Claasen v Bester in re: Bester v Claasen and Another [2010] ZAFSHC 143 (15 November 2010)

58 Reportability
Contract Law

Brief Summary

Appeal — Leave to appeal — Application for leave to appeal against ruling on special plea of prescription — Applicant sought leave to appeal against a ruling dismissing a special plea of prescription in a contractual dispute regarding the validity of a purchase agreement — Court found reasonable possibility that another court may reach a different conclusion on the legal issues raised — Leave to appeal granted to the applicant against the entirety of the ruling.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2010
>>
[2010] ZAFSHC 143
|

|

Claasen v Bester in re: Bester v Claasen and Another [2010] ZAFSHC 143 (15 November 2010)

VRYSTAAT
HOË HOF, BLOEMFONTEIN
REPUBLIEK
VAN SUID-AFRIKA
Saaknommer : 6686/2007
In
die saak tussen:-
EVERT BAKKES
CLAASEN
....................................................
Applikant
en
MICHIEL DANIËL
BESTER
..................................................
Respondent
In Re:
MICHIEL DANIËL
BESTER
.............................................................
Eiser
en
EVERT BAKKES
CLAASEN
.....................................
Eerste
Verweerder
REGISTRATEUR VAN
AKTES,
BLOEMFONTEIN
.....................................................
Tweede
Verweerder
_____________________________________________________
UITSPRAAK
DEUR:
VAN ZYL, R
_____________________________________________________
AANGEHOOR
OP:
5 NOVEMBER 2010
_____________________________________________________
GELEWER
OP:
15 NOVEMBER 2010
_____________________________________________________
Hierdie is ʼn
aansoek van applikant/eerste verweerder om verlof om te appelleer na
die Volbank van hierdie afdeling; alternatiewelik
na die Hoogste Hof
van Appèl, teen die geheel van die uitspraak en bevel deur
myself verleen onder bogemelde saaknommer
op 23 Junie 2010, in terme
waarvan ek die volgende bevele gemaak het:
1. Eerste verweerder se
spesiale pleit van verjaring word van die hand gewys, met koste.
2. Mnr. M.D. Bester, mev.
L. Bester en mev. L. Muller word as noodsaaklike getuies verklaar.
Soos blyk uit my
uitspraak, het respondent/eiser (en sy eggenote) en applikant/eerste
verweerder op of omtrent 26 September 2001
ʼn skriftelike
koopkontrak te Frankfort gesluit in terme waarvan applikant/eerste
verweerder sekere onroerende eiendom geleë
in die distrik van
Heilbron vanaf respondent/eiser (en sy eggenote) aangekoop het. Die
regshulp wat deur respondent/eiser gevorder
word, is onder andere ʼn
verklarende bevel dat die koopkontrak nietig is, alternatiewelik ʼn
verklarende bevel dat die
koopkontrak vernietigbaar is en aldus
nietig verklaar word, tesame met ʼn bevel dat applikant/eerste
verweerder gelas word
om die tersaaklike onroerende eiendom terug te
transporteer aan respondent/eiser teen gelyktydige terugbetaling van
die koopprys
wat applikant/eerste verweerder aan respondent/eiser
betaal het. Respondent/ eerste verweerder het ʼn spesiale pleit
van
verjaring in sy verweerskrif geopper en is daar by die aanvang
van die verhoor by ooreenkoms tussen die partye versoek dat ek
ooreenkomstig die bepalings van Reël 33(4) gelas dat die
spesiale pleit ten opsigte van verjaring eerste en afsonderlik bereg

word, wat ek aldus gedoen het. Die uitspraak en bevel waarteen
applikant/eerste verweerder nou wens te appelleer, het dus die

