S v Qumbiso and Another (416/2010) [2010] ZAFSHC 118 (26 August 2010)

50 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Review — Conviction of accused — Accused charged with robbery but found guilty of assault with intent to cause grievous bodily harm — Accused 1 sentenced to two years' imprisonment and accused 2 to eighteen months' imprisonment — Review initiated due to concerns over the sufficiency of evidence against accused 2 — Complainant's testimony as sole witness deemed unsatisfactory and insufficient to support conviction of accused 2 — Court finds reasonable doubt regarding accused 2's involvement in the assault, leading to the conclusion that the conviction cannot stand — Conviction of accused 1 upheld, while conviction of accused 2 set aside.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2010
>>
[2010] ZAFSHC 118
|

|

S v Qumbiso and Another (416/2010) [2010] ZAFSHC 118 (26 August 2010)

VRYSTAATSE
HOë HOF, BLOEMFONTEIN
REPUBLIEK
VAN SUID-AFRIKA
Hersiening Nr.: 416/2010
In
die hersiening tussen:
DIE
STAAT
en
PASEKA
SIMON QUMBISO & 1 ANDER
_____________________________________________________
CORAM:
HANCKE, WND RP
et
JORDAAN, R
_____________________________________________________
UITSPRAAK:
JORDAAN,
R
_____________________________________________________
GELEWER OP:
26
AUGUSTUS 2010
[1] Hierdie
aangeleentheid het voor ‘n Waarnemende Regter gedien op ‘n
outomatiese hersiening. Beide beskuldigdes was
aangekla van roof,
het onskuldig gepleit maar is uiteindelik skuldig bevind aan
aanranding met die opset om ernstig te beseer.
Beskuldigde 1 is
gevonnis tot twee jaar gevangenisstraf en beskuldigde 2 twee tot
agtien maande gevangenisstraf.
[2] Die voormelde
Waarnemende Regter het op die vorms J4 ten opsigte van beide
beskuldigdes haar handtekening aangebring asof sy
van oordeel is dat
reg behoorlik geskied het maar terselfdertyd ‘n nota aangebring
dat redes aangevra word. Sy het dan ook
inderdaad redes aangevra en
het die geleerde verhoorlanddros nieteenstaande die ondertekening van
die J4’s deur die Waarnemende
Regter tereg tot die slotsom
gekom dat sy redes moet verskaf, wat sy inderdaad gedoen het.
[3] Dit is duidelik dat
die vorms J4 ten opsigte van beide beskuldigdes verkeerdelik deur die
Waarnemende Regter onder ‘n
wanindruk onderteken is.
[4] Die aangevraagde
redes het gehandel met die vraag na die korrektheid van die
skuldigbevinding van beide beskuldigdes in die
lig van die getuienis
as geheel.
[5] Uit die rekord en
soos ook tereg in die uitspraak behandel, blyk dit duidelik dat die
klaer, as enkel getuie, nie in alle opsigte
bevredigend was nie. Hy
het onder andere getuig dat hy in die vroeë oggend-ure deur ‘n
groep mense voorgekeer en deur
sommige van hulle aangerand is waarvan
hy beskuldigdes 1 en 2 herken het. Uit sy aanvanklike verklaring
blyk dit egter dat hy
daarin vermeld het dat hy slegs deur 3 persone
voorgekeer is en deur twee van hulle aangerand is. Verder getuig hy
dat hy sy bewussyn
verloor het, maar voordat dit geskied het, hy die
twee beskuldigdes kon eien. In sy verklaring is vermeld dat hy
voorgegee het
asof hy sy bewussyn verloor het ten einde verdere
aanrandings te probeer verhoed. Dit was ook in die getuienis
duidelik dat die
klaer tot ‘n sterk mate onder die invloed van
alkohol was toe die voorval plaasgevind het.
Die geleerder
verhoorlanddros het tereg in haar uitspraak bevind dat, sou slegs
gekyk word na die getuienis van die klaer as enkelgetuie
en in die
lig van die verskeie onbevredigende aspekte in sy getuienis, die
beskuldigdes die voordeel van die twyfel sou moes kry.
[6] In sy getuienis het
beskuldigde 2 egter ook die eerste beskuldigde impliseer deur aan te
voer dat hy gedurende die nag ‘n
geraas gehoor het, opgestaan
het en gaan ondersoek instel het. Hy het toe gemerk hoedat die klaer
deur onder andere beskuldigde
1 aangerand is in die teenwoordigheid
van nog twee ander persone. Daardie getuienis is deur die
verhoorlanddros aanvaar as stawing
van die klaer se getuienis met
betrekking tot die identiteit van beskuldigde 1 en is beskuldigde 1
dan ook op grond daarvan tereg
skuldig bevind.
[7] Wat betref die
skuldigbevinding van beskuldigde 2 was daar egter geen sodanige
stawende getuienis nie. Die verhoorlanddros
was egter van mening
dat, aangesien die identifikasie van beskuldigde 1 gestaaf word deur
die getuienis van beskuldigde 2, dit
voldoende aanduiding is dat die
identifikasie van beskuldigde 2 ook waarskynlik korrek is alhoewel sy
tereg bevind het dat dit
nie ‘n voldoende waarborg is dat dit
wel korrek was nie. Sy het egter bevind dat die feit dat beskuldigde
2 later in die
geselskap van beskuldigde 1, die klaer na sy huis
geneem het, ‘n sterk aanduiding is dat hulle inderdaad saam
beweeg het
en beide deelgeneem het aan die aanranding. Ek meen nie
dat dit ‘n voldoende aanduiding is van die korrektheid van die
klaer
se identifikasie van beskuldigde 2 en voldoende getuienis is as
om redelike twyfel omtrent beskuldigde 2 se deelname uit te skakel

