About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2010
>>
[2010] ZAFSHC 97
|
|
Moqhaka Munisipaliteit en Anders v Rademan (142/2010) [2010] ZAFSHC 97 (2 September 2010)
VRYSTAATSE HOË HOF, BLOEMFONTEIN
REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA
Appèl Nr. : 142/2010
In
die appèl tussen:-
MOQHAKA MUNISIPALITEIT
.....................................
1ste
Appellant
M A MOKGOSI
.............................................................
2de
Appellant
M V DUMA
....................................................................
3de
Appellant
JIMMY MASWANGANYI
..............................................
4de
Appellant
RUDOLPH
MEYER
.......................................................
5de
Appellant
en
OLGA
RADEMAN
..........................................................
Respondente
_____________________________________________________
CORAM:
JORDAAN, R
et
KHAN, WND R
_____________________________________________________
AANGEHOOR
OP:
16 AUGUSTUS 2010
_____________________________________________________
UITSPRAAK
DEUR:
JORDAAN, R
_____________________________________________________
GELEWER
OP:
2 SEPTEMBER 2010
_____________________________________________________
[1] Die respondente het in die Landdroshof van Kroonstad
suksesvol aansoek gedoen vir sekere bevele teen die huidige
appellante
(respondente in die hof
a quo
). Die respondente se
aansoek was in wese gebaseer op die mandament van spolie. Sy het
beweer dat sy in ongestoorde besit en gebruik
was van elektrisiteit
wat deur die appellante verskaf is en dat haar gebruik en toegang tot
elektrisiteit deur die appellante onregmatiglik
beëindig is deur
die kragtoevoer tot haar eiendom af te sny. Die enigste bewering wat
sy gemaak het wat dui op moontlike onregmatige
afsnyding, is haar
bewering dat die afsnyding geskied het sonder ‘n hofbevel.
[2] Dit was gemene saak dat die respondente (applikante
in die hof
a quo
) woonagtig was te Kroonstad en die eienaar en
bewoner was van ‘n woning geleë te Panoramapark nr. 1,
Kroonstad. Dit
was ook gemene saak dat sy alle heffings ten opsigte
van elektrisiteitsverbruik, riolering, vullisverwydering en
watervoorsiening
betaal het. Dit is ook gemene saak dat sy as lid van
die Belastingbetalers- en Inwoners Vereniging van die betrokke
munisipaliteit
uit protes teen swak dienslewering geweier het om
erfbelasting aan die munisipaliteit oor te betaal. Dit is voorts
gemene saak
dat die kragtoevoer deur die appellant, deur middel van
sy werknemers, tweede tot vyfde appellante, afgesny is.
[3] Die respondente het ook beweer dat sy nie ‘n
persoon is soos bedoel in artikel 21(5) (voorheen artikel 22(5)) van
die
Electricity Regulation Act, Nr. 4 van 2006 nie en dat sy wel
geregtig is op elektrisiteitsvoorsiening in terme van artikel 21(3)
van voormelde Wet.
[4] Die appellante het beweer dat die respondente ‘n
uitstaande rekening, verskuldig aan die eerste appellant, gehad het
in
die bedrag van R2 986,96 ten opsigte van erfbelasting en dat die
respondente behoorlik kennis gekry het dat sy agterstallig en
aangemaan is vir betaling van die bedrag. Appellante het ontken dat
die afsluiting van die elektrisiteit onregmatig geskied het.
Respondente het geen repliek tot die opponerende verklarings
afgelewer nie.
[5] Die Verhoorhof het die aansoek toegestaan en bevele
teen al vyf appellante verleen. Onder andere is ook ‘n
verbiedende
interdik verleen wat die appellante verbied om die
respondente se kragtoevoer in die toekoms af te sny solank as wat sy
voortgaan
om die nodige heffings ten opsigte daarvan te betaal.
[6] Die appellante kom in hoër beroep teen die
bevele verleen. Voor aanhoor van die appèl het die respondente
die bevele,
deur die landdros verleen ten opsigte van die verbiedende
interdik, sowel as die koste bevele in soverre dit op die tweede tot
vyfde respondente van toepassing is, abandoneer.
