Absa Bank Bpk v Van Niekerk NO and Anders (3751/2010) [2010] ZAFSHC 101 (16 September 2010)

70 Reportability
Contract Law

Brief Summary

Execution — Summary judgment — Suretyship agreements — Appellant sought summary judgment against multiple respondents who were sureties for a company in liquidation — Respondents contended that the company had a substantial interest in the matter and that the appellant should exhaust remedies against the company before proceeding against the sureties — Court held that the sureties, by signing as co-principal debtors, waived the right to require the appellant to first pursue the company — Summary judgment granted in favor of the appellant as the respondents failed to establish a bona fide defense.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2010
>>
[2010] ZAFSHC 101
|

|

Absa Bank Bpk v Van Niekerk NO and Anders (3751/2010) [2010] ZAFSHC 101 (16 September 2010)

VRYSTAATSE HOË HOF, BLOEMFONTEIN
REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA
Saaknommer Nr. : 3751/2010
In
die aansoek tussen:-
ABSA
BANK BPK
.......................................................
Eiser
REGNR.
1986/004764/06
en
LOUIS JOHANNES VAN NIEKERK N.O.
...................
1ste Verweerder
CHRISTELLE VAN NIEKERK N.O.
.............................
2de
Verweerder
DAWID ADNRé DE LANGE N.O.
................................
3de
Verweerder
AMANDA DE LANGE N.O.
..........................................
4de
Verweerder
JOHANNES ARNOLD DE LANGE N.O.
......................
5de Verweerder
JAN HENDRIK CLAASSENS N.O.
..............................
6de
Verweerder
LOUIS JOHANNES VAN NIEKERK
.............................
7de
Verweerder
MAGDA ELS
.................................................................
8ste
Verweerder
_____________________________________________________
UITSPRAAK
DEUR:
KRUGER, R
_____________________________________________________
AANGEHOOR
OP:
9 SEPTEMBER 2010
_____________________________________________________
GELEWER
OP:
16 SEPTEMBER 2010
_____________________________________________________
[1] Eiser versoek summiere vonnis teen die agt
verweerders. Eerste, tweede en derde verweerders is die trustees van
die Van Niekerk
Familietrust. Vierde, vyfde en sesde verweerders is
die trustees van die De Lange Familietrust. Die sewende verweerder is
Louis
Johannes van Niekerk en die agste verweerder is Magda Els.
[2] Aanhangsel “B” tot eiser se Besonderhede
van Vordering is die borgskap van die Van Niekerk Familietrust.
Aanhangsel
“C” is die borgskap van die De Lange
Familietrust. Aanhangsel “D” is die borgskap van Louis
Johannes van
Niekerk, die sewende verweerder en aanhangsel “E”
dié van Magda Els, die agste verweerder. Die twee trusts se

borgskappe is beperk tot R1.5 miljoen, maar die sewende en agste
verweerders se borgskappe is onbeperk. In al vier die borgskappe

verbind die borge hulself as borg en mede-hoofskuldenaar.
[3] Die opponerende eedsverklaring word gemaak deur die
sewende verweerder. Hy verduidelik dat die borgskappe aangegaan is
vir ‘n
maatskappy bekend as “My Speciality Beads (Edms)
Bpk” (“die maatskappy”). Die maatskappy en eiser
het op
13 November 2009 ‘n skriftelike “Invoice
discounting agreement” aangegaan. Eiser het op 11 Augustus 2010
‘n
aansoek gebring vir die likwidasie van die maatskappy, wat
toe op 2 September 2010 voorlopig gelikwideer is.
[4] Die eerste verweer wat verweerders opper, is dat die
maatskappy ‘n wesenlike belang het by hierdie geding en dat die
eiser
eers die maatskappy moet uitwin voor hy die borge aanspreek.
Die verweerders is almal borge en mede-hoofskuldenaars. Eiser is
geregtig
om hulle aan te spreek en hoef nie eers die maatskappy uit
te win nie, want die borge het, deur as mede-hoofskuldenaars te
teken,
die verweer van uitwinning laat vaar.
[5] Die hoofverweer waarop mnr. Botes, namens die
verweerders steun, is dat die maatskappy se uitstaande debiteure aan
eiser gesedeer
is en die deponent sê die eiser vorder elke
maand minstens R68 000,00 van die maatskappy se debiteure, welke
fondse aangewend
word ter gedeeltelike delging van die uitstaande
bedrag wat die maatskappy aan eiser verskuldig is. Ter stawing van
hierdie beweerde
betaling heg die verweerders aanhangsel “MSB4”
aan, wat ‘n staat is van eiser aan die maatskappy gedateer 16
Julie 2010. Eiser se dagvaarding is uitgereik op 28 Julie 2010 en die
saldo-sertifikaat waarop eiser steun, is gedateer 11 Junie
2010,
waarin die eisbedrag van R1 406 236,31, wat in die dagvaarding geëis
word, gestaaf word.
Aanhangsel “MSB4” toon ‘n “Debtor
Payment” van R68 448,80 op 15 Julie 2010. Die sewende
verweerder
sê in par. 4.4:

Die Eiser vorder elke maand meer as R68
000,00 van die maatskappy se debiteure, welke fondse aangewend word
ter gedeeltelike delging
van die uitstaande bedrag wat die maatskappy
aan die Eiser verskuldig is.”
Die deponent sê ook in par. 7.3:

Nadat die Eiser al die maatskappy se
opeisbare debiteure gevorder het, behoort die bedrag wat die
maatskappy aan die Eiser verskuldig
is uitgewis te wees. Dit sal
gevolglik geheel en al voortydig en/of prematuur wees om vonnis teen
ons Verweerders toe te staan.”
[6] Mnr. Botes verwys na
FI
RSTRAND
BANK LTD v CARL BECK ESTATES (PTY) LTD AND ANOTHER
2009 (3) SA 384
(T) waar ‘n betaling na
uitreiking van die dagvaarding gedoen is (par. [28]). Die hof
verminder dan eiser se eisbedrag van
R3 907 904,91 met die betaling
van R100 000,00 en staan summiere vonnis toe vir R3 807 904,91.
[7] Mnr. Botes voer aan dat, omdat die betaling van R68
448,80 nie in eiser se eis in ag geneem word nie, is die eisbedrag
nie gelikwideer
soos vereis deur Reël 32(1)(b) van die
Eenvormige Hofreëls nie. Mnr. Botes se standpunt is dat die
eiser moet staan en
val by die formulering en aanbieding van sy saak.
Omdat die betaling nie in ag geneem
is nie, sê hy die eiser het nie ‘n voltooide en geldige
skuldoorsaak nie, met verwysing
na
MOWSCHENSON AND
MOWSCHENSON v MERCANTILE ACCEPTANCE CORPORATION OF SA LTD
1959 (3) SA 362
(W) te 3
64A. In
MOWSCHENSON
se saak het die verweerders gepoog om aan te voer
dat eiser op ‘n likiede dokument steun, maar daar was geen
aanduiding in
die dagvaarding dat die eiser op ‘n likiede
dokument gesteun het nie. Daardie verweer is van die hand gewys.
[8] Mnr. Heymans, namens eiser, wys daarop dat die
deponent, Van Niekerk (sewende verweerder) en die derde en agste
verweerders
die enigste direkteure van die maatskappy is. Synde
direkteure van die maatskappy, verwag mens dat hulle kennis sou dra
van die
bates en verpligtinge van die maatskappy. Die deponent, synde
‘n direkteur van die maatskappy, sou weet waar die bedrag van

R68 448,80, wat op die staat van 15 Junie 2010 getoon word, vandaan
kom en wat dit verteenwoordig. Hy sê dit nie. Hy sê
daar
word maandeliks meer as R68 000,00 gevorder. Klaarblyklik sou daardie
vorderings tot ‘n einde gekom het by die voorlopige
likwidasie
van die maatskappy. In ieder geval is alle bedrae waarop die
maatskappy geregtig is en wat betaal word binne ses maande
voor die
likwidasie-verrigtinge, vernietigbare voorkeure onder artikel 29 van
die Insolvensiewet, 24 van 1936.
[9] Goeie trou is van groot belang by summiere vonnis.
Volgens Reël 32(3)(b) moet die verweerders die hof oortuig

dat hy ‘n
bona
fide
verweer teen die aksie het”.
Hier het mens te doen met borge van die hoofskuldenaar.
Die deponent tot die opponerende eedsverklaring is ‘n direkteur
van
die hoofskuldenaar. Die deponent maak die bewering:

Die eiser vorder elke maand meer as R68 000
van die maatskappy se debiteure...”
Selfs indien daardie bewering korrek is, kan geen
verdere invorderings plaasvind na die uitreik van die aansoek om
likwidasie van
die maatskappy op 11 Augustus 2010 nie. Die betaling
waarna in “MSB4” verwys word, is gemaak op 15 Julie 2010.
Die
volgende maand se betaling sou dan op 15 Augustus gemaak moet
word en dit kan nie gedoen word nie, want die maatskappy se bates
en
laste word, ingevolge artikel 348 van die Maatskappywet, 61 van 1973,
bevries deur die uitreik van die aansoek om likwidasie,
synde die
datum waarop die likwidasie van die maatskappy ‘n aanvang neem.
Mnr. Heymans, vir eiser, wys daarop dat aanhangsel
“MSB4”
slegs vermeld “Debtor Payment” en hy sê dit kon
netsowel My Speciality Beads (Edms) Bpk gewees
het wat die betaling
maak.
[10] Mnr. Heymans bevraagteken die sewende verweerder se
bona fides
omdat in stede daarvan om volledige openbaring van
die maatskappy se sake te doen, hy selektief te werk gaan en hy lê
slegs
enkele dokumente voor om die ontkenning van die verskuldigde
bedrag te bewys. Slegs die kennisgewing van mosie in die
likwidasie-aansoek
teen die maatskappy word deur die sewende
verweerder aangeheg; nie die funderende eedsverklaring of die
voorlopige likwidasiebevel
van 2 September 2010 nie. Die deponent sê
ook nie of die aansoek geopponeer was of op die keerdag geopponeer
gaan word nie.
Die deponent sê ook nie wanneer die keerdag is
nie. Die deponent heg as aanhangsel “MSB3” ‘n staat
“MSB
Bates” aan. Dit toon totale bates as R174 540,00 en
“Absa finance” as R164 026,74. Die deponent sê in
sy
opponerende eedsverklaring dat die maatskappy R174 540,00 se bates
het. Wat die deponent nie sê nie, is dat uit die staat
wat hy
aanheg, blyk dat R164 026,74 se bates aan ABSA finansiëring
onderhewig is. Sonder verdere toeligting deur die deponent,
lyk dit
of daar R10 000,00 se onbelaste bates is. As die deponent te goeder
trou was, sou hy die posisie volledig verduidelik het
en ten minste
die hele likwidasie-aansoek voor die hof geplaas het. Mnr. Heymans sê
die blote feit dat ‘n voorlopige
likwidasiebevel teen die
maatskappy toegestaan is, dui aan dat die maatskappy insolvent is of
nie sy skulde kan betaal nie.
[11] Wat aanhangsel “MSB4”
betref, die betaling van R68 488,80, sê mnr. Heymans dat die
sewende verweerder nie
meld en nie ontken dat verdere bedrae deur
eiser na 15 Julie 2010 aan die maatskappy voorgeskiet is nie. Mnr.
Heymans wys daarop
dat die bedrag van R1 931 594,89 onder “Debtor
Balance” op “MSB4” glad nie deur die sewende
verweerder
verduidelik word nie. Uit hierdie swye behoort die hof
twyfel te hê oor die vraag of die verweerders ‘n
volledige en
behoorlike verweer met betrekking tot die beweerde
verskuldigde bedrag openbaar. Volgens mnr. Heymans dui die feit dat
die sewende
verweerder swyg oor hoeveel geld uitstaande is, op ‘n
oneerlike deponent, wat nie te goeder trou is nie en wat nie ‘n
bona fide
verweer
openbaar nie. In paragraaf 8 van die opponerende eedsverklaring sê
die sewende verweerder dat die maatskappy “veel
minder as R1
406 236,31 aan hom verskuldig is”. Die sewende verweerder sê
egter nie hoeveel volgens hom verskuldig
is nie.
[12] Die verweerder se verweer is een
van betaling. As betaling in geskil is, is die bewyslas op verweerder
om betaling te bewys.
(Sien Christie,
The
Law of Contract in South Africa
, 5de
Uitgawe (2006) 432 by voetnoot 230.) Die eiser se saldosertifikaat
skep volgens die bewoording daarvan “sufficient proof”.

