Nedbank Bpk v Pickor Thirty One Bk en Anders (6137/2009) [2010] ZAFSHC 172 (9 September 2010)

70 Reportability
Banking and Finance

Brief Summary

Execution — Summary judgment — Requirements for granting summary judgment — Plaintiff sought summary judgment against defendants for outstanding loan amounts based on written agreements — Defendants contended that they were not in default due to a payment holiday granted by the plaintiff — Court held that the plaintiff's notices of default were invalid as they were sent to an incorrect address and during the period of the payment holiday, thus defendants were not in mora — Summary judgment against defendants for the outstanding amounts was refused.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2010
>>
[2010] ZAFSHC 172
|

|

Nedbank Bpk v Pickor Thirty One Bk en Anders (6137/2009) [2010] ZAFSHC 172 (9 September 2010)

VRYSTAAT
HOË HOF, BLOEMFONTEIN
REPUBLIEK
VAN SUID-AFRIKA
Saaknommer : 6137/2009
In die saak tussen:-
NEDBANK BEPERK
........................................................................
Eiser
en
PICKOR THIRTY ONE
BK
.........................................
Eerste
Verweerder
CHRISTIAAN ERNST
LABUSCHAGNE
.................
Tweede
Verweerder
DSS BELEGGINGS BK
..............................................
Derde
Verweerder
MARDELOU
KONSTRUKSIE BK
..............................
Vierde
Verweerder
_____________________________________________________
CORAM:
VAN ZYL, R
_____________________________________________________
GELEWER
OP:
9 SEPTEMBER 2010
_____________________________________________________
Eiser het verweerders
gesamentlik en afsonderlik, die een betaal die ander kwytgeskeld te
word, gedagvaar vir die volgende regshulp
soos blyk uit die
besonderhede van vordering:

EISE
NOMMERS
1 TOT 3:
34.1 Betaling van die bedrag van R2
654 117.83 (eis no. 1);
34.2 Rente op voormelde bedrag teen
10,5% per jaar bereken vanaf 04/12/2009 tot datum van betaling (beide
dae ingesluit);
34.3 Betaling van die bedrag van R846
852.19 (eis no. 2);
34.4 Rente op voormelde bedrag teen
10,50% per jaar bereken vanaf 04/12/2009 tot datum van betaling
(beide dae ingesluit);
34.5 Betaling van die bedrag van R75
256.50 (eis no. 3);
34.6 Rente op voormelde bedrag teen
20% per jaar bereken vanaf 04/12/2009 tot datum betaling (beide dae
ingesluit);
34.7 ʼn Bevel waarkragtens die
volgende onroerende eiendom onmiddellik uitwinbaar verklaar word:
34.7.1
ERF 7974, WELKOM
(UITBREIDING 18), DISTRIK WELKOM, PROVINSIE VRYSTAAT, GROOT 9231 M²
(NEGE TWEE DRIE EEN VIERKANTE METER
Gehou kragtens Transportakte
T019767/2004
34.7.2
ERF 7976, WELKOM
(UITBREIDING 18), DISTRIK WELKOM, PROVINSIE VRYSTAAT, GROOT 1188 M²
(EEN EEN AGT AGT VIERKANTE METER)
Gehou kragtens Transportakte
T7143/2007
34.8 Betaling van eiser se regskoste
op prokureur- en kliëntskaal;
34.9 Verdere en/of alternatiewe
regshulp.
EIS NO. 4:
34.11 Kansellasie van die ooreenkoms;
34.12 Lewering van die goedere soos
uiteengesit in paragraaf 24.1 hierbo;
34.13 Betaling van skadevergoeding en
rente bewys te word;
34.14 Koste van die geding op die
skaal tussen prokureur en kliënt;
34.15 Verdere en/of alternatiewe
regshulp.”
Nadat verweerders kennis
gegee het van hul voorneme om die aksie te verdedig, het eiser ʼn
aansoek om summiere vonnis geloods.
Daarop het tweede verweerder,
namens eerste tot vierde verweerders, `n opponerende verklaring
geliasseer. Hoewel die aansoek
om summiere vonnis gerig was op al
vier voormelde eise van eiser, het dit uit die betoogshoofde van
mnr. Van Rooyen, namens eiser,
geblyk dat eiser voortspruitend uit
die inhoud van die opponerende verklaring, aan verweerders verlof
verleen om eise 3 en 4
te verdedig en is versoek dat die koste ten
aansien van die aansoek om summiere vonnis wat betref hierdie eise,
koste in die
geding moet wees. Eiser het egter volhard met sy
aansoek om summiere vonnis teen die verweerders ten opsigte van eise
1 en 2,
sowel as dat die koste van die summiere vonnis op prokureur-
en kliëntskaal aan eiser toegeken word.
[3] Voortspruitend uit
die beregting van die bestrede summiere vonnis aansoek, het ek die
volgende bevele gemaak:

1. Ten
opsigte van eis 3 en eis 4 van die besonderhede van vordering, word
dit by ooreenkoms tussen die partye gelas dat:
1.1 Verlof aan verweerders verleen
word om voormelde eise te verdedig;
Die koste van die aansoek om
summiere vonnis ten opsigte van voormelde eise, koste in die geding
is.
Ten opsigte van eise 1 en 2 van die
besonderhede van vordering, word dit gelas dat:
Die aansoek om summiere vonnis van
die hand gewys word;
Verlof aan verweerders verleen word
om laasgenoemde eise te verdedig;
Die koste van die aansoek om
summiere vonnis ten opsigte van laasgenoemde eise oorstaan vir
latere beregting.”
[4] Wat hierin volg, is
die redes vir die verlening van voormelde bevele 2.1 tot 2.3 ten
opsigte van eise 1 en 2.
[5] Ten opsigte van eise
nommer 1 en 2, is eiser se skuldoorsaak gebaseer op twee skriftelike
lenings-ooreenkomste gesluit tussen
eiser en eerste verweerder, welke
aangeheg is tot die besonderhede van vordering as aanhangsels “A”
en “D”
onderskeidelik.
[6] Beide die twee
leningsooreenkomste bevat die volgende tersaaklike bepalings:
6.1 Die totale uitstaande
bedrag op die tersaaklike ooreenkomste word onmiddellik verskuldig en
betaalbaar by, onder andere, wanbetaling.
6.2 Indien sodanige
wanbetaling nie herstel word binne sewe dae na ontvangs van ʼn
skriftelike kennisgewing vanaf die eiser
wat die regstelling versoek
nie, is eiser geregtig om, onder andere, onmiddellike terugbetaling
van die totale uitstaande bedrae
te vorder, tesame met rente daarop.
6.3 ʼn Sertifikaat
wat deur enige bestuurder van die eiser
eiser (wie se status nie
hoef bewys te word nie) opgestel opgestel en onderteken is en waarin
die bedrag verskuldig gesertifiseer
word, is
prima facie
bewys
van die juistheid van die verskuldigde bedrag, sowel as koste en
rente wat verskuldig en betaalbaar is.
6.4 Geen wysiging van die
ooreenkomste het enige regskrag tensy dit op skrif gestel en deur die
partye of hul gemagtigde agente
onderteken is nie.
6.5 Geen verslapping of
vergunning wat enige party aan die ander party toestaan, benadeel
sodanige party wat die vergunning verleen
in sy regte voortspruitend
uit die ooreenkomste nie en sal nie geag word ʼn afstanddoening
te wees of ʼn novasie van die
ooreenkoms nie.
[7] Eiser steun dan
daarop dat eerste verweerder ten aansien van eise nommer 1 en 2, nie
gereelde en stiptelike betalings in terme
van die leningsooreenkomste
gemaak het nie, dat eiser eerste verweerder behoorlik aangemaan het
by wyse van aanmanings wat per
geregistreerde pos na eerste
verweerder se gekose domicilium versend is, maar dat eerste
verweerder versuim het om die agterstallige
bedrae te betaal, waarop
die totale uitstaande bedrae opeisbaar en betaalbaar geword het. Vir
doeleindes van bewys van die onderskeie
verskuldigde bedrae, steun
eiser op saldo-sertifikate soos in die leningsooreenkomste beding.
[8] Dit is voorts eiser
se saak dat tweede, derde en vierde verweerders hulself as borge en
mede-hoofskuldenaars teenoor eiser verbind
het vir die behoorlike
nakoming van eerste verweerder se verpligtinge jeens eiser en vandaar
hul aanspreeklikheid.
[9] Verdermeer het eerste
verweerder verbande aan eiser verleen as sekuriteit vir die
behoorlike en stiptelike betaling van enige
bedrae wat deur eerste
verweerder verskuldig mag wees of verskuldig mag word aan eiser. ʼn
Dekkingsverband is ook ten gunste
van eiser verleen deur eerste
verweerder as voordurende sekuriteit vir enige bedrag voortspruitend
uit enige skuldoorsaak van watter
aard ookal wat tans of in die
toekoms verskuldig is deur eerste verweerder aan eiser. Dit is op die
basis van hierde verbande wat
eiser die die onmiddellike
uitwinbaarverklaring van die tersaaklike belaste eiendomme vorder.
[10] Vanweë die feit
dat, soos ek reeds aangedui het, eiser toestem dat verlof om te
verdedig ten opsigte van eise 3 en 4 aan
verweerders toegestaan word,
gaan ek nie in verdere detail met hierdie eise handel nie.
Dit bly uit verweerders
se opponerende verklaring dat hul hoofsaaklik op die volgende
verwere steun:
Eerste verweerder,
tesame met derde en vierde verweerders, se besigheid word as ʼn
groep (Clear Water Centre Groep) bedryf
tot kennis van eiser. As
gevolg van die uiters swak ekonomiese klimaat in Suid-Afrika en
spesifiek in Welkom en die Goudveld
waar hierdie besighede bedryf
word, het tweede verweerder reeds gedurende Februarie 2009 in
gesprek getree met gemagtigde amptenare
van eiser by die plaaslike
tak te Welkom, Stateway, synde Santie de Lange, die
Diensbestuurder, en ene Hennie. Gedurende daardie
tydperk was
sogenaamde betalings-vakansies deur eiser en ander banke aan hul
kliënte aangebied wat behels het dat ʼn
kliënt kon
aansoek doen dat vrystelling verleen word om verpligte maandelikse
betalings te maak vir ʼn periode van
tyd soos ooreengekom
tussen die partye. Die gevolg is dan dat geen betalings vir
sodanige tydperk gemaak hoef te word nie –
die fasiliteit of
lening word herskeduleer om voorsiening te maak vir rente en koste
wat gedurende daardie tydperk oploop.
Sekere koste wat normaalweg
gehef word, word ook nie gedurende sodanige vergunningstydperk
gehef nie. Verweerders het aansoek
gedoen vir sodanige
betalings-vakansie, wat dan ook blyk uit ʼn e-pos, gedateer 25
Maart 2009, aangeheg tot die funderende
verklaring as aanhangsel
“O1”. ʼn Ses maande betalings-vakansie is toe
inderdaad mondelings aan verweerders
toegestaan en verleen gedateer
April 2009. Geen skriftelike bevestiging hieromtrent is egter
verkry nie. Hierdie vergunning
is gegee Clear water Centre Group,
met ander woorde aan al die verweerders.
Tweede verweerder was
steeds deurgaans in gesprek met eiser en het dit daartoe aanleiding
gegee dat ʼn skriftelike aanbod deur
eiser aan verweerders gemaak
is op 17 November 2009, welke aanbod aangeheg is tot die opponerende
verklaring as aanhangsel “O2”.
Dit het gehandel met die
bepalings en voorwaardes waarvolgens eiser bereid was om fasiliteite
aan verweerders beskikbaar te stel.
Aldus tweede verweerder was dit
die uitdruklike verstandhouding tussen die partye dat hangende die
suksesvolle voltooiing van die
samesprekings, die
betalings-vergunning verleng word. Die samesprekings was nog nie
voltooi op die stadium wat die dagvaarding
in hierdie aangeleentheid
uitgereik is op 11 Desember 2009 nie.
Eiser steun vir
nakoming van sy kontraktuele verpligtinge op
aanmaningskennisgewings ten opsigte van die twee
leningsooreenkomste
versend aan eerste verweerder, welke
kennisgewings gedateer is 22 Junie 2009. Volgende tweede verweerder
het die skrywes hom
(namens eerste verweerder) nooit bereik nie,
aangesien dit versend is na die adres te Koppie Alleenweg 291,
welke adres volgens
tweede verweerder vanweë ʼn
bona
fide
fout tussen die partye op die onderskeie ooreenkomste
aangedui is as eerste verweerder se
domicilium citandi et
executandi
. Die korrekte adres is egter Koppie Alleenweg 281,
Welkom. Volgens tweede verweerder is hierdie kennisgewings egter in
ieder
geval versend ten tyde van die betalings-vakansie waarin
eiser aan tweede verweerder uitstel gegee het vir die betaling van