[7] Uiteindelik is die enigste geskilpunt die vraag of
die afsluiting van die elektrisiteit regmatig of onregmatig was. Die
appellante
steun daarop dat die afsnyding regmatig geskied het,
aangesien dit in terme van statutêre magtiging geskied het.
[8] Onder andere is namens die appellante aangevoer dat
die mandament van spolie nie beskikbaar is vir die afdwinging van
kontraktuele
vorderings nie. Daar is aangevoer dat die Hof geregtelik
kennis daarvan kan neem dat die verskaffing van elektrisiteit uit
hoofde
van kontraktuele verbintenis gedoen word.
[9] Die Electricity Regulation Act, Nr. 4 van 2006, maak
dit egter duidelik dat die reg op elektrisiteitsvoorsiening nie
suiwer
kontraktueel van aard is nie. Wat meer is, het die Grondwethof
ook reeds beslis dat elektrisiteitsvoorsiening een van die basiese
dienste is wat deur ‘n munisipaliteit gelewer moet word in
terme van die Grondwet en relevante statutêre voorskrifte.
Sien
JOSEPH AND OTHERS v CITY OF JOHANNESBURG AND OTHERS
2010 (4) SA 55
(CC) para [40] en [47]. Dit is myns insiens duidelik
dat die verskaffing van elektrisiteit aan inwoners van ‘n
munisipaliteit
nie ‘n blote kontraktuele verbintenis is nie,
maar inderdaad statutêr gereël word en grootliks statutêr
beheer word. Die respondente se aansoek was derhalwe nie suiwer gerig
op die nakoming van kontraktuele verpligtinge nie.
[10] Namens die respondente is voorts aangevoer dat die
appellant verplig was om tydig aan die respondente kennis te gee van
sy
voorneme om die elektrisiteit af te sny. Namens die respondente is
daarop gewys dat die appellante bloot beweer het dat die respondent
behoorlik aangemaan is voor die afsnyding met betrekking tot haar
agterstallige rekening, maar dat dit nie blyk asof die aanmaning
spesifiek vermeld dat die appellant van voorneme is om die
elektrisiteit af te sny by wanbetaling nie. Die vereiste vir sodanige
kennisgewing word natuurlik duidelik bevestig in
JOSEPH v CITY
OF JOHANNESBURG
,
supra
, te par. [61].
[11] In die onderhawige geval is die probleem egter dat
die respondente bloot in haar funderende stukke beweer het dat die
krag
afgesny is sonder ‘n hofbevel en nooit die vraag of daar
vooraf behoorlik kennis gegee is, geopper het nie. Die appellante
was
dus nooit geroepe om op so ‘n bewering te antwoord nie. Dit mag
wees dat, indien dit geopper was, die appellante heel
moontlik meer
volledig met daardie aspek sou en kon gehandel het. Die respondente
se saak was bloot dat die afsnyding sonder ‘n
hofbevel geskied
het en was daar geen bewering dat dit geskied het sonder voorafgaande
kennisgewing wat voldoen aan die vereistes
gestel in voormelde
beslissing nie.
[12] Ter regverdiging van sy optrede, steun die
appellant hoofsaaklik op artikel 25 van sy Kredietbeheer- en
Skuldinvorderings Regulasies,
wat uitgevaardig was op 14 Mei 2004
ingevolge die verpligting op die appellant gelê ingevolge
artikels 96 en 97 van die Wet
op Plaaslike Regering: Munisipale
Stelsels, Nr. 32 van 2000. Artikel 96 bepaal:
“’
n Munisipaliteit moet –
(a) alle gelde invorder wat aan hom verskuldig en betaalbaar is,
behoudens hierdie Wet en enige ander toepaslike Wetgewing; en
(b) vir die doel, ‘n kredietbeheer- en skuldinvorderingsbeleid
aanneem, in stand hou en implementeer wat nie strydig is nie
met sy
eiendomsbelastingsbeleid en sy tariefbeleid wat aan die bepalings van
hierdie Wet voldoen.”
