Swan v Kommissaris van die Hof van Klein Eise Bloemfontein en Anders (A170/09) [2010] ZAFSHC 136 (21 October 2010)

70 Reportability
Civil Procedure

Brief Summary

Review — Grounds for review — Section 46 of the Small Claims Courts Act 61 of 1984 — Applicant sought to have the decision of the first respondent set aside on grounds of irregularity — Second respondent claimed return of a deposit withheld by the applicant due to alleged damages — Third respondent commenced de novo hearing without proper justification and communicated with the second respondent post-hearing — Holding that the applicant established a gross irregularity in the proceedings, necessitating the setting aside of the decision and a review of the circumstances surrounding the initial commissioner’s inability to deliver a judgment.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2010
>>
[2010] ZAFSHC 136
|

|

Swan v Kommissaris van die Hof van Klein Eise Bloemfontein en Anders (A170/09) [2010] ZAFSHC 136 (21 October 2010)

VRYSTAATSE HOË
HOF, BLOEMFONTEIN
REPUBLIEK VAN
SUID-AFRIKA
Appèlnommer :
A170/09
In
die appèl van:-
P
J SWAN
.................................................................................
Appellant
en
KOMMISSARIS
VAN DIE HOF VAN
............................
1ste
Respondent
KLEIN EISE
BLOEMFONTEIN
HEIN SANDER
...............................................................
2de
Respondent
KARABO JACOB TAU
..................................................
3de
Respondent
CORAM:
HANCKE, R
et
CILLIé, R
AANGEHOOR OP:
18 OKTOBER 2010
_____________________________________________________
UITSPRAAK DEUR:
HANCKE, R
_____________________________________________________
GELEWER OP:
21 OKTOBER 2010
_____________________________________________________
[1] Applikant doen
aansoek om ‘n bevel met die volgende bepalings:
1. Dat die besluit van
die eerste respondent soos vervat in bylaag “I” tot
hierdie Kennisgewing van Mosie en gedateer
30 Junie 2009 hersien en
tersyde gestel word;
2. Dat die eerste en
tweede respondente gesamentlik en afsonderlik met mekaar asook
gesamentlik en afsonderlik met sodanige ander
respondente en persone
wat hierdie aansoek mag bestry, gelas word om die koste te betaal.
[2] Dit is van belang om
te let op die bepalings van artikel 46 van die Wet op Howe vir Klein
Eise, Nr. 61 van 1984 (“gemelde
Wet”) wat handel met die
omstandighede waaronder ingemeng kan word:

Gronde vir
hersiening-
Die gronde waarop die verrigtinge van
‘n hof voor ‘n provinsiale of plaaslike afdeling van die
Hooggeregshof van Suid-Afrika
op hersiening geneem kan word is-
gebrek aan regsbevoegdheid by die
hof;
belang by die geding, vooroordeel,
kwaadwilligheid of die pleging van ‘n misdryf bedoel in dele 1
– 4, of artikel
17, 20 of 21 (vir sover dit op voornoemde
misdrywe betrekking het) van hoofstuk 2 van die Wet op die
Voorkoming en Bestryding
van Korrupte Bedrywighede, 2004 deur die
Kommissaris; en
growwe onreëlmatigheid in
verband met die verrigtinge.”
Die vraag in hierdie saak
is of die applikant ‘n saak uitgemaak het vir hersiening soos
bedoel in artikel 46 van gemelde Wet.
[3] Dit blyk uit die
stukke dat die tweede respondent die applikant gedagvaar het vir
terugbetaling van ‘n deposito ten opsigte
van ‘n
huurooreenkoms wat beëindig is. Die applikant het die deposito
teruggehou weens beweerde skade veroorsaak deur
die tweede respondent
aan die eiendom, welke skade herstel moes word. Die aangeleentheid
was aanvanklik deur ‘n ander Kommissaris,
mnr. Kgwale, op 24
Mei 2009 aangehoor. Tydens die verhoor is getuienis deur beide die
applikant en die tweede respondent aangebied
en was die
aangeleentheid uitgestel vir ‘n bevinding en uitspraak na 30
Junie 2009.
[4] Op 30 Junie 2009 het
die derde respondent, Karabo Jacob Tau, die verrigtinge waargeneem en
het die verhoor
de novo
begin sonder om enige redes te verskaf
waarom hy in die plek van die vorige Kommissaris optree. Daar is nie
duidelikheid waarom
die derde respondent as Kommissaris oorgeneem het
nie. Volgens die tweede respondent is die
aanvanklike Kommissaris
nie meer in diens by die Hof vir Klein Eise nie “indien my
kolleksie korrek is”.
[5] Die applikant voer
aan dat hy nie beswaar gemaak het teen die derde respondent nie,
aangesien hy onder die indruk was dat slegs
die uitspraak gelewer sou
word. Verdermeer was die applikant nie gereed om die aangeleentheid
de novo
te hanteer nie en het hy as ‘n leek nie geweet
wat hom te doen staan in die betrokke omstandighede nie.
[6] Dit is van belang om
te let op die bepalings van artikel 10 van gemelde Wet wat soos volg
lui:

Prosedure in
geval van afwesigheid of onvermoë van Kommissarisse-
Wanneer ‘n Kommissaris weens
afwesigheid of onvermoë nie in staat is om die verhoor van ‘n
aksie te voltooi nie,
moet daardie verhoor
de novo
voor ‘n
ander Kommissaris ‘n aanvang neem.”
Daar is geen aanduiding
dat die huidige Kommissaris dit mondelings op rekord geplaas het
waarom sy voorganger “weens afwesigheid
of onvermoë nie in
staat is” om die saak af te handel nie. Inderwaarheid was die
verhoor reeds voltooi gewees en was
slegs die Kommissaris se
uitspraak uitstaande. Al het hy ook die diens verlaat, was daar
minstens ‘n morele plig gewees om
uitspraak te lewer. Indien hy
weens onvermoë nie in staat was om die uitspraak te lewer nie,
was dit noodsaaklik gewees om
dit so aan die partye mee te deel en
hulle ‘n geleentheid te gee om submissies daaromtrent te maak.
Die feit dat laasgenoemde
nie geskied het nie, stel na my mening ‘n
onreëlmatigheid daar.
[7] Gevolglik behoort die
verrigtinge tersyde gestel te word en ondersoek ingestel word waarom
die vorige Kommissaris nie uitspraak
gelewer het nie. Slegs indien
dit vasstaan dat voldoen is aan artikel 10 van gemelde Wet en dit
dienooreenkomstig aan die partye
meegedeel is, kan die verhoor
de
novo
voor ‘n ander Kommissaris ‘n aanvang neem.
[8] Daar is ook ‘n
verdere onreëlmatigheid. Dit is gemene saak tussen die partye
dat die derde respondent, na afloop
van die verrigtinge, maar voordat
uitspraak gelewer was, in die afwesigheid van die applikant en sonder
sy toestemming met die
tweede respondent kommunikeer het. Die derde
respondent voer aan dat die tweede respondent na die verhoor na buite
gegaan het waar
sy motor, ‘n outentieke 1967 model Fiat 600,
geparkeer was en hom gevra het of dit nie te koop was nie. Die
volgende dag
het die tweede respondent uitspraak in die guns van die
derde respondent verleen.
[9] Ten opsigte van die
kommunikasie tussen ‘n voorsittende beampte en ‘n getuie,
verklaar Broome RP (waarmee Holmes
R) saamstem in
REX v MAHARAJ
1960 (4) SA 256
(N) op 258 C die volgende:

It is
elementary that a judicial officer should have no communication
whatever with either party in a case before him except in
the
presence of the other, and no communication with any witness except
in the presence of both parties. For that reason the conviction
must
be set aside.”
In laasgenoemde saak het
die landdros ‘n mediese dokter na sy kamers geroep en sekere
aspekte van die saak bespreek ten opsigte
van die aanklag teen die
beskuldigde, naamlik bestuur onder die invloed van drank.
[10] Wat kommunikasie
tussen die voorsittende beampte en ‘n aanklaer betref in die
afwesigheid van die beskuldigde, verklaar
Howie, A.R. in
S v
ROBERTS
1999 (4) SA 915
(HHA) op 922 F – G die
volgende:

That is so
fundamentally important that the discussion between the magistrate
and the prosecutor in the instant case warranted on
its own, without
anything more, the setting aside of the sentence. Had such a
discussion occurred before conviction in this matter,
there can be no
question but that the conviction would have been fatally irregular.”
[11] Bogemelde optrede
van die derde respondent, naamlik om met die tweede respondent oor sy
motor te onderhandel kort na afhandeling
van die verhoor en voor
lewering van uitspraak, is na my mening ‘n growwe
onreëlmatigheid wat op sigself tersyde stelling
regverdig.
Daarmee saam moet ook in gedagte gehou word dat dit die applikant se
saak was dat die derde respondent deurgaans tydens
die verhoor
bevooroordeeld, kwaadwillig en kortaf teenoor hom opgetree het.
[12] In die lig van die
voorgaande feite is ek tevrede dat applikant daarin geslaag het om ‘n
growwe onreëlmatigheid
in verband met die verrigtinge aan te
toon soos bedoel in artikel 46 (c) van gemelde Wet. As gevolg van die
slotsom waartoe ek
gekom het, is dit nie nodig om met die ander
gronde van hersiening, geopper deur mnr. Buys namens die applikant,
te handel nie.
[13] Dit beteken dus dat
die moontlike onbeskikbaarheid van Kommissaris Kgwale eers uitgeklaar
moet word waarna, indien nodig, die
verrigtinge
de novo
voor
‘n ander Kommissaris ‘n aanvang moet neem.
[14] Wat koste betref, is
eerste en derde respondente funksionarisse van die Staat teen wie ‘n
kostebevel slegs geregverdig
kan word indien daar
mala fides
teenwoordig is. Geen sodanige omstandighede is hier aangetoon nie.
Daar was dan ook geen rede waarom die applikant nie die gewone

kostebevel, as synde die suksesvolle party teen die onsuksesvolle
party, synde die tweede respondent behoort te kry nie.
[15] Bygevolg word die
volgende bevele verleen:
1. ‘n Bevel
ingevolge bede 1 van die Kennisgewing van Mosie.
2. Tweede respondent word
gelas om die koste van die aansoek te betaal.
________________
S.P.B. HANCKE, R
Ek stem saam.
____________
C.B. CILLIé, R
Namens die appellant:
Adv. J.J. Buys
In opdrag van:
Hefer Prokureurs
BLOEMFONTEIN
Verw: WJ
BOTHA/mjvr/SWA1/0001
Namens die 2de
respondent: Adv. B.J. Smal
In opdrag van:
Van Pletzen Lambrechts
Prokureurs
BLOEMFONTEIN
Verw: F van Pletzen
/sp