verpligte paaiemente vir ʼn periode van ses maande en was daar
derhalwe geen verskuldigheid of agterstalligheid ten tyde
van die
versending van hierdie skriftelike aanmanings nie. In die lig van
die omstandighede kan daardie kennisgewings derhalwe
nie regtens
geag word kennisgewings in terme van die tersaaklike ooreenkomste
te wees nie, met die gevolg dat die kennisgewings
verweerders nie
in mora
geplaas nie en indien eiser sou wou terugval op die
oorspronklike tersaaklike ooreenkomste, nuwe kennisgewings in terme
van
daardie ooreenkomste gegee sou moes word alvorens die geheel
van die bedrag opeisbaar en betaalbaar sou word. Verweerders beweer

dat die versending van hierdie kennisgewings ʼn
bona fide
fout daargestel het gemaak deur die tersaaklike amptenaar van
eiser, gegewe die betalings-vakansie en die daaropvolgende hangende

samesprekings tussen die partye. Ter ondersteuning hiervan wys
tweede verweerder daarop dat hoewel hierdie aanmanings vermeld
het
dat aan eerste verweerder 10 sakedae verleen word om die
agterstallige bedrae te betaal, by gebrek waaraan eiser sy regte
by
wyse van regsaksie sal afdwing, het geen sodanige regsaksie gevolg
tot en met 11 Desember 2009 nie. Verdermeer het ʼn
waardeerder
namens eiser tweede verweerder gekontak op 11 Januarie 2010 om
waardasies te doen van verweerders se eiendomme
met die oog op,
volgens die waardeerder, die samesprekings tussen die partye.Hy was
duidelik verbaas toe tweede verweerder
hom meegedeel het dat daar
reeds dagvaarding deur eiser uitgereik is.
Verweerders doen
gevolglik ook aan die hand dat dit duidelik is dat daar
wankommunikasie tussen die verskeie amptenare van eiser
was wat
waarskynlik aanleiding gegee het tot die uitreiking van die
premature dagvaarding, deurdat die bedrae wat eiser beweer

opeisbaar en betaalbaar is, inderdaad nie huidiglik opeisbaar en
betaalbaar is nie.
Tydens die sluiting van
die tersaaklike ooreenkomste is die terme van die ooreenkomste nie
afsonderlik met tweede verweerder
deurgegaan of aan hom verduidelik
nie. Gevolglik was tweede verweerder onbewus dat die skriftelike
leningsooreenkomste ʼn
term bevat wat tot gevolg het dat die
ooreenkomste slegs gewysig kan word by wyse van opskrifstelling en
indien al die partye
dit onderteken.
Gedurende Maart 2009 is
daar mondelings ooreengekom tussen eiser, verteenwoordig deur
Santie de Lange, en verweerders as `n
groep, verteenwoordig deur
tweede verweerder, dat kostes ten aansien van eerste en vierde
verweerders se rekeninge en welke
beloop R100.00 per dag per
rekening deur eiser teruggeskryf sou word, sowel as sekere
bankkoste wat verhaal is van vierde verweerder
se bankrekening tot
en met einde Februarie 2009. Dit het ʼn rente-implikasie tot
gevolg wat ʼn deskundige berekening
sal verg en is verweerders
nie in staat om te spekuleer oor wat die uitwerking daarvan sal
wees op die bedrag wat eiser regtens
van verweerders sal kan
verhaal nie. Gegewe hierdie feite is die saldo-sertifikate, soos
dit huidiglik daar uitsien, nie bewys
van verweerders se beweerde
verskuldigheid teenoor eiser nie.
Die funderende beëdigde
verklaring ter ondersteuning van die aansoek om summiere vonnis, is
deur ene me. Erasmus afgelê,
wie beweer dat sy die
“regsinvorderingsbestuurder van eiser vir die Vrystaat en
Noord-Kaap” is. Volgens tweede
verweerder is sy egter aan hom
onbekend en gegewe die tersaaklike feite en omstandighede, kan sy
geensins persoonlike kennis
dra van die feite waarop die
skuldoorsake berus en die bedrae gevorder nie.
Alwaar
eiser verweerders en verskeie ander lede van die publiek uitgenooi
het om met hulle in gesprek te tree rakende die

betalings-vakansies, verweerders se aansoek goedgekeur is en die
vergunning verleen is, druis dit in teen goeie en gesonde

besigheidsbeleid indien eiser toegelaat sou word om vir welke rede
ookal te besluit om nie meer gebonde te wees aan sodanige

vergunning wat op hulle aandrang verleen is, sonder om verweerders
skriftelik in kennis te stel of ten minste mondelings van
hulle
voornemens om weer streng by die terme van die skriftelike
ooreenkoms te bly nie. Eiser se optrede is uiters benadelend
en
skadelik en het eiser verweerders onder ʼn wanindruk gebring en
wanvoorstellings gemaak aan verweerders. Eiser was die
direkte rede
waarom geen betalings gemaak is nie en kan eiser nie nou gehoor
word om op hierdie wanprestasie te wil steun nie.
Dit stel