Artikel 97 bepaal:
dat ‘n kredietbeheer- en skuldinvorderingsbeleid voorsiening
moet maak vir:
“
(a) kredietbeheerprosedures en meganismes;
skuldinvorderingsprosedures en meganismes;
voorsiening vir hulpbehoewende debiteure wat nie-strydig is nie met
sy eiendomsbelastingsbeleid en sy tariefbeleid en enige nasionale
beleid oor hulpbehoewendes;
(g) beëindiging van dienste of die beperking van die verskaffing
van dienste wanneer betalings agterstallig is;”
Artikel 102 van voormelde Wet bepaal as volg:
“
(1) ’n Munisipaliteit kan –
(a) enige afsonderlike rekeninge van persone wat vir betalings aan
die munisipaliteit aanspreeklik is, konsolideer;
(b) ‘n betaling deur so ‘n persoon krediteer teen enige
rekening van daardie persoon; en
(c) enige van die skuldinvorderings- en kredietbeheermaatreëls
implementeer waarvoor in hierdie hoofstuk voorsiening gemaak
word met
betrekking tot enige agterstallige bedrae op enige van die rekeninge
van so ‘n persoon.”
Artikel 4 van die Wet handel met die regte en
verpligtinge van Munisipale Rade en bepaal, onder andere, dat die
Raad van ‘n
munisipaliteit die reg het om:
“
(c) om die sake van die munisipaliteit te
finansier deur-
gelde vir dienste te hef; en
bo-belasting op gelde, eiendomsbelasting en, in die mate deur
Nasionale Wetgewing daartoe gemagtig, ander belastings, heffings
en
aksyns te hef.”
Artikel 74 van dieselfde Wet maak voorsiening vir die
verpligting van ‘n Munisipale Raad om ‘n tariefbeleid aan
te neem
en te implementeer en bepaal in sub-artikel 2 dat ‘n
tariefbeleid minstens sekere beginsels moet weergee, onder andere:
“
(e) tariewe teen vlakke gestel moet word
wat die finansiële volhoubaarheid van die diens fasiliteer, met
inagneming van subsidiëring
uit bronne anders dan die betrokke
diens;”
[13] Artikel 25 van die appellant se Kredietbeheer- en
Skuldinvorderings Regulasies, waarna hierin tevore verwys is, bepaal
as volg:
“
25 (1) The municipality may restrict or
disconnect the supply of water and electricity or discontinue any
other service to any premises
whenever a user of any service –
(a) fails to make full payment on the due date or fails to make
acceptable arrangements for the repayment of any account for
services,
rates or taxes.”
Artikel 25(3) van dieselfde Regulasies bepaal:
“
The right to restrict, disconnect or
terminate a service due to non-payment shall be in respect of any
service rendered by the municipality
and shall prevail
notwithstanding the fact that payment has been made in respect of any
specific service and shall prevail notwithstanding
the fact that the
person who enter into an agreement for supply of services with the
municipality and the owner are different entities
or persons, as the
case may be.”
[14] Namens die respondente is aangevoer dat die
Electricity Regulations Act, Nr. 4 van 2006, ‘n reg aan
inwoners verleen
om elektrisiteit te ontvang en dat sodanige reg ook
‘n grondwetlike reg is. Na laasgenoemde aspek is reeds verwys.
Artikel
21 van voormelde Wet bepaal, onder andere, as volg:
“
(3) A transmission or distribution licensee
must, to the extent provided for in the licence, provide
non-discriminatory access to
the transmission and distribution power
systems to third parties.
(4) Access in terms of sub-section (3) must be provided on the
conditions set out in the licence of such transmitter or distributor,
that may relate to-
(a) the circumstances under which access must be allowed;
(b) the circumstances under which access may be refused;”
Sub-artikel 5 bepaal:
“
The licensee may not reduce or terminate
the supply of electricity to a consumer, unless-
(b) the customer has failed to honour, or refuse to enter into, an
agreement for the supply of electricity; or
(c) the customer has contravened the payment conditions of that
licensee.”