beregting van die spesiale pleit behels.
Die gronde waarop verlof
om teen die tersaaklike regsbeslissings en/of feitebevindings te
appelleer versoek word, is volledig
in die kennisgewing van aansoek
om verlof om te appelleer uiteengesit en is ek nie voornemens om dit
in detail hierin te herhaal
nie. Hierdie aspekte is ten tyde van die
aanhoor van mondelinge betoë met betrekking tot die aansoek om
verlof om te appelleer
volledig deur mnr. Saner, bygestaan deur mnr.
Louw, aangespreek, ook met verwysing na die tersaaklike gesag waarna
ek in my uitspraak
verwys het, sowel as met verwysing na enkele
addisionele uitsprake.
Dit het egter wel ten
tyde van die mondelinge betoog geblyk dat daar twee aspekte is wat
in wese die kruks van die aansoek om
verlof om te appelleer omsluit,
synde:
4.1 of, soos ek in
paragraaf 25 van my uitspraak bevind het, die nietigheid,
alternatiewelik vernietigbaarheid van die koopkontrak
ʼn “feit”
is vir doeleindes van Artikel 12(3) van die Verjaringswet, Wet 68 van
1969; en
4.2 of, in die feite van
die onderhawige geval, die eiser/ respondent meer as drie jaar voor
die betekening van die dagvaarding
kennis gedra het van die feite
waaruit die skuld ontstaan het of geag moet word sodanige kennis te
gedra deurdat hy deurdat dit
deur die uitoefening van redelike sorg
kon bekom het.
Wat die voormelde eerste
aspek betref, is dit uit en uit ʼn regsvraag wat ek beslis het
aan die hand van my interpretasie
van algemene riglyne in die
verband soos in voorheen gerapporteerde hofbeslissings uiteengesit
en addisioneel daartoe het ek
my beslissing ook baseer op die
ongerapporteerde Volbank uitspraak van
VAN DER WALT N.O. vs
ZWEEL
2008 JDR 1032 (T), wat `n beslissing op die presiese
punt is. Soos in paragraaf 24 van my uitspraak uitgewys, is daar in
Prescription in South African Law
, John Saner,
losblad diensuitgawe 15, gedateer Augustus 2009, ook op laasgenoemde
beslissing gesteun vir `n soortgelyke gevolgtrekking
as waartoe ek
in my uitspraak gekom het.
Mnr. Saner het egter ten
tyde van sy betoog daarop gewys dat in die meer onlangse opgedateerde
weergawe van
Prescription in South African Law
,
losblad diensuitgawe 16, gedateer September 2010, op p. 3-63,
saamgelees met voetnotas 325 tot 330, die gevolgtrekking waartoe
in
VAN DER WALT N.O. vs ZWEEL
gekom is en waartoe ek ook
in my uitspraak gekom het, bevraagteken word met verwysing na die
uitspraak in
TRUTER vs DEYSEL
2006(4) SA 168 (SCA).
Mnr. Saner het dus in sy
betoog onder andere ook sterk gesteun op laasgenoemde uitspraak in
TRUTER vs DEYSEL
en aan die hand gedoen dat hoewel
daardie uitspraak handel met ʼn deliktuele vordering, die
beginsels daarin neergelê
mutatis mutandis
van
toepassing is in die geval van `n kontraktuele vordering soos die
onderhawige.
[7] Wat my ondersteuning
op die uitspraak in
DITEDU vs TAYOB
2006(2) SA 1876 (W)
betref, het mnr. Saner betoog dat dit onderskeibaar is van die feite
in die onderhawige geval deurdat dit,
aldus sy betoog, in daardie
geval gehandel het met `n feite-opinie en nie `n regsopinie soos in
die onderhawige geval nie. Mnr.
Saner het egter ook in ieder geval
(met respek) betoog dat laasgenoemde uitspraak foutief beslis is.
Mnr. Saner het
verdermeer volledige betoë aan my voorgehou met betrekking tot
die feitelike getuienis, op grond waarvan hy
aan die hand gedoen het
dat indien die nietigheid van die kontrak nie `n “feit”
is vir doeleindes van artikel 12(3)
van die Verjaringswet nie, die
respondent/eiser kennis gedra het van die feite wat aanleiding gegee
het tot die ongeldigheid