unconscionable conduct”
(gewetenlose
optrede) deur eiser daar.
Hoewel verweerders
vermeld het dat hulle voornemens is om ʼn teeneis teen eiser in
te stel vir die skade wat eiser se optrede
teenoor verweerders
berokken het, het mnr. Snellenburg, namens verweerders, nie verder
met hierdie aspek in sy skriftelike
betoogshoofde gehandel nie en
ook ten tyde van sy mondelinge betoog aangedui dat verweerders nie
verder op hierdie verweer
steun nie deurdat die kwantifisering van
sodanige teeneis bykans onmoontlik sal wees.
TERSAAKLIKE
REGSBEGINSELS:
Ooreenkomstig die
bepalings van Hofreël 32(3)(b) moet ʼn verweerder die Hof
deur middel van ʼn beëdigde verklaring
oortuig dat hy ʼn
bona fide
verweer teen die aksie het. Sodanige beëdigde
verklaring moet die aard en gronde van die verweer en die wesenlike
feite
waarop dit berus, volledig aangee. Ten einde ʼn
bona
fide
verweer daar te stel, moet verweerder bewerings maak wat,
indien dit bewys sou word by die verhoor, ʼn verweer tot eiser

se vordering daar sal stel. Sien
BREYTENBACH vs FIAT S.A.
(EDMS) BPK
1976(2) SA 226 (T) op 228 D – E.
Daarenteen moet `n eiser
bewys dat hy ʼn “onbeantwoorde saak” het en indien
daar enige moontlikheid bestaan dat
`n verweerder se verweer ʼn
geldige verweer daar kan stel, moet verlof aan sodanige verweerder
verleen word om die aksie te
verdedig. Sien
MAHARAJ vs BARCLAYS
NATIONAL BANK BPK
1976(1) SA 418 (A) te 425 H. In
SOIL
FUMIGATION SERVICES LOWVELD CC vs CHEMFIT TECHNICAL PRODUCTS (PTY)
LTD
2004(6) SA 29 (SCA) is dit as volg beslis op 35 B –
C:

With regard
to the court’s overriding discretion to refuse summary judgment
even where the defendant’s affidavit does
not measure up to the
requirements of rule 32(3)(b), it has been said that, in view of the
extraordinary and stringent nature of
the summary judgment remedy,
that discretion may be exercised in the defendant’s favour if
there is doubt as to whether the
plaintiff’s is unanswerable
and there is a reasonable possibility that the defendant’s
defence is good.”
Gegewe dat daar in die
onderhawige geval (ook) `n regsvraag tersprake is, is die volgende
benaderingswyse uiteengesit in
BONNET EN ANDERE vs SNAAR
DORPSONTWIKKELAARS (EDMS) BPK EN ANDERE
1978(4) SA 212 (D) op
217 C – E na my mening ook van toepassing:

Die advokate
is dit eens dat die hof nie verplig is om moeilike regsvrae in sulke
verrigtinge (summiere vonnis verrigtinge) op te
los nie. Volgens
gevestigde praktyk word summiere vonnis slegs toegestaan indien al
die geopperde verwere klaarblyklik onaanvaarbaar
is. Anders gestel,
om ʼn aansoek om summiere vonnis met welslae te bestry, op
regsgronde of andersins, is dit slegs nodig om
ʼn beregbare en
beredeneerbare verweer (“a fairly triable and arguable issue”)
op te werp ...”
In
Summary
Judgment, A Practical Guide
,
Van
Niekerk
et al,
op p.
4-7, vermeld die geleerde skrywers ook die volgende met spesifieke
verwysing na die beregting van regsvrae in summiere vonnis

verrigtinge:

Should the
defendant’s contentions have merit (and are therefore not
unarguable) or are of such a nature that the leading
of evidence at
trial might place them in a specific perspective, leave to defend
should be granted.”
Mnr. Van Rooyen het ter
aanvang van sy betoog aangedui dat vir doeleindes van die
beredenering van die aansoek, hy die feitelike
weergawe van die
verweerders aanvaar wat betref die bewering dat tweede verweerder
nie die tersaaklike dokumentasie gelees het
nie en derhalwe nie
bewus was van die verskansingsklousules daarin nie en is hy ook
bereid om te aanvaar dat daar wel die tersaaklike
mondelinge
betalings-vakansie aan verweerders verleen is. Hy het egter betoog
dat die weergawe dat die onderhandelinge nog hangende
was op die
stadium wat die dagvaarding uitgereik is, nie korrek kan wees nie,
aangesien dit duidelik blyk dat die aanbod wat
deur eiser gemaak is
en wat aangeheg is as aanhangsel “O2” tot die
opponerende verklaring, gedateer 17 November 2009,
pertinent bepaal
dat die aanbod tot 18 November 2009 aanvaar kan word. Dus, aldus sy
betoog, het die aanbod en die onderhandelinge
op 18 November 2009
verval.
Mnr. Van Rooyen het
tereg daarop gewys dat dit geykte reg is dat ʼn
verskansingsklousule wat bepaal dat ʼn wysiging van
ʼn
ooreenkoms op skrif moet wees en onderteken moet word deur die
partye, tot gevolg het dat sodanige kontrak nie mondelings
gewysig
kan word nie. Sien
S.A. SENTRALE KO-OP GRAANMAATSKAPPY BPK vs
SHIFREN EN ANDERE
1964(4) SA 760 (A). (Hierinlater, waar
nodig, geriefshalwe na verwys as “die Shifren-beginsel”.)
Mnr. Van Rooyen het
verdermeer betoog dat selfs indien aanvaar sou word dat die
mondelinge ooreenkomste gesluit is soos deur verweerders
beweer, dit
nie afbreek doen aan die feit dat dit nie bindend op eiser is gegewe
die
SHIFREN
-beginsel nie, ongeag hoe onbillik of
gewetenloos die gevolge hiervan kan wees. In die verband het hy
gesteun op die uitspraak
in
BRISLEY vs DROTSKY
2002(4)
SA 1 (HHA).
Hierteenoor het mnr.
Snellenburg betoog dat uitsprake soos die in
BANK OF LISBON AND
SOUTH AFRICA LTD vs DE ORNELAS AND ANOTHER
1988(3) SA 580
(A), in terme waarvan bevind is dat die
exceptio doli generalis
nie toepassing vind in ons reg nie, voortspruit uit ʼn
voor-grondwetlike era. Hy het gevolglik aan die hand gedoen dat die

