About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2010
>>
[2010] ZAFSHC 123
|
|
Van der Walt NO and Others v African Dawn Property Transfer Finance 1 (Pty) Ltd and Another (2195/2010) [2010] ZAFSHC 123 (16 September 2010)
VRYSTAATSE HOË HOF, BLOEMFONTEIN
REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA
Saak Nr. : 2195/2010
In
die aansoek tussen:-
C
J VAN DER WALT N.O.
..................................................
1st
Applikant
E
J W VAN DER WALT N.O.
.............................................
2de
Applikant
I
J VAN DER WALT N.O.
...................................................
3de
Applikant
C
J VAN DER WALT
..........................................................
4de
Applikant
E
J W VAN DER WALT
......................................................
5de
Applikant
C
J VAN DER WALT N.O.
.................................................
6de
Applikant
E
J W VAN DER WALT N.O.
.............................................
7de
Applikant
en
AFRICAN
DAWN PROPERTY TRANSFER
FINANCE
1 (PTY) LTD
.................................................
1ste
Respondent
DIE
STANDARD BANK VAN
SUID-AFRIKA
BPK
.......................................................
2de
Respondent
_____________________________________________________
UITSPRAAK
DEUR:
KRUGER, R
_____________________________________________________
AANGEHOOR OP:
9 SEPTEMBER 2010
GELEWER
OP:
16 SEPTEMBER 2010
_____________________________________________________
[1] Hierdie is ‘n aansoek om tersydestelling van
‘n vonnis wat op 18 Desember 2008 deur hierdie hof toegestaan
is teen
die huidige sewe applikante. Die 1ste respondent was die
applikant in daardie aansoek. Applikante is in daardie bevel gelas om
R330 875,90 plus rente aan eerste respondent te betaal, met koste op
die prokureur en kliënt skaal. Die versoek dat die eiendom
uitwinbaar verklaar word is nie toegestaan nie.
[2] Applikante vermeld nie in die Kennisgewing van Mosie
of die Funderende Eedsverklaring op watter basis die aansoek om
tersydestelling
gebring word nie. Mnr Greyling, vir applikante, sê
in sy betoogshoofde die aansoek word onder reël 42(1)(a) van die
Eenvormige Hofreëls gebring omdat die aansoek verkeerdelik
aangevra of verkeerdelik gegee is. Mnr Grobler, vir die 1ste
respondent,
meen dat die aansoek onder die gemene reg gebring is.
[3] In die Funderende Eedsverklaring
sê die 4de applikant dat die aansoek nie geopponeer was omdat
betekening geskied het
op die applikante se
domicilium
citandi et executandi,
waar
geeneen van die applikante woon nie, en hulle het geen kennis van die
saak gekry nie.
[4] Die 4de applikant sê die eerste kennis wat hy
van die vonnis gehad het, was op 16 September 2009 toe die huurder op
die
grond hom meegedeel het van ‘n eksekusieveiling wat gereël
was. Hy het toe kontrak opgeneem met die 1ste respondent en
die
partye het ‘n skikkingsooreenkoms aangegaan (“VW 3”).
Die skikkingsooreenkoms is nooit geteken nie, want
die 3de applikant
het aangedring op ‘n staat van die 1ste respondent, maar 1ste
respondent het geweier om dit te verskaf
omdat hy reeds vonnis teen
die applikante gehad het. Die applikante het sekere betalings
ingevolge “VW 3” gemaak vir
die periode 9 Oktober 2009
tot 6 Januarie 2010. Klousule 6 van die ongetekende ooreenkoms “VW
3” meld dat dit nie ‘n
novasie van die oorspronklike
skuld of hofbevel is nie.
[5] Die 4de applikant ontvang toe dokumentasie vir ‘n
tweede veiling, geskeduleer vir 5 Mei 2010. Toe gaan 4de applikant na
sy prokureur en die huidige aansoek word geloods.
[6] As rede waarom die hofbevel van 18 Desember 2008
tersydegestel moet word, voer die 4de applikant aan, met verwysing na
die Dekkingsverband
oor die eiendom, gehou deur 1ste respondent oor
die eiendom, dat 1ste respondent nie geregtig was om enige optrede te
volg wat
uit die Dekkingsverband ontstaan sonder die skriftelike
toestemming van Standard Bank (2de respondent) nie. Standard Bank was
nie
gevoeg in die saak waar 1ste respondent vonnis teen applikante
verkry het op 18 Desember 2008 nie. 4de Applikant sê Standard
Bank het ‘n wesenlike belang by daardie litigasie gehad en moes
gevoeg gewees het. (In die huidige tesydestellingsaansoek
is Standard
Bank as 2de respondent gevoeg, maar het nie tot die geding toegetree
nie). Die 4de applikant beweer dat Standard Bank
nie aan 1ste
respondent toestemming verleen het om die regshulp wat op 18 Desember
2008 verleen is, te vra nie.
