om die motor af te los, is maklik
vasstelbaar en dus ‘n gelikwideerde
vordering.
[48] Die feit dat die
Respondente die voertuig verkoop het en oënskynlik die koopprys
verreken het, mag ‘n eis daarstel
vir die BK wat nie tans ‘n
party tot die appél is nie. Verlening van dié vonnis
sal nie daardie eis affekteer
nie.
[49] Die redelikheid al
dan nie van die kwantum van die twee kleiner bedrae waaruit die
Respondente se Eis 2 verder bestaan, naamlik
R 2 040.85 vir ‘n
diens aan die Hyundai, en R 850.00 vir advertensie- en verkoopskostes
van die voertuig, is egter nie bepaalbaar
sonder verdere getuienis
nie en is dus ongeliwideerde vorderings.
[50] Ten aansien van Eis
3, het die Appellant se versuim om die BK se bestaande tjekrekening
waaruit die paaiemente op die Hyundai
motorvoertuig betaal is, te
diens gelei tot die debiet van R16 523.00 waarvoor die Respondente
aangespreek is. Dié bedrag
is maklik vasstelbaar en die
vordering dus gelikwideerd.
[51] Landdroshofreël
12(4) is gebiedend: naamlik dat die Klerk van die Hof enige aansoek
om vonnis by verstek waar die bedrag
ongelikwideerd is, na die Hof
moet verwys om getuienis aan te hoor om die bedrag verhaalbaar deur
die Eiser te bepaal en ‘n
gepaste vonnis te gee.
[52] Die Appellant was
dus korrek om te beweer dat die Klerk van die Hof nie bevoeg was om
verstekvonnis te verleen ten aansien
van die twee kleiner
ongelikwideerde vorderings in die bedrag van R2 890.85 in Eis 2 soos
vermeld in paragraaf [47] hierbo nie.
[53] Dié twee
vorderings is egter slegs ‘n minimale gedeelte van die totale
eis, is duidelik afgebaken en skeibaar
van die totale eisbedrag in
Eis 2. Dit maak dus nie die Appellant geregtig op tersydestelling van
die hele vonnisbedrag van Eis
2 of van die hele verstekvonnis waarvan
die oorgrote balans van R 72 066.00 wel gelikwideerde vorderings is
nie.
[54] Die Hof
a quo
het derhalwe tereg nie bevind dat daar ‘n sterk genoeg
moontlikeid van sukses op die meriete van die Appellant se verweer
is
om te vergoed vir die gebrek aan goeie gronde vir kondonasie nie en
was dit dus geregverdig om die kondonasie-aansoek te weier.
[55] Die Appellant was
dus wesenlik onsuksesvol en die Respondende wesenlik suksesvol.
[56] Die uiters geringe
sukses wat die Appellant op appél behaal het, regverdig nie ‘n
kostebevel teen die Respondente
nie.
[57] Gevolglik word die
volgende bevele verleen:
1. Die vonnis ten aansien
van Eis 2 word tersydegestel slegs tot die bedrag van R2 890,85
terwyl die vonnis op die balans van al
drie die eise in die bedrag
van R72 066.00 bekragtig word.
2. Die Appellant word
gelas om die koste van die appél te betaal.
_________________
H MURRAY, Wnd R
Ek stem saam
_________________
A. F. JORDAAN, R
Namens die Applikant: Mnr
J.L. Esterhuyse
Esterhuyse & Lynch
Bloemfontein
Namens die Respondente:
Adv S. Grobler
In opdrag van:
Kramer Weihmann &
Joubert Ing
Bloemfontein