uitsprake van die Hoogste Hof van Appèl wat hierdie uitspraak
navolg, nie meer ʼn absolute verbod is teen die verweer
wat
verweerders in die geval opper nie in die lig van die grondwetlike
era wat aangebreek het waarin die howe, in terme van Artikel
39(2)
van die Grondwet, 108 van 1996, regtens daartoe verplig is om, waar
dienlik, die gemenereg uit te brei ten einde dit in ooreenstemming
te
bring met grondwetlike doelstellings. In die verband het hy ondere
ook gesteun op die uitspraak in
AFROX HEALTH CARE BPK vs
STRYDOM
2002(6) SA 21 (SCA) te par. [25] tot [30]. Die
exceptio dolis generalis
sou in die onderhawige geval, aldus
mnr. Snellenburg se betoog, aan verweerders ʼn remedie gee teen
eiser se gewetenlose optrede
deur ʼn mondelinge vergunning te
verleen en dan agter ʼn op skrif-wysigingsklousule te skuil.
In
BRISLEY vs
DROTSKY
,
supra
, is daar in die meerderheidsuitspraak
bevind dat die
SHIFREN
-beginsel “trite”
is, dat dit nie onredelik is nie en dat dit nie (in die algemeen) in
stryd met die beginsels van
goeie trou is nie. Die Hof het voorts
verwys na `n waarde onderliggend aan die kontraktereg soos deur
Rabie HR in
MAGNA ALLOYS AND RESEARCH (S.A.) (PTY) LTD vs
ELLIS
1984(4) SA 874 (A) onderstreep waar daar op 893 I tot
894 A van daardie uitspraak as volg beslis is:

...dit in
die openbare belang is dat persone hulle moet hou aan ooreenkomste
wat hulle aangegaan het. In laasgenoemde verband het
Steyn HR in
S.A.
Sentrale Ko-Op Graanmaatskappy Bpk vs Shifren en Andere
1964 (4) SA
760
(A) op 767 A
,
gewag gemaak van –

Die
elementere en grondliggende algemene beginsel dat kontrakte wat
vrylik en in alle erns deur bevoegde partye aangegaan is, in
die
openbare belang afgedwing word’.”
Daaropvolgend is daar as
volg op 15 J tot 16 E beslis en opgemerk:

Die taak van
howe in die algemeen en van hierdie hof in besonder is om hierdie
grondliggende waardes wat soms met mekaar in botsing
kom teen mekaar
op te weeg en om by geleentheid, wanneer dit nodig blyk te wees,
geleidelik en met verdrag aanpassings te maak.
... Om eensklaps aan
Regters ʼn diskresie te verleen om kontraktuele beginsels te
verontagsaam wanneer hulle dit as onredelik
of onbillik beskou is in
stryd met hierdie werkswyse. Die gevolg sal immers wees dat die
beginsel van
pacta
sunt servanda
grotendeels verontagsaam sal word omdat die afdwingbaarheid van die
kontraktuele bepalings sal afhang van wat ʼn bepaalde Regter
in
die omstandighede as redelik en billik beskou. Die maatstaf is dan
nie meer die reg maar die Regter. ... Dat so ʼn algemene

benadering nie aan die behoeftes van die handelsverkeer sal voldoen
nie, spreek vanself. ʼn Hof kan nie skuiling soek in die
skaduwee
van die Grondwet om vandaar beginsels aan te val omver te werp nie;
wel in die lig van die Grondwet kan en moet die reg
aangepas
word. In hierdie konteks is vaagweg na konstitusionele waardes verwys
sonder om spesifiek te wees. ʼn Vrye regterlike diskresie
is nie
so ʼn waarde nie...”
Mnr. Van Rooyen het
gevolglik ook betoog dat die beginsel waarop verweerders nou poog op
te steun, reeds deur die Hoogste Hof
van Appèl beslis is en
dat ek in die lig van die
stare decisis
-reël gevolglik
daaraan gebonde is en nie nou kan poog om dit anders te beslis nie.
Die feit dat die
stare decisis
-reël beslis steeds in ons
reg toepassing, die wyse waarop en die beginsels daaromtrent veral
in die lig van die post-konstitusionele
era, is volledig uiteengesit
in
AFROX HEALTH CARE BPK vs STRYDOM
,
supra
, op
38 F tot 40 F, waarvan ek my deeglik vergewis het. In die verband is
dit egter nodig om spesifiek daarop te let dat een van
die situasies
wat deur Brand AR in voormelde uitspraak aangespreek word, is waar
die pre-konstitusionele beslissing van die Hoogste
Hof van Appèl
gebaseer was op oorwegings soos
boni mores
of openbare
belang. Indien die Hooggeregshof van oordeel is dat sodanige
beslissing, met inagneming van konstitusionele waardes,
nie meer die
boni mores
of die oorwegings van openbare belang juis
reflekteer nie, is die Hooggeregshof verplig om daarvan af te wyk,
welke afwyking
nie in stryd sal wees met die beginsels van
stare
decisis
nie aangesien in elk geval aanvaar word dat die
boni
mores
en oorwegings in openbare belang nie staties bly nie.
Met die
stare
dicisis
-reël in gedagte, is dit na my
mening noodsaaklik om daarop te let dat in die
BRISLEY
vs DROTSKY
-uitspraak gehandel is met ʼn
bona fides
-argument
tot dien effekte dat dit die betoog namens die huurder was dat die
verhuurder se beroep op die verskansingsklousule
nie afgedwing
behoort te word nie omdat dit in die omstandighede onredelik,
onbillik en in stryd met die beginsels van
bona
fides
(goeie trou) sal wees. Dit is duidelik
dat die beslissing wat daarop volg, tot dien effekte was dat “
goeie
trou nie ʼn onafhanklike, oftewel ʼn ‘free-floating’,
basis vir die tersydestelling of die nie-toepassing
van kontraktuele
bepalings bied nie”
(op 15 D – E). Daar is
pertinent in voetnoot 10, op 14 I van die uitspraak, vermeld dat die
vraagstuk of die
exceptio dolis generalis
heroorweging verdien, nie tans, met ander woorde in
daardie uitspraak, onstaan nie.
Na my mening is die
verweer waarop verweerders in die onderhawige geval steun met
betrekking tot hierdie aspek, derhalwe nie in
BRISLEY vs
DROTSKY
,
supra
, oorweeg, beslis en/of verwerp nie.
Die Hof het pertinent net beslis of die tersaaklike
beperkingsklousule as sulks in daardie
geval strydig is met die
beginsels van goeie trou. Die Hoogste Hof van Appèl was
duidelik nie versoek gewees om oorweging
daaraan te skenk of die
gemenereg uitgebrei moet word om die
exceptio dolis generalis
weer her in te stel in ons reg as ʼn verweer nie. Voormelde
onderskeid, en ook die redes waarom die
exceptio dolis generalis
wel weer as verweer in ons reg ingestel behoort te word, is ook
volledig bespreek in
The Law of Sale and Lease
,
A.J. Kerr, 3de uitg, op p. 366 tot p. 379, met welke sienswyse ek my
vereenselwig, ook na inagneming van eiser se aanvullende