[7] Die deponent tot die Funderende Eedsverklaring
beweer ook dat betalings deur die applikante gemaak was, in besonder
‘n
betaling van R154 400,00 gemaak op 4 Desember 2008, waarvan
1ste responent nie die hof ingelig het nie. Die deponent sê die
hof sou op 18 Desember 2008 nie die bevele verleen het wat toegestaan
is, as die hof van die betalings geweet het nie. Die deponent
sê
ook daar was nie kontrakbreuk deur W J Construction Trust soos beweer
was in die stukke voor die hof op 18 Desember 2008
nie, daarom moes
die mindere rentekoers van 6,5% toegestaan gewees het en nie 7,5%
soos wat die hof gedoen het nie.
Die laaste grond wat die 4de applikant in die Funderende
Eedsverklaring aanvoer waarom die vonnis nie toegestaan moes gewees
het
nie, is omdat die Nasionale Kredietwet 34 van 2005 van toepassing
was.
[8] Die Repliserende Eedsverklaring word gemaak deur
Bezuidenhout, ‘n direkteur van 1ste respondent.
[9] Wat die kennis aan Standard Bank betref, wys
Bezuidenhout daarop dat ingevolge die Hofbevel van 18 Desember 2008
die 2de Dekkingsverband
gekanselleer is onderworpe aan al die terme
en voorwaardes daarin vervat, wat klousule 24(a) insluit, ingevolge
waarvan die toestemming
Standard Bank vereis word vir
uitwinbaarheidsverklaring. Hy wys daarop dat Standard Bank wel
toegestem het tot die uitwinbaarheidsverklaring
van die eiendom deur
‘n reserweprys te voorsien. Dus, sê respondent, is dan
geen meriete in die kwessie oor Standard
Bank se toestemming nie.
[10] Die tweede verweer waarmee Bezuidenhout handel is
die kontrakbreuk van W J Construction Trust. Bezuidenhout wys daarop
dat
W J Construction Trust nie die bedrag van R321 407,69 betaal het
nie, wat ingevolge die leningsooreenkoms op 11 Oktober 2008
betaalbaar
was nie. 1ste Respondent het ‘n aanmaning aan W J
Construction Trust gestuur op 21 Oktober 2008, waarop W J
Construction
Trust nie gereageer het nie, en gevolglik was 1ste
respondent geregtig om 7,5% rente te vorder.
[11] Betreffende die Nasionale Kredietwet sê
Bezuidenhout dat, as W J Construction Trust se waarborg wat hy in die
leningsooreenkoms
verstrek het, foutief was, val die
leningsooreenkoms steeds buite die Nasionale Krediewet vanweë
artikel 4(1)(b) daarvan ingevolge
waarvan die Nasionale Kredietwet
nie van toepassing is op transaksies van meer as R250 000,00 nie.
[12] Bezuidenhout sê dat, deur die Erkenning van
Skuld (“VW 3”) aan te gaan in plaas daarvan om
onmiddellik die
tersydestellingsaansoek te loods, het die applikante
hulle reg op tersydestelling geabondoneer. Applikante het ook
betalings gemaak
ingevolge die erkenning van skuld.
[13] Mnr Greyling, namens applikante vra slegs dat
paragrawe 3 en 5 van die Hofbevel van 18 Desember 2008 ter syde
gestel word.
Hy sê die eiendom is intussen verkoop, en
paragraaf 4 van die hofbevel, wat met die kansellasie van die verband
handel is
nou akademies.
Mnr Greyling verwys na
FIRST
NATIONAL BANK OF SOUTH AFRICAN LTD v JURGENS AND OTHERS
1993 (1) SA 245
(W) waar Leveson R op
247 D – E bevind dat reël 42 slegs toepassing vind waar
die applikant regshulp versoek het wat
verskil van die regshulp
waarop hy geregtig was ingevolge sy eisoorsaak soos gepleit.
(
Erasmus
,
Superior Court
Practice
,
B1–308A, in voetnoot 4, wys daarop dat hierdie bevinding gemaak
word sonder dat die hof na enige gesag verwys.)
Mnr Greyling voer aan dat, op die stukke wat op 18
Desember 2008 voor die hof gedien het, was die verwere soos nou deur
applikant
aangevoer duidelik.
