Genis v Genis (29/2008) [2010] ZAFSHC 158 (26 August 2010)

45 Reportability

Brief Summary

Appeal — Leave to appeal — Application for leave to appeal against judgment excluding divorce order — Applicant sought leave to appeal against entire judgment except for divorce order — Respondent confirmed no intention to appeal against divorce order — Clarity on scope of appeal granted — Application for leave to appeal upheld.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2010
>>
[2010] ZAFSHC 158
|

|

Genis v Genis (29/2008) [2010] ZAFSHC 158 (26 August 2010)

VRYSTAAT
HOË HOF, BLOEMFONTEIN
REPUBLIEK
VAN SUID-AFRIKA
Saak Nr.: 29/2008
In die saak tussen:-
JOHANNES PETRUS
GENIS
..............................
Applikant
/ Eiser
en
MARIA SOPHIA GENIS
..............................
Respondente
/ Verweerderes
______________________________________________________
UITSPRAAK
DEUR:
VAN ZYL, R
______________________________________________________
AANGEHOOR
OP:
20 AUGUSTUS 2010
______________________________________________________
GELEWER
OP:
26 AUGUSTUS 2010
______________________________________________________
[1] Hierdie is ‘n
aansoek deur applikant (eiser in die hoofgeding) om verlof om te
appèlleer teen die geheel van die
uitspraak en de bevele, met
uitsluiting van die bevel van egskeiding, wat ek ten opsigte van
respondente (verweerderes in die hoofaksie),
verleen het. Die
volgende bevele is deur my in voormelde aksie verleen:

....”
[2] Die basis van
applikant se aansoek is volledig uiteengesit in sy Kennisgewing van
Aansoek om Verlof om te Appèlleer,
gedateer 7 Junie 2010, en
is ek nie voornemens om dit hierin te herhaal nie.
[3] Vir
doelmatigheidsredes gaan ek na die partye verwys soos in die
hoofaksie.
[4] Op 10 Augustus 2010
het eiseres onder aansoeknommer 4006/2010 ‘n interdokutêre
aansoek geliasseer waarin in die
Kennisgewing van Mosie aangedui is
dat die aansoek geloods sal word ten einde van die aanhoor van
voormelde aansoek om verlof om
te appèlleer. In die
laasgenoemde aansoek word die volgende regshulp gevorder:

1.
‘n Bevel in terme van die bepalings van Hofreël 49(11) van
die Eenvormige Hofreëls, dat die bevele deur Haar
Edele Regter
Van Zyl uitgevaardig onder saaknommer 29/2008, en wel die vervat in
paragrawe 4.1, 4.2 en 4.3 van die gemelde bevel
met onmiddellike
effek in werking gestel word;
2. Dat die Respondent
gelas word tot onverwylde nakoming van die bevele soos hierbo na
verwys, vervat in paragrawe 4.1, 4.2 en 4.3
van die bevel deur haar
Edele Regter Van Zyl onder saaknommer 29/2008;
3. Dat die Applikant
vrygestel word van die verskaffing van sekuriteit soos bedoel in
Hofreël 49(12) van die Eenvorminge Hofreëls;
4. Alternatiewelik moet
bedes 1, 2 en 3 hierbo, en indien bevind word dat die Respondent ook
appèlleer teen die bevel van
egskeiding verleen, dat verklaar
word dat die respondent verplig is om steeds die Reël 43 bevel,
aangeheg as aanhangsel “B”
tot die funderende verklaring,
na te kom
pendente lite
;
5. Dat die Respondent die
koste van hierdie aansoek betaal;
6. Verdere en/of
alternatiewe regshulp.”
Ek sal hierinlater na
hierdie aansoek verwys as die
inter
locutêre
aansoek.
[5] Verweerder het op 19
Augustus 2010 ‘n opponerende verklaring tot die
inter
locutêre
aansoek
geliasseer.
[6] Duidelikheidshalwe
kan reeds op hierdie stadium vermeld word dat bede 4 in die
Kennisgewing van Mosie in die
locutêre
aansoek vervat was, aangesien Eiser se
kennisgewing van aansoek om verlof om te appèlleer gedeeltelik
dubbelsinnig was, deurdat
die aanhef aangedui word dat eiser verlof
versoek om te appèlleer teen die geheel van die uitspraak en
die bevele, met ander
woorde met insluiting van die bevel van
egskeiding, terwyl paragraaf 11 van die kennisgewing daarinteen
vermeld dat ‘n bevel
van egskeiding inderdaad toegestaan moes
gewees het. Uit Eiser se opponerende verklaring tot die
inter
locutêre
aansoek het
dit egter onteenseglik geblyk dat Eiser nie voornemens is om teen die
bevel van egskeiding te appèlleer nie,
welke ook deur Mnr
Reinders, namens Eiser, ten tyde van sy betoog bevestig is. Mnr
Zietsman, namens verweerderes, het gevolglik
aangedui dat hy nie
volhard met die alternatiewe regshulp uiteengesit in bede 4 van die
Kennisgewing van Mosie nie.
_____________
C. VAN ZYL, R
Namens die
applikant/Eiser: Adv. Reinders
In opdrag van:
BLOEMFONTEIN
Namens die respondente/
verweerderes: Adv. P.
Zietsman
In opdrag van:
BLOEMFONTEIN
/eb