betoogshoofde wat hieromtrent geliasseer is en verweerders se
repliek op eiser se aanvullende betoogshoofde. Op p. 378 word met

verwysing na die
stare decisis
-reël en die beginsels
daaromtrent soos weer herbevestig in
AFROX HEALTH CARE BPK vs
STRYDOM
,
supra
, dan ook deur die geleerde skrywer tot
die gevolgtrekking gekom dat daar geen verbod vir ʼn
Hooggeregshof sal wees om af
te wyk van die uitspraak in
BANK
OF LISBON AND SOUTH AFRICA LTD vs DE ORNELAS AND ANOTHER
,
supra
, nie. Sien ook
C
ontract, General
Principles
, Van der Merwe
et
al, 3de uitg, op p.
316 tot 324.
Mnr. Snellenburg het in
sy skriftelike betoogshoofde verwys na die uitspraak in
CROWN
RESTAURANT CC vs GOLD REEF CITY THEME PARK (PTY) LTD
2008(4)
SA 16 (CC) en ʼn uitleg daaraan gegee wat nie ooreenkomstig die
inhoud van die uitspraak is nie. Hy het egter sy
bona fide
fout in hierdie verband voorafgaande die aanhoor van die aansoek
besef en het hy dienooreenkomstig sy argumente met betrekking
tot
die wyse waarop hy op hierdie uitspraak steun, in sy mondelinge
betoog reggestel. In laasgenoemde uitspraak blyk die volgende

relevante gedeelte op 18 G tot 19 C:

[3] The
applicant applied unsuccessfully to the Supreme Court of Appeal for
leave to appeal the judgment of the High Court. Hence,
the present
application in which, for the first time, the applicant seeks to have
the
ecxeptio
dolis generalis
reintroduced as a defence, contending that this equitable remedy is
in line with constitutional values. …
[4] Msimeki AJ was called upon to deal
only with the waiver defence and did so. He was not invited to
develop the common law of
contract to promote the spirit, purport and
objects of the Bill of Rights, nor to address any of the other
constitutional issues
now raised by the applicant. On the limited
basis on which the case was presented to him, the learned judge
arrived at the correct
conclusion.
[5] This court has stated repeatedly
that it is generally undesirable for it to sit as a court of first
and last instance. …
[6] In respect of the development of
the common law of contract, the High Court and the Supreme Court of
Appeal have a vital role
to play. …”
Mnr. Snellenburg het
daarop gewys dat die Konstitusionele Hof derhalwe nie sondermeer die
applikant se aansoek dat die
exceptio dolis generalis
her-ingestel moet word in ons reg, van die tafel gevee nie. Die Hof
het bloot beslis dat sodanige aansoek om die gemenereg ten
opsigte
van kontrakte uit te brei ooreenkomstig die Grondwet, in die Hof
a
quo
gedoen moes gewees het. Dit, aldus mnr. Snellenburg se
betoog, is presies wat verweerders in die onderhawige geval wil doen.
Ek meen nie dat daar
enige fout is met mnr. Snellenburg se laasgenoemde betoog nie en stem
ek daarmee saam.
Addisioneel tot
verweerders se betoog dat hul in ʼn geval soos die onderhawige ʼn
remedie in die vorm van die
exceptio dolis generalis
behoort
te hê, is ek van oordeel dat dit uit die regspraak blyk dat
daar moontlik ook ʼn ander basis is waarop verweerders
hulself
in die onderhawige omstandighede, en op die feite soos deur
verweerders uiteengesit, kan verweer. In die verband is daar
in
JUGLAL NO AND ANOTHER vs SHOPRITE CHECKERS (PTY) LTD t/a OK
FRANCHISE DIVISION
2004(5) SA 248 (SCA) op 258 D tot F as
volg beslis:

Because the
courts will conclude that contractual provisions are contrary to
public policy only when that is their clear effect
(see the authority
cited in
Sasfin
(Pty) Ltd vs Beukes
1989 (1) SA 1
(A) at 8 C to 9 G
)
it follows that the tenancy of a proposed transaction towards such a
conflict can only be found to exist if there is a probability
that
unconscionable, immoral or illegal conduct will result from the
implementation of the provisions according to their tenor.
(It may be
that the cumulative effect of implementation of provisions not
individually objectionable may disclose such a tendency.)
If,
however, a contractual provision is capable of implementation in a
manner that is against public policy but the tenor of the
provision
is neutral then the offending tendency is absent. In such event the
creditor who implements the contract in a manner
which is
unconscionable, illegal or immoral will find that the court refuses
to give effect to his conduct but the contract itself
will stand.”
Selfs die
meerderheidsuitspraak in
BRISLEY vs DROTSKY
,
supra
,
het nie die potensiaal of moontlikheid van sodanige verweer
uitgesluit nie, soos blyk op 18 C – D:

Aangesien
die verskansingsklousule opsigself nie ongeldig is nie, vind die
Sasfin-beginsel geen direkte toepassing nie. Op die veronderstelling

dat die Sasfin-beginsel uitgebrei kan word om die afdwing van
kontraksbepalings (wat nie
per
se
in stryd met die openbare belang is nie) te verhoed, sal sodanige
toepassing noodwendig beperk moet word tot gevalle wat analoog
is aan
Sasfin, synde gevalle waar die afdwinging van die
verskansingsklousule so onbillik sal wees dat dit as ‘inimical
to the interests of the community’ beskryf kan word.”
In ʼn volbank
uitspraak wat gelewer is voor die beregting van die onderhawige
aansoek om summiere vonnis, maar eers daarna
gerapporteer is, synde
NYANDENI LOCAL MUNICIPALITY vs HLAZO
2010(4) SA 261
(ECM) is hierdie beginsel ook bespreek en inderdaad toegepas. Dit
begin op 275, par. [63] wat as volg lees:

The result
that the municipality, on the facts of this case, may not rely on
bona
fides
to escape the entrenchment clause, does not, however, put an end to
mr. Bothma’s submission that if its operation on the
facts of
this case nevertheless offends public policy, then clause 14 may not
be enforced.
Bona
fides
may not be the peg on which to hang public policy, but there may be
another valid rule of law protected by public interest which
may
legally justify a departure from the Shifren principle, and it is to
this issue that I now turn my attention.”
Die uitspraak gaan dan
voort deur onder andere as volg te lees:

[81] First,
it must be determined whether the contract or term challenged is
per
se
contrary to public policy; or whether it is its operation in the
prevailing circumstances and facts of the case which renders it

contrary to public policy. A contract, or a term thereof, may very
often appear innocuous, but its effect in particular circumstances

may very well offend public interest.
[82] …
[83] In the present case it is not
suggested, nor can it be said, that the infringement clause is
per
se
contrary to public policy. The municipality’s case is
that its operation, on the facts of this case, offends public policy.

In such a case the test is to determine public policy at the time the
court is asked to enforce the term, having regard to the
prevailing
circumstances and the effect of the order at that time.
[84] …
[85] …
[86] …
[87] …
[88] …
[89] If the operation of the clause in
the prevailing circumstances and on the facts of the case, at the
time the court is asked
to enforce the clause, is so manifestly
unreasonable that it offends public policy, then it is voidable on
the grounds of unfairness.
This involves, as Moseneke DCJ (in
Barkhuizen vs Napier
[2007] ZACC 5
;
2007 (5) SA 323)
observed, an objective
assessment of its impact on the parties, and does not involve the
court’s own views of the matter,
or that of the parties.”
Na behoorlike oorweging
van die tersaaklike beginsels en die feite van die saak, is tot die
volgende gevolgtrekking op 285, par.
[126] gekom:

...I
therefore believe that the facts and circumstances of this case
justify the departure from the Shifren principle.”
Sien
ook weer
C
ontract,
General Principles
,
supra,
op
p.
316 tot 324.
Wanneer teruggekeer word
na die feite in die onderhawige geval, meen ek dat daar vir
doeleindes van summiere vonnis verrigtinge
aanvaar moet word dat
eiser wel aan verweerders die ses maande betalings-vakansie verleen
het soos deur verweerders beweer. Dit
het na my mening tot gevolg
dat verweerders `n argumenteerbare saak het dat die aanmaningskrywes
wat gedurende Junie 2009 aan
verweerders versend is, nie regsgeldige
aanmanings daar kon stel nie, aangesien die terme van die mondelinge
ooreenkoms met betrekking
tot die betalings-vakansie, tot gevolg sou
gehad het dat daar nie enige bedrag gedurende daardie tydperk
opeisbaar en betaalbaar
kon wees of was nie. Dat daar na die
“verstryking” van die aanvanklik ooreengekome
betalings-vakansie (welke verweerders
beweer in ieder geval verleng
is hangende die finalisering van die onderhandelinge tussen die
partye) nog verdere onderhandelinge
en samesprekings tussen die
partye was, blyk duidelik uit die aanhef tot aanhangsel “O2”
tot die opponerende verklaring
waarin na “onlangse
samesprekings” tussen eiser en verweerders verwys is. Na my
mening kan dit ook nie, soos deur
mnr. Van Rooyen betoog, geag word
dat aangesien dit uit klousule 20 van laasgenoemde aanbod blyk dat
die aanbod aanvaar kan word
tot 18 November 2009, die onderhandeling
tussen die partye tot ʼn einde gekom het op 18 November 2009
nie. In die verband
is dit duidelik uit klousule 20.2, saamgelees
met klousule 20.2.1. van laasgenoemde aanbod dat eiser steeds die
reg voorbehou
het om die laat-aanvaarding van die aanbod deur
verweerders te kondoneer en die lenersfasiliteite wel volgens
dieselfde bepalings
en voorwaardes soos daarin uiteengesit, aan
verweerders beskikbaar te stel. Gegewe dat eiser in klousule 3.2.2
van die aanbod
spesifiek sy regte voorbehou het in terme van die
huidige ooreenkoms, meen ek dat indien eiser teen die stadium van 18
November
2009 nie wou voortgaan met verdere onderhandelinge met
verweerders nie, eiser op daardie stadium die skriftelike aanmanings
in
terme van die oorspronklike ooreenkomste aan verweerders moes
verskaf, waarna dagvaarding dan uitgereik kon gewees het.
Gevolglik is ek van
oordeel dat daar `n redelike moontlikheid bestaan dat na die afloop
van `n verhoor, `n hof kan bevind dat
die dagvaarding in die geval
prematuur uitgereik is.
Indien dit aanvaar word,
wat ek nie nodig ag om op hierdie stadium van die verrigtinge te
beslis nie, dat die mondelinge ooreenkoms
met betrekking tot die
betalings-vakansie wel ʼn wysiging daargestel het van die
skriftelike ooreenkoms (en nie net byvoorbeeld
`n opskorting daarvan
of `n vergunning ens. nie) wat getref word deur die
verskansingsklousule in die onderskeie ooreenkomste,
is ek van
mening dat gegewe die regspraak hierbo na verwys, verweerders wel ʼn
argumenteerbare saak het dat ʼn hof onder
sodanige omstandighede
nie sal toelaat dat die Shifren-beginsel teen verweerders afgedwing
word nie, hetsy deur die her-instelling
van die
exceptio doli
generalis
, hetsy op die basis soos gedoen is in
NYANDENI
LOCAL MUNICIPALITY vs HLAZO
waarna ek in paragraaf 23 hierbo
verwys het. Ek meen dat moontlik bevind kan word dat die afdwing van
die verskansingsklousule
in hierdie geval, so onbillik en immoreel
sal wees dat dit as ‘inimical to the interests of the
community’ beskryf
sal kan word. In die verband moet ek ook
vermeld dat dit tereg deur mnr. Snellenburg by die aanvang van sy
betoog uitgewys is
dat in al die regspraak wat met hierdie tipe
remedies handel, telkens tot `n bevinding gekom is ná die
voordeel van die
aanhoor van mondelinge getuienis en het hy my dus
versoek dat ek dit ook so in die onderhawige geval hanteer. Ek meen
mnr. Snellenbur
is reg in die verband. Hierdie is na my mening `n
geval waar die aard en inhoud van volledige mondelinge getuienis
moontlik `n
“ander kleur” kan verleen aan die regsvraag
wat hier beslis moet word. Dit blyk ook duidelik uit die gesag wat
ek
reeds hierin aangehaal het, dat gegewe die waarde oordeel wat `n
hof moontlik in die geval gaan moet fel m.b.t `n vraagstuk soos

