About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2010
>>
[2010] ZAFSHC 93
|
|
S v Nyambuza (A88/2010) [2010] ZAFSHC 93 (19 August 2010)
VRYSTAATSE HOË
HOF, BLOEMFONTEIN
REPUBLIEK VAN
SUID-AFRIKA
Appèlnommer :
A88/2010
In
die appèl van:-
DIE
STAAT
.................................................................
Appellant
en
SELLO
ANDRIES NYAMBUZA
.................................
Respondent
CORAM:
HANCKE, WND RP
et
KRUGER, R
et
MOLEMELA, R
AANGEHOOR OP:
16 AUGUSTUS 2010
_____________________________________________________
UITSPRAAK DEUR:
HANCKE, WND RP
_____________________________________________________
GELEWER OP:
19 AUGUSTUS 2010
_____________________________________________________
[1]
Die respondent (hierna genoem “die beskuldigde”) is in ‘n
Streekhof skuldig bevind aan verkragting en ingevolge
artikel
52(1)(b) van Wet 105 van 1997 na die Hoë Hof oorgeplaas vir
vonnis. Op 6 Februarie 2006 is hy deur die hof
a
quo
gevonnis tot ses jaar
gevangenisstraf waarna die hof
a quo
verlof verleen het aan die Direkteur van Openbare
Vervolgings om teen die vonnis te appelleer.
[2]
Ter aanvang kan net gemeld word dat die partye dit
ad
idem
is dat daar wel wesenlike en
dwingende omstandighede ingevolge die gemelde Wet teenwoordig is wat
die oplegging van ‘n ligter
vonnis regverdig as die van
lewenslange gevangenisstraf. Daar is gewigtige versagtende én
verswarende omstandighede in hierdie
saak teenwoordig. Wat die
versagtende omstandighede betref, is hy ‘n algehele eerste
oortreder wat gebore is op 14 Desember
1985, d.w.s hy was 18 jaar en
10 maande oud tydens die pleging van die misdryf. Namens hom is
aangevoer dat hy berou het, maar
blyk dit dat eers tydens die
verhoor, toe ‘n skuldigbevinding onafwendbaar was, die berou na
vore gekom het. Hy het ook te
kenne gegee dat hy die ouers van die
klaagster om verskoning wil vra. Hy blyk ook nog op skool te wees toe
hierdie voorval plaasgevind
het en blyk dit volgens die mediese
getuienis dat die klaagster nie fisiese beserings opgedoen het nie.
[3]
Wat erg verswarend is, is die feit dat die klaagster slegs vyf jaar
oud was tydens die voorval en ook volgens haar voorkoms,
volgens die
hof
a quo
,
inderwaarheid kleiner lyk as ‘n vyfjarige dogter. Daar rus ‘n
dure plig op die howe om jong kinders teen gewetenlose
geweldenaars
te beskerm, veral waar die klaagsters baie jonk is. Vergelyk
S
v TYATYAME
1991 (2) SASV 1 (A)
te 7 f. Volgens die rekord was die beskuldigde en die klaagster aan
mekaar bekend, omdat die klaagster gaan
speel het by ‘n maatjie
op die beskuldigde se erf. Daar was duidelik ‘n
vertrouensverhouding tussen die klaagster en
die beskuldigde wat
gruwelik deur die beskuldigde misbruik is.
[4]
Ten spyte van die afwesigheid van fisiese beserings, is dit duidelik
dat die klaagster erg getraumatiseerd was na die voorval.
Gesonde
verstand dui aan dat ‘n voorval soos hierdie ‘n
emosionele impak moet hê op ‘n jong meisie soos
die
klaagster. In
VILAKAZI v S
[2008] ZASCA 87
;
[2008] 4 All SA 396
(HHA)
verklaar Nugent A.R. op 413 par. [56] die volgende:
“
In
this case there is very little upon which to measure the emotional
impact of the offence upon the complainant..... It is sufficient
to
say that it is evident from the literature that emotional distress
and damage that accompanies rape might be extensive even
if it is not
manifested overtly and even more is that so in the case of young
girls.”
