About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2010
>>
[2010] ZAFSHC 141
|
|
Nucon Construction Thaba Nchu (Edms) v Scholtz NO (A2/2010) [2010] ZAFSHC 141 (8 November 2010)
VRYSTAATSE HOË
HOF, BLOEMFONTEIN
REPUBLIEK VAN
SUID-AFRIKA
Appélnommer :
A2/2010
In
die appél van:-
NUCON
CONSTRUCTION THABA NCHU (EDMS)
.................
Appellant
en
MNR
ANDREW GEORGE SCHOLTZ N.O.
..........................
Respondent
CORAM:
HANCKE, R
et
MOCUMIE, R
et
MATLAPENG, WND R
AANGEHOOR OP:
8 NOVEMBER 2010
_____________________________________________________
UITSPRAAK DEUR:
HANCKE, R
_____________________________________________________
GELEWER OP:
8 NOVEMBER 2010
_____________________________________________________
[1]
Hierdie is ‘n appèl gerig teen ‘n uitspraak van
Molemela, R wat die appellant (applikant in die hof
a
quo
)
se aansoek van die hand gewys het met koste, nadat sy verlof verleen
het om na die volbank van hierdie afdeling te appelleer.
[2] Appellant het ‘n
aansoek onder saaknommer 1757/2009 uitgereik teen die respondent vir
die betaling van ‘n bedrag
van R222 205,61 tesame met rente en
koste van die aansoek, welke aansoek voortspruit uit ‘n
subkontrakteurskontrak, in terme
waarvan die applikant sekere werk
vir die respondent moes verrig te Kimberley, welke projek vir
eksterne dienste was ten aansien
van “Barkley Road Shopping
Complex”.
[3] Dit is belangrik om
daarop te let dat die appellant se skuldoorsaak gebaseer is op ‘n
ingenieursertifikaat, uitgereik
op 14 Februarie 2008 in terme waarvan
hy gesertifiseer het dat die bedrag verskuldig deur die respondent
aan die applikant R222
205,61 beloop.
[4]
Dit is gemene saak tussen die partye dat die applikant aangestel was
as die subkontrakteur ten aansien van eksterne werk ten
aansien van
die gemelde projek, dat die kontrak wat tussen die partye sou geld en
wat die aangeleentheid sou beheer, die spesiale
voorwaardes van die
kontrak was, gelees met die algemene kontraksvoorwaardes soos vervat
in die “General Conditions of Contract
for Construction Works
(2004) (First Edition)”; dat die sertifikaat ter betaling deur
die ingenieur uitgereik is in terme
van klousule 49 van die algemene
kontraksvoorwaardes. Verder is dit belangrik dat die ingenieur die
agent was van die respondent.
1
Dit is
gemene saak dat die sertifikaat wat uitgereik is as interim betaling
sertifikaat vir addisionele werk was wat deur die ingenieur
aan die
appellant opgedra is en dat die respondent verplig was tot betaling
van die appellant, as kontrakteur, van die gemelde
bedrag
gesertifiseer in die sertifikaat ooreenkomstig klousule 49.4 van die
algemene kontrakvoorwaardes, en wel binne 28 dae na
ontvangs daarvan
deur die werkgewer. Verder het die appellant ‘n
belastingfaktuur uitgereik op dieselfde datum as die datum
van die
sertifikaat, synde 14 Februarie 2008, aan die respondent vir betaling
van die bedrag gesertifiseer, dit wil sê R222
205,61.
[5]
Die hof
a
quo
het
die aansoek van die hand gewys met koste, welke bevinding daarop
gebaseer was dat die volgende wesenlike feitegeskille bestaan
het:
5.1 Eerstens, dat daar ‘n
dispuut was of die sertifikaat ‘n interim of finale sertifikaat
was;
5.2 Tweedens, aangesien
daar nie ‘n wysigingsopdrag was nie, daar ‘n dispuut was
of die sertifikaat wat uitgereik is,
geskied het in terme van die
ooreenkoms tussen die partye al dan nie.