[15] Namens die respondente is voorts aangevoer dat
artikel 97 van die Stelselswet, hierbo vermeld, nie uitdruklik
voorsiening maak
vir die opskorting van ‘n spesifieke diens
weens wanbetaling van ‘n ander heffing of diens nie. Dit is
voorts aangevoer
dat, indien artikel 97 wel so vertolk kan word dat
dit die opskorting van ‘n diens magtig by wanbetaling van ander
heffings
of belastings, laasgenoemde artikel, synde ‘n algemene
Wet, teenstrydig is met en ondergeskik is aan die Electricity
Regulation
Act, synde ‘n spesifieke en spesiale bepaling ten
opsigte van elektrisiteitsvoorsiening. Daar is derhalwe aangevoer dat
artikel
25 van die Regulasies voormeld van die applikant, strydig is
met die Elektrisiteitswet en tot daardie mate
ultra vires
is.
[16] By die beoordeling van bogenoemde argumente, moet
as breë agtergrond in ag geneem word die grondwetlike
verpligtinge wat
op ‘n munisipaliteit geplaas word om dienste
te lewer op ‘n volhoubare wyse. Artikel 151(3) van die Grondwet
bepaal:
“’
n Munisipaliteit het die reg om op
eie inisiatief die plaaslike regeringsaangeleenthede van sy
gemeenskap te bestuur, behoudens
Nasionale en Provinsiale Wetgewing,
soos in die Grondwet bepaal.”
Artikel 152(1)(b) bepaal:
“
(1) Die oogmerke van Plaaslike Regering is
–
.....
(b) om te verseker dat dienste op volhoubare wyse aan gemeenskappe
verskaf word;”
Artikel 156 van die Grondwet bepaal in sub-artikel 5:
“’
n Munisipaliteit het die reg om
enige bevoegdheid uit te oefen met betrekking tot ‘n
aangeleentheid wat rederlikerwys nodig
is vir, of verband hou met,
die doeltreffende verrigting van sy funksies.”
[17] In
PRETORIA CITY
COUNCIL v WALKER
[1998] ZACC 1
;
1998 (2) SA 363
(CC) te bl. 400 C word die
volgende vermeld:
“
Local government is as important a tier of
public administration as any. It has to continue functioning for the
common good; it,
however, cannot do so efficiently and effectively if
every person who has a grievance about the conduct of a public
official or
a governmental structure were to take the law into his or
her own hands or resort to self-help by withholding payment for
services
rendered. That conduct carries with it the potential for
chaos and anarchy and can therefore not be appropriate.”
In
MKONTWANA v NELSON MANDELA METROPOLITAN
MUNICIPALITY AND ANOTHER; BISSETT AND OTHERS v BUFFALO CITY
MUNICIPALITY AND OTHERS; TRANSFER
RIGHTS ACTION CAMPAIGN AND OTHERS v
MEC, LOCAL GOVERNMENT AND HOUSING, GAUTENG, AND OTHERS (KWAZULU-NATAL
LAW SOCIETY AND MSUNDUZI
MUNICIPALITY AS
AMICI CURIAE
2005 (1) SA 530
(CC) te 557 C word die volgende deur die Grondwethof
vermeld:
“
There is disputed evidence before us
concerning the degree of inefficiency of the municipalities that have
been cited. No more should
be said about this aspect than that if the
inefficiency of the municipality degenerates to the extent where it
can be proved to
be negligence that occasioned damage to the owner of
the property concerned, owners may have a delictual claim for damages
against
the municipality. It must be emphasised that it is imperative
for municipalities to do everything reasonable to reduce amounts
owing. Otherwise, the sustainability of the delivery of municipal
services is likely to be in real jeopardy.”