byvoorbeeld die openbare belang, en al die feite en omstandighede
wat vir doeleindes daarvan in ag geneem moet word, dit waarskynlik

essensieel is dat volledige getuienis aangebied moet word alvorens
sodanige bevindings gemaak kan word.
Dit is ook deur
verweerders geopper dat dit uit die totaliteit van die stukke voor
die Hof blyk dat die deponent tot die funderende
verklaring, me.
Erasmus, synde die regsinvorderingsbestuurder van eiser vir die
Vrystaat en Noord-Kaap, klaarblyklik nie oor
persoonlike kennis
beskik om (al) die feite waarop die skuldoorsake en die gevorderde
bedrae soos uiteengesit in eiser se besonderhede
van vordering, te
kan bevestig nie. Dit blyk na my mening wel so te wees (waarvoor die
skuld nie voor haar deur gelê kan
word nie) in hierdie
omstandighede waar daar klaarblyklik mondelinge ooreenkomste en
mondelinge samesprekings plaasgevind het
tussen tweede verweerder en
amptenare van eiser se plaaslike tak te Welkom, synde Santie de
Lange, die diensbestuurder, en ene
Hennie. Hoewel me. Erasmus die
regsinvorderingsbestuurder is, beteken dit nie noodwendig dat die
rekords wat sy tot haar beskikking
het, al hierdie inligting sou
reflekteer nie. Eiser se summiere vonnis aansoek blyk dus in die
opsig in ieder geval gebrekkig
te wees.
Vanweë die
gevolgtrekkings waartoe ek reeds gekom het, is ek gevolglik van
oordeel dat verlof aan verweerders verleen moet
word ten opsigte van
eis 1 om die aksie te verdedig. Gegewe hierdie bevinding van my, is
dit nie nodig om met die ander verwere
wat deur verweerders geopper
is, te handel nie.
Wat eis 2 betref, sou ek
op basis van dieselfde gevolgtrekkings as ten opsigte van eis1, ook
aan verweerders verlof gegee het
om die aksie daaromtrent te
verdedig. Daar is egter ook ʼn ander rede waarom sodanige verlof
ten opsigte van eis 2 verleen
moet word. In terme van die
tersaaklike leningsooreenkoms ten opsigte van eis 2, synde
aanhangsel “D” tot die besonderhede
van vordering, het
eerste verweerder Koppie Alleenweg 291, Welkom, as sy
domicilium
citandi et executandi
aangewys. Die aanmaning voortspruitend uit
daardie ooreenkoms, aangeheg as aanhangsel “E” tot die
besonderhede van
vordering, is egter gerig aan “Posbus 4953,
Welkom”. Ek het hierdie aspek aan mnr. Van Rooyen ten tyde van
die aanhoor
van sy mondelinge betoog uitgewys en aan hom die
geleentheid gegee om my daaromtrent toe te spreek. Hy het egter
eventueel toegegee,
na my mening heeltemal tereg, dat die
skriftelike aanmaning in hierdie geval nie geag kan word ʼn
behoorlike aanmaning ooreenkomstig
die leningsooreenkoms daar te
stel nie. Aangesien sodanige aanmaning in terme van die voorwaardes
van die kontrak ʼn voorvereiste
is alvorens eiser betaling van
die totale uitstaande bedrag kan vorder, blyk die dagvaarding ten
opsigte van eis 2 derhalwe ook
vanweë hierdie rede prematuur te
wees.
Verweerders het dus na
my mening ʼn behoorlike saak uitgemaak teen die verlening van
summiere vonnis.
Wat die koste van die
aansoek om summiere vonnis ten opsigte van eise 1 en 2 betref, was
die partye dit eens dat gegewe die aard
van die verwere wat in die
onderhawige geval deur verweerders geopper is, dit gepas is dat die
koste van die aansoek om summiere
vonnis oorstaan vir latere
beregting. Ek meen dat dit inderdaad die korrekte bevel is.
Vir hierdie redes het ek
die tersaaklike bevele verleen.
_____________
C. VAN ZYL, R
Namens die eiser: Adv.
P.C.F. van Rooyen SC
In opdrag van:
Hill, McHardy &
Herbst Ing.
BLOEMFONTEIN
Namens die verweerders:
Adv. N. Snellenburg
In opdrag van:
E.G. Cooper Majiedt Ing.
BLOEMFONTEIN