[14] Mnr Grobler vir eiser verwys na
LODHI 2
PROPERTIES INVESTMENTS CC AND ANOTHER v BONDEV DEVELOPMENTS (PTY) LTD
2007 (6) SA 87
(HHA)
waarvan par [27] soos volg
lees:
“
[27] Similarly, in a case where a plaintiff
is procedurally entitled to judgment in the absence of the defendant
the judgment if
granted cannot be said to have been granted
erroneously in the light of a subsequently disclosed defence. A Court
which grants
a judgment by default like the judgments we are
presently concerned with, does not grant the judgment on the basis
that the defendant
does not have a defence: it grants the judgment on
the basis that the defendant has been notified of the plaintiff's
claim as required
by the Rules, that the defendant, not having given
notice of an intention to defend, is not defending the matter and
that the plaintiff
is in terms of the Rules entitled to the order
sought. The existence or non-existence of a defence on the merits is
an irrelevant
consideration and, if subsequently disclosed, cannot
transform a validly obtained judgment into an erroneous judgment.”
[15] By die toestaan van ‘n verstekvonnis verleen
die hof vonnis omdat die verweerder in kennis gestel is van die eis,
maar
nie opponeer nie. Die hof staan nie die vonnis toe omdat daar
nie ‘n verweer is nie. By tersydestellingsaansoek onder reël
31(2)(b) moet die applikant binne 20 dae nadat hy of sy kennis van
die vonnis het, aansoek doen om tersydestelling en gegronde
redes
aanvoer. Die applikant moet toon dat hy ‘n
bona fide
verweer het.
[16] Wanneer die hof ‘n vonnis by verstek
toestaan, soek die hof nie na moontlike verwere nie. Die vonnis word
toegestaan
omdat die eiser ‘n
prima facie
saak uitmaak
waarop daar geen antwoord is nie. Reël 31(2)(b) maak voorsiening
vir die geval waar die verweerder wat in verstrek
was ‘n
verweer het. So ‘n verweerder kan in die
tersydestellingsaansoek die verweer opper. Reël 42 het die
vereiste
dat slegs ‘n fout of oorsig getoon moet word. Die feit
dat die regter wat vonnis toegestaan het nie bewus was van ‘n
verweer, selfs al het die verweer bestaan, is nie ‘n grond om
die vonnis ter syde gestel nie (
LODHI
-saak par [27]).
Mnr Greyling se standpunt is dat die
LODHI
-saak slegs
met die eerste been van die vereistes onder reël 42 handel,
naamlik die proseduriële aspek, en geen invloed
het op die
kwessie van ‘n verweer nie. In paragraaf [27], hierbo
aangehaal, sê Steicher, AR dat die bestaan al dan
nie van ‘n
verweer by ‘n vonnis wat in ‘n verweerder se afwesigheid
toegestaan is, en wat die verweerder onder
Reël 42 wil
tersydestel, ‘n irrelevante oorweging is.
[17] Die verwere van die R154 000,00 wat na bewering nie
in ag geneem is deur die hof wat die vonnis toegestaan het en die
rentekoers
van 7.5% wat 6.5% moes gewees het, kan nie op hierdie
stadium geopper word onder Reël 42 as gronde waarom die vonnis
verkeerdelik
toegestaan is nie. Onder Reël 31(2)(b) sou die
meriete van daardie verwere aangevoer en beoordeel kon word. Wat die
kennisgewing
aan Standard Bank betref, is dit duidelik dat Standard
Bank betref, is dit duidelik dat Standard Bank toestemming tot die
eksekusie
gegee het deur ‘n reserweprys vas te stel.
[18] Die hoofrede waarom die tersydestelling nie kan
slaag nie, is omdat applikant hom berus het in die vonnis deur ‘n
skikkingsooreenkoms
by wyse van ‘n erkenning van skuld aan te
gaan (“VW 3”) en betalings daarvolgens gemaak het. Dit
was eers toe
applikant agter raak met sy paaiemente onder die
skikking wat hierdie tersydestelling-aansoek gerig is. Die applikant
het deur
sy optrede sy regte op tersydestelling laat vaar. Die rede
waarom daar tydperke vasgepen is in Reël 31(2)(b) is omdat tyd
nuwe omstandighede tot gevolg het. Die eiendom is nou verkoop en
kansellasie van die verband is irrelevant. ‘n Skikking is
intussen aangegaan waarin die verweerders aanspreeklikheid vir
betaling van R433 925.88 erken, terwyl die vonnis toegestaan was
vir
slegs R330 875.90, dus is die bedrae wat na bewering betaal is en die
rentekoers wat na bewering verkeerdelik as 7,5% in plaas
van 6,5%
gehef is, irrelevant.
[19] Die aansoek word met koste afgewys.
_____________
A. KRUGER, R
Namens die applikante: Adv. P. Greyling
In opdrag van:
Steenkamp De Villiers & Coetzee Ing.
BLOEMFONTEIN
Namens die 1ste respondent: Adv. S. Grobler
In opdrag van:
Matsepes
BLOEMFONTEIN
Namens die 2de respondent: Geen verskyning
/eb