S v Mohapi en Ander (400/2010) [2010] ZAFSHC 133 (30 September 2010)

55 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Sentencing — Jurisdiction of magistrate — Magistrate exceeded sentencing jurisdiction in terms of section 92(1)(a) of Act 32 of 1944 — Sentences set aside and replaced with lawful sentences. The accused were convicted of three counts of violating section 4(1) of the Precious Metals Act 37 of 2005 and sentenced by the magistrate to fines and terms of imprisonment, which included suspended sentences. The magistrate acknowledged exceeding the jurisdictional limits for sentencing. The legal issue was whether the magistrate had the authority to impose the sentences given the jurisdictional limits set by law. The court held that the magistrate had indeed exceeded his sentencing jurisdiction, leading to the sentences being set aside and replaced with lawful sentences that complied with the statutory limits.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2010
>>
[2010] ZAFSHC 133
|

|

S v Mohapi en Ander (400/2010) [2010] ZAFSHC 133 (30 September 2010)

VRYSTAATSE HOË
HOF, BLOEMFONTEIN
REPUBLIEK VAN
SUID-AFRIKA
Hersiening Nr. : 400/2010
In
die hersiening tussen:
DIE
STAAT
versus
MOSIUWA MOHAPI
..........................................................
Beskuldigde
1
MESHACK MAKHOLO
.....................................................
Beskuldigde
2
CORAM:
MUSI, R
et
MOCUMIE, R
UITSPRAAK DEUR:
C.J. MUSI, R
_____________________________________________________
GELEWER OP:
30 SEPTEMBER 2010
_____________________________________________________
[1] Hierdie saak is vir
spesiale hersiening gestuur deur die landdros, Virginia. Hierdie
aangeleentheid het op Kahn, Wnd R se lessenaar
beland, maar sy kon
nie aandag aan die saak skenk nie en is nie meer ‘n regter van
hierdie afdeling nie. Ek moes inderhaas
hierdie uitspraak skryf –
verskoning word aangebied vir die vertraging.
[2] Die agbare landdros
se kommentaar en versoek is as volg:

Bogemelde
beskuldigdes was op 25 Februarie 2010 deur my skuldig gevind en
gevonnis op drie aanklagte van oortreding van artikel
4(1) Wet op
Edelmetale 37 van 2007 en as volg gevonnis: Aanklag 1 – 3
saamgeneem vir doeleindes van vonnis:
1) Beboet R8000,00 (agtduisend Rand)
of 24 (vier-en-twintig) maande gevangenisstraf. Hierbenewens word die
beskuldigde gevonnis
tot 36 (ses-en-dertig) maande gevangenisstraf
waarvan 18 (agtien) maande gevangenisstraf opgeskort word vir 5 (vyf)
jaar op voorwaarde
dat die beskuldigde nie skuldig bevind word aan
oortreding van artikel 4(1) Wet 37 van 2005 gepleeg gedurende die
tydperk van opskorting
nie.
2) Beboet R8000,00 (agt duisend rand)
of 24 (vier-en-twintig) maande gevangenisstraf. Hierbenewens word die
beskuldigde gevonnis
tot 36 (ses-en-dertig) maande gevangenisstraf
waarvan 12 (twaalf) maande gevangenisstraf opgeskort word vir 5 (vyf)
jaar op voorwaarde
dat die beskuldigde nie skuldig bevind word aan
oortreding van artikel 4(1) Wet 37 van 2005 gepleeg gedurende die
tydperk van opskorting
nie.
Artikel van 20(1)(a) Wet 37 van 2005
bepaal dat die beskuldigdes gevonnis kan word tot R1000 000,00 of 20
jaar gevangenisstraf.
Dit maak egter nie voorsiening vir verhoogde
vonnisjurisdiksie nie en het ek gevolglik my vonnisjurisdiksie van 3
(drie) jaar gevangenisstraf
ingevolge artikel 92(1)(a) van Wet 32 van
1944 oorskry.
Bygevolg versoek ek respekvol dat die
vonnisse ingevolge artikel 304(2)(c) van Wet 51 van 1977 as volg
gewysig word:
Aanklag 1 – 3 word saamgeneem
vir doeleindes van vonnis
1) Beboet R8000,00 (agtduisend rand)
of 12 (twaalf) maande gevangenisstraf. Hierbenewens word die
beskuldigde gevonnis tot 24 (vier-en-twintig)
maande gevangenisstraf
waarvan 12 (twaalf) maande gevangenisstraf opgeskort word vir 5 (vyf)
jaar op voorwaarde dat die beskuldigde
nie skuldig bevind word aan
oortreding van artikel 4(1) Wet 37 van 2005 gepleeg gedurende die
tydperk van opskorting nie.
2) Beboet R8000,00 (agtduisend rand)
of 12 (twaalf) maande gevangenisstraf. Hierbenewens word die
beskuldigde gevonnis tot 24 (vier-en-twintig)
maande gevangenisstraf
waarvan 6 (ses) maande gevangenisstraf opgeskort word vir 5 (vyf)
jaar op voorwaarde dat die beskuldigde
nie skuldig bevind word aan
oortreding van artikel 4(1) Wet 37 van 2005 gepleeg gedurende die
tydperk van opskorting nie.
Dit word gelas dat beskuldigde 1 en 2
nie vir vrylating onder korrektiewe toesig kragtens die bepalings van
artikel 287(4)(a) Wet
51 van 1977 oorweeg en geplaas mag word nie.”
[3] Ek stem saam dat die
landdros sy vonnis jurisdiksie oorskry het. Die vonnisse moet tersyde
gestel word.
[4] Derhalwe maak ek die
volgende bevel:
1. Die skuldigbevindings
word bekragtig.
2. Die vonnisse word
tersyde gestel en vervang deur die volgende vonnis:
Beskuldigde 1 en 2 word
elk as volg gevonnis:
Aanklagte 1 – 3
word saamgeneem vir vonnis doeleindes.
1) Beboet R8000,00
(agtduisend rand) of 12 (twaalf) maande gevangenisstraf. Hierbenewens
word die beskuldigde gevonnis tot 24 (vier-en-twintig)
maande
gevangenisstraf waarvan 12 (twaalf) maande gevangenisstraf opgeskort
word vir 5 (vyf) jaar op voorwaarde dat die beskuldigde
nie skuldig
bevind word aan oortreding van artikel 4(1) Wet 37 van 2005 gepleeg
gedurende die tydperk van opskorting nie.
___________
C.J. MUSI, R
Ek stem saam.
_______________
B.C. MOCUMIE, R
/sp