[5] ‘n Soortgelyke
houding blyk in
S v MAHOMOTSA
2002 (2) SASV 435 (HHA) waar Mpati A.R. op 441 teenoor par. [11] die
volgende verklaar:
“
While
it may theoretically be possible that a victim of rape committed in
the circumstances and manner I have described may not
suffer any
psychological damage other than that experienced while the attack is
taking place and in its immediate aftermath, it
is in the highest
degree unlikely. Where as here, the complainants were young girls, it
is quite unrealistic to suppose that there
will be no psychological
harm.”
[6]
Aanduidings van die emosionele impak van die voorval op die
klaagster, blyk uit die feit dat haar moeder getuig dat sy na die
voorval nagmerries kry, haar bed natmaak, nie meer in die straat saam
met die ander kinders wil speel nie en bang is vir manspersone.
[7]
Die hof
a quo
het na my mening fouteer om daarna te verwys dat
hierdie moontlik
“‘
n
geval is van ‘n hoërskoolseun wie se drange hom oorweldig
het en hy dit toe op misplaaste wyse tot uitvoering gebring
het”.
Die
regspraak is duidelik dat ‘n man se viriliteit, ongeag sy
ouderdom, nooit ‘n versagtende faktor kan wees wanneer
hy
verkies om dit te bevredig deur ‘n vrou se regte te misken deur
teen haar wil met haar gemeenskap te hê nie. Vergelyk
S v
MAHOMOTSA
,
supra
, te 442 d - f. Ondanks die
beskuldigde se jeug was hy al voorheen in ‘n seksuele
verhouding betrokke en is hy dus nie heeltemal
onkundig of naïef
nie.
[8]
In soverre gesteun word op die saak van
DIREKTEUR VAN OPENBARE
VERVOLGINGS v McNELLY
(Appèlnommer 590/2000 gelewer op
21 Junie 2001) neem dit nie die saak enigsins verder nie. Die
klaagster in daardie saak
was sewe jaar oud, terwyl die beskuldigde
17 jaar oud was en was die Wet op Minimum Vonnisse in daardie saak
dus nie van toepassing
gewees nie. Insgelyks is die saak van
S
v PN
2010 (2) SASV 187 (OK) waar ‘n 19-jarige
beskuldigde wat ‘n 3-jarige dogtertjie verkrag het en
lewenslange gevangenisstraf
opgelê is, ook nie op die punt af
nie. Dit is belangrik dat elke saak volgens sy eie feite en
omstandighede beoordeel word.
[9]
In die lig van al die feite en omstandighede van hierdie saak meen ek
dat hierdie een van daardie ernstige gevalle is waar die
persoonlike
omstandighede van die oortreder moet swig voor die gemeenskapsbelang
en dat dit belangrik is dat ‘n duidelike
boodskap na die
gemeenskap uitgestuur word dat hierdie optrede nie geduld sal word
nie. Dit volg dus dat die hof
a quo
se vonnis in die
omstandighede treffend onvanpas is.
Bygevolg
slaag die appèl. Die opgelegde vonnis van ses jaar
gevangenisstraf word tersyde gestel en vervang met ‘n vonnis
van elf jaar gevangenisstraf, teruggedateer 6 Februarie 2006.
______________________
S.P.B. HANCKE, WND RP
Ek stem saam.
____________
KRUGER, R
Ek stem saam.
_________________
M.B. MOLEMELA, R
Namens die appellant:
Adv. S. Giorgi
In opdrag van:
Direkteur van Openbare
Vervolgings
BLOEMFONTEIN
Namens die respondent:
Mnr. J.D. Reyneke
In opdrag van:
Regsentrum
BLOEMFONTEIN
/sp