Liebenberg v Hentiq 1887 (Edms) Bpk en Anders (A81/10) [2010] ZAFSHC 137 (28 October 2010)

70 Reportability

Brief Summary

Delict — Unlawful arrest and detention — Appellant's claim for damages arising from alleged unlawful arrest by employees of the first respondent at a supermarket — Appellant, a 75-year-old man, was stopped by security personnel after leaving the store without paying for items he claimed to have purchased elsewhere — Court found that the respondents failed to establish reasonable grounds for the arrest, as the items in question were not part of the supermarket's stock — Appellant awarded damages of R10,000 for humiliation and distress caused by the unlawful detention, with the appeal succeeding against the lower court's dismissal of the claim.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2010
>>
[2010] ZAFSHC 137
|

|

Liebenberg v Hentiq 1887 (Edms) Bpk en Anders (A81/10) [2010] ZAFSHC 137 (28 October 2010)

VRYSTAATSE HOË
HOF, BLOEMFONTEIN
REPUBLIEK VAN
SUID-AFRIKA
Appélnommer :
A81/10
In
die appél van:-
GERT
PEARSON LIEBENBERG
.............................................
Appellant
en
HENTIQ 1887 (EDMS)
BPK
..........................................
1ste
Respondent
JAMES DE JAGER
........................................................
2de
Respondent
ANAMIEL MALEBO
......................................................
3de
Respondent
JOHN MOCKSOMANG
.................................................
4de
Respondent
CORAM:
HANCKE, R
et
CILLIé, R
AANGEHOOR OP:
18 OKTOBER 2010
_____________________________________________________
UITSPRAAK DEUR:
CILLIé, R
_____________________________________________________
GELEWER OP:
28 OKTOBER 2010
_____________________________________________________
[1] Die appellant
(“eiser”) in hierdie aangeleentheid kom in hoër
beroep teen die hof
a quo
se afwysing van sy eis om
genoegdoening teen die vier respondente (“verweerders”).
Sy eis was gebaseer op ‘n
beweerde onregmatige arrestasie en
aanhouding deur die tweede, derde en vierde respondente (“tweede,
derde en vierde verweerders”)
handelende in die bestek van hul
pligte as werknemers van die eerste respondent (“eerste
verweerder”). Ek sal voortaan
na die partye verwys soos hulle
in die hof
a quo
was. Dit sal begrip vir die getuienis, soos
in die oorkonde vervat, vergemaklik.
[2] Die eiser se eis
spruit voort uit gebeure wat plaasgevind het op 4 Oktober 2007 by die
Spar Supermark geleë te Andries
Pretoriusstraat, Bloemfontein.
Dit is nodig om in ietwat meer besonderhede as gebruiklik uiteen te
sit wat presies plaasgevind
het, omdat die advokate gedurende die
betoë uiteenlopende gevolgtrekkings gemaak het van bepaalde
insidente.
[3] Die eerste verweerder
is die eienaar van die betrokke supermark. Hierdie supermark se
uitleg is soos welbekend vir hierdie tipe
winkel. Dit het ‘n
selfbedieningsarea met rakke waar kliënte hul benodigdhede neem.
Naby die uitgang is ‘n aantal
kassiere waar die kliënt dan
vir sy aankope betaal. Die tweede verweerder is die eerste verweerder
se bestuurder aldaar en
derde en vierde verweerders is
sekuriteitsbeamptes daar in diens van eerste verweerder. Dit was nie
in geskil nie dat eerste verweerder
middellik aanspreeklik is vir
tweede, derde en vierde verweerders se onregmatige dade.
[4]
Dit is gemeensaak dat die eiser dié dag die selfbedieningsarea
van die supermark binnegegaan het en weer verlaat her
sonder om vir
enige items te betaal by ‘n kassier. Buite die supermark is hy
deur derde en vierde verweerders voorgekeer
en beveel om saam met
hulle na die tweede verweerder te gaan. Derde en vierde verweerders
het weerskante van die eiser gestap.
Of hy deur hulle aan sy arms
vasgehou was al dan nie is in dispuut, maar nie van besondere belang
nie, behalwe in die beperkte
opsig soos hierinlater mee gehandel. In
die eiser se sak is wat in die verrigtinge soms ‘n
“disposable
razor”
genoem was, gevind. Tweede verweerder
het later verduidelik dat dit “weggooibare skeermeslemmetjies”
is. By tweede verweerder
aangekom, is die prosessie na die rakke waar
hierdie tipe items gewoonlik uitgestal word. Daar was egter geen
sodanige item op
die rak nie. Tweede verweerder het daarop ‘n
dame, wat verantwoordelik is vir die bestelling van voorraad ene Rosy
Seekoei,
geraadpleeg. Sy het verduidelik dat die items uit voorraad
is en dat sy dit reeds bestel het. Die eiser is daarop na ‘n
kantoor
geneem. Daar is ook ‘n blikkie skoenpolitoer in sy sak
gevind. Op tweede verweerder se aandrang het eiser verduidelik dat
hy
die items by ‘n ander winkel genaamd Kloppers gekoop het, maar
die kwitansie daarvoor reeds weggegooi het. Wat daarna
plaasgevind
het, word as volg deur tweede verweerder self beskryf:

Die meneer
het toe vir my gesê u weet hy gaan ons nou hof toe vat vir
valse beskuldiging en toe besluit ek maar ek gaan dan
nou die SAPD
bel om ‘n diefstal saak oop te maak. En net daarna het die
meneer vir my gesê ek moet vir Clicks by die
Waterfront bel,
want hy het die goed daar gekoop. Ek het hom toe herinner hy het op
die eerste geleentheid vir my gesê dit
was eers by Kloppers,
toe sê hy nee, dit was by Clicks. Ek het toe vir Clicks gebel,
ek het daar met die eienares gepraat
en ek het vir haar gevra om te
gaan hoor by die kassiere of hulle die oom kan onthou wat vroeër
die oggend daar was..... Hulle
het toe vir my gesê hulle kan
onthou die oom was daarso en hy het die spesifieke goed daar gekoop
en van daar af het ek vir
die oom om verskoning gevra en vir hom gesê
hy moet asseblief in die vervolg ‘n slippie vir ons bring of
die goed net
in die kar los en die oom is toe daar uit.”
[5] Dit is doenlik om te
meld dat die derde en vierde verweerders nie getuig het nie.
Verweerders het volstaan met die getuienis
van die tweede verweerder
en voormelde Rosy Seekoei.
[6] Die eiser is ‘n
75-jarige man. Hy het getuig dat sy geheue nie meer goed is nie. Die
oorkonde bevestig dat hy plek-plek
in sy getuienis die gebeure ietwat
uit volgorde weergegee het en homself hier en daar weerspreek het.
Die landdros het hom op grond
hiervan as ‘n onbetroubare getuie
bestempel. Ek meen dat dit ongeregverdig is. Die eiser se getuienis
aangaande wat plaasgevind
het toe hy deur die derde en vierde
verweerders arresteer is, is onweerspreek. Oor die gebeure na tweede
verweerder op die toneel
verskyn het, verskil hul getuienis ook nie
wesenlik nie.
[7]
Artikel 42 van die Strafproseswet, Nr. 51 van 1977, magtig ‘n
privaat persoon om ‘n sogenaamde burgerlike arres
uit te voer.
As voorvereiste word gestel dat daar redelike gronde daarvoor moet
bestaan en die arresteerder redelik moet optree.
Vergelyk
DAMON
v GREATERMANS STORES LTD AND ANOTHER
1984
(4) SA 143
(W). Op appèl was die advokate, namens die partye,
dit gevolglik eens dat redelikheid die maatstaf is waaraan die
respondente
se berowing van die eiser se vryheid beoordeel moet word.
Die onus om die redelikheid van die optrede te bewys, rus natuurlik
op
die verweerders. Vergelyk
ZEALAND
v MINISTER OF JUSTICE AND CONSTITUTIONAL DEVELOPMENT AND ANOTHER
2008 ( 4 ) SA 458 (CC)
op
468 par. [8]. Afwesigheid van enige getuienis van die kant van derde
en vierde verweerders aangaande wat presies hulle waargeneem
het wat
hulle genoop het om die eiser te arresteer, maak dit moeilik om die
redelikheid van hulle optrede te beoordeel. Die tweede
verweerder se
getuienis was egter dat een van derde of vierde verweerders aan hom
gesê het:

Hulle het
die eiser verby die tille sien gaan met voorraad in sy broeksak.”
Die toelaatbaarheid van
hierdie getuienis kan bevraagteken word. Aanvarende egter in die guns
van verweerders dat dit genoegsaam
is om by wyse van afleiding die
gedagtegang van derde en vierde verweerders aan te toon, was dit myns
insiens onredelik om sondermeer
te aanvaar dat eiser hierdie voorraad
in die winkel gesteel het. Van belang is dat eiser nie op daardie
stadium al gevra was vir
‘n verduideliking vir sy besit daarvan
nie, maar hy is summier na tweede verweerder geneem.
[10] Volgens tweede
verweerder het hy toe eiser by hom aangebring is, ondersoek wat dit
is wat eiser in sy besit het en gevind dat
dit “weggooibare
skeermeslemmetjies” is, ‘n produk wat sy supermark ook
verkoop. Toe daar eenmaal vasgestel is
dat daar nie op daardie
tydstip voorraad daarvan in die winkel was nie en die getuie, Rosie
Seekoei, bevestig het dat dit al bestel
is, moes dit egter vir tweede
verweerder duidelik geword het dat hierdie item nie sy supermark se
voorraad kan wees nie. Nietemin
word die eiser daarna onder
begeleiding van derde en vierde verweerders na tweede verweerder se
kantoor geneem. Ek vind dit onredelik.
[11] Wanneer eiser, op
tweede verweerder se eie weergawe, dreig om die verweerders “hof
toe te vat vir ‘n valse beskuldiging”
reageer tweede
verweerder deur die polisie te bel en ‘n klagte van diefstal te
lê. Ek vind dit totaal onredelik en
inderdaad kwaadwillig.
Tweede verweerder se getuienis dat eiser as gevolg daarvan
“ongelukkig” was, is vir my heeltemal
verstaanbaar.
Waarom tweede verweerder Clicks gebel het om te bevestig dat die
items daar gekoop is, nadat dit vir hom duidelik
moes wees dat die
items in elk geval nie uit sy supermark afkomstig is nie, is
onbegryplik. Ek vind dit eweneens onredelik. Dit
mag met reg gevra
word wat dit na alles met tweede verweerder te doen het waar presies
die items gekoop is, indien dit in elk geval
vasstaan dat dit nie uit
sy supermark kom nie.
[12] Die konsep van
selfbediening, soos in ‘n supermark soos hierdie, leen hom
daartoe dat ‘n kliënt met items
wat elders gekoop is in sy
besit tussen die rakke en verby die betaalpunt kan beweeg. Daar is
tog niks wat dit verbied nie. ‘n
Selfdiensbesigheid wat nalaat
om ‘n fasiliteit daar te stel waar kliënte vooraf items
wat elders gekoop was kan laat
voordat hulle die selfbedieningsgebied
binnegaan, moet besef dat kliënte met elders aangekoopte items
in besit in sy selfhelparea
en verby die betaalpunt kan beweeg. Dit
kan redelikerwys van so ‘n handelaar se bestuur en sekuriteit
personeel verwag word
om besonder bedag te wees op die risiko dat
sulke kliënte verkeerdelik van diefstal uit die besigheid
verdink kan word. Mnr.
Snellenburg, namens die verweerders, het
retories gevra hoe so ‘n gevolg dan vermy moet word? Dit is nie
die taak van die
hof om hiervoor oplossings aan die hand te doen nie.
Om egter so ‘n kliënt sondermeer te arresteer ten aanskoue
van
vele en onder begeleiding terug te neem die besigheid in, te
paradeer tussen die rakke en dan in ‘n kantoor te gaan
ondervra,
is nie redelike optrede nie. Die feit dat die waarheid
later vasgestel en verskoning aangebied word, is skrale troos. Die
skade
is dan reeds gedaan. Dit is presies wat hier met die eiser
gebeur het.
[13] In sy smeekbede het
die eiser skadevergoeding van R20 000,00 gevorder. Dit blyk uit sy
getuienis dat hy vroeër ‘n
bekende storieverteller was wat
oor die radio en selfs op televisie hierdie vertelkuns beoefen het.
Hy het, volgens hom, ook by
funksies en dergelike geleenthede die
aanwesiges op hierdie wyse vermaak. Hy was “my lewe lank tot ek
70 geword het”
eers ‘n diaken en daarna ouderling in sy
kerk. Volgens hom was hy ‘n gereelde kliënt van die
supermark en bekend
aan die personeel. Die tweede verweerder bevestig
dit in sy getuienis. Die eiser se getuienis was dat die kassiere toe
hy onder
begeleiding die supermark ingebring is, hul oë
toegedruk het, klaarblyklik vanweë die verleentheid wat die
gebeure meegebring
het. Sy getuienis was ook dat die derde en vierde
verweerders hom hardhandig aan die arms vasgehou het voor hy die
supermark ingebring
is. Soos reeds gemeld, het derde en vierde
verweerders nie getuienis afgelê om dit te weerspreek nie.
Alhoewel die berowing
van eiser van sy vryheid hoogstens 10 na 15
minute geduur het, is dit duidelik dat die gebeure vir hom erg
vernederend moes gewees
het. Ek meen dat ‘n bedrag van R10
000,00 billike genoegdoening hiervoor sal wees.
Bygevolg slaag die appèl
met koste. Die landdros se bevel word gewysig na:
Vonnis vir eiser in die
bedrag van R10 000,00 met koste teen eerste, tweede, derde en vierde
verweerders gesamentlik en afsonderlik
die een betaal die ander
vrygestel te word.
____________
C.B. CILLIé, R
Ek
stem saam.
________________
S.P.B. HANCKE, R
Namens die appellant:
Adv. C.D. Pienaar
In opdrag van:
Hill, McHardy &
Herbst Ing.
BLOEMFONTEIN
Namens die respondente
Adv. N. Snellenburg
In opdrag van:
Schoeman Maree Ing.
BLOEMFONTEIN
/sp