nie.
Wat meer is, volgens die
klaer se getuienis weet hy nie of beskuldigde 2 hom inderdaad
aangerand het nie, maar het hy aangedui
dat hy moontlik deur
beskuldigde 2 geskop is toe hy bewusteloos was. Hy het wel gesien
dat beskuldigde 2 “bo-op” hom
was. Presies wat hy
daarmee bedoel het is nie duidelik nie aangesien hy later aangedui
het dat beide beskuldigdes 1 en 2 “bo-op”
hom was.
[8] Wat betref
beskuldigde 2 is daar nie, soos in die geval van beskuldigde 1, enige
ander getuienis wat hom met die voorval verbind
nie. Die
verhoorlanddros het reeds tereg bevind dat die staatsgetuies as sulks
en in die besonder die klaer as enkel getuie, nie
voldoende is vir ‘n
skuldigbevinding nie en daar redelike twyfel moes wees wat die
beskuldigdes se skuld betref by gebreke
aan enige ander faktore of
getuienis wat die beskuldigdes impliseer. Beskuldigde 2 se posisie
verskil wesentlik van beskuldigde
1 soos reeds hierbo vermeld. Daar
is geen ander getuies of getuienis was hom direk verbind nie en die
enigste basis waarop sy
skuldigbevinding gebasseer is, is sekere
waarskynlikheids-afleidings wat deur die agbare verhoorlanddros
gemaak is. Selfs indien
sy korrek was om te bevind dat beskuldigde 2
ook by die betrokke toneel was, waaroor ek ernstige twyfel het, is
daar myns insiens
onvoldoende getuienis om te bevind dat hy
deelgeneem het aan die aanranding, hetsy direk of by wyse van
gemeenskaplike opset.
Daar bestaan net geen getuienis om sodanige
bevindings te regverdig nie. Die skuldigbevinding van beskuldigde 2
kan derhalwe nie
staande bly nie.
[9] Bygevolg word die
volgende bevele verleen:
1. Die skuldigbevinding
en vonnis ten opsigte van beskuldigde 1 word bekragtig.
2. Die skuldigbevinding
en vonnis ten opsigte van beskuldigde 2 word ter syde gestel.
________________
F. JORDAAN, R
Ek stem saam.
_______________________
S. P. B. HANCKE, WND
RP
/eb