Die sertifikaat vergemaklik bewys van die vordering en ontneem nie
die hof van jurisdiksie nie. (
ASTRA FURNISHERS (PTY) LTD
v AREND AND ANOTHER
1973 (1) SA 446
(K) te 450 A – D;
NEDBANK LTD v VAN DER BERG AND ANOTHER
1987 (3) SA 449
(W) te 452 A – D). Op sy minste stel die
sertifikaat
prima facie
bewys
daar en die bewyslas is op verweerders om op
bona
fide
gronde aan te toon dat die
sertifikaat verkeerd is. Die blote aanhegting van ‘n staat van
die eiser waarop ‘n betaling
getoon word, sonder om te
verduidelik waar die betaling vandaan kom en wat die syfers van
“Debtor’s Balance R1 931
594,89” en “Funds in
Use R1 067 708,97” beteken, is nie ‘n volledige
uiteensetting van die aard en gronde
van sy verweer soos vereis deur
Reël 32(3)(b) nie. In
BORDER CONCRETE ENGINEERING
CO (PTY) LTD v KNICKELBEIN
1982 (2) SA 648
(OKA) het die
verweerder eiser se eis tot ‘n sekere bedrag
erken, maar beweer dat die eis meer is as waarvoor verweerder
aanspreeklik is.
Die hof het in sy diskresie summiere vonnis geweier.
In
HERB DYERS (PTY) LTD v MAHOMED AND ANOTHER
1
965 (1) SA 31
(T) het die verweerder gesê
dat hy nie kan kommentaar lewer op eiser se eis, omdat geen
besonderhede voorsien is van hoe
die bedrag saamgestel is nie. Dit
was onvoldoende om summiere vonnis af te weer. In
PETLEN
PROPERTIES (PTY) LTD v BOLAND CONSTRUCTION CO (PTY) LTD
1973
(4) SA 557
(K) het die
verweerder bloot verklaar
dat hy geen kennis dra van die bedrag wat hy skuld nie. Die hof vind
dat die rekening bespreek was en
staan summiere vonnis toe. In
WESTERN PROVINCE HARDWARE &
TIMBER CO (PTY) LTD v FLETCHER
1971
(2) PH F 77 (K) het Diemont R beslis dat waar ‘n verweerder
bloot opper dat foute in die verlede gemaak is en sê
dat die
eisbedrag verdag is, is dit onvoldoende.
[13] In die onderhawige geval kon die verweerder maklik
besonderhede bekom het van die R68 445,80. Hy laat dit in die lug en
probeer
twyfel skep. Hy veg nie die feit dat eiser geregtig is om op
‘n saldosertifikaat te steun, aan nie. Die sewende verweerder

verduidelik nie die bedrae van R1 931 594,89 en R1 067 708,97 op
aanhangsel “MSB4” nie. Nie een van daardie bedrae
is
versoenbaar met die saldo van R1 406 236,31 wat op die
saldosertifikaat getoon word nie. Dit lyk of “MSB4” ander

bedrae aantoon as die skuld van die maatskappy aan eiser. Die
begrippe op “MSB4”: “Debtor Balance” en
“Funds in Use” kan moontlik slaan op bedrae wat die
maatskappy se skuldenare ingevolge die faktuurboek wat aan eiser

gesedeer is, aan die maatskappy verskuldig is.
[14] Die eiser se eis vloei uit die sessie van
boekskulde van die maatskappy aan eiser. In plaas daarvan om toe te
laat dat die
maatskappy se skulde aan die eiser betaal word ingevolge
die sessie, het die sewende verweerder self die gelde gevorder, soos
blyk
uit sy besonderhede van eis:

15. In breach of the agreement, the First
Defendant collected monies due to the Plaintiff in terms of the
aforementioned invoices
from the debtors directly and failed to pay
such monies over to the Plaintiff, notwithstanding the fact that the
monies due did
not belong to the First Defendant, which breach also
constitutes a material breach of the agreement.”
[15] Op die beste vir verweerders, is daar moontlik
twyfel oor die bedrag van R68 448,80. Dit kan van die eisbedrag van
R1 406 236,31
afgetrek word en summiere vonnis vir die balans
toegestaan word.
[16] Bevel:
1. Summiere vonnis word gesamentlik en afsonderlik teen
al die verweerders toegestaan vir –
1.1 Betaling van R1 337 787,51.
1.2 Rente op voormelde bedrag teen 10% per jaar vanaf
datum van vonnis.
1.3 Koste op die skaal soos tussen prokureur en eie
kliënt.
2. Verlof word aan die verweerders toegestaan om die
saak te verdedig ten opsigte van R68 448,80.
____________
KRUGER, R
Namens die eiser: Adv. P.J. Heymans
In opdrag van:
E G Cooper Majiedt Ing
BLOEMFONTEIN
Namens verweerders: Adv. F.W. Botes
In opdrag van:
Rosendorff Reitz Barry
BLOEMFONTEIN
/sp