[18] Uit die voormelde is dit duidelik dat
munisipaliteite hul funksies so moet bestuur dat dienste finansieel
volhoubaar gelewer
kan word. Daarvoor is munisipaliteite gemagtig om
dienstegelde, belastings, ensovoorts te hef deur, onder andere,
artikel 4 van
die Stelselswet, waarna reeds hierin tevore na verwys
is. In soverre dienste gelewer word waarvoor eindgebruikers vir die
hoeveelheid
gebruik betaal, soos byvoorbeeld water- en
elektrisiteitsverbruik, moet in ag geneem word dat daardie
kommoditeite ook deur die
munisipaliteit aangewend moet word ten
behoewe van die algemene publiek. Elektrisiteit moet gebruik word vir
straatligte en openbare
areas, om water te pomp vir die gebruik van
eindgebruikers sowel as openbare areas, ensovoorts. Vir hierdie doel
word kruissubsidiëring
ten opsigte van munisipaliteite se
onderskeie bronne van inkomste nie alleen soms genoodsaak nie, maar
uitdruklik erken in artikel
74(2)(e) van die Stelselswet, waarna ook
reeds verwys is.
[19] Myns insiens moet artikel 97(1) van laasgenoemde
Wet in bogemelde lig gesien en interpreteer word. So gesien, bevat
dit geen
beletsel teen ‘n kredietbeleid wat die opskorting van
‘n diens weens wanbetaling van ander bronne van inkomste deur
‘n munisipaliteit, magtig nie. ‘n Munisipaliteit moet
volhoubare dienste lewer deur, onder andere, van kruissubsidiëring
gebruik te maak. ‘n Munisipale raad kan inkomste verkry uit
eiendomsbelasting deels aanwend vir kragvoorsiening aan openbare
geriewe, subsidiëring van kragvoorsiening aan behoeftige
eindgebruikers, ens. Die magtiging om dienste op te skort ten einde
betaling van alle gelde aan ‘n munisipaliteit verskuldig af te
dwing, het klaarblyklik ten doel om ‘n munisipaliteit
in staat
te stel om alle dienste volhoubaar te verskaf en nie beperk te word
tot afdwinging van betalings slegs ten opsigte van
spesifieke dienste
of heffings nie.
[20] Myns insiens is artikel 25 van die Kredietbeheer en
Invorderings Regulasies van die appellant dus nie
ultra vires
die Stelselswet nie.
[21] Die uiteindelike vraag wat gestel moet word, is of
die Stelselswet as algemene Wet in konflik is met die spesifieke
bepalings
vervat in die Electricity Regulation Act. Daar is reeds op
gewys dat artikel 21(4)(b) van laasgenoemde Wet bepaal dat toegang
tot
elektrisiteit verskaf moet word op die voorwaardes uiteengesit in
die betrokke verspreiders lisensie, wat mag insluit die omstandighede
waaronder toegang geweier kan word. Die lisensie voorwaardes was en
is egter nie in die onderhawige saak bekend nie. Daar kan derhalwe
nie vasgestel word wat,
in casu
, in die verband deur die
lisensievoorwaardes gemagtig is nie. Aangesien die bewyslas op die
respondente gerus het om aan te toon
dat die beëindiging van
haar dienste onregmatig was en indien sy op ‘n verbreking van
die lisensievoorwaardes wou steun,
moes sy dit beweer het en haar in
daardie opsigte van die bewyslas gekwyt het. Dit het sy nie gedoen
nie.
[22] Meer belangrik egter is die bepalings van artikel
21(5)(b) en (c) van voormelde Wet. Daardie artikels magtig afsnyding
van
elektrisiteitsvoorsiening indien die eindgebruiker versuim om ‘n
ooreenkoms vir die verskaffing van elektrisiteit na te kom
of die
gebruiker die betalingsvoorwaardes van die lisensiehouer oortree.
[23] Dit is algemeen bekend dat ‘n munisipaliteit
dienste lewer aan inwoners uit hoofde van ‘n formele aansoek
vir verskaffing
van voormelde dienste. Dit is prakties onmoontlik om
met elke inwoner ‘n omvattende afsonderlike ooreenkoms te sluit
ten
opsigte van elke sodanige diens. Die verhouding tussen ‘n
munisipaliteit en sy inwoners word in wese gereël deur Statuut,
Munisipale Verordeninge en Regulasies. So byvoorbeeld word tariewe
vir dienste van tyd tot tyd, natuurlik onderhewig aan prosedurele
voorskrifte, deur munisipaliteite aangepas en is op alle inwoners van
toepassing (met uitsondering van statutêr toelaatbare
differensiasie ten opsigte van byvoorbeeld behoeftige gebruikers). So
ook is die algemene voorsienings- en betalingsterme en voorwaardes
soos van tyd tot tyd aangepas by wyse van regulasie of munisipale
verordening op gebruikers universeel van toepassing. Daar is
reeds op
gewys dat die bron van diensteverskaffing aan munisipale inwoners nie
uitsluitlik kontraktueel van aard is nie maar deels
van statutêre
oorsprong is.