van die kontrak meer as drie jaar voor die
datum van die betekening van die dagvaarding; alternatiewelik moet
hy geag word sodanige
kennis te gedra het deurdat hy dit deur die
uitoefening van redelike sorg kon bekom het.
Mnr. Saner het gevolglik
aan die hand gedoen dat daar ʼn redelike moontlikheid bestaan
dat ʼn ander hof tot ʼn ander
gevolgtrekking kan kom wat
beide die regsbeslissings en/of die feite bevindings deur my gemaak,
betref.
Mnr. Daffue, namens
respondent/eiser, het daarenteen op soortgelyke volledige wyse
betoog en aan die hand gedoen dat wat elk van
voormelde aspekte
betref, my uitspraak ʼn weldeurdagte uitspraak is wat duidelik
uiteensit hoekom die feite in die onderhawige
geval in sekere
opsigte onderskeibaar is van uitspraak in
VAN STADEN vs FOURIE
1989(3) SA 200 (A) en verdermeer ook duidelik uiteensit waarom daar
tereg op die ongerapporteerde beslissings waarna in paragraaf
24 van
die uitspraak verwys is, in die onderhawige geval gesteun kan word.
Wat betref die feitelike
bevindings deur my gemaak, het hy insgelyks betoog dat hierdie
bevindings op waarskynlikhede gebaseer is
en korrek aldus gemaak is.
Mnr. Daffue het
gevolglik betoog dat die aansoek om verlof om te appelleer van die
hand gewys behoort te word deurdat daar nie
ʼn redelike
moontlikheid bestaan dat ʼn ander hof tot ʼn ander
gevolgtrekking sal kom wat die tersaaklike regsbeslissings
en/of
feitebevindings betref nie.
Na behoorlike oorweging
van die onderskeie argumente aan my voorgehou, saamgelees met my
uitspraak, is ek oortuig dat hoewel ek
na my mening met iedere en
elke relevante aspek op deeglike wyse in my uitspraak gehandel het,
ek nie tot die gevolgtrekking
kan kom dat daar nie ʼn redelike
moontlikheid bestaan dat ʼn ander hof tot ʼn ander
gevolgtrekking kan kom wat die
tersaaklike regsbeginsels en/of
feitebeslissings betref nie. Ek ag my gevolglik genoodsaak om wel
verlof tot appèl te
verleen.
Verdermeer is ek van
mening dat in die feite en omstandighede van die onderhawige geval
dit nodig en doelmatig is om sodanige
verlof te verleen teen die
geheel van die uitspraak en die bevel.
Wat betref die Hof
waarheen sodanige verlof verleen behoort te word, was beide mnr.
Saner en mnr. Daffue dit eens dat indien ek
wel aldus verlof
verleen, die aangeleentheid deur die Hoogste Hof van Appèl
bereg behoort te word gegewe dat die regsvraagstuk
hierin ter
sprake, nog nie deur die Hoogste Hof van Appèl bereg is nie
en die potensiaal het om ʼn wesenlike effek
te hê op die
verjaringsreg wat betref kontraktuele vorderings. Ek is dit met
hulle eens dat hierdie ʼn gepaste geval
is waar dit wenslik is
dat die Hoogste Hof van Appèl duidelikheid en uitsluitsel gee
wat betref die wesenlike geskille
in hierdie aangeleentheid, nie net
in belang van reg en geregtigheid tussen die partye nie, maar ook in
belang van regspleging
in die breë.
Met betrekking tot die
koste van die aansoek om verlof om te appelleer, was beide advokate
dit eens dat sodanige koste, koste
in die voorgenome appèl
moet wees.
Gevolglik word die
volgende bevele gemaak:
Verlof word aan
die applikant/eerste verweerder verleen om na die Hoogste Hof
van Appèl te appelleer ten die
geheel van die uitspraak
en bevel gelewer op 23 Junie 2010 onder saaknommer 6686/2007.
Die koste van die
aansoek om verlof om te appelleer, is koste in die appèl.
_____________
C. VAN ZYL, R
Namens die applikant/
eerste verweerder: Adv.
J.S. Saner
Bygestaan deur Adv. N.J.
Louw
In opdrag van:
Schoeman Maree Ing.
BLOEMFONTEIN
Namens die
respondent/eiser: Adv. J.P. Daffue SC
In opdrag van:
Symington & De Kok
BLOEMFONTEIN