About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2010
>>
[2010] ZAFSHC 117
|
|
S v Majoro (240/2010) [2010] ZAFSHC 117 (12 August 2010)
VRYSTAATSE
HOË HOF, BLOEMFONTEIN
REPUBLIEK
VAN SUID-AFRIKA
Saak Nr.: 240/2010
In
die hersiening van:
DIE
STAAT
en
SEUN SAMUEL MAJORO
CORAM:
VAN DER MERWE, R
et
C. J. MUSI, R
______________________________________________________
UITSPRAAK:
VAN DER MERWE, R
GELEWER OP:
12 AUGUSTUS 2010
[
1]
Die
beskuldigde is skuldig bevind aan huisbraak met die opset om te steel
en diefstal en is gevonnis tot 30 maande gevangenisstraf
waarvan 12
maande gevangenisstraf voorwaardelik opgeskort is.
[2] Die
beskuldigde het op 26 Maart 2010 skuldig gepleit en is op dieselfde
datum gevonnis. Die verrigtinge van 26 Maart 2010 is
meganies
opgeneem. Dit blyk egter nou dat die meganiese opname nie
getranskribeer kan word nie aangesien die betrokke kasset onklaar
geraak het. Dit blyk ook dat die verrigtinge nie gerekonstrueer kan
word nie. Die landdros se aantekeninge is verwyder uit die
koevert
waarin dit geliasseer was en kan nie gevind word nie. Die landdros
deel by navraag ook mee dat hy nie op grond van sy
geheue die
oorkonde kan rekonstrueer nie
.
[3] Omdat
die voordeel van outomatiese hersiening van sy saak vir die
beskuldigde verlore gegaan het sonder skuld daartoe aan sy
kant, moet
die skuldigbevinding en vonnis na my oordeel ter syde gestel word.
[4] Gevolglik word die
skuldigbevinding en vonnis ter syde gestel.
________________________
C.H.G. VAN DER MERWE,
R
Ek stem saam.
_______________
C.
J. MUSI, R
/eb