S v Matlhobe (409/2010) [2010] ZAFSHC 119 (26 August 2010)

50 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Sentencing — Review of sentence — Accused convicted of culpable homicide and sentenced to five years' imprisonment under incorrect provision — Original sentence deemed unexecutable by correctional services — Court reviews and corrects sentence to reflect appropriate legal framework — Sentence amended to five years' imprisonment under section 276(1)(i) of Act 51 of 1977, with accompanying firearm prohibition.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2010
>>
[2010] ZAFSHC 119
|

|

S v Matlhobe (409/2010) [2010] ZAFSHC 119 (26 August 2010)

VRYSTAATSE
HOë HOF, BLOEMFONTEIN
REPUBLIEK
VAN SUID-AFRIKA
Hersiening Nr.: 409/2010
In
die hersiening tussen:
DIE
STAAT
en
TEBOHO
VINCENT MATLHOBE
_____________________________________________________
CORAM:
HANCKE, WND RP
et
DAFFUE, WND R
_____________________________________________________
UITSPRAAK:
DAFFUE, WND R
_____________________________________________________
GELEWER OP:
26 AUGUSTUS 2010
[1] Die beskuldigde is
skuldig bevind aan die misdryf van strafbare manslag in die
streekshof te Bloemfontein.
[2] Op 21 Julie 2010 is
die beskuldigde soos volg gevonnis:

Ingevolge in terme van (sic)
Artikel 276(1)(b) van Wet 51/1977 gevonnis vir 5 jaar gevangenisstraf
in terme van Artikel 276(1)(i)
van Wet 51/77. In terme van artikel
103(1) van Wet 60 van 2000 word die beskuldigde onbevoeg verklaar om
‘n vuurwapen te
besit.”
[3] Die betrokke
streekshoflanddros wat bogemelde vonnis opgelê het, het besef
dat die vonnis onsinnig is en het soos volg
rapporteer aan die
Streekshof President:

Ek is respekvol van mening dat
die vonnis opgelê vir betrokke beskuldigde op 22/07/10 (sic)
kontrasterend is en versoek u
eerbiediglik om die oorkonde vir
spesiale hersiening te verwys. My doel met die oplegging van die
vonnis was om gevangenisstraf
ingevolge artikel 276(1)(i) van Wet
51/77 soos gewysig op te lê.”
[4] Die waarnemende
Streekshof President het dit in ‘n skrywe aan die Griffier van
hierdie hof duidelik gemaak dat die vonnis
nie deur die Departement
van Korrektiewe Dienste uitgevoer kan word nie. Hy ondersteun dan
ook die streekshoflanddros se versoek
dat die vonnis op hersiening
gewysig word.
[5] Wanneer ‘n
beskuldigde gevangenisstraf in terme van artikel 276(1)(i) opgelê
word, kan hy/sy na goeddunke deur die
Kommissaris van Korrektiewe
Dienste of ‘n paroolraad onder korrektiewe toesig uitgeplaas
word onderhewig aan die bepalings
van artikel 73(7) van die Wet op
Korrektiewe Dienste, Wet 111 van 1998. In teenstelling daarmee kan
iemand wat gevangenisstraf
in terme van artikel 276(1)(b) opgelê
word sonder die keuse van ‘n boete, slegs in sekere gevalle
ander korrektiewe
toesig uitgeplaas word op aansoek na die hof en die
vonnis gunstig heroorweeg is.
[6] Ek aanvaar dat gegewe
die feit dat die beskuldigde aan strafbare manslag skuldig bevind is
sowel as die beskuldigde se persoonlike
omstandighede, die
streekshoflanddros bedoel het om die omskakeling van sy vonnis van
korrektiewe toesig in die diskresie van die
Kommissaris of die
paroolraad te laat soos bedoel in artikel 276(1)(i).
(7) Bygevolg word die
vonnis ter syde gestel en vervang met die volgende:

Beskuldigde word gevonnis tot
vyf jaar gevangenisstraf opgelê ingevolge die bepalings van
artikel 276(1)(i) van Wet 51 van
1977, welke vonnis geag word opgelê
te gewees het op 21 Julie 2010. In terme van artikel 103(1) van Wet
60 van 2000
word beskuldigde onbevoeg verklaar om
‘n vuurwapen te besit.”
___________________
P. DAFFUE, WND R
Ek stem saam.
_______________________
S.P.D. HANCKE, WND RP
/eb