[24] Indien daar ‘n oënskynlike konflik
tussen verskillende wette bestaan moet dit so interpreteer word op ‘n
wyse
wat poog om die twee bepalings met mekaar te versoen sodat aan
beide regskrag verleen word, indien moontlik. Ek meen dat artikel
97(1) van die Stelselswet en artikel 21(5) van die Electricity
Regulation Act wel sodanig versoenbaar is. Daar is reeds bevind
dat
artikel 97 van die Stelselswet ‘n munisipaliteit magtig om ‘n
kredietbeleid en skuldinvorderingsbeleid te volg
in terme waarvan
betaling van alle gelde verskuldig aan ‘n munisipaliteit as
voorwaarde vir voortgesette verskaffing van
‘n diens of dienste
gestel kan word. So ‘n betalingsbeleid is uit die aard van die
saak van toepassing en bindend op
inwoners van die munisipaliteit.
Dit vorm deel van die statutêre raamwerk waarbinne dienste
gelewer word en reël by
noodwendige implikasie die verhouding
tussen die munisipaliteit en inwoners met betrekking tot die
verskaffing van dienste. As
sulks vorm dit deel van die ooreenkoms
vir verskaffing van dienste en vorm ook deel van die munisipaliteit
se betalings en verskaffingsvoorwaardes.
Die nie-nakoming daarvan
deur ‘n inwoner sou derhalwe daarop neerkom dat die vereistes
gestel in artikel 21(5)(b) en/of (c)
aan voldoen is, sodat die
munisipaliteit geregtig is om die verskaffing van elektrisiteit te
staak. Artikel 21(5) erken by noodwendige
implikasie dat ‘n
lisensiehouer terme en voorwaardes in sy ooreenkoms met ‘n
verbruiker kan beding asook betalingsvoorwaardes
kan stel.
[25] Gevolglik is ek van mening dat artikel 97(1) van
die Stelselswet en artikel 21(5) van die Electricity Regulation Act
nie teenstryding
en in konflik is nie en dat artikel 25 van die
appellant se kredietbeleid regulasies nie
ultra vires
die
Electricity Regulation Act is nie.
[26] Uit hoofde van die voorgaande het die respondent
nie bewys dat die afsluiting van haar elektrisiteit onregmatig was
nie. Inteendeel
is ek van mening dat die optrede wel statutêr
gemagtig was.
[27] Volledigheidshalwe wys ek daarop dat die vroeëre
beslissing van hierdie hof in
SENEKAL INWONERSVERENIGING EN ‘N
ANDER v PLAASLIKE OORGANGSRAAD SENEKAL/MATWABENG
1998 (3) SA
719
(O) beslis is voor die inwerkingtreding van die Stelselswet en
daardie hof op die toe bestaande wetgewing bevind het dat die
verbruikers
wel aan die voorsieningsvoorwaardes voldoen het. Dit is
derhalwe onderskeibaar van die huidige aangeleentheid in meerdere
opsigte.
[28] In konklusie is ek derhalwe van mening dat die
appèl moet slaag met koste en dat die bevele van die hof
a
quo
ter syde gestel en vervang moet word met die volgende:
Die aansoek word afgewys met koste.
Dit word derhalwe so gelas.
_______________
A.F. JORDAAN, R
Ek
stem saam.
_______________
G. KHAN, WND R
Namens
die appellant: Adv. S.J. Reinders
In
opdrag van:
Rosendorff
Reitz Barry
BLOEMFONTEIN
Namens
die respondent: P.J.T. De Wet
In
opdrag van:
Symington
& De Kok
BLOEMFONTEIN
/sp