5.3 Derdens, is bevind
dat klousule S1(d) van die spesiale kontraksvoorwaardes nie die
appellant geregtig maak op betaling vir addisionele
werke waarvoor
nie voorsiening gemaak is in die “Bill of Quantities”
nie, tensy skriftelike magtiging by wyse van wysigingsopdrag
vanaf
die kliënt verkry is nie. Hiermee saam dat klousule S1(z) gelees
met die “Bill of Quantities”, wat by die
repliek aangeheg
is, nie dieselfde “Bill of Quantities” is soos bedoel in
klousule S1(d) van die spesiale kontraksvoorwaardes
nie.
[6] Dit blyk egter dat
die “Bill of Quantities”, wat aangeheg is by die repliek,
aanduidend daarvan is dat dit ‘n
skriftelike opdrag aan die
appellant verteenwoordig vanaf die ingenieur vir die volvoering van
die addisionele werke. Dit word
verder bevestig deur die inhoud van
die sertifikaat wat deur die ingenieur uitgereik is. Verder is die
betalingsertifikaat wat
uitgereik is klaarblyklik ‘n interim
betalingsertifikaat en nie ‘n finale betalingsertifikaat nie.
Dit blyk verder
duidelik uit die stukke dat die appellant skriftelik
vir betaling versoek het by wyse van die uitreiking van ‘n
belastingfaktuur
aan die respondent.
[7] Ten opsigte van die
vraag of die addisionele werk voltooi is, is dit tans nie ter sake
nie, aangesien hier slegs ‘n “interim
payment” ter
sprake was. Dit is verder gemene saak tussen die partye dat daar ook
nie sprake was van ‘n “variation
order” nie.
Wat
betref skriftelike kennisgewing soos bedoel in S1(z) is dit belangrik
om daarop te let dat die respondent self meld dat die
sertifikaat
verwys na addisionele werk wat verrig moes word.
2
[8] Ten opsigte van die
bevinding dat daar nie ‘n wysigingsopdrag was nie, verklaar die
respondent die volgende:
“
Sover my
kennis strek is daar geen geskrewe wysigingsopdrag uitgereik vir
hierdie werk nie. Ek ontken egter nie dat addisionele
werk verrig
moes word en gedeeltelik wel gedoen is nie.”
[9] Daar is geen twyfel
dat die “Bill of Quantities” inderdaad skriftelike
kennisgewing aan die appellant daarstel vir
die verrigting van
addisionele werk deur die ingenieur. Verder is die sertifikaat wat
uitgereik is deur die ingenieurs ooreenkomstig
klousule 1(z) van die
ooreenkoms betrekking het op “Additional work”. Dit is
ook klaarblyklik die houding van die ingenieur
synde die respondent
se agent, wie die interim betalingsertifikaat uitgereik het. Die
respondent bevestig dat daar addisionele
werk gedoen moes word, maar
beweer dat sover sy kennis strek, daar geen gewysigde opdrag was nie,
welke bewering strydig is met
die inhoud van die sertifikaat van die
ingenieur, synde die respondent se agent. Dit is belangrik om daarop
te let dat die betrokke
ingenieur geen verklaring afgelê het,
namens die respondent, ter stawing van die respondent se weergawe in
die huidige saak
nie.
[10]
Wat die regsposisie betref, word dit volledig mee gehandel in
SMITH
v MOUTON
1977 (3) SA 9
(W)
te
p. 13 A – G:
“
2.
The
employer should be bound by the act of his agent in issuing a
certificate. The position is the same as if the employer himself
had
signed an acknowledgment of debt. The exceptions are those that apply
generally in the law of agency. For example, the employer
will not be
bound if there has been fraud or the architect has acted in collusion
with the contractor to the detriment of the employer.....
The
employer will also not be bound if the agent has exceeded his
mandate..... In
Rudland's
case
3
the engineer
issued certificates that were not drawn up in accordance with the
terms of the written contract between the parties,
but in terms of an
oral variation made by the engineer, which he was not authorised to
make. The relevant certificates were therefore
held to be invalid.
