S v Pretorius (A82/2010) [2010] ZAFSHC 120 (26 August 2010)

70 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Assault — Appeal against conviction and sentence — Appellant convicted of assault with intent to cause grievous bodily harm and malicious injury to property — Appellant followed complainant after a traffic incident, resulting in physical altercation — Appellant claimed self-defense; however, evidence indicated no imminent threat — Court found reasonable doubt regarding intent to cause grievous bodily harm, reducing conviction to common assault and imposing a fine — Declaration of unfitness to possess a firearm set aside.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2010
>>
[2010] ZAFSHC 120
|

|

S v Pretorius (A82/2010) [2010] ZAFSHC 120 (26 August 2010)

VRYSTAATSE
HOË HOF, BLOEMFONTEIN
REPUBLIEK
VAN SUID-AFRIKA
Saak nommer. : A82/2010
In
die saak tussen:
DIE
STAAT
...........................................................................
Appellant
en
W
P PRETORIUS
.................................................................
Respondent
_____________________________________________________
CORAM:
HANCKE, WND RP
et
DAFFUE, WND R
_____________________________________________________
UITSPRAAK:
HANCKE, WND RP
AANGEHOOR OP:
23 AUGUSTUS 2010
_____________________________________________________
GELEWER OP:
26 AUGUSTUS 2010
[1] Die appellant is
skuldig bevind aan die volgende twee aanklagte: aanklag 2 -
aanranding met die opset om ernstig te beseer ten
opsigte waarvan hy
gevonnis tot R6 000,00 of 9 maande gevangenisstraf; en aanklag 4 -
opsetlike saakbeskadiging ten opsigte waarvan
hy gevonnis is tot R6
000,00 of 9 maande gevangenisstraf wat in die geheel opgeskort is op
sekere voorwaardes. Appellant is ook
onbevoeg verklaar om ‘n
vuurwapen te besit. Hy kom nou in hoër beroep teen gemelde
skuldigbevindings, asook die onbevoegdheidsverklaring.
[2] Dit blyk uit die
getuienis dat die appellant en die klaer die bestuurders was van twee
voertuie wat in teenoorgestelde rigtings
op die pad tussen Lindley en
Kroonstad beweeg het. Op ‘n stadium het beide hulle onderskeie
voertuie se ligte gedof en op
helder gesit. Nadat die voertuie by
mekaar verby is, het die appellant ‘n u-draai gemaak en die
klaer se voertuig gevolg,
om volgens die getuienis van die appellant,
sy registrasienommer te kry. Uiteindelik het klaer sy voertuig tot
stilstand gebring
terwyl die appellant voor hom gestop het. Beide
appellant en sy eggenote, wat ‘n passasier in die voertuig was,
het uit die
voertuig geklim en na klaer se voertuig geloop waarna
appellant die klaer daarvan beskuldig het dat hy swak bestuur. Op ‘n

stadium is die appellant se eggenote terug na hulle voertuig waar sy
‘n wielsleutel, of soortgelyke voorwerp gekry het.
[3] Wat die beskadiging
van die klaer se motorvenster betref blyk dit gemene saak te wees.
Appellant het in hierdie verband soos
volg getuig:

Ek is jammer
dat ek die kant ruit uitgeslaan het, ek meen dit is in die hitte van
die oomblik gewees en ek was kwaad, dit kon netsowel
andersom gewees
het, ons kon dood gewees het .... Ek is bereid om daardie
skadevergoeding te betaal.”
Mnr Gilliland, namens die
appellant het toegegee dat die appellant wel skuldig is aan opsetlike
saakbeskadiging, alhoewel hy aangevoer
het dat daar ‘n redelike
twyfel bestaan oor die vraag of hy gebruik gemaak het van ‘n
domkragsleutel en dat hy hierdie
skade met sy vuiste veroorsaak het.
Na my mening is dit vergesog dat appellant se vuiste hierdie skade
sou kon veroorsaak en kan
ek nie fout vind met die landdros se
bevinding in hierdie verband nie. Hierdie skuldigbevinding is dus in
orde.
[4] Wat appellant se
skuldigbevinding aan aanranding met die opset om ernstig te beseer
betref, kan dit gemeld word dat daar verskeie
weersprekings in die
weergawes van die getuies voorgekom het. Die landdros het egter
bevind dat, inaggenome die foto’s van
die beserings, asook die
mediese verslag wat as ‘n bewysstuk ingehandig is, klaer se
beserings nie vereenselwigbaar was met
twee vuishoue wat appellant
ten opsigte van die klaer sou toegedien het nie. Die medikus het nie
getuig nie (sien par [10] infra)
en is ‘n mens aangewese op sy
aantekeninge op die J88 vorm waar hy verwys na die regterkant van die
gesig wat geswel en gevoelig
was, asook na die oog wat beseer was.
Daarbenewens was daar ook ‘n liniêre kneusing vanaf die
regter knie asook ‘n
skaafwond aan die bo-kant van die knie en
‘n verdere kneusing aan die agterkant, skynbaar van die linker
been. Sommige van
hierdie beserings word uitgebeeld op die foto’s,
veral die besering aan die linker-oog wat blou en geswel was asook
kneusings
en skaafwonde net bo en net onder aan die kant van die
linker-oog. Verder was die klaer ‘n tyd lank bewusteloos
gewees.
[5] Indien daar gebruik
gemaak was van ‘n wielsleutel, of derglike voorwerp, sou ‘n
mens meer ernstige beserings verwag
het, tensy weinig geweld toegepas
is by die gebruikmaking van sodanige voorwerp. Alhoewel taamlike mate
van geweld nodig was om
hierdie beserings met vuiste te veroorsaak,
kan die redelike moontlikheid egter nie uitgesluit word dat die
appellant se vuiste,
en nie ‘n wielsleutel of derglike
voorwerp, hierdie beserings veroorsaak het nie.
[6] Mnr Gilliland het
namens die appellant aangevoer dat die appellant in selfverdediging
opgetree het toe hy hierdie geweld toegepas
het deurdat klaer in die
bakkie “gegrou” het, skynbaar om ‘n voorwerp te kry
en dat dit redelik van die appellant
was om nie te wag dat hy eers
aangerand word voordat hy self geweld ten opsigte van die klaer
toegepas het nie. In sy getuienis
verklaar hy die volgende:

Hy was oppad
om op te kom en toe slaat (sic) ek hom met ‘n regterhand en toe
met die linkerhand, vuis. Toe lê hy op
die sitplek.”
[7] Wat die getuie Van
Niekerk betref wat deur die landdros geroep is, en wat klaarblyklik
die appellant goedgesind was, getuig
hy in hierdie verband die
volgende:

Toe slaan hy
hom terwyl hy in die bakkie is? --- Ja hy het om eenmaal geslaan met
die vuis, ja.”
Daar is dus geen
aanduiding in hierdie getuienis van ‘n dreigende gevaar nie.
[8] Uit die feite is dit
duidelik dat die appellant hewig ontstig was omdat die klaer vir hom
en sy gesin in die gevaar gestel het.
Hy het hom agtervolg en was op
sy eie weergawe baie kwaad gewees. Dit is duidelik dat hy voor hom
parkeer het en klaarblyklik na
die klaer gegaan het om hom leed aan
te doen. Die beroep op selfverdediging in hierdie omstandighede kan
nie slaag nie. Eerstens
was die appellant se eie optrede onregmatig
gewees en tweedens was hier nie sprake van ‘n dreigende gevaar
vir hetsy die
appellant of sy eggenote nie. Die vraag is, inaggenome
die beserings wat die klaer opgedoen het, of die staat bo redelike
twyfel
die nodige opset om ernstig te beseer bewys het, op die
veronderstelling dat daar ‘n redelike twyfel is of appellant
gebruik
gemaak het van ‘n voorwerp, en nie slegs sy vuiste nie.
[9] In
S v MBELU
1966 (1) PH, H176(N) verklaar Miller R dat daar vier faktore is wat
in ag geneem kan word om ‘n beskuldigde se gedagtegang
(“state
of mind”) te bepaal:

They are,
first the nature of the weapon or instrument used; secondly, the
degree of force used by the accused in wielding that
instrument or
weapon; thirdly, the situation on the body where the assault was
directed, and fourthly the injuries actually sustained
by the victum
of the assault.”
Vergelyk ook
S v
DIPHOLO
1983 (4) SA 757
(T) te 760 E – G.
[10] In hierdie verband
is dit van groot belang om mediese getuienis aan te bied ten opsigte
van die aard en erns van die beserings
en hoe dit waarskynlik
veroorsaak is. Dit is nie aangewese vir ‘n hof om bloot op
grond van die waarneming van wonde self
te spekuleer nie. See
South
African Criminal Law and Procedure
, Volume II (derde uitgawe)
p. 434 en gesag daarna verwys.
[11] In aggenome àl
die feite en omstandighede is ek van mening dat daar ‘n
redelike twyfel is of die staat daarin
geslaag het om die nodige
opset om ernstig te beseer te bewys. Appellant is dus, na my mening,
op sy eie weergawe skuldig aan aanranding
gewoon.
[12] Wat vonnis betref,
is die appellant ‘n eerste oortreder en ‘n nuttige
landsburger. Verder was hy geprovokeer deur
die optrede van die
klaer. Aan die ander kant het hy geen reg gehad om die reg in sy eie
hande te neem en die klaer ernstig aan
te rand toe laasgenoemde die
verkeersreëls oortree het nie. Die gemeenskap verafsku sulke
optrede en kan nie deur die howe
geduld word nie. ‘n Stywe
boete is dus ‘n aangewese straf in die omstandighede.
[13] Die landdros het ook
‘n bevel ingevolge artikel 103(2) van die Wet op die Beheer van
Vuurwapens, Nr. 60 van 2000 gemaak
dat die appellant onbevoeg
verklaar word om ‘n vuurwapen te besit. Gemelde artikel lui
soos volg:

(2) (a) 'n
Hof wat 'n persoon skuldig bevind aan 'n misdaad of misdryf bedoel in
Bylae 2 en wat nie 'n misdaad of misdryf is beoog
in subartikel (1)
nie, moet ondersoek instel en bepaal of daardie persoon onbevoeg is
om 'n vuurwapen te besit.”
Vergelyk
S v MODISE
1992 (1) SASV 358 (O) ten opsigte van die gelykluidende bepalings in
die vorige wet.
[14] Subartikel (1) lui
dat “tensy die hof andersins bepaal”, word ‘n
persoon onbevoeg om ‘n vuurwapen te
besit indien hy skuldig
bevind word aan een van verskeie misdrywe, insluitende ‘n
misdryf waarby geweld betrokke is en hy
tot ‘n tydperk van
gevangenisstraf gevonnis word sonder die keuse van ‘n boete.
Laasgenoemde subartikel is dus nie
van toepassing in die huidige saak
nie.
[15] In gemelde wet word
in Bylae 2 gehandel met ‘n

...misdaad
waarby geweld, seksuele misbruik of oneerlikheid betrokke is, ten
opsigte waarvan ‘n beskuldigde nie gevonnis is
tot ‘n
tydperk van gevangenisstraf sonder ‘n keuse van ‘n boete
nie.”
(Klousule 7(c) daarvan).
[16] Faktore wat
inaggeneem word om die bevoegdheid van ‘n persoon te bepaal om
‘n vuurwapen te besit, al dan nie, sluit
in die volgende:

(a) the
accused’s age and personal circumstances;
(b) the nature of any previous
convictions for the absence thereof;
(c) the nature and seriousness of the
crime for which he has been found guilty and the connection that the
crime has with the use
of a firearm;
(d) whether there is any background
which suggests that the accused may make use of his or her licensed
firearm for the purpose
of committing offences; and
(e) whether it is in the interests of
the community that the accused be declared unfit to possess a firearm
because of the fact
that he or she poses a potential danger to the
community.
I would add to that list that
consideration should be given to the period during which the accused
had possessed a licensed firearm,
and whether there is any indication
of previous irresponsibility in regard to that possession and use.”
(Wallis, R in
S v
MKHONZA
2010 (1) SASV 602 (KZP) te par [22].
[17] Dit is van belang om
daarop te let dat die hof
a quo
bevind het dat die appellant
nie in besit van ‘n vuurwapen was tydens die voorval nie. Die
appellant is ‘n algehele
eerste oortreder wat al verskeie jare
oor ‘n vuurwapenlisensie beskik sonder enige aanduiding van
vorige onverantwoordelike
optrede in verband met die gebruik van sy
vuurwapen. Hierdie was duidelik ‘n geïsoleerde geval waar
die voorval voorafgegaan
is deur provokasie, deurdat die klaer die
appellant en sy gesin se lewens in gevaar gestel het.
S v VAN
DYK
1991 (2) SASV 48 (W) te 50. Die appellant is ‘n
boer wat uit die aard van die saak teen die agtergrond van die hoë
frekwensie
van plaasaanvalle homself en sy gesin moet beskerm. In die
lig van die voorgaande omstandighede het die landdros dus fouteer om

te verklaar dat die appellant onbevoeg is om ‘n vuurwapen te
besit, welke bevinding dus onderhewig is aan tersydestelling.
[18] A. Bygevolg slaag
die appèl ten opsigte van:
18.1 Appellant se
skuldigbevinding aan aanranding met die opset om ernstig te beseer
welke skuldigbevinding en vonnis ter syde gestel
word en vervang word
met ‘n skuldigbevinding aan aanranding, ten opsigte waarvan hy
gevonnis word tot ‘n boete van
R3 000,00 of drie maande
gevangenisstraf.
18.2 Die landdros se
bevinding dat die appellant onbevoeg is om ‘n vuurwapen te
besit, welke bevinding ter syde gestel word.
B. Origens word die
verrigtinge bekragtig.
_______________________
S. P. B. HANCKE, WND
RP
Ek stem saam.
___________________
J. P. DAFFUE, WND R
Namens die appellant:
Adv. J. G. Gilliland
In opdrag van:
Naudes
BLOEMFONTEIN
Namens die respondent:
Adv. M. A. Mohlala
In opdrag van:
Die Direkteur: Openbare
Vervolgings
BLOEMFONTEIN
/em