3. The employer is not entitled to
dispute the validity of a final certificate vis-à-vis the
contractor merely because he
alleges that the certificate was given
negligently or that the architect exercised his discretion wrongly.
This principle would
include cases where the architect has issued
final certificates for work which the employer considers to be
defective or which
are based on faulty measurements or faulty
calculations..... Subject to what is said below, the same principle
would appear to
apply in the case of an interim or progress
certificate.
4. In the absence of any of the
factors referred to in para. 2, the employer is bound to pay the sum
certified. This is why in the
cases an architect's certificate has
been said to create a debt due and has been said to be regarded as
the equivalent of cash.”
4
Gemelde beslissing word
bevestig en goedgekeur op appèl in
MOUTON v SMITH
1977 (3) SA 1
(A) veral te 8 G. Sien ook
SHELFAERIE PROPERTY
HOLDINGS v MIDRAND SHOPPING CENTRE
, 1995 (3) 187 (A) te 193 B
– C.
[11] In die huidige saak
is daar nie sprake van bedrog, of samespanning tussen die ingenieur
en die appellant of dat die ingenieur
ongemagtig opgetree het nie.
Die enigste oorblywende vraag is of die sertifikaat uitgereik is
ingevolge die ooreenkoms tussen die
partye. Dit is van belang om
daarop te let dat dit gemene saak is tussen die partye dat daar
inderdaad ‘n kontrak was ingevolge
waarvan die respondent
opdrag gegee is om as subkontrakteur op te tree ten aansien van
sekere werke te “Barkley Road Shopping
Complex”. Dit is
ook gemene saak dat daar addisionele werk verrig moes word deur die
applikant vir die respondent ten aansien
van hierdie projek. Verder
staan dit vas dat die ingenieur ‘n “Bill of Quantities”
uitgereik het vir daardie
addisionele werk wat deur die appellant
verrig moes word. Gevolglik is die afleiding onafwendbaar dat die
betrokke sertifikaat
uitgereik is ooreenkomstig die ooreenkoms tussen
die partye.
[12] Dit volg dus uit die
voorgaande dat die hof
a quo
fouteer het om die appellant se
aansoek van die hand te wys op grond daarvan dat daar sogenaamde
feitedispute sou bestaan het.
[13] Bygevolg slaag die
appèl met koste. Die hof
a quo
se bevel word vervang
met die volgende:
“’
n
Bevel word ten gunste van die applikant verleen ingevolge bedes 1, 2
en 3 van die Kennisgewing van Mosie.”
________________
S.P.B. HANCKE, R
Ek stem saam.
_______________
B.C. MOCUMIE, R
Ek stem saam.
______________________
D.I. MATLAPENG, WND R
Namens die appellant:
Adv. Paul Zietsman SC
In opdrag van:
Rossouws Prokureurs
BLOEMFONTEIN
(NUC9/0001-T2 (JHC/AB)
/sp
1
Klousule
2 handel met “engineer and engineers representative” en
lui klousule 2.1 soos volg: “The function of
the engineer is
to administer the contract as agent of the employer in accordance
with the provisions of the contract.”
2
Die
respondent verklaar in hierdie verband soos volg: “Dit moet
ook uitgewys word dat die betalingsertifikaat aangeheg tot
die
stukke duidelik verwys na addisionele werk en is dit inderdaad werk
wat addisioneel tot die aanvanklike kontrak gedoen moes
word.”
3
RUDLAND
AND SON v GWELO MUNICIPALITY
, 1933 S.R. 119 te pp. 130 -
133.
4
“
An
interim certificate is to be regarded virtually as cash, like a bill
of exchange. It must be honoured. Payment must not be
withheld on
account of cross claims, whether good or bad – except so far
as a contract specifically provides. Otherwise
any main contractor
could always get out of payment” (i.e. to a subcontractor) “by
making all sorts of unfounded
cross claims.” (
DAWNAYS
LTD v F.G. MINTER LTD
(1971) 2 ALL E.R. 1389
(C.A.) te 1393 b).